Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

Firstrand Bank Beperk v Smith (4752/2008) [2009] ZAFSHC 14 (12 February 2009)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court held that in civil procedure, a party may withdraw a claim, counterclaim, or plea by notice, and abandonment is reserved for judgments or orders granted in a party's favour. The plaintiff's insistence on a formal abandonment of the special plea was incorrect and not supported by authority. The unnecessary court appearance caused by the plaintiff's insistence warranted a costs order against the plaintiff.

Court disposition

Plaintiff ordered to pay the costs of the court appearance on 6 February 2009.

Orders

  • The plaintiff is ordered to pay the costs of the appearance on 6 February 2009.

02

Material facts

Parties

Firstrand Bank Beperk

Plaintiff Counsel: Adv. P. J. T. de Wet

Johannes Hendrik Smith

Defendant Counsel: Adv. N. Snellenburg

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Procedure / Special Plea Withdrawal and Costs Determination

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The plaintiff, represented by Adv. De Wet, argued that there is no procedure for a defendant to withdraw a plea by notice and that the correct process is abandonment, relying on Rule 41(1)(a) of the Uniform Rules of Court. The plaintiff insisted that a court order should be granted dismissing the special pleas and awarding costs to the plaintiff.
Respondent
The defendant, represented by Adv. Snellenburg, contended that the special pleas had already been withdrawn by notice and that there was nothing before the court to be dismissed. The defendant argued that the plaintiff's insistence on a formal abandonment was unnecessary and caused avoidable costs, and tendered the taxed wasted costs.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Rule 41 of the Uniform Rules of Court

    A party may withdraw a claim, counterclaim, or plea by notice; abandonment applies to judgments or orders granted in a party's favour.

  2. 02

    General principles of costs in civil procedure

    Costs should be awarded against a party who unnecessarily causes the other party to incur expenses by insisting on a procedure not required by law.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court held that in civil procedure, a party may withdraw a claim, counterclaim, or plea by notice, and abandonment is reserved for judgments or orders granted in a party's favour. The plaintiff's insistence on a formal abandonment of the special plea was incorrect and not supported by authority. The unnecessary court appearance caused by the plaintiff's insistence warranted a costs order against the plaintiff.

Obiter and limits

  • The term 'abandonment' in Rule 41 refers specifically to judgments or orders, not to pleadings such as claims or special pleas.
  • It is common practice in divorce courts for parties to withdraw pleas or counterclaims by notice, and the court has never encountered a notice of 'abandonment of plea'.

Court disposition

Plaintiff ordered to pay the costs of the court appearance on 6 February 2009.

  • The plaintiff is ordered to pay the costs of the appearance on 6 February 2009.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2009] ZAFSHC 14

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Saak Nr. : 4752/2008

In die saak tussen:

FIRSTRAND

BANK BEPERK Eiser

en

JOHANNES

HENDRIK SMITH Verweerder

______________

UITSPRAAK: KRUGER,

R

AANGEHOOR OP: 6 FEBRUARIE 2009

GELEWER OP: 12 FEBRUARIE 2009

[1] Eiser het dagvaarding laat uitreik teen verweerder gebaseer op ‘n verband. Verweerder het twee spesiale pleite geneem saam met sy gewone pleit. Die spesiale pleite handel met die vereistes van die Nasionale Kredietwet, No. 34 van 2005 en spesifiek artikel 129(1) en artikel 85 van gemelde Wet. Die eiser het die spesiale pleite ter rolle geplaas vir verhoor op Vrydag, 6 Februarie 2009. Op 2 Februarie 2009 het die verweerder ‘n kennisgewing van terugtrekking geliasseer wat soos volg lees:

“GELIEWE kennis te neem dat die verweerder sy spesiale pleite soos uiteengesit in paragrawe 1 en 2 van sy verweerskrif gedateer 29 Oktober 2008 terugtrek en eiser se getakseerde party en party koste tot datum hiervan tender.”

[2] By ontvangs van hierdie kennisgewing het ek die lêer teruggestuur na die Griffier. Op die oggend van 6 Februarie 2009 is ek egter hof toe geroep en was albei partye teenwoordig. Eiser se advokaat het ‘n brief aan my gegee wat soos volg lees:

“FIRSTRAND BANK BEPERK / J H SMITH

Ons erken ontvangs van u skrywe van 2 deser.

Ons opdragte is om aan te dring daarop dat daar op 6 deser by ooreenkoms gevra word vir ‘n bevel met die volgende bepalings:

Verweerder se spesiale pleite soos vervat in sy verweerskrif word van die hand gewys;

Verweerder betaal die eiser se getakseerde party en party koste verbonde aan die spesiale pleite.

Ons ontvang graag dringend u bevestiging dat ons die Griffier in kennis kan stel dat ‘n bevel soos hierbo by ooreenkoms aangevra sal word op 6 deser.”

[3] Op hierdie brief het verweerder se prokureur gereageer op 5 Februarie 2009:

“FIRSTRAND BANK BPK / J H SMITH

Ons verwys na bostaande aangeleentheid en meer in die besonder na vorige korrespondensie in die verband.

Ons bevestig dat u ons meegedeel het dat u van voorneme is om die hof te versoek op 6 deser om die spesiale pleit af te wys.

Ons plaas op rekord dat ons kliënt die spesiale pleit teruggetrek het en dat daar derhalwe niks voor die hof dien wat kan afgewys word nie.

Ons is van mening dat u optrede onnodige koste veroorsaak en sal ons dit so aan die Agbare Hof meedeel.

Ons plaas weer op rekord dat ons kliënt die getakseerde verspilde koste hierin tender.

Ons verneem graag dringend van u in die verband.”

[4] Mnr. De Wet, namens eiser, betoog dat daar nie ‘n prosedure bestaan dat ‘n verweerder sy pleit kan terugtrek nie. Hy moet dit abondonneer. Vir hierdie submissie steun hy op reël 41(1)(a) van die Eenvormige Hofreëls. Reël 41 lees soos volg:

“TERUGTREKKING, SKIKKING, STAKING,

UITSTEL EN ABANDONNEMENT

41 (1) (a) Iemand wat ‘n geding ingestel het, kan dit voor terrolleplasing te eniger tyd en daarna met die toestemming van die partye of verlof van die hof, terugtrek. In elke geval moet hy ‘n kennisgewing van terugtrekking aflewer, en hy kan daarin inwillig om koste te betaal. Die takseermeester takseer die koste op versoek van die ander party.

...

(2) ‘n Party in wie se guns ‘n beslissing of vonnis gegee is, kan dit geheel of gedeeltelik abandonneer deur ‘n kennisgewing dienooreenkomstig af te lewer, en waar gedeeltelik afstand gedoen is, geld net die oorblywende gedeelte van die vonnis, die bepalings van die subreël (1) betreffende koste is mutatis mutandis van toepassing in die geval van ‘n kennisgewing kragtens hierdie subreël afgelewer.”

Met verwysing na hierdie reël sê Mnr. De Wet dat ‘n eis teruggetrek word maar ‘n pleit moet geabandonneer word. Mnr. De Wet sê dit is die prosedure van abandonnement wat bestaan in die gemenereg. Hy kon egter nie na enige gesag verwys nie.

[5] In die burgerlike proses was dit nog altyd so dat ‘n party ‘n eis en teeneis en pleit terugtrek. Dit is duidelik uit die konteks dat die woord abandonnement in die opskrif tot Reël 41 slaan op subartikel (2) wat handel met ‘n beslissing of vonnis wat in party se guns gegee is. Dit beteken dat mens iets terugtrek wat jyself gedoen het en jy kan iets abandonneer wat iemand anders vir jou gedoen het. Vonnis word deur ‘n hof gegee en dit kan ‘n mens dan abandoneer, sê jy wil dit nie hê nie. Eis en teeneis en pleit val in die kategorie van goed wat ‘n party gedoen het en die party kan dit dan terugtrek. Pleite en teeneise word weekliks in die egskeidingshof teruggetrek by wyse van kennisgewing van terugtrekking. Ek het nog nooit ‘n kennisgewing gesien wat lees “abandonnement van pleit” nie. Die woord abandonnement word gebruik in verband met ‘n vonnis wat toegestaan is soos wat duidelik blyk uit Reël 41.

[6] Die eiser het onnodiglik hof toe gekom om hierdie punt te debateer. Die eiser moet aanspreeklik gehou word vir die koste van die verskyning van vandag.

[7] Die volgende bevel word gemaak:

Die eiser word gelas om die koste van die verskyning op 6 Februarie 2009 te betaal.

_____

A. KRUGER, R

Namens die eiser: Adv. P. J. T. de Wet

In opdrag van:

Symington & De Kok

BLOEMFONTEIN

Namens die verweerder: Adv. N. Snellenburg

Naudes

/em

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

National Credit Act, No. 34 of 2005

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Uniform Rules of Court, Rule 41

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.