Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

FirstRand Bank Bpk v Burger, Burger v Burger (517/2001, 528/2001) [2001] ZANCHC 13 (8 June 2001)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the general notarial bond relied upon by the bank did not contain an express provision entitling the bank to take possession of the respondent's movable assets. The wording of the bond was identical to that considered in Schulenberg, which was held not to confer such a right. The court rejected the applicant's argument that possession was implied, confirming that the absence of an express clause is decisive. Consequently, the perfection application was dismissed. Regarding the sequestration application, the court found that the formal requirements of the Insolvency Act had been met and that the respondent was in serious financial difficulty. As there was no competing claim to the assets by the bank, the court granted provisional sequestration of the respondent's estate.

Court disposition

The perfection application by the bank is dismissed. The sequestration application is granted and the respondent's estate is placed under provisional sequestration.

Orders

  • In case number 517/2001 (the perfection application), the applicant's application is dismissed.
  • In case number 528/2001 (the sequestration application), the respondent's estate is placed under provisional sequestration in the hands of the Master of the High Court of South Africa (Northern Cape Division).
  • A rule nisi is issued, calling upon the respondent to appear on 27 July 2001 and show cause, if any, why the estate should not be finally sequestrated and why the costs of this application should not be costs in the sequestration.

02

Material facts

Parties

Firstrand Bank Bpk

Applicant Counsel: Adv. A. Bester

Adriaan Vincent Bergh

Applicant

Willem Johannes Jacobus Burger

Respondent Counsel: J.B. Erasmus

Amounts and remedies

  • Unsecured Claim by Sequestration Applicant: ZAR 15,000
  • Total Value of Bonds Over Respondent's Immovable Property: ZAR 1,200,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Urgent Application / Hearing of Urgent Applications for Perfection of Security and Sequestration

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicant bank argued that the general notarial bond entitles it to take immediate possession of all the respondent's movable assets for the purpose of perfecting its security, as the respondent has failed to meet his financial obligations. The bank relied on a clause in the bond and asserted that it provides for possession and sale of the assets as the bank sees fit. The applicant in the sequestration application, a creditor, claimed an unsecured claim of approximately R15,000 for professional services and sought urgent sequestration upon learning of the perfection application.
Respondent
The respondent did not oppose either application, despite proper service. However, his legal representative submitted that the general notarial bond does not expressly provide for possession by the bank, relying heavily on the decision in Eerste Nasionale Bank v Schulenberg 1992(2) SA 827(T), which held that such bonds do not confer a right of possession unless expressly stated.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Eerste Nasionale Bank v Schulenberg 1992(2) SA 827(T)

    A general notarial bond does not confer a right of possession to the bondholder unless the bond expressly provides for such a remedy.

  2. 02

    Boland Bank Bpk v Spies 1993(1) SA 402(T)

    The absence of an express provision for possession in the bond is a strong indication that possession was not intended as a remedy.

  3. 03

    Insolvency Act 24 of 1936

    The formal requirements for a sequestration application under the Insolvency Act must be met for provisional sequestration to be granted.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the general notarial bond relied upon by the bank did not contain an express provision entitling the bank to take possession of the respondent's movable assets. The wording of the bond was identical to that considered in Schulenberg, which was held not to confer such a right. The court rejected the applicant's argument that possession was implied, confirming that the absence of an express clause is decisive. Consequently, the perfection application was dismissed. Regarding the sequestration application, the court found that the formal requirements of the Insolvency Act had been met and that the respondent was in serious financial difficulty. As there was no competing claim to the assets by the bank, the court granted provisional sequestration of the respondent's estate.

Obiter and limits

  • The court noted that the clause in the bond appears to be a standard provision used by the bank in the early 1990s, which does not confer possession rights.
  • The court observed that the law regarding special notarial bonds changed after 7 May 1993 with the enactment of the Security by Means of Movable Property Act 57 of 1993.

Court disposition

The perfection application by the bank is dismissed. The sequestration application is granted and the respondent's estate is placed under provisional sequestration.

  • In case number 517/2001 (the perfection application), the applicant's application is dismissed.
  • In case number 528/2001 (the sequestration application), the respondent's estate is placed under provisional sequestration in the hands of the Master of the High Court of South Africa (Northern Cape Division).
  • A rule nisi is issued, calling upon the respondent to appear on 27 July 2001 and show cause, if any, why the estate should not be finally sequestrated and why the costs of this application should not be costs in the sequestration.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2001] ZANCHC 13

9

Verslagwaardig: Ja/Nee

Sirkuleer aan Regters: Ja/Nee

Sirkuleer aan Landdroste: Ja/Nee

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(Noord-Kaapse Afdeling

SAAKNOMMER: 517/2001

En 528/2001

DATUM GELEWER: 08-06-2001

In die saak tussen:

SAAK NO.: 517/2001

Firstrand Bank Bpk Applikant

teen

Willem Johannes Jacobus Burger Respondent

SAAK NO.: 528/2001

Adriaan Vincent Bergh Applikant

Willem Johannes Jacobus Burger Respondent

Coram: MAJIEDT R:

UITSPRAAK

Hierdie is albei dringende aansoeke en die Respondent is verder die gemene deler tussen hulle.

Ek sal na saaknr. 517/01 verwys as die “perfekterings – aansoek” en na saaknr. 528/01 as die “sekwestrasie aansoek”. Die Respondent staan nie enige van die aansoeke teen nie, alhoewel daar behoorlike betekening van beide aansoeke op hom geskied het.

In die perfekterings aansoek vra die Applikant onder andere aan dat gelas word dat hy gemagtig word om dadelik besit te neem van al Respondent (wat ‘n boer is) se roerende bates ter perfektering van die sekuriteit verleen ingevolge ‘n algemene notariële verbandakte gepasseer in 1992 (die datum is tot ‘n mate van belang soos later hierin sal blyk.)

Die sekwestrasie aansoek is gebring op ‘n nog dringender basis nadat die Applikant (‘n prokureur wat beweer dat hy ‘n onversekerde eis het van ongeveer R15 000 teen die Respondent vir professionele dienste gelewer aan laasgenoemde) bewus geword het van die

perfekteringsaansoek.

Alhoewel daar gepoog was om die sekwestrasie aansoek voor die perfekteringsaansoek ter rolle geplaas te kry, het ek gelas dat die twee aansoeke saam aangehoor word, vir voor die hand liggende redes.

Dit is na my mening nie nodig om die feite in groot besonderhede weer te gee nie. Ek volstaan met die volgende:

Die Respondent, ‘n boer met op die oog af uitgebreide boerderybelange, verkeer klaarblyklik in ernstige finansiële moeilikheid.

Daar is ‘n hele aantal verbande oor sy onroerende eiendomme gepasseer ten gunste van die Applikant in die perfekteringsaansoek (ek sal verder hierin na die Applikant in daardie aansoek verwys as “die Bank”). Hierdie verbande beloop in totaal ongeveer R1.2 miljoen.

Die Bank poog om ingevolge die voormelde algemene notariële verband sy sekuriteit te perfekteer, omrede die Respondent versuim het om sy finansiële verpligtinge teenoor die Bank na te kom en om te verseker dat ‘n ander skuldeiser nie op die gemelde bates beslag kan lê nie.

Behalwe in een belangrike opsig (waarmee ek aanstons sal handel), is die algemene notariële verband regtens in orde.

Eweneens kan gesê word dat die tersaaklike formaliteits voorskrifte van die Insolvensiewet, 24 van 1936, nagekom is en dat daar prima facie ‘n behoorlike saak uitgemaak word in die sekwestrasie aansoek vir die regshulp wat aangevra word.

6. Die enigste aspek waaroor beslis moet word is die submissie voorgehou deur mnr. Erasmus dat die Bank nie geregtig is op besitname van die roerende bates uit hoofde van die notariële verband nie, omdat die verband self nie daarvoor voorsiening maak nie. Vir hierdie submissie steun hy swaar op die beslissing van Van Dijkhorst R in: Eerste Nasionale Bank v Schulenberg 1992(2) SA 827(T).

Namens die Bank word die volgende stelling gemaak in die funderende eedsverklaring in die perfekteringsaansoek:

“Die notariële verband maak voorsiening, onder andere, dat . . . in sekere omstandighede, die Applikant geregtig is . . . om kragtens die regte voortspruitend uit die Notariële Verband besit te neem en besit te hou as pandhouer van enige van die roerende bates van die Respondent en om besit daarvan te hou vir solank as wat die Applikant goed ag en die Respondent se roerende bates te verkoop of van ontslae te raak op sodanige wyse of sodanige terme as wat die Applikant besluit en om verder met die bates van die Respondente (sic) te handel in terme van die bepalings van die Notariële Verband.”

Hierdie stelling word egter nie ondersteun deur die verbandakte self nie en is daar, insiggewend, geen verwysing in die eedsverklaring na waar in die verbandakte hierdie reg verskyn nie.

Die verbandakte bevat slegs die volgende bepaling:

“. . . verklaar die Verbandgewer hiermee dat die Verbandgewer al sy persoonlike en roerende eiendom, insluitende lewendehawe, die wat die Verbandgewer reeds besit sowel as die wat in die toekoms in sy besit mag kom, sonder enige uitsondering, in die algemeen verbind en dit alles en die keuse daarvan aan beperking en eksekusie onderwerp soos regtens bepaal.”

In die Schulenberg-saak, supra, lees die tersaaklike klousule in die verbandakte woordeliks presies dieselfde (sien 628E).

Inaggenome daarvan dat in daardie saak dieselfde Bank ook betrokke was as Applikant (dit het wel sedertdien ‘n naamsverandering ondergaan), ontstaan daar ‘n sterk vermoede dat hierdie ‘n standaardklousule is wat die Bank in sy notariële verbandaktes gebruik het gedurende die vroeë 1990’s.

Van Dijkhorst R bevind dat:

daar normaalweg in sulke verbande uitdruklik voorsiening gemaak word vir inbesitname van die roerende bates in sekere omstandighede (te 828F-G); en

die gebrek aan só ‘n bepaling waarskynlik ‘n afdoende aanduiding is dat inbesitname nie bedoel is nie (te 828H-I); en

dat die woorde “beperking” en “eksekusie” nie duidelik is nie en nie noodwendig slaan op besitname as ‘n noodwendige gevolg nie (te 828I-829A).

Me. Bester, wat namens die Bank verskyn het, het aan die hand gedoen dat Schulenberg (en ander beslissings in dier voege) verkeerd beslis is en dat ek dit nie moet volg nie.

Sy het veral klem gelê op die feit dat, indien Schulenberg die korrekte regsposisie weergee, dan sou die notariële verbandakte geen beskerming hoegenaamd aan die verbandnemer/die Bank bied nie.

Dieselfde tipe betoog soos deur me. Bester voorgehou is ook voor Van Dijkhorst R geplaas toe hy voorgesit het in:

Boland Bank Bpk. v Spies en ‘n ander 1993(1) SA 402(T) te 403H.

Die geleerde Regter se redes vir sy siening dat hierdie submissie nie opgaan nie, word ondersteun (sien 403H-404E).

Daar moet in gedagte gehou word dat ons hier soos in die Schulenberg – en Spies sake, te make het met ‘n algemene notariële verband. Die reg m.b.t. spesiale notariële verbande het natuurlik verander vanaf 7 Mei 1993 toe die Wet op Sekerheidstelling deur middel van Roerende Goed (57 van 1993) in werking getree het.

Sien ondermeer: Dorbyl v Northern Cape Tour & Charter Service CC [2001] 1 All SA 118(NK) te 137c.

10. Ek is dus tevrede dat die Schulenberg – en Spies-sake (supra) korrek beslis is. Bygevolg kan die Bank nie slaag in sy aansoek vir perfektering nie.

Dit beteken dat daar geen rede bestaan waarom ek nie die regshulp aangevra in die sekwestrasie-aansoek behoort toe te staan nie. Ek sou, indien die Bank suksesvol was in sy perfekteringsaansoek, eers die sekwestrasie aansoek uitgestel het vir ‘n aantal dae, sodat uitvoering gegee kon word aan die regshulp aangevra in die perfekteringsaansoek.

Ek maak die volgende bevel:

In saaknr. 517/2001 (die perfekteringsaansoek) word die Applikant se aansoek afgewys.

In saaknr. 528/2001 (die sekwestrasieaansoek) word die volgende regshulp toegestaan: -

Die boedel van die Respondent word onder voorlopige sekwestrasie geplaas in die hande van die Meester van die Hooggeregshof van Suid-Afrika (Noord-Kaapse Afdeling).

‘n Bevel nisi word uitgereik waarkragtens die Respondent aangesê word om op 27 Julie 2001 te verskyn en redes, indien enige, aan te voer waarom: -

die boedel nie onder finale sekwestrasie geplaas moet word nie; en

die koste van hierdie aansoek nie koste in die sekwestrasie sal wees nie.

______

S.A. Majiedt

Regter

Nms. Applikant: Adv. A. Bester

i.o.v. Duncan & Rothman

Nms. Respondent: Mnr. J.B. Erasmus

i.o.v. Engelsman, Benade & Van der Walt

Datum aangehoor: 01-06-2001

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Eerste Nasionale Bank v Schulenberg 1992(2) SA 827(T)

Case cited

Boland Bank Bpk v Spies 1993(1) SA 402(T)

Case cited

Dorbyl v Northern Cape Tour & Charter Service CC [2001] 1 All SA 118(NK)

Case cited

Insolvency Act 24 of 1936

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Security by Means of Movable Property Act 57 of 1993

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.