Flavio Fernandez H/A Loco Vibes Audio and Visual v Otto Graven H/A Monster Mob en Anders (683/10) [2010] ZANCHC 27 (25 June 2010)
The court found that the requirements for lis pendens were not met, as the parties in the two proceedings were not the same. The third respondent had already disclosed his defence in his opposing affidavit, and no real prejudice would result from having to defend similar issues in both matters. The relief sought...
Source-derived case information.
- Citation
- [2010] ZANCHC 27
- Parties
- Applicant: Flavio Fernandez H/A Loco Vibes Audio and Visual; Respondent: Otto Graven H/A Monster Mob; Respondent: Graven Mining BK; Respondent: Ross Henderson H/A RK Henderson & Associates
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 683/10
- Procedural Posture
- Urgent Application / Application for Amendment of Notice of Motion
- Outcome
- The application for amendment is granted.
- Judges
- Majiedt R
- Legal Topics
- Amendment of Pleadings, Lis Pendens, Joinder of Parties
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Flavio Fernandez H/A Loco Vibes Audio and Visual
Applicant
Otto Graven H/A Monster Mob
Respondent
Graven Mining BK
Respondent
Ross Henderson H/A RK Henderson & Associates
Respondent
Procedural Posture
Urgent Application / Application for Amendment of Notice of Motion
Legal Issues
- 1 Whether the applicant should be permitted to amend the notice of motion to seek relief against the third respondent.
- 2 Whether the opposition by the third respondent based on lis pendens and the creation of a new cause of action is sustainable.
- 3 Whether the amendment would prejudice the third respondent.
Ratio Decidendi
The court found that the requirements for lis pendens were not met, as the parties in the two proceedings were not the same. The third respondent had already disclosed his defence in his opposing affidavit, and no real prejudice would result from having to defend similar issues in both matters. The relief sought against the third respondent was not a new cause of action but was closely connected to the original relief sought and arose from facts disclosed by the first and second respondents. The amendment was necessary for the proper resolution of the dispute and was made in good faith. The court exercised its discretion in favour of granting the amendment, considering the interests of...
Court Disposition
The application for amendment is granted.
Orders
- The notice of motion under case number 683/2010 is amended by inserting prayers 1.5 and 1.6 after prayer 1.4.
- Prayer 1.5: The third respondent is ordered to immediately pay the amount of R446,000.00 received from the applicant to the first and/or second respondent.
Full Case Text
Judgment text and source record
71 paragraphs
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee
Sirkuleer aan StreekhofLanddroste: Ja / Nee
IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
[Noord-Kaap Hoë Hof, Kimberley]
Saaknommer: 683/10
Datum Verhoor: 2010-06-11
Datum Gelewer: 2010-06-25
In die aansoek van:
FLAVIO FERNANDEZ
H/A LOCO VIBES AUDIO AND VISUAL …....................APPLIKANT
EN
OTTO GRAVEN
H/A MONSTER MOB ….......................................EERSTE RESPONDENT
GRAVEN MINING BK …....................................TWEEDE RESPONDENT
ROSS HENDERSON
H/A RK HENDERSON & ASSOCIATES …............DERDE RESPONDENT
CORAM: MAJIEDT R
UITSPRAAK
Die applikant doen aansoek vir ‘n wysiging van sy kennisgewing van mosie (‘die wysigingsaansoek”) deur die invoeging van verdere bedes waarin regshulp teen die derde respondent aangevra word. In die oorspronklike kennisgewing van mosie (“die hoofaansoek”) vra die applikant dat die eerste en/of tweede respondente verplig word om ‘n verhoog, wat na bewering deel van ‘n
ooreenkoms gevorm het tussen die applikant en dié bepaalde respondente, aan die applikant te lewer, sowel as verbandhoudende
bykomende regshulp. In die wysigingsaansoek vra die applikant dat die derde respondent gelas word om onmiddellik die bedrag van
R446 000.00 wat aan hom betaal is deur die applikant, aan die eerste en/of tweede respondente oor te betaal. Aanvanklik is geen regshulp in die hoofaansoek aangevra teen die derde respondent nie en is hy klaarblyklik gevoeg bloot omdat hy ‘n moontlike belang in die aansoek mag hê.
Die derde respondent het aanvanklik nie ‘n opponerende eedsverklaring geliasseer in die hoofaansoek nie, maar hy bestry nou die wysigingsaansoek en het in dié verband ‘n opponerende eedsverklaring geliasseer. Die voorgenome wysiging is teweeggebring deur die eerste en tweede respondente se opponerende eedsverklaring in die hoofaansoek, waaruit dit geblyk het dat die eerste en tweede respondente nie die verhoog aan die applikant sal lewer nie tensy die derde respondent die bedrag wat deur die applikant in die rekening van die derde respondent betaal is aan die eerste en/of tweede respondente oorbetaal. In die tussentyd het die tweede respondent in hierdie Hof aksie teen die derde respondent ingestel vir betaling van die voormelde bedrag, te wete R446 000.00.
Die eerste en tweede respondente opponeer nie die wysigingsaansoek nie en het hul advokaat, Mnr. Botha, bloot die verrigtinge waargeneem toe dié aansoek beredeneer is. Die derde respondent se opposisie tot die voorgenome wysiging kom in wese daarop neer dat hy hom beroep op lis pendens, met ander woorde dat daar alreeds ‘n ander geding hangende is met dieselfde onderwerp as die onderhawige aansoek en tweedens dat die voorgenome wysiging nie bloot net ‘n wysiging daarstel nie, maar ‘n heeltemal nuwe skuldoorsaak teen die
derde respondent vestig. Die submissie word gemaak dat die derde respondent ernstig benadeel sal word indien die aangevraagde wysiging toegestaan word.
Dit is geykte reg dat ‘n wysiging tot ‘n pleitstuk toegestaan sal word waar so ‘n aansoek ter goeder trou gebring
word en waar daar geen benadeling aan die ander party sal wees wat nie deur ‘n gepaste kostebevel of selfs ‘n uitstel
ondervang kan word nie. Die doel van die toestaan van ‘n wysiging is om ‘n behoorlike beslegting van die volledige
geskil tussen die partye te verseker.1
‘n Hof wat só ‘n aansoek oorweeg het ‘n wye diskresie en moet daar altyd in gedagte gehou word dat die pleitstukke
daargestel is vir die Hof en nie andersom nie.2
Aan die hand van voormelde riglyne behandel ek kortliks die gronde waarop die aansoek vir wysiging teengestaan word. Ek begin met lis pendens. Die vereistes vir ‘n suksesvolle beroep op lis pendens is welbekend, naamlik dat dit twee aangeleenthede moet wees tussen dieselfde partye of hul opvolgers in titel oor dieselfde onderwerp
wat gefundeer is op dieselfde skuldoorsaak.3
In die onderhawige geval is die aksie onder saaknommer 295/2010 ingestel deur die tweede respondent teen die derde respondent. Daarteenoor is die hoofaansoek gerig deur die applikant teen die eerste en tweede en derde respondente. Die twee gedinge is dus nie tussen dieselfde partye nie. Die derde respondent se beroep dat hy benadeel sal word as hy nou sy verweer moet openbaar in die onderhawige hoofaansoek, terwyl hy dit weer sal moet doen in die aksie wat teen hom ingestel is deur die tweede respondent gaan nie op nie, aangesien die derde respondent alreeds tot ‘n groot mate sy verweer geopenbaar het in sy opponerende eedsverklaring tot die wysigingsaansoek. Daarin verklaar hy dat hy wel die geld in die bedrag soos voormeld ontvang het van die applikant uit hoofde van ‘n ooreenkoms wat hy sou gehad het met eerste respondent, Graven, in sy persoonlike hoedanigheid. Hy verduidelik verder dat hy geregtig was om hierdie bedrag as sy eie te hou uit hoofde van daardie ooreenkoms ingevolge waarvan Graven aan hom geld verskuldig was. Daarna het daar ‘n dispuut tussen hom en Graven ontstaan wat die onderwerp vorm van die aksie waarin die R446 000.00 van hom gevorder word. Dit is ook in breë trekke dan die verweer wat geopper word in die derde
respondent se verweerskrif in die aksie. Na my mening sal daar geen nadeel spruit daaruit dat die derde respondent in wese dieselfde
skuldoorsaak moet verdedig in twee verskillende aksies nie. Die deurslaggewende faktor is dat dit nie dieselfde partye is nie.
Verder is daar ook die belangrike oorweging dat die applikant in die onbenydenswaardige posisie is dat hy in die middel staan van ‘n twis tussen die derde en eerste en/of tweede respondente. Die belange van geregtigheid sal nie gedien word as hy nie toegelaat word om sy kennisgewing van mosie te wysig soos aangevra nie.
Die volgende aspek wat behandel word is die verweer dat die wysiging ‘n nuwe skuldoorsaak daarstel. Die rede waarom die applikant nie van meet af aan regshulp teen die derde respondent aangevra het nie is hierbo uiteengesit. Die grondslag vir sodanige regshulp spruit uit die opponerende eedsverklaring van die eerste en tweede respondente. Daaruit het dit geblyk dat dié respondente die houding inneem dat hulle nie die verhoog sal lewer aan die applikant soos versoek in die hoofaansoek nie, tensy die derde respondent die bedrag wat die applikant in die rekening van die derde respondent betaal het aan die bepaalde respondente oorbetaal. Die aangevraagde regshulp is van wesenlike belang vir die applikant, want daarsonder sou hy in alle waarskynlikheid nie kon slaag met sy aansoek teen die eerste en tweede respondente nie. Hierdie is nie ‘n nuwe skuldoorsaak nie, maar hang ten nouste saam met die regshulp wat oorspronklik aangevra is en wat blyk aangevul moes word uit hoofde van die eerste en tweede respondente se opponerende eedsverklaring se inhoud.
In die omstandighede dus is ek die mening toegedaan dat die derde respondent se verwere regtens onhoudbaar is en dat, in die uitoefening van my diskresie en in die belange van geregtigheid, die aansoek vir wysiging toegestaan moet word.
Ek reik die volgende bevel uit:
Die kennisgewing van mosie onder saak nommer 683/2010 word as volg gewysig:
Deur na bede 1.4 die volgende bedes as bedes 1.5 en 1.6 in te voeg:
“1.5 Die derde respondent word gelas om onmiddellik die bedrag van R446 000.00 wat aan hom betaal is deur die applikant aan die eerste en/of tweede respondent oor te betaal.
1.6 Dat die koste van die wysiging van die kennisgewing van mosie betaal sal word deur enige party wat dit opponeer.”
Deur die bestaande bede 1.5 te hernommer na 1.7 en te vervang met die volgende:
“1.7 Dat die eerste, tweede en derde respondente gesamentlik en afsonderlik, die een die ander kwytgeskeld, gelas word om die koste
van hierdie aansoek te betaal indien die aansoek geopponeer word.”
Deur na bede 1.7 die volgende in te voeg as bede 1.8:
“1.8 Die derde respondent word gelas om sy opponerende verklaring, indien so verkies, aan te vul teen nie later nie as 28 Junie 2010”.
Deur na bede 1.8 die volgende in te voeg as bede 1.9:
“1.9 Die eerste en tweede respondente word verlof verleen om hul opponerende eedsverklaring, indien so verkies, aan te vul teen nie
later nie as 16h00 op 30 Junie 2010.”
Die koste van die aansoek sal oorstaan vir beregting by die hoofaansoek.
____________
SA MAJIEDT
REGTER
NAMENS DIE APPLIKANT : ADV L VAN NIEKERK
IN OPDRAG VAN : HUGO, MATHEWSON & OOSTHUIZEN ING, KIMBERLEY
NAMENS EERSTE EN TWEEDE RESPONDENTE : ADV ADV CH BOTHA
IN OPDDRAG VAN : VAN DE WALL & VENNOTE, KIMBERLEY
NAMENS DERDE RESPONDENT : ADV SL ERASMUS
IN OPDDRAG VAN : DU TOIT PROKUREURS, KIMBERLEY
1Sien: Trans-Drankensberg Bank Ltd (under judicial management) v Combined Engineering (Pty) Ltd and Another 1967 (3) SA 632 (D) te 637 A- 641 C, waar die regsposisie met verwysing na ‘n lang reeks gewysdes volledig saamgevat word deur Caney R. Caxton Ltd and Others v Reeva Forman (Pty) Ltd and Another 1990(3) SA 547 (A) te 565 F-I.
1Sien: Trans-Drankensberg Bank Ltd (under judicial management) v Combined Engineering (Pty) Ltd and Another 1967 (3) SA 632 (D) te 637 A- 641 C, waar die regsposisie met verwysing na ‘n lang reeks gewysdes volledig saamgevat word deur Caney R.
Caxton Ltd and Others v Reeva Forman (Pty) Ltd and Another 1990(3) SA 547 (A) te 565 F-I.
2In Robinson v Randfontein Estates GM Co Ltd 1925 AD 173 te 198 stel Innes HR dit as volg: “For pleadings are made for the Court ,not the Court for pleadings”.
3Nestlé (South-Africa) (Pty) Ltd v Mars Inc 2001(4) SA 542 (SCA) te 549 J; Shapiro v South African Recording Rights Association Ltd (Galeta Intervening) 2008(4) SA 145 (W) te para [6].
3Nestlé (South-Africa) (Pty) Ltd v Mars Inc 2001(4) SA 542 (SCA) te 549 J;
Shapiro v South African Recording Rights Association Ltd (Galeta Intervening) 2008(4) SA 145 (W) te para [6].