Fourie v Strydom (78/1984) [1985] ZASCA 75 (10 September 1985)
- Citation
- [1985] ZASCA 75
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Kotze, Trengove, Botha, Van Heerden, Boshoff
- Case number
- 78/1984
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Kotze, Trengove, Botha, Van Heerden, Boshoff
- Case number
- 78/1984
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal held that the Water Court erred in its interpretation of the Melvill award and the subsequent notarial agreement. The award, read with the map, clearly allocated one turn of 24 hours to J and one turn of 18 hours to L per 31½ day cycle from the Welbedagtsloot. The respondent's reliance on later irrigation practices and topographical changes was found unreliable and irrelevant to the interpretation of the original award. The Court emphasized that only the award and map, as confirmed by the 1888 agreement, should guide the determination of water turns. Accordingly, the orders of the Water Court were set aside and replaced with declaratory relief reflecting the correct allocation, and costs were awarded to the appellant, including the costs of two counsel and qualifying witness fees.
Court disposition
Appeal upheld with costs, including costs of two counsel. Water Court orders set aside and replaced with declaratory relief in favour of appellant.
Orders
- It is declared that the cycle of water turns from the Welbedagtsloot on Welbedagt farm in the Oudtshoorn Division is 31½ days (of 24 hours each) according to the 1879 Award as amended by the 1888 Notarial Agreement.
- It is declared that the owner(s) of portion 23 (formerly Lot L) of Welbedagt are entitled to one turn of 18 hours in each such cycle.
- The owner(s) of portion 23 are interdicted from taking water from the Welbedagtsloot except in exercise of the above turn.
- The first respondent is ordered to pay the costs of the application, including the costs of two counsel and the qualifying fees of witnesses Torrington and Maree.
02
Material facts
Parties
Pieter Redelinghuys Fourie
AppellantJohanna Elizabeth Strydom
RespondentAmounts and remedies
- Water Turn Cycle Duration: 31.5
- Water Turn for J: 24
- Water Turn for L: 18
03
Procedural history
Posture
Civil Appeal / Appeal From Water Court Judgment
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the allocation of water turns from the Welbedagtsloot under Melvill's 1879 award entitled both J and L to separate turns, or only L to two turns per cycle.
- 02
Whether the Water Court correctly interpreted the historical award and subsequent agreements regarding water turns.
- 03
Whether the respondent was entitled to two turns of 24 and 18 hours, or only one turn of 18 hours per cycle.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the original Melvill award, as confirmed by the 1888 notarial agreement, allocated one turn of 24 hours to J and one turn of 18 hours to L per 31½ day cycle from the Welbedagtsloot. He contended that the Water Court erred in granting two turns to L and none to J, and that the historical pattern and map supported his interpretation. The appellant further challenged the reliability of evidence based on later usage and topography, asserting that only the award and map should guide interpretation.
- Respondent
- The respondent maintained that, according to the award and subsequent usage, L was entitled to two turns per cycle—one of 24 hours and one of 18 hours—while J was not entitled to any turn. She relied on historical practice, family testimony, and the Water Court's inspection, arguing that the topography and irrigation patterns justified the allocation. The respondent also referenced the notarial agreement and later acts as supporting her claim to two turns for L.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Kruger v Ludick 1947 (3) SA 23 (A); R v Barnardo 1960 (3) SA 552 (A)
Interpretation of historical awards must be based primarily on the text and accompanying map, not subsequent usage or changed topography.
- 02
General principles of declaratory orders
Declaratory relief is appropriate where rights under a historical award are disputed and require judicial clarification.
- 03
General principles of costs in civil procedure
Costs may be awarded to the successful party, including costs of two counsel and qualifying witness fees, where justified by the complexity of the matter.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal held that the Water Court erred in its interpretation of the Melvill award and the subsequent notarial agreement. The award, read with the map, clearly allocated one turn of 24 hours to J and one turn of 18 hours to L per 31½ day cycle from the Welbedagtsloot. The respondent's reliance on later irrigation practices and topographical changes was found unreliable and irrelevant to the interpretation of the original award. The Court emphasized that only the award and map, as confirmed by the 1888 agreement, should guide the determination of water turns. Accordingly, the orders of the Water Court were set aside and replaced with declaratory relief reflecting the correct allocation, and costs were awarded to the appellant, including the costs of two counsel and qualifying witness fees.
Obiter and limits
- Evidence of irrigation practices decades after the award cannot reliably inform the interpretation of rights established in 1879.
- Topographical changes and subsequent agreements may affect usage but do not alter the original legal allocation unless expressly amended.
- The reliability of witness memory regarding historical usage is inherently limited and cannot override documentary evidence.
Court disposition
Appeal upheld with costs, including costs of two counsel. Water Court orders set aside and replaced with declaratory relief in favour of appellant.
- It is declared that the cycle of water turns from the Welbedagtsloot on Welbedagt farm in the Oudtshoorn Division is 31½ days (of 24 hours each) according to the 1879 Award as amended by the 1888 Notarial Agreement.
- It is declared that the owner(s) of portion 23 (formerly Lot L) of Welbedagt are entitled to one turn of 18 hours in each such cycle.
- The owner(s) of portion 23 are interdicted from taking water from the Welbedagtsloot except in exercise of the above turn.
- The first respondent is ordered to pay the costs of the application, including the costs of two counsel and the qualifying fees of witnesses Torrington and Maree.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
LL Saak Nr. 78/1984
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die appèl van:
PIETER REDELINGHUYS FOURIE Appellant
teen
JOHANNA ELIZABETH STRYDOM Respondent
CORAM: KOTZe, TRENGOVE, BOTHA, VAN HEERDEN
et BOSHOFF, ARR
VERHOORDATUM: 26 AUGUSTUS 1985
LEWERINGSDATUM: 10 SEPTEMBER 1985
UITSPRAAK
/VAN HEERDEN, AR
2.
VAN HEERDEN, AR:In 1877 was 'n hele aantal persone die eienaarsin onverdeelde aandele van die plaas, Welbedagt, in dieafdeling Oudtshoorn . Die plaas was oewergrond aantwee openbare strome, die Olifantsrivier wat van oos nawes en die Wynandsrivier wat van noord na suid vloei enby eersgenoemde rivier aansluit. Destyds het die eie-naars water vir hul boerdery verkry uit drie hoofslote.Met die eerste twee slote is water uit die Wynandsrivieren met die derde sloot water uit die Olifantsrivier oordie plaas gelei.
In die genoemde jaar het die onderskeie eie-naars 'n landmeter, Melvill, aangewys om die plaas onderhulle te verdeel en waterbeurte uit die drie slote aanhulle toe te ken. In 1879 het Melvill 'n skriftelike"Award" (hierna die toekenning genoem) gemaak en in 1880is dit deur 'n bevel van die Kaapse Hooggeregshof bekrag-tig. Melvill het die plaas in 26 persele, gemerk A tot
/Z ...
3.
Z, verdeel. Hul ligging word aangetoon op 'n kaart watdeel van die skriftelike toekenning gevorm het. Diepersele was langwerpige stukke grpnd wat in hul lengtenoord-suid gelê het en alfabeties van oos na wes gemerkis. A was dus die mees oostelike perseel (en die naasteaan die Wynandsrivier) en Z die verste wes. Drie vandie persele het egter nie oor die hele lengte van dieplaas van noord na suid gestrek nie. Die suidelike ge-deelte van A was heelwat breër as die noordelike gedeeltedaarvan en B en C se suidelike grenslyne was tegelykertyd 'n gedeelte van die grenslyn van A waar dié perseel ver-breed het. D was weer suid van C en wes van A geleë.
Díe eerste twee slote het min of meer parallelvan oos na wes geloop. Volgens die kaart het albei oorA, B, C, E, F, G, H en I geloop en op J geeindig. Dietweede sloot was suid van die eerste sloot geleë. Nogverder suid was die derde sloot wat naastenby parallelmet die ander twee slote (en die Olifantsrivier) van oos
/na ...
4.
na wes oor A, E, F, G en H geloop het. Vanaf I oor Jen K tot op L het die derde sloot met kronkels in 'nnoordwestelike rigting geswaai en vanaf L se westelike
grens het dit weswaarts oor M, N, 0, P, Q, R, S, T, U, V,
W, X en Y tot op Z gevloei. Op 'n stadium voor 1908,en waarskynlik reeds in 1888, is die loop van dié slootegter verlê en het dit toe heelwat noord van sy ou loopoor o a I, J, K en L gegaan. Gerieflikheidshalwe ver-
wys ek voortaan na die verlegde sloot as die Welbedagt-sloot.
Melvill het ook waterbeurte uit die drie hoof-slote aan die eienaars van die persele toegeken. Bydié toewysing het hy egter nie spesifieke persele ver-
meld nie maar wel die name van persone aan wie die per-
sele toegeken is. Omdat in sekere gevalle meer aseen perseel aan een eienaar toegeken is, kan nie metdie eerste oogopslag bepaal word aan welke persele dieverskillende beurte toegewys is nie. Teenstrydige ver-
/tolkings ...
5.
tolkings in hierdie verband het dan ook tot die litigasietussen die partye aanleiding gegee.
Die appellant is die eienaar van o a perseel Jen die respondente die eienares van 3 van die 5 on-verdeelde aandele in perseel L (tans bekend as gedeelte
23 van Welbedagt). Die appellant, as tweede applikant, en ene Potgieter, as eerste applikant, het in die Kaapse Waterhof 'n aansoek teen o a die respondente (as eerste respondent) aanhangig gemaak. Onder meer is twee verklarende bevele aangevra, nl, 1) dat die siklus van beurte uit die Welbedagtsloot 31½ dae is, en 2) dat perseel L vanweë Melvil1 se toekenning op 'n beurt van slegs 18 uur in elke siklus geregtig is. Die aansoek is slegs deur die respondente bestry. In haar verweer- skrif het sy beweer dat die siklus 30 dae is en dat per- seel L uit hoofde van die toekenning op twee beurte van 24 en 18 uur per siklus aanspraak het. By die aanvang van die verhoor het sy egter erken dat Melvill se siklus
/van ...
6.
van 30 dae by wyse van 'n notariële ooreenkoms in 1888 na31½ dae verleng is. Die eerste applikant se belangin die litigasie het nie verder as die verkryging vandie eerste verklarende bevel (en 'n kostebevel) gestreknie en die appellant en die respondente was dus dieenigste partye wat effektief by die voortsetting van dieverhoor betrokke was. Dit het dan ook slegs op diebeurte van J en L betrekking gehad. (Hier dien gemeldte word dat die belanghebbendes ten opsigte van die oor-blywende twee onverdeelde aandele in L beëdigde verklar-ings ingedien het waarvolgens hulle hul berus het by diebeslissing wat die Waterhof sou bereik.)
Die hof a quo het op grond van 'n vertolkingvan die toekenning bevind dat twee beurte per siklus uitdie derde sloot aan L toegewys is en geen beurt aan J nie.Vanweë dié bevinding en die genoemde erkenning van dierespondente is die eerste aangevraagde bevel verleen maaris voorts verklaar:
/"(b) ...
7
"(b) Dat die eienaar(s) van Gedeelte 23(voorheen Lot L) van Welbedagt ge-regtig was op twee beurte van 24 en18 uur in elke siklus van 31½ daeuit die Welbedagt-sloot volgens diebepalings van die Toekenning van1879 soos gewysig deur die NótarieleOoreenkoms van 1888."
Die verhoorhof het ook ander bevele verleen.
Dit is onnodig om dié in besonderhede uiteen te sit.
Al wat gemeld hoef te word, is dat alle koste van die
verhoor na die eerste dag daarvan aan die respondentetoegeken is en dat dit die koste van twee advokate in-gesluit het.
Die onderhawige appèl is gerig teen die aan-gehaalde verklarende bevel en die kostebevele. Dieenigste geskilpunt is dan ook of J en L elk 'n beurt,dan wel L twee beurte en J geen beurt nie, uit die derdesloot verkry het. Die rede vir die geskil is dat eneMulder volgens die toekenning persele J en L verkry heten dat aan hom by name twee beurte uit bedoelde sloot
/toegesê ...8.toegesê is.
Hoewel, soos reeds gesê, beurte aan eienaarsen nie aan grondstukke nie toegewys is, skep die toeken-ning van beurte uit die eerste sloot geen probleme nie.Indien gelet word op die persele verkry deur die eienaarsaan wie beurte toegesê is, was die toewysing van diebeurte in volgorde: A 60 uur, B 36 uur, C 36,uur, F24 uur en H 36 uur. Die tweede beurt is toegewys aanene Grundlingh wat persele B en D verkry het maar ditis gemene saak dat vanweë D se ligging dit nie moontlikwas om water uit enige van die slote daarop te benut nie.Die betrokke beurt was dus klaarblyklik vir B bestem.
Met 'n enkele uitsondering kan die toewysingvan beurte uit die tweede sloot ook geredelik op perselevan toepassing gemaak word. In volgorde is die beurteso toegewys: A 120 uur, E of G of albei 41 uur, H 133uur, I 50 uur, J 130 uur, K 24 uur, L 130 uur, M 44 uuren N 48 uur. Al wat in hierdie verband twyfel skep, is
/dat ...
9.
dat E en G nie beurte uit die eerste of derde sloot ver-kry het nie en dat daar geen rede blyk waarom aan of dieeen óf die ander hoegenaamd geen beurt toegewys sou ge-wees het nie. Mulder het egter beide persele ver-kry en aangesien nie aan F 'n beurt uit die tweede sloottoegewys is nie, is dit verstaanbaar dat Melvill aan hom'n enkele beurt van 41 uur vir E en G toegeken het instedevan 'n beurt van, sê, 21 uur aan Mulder onmiddellik gevolgdeur 'n verdere beurt van, sê, 20 uur aan hom. Die toe-wysing van 4 1 uur aan Mulder was dus bestem vir E en virG wat net na E (sonder tussenkoms van F) water uit dietweede sloot sou kon benut.
In die verbygaan moet miskien genoem word datdie respondente gedurende kruisverhoor gesuggereer hetdat L nie 'n beurt uit die tweede sloot verkry het nie endat die derde laaste beurt uit daardie sloot aan E of G toege-wys is. Haar advokaat het egter tereg toegegee datMelvill die betrokke beurt wel aan L toegeken het.
/Wat ...
10.
Wat die derde sloot betref, is dit gemene saakdat na die eerste drie beurte die toekennings soos volgwas: M 16 uur, N 16 uur, O 65 uur, P 32 uur, Q 32 uur,R 46 uur, S 36 uur, T 15 uur, U 92 uur, V 40 uur, W 50uur, X 120 uur, Y 60 uur en Z 43 uur. Die eerste driebeurte is so toegesê: Mulder 24 uur, ene Elliot15 uur en Mulder 18 uur. Elliot het perseel K ver-kry en Mulder persele J en L. Aangesien die toewysingvan beurte vanaf M tot Z in alfabetiese volgorde was, isdit voor die hand liggend, indien slegs op Melvill se toe-kenning en die kaart gelet word, dat die eerste driebeurte op J, K en L (in daardie volgorde) betrekking gehadhet.
Hierdie konstruksie word deur ander oorwegingsversterk. Wat al drie slote betref, is die beurte "inthe proportion and order following" toegewys. Diebeurte het mekaar dan ook van oos na wes, oftewel vandie laagste na die hoogste alfabetiese letter, opgevolg.
/'n ...
11.
'n Toekenning uit die derde sloot aan L, K en dan weeraan L pas net nie by hierdie patroon in nie. Voortssou 'n mens verwag dat indien Melvill vir Mulder altesaam4 2 uur vir L wou toewys, hy slegs een toekenning uit diederde sloot aan Mulder sou gemaak het. Voor die toe-kenning aan M sou daar dan slegs die volgende twee beurtegewees het: Elliot 15 uur en Mulder 42 uur.Die hof a quo het aanvaar dat die patroon vandie toewysing van die beurte daarop dui dat die eerstebeurt (van 24 uur) uit die derde sloot aan Mulder aseienaar van J toegekom het. Op grond van 'n aantal oor-wegings is egter besluit dat die beurt inderdaad vir Lbestem was. In eerste instansie is gesteun op 'n waar-neming wat die hof tydens 'n inspeksie ter plaatse gemaakhet, nl, dat die algemene val van die grond op J sulksis dat vloedbesproeiing nie noord van die ou loop vandie derde sloot kan plaasvind nie. Hierdie waarnemingis in verband gebring met die geskatte groottes van
/gedeeltes ...
12.
gedeeltes van sekere persele wat ten tyde van die ver-hoor besproei is. Die appellant het naamlik geskat datop J slegs 11 morge ten suide van die ou loop van diederde sloot onder besproeiing was. Hy het voorts be-raam dat die besproeide gedeeltes van K tot 0 tussen dieOlifantsrivier en 'n sementpad wat net noord van die eerstesloot oor Welbedagt loop, soos volg is: K 15 morg, L 55morg, M 16 morg, N 16 morg en 0 82 morg. Omdat aan K,M, N en 0 onderskeidelik beurte van 15, 16, 16 en 65 uuruit die derde sloot toegeken is, het die hof die gevolg-trekking gemaak dat die basis van die toekennings ongeveereen morg per uur was, en soos volg voortgegaan:
"Volgens Applikant [die appellant] sou Lot J 24 uur water vir 'n moontlike 11 morg ge- kry het en Lot L slegs 18 uur vir 55 morg. Sodanige toekenning lyk dus nie net onsin- nig nie, maar ook teenstrydig met die res van die patroon. Dit is heeltemal moont- lik dat daar geen besproeiing op Lot J in 1879 tussen sloot No. 3 en die rivier wasnie in welke geval geen toekenning aan Lot J geensins opvallend sou wees nie. ..."
Die hof het daarop gewys dat 'n mens nie weet
/hoeveel ...
13.
hoeveel van die 55 morg op L in 1879 besproei was nie,maar weens die ligging van die derde sloot op L en indie lig van die feit dat díe respondente se pa en oorns"kort na 1879" apart op L geboer en die gedeelte suidvan die sloot bewerk het, was die hof van mening dat diebewerkte grond heelwat meer as 11 morg was. Derhalweis gekonkludeer:
"Dit blyk dus dat Applikant se standpunt onsinnig is, nl. 24 uur vir hoogstens 11 morg [op J] en 18 uur vir heelwat groter gronde [op L] terwyl Respondent se stand- punt volmaak inpas by die algemene patroon."
Die appellant se advokaat het die genoemdewaarneming van die verhoorhof aangeveg omdat dit niegenotuleer is nie. Volgens die uitspraak is die partyese aandag tydens die inspeksie gevestig op dié waarnemingen is hulle meegedeel dat indien so gewens hulle getuie-nis oor die val van die grond kon lei. Dit blyk egterdat die respondente se advokaat aan die eínde van dieverhoor die hof versoek het om te notuleer dat dit nie
/moontlik
14.
moontlik is om op J noord van die ou loop van die derde slootdaaruit te besproei nie, en dat namens die appellant be-swaar daarteen gemaak is. Die grondslag van die beswaarwas dat 'n visuele waarneraing van geen nut is nie tensydie ou loop vasgestel is, en dat deskundige getuienisnodig is om dié loop op die oppervlakte te bepaal. Af-gesien van die feit dat die hof nêrens aandui nie hoe ditbepaal het waar die derde sloot minstens 76 jaar vante-vore oor J geloop het, is dit so dat, anders as wat be-hoort te gebeur het, die waarneming nie genotuleer isvoordat uitspraak gegee is nie. Vgl Kruger v Ludick 1947 (3) S A 23 (A) 31; R v Barnardo 1960 (3) S A 552(A) 554. Gesien die slotsom waartoe ek gekom het, vindek dit egter onnodig om verder op dié aspek in te gaanen veronderstel ek ten gunste van die respondente datgevolg aan die hof se waarneming gegee moet word.
Na my mening is daar verskeie redes waarom dieverhoorhof se gevolgtrekking betreffende die partoon van
/die ...
15.
die toekennings nie aanvaar kan word nie. Hulle kansoos volg saamgevat word.1) 'n Landmeter, Maree, getuig dat die valvan die grond in die omgewing van J vanaf die sementpadna die Olifantsrivier slegs ongeveer 5 meter is. Volgenshom is dit nie moontlik om te sê hoe die topografie in1879 was nie. Uit die getuienis blyk voorts dat daarin die verlede minstens twee oorstromings was toe dieeen of die ander rivier of beide in vloed afgekom het.Die appellant maak melding van 'n "hoogwater" in 1931 watfeitlik oor die hele Welbedagt gevloei het, en dit isgemene saak dat die tweede sloot reeds heelwat vroeërweggespoel het. Dit is dan ook duidelik dat dít juismet die oog op moontlíke oorstromings, en ook die "sleep"van grond deur die eienaars van die persele, was datMaree dit onmoontlik gevind het om 'n mening oor die valvan die grond in 1879 uit te spreek. Gevolglik kan niebepaal word of destyds nie noodwaarts uit die derde sloot
/op ...
16.
op J besproei kon word nie.2) In die veronderstelling dat die topogra-fie nie oor 'n tydperk van meer as 'n eeu verander het nie,blyk dit in elk geval nie dat in 1879 water uit die derde
sloot slegs suid daarvan op J aangewend kon word nie.Soos reeds gemeld, toon die kaart dat die sloot oor J in'n noordwestelike rigting kronkel. Derhalwe is die puntwaar die sloot J se westelike grens sny, heelwat noord vandie ligging van die sloot op J se oostelike grens. Ditis dus moontlik dat die eienaar van dié perseel met 'n
privaatsloot wat uit die derde sloot geloop het grondnoord van laasgenoemde sloot kon besproei het. Dat so 'nprivaatsloot nie op die kaart aangetoon word nie,.is niks-seggend. Volgens die kaart eindig die tweede sloot opJ terwyl beurte daaruit aan K, L, M en N toegeken is.
Daar is dan ook getuienis dat 'n taksloot van die tweede
sloot, wat nie op die kaart aangetoon word nie, tot opN geloop het. Bowendien is in Melvill se toekenning
/melding ...
17.
melding gemaak van "all existing watercourses not spe-cially mentioned in this award". En indien daar wel so'n privaatsloot op J was, sou dit natuurlik in onbruikverval het nadat die derde sloot se loop oor o a J ver-ander is.
3) Daar is geen getuienis aangaande diegrootte van die grond wat in 1879 op enige van die per-sele uit die derde sloot besproei is nie. Spesifiekwat L betref, is daar nie getuienis nie dat, soos dieverhoorhof dit het, die respondente se pa en vier ooms"kort na 1879" die suidelike deel van L bewerk het endat die bewerkte landerye dus aansienlik meer as 11 morgmoes gewees het. Die respondente getuig weliswaar oor.die besproeiing van die suidelike deel maar haar vroegsteherinnering dateer terug tot 1920 toe sy sewe jaar oudwas. Dit is ook nie moontlik om uit die groottes vandie besproeide grond op K, M, N en 0 afleidings te maakoor sodanige groottes in 1879 nie. Bowendien weet 'n
/mens ...
18.mens nie welke faktore Melvill by die toekenning vanwaterbeurte in ag geneem het nie, en veral nie of hy opbesproei.de dan wel besproeibare grond ag geslaan hetnie. Bes moontlik het hy ook in aanmerking geneem totwelke mate elk van die eienaars deur die jare bygedrahet tot die aanlê en instandhouding van die slote.
4) Die verhoorhof het onvergelykbares metmekaar vergelyk. Die appellant se skattings het indie geval van J betrekking gehad op die besproeide grondsuid van die derde sloot en in die geval van K, L, M, N,en 0 op sodanige grond tussen die sementpad en die Oli-fantsrivier. Die derde sloot het egter op laasgenoemdevyf persele suid van die pad geloop. Veral op K en Lkon daar ten tyde van die verhoor heelwat besproeidegrond tussen die ou loop van die derde sloot en die padgewees het en dit blyk nie of daardie gedeeltes uit diederde sloot - gestel dat dit nog bestaan het - besproeikan word nie .
/5) ...
19.
5) Geen poging is aangewend om die omvangvan die besproeide gedeeltes suid van die pad (of die ouloop van die derde sloot) op persele P tot Z te bepaalnie. Inderdaad is die "patroon" met verwysing na slegsK, M, N en 0 bepaal. Op sy sagste gestel, is dittwyfelagtig of enige patroon ten opsigte van die toe-kenning van beurte met verwysing na slegs 4 van 17 per-sele vasgestel kan word. Trouens, ten einde 'n betrou-bare patroon te vind, sou 'n mens waarskynlik op die toe-kennings aan al 26 persele moes let. En wat J, K en Lbetref, kan nie uit die oog verloor word nie dat aan elkook 'n beurt uit die tweede sloot toegesê is.
In die lig van bostaande meen ek nie dat die
huidige topografie van J of die aantal morge wat tans
op bepaalde gedeeltes van J, K, L, M, N en 0 besproeiword enigsins behulpsaam is by die uitleg van Melvill se
toekenning nie.
Die verhoorhof het ook op 'n verdere oorweging
/gesteun ...
20.
gesteun vir sy bevinding dat twee beurte úit die derde
sloot aan L toegeken is. Die respondente getuig dat in
die twintigerjare haar vader en ooms die gedeelte van Lnaaste aan die Olifantsrivier (hierna die suidelike deelgenoem) besproei het met 'n ander beurt as dié wat op diegedeelte naby die pad (hierna die noordelike deel genoem)aangewend is, en dat K die beurt tussenin gehad het. Sysê ook dat dit nie moontlik was om die suidelike deel tebesproei uit die sloot waaruit water op die noordelikedeel gebruik is nie. Haar getuienis is volgens dieverhoorhof gestaaf deur 'n taksloot wat op die kaart aan-getoon is. Hierdie sloot was basies 'n verlenging vandie derde sloot vanaf die punt waar laasgenoemde slootnoordweswaarts begin kronkel het. Die takslpot het dusnaastenby parallel met die Olifantsrivier geloop. Vol-gens die respondente is daar nie destyds op die suidelikedeel van K besproei nie. In die lig hiervan het dieverhoorhof gesê:
/"Die ...
21
"Die taksloot ... moes dus gewees het vir besproeiing op Lot L en dit staaf haar fdie respondente sej getuienis dat daar apart besproei is op die agterste [suide- like] en voorste [noordelike] deel van Lot L en dat dit nie moontlík was om water uit sloot No. 3 van die vborste deel na die agterste deel te neem níe, en dat die tak- sloot hiervoor nodig was."
Nadat die hof verwys het na 'n notariële aktevan 1908 waaruit afgelei is dat die eienaar(s) ,van Ldit nodig gevind het om die suidelike deel daarvan uit'n taksloot (die sogenaamde prosessloot) van die Welbe-dagtsloot te besproei, is soos volg besluit:
"Die gebruik van die taksloot het meegebring dat die eienaars van Lot L op twee plekke hulle water uit sloot no. 3 moes neem, nl. op L (vir die voorste gronde) en op J vir die taksloot. Dit is dus heel verstaan- baar dat daar twee beurte aan Lot L toege- ken sou word met die beurt van Lot K tussen- in. "
Ek kom later terug op die vraag welke gewig aandie respondente se getuienis oor die aanwending van beurtein die twintigerjare geheg kan word. Wat die verhoorhof
/egter....
22.
egter uit die oog verloor het, is dat toe die respondentehaar verstand gekry het (en ook toe die genoemde notariëleakte verly is), die derde sloot reeds verlê was en dat dieWelbedagtsloot se ligging op L heelwat van die van die oulóop van die derde sloot verskil het. Die bossloot waar-mee, volgens die respondente, die suidelike deel van Lbesproei is, was klaarblyklik ook nie die taksloot (dieverlenging van die derde sloot) waarna die verhoorhof ver-wys nie- En wat die notariële akte betref, is die proses-sloot nie volgens die respondente aangewend om die suide-like deel van L te besproei nie.
Wat egter wel uit die kaart afgelei kan word,is dat dit waarskynlik fisies moontlik was om die ou tak-sloot aan te wend om met water uit die derde sloot díesuidelike dele van J, K en L te besproei. Die taksloothet egter naby die Olifantsrivier geloop en dit is uiter-aard nie moontlik om te bepaal tot welke mate bogenoemdedele in 1879 daaruit besproei is of kon word nieJ Gestel
23.
dat daar destyds noemenswaardige besproeiing uit die tak-sloot plaasgevind het, verklaar dit egter nie waarom,soos die verhoorhof dit het, aan L 'n beurt voor K toege-ken sou gewees het nie. Al word aanvaar dat die suide-like deel van K nie in die twintigerjare besproei is nie,is dit nie 'n betroubare aanduidíng van wat die posisie in1879 was nie. Dit is nodig om in gedagte te hou dat nadie verlegging van die derde sloot die Welbedagtsloot 'nheel ander ligging op o a K gehad het as die ou loop vaneersgenoemde sloot. Die verlegging kan dus die eienaarvan K beweeg het om ander dele as voorheen te besproei.
Maar selfs indien die taksloot in 1879 nie opJ of K nie maar wel op L aangewend is, is dit vir my nogsteeds nie 'n aanduiding nie dat Melvill uit die derdesloot geen beurt aan J nie, rnaar wel een aan L gevolgdeur 'n beurt van K en 'n tweede beurt van L, toegeken het.Indien hy beoog het om altesaam 42 uur aan L toe te wys,is dit aanvaarbaarder dat hy een beurt van soveel uur
/(na ...
24.
(na K se beurt} instede van twee beurte van 24 en 18 uur(met 'n beurt van K tussenin) aan L sou gegee het. Uit die oogpunt van die eienaar van L sou 'n aaneenlopendebeurt verkieslik gewees het want hy sou dan kon besluittot welke mate hy die beurt direk uit die derde sloot ofuit die taksloot wou aanwend sonder enige onderbrekingom vir 'n beurt van K voorsiening te maak. En die be-staan van die taksloot en die aanwending daarvan op Lkon in sigself nie 'n voldoende rede gewees het om aandaardie perseel 'n beurt voor K te gee nie.
Wat die notariële akte van 1908 betref, hoefslegs gemeld te word dat dit geen steun bied vir dierespondente se standpunt dat J nie 'n beurt uit die derdesloot gehad het nie. Trouens, dit dui daarop dat Jin 1908 wel 'n beurt uit die Welbedagtsloot benut het.
Ten slotte is daar die getuienis van die res-pondente dat vanaf 1920 tot 1927 L twee beurte met 'ntotaal van 42 uur (en J geen beurt nie) uit die Welbedagt-
/sloot ...
25.
sloot en vertakkings daarvan gebruik het, en die appellantse getuienis dat sedert laastens 1954 J en L onderskeide-lik beurte van 24 en 18 uur uit die genoemde sloot gehadhet. In die veronderstelling dat dié getuienis prinsi-pieel toelaatbaar was, meen ek dat die verhoorhof dittereg nie in ag geneem het nie as 'n aanduiding van hoedie eienaars in 1879 of kort daarna Melvill se toekenningvertolk het, of van fisiese omstandighede wat destyds be-staan het. Water wat oorspronklik op een. perseel ge-bruik is, kon later met toestemming op 'n ander perseelaangewend gewees het. En soos uitgewys deur die ver-hoorhof, kon 'n perseel vir 'n geruime tyd onbewerk enonbewoon gewees het en kon 'n ander eienaar daardie per-seel se beurt vir sy grond toegeëien het. Die aanwend-ing van beurte vanaf 1920 is dus nie 'n betroubare aan-duiding van hoe die water in en kort na 1879 benut is
nie.
Wat die respondente se getuienis betref, is
/daar ...
26.
daar 'n addisionele rede waarom dit nie as hulpmiddel bydie vertolking van Melvill se toekenning aangewend kanword nie. Sy getuig naamlik dat vanaf haar vroegsteherinnering in 1920 totdat sy Welbedagt in 1930 verlaathet, die beurte uit die Welbedagtsloot vanaf Z ooswaartsop mekaar gevolg het. Daar is egter geen twyfel niedat volgens die toekenning die beurte vanaf oos na westoegedeel is. Indien die respondente dit reg het, moesdie eienaars van persele wat op water uit die derde slootgeregtig was op een of ander stadium voor 1920 om 'n duis-tere rede afgewyk het van die volgorde waarin Melvillbeurte toegeken het. Daar bestaan dan des te meer redeom nie uit die respondente se weergawe aangaande dietwee beurte van L 'n afleiding te maak oor wat die posisieveertig jaar vroeër was nie. En indien die respondentese geheue betreffende die volgorde van die beurte gebrek-kig is, moet daar uiteraard sterk twyfel wees oor diebetroubaarheid. van haar herinnering aangaande die aantal
/ure ...
27.
ure per siklus waartydens tussen 1920 en 1930 op L be-sproei is.
Omdat dit onbekend is hoe die water uit diederde sloot inderdaad net na Melvill se toekenning aan-gewend is, en daar nie betroubare aanduidings is nieaangaande omstandighede wat in 1879 gegeld het en watrelevant mag gewees het, is 'n mens uiteindelik slegs opdie toekenning (met die kaart) aangewese. Op grond vandie oorwegings wat reeds genoem is, is die toekenning insigself duidelik en is aan J en L onderskeidelik beurtevan 24 en 18 uur uit die derde sloot toegeken. In dieveronderstelling dat dit die juiste vertolking is, wasdit gemene saak dat die verhoorhof onderstaande bevelemoes verleen het.
Die appèl slaag met koste, insluitende diekoste van twee advokate, en die bevele verleen deur dieverhoorhof word deur die volgende vervang:
(1) Dit word verklaar -
/(a) ...
28.
(a) dat die siklus van waterbeurte uit die sloot bekend as die Welbedagtsloot op die plaas Welbedagt in die Afdeling Oudtshoorn 31½ dae (van 24 uur elk) beloop volgens die Toekenning van 1879 soos gewysig deur die Notariële Ooreen- koms van 1888; (b) dat die eienaar(s) van gedeelte 23 (voorheen perseel L) van Welbedagt geregtig is op een beurt van 18 uur in elke sodanige siklus.
(2) Die eienaar(s) van gedeelte 23 word verbied om op grond van die Toekenning van 1879 water uit die Welbedagtsloot te keer anders as in uit- oefening van bogenoemde beurt.
(3) Die eerste respondent word gelas om die koste
van die aansoek te betaal, insluitende die koste van twee advokate en die kwalifiserende
/fooie ...
29
fooie van die getuies Torrington en Maree
H.J.O. VAN HEERDEN, ARKOTZé, ARTRENGOVE, AR
BOTHA, AR
STEM SAAM
BOSHOFF, AR
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.