Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

General Accident Versekeringsmaatskappy Auid-Afrika v Bailey NO (257/87) [1988] ZASCA 73; [1988] 4 All SA 614 (AD) (1 June 1988)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The Supreme Court of Appeal held that when the quantum of damages awarded by a trial court is varied on appeal, the appellate court's substituted judgment is not a 'new' judgment but is deemed to be the judgment the trial court should have given. Accordingly, the judgment debt is payable from the date of the trial court's judgment, and interest runs from that date, regardless of whether the amount is increased or decreased on appeal. This principle is consistent with the purpose of interest, which is to compensate the creditor for being deprived of money due to them. The court rejected the appellant's argument that interest should only run from the date of the appellate judgment, finding that such an approach would lead to unfair and illogical results, particularly where the successful party on appeal would lose interest for the period between the trial and appellate judgments. The court confirmed that the relevant statutory provision (section 2(1) of Act 55 of 1975) embodies the common law position and applies to the facts of this case.

Court disposition

The appeal is dismissed with costs. The order of the court a quo is amended to provide for interest a tempore morae on the amount of R18,948.96 from 7 August 1986 until date of payment at 11% per annum.

Orders

  • The appeal is dismissed with costs.
  • Paragraph (2) of the order of the court a quo is amended to read: 'Interest a tempore morae on the amount of R18,948.96 from 7 August 1986 until date of payment at 11% per annum.'

02

Material facts

Parties

General Accident Versekeringsmaatskappy Suid-Afrika Beperk

Appellant Counsel: Scholtz

Pieter Bailey NO

Respondent Counsel: McClarty

Amounts and remedies

  • Interest Amount Awarded: ZAR 18,948.96
  • Interest Rate: ZAR 11

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Appeal / Final Appellate Judgment

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that where the quantum of damages is altered on appeal, the judgment debt only becomes payable from the date of the appellate court's judgment, and thus interest should run from that date. The appellant contended that the substituted judgment is a 'new' judgment and that payment was made within the prescribed period after the appellate decision, so no interest was due for the earlier period.
Respondent
The respondent maintained that the judgment debt, as ultimately determined, should be regarded as payable from the date of the trial court's judgment, regardless of subsequent variation on appeal. The respondent argued that the appellate court's decision merely substitutes the correct amount and does not create a new judgment, and that interest should run from the original judgment date.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Section 2(1) of the Prescribed Rate of Interest Act 55 of 1975

    Every judgment debt carries interest from the day it becomes payable, unless the judgment or order provides otherwise.

  2. 02

    Russell NO and Loveday NO v Collins Submarine Pipelines Africa (Pty) Ltd 1975 (1) SA 110 (A)

    An appellate court's substituted judgment is deemed to be the judgment the trial court ought to have given, and has retrospective effect to the date of the original judgment.

  3. 03

    Holmdene Brickworks (Pty) Ltd v Roberts Construction Co Ltd 1977 (3) SA 670 (A)

    The purpose of interest on judgment debts is to compensate the creditor for being deprived of money due to them.

  4. 04

    AA Mutual Insurance Association Ltd v Nomeka 1976 (3) SA 45 (A); Esso Standard SA (Pty) Ltd v Katz 1981 (1) SA 964 (A); Weber v Santam Versekeringsmaatskappy Bpk 1983 (1) SA 381 (A)

    Where the quantum of damages is varied on appeal, interest runs from the date of the trial court's judgment, provided quantum was a disputed issue at trial.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The Supreme Court of Appeal held that when the quantum of damages awarded by a trial court is varied on appeal, the appellate court's substituted judgment is not a 'new' judgment but is deemed to be the judgment the trial court should have given. Accordingly, the judgment debt is payable from the date of the trial court's judgment, and interest runs from that date, regardless of whether the amount is increased or decreased on appeal. This principle is consistent with the purpose of interest, which is to compensate the creditor for being deprived of money due to them. The court rejected the appellant's argument that interest should only run from the date of the appellate judgment, finding that such an approach would lead to unfair and illogical results, particularly where the successful party on appeal would lose interest for the period between the trial and appellate judgments. The court confirmed that the relevant statutory provision (section 2(1) of Act 55 of 1975) embodies the common law position and applies to the facts of this case.

Obiter and limits

  • The court noted that dicta from English cases such as Borthwick v The Elderslie Steamship Company Limited (No 2) (1905) 2 KB 516 are not consistent with South African law and should not be followed.
  • The court observed that the approach in Cook v J L Keir and Co Ltd (1970) 2 ALL ER 513 (CA), where increased damages on appeal were backdated for interest purposes, aligns with the South African position.
  • The court clarified that the principle does not apply where quantum was not determined or agreed at trial, but this issue did not arise in the present case.

Court disposition

The appeal is dismissed with costs. The order of the court a quo is amended to provide for interest a tempore morae on the amount of R18,948.96 from 7 August 1986 until date of payment at 11% per annum.

  • The appeal is dismissed with costs.
  • Paragraph (2) of the order of the court a quo is amended to read: 'Interest a tempore morae on the amount of R18,948.96 from 7 August 1986 until date of payment at 11% per annum.'

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1988] ZASCA 73

257/87

N v H

GENERAL ACCIDENT VERSEKERINGSMAATSKAPPY SUID-AFRIKA BEPERK

en PIETER BAILEY N 0

SMALBERGER, AR :-

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

GENERAL ACCIDENT VERSEKERINGSMAATSKAPPY

SUID-AFRIKA BEPERK Appellant

en

PIETER BAILEY N O Respondent

CORAM: RABIE, Wn HR, JANSEN, VAN HEERDEN,

SMALBERGER, et KUMLEBEN, ARR

VERHOORDATUM: 20 MEI 1988 LEHERINGSDATLN: 1 JUNIE 1988

UITSPRAAK

In hierdie appèl ontstaan die volgende

vraag: waar die bedrag skadevergoeding wat deur 'n

verhoorhof / 2verhoorhof toegestaan is op appèl gewysig word (hetsydeur die bedrag te verminder of te vermeerder), word

rente op die veranderde bedrag (die vonnisskuld) bereken vanaf die datum van die uitspraak van die verhoorhof, of die datum van die hof van appèl se uitspraak?

Die agtergrond tot die onderhawige appèl is soos volg. Op 26 Desember 1978 is die respondent se minderjarige dogter, Danderine, deur 'n motorvoertuig omgery en ernstig beseer. Die betrokke voertuig was deur die appellant verseker kragtens die bepalings van die Wet op Verpligte Motorvoertuigversekering, 56 van 1972. Die respondent, hoofsaaklik in sy hoedanigheid as vader en natuurlike voog van Danderine, het die appellant in die

Provinsiale / 3 Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop vir skadevergoeding aangespreek. Op 9 November 1981 het VOS, R, 'n bedrag van R118 696-00 as skadevergoeding toegeken. Teen die quantum van hierdie toekenning het die appellant in hoër beroep na hierdie Hof gekom. Die appèl het geslaag, en die bedrag skadevergoeding is verminder na R93 000-00 (plus R12-00 mediese koste, wat nie in geskil was nie). Die datum van hierdie Hof se uitspraak was 30 September 1983. Die uitspraak is gerapporteer - kyk Southern Insurance Association Ltd v Bailey N 0 1984(1) SA 98 (A). Die vervangde bedrag is binne 14 dae vanaf die datum van hierdie Hof se uitspraak betaal; die appellant het egter geweier om enige rente daarop te betaal.

Die /

4

Die appellant se weiering om rente te betaalhet aanleiding gegee tot 'n aansoek deur die respondent,

in die Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop, om betalingvan rente op die bedrag van R93 012-00 vanaf 14 dae nadie datum van die uitspraak van VOS, R, tot datum van beta=

ling van die betrokke bedrag. Die aansoek is gedoenkragtens die voorskrifte van artikel 2(1) van die Wet op die

Voorgeskrewe Rentekoers, 55 van 1975, wat soos volg lui:-

"Elke vonnisskuld wat

nie na die datum van die vonnis of bevel uit hoofde waarvan dit verskuldig is rente sou dra nie, dra rente vanaf die dag waarop dié vonnisskuld betaalbaar is, tensy daardie vonnis of bevel anders bepaal."

Die respondent het beweer dat die vonnisskuld (soos deur hierdie Hof op appèl bepaal) regtens betaalbaar was binne

14 dae / 5 14 dae vanaf die datum van VOS, R, se uitspraak. Die aansoek is deur die appellant bestry. Die appellant se standpunt was dat die vonnisskuld slegs betaalbaar was binne 14 dae vanaf die uitspraak van hierdie Hof, en ge= volglik nie rente gedra het nie omdat betaling binne dié tydperk geskied het. Dit was gemene saak dat die rente= koers op die betrokke tydstip 11% was, en dat die bedrag rente in geskil R18 948-96 beloop het.BURGER, R, het die respondent se aansoek toegestaan om redes wat blyk uit sy uitspraak wat gerappor= teer is as Bailey N O v General Accident Insurance Co Ltd (voorheen Southern Insurance Association Ltd) 1987(2) SA 702 (K). Hy het gevolglik die appellant gelas om:

"(1) Die /

6

"(1) Die bedrag van R18 948-96 te betaal,

asook

(2) rente a tempore morae vanaf 12 Oktober

1983 tot datum van betaling teen 11% en

(3) gedingskoste."Verlof tot appèl is deur BURGER, R, verleen onderhewig aan sekere voorwaardes. Aangesien die appellant nie met die voorwaardes gediend was nie, is aansoek om verlof om appèl aan te teken aan hierdie Hof gerig, welke verlof onvoorwaardelik toegestaan is.

Soos alreeds aangedui, dra elke vonnisskuld rente, luidens artikel 2(1) van Wet 55 van 1975, "vanaf die dag waarop die vonnisskuld betaalbaar is". Die vraag ontstaan, wanneer is 'n vonnisskuld betaalbaar? In die

gewone / 7 gewone gang van sake is dit betaalbaar op die datum wanneer dit deur die uitspraak van die verhoorhof bepaal word. Waar geen appèl aangeteken is nie dra die vonnis= skuld gevolglik rente vanaf datum van uitspraak (tensy die hof se bevel anders bepaal) - onderhewíg egter aan die voorskrifte van Artikel 21 (1A) van Wet 56 van 1972. Indien daar appèl teen die uitspraak aangeteken word (hetsy teen die bevindings op die meriete, of die bedrag toegeken, of albei), word die inwerkingtreding en tenuitvoerlegging van die verhoorhof se bevel opgeskort hangende die beslis= sing op appèl(Reid and Another v Godart and Another 1938 AD 511), tensy die teendeel gelas word. As die appèl af= gewys word, verval die opskorting. Mnr Scholtz, namens

die / 8 die appellant, gee toe dat in so 'n geval, waar die vonnis onveranderd of wesenlik onveranderd bly (maar alleenlik in so 'n geval), rente op die vonnisskuld betaalbaar is vanaf die datum van die verhoorhof se uitspraak. As rede hier = voor voer hy aan dat die afwysing van die appël daarop neerkom dat die hof van appèl die uitspraak van die ver= hoorhof bekragtig as korrek van meet af aan. Dit stel nie 'n nuwe vonnis daar nie. In teenstelling hiermee betoog Mnr Scholtz dat waar die appèl slaag en die bedrag van die vonnisskuld gewysig word, hetsy deur dit te ver= minder of te vermeerder (bv in die geval waar die eiser geslaagd appelleer teen die quantum van die toegestaande bedrag), daar in albei gevalle 'n "nuwe" vonnisskuld ontstaan

wat / 9 wat alleenlik betaalbaar is vanaf die datum van uitspraak van die hof van appèl.Die logiese uitvloeisel van hierdie betoog kan tot absurde en onbillike gevolge lei. Om maar enkele daarvan te noem. Sou 'n eiser suksesvol teen die quantum van skadevergoeding wat toegestaan is, appelleer, en die bedrag daarvan word verhoog, verloor hy die rente wat hy op die aanvanklike bedrag wat deur die verhoorhof aan hom toegeken is, sou ontvang het as hy nie appèl aange= teken het nie - omdat daar nou kwansuis 'n "nuwe" vonnis is. Hierdie verlies van rente, oor die tydperk tussen die uit= sprake van die verhoorhof en die hof van appèl, kan in 'n bepaalde geval die voordeel van die geslaagde appèl heeltemal

ongedaan / ........

10

ongedaan maak. Word die bedrag toegeken op appèl verminder, vanweë 'n geslaagde appèl deur die verweerder, verloor die eiser ook alle rente oor die tussentydperk, selfs op die verminderde bedrag. Insgelyks, waar in 'n derdeparty-aksie die quantum van die eiser se skade nie in geskil is nie, maar die verweerder slaag op appèl met 'n verweer van bydraende nalatigheid aan die kant van die eiser, en die bedrag van die eiser se skade word dienooreenkomstig verminder, sou die eiser rente op die verminderde bedrag ontneem word. Sulke onbillikhede druis in teen die oorheersende beginsel m b t die betaling van rente, nl om 'n eiser te vergoed omdat geld wat hom toekom van hom weerhou is deur die verweerder wat intussen

die /

11

die voordeel daarvan geniet. Die basiese denkfout in Mnr Scholtz se benadering is om die uitspraak van die hof van appèl, waar dit die verhoorhof se bevel wysig, as 'n "nuwe" vonnis te beskou. Luidens artikel 22 (b) van die Wet op die Hoog= geregshof, 59 van 1959, is 'n hof van appèl bevoeg "om die uitspraak of bevel wat die onderwerp van die appêl is, te bevestig, te wysig of ter syde te stel, en om enige uitspraak te gee of bevel uit te vaardig wat die omstandighede vereis". In die praktyk kom dit daarop neer dat die hof van appèl sy uitspraak stel in die plek van dié van die verhoorhof -hy gee die uitspraak wat die verhoorhof in die eerste instan= sie moes gegee het. Vandaar die gebruik om die bevel van

die / 12 die verhoorhof te vervang met dié van die hof van appèl -kyk bv die bevel wat in die Bailey N O Appèlhofbeslissing gemaak is (1984 (1 ) 98 op 121 A) . Dit is nie 'n "nuwe" vonnis nie, asof 'n hof van appèl 'n hof van eerste instansie is (wat nie die geval is nie), maar die gewysigde vonnis van die verhoorhof, d w s die vonnis wat die verhoorhof moes gegee het. Daardie vonnis moet gereken word om van krag te wees vanaf die datum wanneer die verhoorhof uitspraak gegee het, m a w dit het terugwerkende krag tot die datum van die verhoorhof se uitspraak - juis omdat dit die vonnis is wat die verhoorhof moes gegee het. Dat dit nog altyd so ingesien is, blyk, ten minste by duidelike implikasie, uit uitsprake van o a hierdie Hof beide voor en na die inwerk=

ingtreding /

13 ingtreding van artikel 2(1) van Wet 55 van 1975.

In Russel, N O and Loveday, N O v Collins Submarine Pipelines Africa (Pty) Ltd 1975 (1) SA 110 (A) is vonnis ten gunste van die respondent teen die twee appellante ten bedrae van R547 549,44 en Rl 000 000 onder= skeidelik in die Plaaslike Afdeling Durban en Kus toegeken. Die aksie het voortgespruit uit die bepalings van 'n sekere

versekeringsooreenkoms. Die eerste appellant se appèl is gehandhaaf, en die omvang van sy aanspreeklikheid is verminder na R167 142,71. Hierdie Hof het gelas dat rente op daardie bedrag betaal moet word vanaf die datum van die verhoorhof se uitspraak (op 160 D) . Russell se saak was beslis voor die inwerkingtreding van Wet 55 van

1975/

141975, maar kragtens die gemene reg was 'n vonnisskuldeiser geregtig op die betaling van rente, mits hy dit in die verhoorhof geëis het (op 156 G) . Artikel 2(1) van Wet

55 van 1975 beliggaam die gemeenregtelike posisie behalwe

dat 'n vonnisskuldeiser nou rente ontvang op die vonnisskuld sonder dat dit nodig is om dit pertinent te eis. Die

onderhawige geval, in soverre dit ook gaan oor 'n vonnisskuld wat op appèl verminder is, is in wese nie te onderskei van

Russell se saak nie, wat erkenning verleen aan die beginsel dat waar die verhoorhof se uitspraak gewysig word, die hof van appèl sy uitspraak stel in die plek van dié van die verhoorhof, en dat dit vanaf die datum van uitspraak van die verhoorhof geld; m a w dit geld ex tunc, nie ex nunc nie.

Holmdene / 15 Holmdene Brickworks (Pty) Ltd v Roberts Construction Co Ltd 1977(3) SA 670 (A) op 692 F kom op dieselfde neer, ofskoon die saak te onderskei is omdat die appél afgewys is. Ander gevalle waar rente vanaf die datum van die verhoorhof se uitspraak toegestaan is ondanks wysiging van die verskuldigde bedrag op appèl, is AA Mutual Insurance Association Ltd v Nomeka 1976(3) SA 45 (A) op 57 B (ooreen= gekome bedrag van skadevergoeding op appèl verminder omdat die eiser bevindwas bydraend nalatig te gewees het); Esso Standard SA (Pty) Ltd v Katz 1981(1) SA 964 (A) op 973 H (vermindering op appèl van die bedrag skadevergoeding toegestaan deur die verhoorhof); Weber v Santam Verseker= ingsmaatskappy Bpk 1983(1) SA 381 (A) op 402 H (bedrag

skade/ 16skadevergoeding toegeken deur die verhoorhof op appèlverhoog omdat die verhoorhof fouteer het deur bydraende nalatigheid aan die kant van die eiser se minderjarige kind te bevind).Op genoemde grondslag word "die dag waarop die vonnisskuld betaalbaar is" die dag waarop die verhoor= hof se uitspraak gegee is, ongeag of die vonnis op appèl vervang of gewysig is, en die uiteindelike vonnisskuld dus eers op appèl bepaal is. Dit veronderstel (1) dat quantum 'n geskilpunt by die verhoor was en uitspraak daar = oor gegee is, of gegee moes gewees het, of (2) dat daar voor of tydens die verhoor op quantum ooreengekom is, en dat die vonnis daarvoor voorsiening gemaak het, of moes

gemaak / 17 gemaak het. 'n Geval van (1 ) sou wees waar in 'n derdeparty-aksie beide meriete en quantum in geskil is, maar die eiser op die meriete in die verhoorhof verloor om dan later op appèl te slaag - quantum was altyd 'n geskilpunt, en wanneer die hof van appèl die quantum bepaal, word sy beslissing hieromtrent geag dié te wees van die verhoorhof. A fortiori sou hierdie situasie geld waar quantum op appèl òf verminder òf vermeerder word. 'n Geval van (2) sou wees waar die feite dieselfde is as (1 ) maar quantum vooraf op ooreengekom is en dus nie by die verhoor in geskil is nie. Wanneer die eiser op appèl op die meriete slaag, reflekteer die vervangde uitspraak die ooreengekome guantum, en die vonnisskuld wat dienooreenkomstig bepaal

word / 18word, word geag dié van die verhoorhof te wees. Die vraag ontstaan of die posisie anders sou wees waar by 'n verhoor alleenlik die meriete van 'n eiser se eis in geskil

is en daar nog nie op quantum ooreengekom is nie. Dit is

egter nie nodig om op hierdie vraag in te gaan nie.

Die gevolgtrekking waartoe ek geraak, is dat

die verhoorhof se uitspraak van 9 November 1981, waarkragtens

skadevergoeding ten bedrae van R118 696-00 aan die respon=

dent toegestaan is, vervang is deur die uitspraak van hier=

die Hof op 30 September 1983 wat die skadevergoeding na

R93 012-00 verminder het; dat hierdie Hof se uitspraak in

die plek gestel is van dié van die verhoorhof; dat die

vonnisskuld van R93 012-00 die bedrag verteenwoordig wat 19 die verhoorhof moes toegestaan het; en dat dit geag moet word betaalbaar te wees vanaf die datum van die verhoorhof se uitspraak, en gevolglik rente van daardie datum af dra. Dit dien daarop gelet te word dat dit nie hier gaan oor die beginsel neergelê in sake soos Victoria Falls and Transvaal Power Co Ltd v Consolidated Langlaagte Mines Ltd 1915 AD 1 op 32 dat rente nie betaalbaar is op 'n ongelikwideerde bedrag nie, en dus nie betaalbaar is voordat skadevergoeding finaal bepaal is nie. Dit gaan hier oor die uitwerking van 'n uitspraak op appèl, en die toepassing van die bepalings van artikel 2(1) van Wet 55 van 1975 in so 'n geval.

Hierdie gevolgtrekking is nie in ooreenstemming nie met sekere dicta in die saak van Borthwick v The Elderslie

Steamship / 20 Steamship Company Limited (No 2) (1905) 2 KB 516 waarna Mnr Scholz ons verwys het. In die loop van sy uitspraak sê COLLINS, MR o a "the judgment of the Court of Appeal is a judgment of the date on which it was given" en " (t) he judgment is not ipso facto antedated by reason that it is substituted for the judgment in the Court below" (op 519). ROMER, LJ, beslis dat "it cannot, I think, be properly said that the judgment of the Court of Appeal must be regarded for all purposes as if it had been the judgment given by the judge in the Court below. The judgment in favour of the plaintiff must be treated as of the date on which it was given in the Court of Appeal, subject to the right of that Court to antedate its judgment" (op 521). Hierdie

beslissing / 21 beslissing is egter gegrond op die reëls (Orders) en praktyk van die Engelse howe, en die prosesregtelike gevolge daarvan, wat moontlik van ons eie mag verskil. Insiggewend is die feit dat daar nie aan die beginsels van die Borthwick-saak uiting gegee is nie in die saak van Cook v J L Keir and Co Ltd (1970) 2 ALL ER 513 (CA). In daardie saak is die skadevergoeding wat aan die eiser vir persoonlike beserings toegeken is op appêl verhoog. Sonder enige verwysing na Borthwick se saak verklaar Lord Denning MR (op 515) dat "(t)he increase of £5456 dates back to the date of the judge's judgment on 25th March 1969" en gelas dat rente van laasgenoemde datum sal loop. Hierdie benadering is in ooreenstemming met my siening van

ons /

22

ons regsposisie in diè verband. Borthwick se saak is moontlik van die onderhawige te onderskei, maar in soverre dit nie die geval is nie, moet die aangehaalde dicta as in stryd met ons regsposisie beskou word.

Soos aangedui, het die hof a quo gelas dat rente a tempore morae vanaf 12 Oktober 1983 (synde die

datum van aanmaning) op die bedrag van R18 948-96 deur die

appellant betaal moet word. Mnr McClarty, namens die

respondent, het toegegee dat die respondent nie geregtig

is op / 23 is op rente vanaf datum van aanmaning nie, maar slegs vanaf die datum van die uitspraak van die hof a. quo (7 Augustus 1986). Hierdie toegewing is reeds in die respondent se betoogshoofde gemaak. Mnr Scholtz aanvaar dat rente deur die appellant betaalbaar is vanaf daardie datum. Dit is nie nodig dat ek my oor die korrektheid al dan nie van die toegewing uitlaat nie (maar vgl Davehill (Pty) Ltd and Others v Community Development Board 1988(1) SA 290 (A) op 298 I.), aangesien die respondent net vir rente vra vanaf 7 Augustus 1986. Die partye is dit eens dat die verandering wat dit aan die hof a quo se bevel meebring nie enige uitwerking het op die koste van appèl nie.

24

Die appèl word afgewys, met koste.Paragraaf (2) van die bevel van die hof a quo wordgewysig om te lees:-

"(2) Rente a_ tempore morae op die bedrag van R18 948-96 vanaf 7 Augustus 1986 tot datum van betaling teen 11% per

jaar."

J W SMALBERGER APPèLREGTER

RABIE, Wn HR ) KUMLEBEN, AR )

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Russell NO and Loveday NO v Collins Submarine Pipelines Africa (Pty) Ltd 1975 (1) SA 110 (A)

Case cited

Holmdene Brickworks (Pty) Ltd v Roberts Construction Co Ltd 1977 (3) SA 670 (A)

Case cited

AA Mutual Insurance Association Ltd v Nomeka 1976 (3) SA 45 (A)

Case cited

Esso Standard SA (Pty) Ltd v Katz 1981 (1) SA 964 (A)

Case cited

Weber v Santam Versekeringsmaatskappy Bpk 1983 (1) SA 381 (A)

Case cited

Southern Insurance Association Ltd v Bailey NO 1984 (1) SA 98 (A)

Case cited

Bailey NO v General Accident Insurance Co Ltd 1987 (2) SA 702 (K)

Case cited

Davehill (Pty) Ltd and Others v Community Development Board 1988 (1) SA 290 (A)

Case cited

Reid and Another v Godart and Another 1938 AD 511

Case cited

Victoria Falls and Transvaal Power Co Ltd v Consolidated Langlaagte Mines Ltd 1915 AD 1

Case cited

Borthwick v The Elderslie Steamship Company Limited (No 2) (1905) 2 KB 516

Case cited

Cook v J L Keir and Co Ltd (1970) 2 ALL ER 513 (CA)

Case cited

Prescribed Rate of Interest Act 55 of 1975

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Compulsory Motor Vehicle Insurance Act 56 of 1972

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

High Court Act 59 of 1959

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.