Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

Georgiou v Badenhorst (2115/2007) [2007] ZAFSHC 147 (13 December 2007)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the agreement between the parties was an option to purchase, not a perfected sale, as the property had not yet been registered in the applicant's name and the option period had not commenced. The respondent's signature on the agreement was merely an acceptance of the benefits conferred by the option, not an exercise of the option itself. The property was sufficiently identified through the subdivision map and the parties' longstanding knowledge of the specific portion in question. However, the applicant lacked locus standi to seek eviction, as the estate from which he inherited the property had not been finalized, and only the executor of the estate could bring such an application. Consequently, the application was premature and had to be dismissed.

Court disposition

Application dismissed with costs.

Orders

  • The application is dismissed with costs.

02

Material facts

Parties

Costa Andre Georgiou

Applicant Counsel: Adv. T.P. Krüger

Hanli Badenhorst

Respondent Counsel: Adv. J.Y. Claasen

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Application / First Instance

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicant contends that the agreement, signed by both parties, constitutes a binding contract of sale for the property. He argues that the property is sufficiently identified and that the respondent's occupation is unlawful, warranting eviction. The applicant further submits that the respondent's acceptance of the option amounts to exercising the option and thus creates a valid sale agreement.
Respondent
The respondent argues that the agreement is merely an option to purchase, not a perfected sale, as the property has not yet been registered in the applicant's name. He asserts that the option cannot be exercised until registration occurs, and therefore no binding sale exists. The respondent also claims that the property is not adequately described and that the applicant lacks locus standi to seek eviction, as the estate from which the applicant inherited the property has not been finalized.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    ERF 441 Robertsville Property CC and Another v New Market Developments (Pty) Ltd 2007 (4) All SA 873 (W)

    A contract for the sale of immovable property must identify the subject matter with sufficient certainty to be enforceable.

  2. 02

    General principles of South African contract law

    An option to purchase does not constitute a sale until the option is exercised in accordance with its terms.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the agreement between the parties was an option to purchase, not a perfected sale, as the property had not yet been registered in the applicant's name and the option period had not commenced. The respondent's signature on the agreement was merely an acceptance of the benefits conferred by the option, not an exercise of the option itself. The property was sufficiently identified through the subdivision map and the parties' longstanding knowledge of the specific portion in question. However, the applicant lacked locus standi to seek eviction, as the estate from which he inherited the property had not been finalized, and only the executor of the estate could bring such an application. Consequently, the application was premature and had to be dismissed.

Obiter and limits

  • The parties were always aware of the precise portion of the property subject to the agreement, and the subdivision process had been properly initiated and approved.
  • Once the property is registered in the applicant's name, there will be no uncertainty regarding the identification of the land to be transferred.

Court disposition

Application dismissed with costs.

  • The application is dismissed with costs.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2007] ZAFSHC 147

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Saak Nr. : 2115/2007

In die saak tussen:-

COSTA ANDRE GEORGIOU Applikant

en

HANLI BADENHORST Respondent

_____________

AANGEHOOR OP: 25 OKTOBER 2007

UITSPRAAK DEUR: CILLIé,

R

GELEWER OP: 13 DESEMBER 2007

[1] Die applikant se aansoek is gerig op die nietigverklaring van ‘n skriftelike ooreenkoms wat handel met sekere vaste eiendom en die gepaardgaande uitsetting van die respondent van daardie eiendom. Die eiendom is bekend as Gedeelte B van die plaas Winnies Gift No. 1256 geleë in die distrik Harrismith. ‘n Afskrif van die ooreenkoms is aanhangsel “CG6” tot die applikant se steunende eedsverklaring.

[2] Die grondslag waarop die geldigheid van die ooreenkoms aangeveg word, is die beweerde vaagheid daarvan. Dit berus daarop dat die plaas in twee onverdeelde aandele deur die applikant en ‘n familielid geërf, is oor jare kragtens ‘n informele onderlinge reëling tussen die erflaters verdeel en as twee aparte stukke okkupeer was, die ooreenkoms beweerdelik nie ‘n behoorlike onderverdelingskaart bevat nie en die “res vendita” dus nie behoorlik omskryf is nie. Verder word aangevoer dat die eienaar van die ander onverdeelde aandeel in elk geval weier om toe te stem tot onderverdeling.

[3] Die aard van hierdie ooreenkoms is tot dusver hierbo nie gemeld nie juis omdat dit ‘n ernstige geskilpunt is tussen die partye. Die dekblad daarvan beskryf dit as ‘n: “OPSIE OM TE KOOP”. Dit vervolg dan met: “wat, wanneer dit aanvaar word deur die verkoper ‘n koopooreenkoms uitmaak”. In die aanhef daarvan word dit as volg beskryf:

“OPSIE OM TE KOOP

(PLAASEIENDOM)

(wat na ondertekening deur die Koper en Verkoper, ‘n bindende Koopkontrak daar sal stel)

GEMAAK AAN: ...”

Die naam van die applikant word dan gemeld en word hy as volg beskryf:

“(hierna genoem die VERKOPER)”

Die respondent word as

“(hierna genoem die KOPER)”

beskryf. Dan word vermeld

“Waarkragtens die Koper die opsie neem om die volgende eiendom van die Verkoper te koop:”

[4] Klousule 24 is ook van belang. Dit lees as volg:

“24. Die Verkoper en Koper kom soos volg ooreen:

24.1 Dat hierdie opsie van krag sal bly tot en met 3(DRIE) weke nadat die eiendom in die Verkoper se naam registreer is.

24.2 Die Koper moet egter binne hierdie 3(DRIE) weke tydperk die opsie uitoefen en alle bepalings en voorwaardes soos in hierdie opsie vervat nakom.”

Daaronder is dan die handtekening van die koper (respondent). Op ‘n volgende bladsy verskyn die volgende met die handtekening van die applikant (verkoper) daaronder:

"Die hierinvermelde Koper se opsie word hiermee aanvaar en die koop word bekragtig deur my die Verkoper om effek te neem binne 3(DRIE) weke nadat die eiendom in my naam geregistreer is.”

[5] Mnr. Claasen, namens die respondent, betoog dat hierdie transaksie nog nie perfektum is nie. Hy sê dat niks meer as ‘n opsie om te koop deur die applikant aan die respondent verleen is nie. Hy beklemtoon op sterkte van klousule 24, hierbo aangehaal, dat in die vooruitsig gestel is dat die reg tot uitoefening van die opsie hangende bly totdat die eiendom in naam van die applikant geregistreer is waarna die respondent dan drie weke het om die opsie uit te oefen.

[6] Mnr. Kruger, namens die applikant, voer aan dat ondertekening van die ooreenkoms deur beide partye ‘n bindende koopooreenkoms daarstel.

[7] Dit is gemene saak dat by die aanhoor van die aansoek die eiendom nog nie in naam van die applikant geregistreer was nie. Dit beteken dat die opsie nog nie uitgeoefen kon word nie. Die betoog dat ‘n koopooreenkoms tot stand gekom het, is regtens dus nie korrek nie. Die enigste sinvolle wyse om betekenis aan hierdie ooreenkoms te gee, is om dit te verstaan op die basis dat die respondent se ondertekening van die opsie niks meer is as ‘n aanvaarding van die voordele wat in die opsie-ooreenkoms vir hom beding word nie. Dit staan regtens nie gelyk aan uitoefening van die opsie nie. Die applikant se prokureur het dit ook deurgaans so verstaan. Vergelyk bladsy 90 van die stukke. Die aansoek self is gevolglik prematuur.

[8] Mnr. Kruger het namens die applikant ook aangevoer dat die ooreenkoms nie die eiendom voldoende identifiseer nie. Aanvarende vir die oomblik, soos Mnr. Kruger betoog, dat hierdie ‘n koopooreenkoms is, is dit duidelik dat in die vooruitsig gestel word dat onderverdeling sal plaasvind. Of daar ‘n onderverdelingskaart aangeheg en onderteken was deur die partye, is in geskil, maar vanweë die siening wat ek het van die aansoek, nie van besondere belang nie. Die rede daarvoor is dat die partye self deurgaans presies geweet het welke gedeelte van die grotere eiendom na onderverdeling deur die applikant aan die respondent oorgedra sou word. Trouens, dit is gemene saak dat daardie gedeelte al vir jare deur die applikant se voorgangers in titel ge-okkupeer was. Dit is ook nie in geskil nie dat ‘n aansoek om onderverdeling aan die Departement van Landbou gerig was in 2002. Daardie aansoek was vergesel van die onderverdelingskaart. Vergelyk bladsy 71 – 75. Daardie kaart dui duidelik aan welke grondstuk die onderwerp van die onderhawige koopooreenkoms is. Hierdie aansoek om onderverdeling is daarna toegestaan en het die applikant self ‘n landmeter opdrag gegee om voort te gaan met die onderverdeling soos uiteengesit op die onderverdelingskaart. Vergelyk bladsy 77. Die landmeter-generaal het daarna die onderverdelingskaart goedgekeur. Sodra die eiendom dus in applikant se naam geregistreer word, kan daar geen onduidelikheid meer oor die presiese identifikasie van wat verkoop is, wees nie. In sulke omstandighede is daar nie ruimte vir ‘n bevinding dat die koopsaak nie voldoende identifiseerbaar is nie. Vergelyk ERF 441 ROBERTSVILLE PROPERTY CC AND ANOTHER v NEW MARKET DEVELOPMENTS (PTY) LTD 2007 (4) ALL SA 873 (W).

[9] Die aansoek om uitsetting van die respondent van die eiendom is afhanklik van die geldigheid van die ooreenkoms. Soos aangedui, is my bevinding dat die ooreenkoms geldig en afdwingbaar is. Benewens dit is dit duidelik dat die boedel waaruit die applikant die grond erf, nog nie afgehandel is nie. Mnr. Claasen, namens die respondent, moet dus gelyk gegee word dat die applikant nie locus standi het om die aansoek om uitsetting te loods nie en dat die eksekuteur in daardie boedel die aangewese persoon is daarvoor.

[10] Bygevolg word die aansoek afgewys met koste.

____

C.B. CILLIé, R

Namens die applikant: Adv. T.P. Krüger

In opdrag van:

Claude Reid Ingelyf

BLOEMFONTEIN

Namens die respondent: Adv. J.Y. Claasen In opdrag van:

Rosendorff Reitz Barry

/sp

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

ERF 441 Robertsville Property CC and Another v New Market Developments (Pty) Ltd 2007 (4) All SA 873 (W)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.