South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

Gordon v R&H Motors (Edms) Bpk. (41/83) [1984] ZASCA 137 (23 November 1984)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the appellant failed to prove that the contract with the respondent extended beyond the mere bleeding of the brakes. The evidence indicated that the respondent was only requested to bleed the brakes, not to undertake a comprehensive repair or cleaning of the brake system. The work performed by the respondent's mechanic was in accordance with standard procedures for bleeding brakes, and there was no evidence of negligence or failure to perform the agreed task properly. Furthermore, even if the contract had required removal of impurities, there was insufficient evidence to establish that any impurity in the brake system caused the accident. The expert evidence did not conclusively link the alleged dirt in the brake system to the malfunction that led to the accident. Accordingly, the appellant did not discharge the burden of proof to establish breach of contract or causation.

Court disposition

Appeal dismissed with costs.

Orders

  • The appeal is dismissed.
  • The appellant is ordered to pay the costs of the appeal.

02

Material facts

Parties

Susanna Maria Johanna Gordon

Appellant

R & H Motors (Edms) Beperk

Respondent

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Appeal / Appeal Against Absolution From the Instance Granted by the Trial Court

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that she contracted with the respondent to repair the brakes of her Peugeot 404, which included removing all impurities from the brake system. She contended that the respondent failed to properly perform this obligation, resulting in the right front wheel brake seizing due to dirt in the system, which caused the accident and her injuries.
Respondent
The respondent maintained that the agreement was limited to bleeding the brakes, i.e., removing air from the hydraulic system, and not a full repair or cleaning of the brake system. The respondent asserted that the work was performed properly and as a favour, with no charge, and that any subsequent malfunction was not due to their actions or any breach of contract.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Kriegler v Minitzer and Another 1949 (4) SA 821 (A)

    The burden of proof rests on the party alleging breach of contract to establish both the existence and terms of the contract and the breach thereof.

  2. 02

    Topaz Kitchens (Pty) Ltd v Naboom Spa (Edms) Bpk 1976 (3) SA 470 (A)

    Where parties agree to limit the scope of work, liability is confined to the agreed scope and not to broader obligations unless expressly undertaken.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the appellant failed to prove that the contract with the respondent extended beyond the mere bleeding of the brakes. The evidence indicated that the respondent was only requested to bleed the brakes, not to undertake a comprehensive repair or cleaning of the brake system. The work performed by the respondent's mechanic was in accordance with standard procedures for bleeding brakes, and there was no evidence of negligence or failure to perform the agreed task properly. Furthermore, even if the contract had required removal of impurities, there was insufficient evidence to establish that any impurity in the brake system caused the accident. The expert evidence did not conclusively link the alleged dirt in the brake system to the malfunction that led to the accident. Accordingly, the appellant did not discharge the burden of proof to establish breach of contract or causation.

Obiter and limits

  • A road test after bleeding brakes is not a necessary requirement unless extensive repairs are performed.
  • The absence of a work card and the fact that the work was done as a favour support the limited scope of the agreement.
  • Expert evidence must be supported by factual findings and not mere speculation.

Court disposition

Appeal dismissed with costs.

  • The appeal is dismissed.
  • The appellant is ordered to pay the costs of the appeal.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1984] ZASCA 137

14/83 N v H

S M J GORDON teen-R & H MOTORS (EDMS) BPK SMALBERGER, Wn AR:-

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

MEV SUSANNA MARIA JOHANNA GORDON Appellante

en

R & H MOTORS (EDMS) BEPERK Respondent

CORAM: KOTZe, JOUBERT, ARR,

et SMALBERGER, Wn ARVERHOORDATUM: 8 NOVEMBER 1984LEWERINGSDATUM: 23 NOVEMBER 1984

UITSPRAAK

SMALBERGER, Wn AR:-

Die appellante, behoorlik bygestaan deur haar

man, met wie sy binne gemeenskap van goed getroud is, het in die Oranje Vrystaatse Provinsiale Afdeling 'n eis om

skadevergoeding /

2 skadevergoeding teen die respondent ingestel voortspruitenduit die respondent se beweerde kontrakbreuk. Die partye, met die hof a quo se goedkeuring, het ooreengekom om die verhoor te beperk tot die beslegtingvan slegs die meriete van die appellante se geding, en enige oorblywehde geskil= punte met betrekking tot haar skade vir latere beslissing te laat oorstaan. Na aanhoor van die getuienis het die verhoorregter. teen die appéllante bevind, en absolusie is aan die respondent toegestaan, met koste. Die appel= lante kom nou in hoër beroep teen hierdie bevel.

Die volgende feite is óf gemene saak óf word nie betwis nie. Die appellante en haar man het vroeg die oggend van 15 April 1980 in verskillende voertuie vanaf hulle plaás na Kroonstad gereis, 'n distansie van nagenoeg

sewe /

3

sewe kilometers. Die appellante het met 'n Peugeot 404, wat etlike maande vantevore tweedehands aangekoop is, gery. Sy en haar man het vooraf afgespreek om by 'n sekere vulstasie in Kroonstad te ontmoet waar hulle brandstof sou ingooi. Daarvandaan sou die appellante na Welkom gaan. Toe die appellante Kroonstad binnegaan, het die Peugeot se remme onklaar geraak. Met die trap van die rempedaal het dit tot teenaan die vloer gesak sonder dat daar enige remkrag was. Die appellante het tevergeefs herhaalde pogings aangewend om die remme te laat vat deur die rempedaal op en af te beweeg (te "pomp"). Sy het versigtig sonder remme voortbestuur na die vulstasie waar sy haar man sou kry. Na haar aankoms daar het haar man die Peugeot se remme getoets, maar hy het ook gevind

dat / 4 dat hulle nie werk nie. Hy het twee botteltjies remvloeistof gekoop en die inhoud van een botteltjie gebruik om die remvloeistof in die Peugeot se remstelsel aan te vul. Dit het geen verbetering in die toestand—van die Peugeot se remme teweeggebring nie. Die appellante is toe deur haar man aangese om die Peugeot nadie respondent se motorhawe te neem, wat sy wel gedoenhet.

Daar is etlike geskille tussen die appellante

en die respondent aangaande wat by die motorhawe plaasge=vind het. Volgens die appellante het sy 'n werknemervan die respondent, ene Lindeque, ingelig oor die voor=afgaande gebeure en die toestand van die Peugeot seremme, en gevra dat hulle reggemaak word. Lindeque

het /

5

het daartoe ingestem, en 'n werktuigkundigé aangewys

om die nodige herstelwerk te doen. Sy het buite gewag

terwyl daar aan die Peugeot gewerk is. Die werktuig=

kundige het haar later kom sê dat die Peugeot gereed is.

Toe sy daarna die werkswinkel binnegaan, het sy ene

Pearson, die respondent se diensbestuurder, vir die

eerste keer daardie oggend opgemerk, en het hy, op haar

versoek, onderneem om haar man se rekening met die koste

van die herstelwerk te debiteer. Daarna is sy van die

motorhawe af weg.

Lindeque ontken dat hy die betrokke oggend by

die motorhawe was en dat die appellante enige versoek in

verband met die Peugeot se remme aan hom gerig het.

Pearson het getuig dat die appellante hom genader het met

'n versoek /

6 'n versoek om die Peugeot se remme te bloeí. Hy het

'n werktuigkundige, ene Van der Watt, aangesê om dit te doen. Van der Watt bevestig dat hy die opdrag ontvang het, en dit uitgevoer het. Volgens Pearson en Van der Watt het die appellante langs die Peugeot gestaan terwyl die remme gebloei is. Nadat Van der Watt die remme gebloei het, moes hy die remvloeistof aanvul. Die appellante het hom 'n botteltjie remvloeistof wat in die Peugeot was vir dié doel aangebied, en hy het daarvan gebruik. Volgens Pearson was daar geen werkskaart ' uitgemaak nie omrede geen remvloeistof dêur die respondent verskaf is nie, en die bloei van die remme 'n betreklike geringe werk was wat as 'n guns vir die appellante gedoen is. Daar was ook geen sprake dat die appellante se man

met enige / 7 met enige herstelkoste gedebiteer sou word nie. Na hy die remme gebloei het, het van der Watt die rempedaal getoets en hom sodoende tevrede gestel dat die remme behoorlik werk. Die Peugeot is toe aan die appellante terugbesorg. Die appellante het verder getuig oor die gebeure nadat sy die motorhawe verlaat het. Met die

wegry het sy die remme getoets deur die rempedaal te

trap. Die remme het normaalweg gevat. Op pad uit ^

Kroonstad onderweg na Welkom, het die remme skynbaar,

behoorlik gefunksioneer. Nadat sy 'n tydlank met die

Kroonstad-Welkom hoofweg gery het, het sy 'n aantal

stadig-bewegende voertuie ingehaal. Tot op daardie

stadium het sy geen fout met die Peugeot se remme en

stuurstelsel agtergekom nie.

Toe / .

8

Toe sy by die voertuie kom, was sy genoodsaak om hard ,rem te trap. Met die aanwending van die remme het die Peugeot skielik na regs uitgeswaai, oor die pad beweeg en teen 'n staalreling aan die teenoorgestelde kant van die pad gebots. Daarna het die Peugeot in die pad in terugbeweeg en op die appellant se verkeerde kant van die pad met 'n aankomende voertuig, bestuur deur ene Myburgh, gebots. As gevolg van die botsing het die appellante verskeie beserings opgedoen. Dit is die appellante se saak dat die peugeot se skielike swenk na regs toe die remme aangewend is, daaraan te wyte was dat die regtervoorwiel se rem, weens vuiligheid in die rem= stelsel, vasgeslaan het.

Die / 9 Die geskilpunte in die onderhawige saak gaan oor die terme van die ooreenkoms wat tussen die partye aangegaan is, en die nakoming daarvan al dan nie deur die respondent. Die appellante steun op 'n ooreenkoms waarkragtens die respondent sou onderneem het om die remme van die Peugeot te herstel. Volgens die respondent was die ooreenkoms beperk tot die bloei van die Peugeot se remme, dws, die suiwering van die Peugeot se hidrouliese remstelsel van enige lug. Die respondent aanvaar dat enige ooreengekome werk uitgevoer moes word op 'n behoor= like en vakkundige wyse. Die appellante beweer dat die ooreenkoms waarop sy steun nie behoorlik deur die respondent nagekom is nie aangesien alle vuiligheid en onsuiwerhede nie uit die Peugeot se remstelsel verwyder is nie, met

die /

10

die vasslaan van die rem en die daaropvolgende botsing tot gevolg. Daarteenoor maak die respondent staatop die feit dat die Peugeot se remme behoorlik gebloei

is deur sy werktuigkundige.

Die las rus op die appellante om die ooreen=

koms waarop sy steun, en die nie-nakoming daarvan deurdie respondent, te bewys. (Kriegler v Minitzer andAnother 1949(4) SA 821 (A); Topaz Kitchens (Pty) Ltd vNaboom Spa (Edms) Bpk 1976(3) SA 470 (A) ). In dieverband het die verhoorregter bevind dat die appellantehaar nie van hierdie las gekwyt het nie, en dat sy "nie'n ooreenkoms béwys het wat buite die bloei-proses gaanmet die doel om die lug in die pype te verwyder nie".Na my mening is die verhoorregter se bevinding in die

verband /

11

verband onaanvegbaar.Die appellante se getuienis bots in wesenlike opsigte met die van Lindeque, Pearson en Van der Watt. Die appellante se bewering dat sy 'n ooreenkoms met Lindeque aangegaan het, strook nie met die bewering in haar pleitstukke nie dat sy Pearson opdrag gegee het dat "die remstelsel behoorlik herstel moes word". Dit is waarskynlik dat sy met Pearson sou onderhandel het aangesien sy hom geken het, en haár man 'n haar uitdruklik gesê het om Pearson te gaan sien in verband met die remprobleem. Die waarskynlikhede dui ook daarop dat Pearson, wat aan die verhoorregter as "'n platweg eerlike en reguit besigheidsman" voorgekom het, alleenlik deur die appellante versoek was om die

remme / 12 remme van die Peugeot te bloei. Normaalweg sou daar nie van 'n dame soos die appellante verwag word om so 'n tegniese versoek te rig nie. Aan die hand van die getuienis van die deskundige getuies, Greyvenstein en Snyman, is dit egter duidelik dat die probleem met die Peugeot se remme waarmee die appellante te make gehad het, veroorsaak is deur die aanwesigheid van lug indien Peugeot se remstelsel as gevolg waarvan daar geen drukking in die remstelsel was nie. Die appellant se man beskik oor 'n mate van kennis van remstelsels, en het op sy plaas aan sy eie voertuie se remme gewerk. Hy het ongevraagd in sy getuienis van die bloei van die Peugeot se remme gepraat, en blyk dit uit sy getuienis in die geheel gesien dat hy in gedagte gehad het dat die bloei van die remme

die / 13 die remprobleem sou oplos. Hy ontken dat hy die appellante opdrag gegee het om te versoek dat die remme gebloei word. Met die oog op sy eie kennis en ondervinding is dit uiters waarskynlik dat hy dit sou gedoen het, en dat die appellante Pearson dienooreen= komstig sou versoek het. Van der Watt se getuienis dat die appellante die benodigde remvloeistof verskaf het vir die aanvulling van die remvloeistof in die remstelsel is ook meer waarskynlik as die appellante se ontkenning tot die teendeel. Dit is logies en waar= skynlik dat die appellante se man die oorblywende bottel= tjie remvloeistof aan haar sou gegee het ingeval sy dit benodig eerder om dit na sy plaas te neem waar hy reeds 'n voorraad remvloeistof gehad het. Dat by die respondent

se / . 14 se motorhawe daar geen werkskaart uitgemaak is vir die aankoop van remvloeistof nie, wat die geval sou gewees het as die respondent dit moes verskaf het, dui daarop dat die benodigde remvloeistof deur die appellante verskaf is. Die feit dat die appellante by die motorhawe gewag het terwyl daar aan die remme gewerk is, dat geen werks= kaart uitgemaak is nie en die werk sonder betaling as 'n guns gedoen is, is ook aanduidend dat daar op 'n betreklike geringe werkie ooreengekom is, naamlik, die bloei van die remme, eerder as die herstel van die remme, wat 'n groot werk kon gewees het. Gevolglik moet die beweerde nie-nakoming van die ooreenkoms tussen die appellante en die respondent beoordeel word aan die hand van 'n ooreenkoms waarkragtens die respondent onderneem het om die Peugeot

se remme te bloei.

Van der / .

15 Van der Watt, wat jarelange ondervinding as

'n werktuigkundige het, het getuig dat hy die Peugeot se remme gebloei het deur die bloeipunt op elke wiel om die beurt los te draai sodat lug in die remstelsel kon ontsnap. Dit is skynbaar die aanvaarde prosedure vir die bloei van remme. Volgens Van der Watt het hy opgemerk dat daar lugborrels uit die remvloeistof ontsnap. Hy erken dat hy nie spesifiek opgelet het of daar vuiligheid in die remvloeistof was nie. Na hy die remme gebloei het, het hy die remvloeistof aangevul en die remme getoets deur die rempedaal te trap. Die rempedaal het normaal gevoel, wat 'n aanduiding was dat die lug uit die remstelsel ge= suiwer is.Namens die appellante is daar betoog dat al was daar net ooreengekom dat die respondent die Peugeot16 se remme sou bloei, die ooreenkoms nie nagekom was nie aangesien, eerstens, daar nie op vuiligheid in die remstelsel gelet was nie, en die remstelsel nie van bestaande vuiligheid gesuiwer was nie en, tweedens, die Peugeot nie daarna op die pad getoets was om vas te stel of die remme doeltreffend werk of nie.Die respondent se deskundige, Greyvenstein, het getuig dat al wat met die bloei van remme be-oog word, is om lug uit die remstelsel te verwyder. Volgens hom is dit nie nodig om op vulligheid in die remvloeistof te let nie tensy daar drukking in die remstelsel opgebou het, wat nie hier die geval was nie. Remvloeistof in die pype wat vanaf die remhoofsilinder na die wiele van 'n voertuig loop word nie met normale gebruik so vuil dat

17

die aanwesige vuiligheid enige uitwerking op die rem=stelsel kan hê nie., Van der Watt se opvatting vanwat die bloei van remme behels strook met die vanGreyvenstein, te oordeel aan die wyse waarop hy te werkegegaan het met die bloei van die Peugeot se remme.Toe die appellante se deskundige, Snyman, gevra is watmet die bloei van remme bedoel word, en waarom remmegebloei word, was sy antwoord: "Wel, as daar lug in die

sisteem is, die enigste manier om lug uit die sisteem uit

te kry, is om hom te bloei". Hiermee het hy duidelik

te kenne gegee dat die bloei van remme net die verwydering

van lug in die remstelsel vereis. Eers later het hy

beweer dat dit 'n verdere vereiste was om op vuiligheid

in die remvloeistof te let en, indien daar is, die hele

remstelsel skoon te maak.

Ofskoon / ...

18

Ofskoon Van der Watt getuig het dat wanneer hy rem=

me bloei hy normaalweg die betrokke voertuig op die pad toets,blyk dit beide uit sy getuienis en dié van Pearson dat so 'ntoets nie noodsaaklik is nie. Snyman het getuig oor diebelangrikheid van 'n padtoets na die herstel van remme, maarhet klaarblyklik uitgebreide herstelwerk in gedagte gehaden nie net die bloei van remme nie. Nadat die Peugeot seremme gebloei was, is die rempedaal getoets deur dit te trapen het dit oënskynlik normaal gefunksioneer, wat aandui datdie bloeiproses suksesvol uitgevoer was. Die appellante

se eie ervaring met die remme nadat sy die motorhawe verlaathet, was dat hulle behoorlik gewerk het, en 'n padtoets sou

in elk geval waarskynlik nie meer as dit opgelewer het nie.

Alles inaggenome kan dit myns insiens nie gesê word dat die appellante bewys het dat die ooreenkoms om die

Peugeot /

19

Peugeot se remme te bloei meer vereis het as die ver=wydering van lug van die remstelsel nie, wat wel gedoenis. Dat die werk nie net uitgevoer is nie, maar ook

behoorlik en doeltreffend gedoen is, spreek vanuit die

feit dat die appellante, nadat sy die motorhawe verlaathet, geen probleme met die Peugeot se remme ondervindhet wat gekoppel kan word aan 'n versuim om die remstelselbehoorlik van lug te suiwer nie. Dit is gemenesaak dat

die Peugeot,nadat daar aan sy remme gewerk is, geen tekensvan lug in sy remstelsel getoon het nie. Snyman skryf

ook nie die skielike swaai van die Peugeot net voor die

botsing aan lug in die remstelsel toe nie, maar wel aan

die opbouing van drukking in die remstelsel, wat teen=

strydig is met die aanwesigheid van lug daarin.

Gevolglik / 20 Gevolglik het die appellant nie daarin geslaag om kontrakbreuk aan die kant van die respondent te bewys nie.Al was die ooreenkoms tussen die partye sodanig dat die respondent kontraktueel onder 'n verpligting was om die Peugeot se remstelsel van enige vuiligheid te suiwer, en versuim het om dit te doen, bestaan daar nogtans nie voldoende bewys dat dit die oorsaak van die botsing was nie. Die appellante beweer dat met die laaste aanwending van die Peugeot se remme voor die botsing het die regtervoorwiel vasgeslaan en veroorsaak dat die Peugeot skielik na regs uitswaai. Volgens Snyman was dit die direkte gevolg van vuiligheid in die remstelsel. Dit is nie nodig om 'n gedetaileerde beskrywing van die

21

Peugeot se hidrouliese remstelsel te gee nie, of inbesonderhede op die deskundige getuienis in te gaannie. Vanaf die remhoofsilinder word remvloeistof deurmiddel van pype na 'n silinder op elke wiel gelei wat diedrukking op die rem op daardie wiel beheer. Wanneerdaar krag op die rempedaal uitgeoefen word, word daarsuiers in die remhoofsilinder in werking gestel. Diewerking van die suiers veroorsaak druk in die remstelselwat deurgevoer word na die silinder op elke wiel en die

inwerkingstelling van die remme tot gevolg het. Naaanleiding van wat hy bevind het toe hy die Peugeot seregtervoorwiel en remstelsel na die botsing ondersoekhet, het Snyman getuig dat daar weens vuiligheid in die

remvloeistof 'n blokkasie was in die pyp wat gelei het na

die / 22 die remsilinder op die regtervoorwiel. Dit het die behoorlike heen en weer vloei van die remvloeistof in die hidrouliese stelsel belemmer, en veral die terug= vloei van remvloeistof na aanwending van die remme gedeeltelik gestuit. Gevolglik het daar druk opgebou op die rem op die regtervoorwiel, dit het oorverhitting van die rem veroorsaak en met die laaste aanwending van die remme voor die botsing het die rem vasgeslaan weens totale blokkasie van die pyp op daardie tydstip. Volgens Snyman, toe hy die regtervoorwiel van die peugeot na die botsing ondersoek het, het hy gevind dat dit stram was en nie wou draai nie. Nadat hy die bloeipunt by die regtervoorwiel losgedraai het, kon hy die wiel weer draai, 'n aanduiding dat daar drukking op die wiel se rem was wat

deur / 23 deur die losdraai van die bloeipunt vrygestel is. Snyman het ook getuig dat hy vuiligheid in die vorm van klein klonte in die pyp wat na die regtervoorwiel lei, gevind het.Die appellante se getuienis onderskraag egter nie die deskundige mening van Snyman nie. Dit blyk duidelik uit Snyman se getuienis dat as daar 'n opbouing van drukking in die remstelsel was op die wyse deur hom voorgestel, die appellantesou agtergekom het dat die Peugeot al hoe meer regs neig, en dat die rempedaal "hard" sou gewees het in die sin dat dit nie behoorlik ingetrap sou kon geword het nie. Dit kom, onder andere, uit die volgende vraag en antwoord tydens Snyman se kruisonder= vraging voor:- "U teorie kan net water hou indien mev

Gordon /

24Gordon voordat sy die rem getrap het al 'n geleideliketrek of neiging na regs gevoel het en toe sy die remgetrap het, die rempedaal hard, styf moes gewees het? Dit is korrek".Die appellante het nooit getuig dat die Peugeot 'n neiging om regs te trek getoon het op enige stadium voordat dit na die laaste aanwending van die remme kort voor die botsing skielik na regs beweeg het nie. Verder is haar getuienis duidelik dat toe sy die rempedaal op die laaste geleentheid getrap het dit nie styf was nie maar meegegee het en amper tot teenaan die vloer platgetrap was.

Greyvenstein was van mening dat daar nie vuiligheid tot so 'n mate in die Peugeot se remstelsel

aanwesig / . ." 25aanwesig kon gewees het dat dit die remme kon laatvasslaan het nie, en het skynbare weloorwoë redes vir

hierdie mening gegee. Hy het verder getuig dat indienvuiligheid in die remvloeistof drukking in die remstelselveroorsaak het, dit noodwendig al vier wiele moes geaffek=teer het, en nie net een nie. Gedagtig daaraan dat dieregtervoorwiel van die Peugeot met die reling langs diepad gebots het, het hy vier moontlike redes verstrekwaarom die regtervoorwiel na die botsing stram kon gewees

het en nie wou draai nie. Moontlik verduidelik hier=die redes nie waarom, volgens Snyman, die wiel weer gedraaihet nadat hy die bloeipunt op die regtervoorwiel losgedraai

het nie. Snyman se getuienis in die verband is egter

te betwyfel, want toe hy die rempedaal getoets het,

skynbaar voor hy die bloeipunt losgedraai het, het

dit / 26 dit normaal gewerk. As daar drukking op die wiel deur die rem was wat eers vrygestel is toe hy die bloeipunt losgedraaihet, moes die rempedaal, toe hy dit getoets het, hard of styf gewees het vanweë sulke drukking, en nie normaal soos hy dit gevind het nie.Dit is nie nodig om op verdere aspekte van die getuienis in te gaan wat Snyman se teorie verder onder verdenking plaas nie soos, byvoorbeeld, die afwesigheid van aanvaarbare getuienis dat daar 'n wielsleepmerk oor die pad was, wat die geval moes gewees het as Snyman se teorie juis was. Al word die appellante se getuienis aangaande die gebeure wat die botsing onmiddellik vooraf= gegaan het aanvaar, bly daar myns insiens onvoldoende bewys dat die botsing veroorsaak is deur vuiligheid in

27 die Peugeot se remstelsel.

Die appèl word bygevolg afgewys, met

koste.

J W SMALBERGER WAARNEMENDE APPèLREGTER

KOTZé, AR )) STEM SAAM JOUBERT, AR )

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Kriegler v Minitzer and Another 1949 (4) SA 821 (A)

Case cited

Topaz Kitchens (Pty) Ltd v Naboom Spa (Edms) Bpk 1976 (3) SA 470 (A)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.