Griekwaland Wes Korporatiewe Beperk v Stock owners Kooperatief Beperk (in likwidasie) en Andere (2835/2006) [2006] ZAFSHC 87 (10 August 2006)
- Citation
- [2006] ZAFSHC 87
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- C.H.G. van der Merwe
- Case number
- 2835/2006
More details
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- C.H.G. van der Merwe
- Case number
- 2835/2006
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court held that the applicant did not possess a direct and substantial legal interest in the subject matter of the main application, which concerned the statutory lien over cattle in the possession of the third respondent. The applicant's interest was found to be purely financial or commercial, arising from its status as a creditor of the second respondent, and not a legal interest in the right at issue. Accordingly, the applicant did not qualify for joinder as a respondent under Rule 12, and its application was dismissed.
Court disposition
Application for joinder dismissed.
Orders
- The application for joinder as third respondent is dismissed.
02
Material facts
Parties
Griekwaland Wes Korporatiewe Beperk
Applicant Counsel: F.W.A. Danzfuss SCStock Owners Koöperatief Beperk (in likwidasie)
RespondentHermanus Wilhelmus Wessels
RespondentHermanus Wilhelmus Wessels N.O.
RespondentKim Wessels N.O.
RespondentBosch Valley Farms (Pty) Ltd
Respondent03
Procedural history
Posture
Urgent Application / Application for Joinder as Third Respondent in Main Application
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the applicant has a direct and substantial legal interest in the subject matter of the main application to justify joinder as a respondent.
- 02
Whether a financial or commercial interest suffices for joinder under Rule 12.
Party arguments
- Applicant
- The applicant seeks leave to be joined as the third respondent in the main application, arguing that as a creditor of the second respondent, it has an interest in the proceeds from the sale of the cattle subject to the statutory lien claimed by the first respondent. The applicant disputes the assertion that certain trusts are merely alter egos of the second respondent and contends that the outcome of the main application will financially prejudice it by excluding it from sharing in the proceeds.
- Respondent
- No opposition was filed to the applicant's joinder application. However, the court considered whether the applicant's interest was sufficient in law to justify joinder, focusing on whether the applicant's interest was direct and substantial or merely financial and indirect.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Henri Viljoen (Pty) Ltd v Awerbuch Brothers 1953 (2) SA 151 (O)
Only a party with a direct and substantial legal interest in the subject matter of litigation may be joined as a respondent under Rule 12; a mere financial or commercial interest is insufficient.
- 02
Rule 12 of the Uniform Rules of Court
Rule 12 applies to applications as well as actions, permitting joinder of parties with the requisite interest.
- 03
United Watch & Diamond Co (Pty) Ltd and Others v Disa Hotels Ltd and Another 1972 (4) SA 409 (C)
A legal interest is an interest in the right forming the subject matter of the litigation, not merely an indirect financial interest.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court held that the applicant did not possess a direct and substantial legal interest in the subject matter of the main application, which concerned the statutory lien over cattle in the possession of the third respondent. The applicant's interest was found to be purely financial or commercial, arising from its status as a creditor of the second respondent, and not a legal interest in the right at issue. Accordingly, the applicant did not qualify for joinder as a respondent under Rule 12, and its application was dismissed.
Obiter and limits
- A party seeking joinder must demonstrate a legal interest in the right forming the subject matter of the litigation, not merely a financial or commercial interest.
- The fact that a party may be financially prejudiced by the outcome does not confer a right to be joined if there is no legal interest in the subject matter.
Court disposition
Application for joinder dismissed.
- The application for joinder as third respondent is dismissed.
Source and reliance status
Free State High Court, Bloemfontein
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Free State High Court, Bloemfontein
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. 2835/2006
In die saak tussen:
GRIEKWALAND
WES KORPORATIEF BEPERK Applikant
en
STOCK OWNERS KOöPERATIEF BEPERK 1ste Respondent
(IN LIKWIDASIE)
HERMANUS
WILHELMUS WESSELS 2de Respondent
HERMANUS WILHELMUS WESSELS N.O. 3de Respondent
KIM WESSELS N.O. 4de Respondent
BOSCH VALLEY FARMS (PTY) LTD 5de Respondent
UITSPRAAK: VAN DER MERWE, R
AANGEHOOR OP: 27 JULIE 2006
______________
GELEWER OP: 10 AUGUSTUS 2006
[1] In hierdie aansoek vra die applikant verlof om as die derde respondent gevoeg te word tot aansoek nommer 1846/2006 in hierdie hof (âdie hoofaansoekâ). Die applikant se aansoek word nie teengestaan nie.
[2] Die eerste respondent is die applikant in die hoofaansoek en die tweede en derde respondente is die huidige respondente in die hoofaansoek. In die hoofaansoek vra die eerste respondent ân bevel dat sy beweerde statutêre pandreg ingevolge die bepalings van artikel 173 van die Koöperasiewet, no. 91 van 1981 sogenaamd geperfekteer word deur die beslaglegging van 236 beeste in die besit van die derde respondent. ân Interim bevel tot daardie effek is verleen. Die eerste respondent beweer verder in die hoofaansoek dat die gemelde beeste die eiendom is van die tweede respondent maar dat dit in die besit is van die derde respondent kragtens ân huurkontrak ten aansien van die beeste aangegaan tussen die tweede respondent en die derde respondent.
[3] In die stawende beëdigde verklaring namens die applikant in hierdie aansoek, word geen melding gemaak van enige aanspraak van die applikant op enige reg op die betrokke beeste nie. Wat wel gemeld word is dat die applikant ân krediteur is van die tweede respondent uit hoofde daarvan dat die tweede respondent hom skriftelik as borg teenoor die applikant verbind het vir die nakoming van die verpligtinge van die Parkhurst Beef Trust IT192/1996, Parkhurst Enterprises (Edms) Beperk en die Hawee Wessels Trust TMP1618. Dit word verder vermeld dat die applikant nie saamstem met die bewering in die hoofaansoek dat die Hawee Wessels Trust en die Parkhurst Beef Trust elk bloot ân alter ego van die tweede respondent is nie en dat dit daarom van die grootste belang is om te bepaal wie die eienaar van die betrokke beeste is. Namens die applikant is verder beweer dat indien die hoofaansoek toegestaan sou word, die betrokke beeste te gelde gemaak sal word slegs tot voordeel van die eerste respondent en dat ander skuldeisers van die tweede respondent, insluitende die applikant, gevolglik nie in die opbrengs daarvan sal kan deel nie. Die applikant voer derhalwe aan dat die toestaan van die aangevraagde bevel in die hoofaansoek ân âonmiddellike negatiewe effekâ op die applikant sal hê. Kortom, die applikant wil probeer verhoed dat die eerste respondent in die hoofaansoek slaag, omdat die applikant meen dat dit hom finansieel sal benadeel.
[4] Hofreël 6(14) het die bepalings van Hofreël 12 van toepassing gemaak op aansoeke. Hofreël 12 bepaal soos volg:
âIemand wat geregtig is om as mede-eiser op te tree of blootstaan aan voeging as verweerder in ân aksie, kan na kennisgewing aan alle partye in enige stadium van die verrigtinge aansoek doen om verlof om as ân eiser of ân verweerder toe te tree. Die hof kan op so ân aansoek na goeddunke ân bevel gee, ook wat koste betref, en die verdere prosedure van die aksie voorskryf.â
[5] Ek aanvaar dat ân eiser of applikant wat voldoen aan die bepalings van Hofreël 10(1), iemand is wat geregtig is om as mede-eiser of mede-applikant op te tree soos bedoel in Hofreël 12. Sien VITORAKIS v WOLF 1973 (3) SA 928 (W) op 930 B â 931 E. Hierdie grondslag vir toetrede is egter nie hier van toepassing nie, aangesien dit duidelik is dat die applikant nie voornemens is om in die hoofaansoek enige eis of vordering in te stel of af te dwing teen enige van die partye tot die hoofaansoek nie.
[6] Na my oordeel is slegs ân party wat ân direkte en wesenlike belang in ân geding het, iemand wat blootstaan aan voeging as verweerder in ân aksie of respondent in ân aansoek soos bedoel in Hofreël 12. Sien UNITED WATCH & DIAMOND CO (PTY) LTD AND OTHERS v DISA HOTELS LTD AND
ANOTHER 1972 (4) SA 409 (K) op 416 A â C. In die beslissing van HENRI VILJOEN (PTY) LTD v AWERBUCH BROTHERS 1953 (2) SA 151 (O), ân volbank-beslissing van hierdie Hof, is ân volledige ondersoek gedoen en bevinding gemaak aangaande wat sodanige direkte en wesenlike belang in ân geding of die uitslag daarvan beteken en behels. Hierdie beslissing is nagevolg in talle beslissings. Sien byvoorbeeld AQUATUR TOUR (PTY) LTD v SACKS AND OTHERS 1989 (1) SA 56 (A) 62 A â G. Sodanige direkte en wesenlike belang is ân regsbelang (âlegal interestâ) in die reg wat die onderwerp vorm van die litigasie en welke belang nadelig deur die uitspraak geraak kan word, maar nie ân blote finansiële of kommersiële belang nie aangesien dit slegs ân indirekte belang in die litigasie is. Gevolglik is ook daarop gewys dat ân onderhuurder geen regsbelang het in ân aksie ingestel deur die verhuurder teen die huurder nie, ondanks die feit dat die onderhuurder ân baie substansiële finansiële of kommersiële belang mag hê wat nadelig deur die uitspraak geraak mag word. Sien HENRI VILJOEN (PTY) LTD v AWERBUCH BROTHERS, supra op 167 D â H, 169 H en 170 H. Sien ook BRAUER v CAPE LIQUOR LICENSING BOARD 1953 (3) SA 752 (K) op 760.
[7] In die onderhawige geval het die applikant na my oordeel geen regsbelang in die reg wat die onderwerp vorm van die hoofaansoek nie, te wete die beweerde statutêre pandreg oor beeste in besit van die derde respondent. Na my oordeel het die applikant duidelik slegs ân finansiële of kommersiële belang wat alhoewel dit substansïeel mag wees, slegs ân indirekte belang is.
[8] Gevolglik word die aansoek van die hand gewys.
________
C.H.G. VAN DER MERWE, R
Namens die applikant: Adv. F.W.A. Danzfuss SC
In opdrag van:
Schoeman Maree Ingelyf
BLOEMFONTEIN
/em
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.