GWK Beperk v Van Jaarsveld (1459/05) [2006] ZANCHC 31 (2 June 2006)
- Citation
- [2006] ZANCHC 31
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- C C Williams
- Case number
- 1459/05
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- C C Williams
- Case number
- 1459/05
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the defendant's affidavit, while lacking in some detail, sufficiently disclosed the essence of his defence: that he attempted to perform in terms of the acknowledgment of debt by tendering lucerne, but was prevented from doing so by the plaintiff's employee. The court was not convinced that the defence was not bona fide or that the defendant was merely playing for time. As such, the strict consequences of summary judgment were not warranted, and the defendant was entitled to defend the action. The acknowledgment of debt constituted a variation of the method and form of performance, and the debt's enforceability depended on compliance with its terms. The impossibility of performance, if proven at trial, could constitute a valid defence.
Court disposition
Summary judgment refused; defendant granted leave to defend.
Orders
- Summary judgment is refused.
- Leave is granted to the defendant to defend the action.
- Further pleadings must be filed in accordance with the court rules.
- Costs of this application are costs in the cause.
02
Material facts
Parties
GWK Beperk
Plaintiff Counsel: Adv C BothaHendrik Hermanus Jacobus van Jaarsveld
Defendant Counsel: Adv CoetzeeAmounts and remedies
- Principal Debt Claimed: ZAR 911,141.81
- Monthly Tender Value (lucerne): ZAR 60,000
- Interest Rate Per Annum: ZAR 17
03
Procedural history
Posture
Summary Judgment Application / First Instance
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the defendant's opposition to summary judgment is bona fide and discloses a valid defence.
- 02
Whether the debt claimed is due and payable under the terms of the signed acknowledgment of debt.
- 03
Whether the plaintiff rendered performance impossible, thereby affecting the defendant's obligation.
Party arguments
- Applicant
- The plaintiff argues that the acknowledgment of debt is not a new agreement or a variation of the original contract, but merely a unilateral undertaking by the defendant regarding performance. The plaintiff further contends that the defendant's impossibility defence is insufficiently detailed and fails to meet the requirements of Rule 32(3)(b), which demands a full disclosure of the nature and grounds of the defence and the material facts upon which it is based.
- Respondent
- The defendant admits owing the claimed amount but asserts that the debt is not yet payable because the plaintiff made performance impossible by refusing to accept the delivery of lucerne as agreed. The defendant maintains that he was always in a position to perform and repeatedly tendered delivery, but the plaintiff's employee refused acceptance. The defendant argues that his affidavit contains sufficient detail to establish a bona fide defence and that he is not obliged to perform in any manner other than that agreed.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Rule 32(3)(b) Uniform Rules of Court
A defendant opposing summary judgment must fully disclose the nature and grounds of their defence and the material facts relied upon.
- 02
Standard Bank of South Africa Ltd v Friedman 1999 (2) SA 456 (C) at 462
Summary judgment should only be granted where it is clear that the defendant has no bona fide defence and is merely delaying proceedings.
- 03
Edwards v Menezes 1973 (1) SA 299 (NC) at 304
Rule 32(3)(b) is not intended to require a defendant to provide a preview of their precise evidence, but rather to disclose the essence of their defence.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the defendant's affidavit, while lacking in some detail, sufficiently disclosed the essence of his defence: that he attempted to perform in terms of the acknowledgment of debt by tendering lucerne, but was prevented from doing so by the plaintiff's employee. The court was not convinced that the defence was not bona fide or that the defendant was merely playing for time. As such, the strict consequences of summary judgment were not warranted, and the defendant was entitled to defend the action. The acknowledgment of debt constituted a variation of the method and form of performance, and the debt's enforceability depended on compliance with its terms. The impossibility of performance, if proven at trial, could constitute a valid defence.
Obiter and limits
- The court noted that the defendant could have provided more detail in his affidavit without much difficulty, but Rule 32(3)(b) does not require exhaustive particulars.
- The essence of the defence was clear enough to avoid the harsh consequences of summary judgment, even if not all particulars were provided.
Court disposition
Summary judgment refused; defendant granted leave to defend.
- Summary judgment is refused.
- Leave is granted to the defendant to defend the action.
- Further pleadings must be filed in accordance with the court rules.
- Costs of this application are costs in the cause.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK NO.: 1459/05
DATUM AANGEHOOR: 17-3-2006
DATUM GELEWER: 02-06-2006
In die saak tussen:
GWK BEPERK Eiser
teen
HENDRIK HERMANUS JACOBUS VAN JAARSVELD Verweerder
CORAM: C C WILLIAMS R:
U
I T S P R A A K
WILLIAMS R:
1. In hierdie bestrede aansoek om summiere vonnis versoek die eiser vonnis teen die verweerder vir:
ïg1. Betaling van die bedrag van R911 141, 81;
2. Betaling van rente op die bedrag van R911 141, 81 bereken teen 17% per jaar maandeliks saamgestel vanaf 1 Augustus 2005 tot datum van betaling.â,
sowel as ân bevel wat twee eiendomme, waaroor ân verband ten gunste van eiser geregistreer is, spesiaal uitwinbaar verklaar en koste.
2. Die eiser het ingevogle ân skriftelike kredietaansoek onderteken op 5 Februarie 2004 (aanhangsel âAâ tot die dagvaarding) op krediet goedere verkoop en gelewer aan die verweerder. Op 12 Julie 2005 is die totale bedrag agterstallig en verskuldig deur die verweerder aan die eiser bereken op R911 141, 81 en het die partye ân Skuldbewys onderteken (aanhangsel âDâ tot die dagvaarding) ingevolge waarvan die verweerder onder andere:
(a) erken dat hy aan die eiser verskuldig is in die bedrag van R911 141, 81, synde geld agterstallig en betaalbaar ten opsigte van goedere verkoop en gelewer deur die eiser plus bykomende finansieringskoste;
b) onderneem om die hoofskulde, finansieringskoste, regskoste en invorderingskoste (indien enige) soos volg aan die eiser te betaal:
ïgBetaal vanaf September 2005 GWK terug met 100 ton lusern of andersins ân gelyk geldwaarde van ± R60 000 per maand. Ons gaan poog om oor die 2005/6 seisoen R400 000,00 terug te betaal.â
Die aangehaalde passasie hierbo is per hand op die Skuldbewys aangebring klaarblyklik deur die verweerder self.
3. Die verweerder ontken nie in sy opponerende eedsverklaring tot die aansoek om summiere vonnis, dat hy die bedrag van R911 141, 81 verskuldig is aan die eiser nie. Sy verweer is egter dat die gevorderde bedrag nie betaalbaar of opeisbaar is nie aangesien die eiser sy prestasie soos ooreengekom in terme van die Skuldbewys, onmoontlik gemaak het.
4. Die relevante gedeeltes van die opponerende eedsverklaring lees as volg:
ïg6.3 Op of omtrent 14 September 2005 het ek die lewering van lusern aan die eiser, en meer in die besonder aan mnr DIRK SCHOLTZ namens die eiser, aangebied ter voldoening aan die bepalings van aanhangsel âDâ. Mnr SCHOLTZ het my egter meegedeel dat hy nie die lusern kan aanvaar nie aangesien hy nie die lusern verkoop kry nie en dat daar ongeveer 10 ander boere voor my op die lys van lusernlewering is.
6.4 Ek het sedert 14 September 2005, op ân weeklikse basis en soms meer dan een keer per week met mnr. SCHOLTZ kontak gehad met betrekking tot die lewering van lusern en het hy my by elke geleentheid meegedeel dat eiser nie die lusern kan of wil ontvang nie aangesien eiser nie die lusern kan verkoop nie.
6.5 Ek was deurgaans in ân posisie om my verpligtinge na te kom en het ook die lusern se lewering op ân weeklikse basis getender, maar wou die eiser dit nie aanvaar nie en het eiser bygevolg die nakoming van my verpligtinge onmoontlik gemaak.
6.6 Ek is nog steeds in ân posisie om lusern ter waarde van R60 000.00 per maand aan die eiser te lewer en tender ek hiermee die lewering van sodanige lusern.
5. Mnr. Botha, wat namens die eiser optree, se betoog teen die verweer is tweeledig: - eerstens dat die Skuldbewys nie ân ooreenkoms of ân wysiging van die ooreenkoms tussen die partye daarstel nie, maar slegs ân onderneming vanaf verweerder is wat prestasie betref; en tweedens dat die verweer van onmoontlikmaking nie voldoen aan die bepalings van Reël 32(3)(b) wat vereis dat ân verweerder die aard en gronde van sy verweer en die wesenlike feite waarop dit berus volledig moet aantoon.
6. Wat die eerste been van die eiser se betoog betref is ek nie oortuig dat die skuldbewys nie ân ooreenkoms tussen die partye is nie. Dit mag wees dat die handgeskrewe gedeelte van die Skuldbewys soos aangehaal in paragraaf 2(b) hierbo ietwat lomp en dubbelsinnig voorkom, in terme wat nie tot voordeel van die eiser strek nie, maar dit is ân dokument wat onderteken is deur beide partye. Wat meer is, paragraaf 11.5 van die Skuldbewys meld uitdruklik dat die dokument ân ooreenkoms tussen die partye vervat en lees as volg:
ïg11.5 Geen toevoeging of wysiging tot of van hierdie ooreenkoms sal van krag wees tensy dit op skrif gestel en deur beide partye onderteken is nie.â (my onderstreping)
7. Die Skuldbewys is egter nie ân novasie van die oorspronklike skuldoorsaak nie, en dit word ook nie as sulks voorgehou deur verweerder nie. Dit sou in elk geval teenstrydig wees met paragraaf 11.1 van die skuldbewys wat bepaal dat;
ïg11.1 Die partye plaas op rekord dat hierdie skuldbewys nie ân novasie van die skuldeiser se oorspronklike eis teen die skuldenaar is nie, dat dit nie afstanddoening van enige van die regte van die skuldeiser insluitende sy reg om sonder kennisgewing met die oorspronklike versuim om die bepaling en voorwaardes van hierdie skuldbewys na te kom sal die skuldeiser geregtig wees om in sy uitsluitlike diskresie geregtelike stappe in te stel kragtens die skuldbewys of die oorspronklike skuldoorsaak.â
8. Wat hier gebeur het is heel duidelik. Die verweerder kon nie sy skuld aan die eiser betaal soos ooreengekom in die Aansoek om krediet wat per paragraaf (6) daarvan bepaal dat âDie kontrakprys is betaalbaar binne 30 dae na lewering van goedere of dienste by debiet van rekeningstaat. . .â nie, en het agterstallig geraak. Op 12 Julie 2005 het die verweerder ân aanbod gemaak aan die eiser vir die afbetaling van die agterstallige bedrag en hierdie aanbod soos vervat in die Skuldbewys is aanvaar deur die eiser. Hierdie goedgunstige gebaar van die eiser het na my mening vir die eiser die ongelukkige gevolg dat die geld nie meer opeisbaar en betaalbaar is ingevolge die nie-nakoming van die terme van die Aansoek om krediet nie, maar nou staan bepaal te word aan die hand van die terme van die Skuldbewys soos ook bepaal te paragraaf 11.1 daarvan. Die Skuldbewys is in effek ân wysiging van die metode en vorm van prestasie.
Die volgende vraag wat beantwoord staan te word is of die geld opeisbaar en betaalbaar is ingevolge die Skuldbewys. Dit is hier waar die verweerder se verweer onder die vergrootglas kom. Dit word nie betoog namens die eiser dat onmoontlikmaking van prestasie nie ân geldige verweer kan wees teen die eiser se eis nie. Die punt wat geneem word is dat die verweerder se uiteensetting van die verweer so vaag ten opsigte van besonderhede is waarvan die verweerder wel kennis behoort te hê, dat dit die opregtheid of te wel bona fides van die verweer in twyfel bring.
10. In hierdie opsig verwys mnr Botha na talle voorbeelde in die verweerder se uiteensetting van sy verweer waar hy in meer besonderheid kon handel. Aspekte soos by watter spesifieke tak van die eiser die verweerder gepoog het om te lewer, in watter hoedanigheid Dirk Scholtz opgetree het, of Scholtz geweet het van die betalingsooreenkoms tussen die partye, hoekom verweerder nie vir ân mnr. Nolte wat die Skuldbewys namens die eiser geteken het gekontak het nie, hoekom verweerder nie geld in stede van lusern aangebied het nie ens, is nie deur die verweerder aangespreek nie.
11. Mnr. Coetzee, wat vir die verweerder optree, betoog weer dat ân verweerder se opposisie tot summiere vonnis nie met die presiesheid wat verlang word van ân verweerskrif geformuleer hoef te word nie. Ook dat die verweerder se eedsverklaring in elk geval genoeg besonderhede bevat om die werknemer Dirk Scholtz te identifiiseer, dat Scholtz klaarblyklik nie in ân lae posisie by verweerder werksaam is nie aangesien hy self lusernlewering kan afkeur en ook bewus was van lusern pryse. Hierbenewens word ook betoog dat daar geen verpligting rus op die verweerder om ander reëlings te tref as waarop ooreengekom is, of om met geld te presteer as daar ooreengekom is om met lusern te presteer nie.
12. Na my meing het beide advokate se betoë ten opsigte van die uiteensetting van die verweer meriete. Aan die een kant is dit so dat die verweerder sonder veel moeite sy verweer in meer besonderheid kon uiteensit. Sien Standard Bank of South Africa Ltd v Friedman 1999(2) SA 456(C) te 462. Aan die ander kant is dit ook so dat Reël 32(3)(b) nie geskep is met die doel om aan ân eiser die eensydige voordeel te gee van ân voorskou van die presiese getuienis deur die verweerder aan te bied nie. Sien Edwards v Menezes 1973(1) SA 299(NC) te 304.
13. Hierdie is na my mening een van daardie grensgevalle waar nie met oortuiging bevind kan word dat die verweerder se verweer nie bona fide is nie en dat hy slegs vir tyd speel nie. Die verweerder se saak is dat hy gepoog het om te presteer in terme van die Skuldbewys en op verskeie geleenthede deur ân werknemer van die eiser verhoed is om dit te doen. Indien dit bewys kan word op verhoor staan hy ân kans op sukses. Ek is nie van mening dat die verweerder gepenaliseer moet word met die streng gevolge van summiere vonnis terwyl die essensie van sy verweer, alhoewel nie in alle besonderhede nie, duidelik blyk.
Bygevolg word die volgende bevel gemaak:
a) Summiere vonnis word geweier.
b) Verlof word aan die verweerder verleen om die aksie te verdedig.
c) Verdere pleitstukke moet liasseer word in terme van die Hofreëls.
d) Koste van hierdie aansoek is koste in die geding
______
C.C
WILLIAMS
REGTER
Nms. Applikant : Adv C Botha
i.o.v Duncan Rothman
Nms. Respondent: Adv Coetzee
i.o.v Engelsman, Magabane ING
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.