Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

Harambee Construction Enterprise CC v Patsa Civil Work and Construction (284/2014) [2016] ZAFSHC 102 (17 June 2016)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the plaintiff and defendant had entered into an oral agreement for the hire of four VIP mobile toilets for the month of November 2012 only. The evidence indicated that after November 2012, the plaintiff was instructed to issue invoices to Daleen Construction, which subsequently became the responsible party for the rental payments as the subcontractor. The plaintiff failed to prove, on a balance of probabilities, that the defendant remained liable for the rental beyond November 2012 or that a contract for a longer period existed between the plaintiff and defendant. The plaintiff also did not establish that the defendant was responsible for the outstanding invoices after the transfer of responsibility to Daleen Construction. Accordingly, the plaintiff did not discharge the burden of proof required to succeed in its claim.

Court disposition

Plaintiff's claim is dismissed with costs.

Orders

  • The plaintiff's claim is dismissed with costs.

02

Material facts

Parties

Harambee Construction Enterprise CC

Plaintiff Counsel: Adv. D. M. Gewar

Patsa Civil Work and Construction

Defendant Counsel: Adv. J. S. Rautenbach

Amounts and remedies

  • Amount Claimed by Plaintiff: ZAR 592,700
  • Amount Paid by Defendant (december 2012): ZAR 55,000
  • Amount Paid by Defendant (march 2013): ZAR 50,000
  • Amount Paid by Defendant (april 2013): ZAR 20,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Trial / Final Judgment

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The plaintiff contended that an oral contract was concluded with the defendant for the hire of four VIP mobile toilets from November 2012 to October 2013, and that monthly invoices were issued accordingly. The plaintiff argued that although some payments were received, a substantial amount remained outstanding. The plaintiff maintained that the defendant was liable for the full rental period and that the change in invoice recipient to Daleen Construction was merely for tax purposes, not to alter the defendant's liability.
Respondent
The defendant denied that its representative had authority to bind it to a contract beyond a single 17-day period in November 2012. The defendant argued that only one invoice was issued and paid for that period, and that subsequent invoices were addressed to Daleen Construction, which was responsible for any further payments. The defendant asserted that after Daleen Construction became the subcontractor, it assumed responsibility for the rental and payments, and the defendant was no longer liable.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    National Scrap Metal (Cape Town) (Pty) Ltd v Murray & Roberts Ltd 1992 (3) SA 482 (A)

    The party alleging the existence and terms of a contract bears the onus to prove those terms on a balance of probabilities.

  2. 02

    Novation principle; see also Van der Merwe et al, Contract: General Principles

    Where parties agree to transfer contractual obligations to a third party, the original contracting party is discharged from further liability unless otherwise agreed.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the plaintiff and defendant had entered into an oral agreement for the hire of four VIP mobile toilets for the month of November 2012 only. The evidence indicated that after November 2012, the plaintiff was instructed to issue invoices to Daleen Construction, which subsequently became the responsible party for the rental payments as the subcontractor. The plaintiff failed to prove, on a balance of probabilities, that the defendant remained liable for the rental beyond November 2012 or that a contract for a longer period existed between the plaintiff and defendant. The plaintiff also did not establish that the defendant was responsible for the outstanding invoices after the transfer of responsibility to Daleen Construction. Accordingly, the plaintiff did not discharge the burden of proof required to succeed in its claim.

Obiter and limits

  • Both witnesses for the plaintiff and defendant were of poor quality and did not provide convincing or reliable testimony.
  • The plaintiff's acceptance of instructions to invoice Daleen Construction supports the inference that the contractual relationship shifted away from the defendant after November 2012.
  • The court cannot rely on the credibility of either witness but must decide the matter on the probabilities established by the common cause facts.

Court disposition

Plaintiff's claim is dismissed with costs.

  • The plaintiff's claim is dismissed with costs.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2016] ZAFSHC 102

IN DIE HOë HOF VAN SUID-AFRIKA,

VRYSTAATSE DIVISIE, BLOEMFONTEIN

Saaknommer: 284 / 2014

In die saak tussen:

HARAMBEE

CONSTRUCTION ENTERPRISE CC

Eiser

en

PATSA

CIVIL WORK AND CONTRUCTION

Verweerder

CORAM:

ZIETSMAN,

AJ

UITSPRAAK DEUR: ZIETSMAN,

AJ

AANGEHOOR OP: 7 & 8 JUNE 2016

GELEWER OP: 17 JUNE 2016

[1] In hierdie aangeleentheid het die eiser dagvaardiging uitgereik teen die verweerder gebaseer op ‘n huurkontrak wat eiser na bewering met verweerder gesluit het ten aansien van 4 x VIP mobiele toilette vir gebruik in die Oos Kaap deur verweerder, vir ‘n huurtydperk sedert November 2012 tot Oktober 2013. Eiser het die verweerder teen die ooreengekome daaglikse tarief vir maandelikse gebruik van die toilette gefaktureer en is daar altesaam 12 fakture uitgereik deur eiser sedert November 2012 tot Oktober 2013.

[2] Eiser beweer voorts dat hy wel betaling ontvang het in die bedrag van R125 000,00, en wel gedurende Desember (R55 000,00) en gedurende Maart (R70 000,00). Die totale bedrag van die vordering is derhalwe die uitstaande betalings verskuldig

ooreenkomstig die fakture uitgereik te wete R592 700,00.

[3] In die besonderhede van vordering beweer die eiser dat hy verteenwoordig was deur Mev G. Katz en dat die verweerder verteenwoordig was deur Mnr Miti van Daleen Construction and Maintenance.

[4] In die verweerskrif ontken die verweerder dat Mnr Miti namens Daleen Construction and Maintenance die verweerder kon verteenwoordig het in die sluit van enige ooreenkoms, en pleit die verweerder dat daar slegs ‘n eenmalige mondelingse ooreenkoms tussen die eiser en verweerder tot stand gekom het ten aansien van 4 mobiele VIP toilette vir ‘n tydperk van 17 dae wat verweerder gemelde toilette vanaf eiser sou huur, en wel gedurende November 2012, welke sou strek tot 28 November 2012.

[5] Verweerder pleit voorts dat eiser slegs een belastingfaktuur aan die verweerder kon lewer vir die huurtermyn gedurende November 2012, dit inderdaad aldus gelewer het en dat die gemelde faktuur deur hom gedurende Desember vereffen is.

[6] Verweerder beweer voorts dat eiser ‘n ooreenkoms klaarblyklik met Daleen Construction and Maintenance aangegaan het, en dat laasgenoemde entiteit verantwoordelik is vir die betaling van enige uitstaande huurgeld. Namens die eiser het Mnr Grewar verskyn en namens die verweerder Mnr Rautenbach. Beide die eiser en die verweerder het elk slegs een getuie geroep, te wete Me Katz namens die eiser en Mnr Masenyane namens die verweerder.

[7] By die aanvang van die verhoor het die partye my meegedeel dat hulle onder mekaar ooreengekom het dat die geskilpunte die volgende is:

7.1 Of daar ‘n kontrak bestaan het wat gesluit is tussen eiser en verweerder vir slegs 17 dae en/of dit vir ‘n langer tydperk gesluit is.

7.2 Of verweerder die eiser versoek het om die fakture wat uitgereik is te wysig.

7.3. Of die kontrak na 17 dae beëindig is.

7.4 Die geskil oor die causa van die laaste twee betalings van die vier betalings wat wel plaasgevind het.

[8] Die partye het ook tydens die aanvang van die verhoor my meegedeel dat dit gemeensaak is tussen die partye dat die eiser wel fakture aan die verweerder versend het alhoewel dit uitgemaak is aan Daleen Konstruksie.

[9] Voorts, en ten tyde van die aanvang van die verhoor, het Mnr Rautenbach ook aangedui dat hy nie volhard met sy pleit van wanvoeging nie, en dat die eiser maar moet voortgaan om die kontrak wat hy beweer, te bewys.

[10] Vanuit die getuienis van Mev Katz sowel as die van Mnr Masenyane, blyk dit gemeensaak te wees dat:

10.1 Mev Katz (namens eiser) in ‘n liefdesverhouding betrokke was met Mnr Miti, welke op ‘n stadium, en dit is onbekend wanneer, beëindig is vanweë die feit dat hulle nie meer aangesig tot aangesig kon sien nie.

10.2 Die eerste faktuur gedurende November 2012 deur eiser uitgereik is aan verweerder vir die totale bedrag van R51 700,00, welke faktuur insluit die verhuring van die mobiele toilette teen R650,00 per dag vir die 4 toilette, te wete 17 dae R44 200,00, en dan ook voorts ten aansien van 35 grawe, 16 harke en 16 pikke onderskeidelik ten aansien van bedrae van R3 500,00, R1 600,00 en R2 400,00.

10.3 Dit is ook gemeensaak dat ten aansien van hierdie faktuur twee betalings gedurende Desember 2012 geskied het in die totale bedrag van R55 000,00 deur verweerder aan eiser by wyse van internet oorbetaling. Geen faktuurnommer is vermeld nie.

10.4 Dit is verder gemeensaak dat sedert Desember 2012 fakture deur eiser uitgereik is aan Daleen Construction and Maintenance, 708 Willie Lekweni Street, Retswelele vir aandag Mnr W Miti. Vanuit die fakture wat sedert Desember 2012 uitgereik is blyk dit en is dit ook so gemeensaak, dat die prys per dag aangedui is R750,00 en meer R650,00 soos in die Desember faktuur nie.

10.5 Dit is verder gemeensaak dat daar twee verdere betalings deur verweerder geskied het aan eiser en wel gedurende Maart en April 2013 onderskeidelik in die bedrag van R50 000,00 (gedurende Maart) en R20 000,00 gedurende April 2013.

10.6 Dit is verder gemeensaaklik dat alhoewel daar ook fakture uitgereik is tot Oktober 2013, en dat al hierdie fakture in die naam van Daleen Konstruksie uitgereik is, geen verdere betaling aan eiser gedoen is nie.

[11] Aldus die getuienis van die eiser se getuie Mev Katz, was sy in ‘n gesprek met die verweerder se verteenwoordiger Mnr Masenyane (Lillo) en Mnr Miti gedurende 2012 te ‘n funksie in Mafikeng wat hulle saam bygewoon het.

[12] Mev Katz het inderdaad met Miti gepraat en ook so met Lillo ten aansien van die verhuring van hierdie mobiele toilette, en was Mnr Lillo Masenyane inskiklik hiervoor ten aansien van ‘n projek waar die toilette benodig sou word in die Oos Kaap. Die tydperk van die konstruksie sou die tydperk vir die huur van die toilette wees, en is hierdie tydperk deur Mnr Miti aan Mev Katz meegedeel as synde ongeveer 18 maande. Haar uitdruklike getuienis was dat Lillo Masenyane nie by was tydens hierdie mededeling deur Miti nie.

[13] Mev Katz getuig ook dat die tarief vir weeksdae was teen R650,00 per dag vir die 4 toilette, dat sy maandeliks ‘n faktuur gelewer het, en dat hierdie faktuur maandeliks onmiddellik betaalbaar was deur die verweerder. Aan die begin van Desember het Mnr Masenyane haar geskakel en gevra dat sy die fakture voortaan nie meer moet uitmaak aan die verweerder nie, maar aan Daleen Konstruksie en nadat sy gevra het hoekom dit so moet wees, het Mnr Masenyane haar meegedeel dat dit vir belastingdoeleindes is. Sy het dit so aanvaar en nie verdere navrae gerig nie, en bloot eenvoudig voortgegaan om sedert Desember 2012 fakture in die naam van Daleen Konstruksie uit te reik.

[14] Sy getuig egter dat sy nooit met Daleen Konstruksie enige kontrak gesluit het nie en ook inderdaad ook nie met Mnr Miti wie die verteenwoordigende persoon van Daleen Konstruksie sou wees, sou kontrakteur nie omdat sy geweet het dat Mnr Miti nie oor enige fondse beskik om te kan betaal nie.

[15] Mev Katz beweer in haar getuienis dat sy bewus was van ‘n soort van samewerkingsooreenkoms tussen Lillo Masenyane en Miti maar dat sy nie seker is of dit ‘n joint venture was of wat die samewerkingsooreenkoms sou wees ten aansien van die projek nie. Sy getuig ook dat sy nog nooit enige betaling van Daleen Konstruksie sou ontvang het nie en ook nooit deur Lillo gesê is dat dit so sal geskied nie. Na Maart 2013 het gemelde Lillo Masenyane nie meer enige oproepe van haar geneem in verband met haar versoeke tot betaling teenoor hom gerig. Sy het gedurende November 2013 haar prokureurs gaan spreek wie namens eiser dagvaarding uitgereik het teen verweerder vir daardie 12 maande se huurkontrak, alhoewel sy beweer dat die huurkontrak langer sou wees, het sy nie enige verdere fakture uitgereik nie aangesien betaling nie geskied het nie. Volgens haar het die betrokke toilette ook nou intussen verdwyn en het sy dit nooit terug ontvang nie.

[16] Mnr Lillo Masenyane het namens die verweerder getuig om te sê dat die ooreenkoms tussen hom namens verweerder en die eiser soos verteenwoordig deur Mev Katz aanvanklik was dat hy die betrokke 4 toilette namens die verweerder sou huur vanaf die eiser vanaf die begin van die aanvang van die projek wat die verweerder behartig het in die Oos Kaap, maar slegs totdat Mnr Miti (Daleen Konstruksie) aangestel sou word as subkontrakteur van die verweerder op die betrokke projek. Die ooreenkoms was, aldus hom en blyk dit dat hy meestal met Mnr Miti in gesprek hieroor getree het en aanvaar het dat Mnr Miti en Mev Katz getroud is en hy dit dienooreenkomstiglik aan haar sal meedeel, dat Daleen Konstruksie ‘n subkontrakteur sou word van die verweerder op die projek en dat die subkontrakteur verantwoordelik sou wees vir onder andere “health and safety” wat insluit die verskaffing van mobiele toilette tydens die duur van die projek.

[17] Toe die projek egter in aanvang geneem het het Mnr Miti oftewel Daleen Konstruksie nie gekwalifiseer om aangestel te word as

subkontrakteur vanweë sekere vereistes wat nie nagekom is nie, en het hy onder andere vir Mnr Miti en Daleen Konstruksie gehelp om te kan voldoen aan die nodige vereistes sodat hy aangestel kan word as subkontrakteur, welke toe inderdaad plaasgevind het na ongeveer 1 maand na die kontrak in aanvang geneem het. Verweerder het aanspreeklikheid aanvaar vir die betaling van die eerste maand vir die huur van die toilette, maar bloot vanweë die feit dat Daleen Konstruksie nog nie aangestel is as subkontrakteur nie, en was die gedagte dat wanneer die subkontrakteur aangestel word, sodanige subkontrakteur verantwoordelik sal wees vir die betaling van die subkontrak se uitgawes, welke insluit die huur van toerusting en die toilette. Dit vir laasgenoemde rede dat Mnr Masenyane Mev Katz geskakel het (en/of ‘n epos gestuur het) om haar mee te deel om die fakture (sedert Desember 2012) aan Daleen Konstruksie uit te reik en dat Daleen Konstruksie voortaan die verantwoordelike party is vir die huur van die van die toilette as subkontrakteur. Ook dat die eiser sy fakture aan Daleen Konstruksie moet rig aangesien dit verweerder as hoofkontrakteur se verantwoordelikheid is om die subkontrakteur te betaal wie op sy beurt die eiser moes betaal het.

[18] Op die voormelde basis is fakture toe inderdaad deur eiser uitgereik sedert Desember 2012 aan Daleen Konstruksie vir aandag Mnr Miti, en nie meer aan die verweerder nie. Ten aansien van die rede waarom betaling deur verweerder geskied het van die bedrae in Desember 2012 asook die twee bedrae in Maart en April 2013, is die verduideliking deur Mnr Masenyane dat die verweerder aanspreeklikheid aanvaar het en aanspreeklik was vir betaling van die November 2012 faktuur, vandaar die twee betalings in Desember 2012, maar dat die betaling wat hy in Maart en April onderskeidelik gedoen het, gedoen is namens Daleen Konstruksie, wie nie finansieel die huurgeld kon bekostig nie en hy dienooreenkomstiglik ‘n afrekening gedoen het vanuit die betaling wat weer aan die subkontrakteur moes geskied het. Hy het voorts hierdie betaling bewerkstellig nadat Mev Katz hom geskakel het en meegedeel het dat Mnr Miti nie betaling wil bewerkstellig nie, en hy bang was dat Mev Katz die betrokke toilette sou verwyder vanaf die konstruksie perseel welke tot gevolg sou hê dat die konstruksie gestaak sou moes word.

[19] In die lig van die voorgaande het Mnr Masenyane besluit gedurende Maart/Junie 2013 om namens die verweerder sy eie toilette aan te koop vir die perseel en is hy bewus daarvan dat Mnr Miti die toilette verwyder het.

[20] By die evaluasie van die getuienis, moet ek dit duidelik stel dat beide die getuie namens die eiser sowel as die getuie namens die verweerder se getuienis van ‘n swak gehalte was. Nie een van die twee getuies het vrae behoorlik verstaan nie of behoorlik geantwoord nie en/of het in argumente betrokke geraak met die ondervraer of bloot eenvoudig die vraag gesystap. Ek kan dus nie sê dat ek staatmaak op een van die twee getuies as synde getuienis wat my oortuig op ‘n oorwig van waarskynlikhede nie. Sonder dus om te bevind dat die getuie namens eiser of die getuie namens verweerder noodwendig ongeloofwaardig was, is hulle bloot swak getuies.

[21] Ek is dus genoodsaak in die omstandighede om na die waarskynlikhede te kyk in die lig van dit wat gemeensaak is en hierbo na verwys is.

[22] Dit wil vir my voorkom dat daar wel ‘n ooreenkoms gesluit is, mondelings, tussen eiser soos teenwoordig deur Mev Katz en verweerder soos verteenwoordig deur Mnr Masenyane vir die huur van die 4 toilette ten minste vir die maand November 2012. Alhoewel die waarskynlikhede ook daarop dui dat die eiser nie net vir een maand die betrokke 4 toilette in die Oos Kaap sou laat uithuur nie maar inderdaad vir die duur van die projek, meen ek voorts dat die waarskynlikhede daarop dui dat die huurkontrak oorgeneem sou word nadat Daleen Konstruksie en/of Mnr Miti aangestel sou wees as subkontrakteur van die verweerder op die bouperseel. Alle aanduidings is dat die mededeling aan Mev Katz dat die fakture voortaan uitgereik moet word aan Daleen Konstruksie, haar laat aanvaar het dat sy voortaan besigheid met Daleen Konstruksie doen.

[23] Hoe dit ook al sy is die eerste vraag wat afgevra moet word, wat die terme van die ooreenkoms is soos deur die eiser aangebied as synde die ooreenkoms tussen die eiser en die verweerder. In soverre die gesprek tussen Mev Katz en Mnr Masenyane betref, blyk dit bloot dat die eiser die 4 toilette sou verhuur aan die verweerder, en aldus Mev Katz, teen R650,00 per dag. Dit blyk nie dat enige ander terme met Mnr Masenyane mondelings ooreengekom is nie. Basies sluit dit in dat die tarief sou wysig na R750,00 per dag vanaf Desember 2012, wat die duur van die ooreenkoms sou wees, wanneer betalings sou geskied, ensovoorts. Dit blyk egter ook duidelik dat die eiser in kennis gestel is ten minste aan die einde van November / begin Desember 2012 dat verweerder nie meer verantwoordelik sou wees vir die betaling van die fakture nie en dat fakture voortaan uitgereik moet word aan Daleen Konstruksie as synde die subkontrakteur op die projek, inderdaad deur die eiser gedoen is (alhoewel eiser steeds verwag dat verweerder betaling sou laat geskied aan eiser).

[24] Soos hierbo aangedui wil die waarskynlikhede daarop dui dat eiser inderdaad in kennis gestel is ten minste aan die begin van Desember 2012 dat die huurder voortaan Daleen Konstruksie sou wees, en is hierdie afleiding geregverdig in die lig daarvan dat die eiser inderdaad voortaan die fakture uitgereik het aan Daleen Konstruksie, nie enige verdere navrae in hierdie verband gerig het van waarom dit sou wees nie, en selfs al sou eiser van mening wees dat hy ‘n langer huurkontrak as een maand het op die waarskynlikhede, het eiser ook aanvaar dat hierdie huurkontrak voortgesit sou word deur Daleen Konstruksie sedert Desember 2012 in die plek van die verweerder. Dit is ook duidelik dat Mnr Miti nooit die verweerder verteenwoordig het of kon verteenwoordig het in die lig van Mnr Masenyane se getuienis nie. Dit blyk ook dat Mev Katz dit nie so kon verwag of aanvaar het nie. Soos genoem was Mnr Miti en Mev Katz inderdaad in ‘n liefdeverhouding op daardie stadium, en alhoewel Mnr Miti klaarblyklik gereël het dat daar ‘n huurder sou wees vir die betrokke toilette op die betrokke projek, hy aanvanklik bloot as tussenganger opgetree het, en later as huurder oorgeneem het.

[25] Alhoewel daar vanuit die getuienis van Mnr Masenyane verskeie weersprekings was, veral met die pleitstukke moet dit aanvaar word dat daar nie ‘n bewyslas op die verweerder gerus het ten einde die kontrak en die terme daarvan te bewys nie.

[26] Selfs al sou ek die waarskynlikhede ewe gunstig ten gunste van die eiser en dié van die verweerder kon oorweeg, het die eiser steeds die bewyslas om op die oorwig van omstandighede aan te toon wat die kontrak ingehou het en dat dit inderdaad met verweerder gesluit is vir die hele termyn en dat verweerder verantwoordelik is vir die betaling van die uitstaande fakture.

[27] Myns insiens het die eiser nie daarin geslaag om daardie oorwig te bereik nie, en is ek van mening dat die eiser hom nie van sy bewyslas gekwyt het in die voormelde omstandighede nie. Derhalwe maak ek die volgende bevinding:

Die eiser se eis word van die hand gewys met koste.

_____

P. ZIETSMAN, AJ

Namens die eiser: Adv. D. M. Gewar

In opdrag van:

De Lange & Du Plessis

BLOEMFONTEIN

Namens die verweerder: Adv. J. S. Rautenbach

Blair Prokureurs

/eb

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

National Scrap Metal (Cape Town) (Pty) Ltd v Murray & Roberts Ltd 1992 (3) SA 482 (A)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.