Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

Hendricks v S (CA&R 124/2011) [2012] ZANCHC 60 (29 June 2012)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The appellate court found that the trial court correctly rejected the appellant's version as not reasonably possibly true, given the consistent and credible evidence of the police witnesses and the absence of any plausible explanation for the possession of a substantial quantity of cannabis. The court held that the circumstances justified the inference that the appellant was dealing in cannabis, particularly as the cannabis was packaged in smaller bags and the appellant failed to provide any reasonable account for his possession. The court further noted the appellant's prior drug-related convictions and found that the sentence imposed was not shockingly inappropriate when compared to similar cases in the jurisdiction. Accordingly, the appeal against both conviction and sentence was dismissed, and the original orders were confirmed.

Court disposition

Appeal dismissed; conviction and sentence confirmed.

Orders

  • The appeal against conviction and sentence is dismissed.
  • The conviction and sentence are confirmed.

02

Material facts

Parties

William Benjamin Hendricks

Appellant Counsel: Adv. P.J. Cloete

The State

Respondent Counsel: Adv. T. Barnard

Amounts and remedies

  • Weight of Cannabis Seized: ZAR 11.17

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant denied possession or knowledge of the cannabis found near the scene, claiming he was merely present and that another individual, a Rastaman, was responsible for the bags containing cannabis. He asserted that he carried only toiletware in white plastic bags and a rolled-up blanket, and that the police mistakenly arrested him. The appellant's legal representative argued that the evidence did not prove dealing in cannabis beyond reasonable doubt and sought to have the conviction and sentence set aside.
Respondent
The State argued that the police officers observed the appellant near the scene, wearing a distinctive orange overall and carrying the bags later found to contain cannabis. The State maintained that the appellant's version was fabricated, as corroborated by the prison property register and the absence of any plausible explanation for possession of such a large quantity of cannabis, packaged in smaller bags. The State further highlighted the appellant's prior drug-related convictions and contended that both the conviction for dealing and the sentence were appropriate.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Mathe 1998 (2) SACR 225 (OPA) at 229 b-c

    Where a person is found in possession of a large quantity of cannabis, packaged in smaller bags, and fails to provide a reasonable explanation for such possession, the inference of dealing may be reasonably drawn.

  2. 02

    General principles of evidence evaluation

    The trial court is entitled to reject an accused's version as not reasonably possibly true if it is inconsistent with the evidence and lacks corroboration.

  3. 03

    Sentencing guidelines and comparable cases

    Sentences for drug-related offences must reflect the seriousness of the offence and the accused's criminal history, and should not be disturbingly inappropriate.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The appellate court found that the trial court correctly rejected the appellant's version as not reasonably possibly true, given the consistent and credible evidence of the police witnesses and the absence of any plausible explanation for the possession of a substantial quantity of cannabis. The court held that the circumstances justified the inference that the appellant was dealing in cannabis, particularly as the cannabis was packaged in smaller bags and the appellant failed to provide any reasonable account for his possession. The court further noted the appellant's prior drug-related convictions and found that the sentence imposed was not shockingly inappropriate when compared to similar cases in the jurisdiction. Accordingly, the appeal against both conviction and sentence was dismissed, and the original orders were confirmed.

Obiter and limits

  • The likelihood that the police officers would have pursued and arrested the wrong individual, given the distinctive clothing and circumstances, is minimal.
  • The absence of any record of toiletware or a blanket in the prison property register undermines the appellant's version and supports the State's case.
  • The appellant's own legal representative conceded during sentencing that the appellant no longer needed to deal in cannabis, which further supports the inference of prior dealing.

Court disposition

Appeal dismissed; conviction and sentence confirmed.

  • The appeal against conviction and sentence is dismissed.
  • The conviction and sentence are confirmed.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2012] ZANCHC 60

VERSLAGWAARDIG JA/NEE

SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE

SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA

(Noord-Kaapse Hoë Hof, Kimberley)

SAAK NO.:CA&R 124/2011

DATUM AANGEHOOR: 07-05-2012

DATUM GELEWER: 29-06-2012

In die Appél van:

WILLIAM BENJAMIN HENDRICKS ........................................APPELLANT

teen

DIE STAAT .........................................................................RESPONDENT

CORAM: C C WILLIAMS R et VAN NIEKERK WnR:

UITSPRAAK

WILLIAMS R:

1. Die appellant is op 21 Julie 2010, in die Landdroshof te Garies, skuldig bevind aan handel in dagga en is gevonnis to 7 jaar gevangenisstraf. Hy kom in hoër beroep teen beide die skuldigbevinding en die vonnis hom opgelê.

2. Die appellant wat regsverteenwoordig was met die verhoor, het onskuldig gepleit en het by monde van sy regsverteenwoordiger ‘n pleitverduideliking verskaf waarin hy erken het dat hy naby die toneel waar die dagga gevind is was, maar ontken het dat hy op enige stadium in besit was van die dagga of kennis gedra het van die dagga.

3. Die staat het slegs twee getuies geroep, reservis konstabel Goedeman en konstabel Maart. Hulle het getuig dat die polisie op Garies ‘n berig ontvang het van ‘n ontsnapte gevangene. Terwyl hulle met kollegas op die stoep van die polisiestasie gestaan het en hul optrede beplan het, het hulle ongeveer 700 tot 800 meter vér op die N7, ‘n taxi sien stop. ‘n Persoon met ‘n oranjekleurige oorpak het uitgeklim. Die persoon het ‘n groot bloukleurige drasak by hom gehad met ‘n groenerige kombers oor sy skouers.

4. Hulle het vermoed dat dit moontlik die ontsnapte gevangene was en het onmiddellik die persoon agternagesit in ‘n polisievoertuig. Die persoon het oor die draad geklim en inbeweeg tussen die bome langs wat klaarblyklik ‘n droë rivierloop was. Goedeman en Maart het hom agternagesit, terwyl ander polisielede van voor af gekom het. Die appellant is daar gekry, sonder enige sak of kombers en terwyl hy met ‘n ander persoon gestaan het. Goedeman en Maart het in die omgewing rondgesoek en op die bloukleurige drasak sowel as ‘n klein rugsak afgekom wat tussen die bome gelê het. Beide sakke was vol dagga wat in kleiner plastieksakke verpak is. Die appellant is op die toneel gearresteer en inspekteur Links van Kammieskroon het die appellant afgevoer na die Garries polisiestasie waar die appellant aangehou is en die dagga geweeg is. Dit was nie in geskil dat daar dagga in die sakke was nie en dat die dagga 11.171kg geweeg het nie.

5. Die appellant se weergawe was dat hy die spesifieke dag geryloop het Garries toe vanaf Kaapstad waar hy toiletware gekoop het. Hy het ontken dat hy ‘n blouerige drasak of ‘n rugsak by hom gehad het. Volgens hom was die toiletware wat hy aangekoop het in drie wit plastieksakke en het hy ‘n opgerolde kombers met ‘n serp vasgemaak en wat soos ‘n sak kon lyk, gedra. Hy erken wel dat hy ‘n oranjekleurige oorpak aangehad het. Sy weergawe is dat daar ‘n Rastaman op dieselfde tydstip toe hy afgeklim het langs die N7, by ‘n taxi uitgeklim het. Hierdie Rastaman het ‘n blouerige drasak by hom gehad en was geklee in ‘n groen, rooi en geel uitrusting. Die man het vinnig beweeg van waar die taxi hom afgelaai het, oor die draad langs die pad geklim en tussen die bome in verdwyn. Die appellant se getuienis was voorts dat hy glad nie die twee staatsgetuies Goedeman en Maart op die toneel gesien het nie, maar dat Links die sakke met dagga gevind het, dit aan hom getoon het en hom daar gearresteer het. Die stasiebevelvoerder kaptein Debbie Abrahams was ook op die toneel. Hy het aan hierdie laasgenoemde polisielede verduidelik dat ‘n Rastaman die sakke gehad het maar is nietemin in hegtenis geneem. Sy getuienis was ook dat hy by die polisieselle ingeboek was waar hy in die selle toegelaat is met sy kombers en die plastieksakke met toiletware. Dit was aanvanklik die verdedigingsaak.

6. Na betoog en ‘n verdaging en net voor die verhoorhof uitspraak sou lewer het die regsverteenwoordiger vir die appellant aansoek gedoen om die verdedigingsaak te heropen om vir ‘n sekere Collin Watt wat met die appellant op die toneel was sowel as vir Links te roep om te getuig. Die aansoek is toegestaan.

7. Watt se getuienis was dat hy die appellant goed ken deurdat hy voor die appellant opgegroei het. Sy getuienis is dat hy op die betrokke dag tussen 12:00 en 13:00 by sy vriendin se huis was. Net toe hy by die hek uitkom oppad terug huis toe het hy vir die appellant raakgeloop. Terwyl hulle nog daar gesels het, het twee polisievoertuie opgedaag. Links en sy vrou, ook ‘n polisiebeampte, kaptein Abraham en twee polisiebeamptes Kagisho en Potswelo het uitgeklim. Links het opdrag gegee dat hy en die appellant vasgehou word. Hulle is toe albei gevisenteer deur Kagisho en Potswelo. Links is toe rivier se rigting in waarna hy na omtrent 5 minute teruggekom het met twee sakke. Een van die sakke was ‘n langerige groen sak, die ander ‘n klein swart Rasta sak. Links sou toe vir Kagisho en Potswelo sê “Ons het hom”. Die appellant is toe daar gearresteer en die twee sakke is in die vangwa gelaai. Volgens Watt het hy nie geweet wat in die sakke was nie, en was daar ook nie gepraat daarvan nie. Hy het eers die volgende dag gehoor dat die appellant gearresteer is vir dagga. Hy ontken ook dat Goedeman en Maart betrokke was met die vind van die sakke en die arrestasie. Volgens die getuie het die appellant

‘n oranje oorpak aangehad en was hy in besit van ‘n groen kombers sowel as twee wit plastieksakke wat hy met hom gedra het. Volgens die getuie was daar nie Rastas in die onmiddellike omgewing nie, maar wel in die rivierloop. Sy getuienis was ook dat hy nie die persoon was wat saam met appellant gestaan het soos getuig deur Goedeman nie.

8. Links se getuienis in kort was dat hy slegs betrokke was met die vervoer van die appellant. Garies polisiestasie het slegs ‘n oop bakkie beskikbaar gehad en Links, wat ‘n toe bakkie gehad het, is gekontak om te help met die vervoer van ‘n persoon wat vir dagga gearresteer is. Toe hy by die toneel kom was die appellant reeds gearresteer deur Goedeman en Maart. Volgens Links het hy gesien dat een van Goedeman of Maart ‘n sak in sy hand gehad het, maar het hy nie gesien wat in die sak was nie.

9. Die verhoorhof het aan die einde van die verdere getuienis vir die verdediging vir kaptein Abrahams geroep om te getuig. Abrahams se getuienis was dat sy ook na die arrestasie op die toneel aangekom het en dat sy nie met die appellant gepraat het op die toneel nie.

10. Haar getuienis is relevant in die opsig dat sy getuig het dat ‘n gearresteerde persoon nie toegelaat word om persoonlike items met hom in die selle te neem nie. Persoonlike items soos onder andere toiletware, word in ‘n prisonierseiendomsregister ingeskryf en ingeboek. Komberse word in die selle verskaf. Die prisonierseiendomsregister het ‘n inskrywing aangetoon, ten opsigte van die appellant se eiendom, van ‘n bedrag kontant, ‘n beursie, ‘n bankkaart, veters, ‘n selfoon en ‘n tou. Ontvangserkenning van hierdie items is deur die appellant onderteken toe hy later vrygelaat is. Daar was geen inskrywings van toiletware of ‘n kombers nie.

11. Die verhoorhof het met die evaluering van die getuienis soos kortliks hierbo-in uiteengesit, die appellant se weergawe verwerp as nie redelik moontlik waar nie, en na my mening met reg so. Hoekom sou die polisielede ‘n sak in die veld gaan soek (en vind) as hulle dit nie kort tevore by die appellant gesien het nie? Wat is die waarskynlikheid dat al die betrokke polisielede (dit is nie net Goedeman en Maart wat hom agtervolg het nie) ‘n fout gemaak het en op die verkeerde man toegesak het? Die moontlikheid dat die appellant, wat ‘n opvallende oranje oorpak aangehad het, verwar kon word met ‘n Rasta man is maar skraal.

12. Die appellant se getuie Watt het hom ook nie veel gebaat nie. Benewens al die weersprekings tussen hierdie getuie en die appellant, kon Watt nie getuig oor die appellant se bewegings voor hy gearresteer is nie.

13. Dit is ook nooit gedurende kruisondervraging gestel aan die twee staatsgetuies dat die appellant plastiek inkopiesakkies in sy hande gehad het nie. Inteendeel die stelling is gemaak dat die appellant slegs die opgerolde kombers by hom gehad het. Die appellant en Watt se getuienis dat hy inkopiesakke by hom gehad het is duidelik ‘n versinsel, wat ook blyk uit Abrahams se getuienis dat sulke items nie in die prisoniereiendomsregister ingeboek was nie. Die register toon ook nie aan dat die kombers en serp ingeboek was nie en versterk die getuienis van Goedeman en Maart dat die appellant ook nie meer die kombers by hom gehad het toe hy gearresteer was nie. Indien die appellant wel egter die kombers by hom gehad sou ten minste die serp waarmee dit vasgebind was ingeboek wees soos gedoen is met die tou en veter.

14. Na my mening was die verhoorhof korrek deur te bevind dat die enigste redelike afleiding om te maak uit die getuienis is dat die sakke met die dagga wat onder die bome gevind is, deur die appellant daar gegooi is.

15. Die enigste ander vraag wat beantwoord moet word is of die appellant korrek skuldig bevind is aan handel in dagga en of dit nie net bloot besit van dagga moet wees nie.

In S v Mathe 1998(2) SASV 225 OPA te 229 b-c sê Lombard R die volgende oor hierdie kwessie:

“Wat in omstandighede soos die onderhawige nie uit die oog moet verloor word nie, is dat ten einde aan handeldryf in dagga skuldig bevind te kan word, daar nie van die Staat vereis word om te alle tye bo redelike twyfel te bewys dat daar inderdaad handel gedryf is soos deur die Wet vereis nie. Die feit dat sekere vermoedens hieromtrent weggeval het, beteken nie dat basiese regsbeginsels en gesonde verstand ook in die slag gebly het nie.

Waar ‘n persoon in besit van ‘n groot hoeveelheid dagga gevind word en daar word geen redelike aanvaarbare verduideliking vir sodanige besit deur hom of haar verskaf nie kan die afleiding redelikerwys gemaak word dat so ‘n persoon daarin handel gedryf het soos deur die Wet omskryf.”

16. In die onderhawige geval het die appellant geen verduideliking verskaf vir die besit van die dagga nie. Dit is ‘n redelike groot hoeveelheid dagga en is die dagga ook in kleiner plastiekpakkies verpak. Gesonde verstand vereis na my meing die afleiding dat die appellant daarmee wou handeldryf. Ter bevestiging hiervan het die appellant se regsverteenwoordiger betoog tydens die vonnisverrigtinge en op die instruksie van die appellant, dat die appellant werk bekom het en dat sy situasie “is tans so dat hy nie nodig het om meer handel te dryf in dagga nie.”

17. Na my mening moet die skuldigbevinding aan handel in dagga staan.

18. Wat die vonnis aanbetref is ons na geen mistastings deur die verhoorhof begaan verwys nie. Die vonnis is wel swaar, maar die appellant het ook al benewens vele ander vorige veroordelings, nie minder as vyf dwelmverwante vorige veroordelings nie. Me Jansen wat namens die staat verskyn het, het ons verwys na die vonnisse wat opgelê is in soortgelyke sake, meer spesifiek Noord-Kaapse sake, waaruit dit duidelik blyk dat die 7 jaar gevangenisstraf die appellant opgelê nie skokkend onvanpas is nie.

In die omstandighede word die volgende bevele gemaak.

(a) Die appél teen skuldigbevinding en vonnis word van die hand gewys.

(b) Die skuldigbevinding en vonnis word bekragtig.

_______

C.C. WILLIAMS

REGTER

Ek stem saam.

J.G. Van Niekerk

Waarnemende Regter

Nms. Appellante: Adv. P.J. Cloete

Regshulpraad

Nms. Respondent: Adv. T. Barnard

Kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolgings, Noord-Kaap

.

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Mathe 1998 (2) SACR 225 (OPA)

Case cited

Drugs and Drug Trafficking Act 140 of 1992

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.