Download PDF

South Africa Judgment

Western Cape High Court, Cape Town

Hendricks v S (A711/2007) [2008] ZAWCHC 222 (21 July 2008)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The appellate court found that the trial court failed to properly apply the constitutional requirements for sentencing youth offenders, specifically the mandatory considerations under section 28 of the Constitution. The absence of a focused and balanced assessment of all relevant factors, as required by recent case law, constituted a misdirection. The court held that uniformity in sentencing among co-accused was necessary, given the similar roles and circumstances of the accused. Accordingly, the sentences for rape and murder were reduced to align with those imposed on the co-accused, while the sentence for indecent assault was confirmed. The sentences were ordered to run concurrently, and the effective term of imprisonment was reduced to reflect the appellant's youth and the constitutional imperative for minimal restriction.

Court disposition

Appeal against the sentences for murder and rape succeeds; sentences substituted. Appeal against the sentence for indecent assault dismissed.

Orders

  • The sentence of 30 years' imprisonment for murder is set aside and replaced with 25 years' imprisonment.
  • The sentence of 20 years' imprisonment for rape is set aside and replaced with 10 years' imprisonment.
  • The sentence of 10 years' imprisonment for indecent assault is confirmed.
  • The sentences for rape and indecent assault are to run concurrently with the sentence for murder.
  • All sentences are deemed to have been imposed on 25 August 1999, the original sentencing date.

02

Material facts

Parties

Jerome Hendricks

Appellant Counsel: Mohamed

The State

Respondent

Amounts and remedies

  • Murder Sentence (years): 25
  • Rape Sentence (years): 10
  • Indecent Assault Sentence (years): 10

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Sentence Only

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
Counsel for the appellant argued that the trial court failed to properly consider the appellant's youth, personal circumstances, and the constitutional requirements under section 28, which mandate that imprisonment for juveniles should be imposed only as a last resort and for the shortest appropriate period. It was submitted that the sentences were disproportionate and failed to reflect the appellant's lesser culpability compared to his co-accused, and that the interests of uniformity and justice required a reduction.
Respondent
The State contended that the seriousness and brutality of the offences, particularly the murder committed to eliminate a witness, justified the sentences imposed. It was argued that the trial court exercised its discretion properly, and that the appellant's youth and other mitigating factors were adequately considered. The respondent maintained that the sentences were appropriate given the gravity of the crimes and the interests of the community.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Section 28, Constitution of the Republic of South Africa, 1996

    Section 28 of the Constitution requires that the best interests of the child are paramount in sentencing, and imprisonment should be imposed only if unavoidable and for the shortest period.

  2. 02

    S v Nkosi 2002 (1) SACR 135 (W); Brand v S 2005 (2) All SA 1 (SCA); Director of Public Prosecutions, KwaZulu-Natal v P 2006 (3) SA 515 (SCA)

    Courts must demonstrate a change in traditional mindset when sentencing youth offenders, giving focused and informed attention to their interests at all stages.

  3. 03

    Ivor Desmond Oliver v S (A384/2007) (Western Cape High Court, 22 January 2008)

    A failure to apply the constitutional approach to youth sentencing constitutes a misdirection, justifying appellate interference.

  4. 04

    S S Terblanche, A Guide to Sentencing in South Africa (1st Edition), pp. 138-139

    Uniformity in sentencing among co-accused for similar offences is required unless material differences exist.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The appellate court found that the trial court failed to properly apply the constitutional requirements for sentencing youth offenders, specifically the mandatory considerations under section 28 of the Constitution. The absence of a focused and balanced assessment of all relevant factors, as required by recent case law, constituted a misdirection. The court held that uniformity in sentencing among co-accused was necessary, given the similar roles and circumstances of the accused. Accordingly, the sentences for rape and murder were reduced to align with those imposed on the co-accused, while the sentence for indecent assault was confirmed. The sentences were ordered to run concurrently, and the effective term of imprisonment was reduced to reflect the appellant's youth and the constitutional imperative for minimal restriction.

Obiter and limits

  • The court noted that the brutality and premeditation of the murder justified a substantial sentence, but the appellant's youth and partial admission of guilt were significant mitigating factors.
  • The quality of counsel's submissions was commended, but even the most persuasive arguments could not justify a sentence of less than 25 years for the murder in these circumstances.
  • The interests of the community and the seriousness of the offences may, in exceptional cases, outweigh the personal circumstances of the offender.

Court disposition

Appeal against the sentences for murder and rape succeeds; sentences substituted. Appeal against the sentence for indecent assault dismissed.

  • The sentence of 30 years' imprisonment for murder is set aside and replaced with 25 years' imprisonment.
  • The sentence of 20 years' imprisonment for rape is set aside and replaced with 10 years' imprisonment.
  • The sentence of 10 years' imprisonment for indecent assault is confirmed.
  • The sentences for rape and indecent assault are to run concurrently with the sentence for murder.
  • All sentences are deemed to have been imposed on 25 August 1999, the original sentencing date.

Source and reliance status

Western Cape High Court, Cape Town

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Western Cape High Court, Cape Town

Judgment

[2008] ZAWCHC 222

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)

SAAKNOMMER: A711/2007

DATUM: 21 JULIE 2008

In die saak tussen:

JEROME HENDRICKS Appellanten

DIE STAAT Respondent

UITSPRAAK

VAN REENEN. R:

Geriefshalwe sal ek na die appellant as die beskuidigde verwys.

Die beskuidigde het as beskuidigde 1 tereggestaan saam met twee ander, naamlik Granville Wesse]s (as beskuidigde 2) en Anwar Malik (as beskuidigde 3) voor ons ampsbroer LOUW, R wat hom op 25 Mei 1999 skuldig bevind het aan moord (eerste klagte); verkragting (die tweede klagte); en onsedelike aanranding (die derde klagte). Beskuldigde is op die eerste klagte tot 30 jaar gevangenisstraf

gevonnts; op die tweede klagte tot 20 jaar gevangenisstraf en op die derde klagte 10 jaar gevangenisstraf. Die Hof net gelas dat die vonnisse wat op klagtes 2 en 3 opgele is, saam uitgedien word met die vonnis wat op die eerste klagte opgele is. Die effek was dat die beskuEdigde 30 jaar gevangenisstraf moet uitdien. Wessels en Malik het appel aangeteken teen die beskuldigbevindfngs sowel as die vonnisse wat hulle deur my ampsbroer opgele was.

In die geval van Wessels, hy was skuldig bevind aan die eerste klagte en die tweede klagte maar onskuldig aan die derde klagte. In sy geval is die 15 jaar gevangenisstraf wat hom ten opsigte van die eerste klagte opgele is, op appel verminder tot sewe jaar; die 20 jaar wat hom opgele is ten opsigte van die tweede klagte is verminder tot 15 jaar gevangenisstraf; en die Hof het gelas dat twee jaar van die sewe jaar gevangenisstraf wat op die moordklagte opgele is, saamloop met die 15 jaar gevangenisstraf wat op die tweede klagte opgele is. Die effek was dat die gevangenisstraf wat hy moet uitdien verminder na 20 jaar.

In die geval van Malik, het sy appel teen die skuldigbevinding op klagte 1 geslaag en is die vonnis wat hom ten opsigte daarvan opgele is tersyde gestel. Die vonnis wat horn opgele is ten opsigte van die tweede klagte, is verminder van 20 jaar tot 10 jaar. Wat sy skuldigbevinding op die derde klagte van onsedelike aanranding betref is die opgelegde gevangenisstraf van 10 jaar op appel bekragtig. Die Hof het egter gelas dat vyf jaar van die 10 jaar gevangenisstraf wat op die derde klagte opgele isT saam uitgedien moes word met die 10 jaar wat op die tweede kfagte opgele is. Derhalwe is hy verplig om 15 jaar gevangenisstraf uit te dien.

Die beskuidigde het op ft later stadium aansoek gedoen vir verlof om te appelleer. Verlof is toegestaan deur LOUW, R wat laat blyk het dat daar 'n redelike vooruitsig bestaan het dat 'n Hof op appet met die opgelegde vonnisse sou inmeng.

Die appel voor ons is bloot teen die vonnisse wat die beskuidigde opgele is gerig. Dit is geykte reg dat 'n Hof nie willekeurig met die vonnis wat deur ]n verhoorhof opgele is, op appel inmeng nie. Dit kan geskied slegs indien daar bevind word dat die opgelegde vonnis skokkend onvanpas is en/of daar mistasting plaasgevind het.

In die onderhawige saak blyk dit dat die beskuidigde, toe die misdrywe gepleeg is, 16 jaar oud was en dat hy op die stadium toe hy gevonnis is, naamlik in Augustus 1999, 18 jaar oud was. Die gevolg is dat hy geag word ft jeugdige te gewees het en dat die Hof vonnis deur daardie prisma moes benader het.

Ingevolge artikel 28 van die Grondwet, is jeugdiges geregtig op die toepassing van sekere kriteria by strafoplegging en is 'n hof verplig om hulle beste belange wat alles oorheersend is in aanmerking te neem dat gevangenisstraf opgele word, slegs indien dit onvermydelik is en dan vir so 'n kort tyd as moontlik.

Die bepalings van die Grondwet het daartoe gelei dat howe h nuwe benadering volg wat betref die bestraffing van minderjariges. In die vorige era was dit die benadering om jeugdigheid bloot as rn strafverminderende faktor by strafoplegging te behandel. Daar is in n trilogie van onlangse sake, naamlik, die van S v NKOSI 2002M) SASV 135 (W) en BRAND v S 2005(2) All SA 1 (HHA) en DIRECTOR OF PUBLIC PROSECUTIONS KWAZULU NATAL v P 2006(3) SA 515 (HHA) te para.15 wat 'n nuwe benadering neergele het wat betref die bestraffing van jeugdiges. Dit kom daarop neer dat van howe vereis word om, wat betref die bestraffing van jeugdiges "a degree of change in traditional mind-set" te openbaar wat daarop gemik is om gefokuste en ingeligte aandag te skenk aan die belange van jeugdiges gedurende die verskillende stadiums van vonnisoplegging en al die verskillende faktore wat daarby betrokke is sorgvuldig te oorweeg.

In weerwil van die veranderde benadering, moet die Hof steeds gelei word deur die beginseis van proporsionaliteit; die beste befange vir die kind; en die minsbeperkende inbreuk op vryheid en, indien wei, slegs as ti laaste uitweg en vir die kortste moontlike tydperk. Dit is dan ook die benadering wat gevind word in S v M (Centre for Child as anicus) 2007(2) SASV 539, n uitspraak van die Grondwetlike Hof te 33i.

Alhoewel ons kollega baie versigtig te werk gegaan het by die beoordeling van wat 'n gepaste straf behoort te wees in die onderhawige omstandighede, wil dit by 'n noukeurige lees van sy uitspraak op vonnis tog voorkom dat daar geen verwysing is na die dwingende bepalings van artikel 28 van die Grondwet nie: nog is daar enige teken daarin te vind van die ingeligte en gebalanseerde opweging van alle betrokke faktore wat deur die reedsgenoemde trilogie van sake na vore gebring is. Dit is ook nie aanduidend van Yi toepassing van die veranderde sogenaamde "traditional mind-set' wat vereis word nie.

'n Gebrek om dit te doen, is alreeds 'n volbank uitspraak van hierdie hof op 22 Januarie 2008 in IVOR DESMOND OLIVER v S., saaknommer A384/2007, bevind 'n mistasting te konstitueer en dit is dan ook die gevolgtrekking waartoe ons in hierdie saak gekom het.

Die gevolg is dan dat dit hierdie Hof vrystaan om van meet af aan te beslis wat in die omstandighede van hierdie saak h gepaste vonnis behoort te wees. Dit geskied natuurlik met inagneming van die gebruiklike trilogie van die beskuldigde se persoonlike omstandighede; die belange van die gemeenskap en die aard en erns van die misdrywe waaraan hy skuldig bevind is.

in die onderhawige saak word die inagneming van daardie faktore tot n sekere mate begrens deur dit wat in die vorige volbank appel van beskuldigdes 2 en 3 gebeur het en behoort die benadering te wees dat, wat strafoplegging betref, daar b mate van uniformiteit tussen mede-beskuldigdes behoort te wees en is dit akstomattes dat, as 'n algemene reel, geregtigheid vereis dat soortgelyke vonnisse opgele behoort te word ten opsigte van beskuldigdes in misdrywe van min of meer dieselfde aard. (Sien S S TERBLANCHE, A GUIDE TO SENTENCING IN SOUTH AFRICA. (1ste Uitgawe), op 138-139.)

In die onderhawige saak is wat betref die klagtes van verkragting ten opsigte waarvan beskuldigde 2 20 jaar gevangenisstraf

opgele is, dit tot 15jaarverminder is op appel en in die geval van beskuidigde 3 is die 20 jaar gevangenisstraf wat hy opgele is (as 'n medepligtige, net soos wat beskuidigde 1) verlig tot 10 jaar. Dit blyk dat die belange van uniformitett vereis dat die 20 jaar gevangenisstraf wat die beskuidigde opgele is ten opsigte van verkragting dan ook verminder behoort te word tot 10 jaar, soos in die geval van beskuidigde 3.

Daar is nie enige beduidende verskille in die deelnames van die drie beskuldigdes ten opsigte van die verkragtingsklagte nie en hulle persoonlike omstandighede wissel ook nie dermate dat daar op daardie basies Yi verskil getref kan word nie.

Wat die klagte van onsedelike aanranding betref, het die Hof op appel die vonnis van beskuidigde 3 onaangetas gelaat en is die 10 jaar gevangenisstraf wat hy opgele is, op appel bekragtig, maar het die Hof gelas dat vyf jaar daarvan saamloop met die 10 jaar

gevangenisstraf wat ten opsigte van die verkragting op appel opgele is. Dit wil dus blyk dat omdat daar weereens nie wesenlike verskille is tussen beskuldigdes en Malik se deelname aan die onsedelike aanranding nie, die vonnis van 10 jaar wat die beskuidigde opgele is deur die verhoorhof deur ons bekragtig behoort te word. Met ander woorde dat die appel faal wat betref die vonnis wat ten opsigte van die derde klagte opgele is.

Wat betref die gevangenisstraf van 30 jaar wat opgele is op die moordklagte is dit baie duidelik dat die beskuldigde die beJhamel was in die pfeging van die moord op die oorledene. Dit is so dat hy 'n eerste oortreder is. Dit is so dat hy 'n jeugdige was. Dit is so dat hy tot 'n mate beskonke was, waarskynlik vanwee inname van bier en moontlik ook die gebruik van dagga en dat dit waarskynlik 'n invloed op sy oordeelsvermoe gehad het. Wat ook blyk is dat die misdryf gepleeg is met 'n vooropgesette doei naamlfk, om die klaagster, wat die verkragtingsaak aanbetref, as h getuie te elimineer ten einde te verhoed dat sy die beskuldigdes inkrimineer. Dit is insiggewend dat die beskuldigde voldoende teenwoordigheid van gees gehad het om dieseffde aand nog te poog om tekens van sy deelname uit te wis deur te gepoog het om sy klere te was.

Aan die ander kant weer, moet dit ten gunste van hom aanvaar word dat hy by die borgaansoek en ook in die verhoorhof tot 'n groot mate sy aandadigheid aan hierdie gruwelike misdaad erken het. Hy het ook aan een van sy vriende, ene Calvin Kapp, die dag na die moord gedemonstreer presies wat hy gedoen het en die Hof het bevind dat dit aanduidend is van die gruwelheid van die misdaad wat gepleeg was. Daardie beskouing kan nie mee fout gevind word nie.

Ons het terdee kennis geneem van alles wat mnr Mohamed ten gunste van die beskuidigde gese het en ek dink nie meer kon gese gewees het nie. Mag ek net byvoeg dat dit bemoedigend is om

betoogpunte van die kwaliteit wat hy voorberei het tee te kom, maar selfs sy beste pogings en retoriek was nie voldoende om ons te oorreed dat Yi vonnis van minder as 25 jaar in hierdie gevat toepaslik sou wees nie. Dit is so dat elke saak op sy eie feite

beoordeel moet word en dat elke beskuidigde se per soon tike omstandighede opgeweeg moet word, maar daar kom 'n tyd wanneer die

boosheid van die misdryf wat gepleeg is, asook die gruwelikheid daarvan h mens noop om die persoonlike omstandighede van 'n beskuidigde op die agtergrond te skuif - nie geheel en af nie maar wel - en waar die belange van die gemeenskap na vore tree. Hierdie is so 'n geval.

Gevolglik is die resuftaat soos volg: Die vonnis ten opsigte van die appel teen die vonnfs van 10 jaar gevangenisstraf wat opgele is op klagte 3 word van die hand gewys. Die appel ten opsigte van die vonnisse wat op kiagtes 1 en 2 opgele is, slaag en word deurgehaal en vervang met dre volgende:

Ten opsigte van klagte 1 VYF-EN-TWINTIG (25) JAAR GEVANGENISSTRAF:

Ten opsigte van klagte 2 TIEN (10) JAAR GEVANGENISSTRAF: maar dit word gelas dat die gevangenisstraf van tien jaar wat op hierdie klagte opgeie word asook die gevangenisstraf wat op die derde klagte opgele en deur hierdie Hof bekragtig is, saam uitgedien word met die 25 jaar wat deur hierdie Hof opgele is ten opsigte van die eerste klagte.

Dit word gelas dat die vonnisse wat vandag deur hierdie Hof opgele is, geag word opgele te gewees het op 25 Augustus 1999, dit synde die datum waarop die beskuldigde aanvankiik gevonnis is.

VAN REENEN, R

MOTALA, R: Ek stem saam.

MOTALA, R

NDITA, R: Ek stem saam.

NDITA, R

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Nkosi 2002 (1) SACR 135 (W)

Case cited

Brand v S 2005 (2) All SA 1 (SCA)

Case cited

Director of Public Prosecutions, KwaZulu-Natal v P 2006 (3) SA 515 (SCA)

Case cited

S v M (Centre for Child as amicus) 2007 (2) SACR 539 (CC)

Case cited

Ivor Desmond Oliver v S (A384/2007) (Western Cape High Court, 22 January 2008)

Case cited

Constitution of the Republic of South Africa, 1996, section 28

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.