Download PDF

South Africa Judgment

North Gauteng High Court, Pretoria

Herman Stols Rekenmeesters BK v Rademeyer (A266/14) [2016] ZAGPPHC 464 (15 March 2016)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the appellant had presented at least prima facie evidence regarding the reasonableness and fairness of the fees charged for professional services. The respondent had only placed the reasonableness of the fees in dispute, not the scope of work performed. The Magistrate's Court erred by expanding the issues beyond what was pleaded and by requiring proof of the nature of a forensic audit, which was not a pleaded issue. The appellant's evidence was sufficient to resist absolution from the instance, and the appeal was upheld.

Court disposition

Appeal upheld; absolution from the instance set aside.

Orders

  • The appeal succeeds with costs.
  • The decision of the court a quo is set aside and replaced with: 'The application for absolution from the instance is dismissed with costs.'

02

Material facts

Parties

Herman Stols Rekenmeesters BK

Appellant Counsel: A Geach

F S Rademeyer

Respondent Counsel: W Gibbs

Amounts and remedies

  • Claimed Professional Fees: ZAR 97,085.82

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Appeal / Appeal Against Absolution From the Instance Granted by the Magistrate's Court at the Close of the Appellant's Case.

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that professional services were rendered to the respondent personally under an agreement, and that the fees charged were reasonable and fair, supported by invoices and expert testimony. The appellant maintained that the respondent requested a forensic audit due to suspected irregularities in the business, and that the respondent was personally liable for payment.
Respondent
The respondent contended that the professional services were rendered to Valard Bearings CC and Valard Bearings 1 CC, not to him personally, and that the fees charged were excessive and not reasonable or fair. The respondent disputed only the reasonableness of the fees, not the scope of work performed.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Claude Neon Lights (SA) (Pty) Ltd v Daniel 1976 (4) SA 403 (A) at 409 G-H

    Absolution from the instance should only be granted if there is no evidence upon which a reasonable court could find for the plaintiff.

  2. 02

    De Klerk v Absa Bank Ltd 2003 (4) SA 315 (SCA) at 321A

    The threshold for proof at the close of the plaintiff's case is low; the question is whether the plaintiff has crossed that threshold.

  3. 03

    FPS Ltd v Trident Construction (Pty) Ltd 1989 (3) SA 541 (A)

    Pleadings must clarify the issues between the parties, and a defendant must give a fair and clear answer to every point of substance raised by the plaintiff.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the appellant had presented at least prima facie evidence regarding the reasonableness and fairness of the fees charged for professional services. The respondent had only placed the reasonableness of the fees in dispute, not the scope of work performed. The Magistrate's Court erred by expanding the issues beyond what was pleaded and by requiring proof of the nature of a forensic audit, which was not a pleaded issue. The appellant's evidence was sufficient to resist absolution from the instance, and the appeal was upheld.

Obiter and limits

  • The expansion of issues beyond those pleaded can unfairly prejudice a party and is not permissible unless properly raised in pleadings.
  • Expert evidence on the nature of a forensic audit may be relevant at trial, but is not required at the absolution stage if not pleaded as an issue.

Court disposition

Appeal upheld; absolution from the instance set aside.

  • The appeal succeeds with costs.
  • The decision of the court a quo is set aside and replaced with: 'The application for absolution from the instance is dismissed with costs.'

Source and reliance status

North Gauteng High Court, Pretoria

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

North Gauteng High Court, Pretoria

Judgment

[2016] ZAGPPHC 464

IN DIE

HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

GAUTENG AFDELING, PRETORIA

Saak no:A266/14

Datum: 15/3/2016

In die saak: tussen:

HERMAN STOLS

REKENMEESTERS

BK APPELLANT

EN

F S

RADEMEYER RESPONDENT

UITSPRAAK

NKOSI (Waarnemende Regter)

[1] Op 13 Januarie 2014 het die Landdroshof te Pretoria by die sluiting van die Appellant se saak, absolusie van die instansie met koste ten gunste van die respondent verleen. Die appellant kom nou in hoer beroep teen voormelde beslissing.

PLEITSTUKKE

[2] Appellant dagvaar die respondent om betaling van die bedrag van R97 085 82 ten aansien van professionele dienste by ooreenkoms gelewer en die uitgawes wat daarmee verband hou. Die samestelling van hierdie eisbedrag blyk uit die fakture en rekeningstaat aangeheg tot die Besonderhede van Vordering.

[3] In terme van die die ooreenkoms sou die appellant sy normale professionele fooie en uitgawes alternatiewelik die redelike en billike professionele fooie en uitgawes vir sodanige dienste hef.

[4] In sy verweerskrif pleit die respondent:

i. eerstens dat die appellant die professionele dienste gelewer het aan VALARD BEARINGS CC en VALARD BEARINGS 1 CC en nie aan die Respondent in sy persoonlike hoedanigheid nie; en

ii. tweedens, dat die bedrae gehef "buitensporig is en nie redelike en billike fooie is nie ".

VERHOOR

[5] By die aanvang van die verhoor was dit nie in geskil dat:

1. die werk gedoen is, en

ii. die rekening gelewer is; nie.

[6] Dit was gemeensaak dat die geskilpunte vir beslegting deur die agbare Landdros die volgende was:

i. of die werk vir die respondent persoonlik gedoen is of nie; en

die redelikheid en billikheid van die fooie wat gehef is. [7] Die appellant het die volgende getuies geroep:

i. FREDERICK ALEXANDER SCOTT-TURNER wat getuig het dat hy en die respondent saam lede was in die twee beslote korporasies ter sprake,

dat VALARD BEARINGS I bloot eiendom besit het en dat VALARD BEARINGS BK nie die ooreenkoms met die appellant aangegaan het nie.

ii. GERHARDUS PETRUS STOLS wat getuig het dat die ooreenkoms met die respondent persoonlik aangegaan is en dat die respondent 'n oudit wou gehad het omdat hy sekere ongerymdhede met betrekking tot die besigheid VALARD BEARINGS vermoed het.

iii. GERHARDUS STEPHANUS SCHEEPERS, 'n prokureur, wat namens die respondent n brief insake die tersaaklike beslote korporasies geskryf

het.

iv. JAN HERMAN MATTHYS STOLS wat getuig het dat dit die Respondent was wat die tersaaklike opdrag aan die appellant gegee het om die werk vir horn te doen.

v. Ofskoon die appellant aanvanklik aangevoer het dat dit bloot die normale fooie gehef het is daar getuienis deur die deskundige B M NEL oor die redelikheid van die fooie tog mettertyd aangebied.

vi. STEPFANUS JOHANNES VAN DEN BERG, die prokureur van die beslote korporasies wat ontken het dat VALARD die aanstelling gedoen het en wat getuig het dat hy die respondent meegedeel het dat VALARD nie hierdie rekening sal betaal nie.

vii. Verskeie werknemers van die appellant by name VAN DER MERWE, BEESLAAR, J G JACOBS, PEPLER en R JACOBS wat almal getuig het oor die aard en omvang van die werk wat deur hulle namens die appellant gedoen is.

ABSOLUSIE

VAN DIE INSTANSIE

[8] Soos reeds voormeld uiteengesit, het die respondent na sluiting van die appellant se saak aansoek gedoen om absolusie van die instansie, welke aansoek toegestaan is.

[9] Absolusie van die instansie by die afsluiting van die eiser se saak word nie verleen in gevalle waar die getuienis wat deur die eiser (in die ondergawige geval die appellant) aangebied is, sodanig is dat n redelike hof moontlik ten gunste van die eiser kan (in teenstelling met sal) bevind nie.

[10] Die toets is as volg in Claude Neon Lights (SA) (Pty) Ltd v Daniel 1976(4) SA 403 (A) op 409 G -H opgesom:

"... ....the test to be applied is not whether the evidence led by the plaintiff establishes what would finally be required to be established, but whether there is evidence upon which a Court, applying its mind reasonably to such evidence, could or might (not should, nor ought to)find for plaintiff"

[11] In De Klerk v Absa Bank Ltd 2003 (4) SA 315 (HHA) het die Hoogste Hof van Appel die vraag as volg geformuleer te 32lA:

"The question in this case is whether the plaintiff has crossed the low threshold of proof that the law sets when aplaintiff's case is closed but the defendant's is not".

[12] Die aansoek om absolkusie was gesleoi op die vraag of die fooie appellant gehef is redelik en billik is.wat deur die

[13] Dit is op hierdie tydstip belangrik om te let op die geskilpunte soos uitgekristaliseer deur die pleitstukke.

[14] Die respondent het bloot die redelikheid en bilikheid van die fooie wat gehef is in geskil geplaas en nie die omvang van die werk wat deur die appellant gedoen is nie.

[15] Indie saak van FPS Ltd v Trident Construction (Pty) Ltd 1989 (3) SA 541 AD het die hof, by monde van Eksteen AR, die volgende ten aansien van pleitstukke gese:

"One of the prime fanctions of pleadings is to clarifY the issues between the parties. A defendant must therefore give a fair and clear answer to every point of substance raised by the Plaintiff in his particulars of claim by frankly admitting or explicitly denying every material matter alleged by him".

[16] By die sluiting van die appellant se saak was daar ten minste prima facie getuienis ten aansien van die redelikheid an billikheid van die fooie deur die appellant gehef.

[17] Die agbare Landdros het egter bevind dat daar nie prima facie getuienis is oor wat 'n forensiese ondersoek behels nie. Ten einde voormelde vraag te kan beantwoord sou deskundige getuienis aangebied moes word oor presies wat 'n forensiese ondersoek behels.

[18] Die uitdrukking forensiese ondersoek kom nerens in die pleitstukke voor nie. Dit word ontleen aan die getuienis van GP STOLS wat in die loop van sy getuienis vermeld het dat die respondent gevra het dat 'n forensiese oudit ten aansien van die beslote korporasie uitgevoer moes word.

[19] Die aansoek om absolusie is derhalwe eerstens oor die boeg van wat 'n forensiese oudit behels gegooi en tweedens wat dan die redelike en billike fooie vir sodanige forensiese oudit sou wees.

[20] Dit is nie een van die geskilpunte wat by die aanvang van die verhoor uitgewys is of wat gepleit is nie. Gedurende kruisondervraging is dit ook nooit aan die getuies gestel, dat die werk wat verrig is, nie nodig was vir 'n forensiese oudit nie. Dit slaan weereens terug na die vraag of bloot die uurlikse tarief of fooi gehef deur die appellant en/of ook die omvang van die werk in geskil geplaas is.

[21] Die agbare Landdros het bevind dat die geskilpunte deur die getuienis uigebrei is tot so 'n mate dat die omvang van die werk ook bewys moes word. Die antwoord tot voormelde vraag mag moontlik 'n rol speel by die finale beregting van die saak, maar vir doeleindes van die aansoek om absolusie, het die appellant, myns insiens, voldoende getuienis ten aansien van die redelikheid en billikheid van die fooie wat gehef is aangebied om 'n absolusie aansoek af te weer.

[22] Gevolglik behoort die appel te slaag.

BEVEL

Ek stel die volgende bevel voor:

I. Die appel slaag met koste

2. Die hof a quo se beslissing word tersyde gestel en vervang met die volgende:

"Dieaansoek om absolusie word met koste van die hand gewys."

Geteken op hierdie 15 dag van March 2016

----------------------------------

V.R.S.N NKOSI

Waarnemende Regter van die Noord Gauteng Hooggeregshof

Ek stem saarn

-----------------------------------

N Janse Van Nieuwenhuizen

Regter van die Noord Gauteng Hooggeregshof

Appearances:

Raad vir die Appelant

: A Geach

Instructed by

Raad vir die Verweerder

: W Gibbs

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Claude Neon Lights (SA) (Pty) Ltd v Daniel 1976 (4) SA 403 (A)

Case cited

De Klerk v Absa Bank Ltd 2003 (4) SA 315 (SCA)

Case cited

FPS Ltd v Trident Construction (Pty) Ltd 1989 (3) SA 541 (A)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.