Heymans v Van Tonder (1) (406/83) [1985] ZASCA 43; [1985] 2 All SA 389 (A) (29 May 1985)
- Citation
- [1985] ZASCA 43
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- RABIE HR, JANSEN AR, JOUBERT AR, VILJOEN AR, HEFER AR
- Case number
- 406/83
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- RABIE HR, JANSEN AR, JOUBERT AR, VILJOEN AR, HEFER AR
- Case number
- 406/83
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal held that clause 3 of the joint will must be interpreted to mean that the appellant, upon the respondent's remarriage, acquired a vested right to claim half the value of the joint estate. If the appellant was a minor at the time of remarriage, payment would be postponed until he reached majority, with the respondent required to provide security to the satisfaction of the Master. The repeated mention of the appellant's birth date and the appointment of the surviving spouse as guardian indicated the testators' intention to protect their son's interests. The court rejected the respondent's interpretation that allowed indefinite postponement of payment at her discretion, finding it unreasonable and inconsistent with the testators' likely intent. Since the appellant was already of majority age at the time of the respondent's remarriage, both the right and the obligation to pay arose immediately. The appeal succeeded, and the order of the court a quo was amended accordingly.
Court disposition
Appeal upheld with costs. The order of the court a quo is amended to require the respondent to pay half the value of the estate assets as at the date of her remarriage to the appellant.
Orders
- The appeal succeeds with costs.
- The order of the court a quo is amended: the respondent is obliged to pay half the value of the assets as at the date of her remarriage on 26 May 1981 to the appellant.
02
Material facts
Parties
Paul Jacobus Heymans
AppellantBeatrice Aletta van Tonder (born van der Westhuizen, formerly Heymans)
RespondentAmounts and remedies
- Date of Respondent's Remarriage: ZAR 1,981.05
03
Procedural history
Posture
Civil Appeal / Appeal Against Judgment of the Court a Quo on the Third Issue
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
What assets constitute the joint estate to which the appellant is entitled under the joint will?
- 02
On which date should the value of the estate assets be determined: the date of the testator's death or the date of the surviving spouse's remarriage?
- 03
Is the respondent obliged to pay half the value of the estate assets to the appellant, or may she provide security instead, and must such security bear interest?
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that clause 3 of the joint will should be interpreted to mean that upon the respondent's remarriage, he acquired a vested right to claim half the value of the joint estate. If he was a minor at the time, payment should be postponed until he reached majority, with the respondent obliged to provide security in the interim. The appellant contended that the testators intended to protect their son's interests, as evidenced by the repeated mention of his birth date and the appointment of the surviving spouse as guardian.
- Respondent
- The respondent maintained that clause 3 of the joint will gave her the choice, upon remarriage, either to pay half the value of the joint estate to the appellant immediately or to provide security for eventual payment, with no obligation for the security to bear interest. She argued that the timing and manner of payment were at her discretion, and that the will did not require immediate payment or interest-bearing security.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Steyn, Law of Wills in South Africa, 2nd ed, p 54
In interpreting wills, a construction that is benign and in accordance with the natural affection of parents towards their children must, in cases of doubt, be preferred to one that is harsh and repugnant.
- 02
C.I.R. & Others v Sive's Estate 1955 (1) SA 249 (A) at 260C; Van der Merwe v Viljoen 1953 (1) SA 60 (A) at 65C-D
Words may be read into a will by necessary implication to render it susceptible to reasonable interpretation, especially where the literal wording would result in uncertainty or an unreasonable outcome.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal held that clause 3 of the joint will must be interpreted to mean that the appellant, upon the respondent's remarriage, acquired a vested right to claim half the value of the joint estate. If the appellant was a minor at the time of remarriage, payment would be postponed until he reached majority, with the respondent required to provide security to the satisfaction of the Master. The repeated mention of the appellant's birth date and the appointment of the surviving spouse as guardian indicated the testators' intention to protect their son's interests. The court rejected the respondent's interpretation that allowed indefinite postponement of payment at her discretion, finding it unreasonable and inconsistent with the testators' likely intent. Since the appellant was already of majority age at the time of the respondent's remarriage, both the right and the obligation to pay arose immediately. The appeal succeeded, and the order of the court a quo was amended accordingly.
Obiter and limits
- A will should be interpreted in a manner that reflects the natural affection of parents for their children, especially where ambiguity exists.
- The timing of payment under a fideicommissum should be determined by objective facts, such as the beneficiary's attainment of majority, rather than the discretion of the fiduciary.
Court disposition
Appeal upheld with costs. The order of the court a quo is amended to require the respondent to pay half the value of the estate assets as at the date of her remarriage to the appellant.
- The appeal succeeds with costs.
- The order of the court a quo is amended: the respondent is obliged to pay half the value of the assets as at the date of her remarriage on 26 May 1981 to the appellant.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
Saaknommer: 406/83
WHNPAUL JACOBUS HEYMANSAppellant
enBEATRICE ALETTA VAN TONDER(gebore VAN DER WESTHUIZEN,voorheen HEYMANS)
Respondente
JOUBERT, AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPELAFDELING
In die saak tussen
PAUL JACOBUS HEYMAN5 Appellant
en
BEATRICE ALETTA VAN TONDËR Respondente
(gebore VAN DER WESTHUIZEN,voorheen HEYMANS)
Coram:' RABIE, HR et JANSEN, JOUBERT, VILJOEN, HEFER ARR
Verhoor: 9 Mei 1985
Gelewer: 29 Mei 1985
UITSPRAAK
JOUBERT, AR
/Die........
2
Die appellant is die seun van die egpaar
Paul Jacobus Heymans (die testateur) en Beatrice Aletta
Heymans (die testatrise) wat buite gemeenskap van goedere
met mekaar getroud was en wat op 15 Desember 1958 'n
gesarnentlike testament verly het. Daarin het hulle hul
onderskeie boedels as een gesamentlike boedel saamgesmelt
vir doeleindes van beskikking daaroor (klousule 2). Hulle
het ook die langslewende benoem as die enigste erfgenaam
van die gesamentlike boedel by die dood van die eerssterwende
onderhewig aan twee voorwaardelike fideicommissa ten
aansien waarvan die appellant die fideikommissêre
begunstigde of erfgenaam is {klousule 3 en 4). Die
/testateur.........
3
testateur is as eerssterwende op 8 Junie 1975 oorlede en
die testatrise het as langslewende die voordele onder die
gesamentlike testament geadieer. Op 26 Mei 1981 het
die testatrise hertrou met ene Van Tonder. Die appellant
het op 1 Desember 1981 in die Oranje Vrystaatse Provinsiale
Afdeling 'n aksie teen die testatrise as verweerderes (tans
respondente) ingestel vir 'n bevel:
( 1 ) wat haar gelas om 'n inventaris van alle boedelbates
in haar besit op die datum van haar hertroue met
die waardes daarvan, soos op gemelde datum, aan hom
te verskaf;
(2) wat debattering van die waardes van die boedelbates
gelas;
/3. wat ..........4(3) wat haar gelas om helfte van sodanige waardes plus
rente aan hom te betaal; en
(4) wat haar gelas om die koste te betaal.
Op die pleitstukke was haar standpunt dat sy slegs 'n
inventaris ten aansien van sommige boedelbates soos op
datum van die afsterwe van die testateur teen die waardes
op gemelde datum toepaslik moet opstel en aan die appellant
as eiser lewer. Toe DE WET R die saak op 7 Desember
1982 verhoor het, het die partye ooreengekom om geen
getuienis voor te lê nie. Hulle het die hof a quo versoek
om die volgende drie geskilpunte te besleg:
1. Watter bates vorm die gesamentlike boedel waarop
die eiser (appellant) volgens die bepalings van die gesamentlike testament aanspraak het ? /2. Op ..........
52. Op watter datum moet die waarde van die boedelbates
bepaal word d.w.s. die datum van die oorlye van die
testateur of die datum van hertroue van die testatrise
as langslewende ?
3. Is die verweerderes (respondente) verplig om helfte
van die waarde van die boedelbates, soos supra bepaal,
uit te betaal of is sy geregtig om sekuriteit te stel
en indien laasgenoemde moet die sekuriteit vrugtedraend
wees of nie ?
Op 23 Desember 1982 is die uitspraak van die hof a quo
gelewer wat in 1983(2) SA 242(0) gerapporteer is. Die
eerste geskilpunt is ten gunste van die appellant beslis,
nl. dat die boedelbates alle voorwaardelike vorderingsregte
/insluit........6insluit. Die tweede geskilpunt is ook ten gunste van
die appellant beslis nl. dat die testateurs in klousule
3 van. die gesamentlike testament bedoel het dat dit die
waarde van die boedelbates ten tyde van die hertroue van
die langslewende is. Die derde geskilpunt is ten gunste
van die respondente beslis nl. dat klousule 3 van die
gesamentlike testament verleen aan die langslewende 'n keuse
om by hertroue óf helfte van die waarde van die gesamentlike
boedel aan die appellant uit te betaal òf om aan hom
sekuriteit daarvoor te gee tot bevrediging van die Meester.
Omdat 'n bepaling ontbreek dat die sekuriteit rentedraend
moet wees, was díe bedoeling van die testateurs dat
sekuriteit gestel word sonder om rentedraend te wees.
/Geen ...........7Geen kostebevel is verleen nie.
Tans kom die appellant in hoër beroep
na hierdie Hof teen die uitspraak van die hof a quo t.o.v
die derde geskilpunt.
Klousules 3, 4 en 5 van die gesamentlike
testament lui soos volg:
"3. Ons stel aan as enigste erfgenaam van onsgehele gesamentlike boedel en bate,roerend en onroerend en waar ookal geleêen of ons dit nou besit of wel in die toe=koms mag besit deur terugvalling, verwagtingof toeval, die langslewende van ons, onder=worpe egter aan die voorwaarde dat indiendie langslewende van ons hertrou, sal hy ofsy 'n bedrag gelykstaande aan een-helfte (½)van die waarde van ons gesamentlike boedelaan ons seun PAUL JACOBUS HEYMANS (geboreop 5 Oktober 1951} uitbetaal of versekureertot bevrediging van die Meester van die
Hooggeregshof.
/4. Indien ....
8
4. Indien ons gelyktydig te sterwe kom, of indien die langslewende van ons te sterwe kom sonder om 'n Testament na te laat, dan stel ons hiermee aan as die enigste en universele erfgenaam van ons gehele ge= samentlike boedel en bate of van wat daarvan mag oorbly by die dood van die langslewende van ons, ons seun, PAUL JACOBUS HEYMANS (gebore op 5 Oktober 1951).
5. Ons stel die langslewende van ons as Eksekuteur of Eksekutrise van ons Testament, Beredderaar of Beredderaarster van ons boedel, asmede Voog of Voogdes van ons genoemde minderjarige seun, PAUL JACOBUS HEYMANS en vergun aan mekaar wedersyds
alle sodanige mag soos deur die Wet toegelaatword en veral die mag van assumpsie."
(My onderstreping).
Klousules 3 en 4 bevat die gesamentlike
beskikking van die testateurs oor hul gesamentlike boedel.In klousule 3 stel die eerssterwende die langslewende aan
/as........
9as enigste erfgenaam van die gesamentlike boedel by diedood van die eerssterwende. In die alternatief stel dietestateurs gesamentlik hul seun (die appellant) aan as dieenigste erfgenaam van die gesamentlike boedel indien beidetestateurs gelyktydig te sterwe kom (klousule 4). Dietestateurs het dus wel rekening gehou met die moontlikheiddat hul seun die hele gesamentlike boedel as hul enigsteerfgenaam kan erf indien hulle' gelyktydig te sterwe kom.Wat erfstelling betref, is die posisie dan dat die langslewendedie enigste erfgenaam van die gesamentlike boedel is waareen van die testateurs as eerssterwende voor die langslewendesterf. Dog waar beide testateurs gelyktydig sterf, is hul
seun die enigste erfgenaam van die gesamentlike boedel.
/Die 10
Die erfstelling van die langslewende as
enigste erfgenaam van die gesamentlike boedel by die dood
van die eerssterwende (klousule 3) is egter onderhewig aan
twee voorwaardelike fideicommissa wat in klousules 3 en
4 beliggaam is.
Volgens klousule 4 is die erfstelling van
die langslewende as fiduciarius / fiduciaria onderhewig aan
'n voorwaardelike fideicommissum residui indien die langs=
lewende sonder 'n testament te sterwe kom in welke geval
hul seun die fideikommissêre erfgenaam is van wat oorbly van
die gesamentlike boedel by die dood van die langslewende
Volgens klousule 3 is die erfstelling van
/'n ..........
11
'n voorwaardelike fideicommissum indien die langslewende
hertrou in welke geval die langslewende helfte van die
waarde van die gesamentlike boedel aan hul seun as
fideikommissêre begunstigde moet "uitbetaal of versekureer
tot bevrediging van die Meester". Die vraag is wat beteken
die sinsnede "uitbetaal of versekureer tot bevrediging van
die Meester" in klousule 3- Na my mening werp klousule
4 op sigself geen lig op die betekenis van hierdie sinsnede
in klousule 3 nie. Die gemelde sinsnede veroorsaak on=
duidelikheid oor wanneer die uitbetaling moet geskied deur
"uitbetaling" en "versekureer" met mekaar te kontrasteer.
Die vraag is wanneer vind dies venit plaas volgens klousule 3
/Dit ........
12
Dit was namens die respondente aangevoer
dat die bedoeling van die testateurs duidelik uit die
bewoording van klousule 3 blyk, naamlik dat die langslewende
by hertroue 'n keuse het om helfte van die waarde van die
gesamentlike boedel óf dadelik aan hul seun uit te betaal
òf om sekerheid aan die Meester te stel vir die eventuele
uitbetaling daarvan aan hom, soos die hof a quo beslis het
So 'n vertolking verg dat daar aan die einde van klousule
3 woorde soos "solank die langslewende besluit om nie uit
te betaal nie" of woorde met 'n soortgelyke betekenis
ingelees moet word. Die effek van klousule 3 is dan
dat die appellant as fideikommissêre begunstigde op die
/oomblik .........
13
oomblik van die hertroue van die respondente as fiduciaria
'n gevestigde reg verkry het om aanspraak te maak op helfte
van die waarde van die gesamentlike boedel. Dies cedit
vind derhalwe plaas op die oomblik van die hertroue van die
respondente, d.w.s. op 26 Mei 1981, maar die uitbetaling aan
die appellant kan na keuse van die respondente òf by haar
hertroue geskied òf uitgestel word solank sy dit goedvind -
desnoods tot haar oorlye. Dies venit word dus deur die
respondente bepaal en dit kan plaasvind by haar hertroue
6f gedurende haar lewe òf selfs by haar oorlye waar sy
versuim het om dit uit te oefen terwyl sy nog in lewe was
Die vasstelling van die tydstip wanneer dies venit aanbreek,
hang nie van objektiewe feite af wat in die gesamentlike
/testament ............
14
testament deur die testateurs aangedui is nie maar van
die respondente se willekeurige wilsbesluit. Dit kan
enige oomblik wees vanaf haar hertroue tot haar oorlye.
Dit bring mee dat dies venit 'n volkome onsekere tydstip
is wat geheel en al van die willekeurige wilsbesluit van
die respondente na haar hertroue afhang. Die appellant
mag selfs voor die respondente te sterwe kom nadat sy
hertrou het en dan moet sy boedel wag totdat die respondente
besluit om die datum van uitbetaling te bepaal. Na my
mening maak 'n dergelike vertolking klousule 3 nie vatbaar
vir 'n redelike vertolking nie. Vergelyk die uitspraak
van hierdie Hof in C.I.R. & Others v Sive's Estate
1955(1) SA 249(A) op bl 260 C, gelees met die uitspraak
/in ......
15
in Van der Merwe v Viljoen 1953(1) SA 60 (A) op bl 65
C-D, oor die beginsels wat geld by die inlees van woorde
in 'n testament, ewe-as in 'n kontrak, by wyse van noodsaaklike
implikasie ten einde 'n testament vatbaar te maak vir 'n
redelike vertolking.
Klousule 3 is ook vatbaar vir 'n ander
vertolking wat verg dat aan die einde daarvan die woorde
"solank ons seun minderjarig is" ingelees moet word.
Die effek van klousule 3 is dan dat die appellant as
fideikominissêre begunstigde op die oomblik van die hertroue
van die respondente as fiduciaria 'n gevestigde reg verkry
om aanspraak te maak op helfte van die waarde van die
/gesamentlike ..........
16
gesamentlike boedel ongeag of die appellant op daardietydstip meerderjarig of minderjarig is. Dies ceditvind derhalwe plaas op die oomblik van hertroue van dierespondente, d.w.s. op 26 Mei 1981, ongeag die ouderdomvan die appellant. Wat die uitbetaling aan die appellantbetref, val dit saam met die hertroue van die respondenteindien hy op daardie tydstip meerderjarig is. Dies cediten dies venit val saam indien die appellant by hertrouevan die respondente meerderjarig is. Dog indien hyminderjarig by die hertroue van die respondente is danvind dies cedit wel plaas maar die uitbetaling vind eersplaas wanneer hy meerderjarigheid bereik (dies venit)terwyl die respondente verplig is om hangende sy meerder=
jarigwording sekerheid tot bevrediging van die Meester
/vir 17
vir die uitbetaling te stel. Volgens hierdie vertolking
van klousule 3, waarop die appellant hom beroep het, vind
dies venit plaas by die hertroue van respondente indien
die appellant dan meerderjarig is terwyl uitbetaling uitge=
stel word totdat hy meerderjarigheid bereik indien hy
by die hertroue van die respondente nog minderjarig is
Dies venit word deur objektiewe feite bepaal nl die
meerderjarigheid van of bereiking van meerderjarigheid deur
die appellant waarby die respondente hoegenaamd geen keuse
het nie. Sy is verplig om by haar hertroue die uitbetallng
aan die appellant te doen indien hy meerderjarig is of
wanneer hy meerderjarig word indien hy minderjarig is.
/Steun .........18Steun vir hierdie benadering kan in die gesamentlike
testament gevind word deurdat daar in klousule 3 sowel as
in klousule 4 'n indicium is deurdat die testateurs uit=
druklik vermeld dat die appellant op 5 Oktober 1951 gebore
is. Hierdie feit dat hulle tweekeer sy geboortedatum
vermeld, is 'n baie sterk aanduiding dat hulle by die opstel
van hul gesamentlike testament steeds die jeugdigheid van
die appellant in gedagte gehad het. Die appellant was
toe 7 jaar oud. In klousule 5 het hulle die langs=
lewende as voog/voogdes van hul minderjarige seun aangestel
Hierdie vertolking van klousule 3 met die inlees aan die
einde daarvan van die woorde "solank ons seun minderjarig is"
is nie alleen meer logies nie maar dit is ook billiker en
/waarskynliker ..........
19
waarskynliker as die ander vertolking van klousule 3 wat
aan die langslewende by hertroue 'n keuse gee om uit te
betaal of sekerheid te stel vir 'n onbepaalde termyn wat
deur die langslewende se willekeurige wilsbesluit bepaal
word ongeag die leeftyd van die testateurs se seun. Volgens
die vertolking van klousule 3 wat die appellant voorstaan,
is die appellant by hertroue van die respondente geregtig
op uitbetaling indien hy dan meerderjarig is, en indien hy
minderjarig is sodra hy meerderjarig word. Hy kan dan
die geld wat aan hom uitbetaal word, aanwend soos hy
goedvind sonder om in 'n toestand van onsekerheid oor die
uitbetaling gehou te word wanneer die respondente uiteindelik
/haar .............
20
haar keuse gaan uitoefen om die uitbetaling aan hom tedoen indien die vertolking van klousule 3 sou geskied
op die wyse wat die respondente voorstaan. Teregmaak Steyn, Law of Wills in South Africa, 2e druk,
bl 54 die volgende stelling:
"In dealing with the wills of parentsa construction which is benign and inaccordance with their natural affec=tion towards their children must, incases of doubt, be preferred to onethat is harsh and repugnant."
In die lig van die voorgaande is ek vanoordeel dat die vertolking wat die appellant van klousule 3
/voorstaan
21
voorstaan en wat verg dat aan die einde daarvan die
woorde "solank ons seun minderjarig is" ingelees word
die juiste vertolking van klousule 3 is. In die
onderhawige geval was die appellant reeds meerderjarig
toe die respondente op 26 Mei 1981 hertrou het. Dies
cedit en dies venit het op gemelde datum saamgeval.
Die resultaat is dan soos volg :
1. die appèl slaag met koste.
2. die uitpsraak van die hof a quo word in die
volgende mate gewysig :
/"Die ......
22
"Die derde geskilpunt word ten gunste van
die eiser uitgewys deurdat die verweerderes
verplig is om helfte van die waarde van die
bates soos op die datum van haar hertroue op
26 Mei 1981 aan die eiser te betaal.
C.P. JOUBERT, AR
RABIE HR }JANSEN AR )HEFER AR )
Stem saam.
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.