Holtzhausen v Holtzhausen (A133/07) [2008] ZAGPHC 387 (3 December 2008)
- Citation
- [2008] ZAGPHC 387
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- High Courts - Gauteng
- Panel
- WJ van der Merwe, FG Preller, LM Molopa
- Case number
- A133/07
More details
- Court
- High Courts - Gauteng
- Panel
- WJ van der Merwe, FG Preller, LM Molopa
- Case number
- A133/07
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court held that the respondent was entitled to maintenance and medical aid coverage as part of her maintenance, given her limited earning capacity, responsibility for three minor children, and lack of substantial assets. The appellant's financial position was found to be stronger, and the evidence supported the respondent's need for ongoing support. The quantum of maintenance, although based on outdated Rule 43 figures, was not found to be unreasonable or unjust, and the court emphasized that any adjustment should be sought in the maintenance court. The appointment of a liquidator to determine accrual was justified due to the complexity of the parties' financial affairs, and the cost order against the appellant was upheld as no grounds were advanced to disturb it. The appeal was dismissed as futile given the passage of time and the changed circumstances, with the maintenance court being the appropriate forum for future adjustments.
Court disposition
Appeal dismissed with costs.
Orders
- The appeal is dismissed with costs.
- The costs of the application for leave to appeal in both the High Court and Supreme Court of Appeal are included as costs of appeal.
- The maintenance and medical aid orders remain in force as previously determined.
- Any future adjustment to maintenance must be sought in the maintenance court.
02
Material facts
Parties
MC Holtzhausen
AppellantCL Holtzhausen
RespondentAmounts and remedies
- Monthly Maintenance for Respondent (rule 43 Order): ZAR 3,000
- Monthly Maintenance Per Child (rule 43 Order): ZAR 2,500
- Alleged Debt to Respondent's Mother: ZAR 100,000
- Monthly Repayment to Respondent's Mother: ZAR 4,000
03
Procedural history
Posture
Civil Appeal / Appeal From Divorce and Maintenance Order
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the respondent is entitled to maintenance from the appellant after divorce.
- 02
Whether the quantum of maintenance awarded to the respondent was appropriate.
- 03
Whether the respondent should remain a dependent on the appellant's medical aid until remarriage or death.
- 04
Whether the appointment of a liquidator to determine accrual was justified.
- 05
Whether the appellant should pay all costs of the action.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the respondent was not entitled to maintenance in her personal capacity, that the maintenance quantum was excessive, and that the respondent should not remain a dependent on his medical aid beyond one year. He further contended that the respondent should bear part of the costs of the action and challenged the appointment and cost of a liquidator to determine accrual.
- Respondent
- The respondent maintained her entitlement to maintenance and medical aid coverage, citing her limited earning capacity, responsibility for three minor children, and lack of substantial assets. She argued that the appellant's financial position was stronger and that the cost and appointment of a liquidator were necessary due to the complexity of the accrual calculation. She opposed any reduction in maintenance or alteration of the cost order.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Section 7(2), Divorce Act 70 of 1979
A court may order maintenance for a spouse after divorce, considering the parties' respective financial positions, earning capacities, needs, obligations, age, duration of marriage, standard of living, conduct relevant to the breakdown, and any other relevant factors.
- 02
Section 7(2), Divorce Act 70 of 1979
Medical aid coverage for a former spouse may be ordered as part of maintenance if justified by the circumstances and needs of the dependent spouse.
- 03
General principles of costs in South African civil procedure
Costs orders in matrimonial matters are discretionary and must be just and equitable under the circumstances.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court held that the respondent was entitled to maintenance and medical aid coverage as part of her maintenance, given her limited earning capacity, responsibility for three minor children, and lack of substantial assets. The appellant's financial position was found to be stronger, and the evidence supported the respondent's need for ongoing support. The quantum of maintenance, although based on outdated Rule 43 figures, was not found to be unreasonable or unjust, and the court emphasized that any adjustment should be sought in the maintenance court. The appointment of a liquidator to determine accrual was justified due to the complexity of the parties' financial affairs, and the cost order against the appellant was upheld as no grounds were advanced to disturb it. The appeal was dismissed as futile given the passage of time and the changed circumstances, with the maintenance court being the appropriate forum for future adjustments.
Obiter and limits
- The delay in finalizing the matter was unacceptable and prejudicial to both parties, highlighting the inefficiency of the process.
- Maintenance courts are better suited to determine the quantum of maintenance than the High Court, which should focus on the principle of entitlement.
- Rule 43 applications often provide insufficient and inaccurate information, making them unreliable for long-term maintenance determinations.
- The parties' financial circumstances likely changed significantly during the protracted litigation, rendering the appeal largely academic.
Court disposition
Appeal dismissed with costs.
- The appeal is dismissed with costs.
- The costs of the application for leave to appeal in both the High Court and Supreme Court of Appeal are included as costs of appeal.
- The maintenance and medical aid orders remain in force as previously determined.
- Any future adjustment to maintenance must be sought in the maintenance court.
Source and reliance status
High Courts - Gauteng
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
High Courts - Gauteng
Judgment
Delivered: 3 December 2008 Not reportable /bh
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)
SAAK NO: A133/07
IN DIE SAAK TUSSEN:
MC
HOLTZHAUSEN APPELLANT
EN
CL
HOLTZHAUSEN RESPONDENT
UITSPRAAK
VAN DER MERWE, R
Die pleitstukke sowel as die getuienis in hierdie aangeleentheid is in Afrikaans. Die uitspraak is in Engels. Ek het besluit om die uitspraak in Afrikaans, die partye se huistaal, te lewer.
In hierdie uitspraak sal na die partye verwys word soos in die hof a quo, dit wil sê na die respondente as die eiseres en na die appellant as die verweerder.
Die partye is op 30 Desember 1989 met mekaar buite gemeenskap van goedere getroud. Die huwelik was onderworpe aan die aanwasbedeling ingevolge die bepalings van hoofstuk 1 van die Wet op Huweliksgoedere, Wet 88 van 1984.
Daar is drie minderjarige kinders uit die huwelik tussen die partye gebore, naamlik M, gebore op [.....], W gebore op [....] en U, gebore op [.....].
Gedurende Januarie 2002 het die eiseres ’n egskeidingsdagvaarding teen die verweerder uitgereik waarin sy ’n egskeidingsbevel, toesig en beheer oor die drie minderjarige kinders, onderhoud vir die kinders en haarself, betaling van een helfte van die verskil in die aanwas van die partye se boedels en koste van die geding gevorder het.
Die verweerder het op die eiseres se besonderhede van vordering gepleit en ’n teeneis ingestel waarin hy onder andere getender het dat die eiseres beheer en toesig van die kinders kry en dat hy gelas word om onderhoud vir die kinders te betaal. Hy het ook onderneem om die kinders as afhanklikes op sy mediese fonds te registreer en verantwoordelikheid te aanvaar vir hulle redelike en noodsaaklike mediese uitgawes. Die verweerder het gevra dat die eiseres gelas word om die koste van die geding te betaal.
Dit is gemeensaak dat die verhoor op verskeie geleenthede uitgestel is voordat dit op 23 Februarie 2005 voor Webster R op verhoor gedien het. Dit is verder gemeensaak dat meerdere Reël; 43 aansoeke aangehoor is. Van belang vir hierdie appèl is die bevel wat gedurende Maart 2002 in terme van Reël 43 verleen is toe die verweerder gelas is om R3000 per
maand onderhoud aan die eiseres te betaal en R2500-00 per maand vir elkeen van die kinders. Die verweerder was verder gelas om die eiseres en die kinders as afhanklikes op sy mediese fonds te hou en alle redelike mediese koste wat nie deur die fonds betaal word nie, te betaal.
Alhoewel beheer en toesig van die kinders nog in geskil was met die aanvang van die verhoor en dit beskryf is as die belangrikste geskil vir beslegting, is dit geskik.
Die geskilpunte wat oorgebly het vir beslegting deur die verhoorhof was dus:
1. Die quantum van onderhoud vir die kinders;
2. Die vraag of die eiseres geregtig is op onderhoud en indien wel, die quantum daarvan;
3. Die vraag of die verweerder die eiseres tot haar hertroue of afsterwe as ’n afhanklike op sy mediese fonds moet behou al dan nie. (Die verweerder het aangebied om haar vir ’n periode van 1 jaar as afhanklike te behou);
4. Die verdeling van die aanwas; en
5. Koste van die geding.
Die eiseres en die verweerder het albei getuig. Die getuienis het etlike dae in beslag geneem. Op 23 Februarie 2005 het die verhoorregter ’n egskeidingsbevel toegestaan, toesig en beheer van die partye se drie minderjarige kinders aan die eiseres toegeken met wyd omskrewe toegangsregte aan die verweerder.
Die verhoorhof het die advokate gelas om geskrewe betoogshoofde te liasseer nie later as 13:00 op 28 Februarie 2005.
Op 7 September 2006, dit wil sê byna 19 maande later, het die verhoorregter ’n skriftelike uitspraak gelewer. Paragrawe 1 en 2 van die bevel is ’n herhaling van die bevel wat gedurende Maart 2002 in die Reël 43 aansoek toegestaan is. In terme van paragraaf 3 van die bevel is ’n likwidateur aangestel om die aanwas te bereken en die verweerder is gelas om die likwidateur se koste te betaal. In paragraaf 4 van die bevel is die verweerder gelas om die koste van die aksie te betaal.
Op 17 Oktober 2006 is die verweerder se aansoek om te appelleer deur die verhoorhof van die hand gewys met koste. Op 31 Januarie 2007 het die Hoogste Hof van Appèl verlof tot appèl na hierdie hof toegestaan. Ek sal later verwys na die kostebevele wat deur die Hoogste Hof van Appèl gemaak is.
Die appèl is voor ons geplaas om aangehoor te word op 19 November 2008. Die vertraging in die afhandeling van hierdie aangeleentheid is vir my ’n kommerwekkende en onaanvaarbare toedrag van sake in die lig van die volgende feite:
1. Die eiseres het die gemeenskaplike woning van die partye verlaat op 30 Desember 2001.
2. Op 15 Februarie 2005 neem die verhoor ’n aanvang voor Webster R.
3. Op 23 Februarie 2005 word die partye se huwelik ontbind en ’n bevel word gegee ten opsigte van die beheer en toesig van en toegang tot die partye se kinders.
4. Op 7 September 2006 word ’n bevel verleen wat die eiseres se reg tot onderhoud bevestig en die quantum van haar en die kinders se onderhoud bepaal.
Dit is dus duidelik dat:
1. Die bevel oor onderhoud en lidmaatskap van ’n mediese fonds (as deel van die onderhoud) ongeveer 19 maande na die aanhoor van die laaste getuienis daaroor verleen is; en
2. Die appèl ongeveer 3 jaar en 10 maande na die aanhoor van die laaste getuienis voor hierdie hof dien.
Die partye se onderskeie finansiële omstandighede sou in alle waarskynlikheid in vele opsigte in hierdie lang tydperke verander het.
Alhoewel hierdie hof geroepe is om te beslis oor wat die bevel is wat op 23 Februarie 2005 toegestaan moes gewees het, is ons totaal en al nie in ’n posisie om reg te laat geskied aan die partye se onderskeie finansiële behoeftes en vermoëns, hetsy soos op 7 September 2006 (die datum van die bevel) of op enige datum daarna nie.
Ek kry onwillekeurig die gevoel dat hierdie hof besig is met ’n oefening in futiliteit waar weinig of selfs niks bygedra kan word tot die heil van die partye of hulle kinders nie.
Ten einde te bepaal wat tans voor hierdie hof is vir beslegting moet gekyk word na die kennisgewing van appèl waar gesê word dat “the appeal lies only in respect of the maintenance towards the respondent in her personal capacity.” ’n Veeltal van gronde word dan uiteengesit om hierdie enkele hoofgrond van appèl te onderskraag.
Ten opsigte van koste word in die laaste grond van appèl bloot gesê:
“It is respectfully submitted that the honourable court erred in finding that the appellant should pay for the cost of the entire action in that such an order is not just and equitable under the circumstances.”
Daarvolgens blyk dit (so verstaan ek dit) dat die verweerder se standpunt is dat die eiseres ’n deel van die koste van die aksie moes betaal het. Geen betoog of gronde van appèl word daarvoor uiteengesit nie. Daar word ook nie in die kennisgewing van appèl ’n woord gerep oor die aanstelling van ’n likwidateur en dié se koste nie.
In die aansoek om verlof om te appelleer is gesê dat die verweerder ten opsigte van die volgende aspekte wil appelleer:
“1. The maintenance payable towards the plaintiff in her personal capacity;
2. The appointment of a liquidator to determine the accrual between the parties together (sic) the order that the applicant/defendant should pay the costs of the liquidator;
3. The cost order of the action.”
Die kennisgewing van appèl het, behoudens die verwysing na die aanstelling van die likwidateur en dié se koste, dieselfde gebly.
Alvorens ek met die meriete van die appèl handel is dit nodig is om die volgende opmerkings te maak.
’n Hooggeregshof is nie die beste forum om, behoudens die vraag na die beginsel van onderhoud, die quantum van onderhoud te ondersoek en daaroor uitsluitsel te gee nie. Die onderhoudshof is veel meer geskik daarvoor. Indien die verhoorhof in die onderhawige geval slegs sou besluit het oor die eiseres se aanspraak en reg op onderhoud en mediese bystand (as deel van onderhoud) en die quantum van onderhoud aan die onderhoudshof oorgelaat het, sou die saak veel vinniger, vroeër en goedkoper afgehandel gewees het. Dat dit die regte besluit sou wees blyk na my oordeel juis uit die feit dat op 7 September 2006 ’n bevel in ’n Reël 43 aansoek wat toe reeds 4 jaar en 6 maande oud was, ’n bevel van die verhoorhof gemaak is.
Ervaring het reeds geleer dat reël 43 aansoeke van die mees onbevredigende tipe aangeleenthede is waaroor beslis moet word. Nie alleen is die inligting wat voor ’n hof geplaas word meestal onvoldoende nie maar ook onakkuraat. Slegs twee stelle beëdigde verklarings word toegelaat. Die waarskynlikhede dat ’n reël 43 bevel ongewysig gelaat sou word na ’n deeglike ondersoek na die partye se finansiële vermoëns en behoeftes en na die verloop van 4 jaar en 6 maande, moet negeerbaar klein wees.
Soos reeds hierbo gestel is dit die taak van hierdie hof om te bepaal of die verhoorhof korrek was en wel soos op 23 Februarie 2005 met die afsluiting van die partye se getuienis. Selfs al sou ons wysigings aan enige van die bedrae aanbring sou dit moes wees soos op 23 Februarie 2005, jare gelede. Dit moet gevolglik duidelik wees dat weens die verloop van tyd die onderhoudshof nou weer na die omvang van bedrae behoort te kyk.
Die resultaat van die voorgaande is dus dat hierdie hof in wese slegs moet besluit oor die eiseres se reg van onderhoud en mediese bystand as deel van haar onderhoud. Sou ons bevind dat sy geen reg op onderhoud het nie, is daar geen ondersoek na die omvang van haar onderhoud nodig nie. Sou ons bevind dat sy ’n reg op onderhoud het, moet ons slegs bepaal of daar ingemeng moet
word met die bedrag wat toegeken is. Wat ons ookal daaroor mag sê sal dit in alle waarskynlik geen verband hou met die werklike huidige toedrag van sake nie. Juis daarom het ek vroeër gesê dat ons met ’n oefening in futiliteit besig is.
Artikel 7(2) van die Wet op Egskeiding, Wet 70 van 1979 lui soos volg:
“(2) By ontstentenis van ’n bevel gegee kragtens sub-artikel (1) met betrekking tot die betaling van onderhoud deur een party aan die ander kan die hof, met inagneming van die bestaande of verwagte vermoëns van elk van die partye, hulle onderskeie verdienvermoëns, finansiële behoeftes en verpligtinge, die ouderdom van elk van die partye, die duur van die huwelik, die lewenspeil van die partye voor die egskeiding, hulle gedrag vir sover dit op die verbrokkeling van die huwelik betrekking het, ’n bevel ingevolge sub-artikel (3) en enige ander faktor wat na die oordeel van die hof in aanmerking behoort te word, ’n bevel gee wat die hof billik ag met betrekking tot die betaling van onderhoud deur die een party aan die ander vir enige tydperk tot die dood of hertroue van die party ten gunste van wie die bevel gegee is, na gelang die een of die ander eerste plaasvind.”
Die beginsels wat volgens hierdie artikel toegepas moet word om te bepaal of die eiseres geregtig op onderhoud is herhaalde kere bespreek tydens die verhoor en in die advokate se hoofde van betoog. Die verhoorhof het dieselfde beginsels in aanmerking geneem. Die verhoorhof het bevind dat die eiseres wel geregtig is op onderhoud en mediese bystand. Ek sal later meer spesifiek handel met die quantum van onderhoud wat die verhoorhof toegeken het.
Ek is nie van voorneme om die getuienis in enige mate van detail te bespreek nie. Soverre as wat dit nodig mag wees sal ek na sekere feite verwys. Ek is verder ook nie van voorneme om die verhoorhof se uitspraak te herhaal of te poog om dit te verbeter nie. Dit is na my oordeel slegs nodig om die bepalings van artikel 7(2) van Wet 70 van 1997 te bespreek, te bepaal wat die verhoorhof se feitebevindinge oor die vereistes is en te let op die advokate se ondersteuning van of kritiek op die verhoorhof se bevindinge.
Wat betref die “bestaande of verwagte vermoëns van elk van die partye” het die verhoorhof in die algemeen met hierdie betrokke vereiste gehandel. Die verhoorhof se standpunt daaroor moet in die uitspraak as geheel gevind word. Dit wil egter voorkom asof die verhoorhof duidelik die standpunt ingeneem het dat alhoewel nie óf die eiseres óf die verweerder oor besondere waardevolle bates beskik nie, die verweerder desnieteenstaande in ’n beter posisie as die eiseres is. Dit is so dat die verweerder oor ’n swaar belaste onroerende eiendom beskik, oor ’n MG motorvoertuig wat hy op die stadium van verhoor gesukkel het om te verkoop asook ’n redelike nuwe bakkie. Duidelik beskik die verweerder ook oor meubels soos ook die eiseres. Die eiseres beskik oor ’n motorvoertuig wat in die naam van die verweerder geregistreer is en wat sy teen groot koste moet laat herstel en onderhou. Verdermeer beskik die eiseres nie oor enige noemenswaardige bates nie.
Wat die partye se onderskeie verdienvermoëns betref het die verhoorhof tot die gevolgtrekking gekom dat die eiseres se verdienvermoë beperk is. Daarmee kan geen fout gevind word nie. Sy is ’n onderwyseres van beroep wat met ekstra dramaklasse ’n addisionele inkomste verdien. Sy is verantwoordelik vir die versorging van haar drie seuns op ’n daaglikse basis wat insluit hulle voeding, vervoer na en van die skool, vervoer na en van buitemuurse aktiwiteite tesame met haar verpligtinge in haar en die
kinders se huishouding. Die feit dat die eiseres op ’n stadium naaldwerk gedoen het vir ’n ekstra inkomste beteken nie dat sy dit ook nou kan doen nie. Tyd ontbreek.
Daarteenoor blyk dit dat die verweerder oor die vermoë beskik om ’n inkomste te verdien wat nie onderhewig is aan dieselfde beperkinge as die van die eiseres nie. Nadat die verweerder by ABSA Bank bedank het was hy in staat om ’n besigheid op die been te bring wat hom van ’n redelike inkomste voorsien het. Die besigheid het selfs ’n wins getoon wat aangewend is vir kapitaal goedere in die besigheid.
Ek is tevrede dat die verhoorhof korrek was in sy siening dat die verweerder se verdienvermoë groter is as die van die eiseres.
Die partye se finansiële behoeftes en verpligtinge is van sodanige aard dat nie een van hulle by magte is om ’n maandelikse oorskot te toon om van te praat nie. Dit blyk volgens die verhoorhof se uitspraak, waarmee ek saamstem, dat die eiseres poog om haar en die kinders binne perke te onderhou en aan hulle behoeftes te voldoen. Die verweerder het duidelik groter finansiële verpligtinge weens die onroerende eiendom en motorvoertuie wat hy aangekoop het. Indien bloot na die maandelikse behoeftes en verpligtinge vir die dag tot dag bestaan van die partye en kinders gekyk word is dit duidelik dat dié van die verweerder veel kleiner is as dié van die eiseres en haar drie seuns.
Op die stadium van die verhoor was die eiseres 43 jaar oud en die verweerder 49 jaar. Daar is aangevoer dat die eiseres jonk is en die verweerder aan die ou kant is. Ek stem nie daarmee saam nie. Ek is van mening dat die verhoorhof korrek was deur te sê dat op 43 jarige ouderdom die eiseres nie meer ’n jong mens is nie en dat op 49 jarige ouderdom die verweerder seersekerlik in ’n posisie is om met sy ervaring en kennis ’n behoorlike inkomste te verdien.
Die partye was 12 jaar lank getroud. Sodanige tydperk behoort nie op sigself die skaal ten opsigte van onderhoud na die een of die ander kant te laat swaai nie.
Die verhoorhof het tot die gevolgtrekking gekom dat die lewenspeil van die partye voor die egskeiding nie ’n luukse lewenstyl was nie. Nogtans het die partye nie in armoede geleef nie. Die vermoëns van die partye was sodanig dat die bank substansiële bedrae geld geleen het aan die verweerder. Die eiseres het ook getuig dat die verweerder in die vermoë was om van tyd tot tyd motors aan te koop en weer te verkoop.
Dit blyk gemeensaak te wees dat die gedrag van die partye, vir sover dit op die verbrokkeling van die huwelik betrekking het, nie sodanig is dat een party alleen of meer as die ander verwyt kan word nie. Hierdie is meer ’n geval waar die partye stelselmatig uitmekaar gedryf het.
Daar is namens die verweerder aangevoer dat die verhoorhof by die oorweging van ander faktore wat ’n uitwerking kon hê op die onderhoud vir die eiseres, in aanmerking moes geneem het dat daar ’n verdeling van die aanwas in hulle onderskeie boedels sou wees en dat die eiseres gevolglik na sodanige verdeling finansieel in dieselfde posisie as die verweerder sou wees.
Die verhoorhof het besluit om ’n likwidateur aan te stel om die aanwas te bepaal juis omdat die likwidateur meer magte sou hê om bates te soek en te vind. Ek is van mening dat die likwidateur waarskynlik geen verdere bates sou vind nie en dat daar gevolglik op waarskynlikhede geen besondere verdeling sou plaasvind nie.
Die eiseres het getuig dat sy reeds ’n kornea oorplanting op een van haar oë gehad het en dat sy moontlik nog so ’n operasie op die ander oog sou moes ondergaan. Hierdie getuienis van die eiseres is aangeval op die basis dat daar geen behoorlike bewys voor die hof gelê is nie en dat sy nie geregtig is om as ’n afhanklike op die verweerder se mediese fonds geregistreer te wees nie. Daar is ook namens die verweerder aangevoer dat die eiseres van die mediese fonds misbruik maak.
Mediese bystand vir die eiseres is deel van haar onderhoud. Daar kan nie gesê word dat omdat ’n besondere mediese ingreep onwaarskynlik blyk te wees sy daarom nie geregtig is op mediese bystand nie. Mediese bystand behels ook die gewone alledaagse mediese uitgawes wat aangegaan moet word.
Met die voorgaande kort opsomming van sekere feite is ek tevrede dat die verhoorhof korrek was om te bevind dat die eiseres ’n
reg en aanspraak op onderhoud het.
Wat betref die quantum van die eiseres se onderhoud het ek reeds hierbo daarop gewys dat ’n veel akkurater beraming gedoen sou kon word deur die onderhoudshof. ’n Bevel van Maart 2002 sou ook geen verband hê met die werklikheid in September 2006 nie. Die bevel van September 2006 kan ook geen verband hê met November 2008 nie. Wanneer die vraag egter beantwoord moet word of die bevel wat die hof wel in September 2006 gemaak het een is wat die hof kon maak op die basis dat dit billik is en voldoen aan die beginsels uiteengesit in artikel 7(2) van Wet 70 van 1997, is ek van mening dat hierdie hof nie in ’n posisie is om die verhoorhof te fouteer nie. Dit is so dat die state wat deur die eiseres blootgelê is toon dat sy deurentyd binne haar vermoë geleef het. Dit beteken egter nie dat sy nie geregtig is op die onderhoud wat aan haar toegeken is nie. Die eiseres het gesê dat daar ’n veeltal ander uitgawes is wat sy nie in berekening gebring het in die onderhoudsvereiste van haarself en haar kinders nie en dat sy eenvoudig met beskikbare fondse moet uitkom. Die eiseres is ook gekritiseer dat sy geen behoorlike bewys voorgelê het dat sy R100 000-00 aan haar moeder skuld wat afbetaal word teen R4000-00 per maand nie. Daardie getuienis van die eiseres is nie weerlê nie en kan nie bloot geïgnoreer word nie.
Dit is duidelik uit die verweerder se blootgelegde dokumente dat hy ’n swaar finansiële las dra en dat daar van tyd tot tyd tekorte in sy finansiële vermoëns is. Dit doen egter nie afbreuk daaraan dat hy by magte is en ook van tyd tot tyd by magte was om ’n voldoende inkomste te genereer om die nodige uitgawes te dek nie.
Die reg van die eiseres op onderhoud kan nie betwis word nie. Dit is vir die partye om nou die onderhoudshof te nader vir ’n
verhoging of vermindering van die onderhoud. ’n Behoorlike ondersoek kan deur daardie hof gedoen word.
In soverre daar wel ’n appèl is teen die bevel dat die verweerder al die koste van die geding moet betaal is daar geen gronde of betoog aangevoer op grond waarvan met die verhoorhof se bevel ingemeng kan word nie.
Ek is van oordeel dat die appèl afgewys moet word.
Wat betref die koste van die appèl is daar geen rede waarom die verweerder nie die koste van appèl moet betaal nie.
Die Hoogste Hof van Appèl het gelas dat die koste van die aansoek om verlof om te appelleer sowel in hierdie afdeling as voor die Hoogste Hof van Appèl deel van die koste van appèl sal wees.
Die appèl word van die hand gewys met koste.
________
W J VAN DER MERWE
Ek stem saam.
FG PRELLER
_________
L M MOLOPA
WJ VAN DER MERWE
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.