Huang and Another v Provinsiale Kommissaris:Korrektiewe Dienste (Vrystaat) and Another (2194/2003) [2003] ZAFSHC 26 (23 October 2003)
- Citation
- [2003] ZAFSHC 26
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- C.H.G. Van der Merwe
- Case number
- 2194/2003
More details
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- C.H.G. Van der Merwe
- Case number
- 2194/2003
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court held that section 68 of the Correctional Services Act only authorizes a single special remission of sentence of up to two years for a prisoner who has rendered highly meritorious service. The statutory language, specifically the use of the indefinite article and the term 'special remission,' supports a one-time remission. The broader context and structure of the Act, including provisions for parole and presidential release, reinforce this interpretation. Allowing repeated remissions would undermine the statutory scheme for parole and release, and would be inconsistent with the legislative intent. Therefore, the applicants' request for multiple remissions cannot succeed, and the first respondent's decision stands.
Court disposition
Application dismissed with costs.
Orders
- The application is dismissed with costs.
02
Material facts
Parties
Jen-Chin Huang
Applicant Counsel: G.J.M. WrightChen Feng Li
Applicant Counsel: G.J.M. WrightProvinsiale Kommissaris: Korrektiewe Dienste (Vrystaat)
Respondent Counsel: A. WilliamsMinister van Korrektiewe Dienste
Respondent Counsel: A. Williams03
Procedural history
Posture
Review Application / Judgment
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether section 68 of the Correctional Services Act permits multiple special remissions of sentence for a prisoner based on repeated meritorious service.
- 02
Whether the first respondent's decision to grant only two years' special remission should be reviewed and set aside.
Party arguments
- Applicant
- Counsel for the applicants argued that section 68 of the Correctional Services Act allows for a special remission of up to two years per instance of meritorious service, and therefore the applicants should be granted six years' remission, or alternatively, the matter should be referred back for reconsideration. The applicants relied on written recommendations from correctional officials supporting greater remission based on their assistance to the South African Police Service in solving numerous crimes.
- Respondent
- Counsel for the respondents contended that section 68 only authorizes a single special remission of up to two years for a prisoner, regardless of the number of meritorious acts. The respondents argued that the statutory language and the structure of the Correctional Services Act do not permit repeated remissions and that the applicants had already received the maximum allowed.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
JAGA v Dönges, NO and Another; Bhana v Dönges, NO and Another 1950 (4) SA 653 (A) at 662D-664H
The meaning of statutory provisions must be determined from the words used, within their context, including the nature, scope, and purpose of the legislation.
- 02
Correctional Services Act No. 8 of 1959, section 68
The ordinary meaning of the words in section 68 of the Correctional Services Act indicates that only a single special remission of up to two years is contemplated.
- 03
Standard Bank Investment Corporation Ltd v Competition Commission and Others; Liberty Life Association of Africa Ltd v Competition Commission and Others [2000] ZASCA 20; 2000 (2) SA 797 (SCA) [16]-[22]
Interpretations that conflict with the structure and objectives of the statute must be rejected.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court held that section 68 of the Correctional Services Act only authorizes a single special remission of sentence of up to two years for a prisoner who has rendered highly meritorious service. The statutory language, specifically the use of the indefinite article and the term 'special remission,' supports a one-time remission. The broader context and structure of the Act, including provisions for parole and presidential release, reinforce this interpretation. Allowing repeated remissions would undermine the statutory scheme for parole and release, and would be inconsistent with the legislative intent. Therefore, the applicants' request for multiple remissions cannot succeed, and the first respondent's decision stands.
Obiter and limits
- Even if the first applicant previously received a remission of 15 months, it does not alter the statutory interpretation; any prior misapplication of section 68 does not justify repeated remissions.
- The structure of the Correctional Services Act ensures that release mechanisms such as parole and presidential pardon are not circumvented by repeated special remissions.
Court disposition
Application dismissed with costs.
- The application is dismissed with costs.
Source and reliance status
Free State High Court, Bloemfontein
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Free State High Court, Bloemfontein
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak No. 2194/2003
In die saak tussen:
JEN-CHIN HUANG Eerste Applikant
CHEN FENG LI Tweede Applikant
en
DIE PROVINSIALE KOMMISSARIS: EERSTE RESPONDENT
KORREKTIEWE DIENSTE (VRYSTAAT)
MINISTER VAN KORREKTIEWE DIENSTE Tweede Respondent
_________________
CORAM: VAN DER MERWE, R
AANGEHOOR OP: 16 OKTOBER 2003
GELEWER OP: 23 OKTOBER 2003
[1] Elkeen van die applikante, wat hul saak in Afrikaans gevoer het, is gedurende 1998 in hierdie Hof gevonnis tot 12 jaar effektiewe gevangenisstraf. Beide dien tans hierdie gevangenisstraf uit te die Departement van Korrektiewe Dienste se gevangenis te Grootvlei, Bloemfontein.
[2] Beide applikante het gedurende hulle gevangenissetting hulp aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens verleen wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens in staat gestel het om in ân groot hoeveelheid gevalle wesenlike sukses te behaal met die oplos van misdade. Op grond hiervan is by die eerste respondent, as gedelegeerde van die Kommissaris van Korrektiewe Dienste, aansoek gedoen om spesiale afslag van vonnis soos bedoel in artikel 68 van die Wet op Korrektiewe Dienste, No.8 van 1959 (die âWetâ).
[3] Ten opsigte van die applikante se versoek om sodanige spesiale afslag, is meerdere skriftelike aanbevelings vanaf amptenare en funksionarisse van die Departement van Korrektiewe Dienste deur eerste respondent ontvang. Van die aanbevelings was dat aan die applikante elk ses jaar spesiale afslag van vonnis verleen word terwyl andere aanbeveel het dat 34 maande spesiale afslag van vonnis verleen word. In die aanbevelings ten aansien van ses jaar spesiale afslag is die gevalle van verdienstelike hulp opgedeel in drie groepe, sodat twee jaar spesiale afslag vir elke groep van gevalle aanbeveel is. Die aanbevelings wat 34 maande spesiale afslag voorgehou het, was gebaseer op een maand spesiale afslag per geval. Na oorweging het eerste respondent aan elkeen van die applikante twee jaar spesiale afslag van vonnis ooreenkomstig artikel 68 van die Wet verleen.
[4] Die applikante doen nou aansoek dat gemelde besluit van eerste respondent hersien en tersyde gestel moet word en dat dit vervang word met die verlening van ân spesiale afslag van vonnis van ses jaar aan elk van die applikante of, in die alternatief tot laasgenoemde, dat die aangeleentheid na eerste respondent terug verwys word vir heroorweging.
[5] Dit is vanselfsprekend dat indien eerste respondent ingevolge die bepalings van artikel 68 van die Wet slegs gemagtig was om ten aansien van die applikante se huidige gevangesetting aan elk eenmalig hoogstens twee jaar spesiale afslag van vonnis te verleen, die aansoek om daardie rede alleen nie kan slaag nie. Mej. Wright, wat namens die applikante opgetree het, het ook prontuit toegegee dat dit die geval is.
[6] Artikel 68 van die Wet bepaal soos volg:
âOndanks andersluidende bepalings kan die Kommissaris ân spesiale afslag van vonnis van hoogstens twee jaar óf onvoorwaardelik óf op sodanige voorwaardes as wat hy mag bepaal, verleen aan ân gevangene wat hoogs verdienstelike diens gelewer het.â
[7] Mej. Wright het aangevoer dat ingevolge artikel 68 aan ân gevangene ân spesiale afslag van vonnis van hoogstens twee jaar verleen mag word per geval of geleentheid van hoogs verdienstelike diens gelewer. Mnr. Williams, namens respondente, se betoog was dat hierdie artikel uitgelê moet word om te beteken dat slegs ân eenmalige spesiale afslag van hoogstens twee jaar aan ân gevangene verleen kan word.
[8] Gevolglik moet die betekenis van artikel 68 van die Wet in hierdie verband bepaal word. Die betekenis moet myns insiens bepaal word uit die woorde wat in die Wetsartikel gebruik is, binne die samehang of konteks waarin dit gebruik is. Die samehang of konteks is nie beperk tot die bewoording van die ander bepalings van die betrokke Wet nie, maar sluit ook in die aard, omvang en oogmerke van die betrokke Wetgewing. Vergelyk in hierdie verband die uitspraak van Schreiner, AR in JAGA v DöNGES, NO AND ANOTHER; BHANA v DöNGES, NO AND ANOTHER 1950 (4) SA 653 (A) op 662D-664H en die uitspraak van Schutz, AR in STANDARD BANK INVESTMENT CORPORATION LTD v COMPETITION COMMISSION AND OTHERS; LIBERTY LIFE ASSOCIATION OF AFRICA LTD v COMPETITION
COMMISSION AND OTHERS [2000] ZASCA 20; 2000 (2) SA 797 (SCA) [16] â [22] op p.810 e.v.
[9] Die bewoording van die artikel dui myns insiens op sigself reeds aan dat slegs ân eenmalige afslag van hoogstens twee jaar beoog word. Die artikel maak naamlik voorsiening vir ân spesiale afslag (âa special remissionâ). Gebruik van die lidwoord âânâ is ân duidelike aanduiding van eenmaligheid en dit word ondersteun deur die woord âspesialeâ. Wanneer na die samehang of konteks soos hierbo vermeld, gekyk word, word die saak na my oordeel buite twyfel gestel. Die beginpunt is artikel 65(1) van die Wet wat bepaal dat ân gevangene vrygelaat word by die verstryking van die termyn gevangenisstraf wat hom opgelê is. Vervolgens is daar die bepalings wat paroolrade daarstel en wat bepaal dat ân gevangene soos die applikante, voor verstryking van die termyn van gevangenisstraf wat hom opgelê is, op aanbeveling vervat in ân verslag van ân paroolraad, op parool uitgeplaas kan word. Veral van belang is die bepalings van artikel 65(4) van die Wet wat bepaal dat ân gevangene wat ân bepaalde vonnis uitdien nie oorweeg mag word om op parool uitgeplaas te word alvorens hy die helfte van sy vonnistermyn uitgedien het nie, met dien verstande dat die datum waarop daar oorweeg word of ân gevangene op parool uitgeplaas kan word, vervroeg kan word met die getal krediete wat deur die gevangene verdien is soos bedoel in artikel 62 van die Wet. Artikel 66 van die Wet bepaal dat die President ondanks andersluidende wetbepalings te enige tyd magtiging kan verleen vir die uitplasing op parool of onvoorwaardelike vrylating van enige gevangene en dat die President afslag van ân gedeelte van sy vonnis aan enige gevangene kan verleen.
[10] Indien die interpretasie wat namens die applikante voorgehou word korrek is, sou dit beteken dat ân gevangene by wyse van herhaalde geleenthede van spesiale afslag ingevolge artikel 68 van die Wet, vrylating uit die gevangenis sou kon bewerkstellig sonder dat hy ooit gekwalifiseer het vir oorweging van sy uitplasing op parool, sonder ân aanbeveling van die paroolraad, sonder uitplasing op parool en sonder enige besluit van die President. Dit is duidelik dat sodanige interpretasie strydig is met die struktuur en oogmerk van die Wet. Daarenteen strook die gewone betekenis van die woorde wat gebruik is in artikel 68 van die Wet met die oogmerk van die Wet en pas dit netjies in by die struktuur daarvan.
[11] Mej. Wright het daarop gewys dat daar reeds vantevore aan eerste applikant afslag van vonnis van 15 maande verleen is. Dit is nie vir my uit die stukke presies duidelik dat daardie afslag ingevolge die bepalings van artikel 68 van die Wet verleen is nie, maar selfs al sou dit die geval wees, beteken dit myns insiens eenvoudig dat die bepalings van artikel 68 van die Wet verkeerd geïnterpreteer en toegepas is.
[12] My gevolgtrekking is derhalwe dat die betekenis van artikel 68 van die Wet is dat ân enkele spesiale afslag van hoogstens twee jaar ingevolge daarvan verleen mag word. Dit volg dat die aansoek nie kan slaag nie.
[13] Gevolglik word die aansoek van die hand gewys met koste.
_______
C.H.G. VAN DER MERWE, R
Namens Applikante: Adv. G.J.M. Wright
i.o.v.
Goodrick & Franklin
Namens Respondente: Adv. A. Williams
Staatsprokureur
/scd
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.