Human Boerdery BK v Smith NO en Anders (1438/2012) [2012] ZAFSHC 81 (26 April 2012)
- Citation
- [2012] ZAFSHC 81
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- S.P.B. Hancke
- Case number
- 1438/2012
More details
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Panel
- S.P.B. Hancke
- Case number
- 1438/2012
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the applicant failed to establish clear and consistent identification of the 155 calves allegedly delivered to the Bennie van Niekerk Boerdery Trust. The evidence regarding identification marks was contradictory and insufficient, and the invoice did not specify the relevant identification. The applicant also failed to provide the veterinarian's report when requested, undermining the urgency of the matter. The court held that there was no basis for urgent relief under section 84 of the Insolvency Act, and that the matter should be resolved after a proper insolvency inquiry. Accordingly, the application was dismissed with costs, including wasted costs and costs related to the respondents' counter-application for authorization to oppose.
Court disposition
Application dismissed with costs, including wasted costs and costs of the counter-application.
Orders
- The application is dismissed with costs.
- Costs include the wasted costs of 12 April 2012 and the costs of the counter-application by the provisional curators for authorization to oppose.
02
Material facts
Parties
Human Boerdery BK
Applicant Counsel: A.J.R. van Rhyn SCRE Smith N.O.
Respondent Counsel: Paul Zietsman SCB St Clair Cooper N.O.
Respondent Counsel: Paul Zietsman SCT V Matsepe N.O.
Respondent Counsel: Paul Zietsman SCS M Rampoporop N.O.
Respondent Counsel: Paul Zietsman SCABSA Bank
Respondent Counsel: J.P. de Bruin SCFarmsecure Livestock (Edms) Bpk
Respondent03
Procedural history
Posture
Urgent Application / Application for Delivery of Property Under Section 84 Read With Section 83 of the Insolvency Act
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the applicant has established ownership of the 155 calves as at the date of sequestration.
- 02
Whether the identification of the calves is sufficiently clear to justify delivery under section 84 of the Insolvency Act.
- 03
Whether the matter is urgent and warrants relief on an urgent basis.
Party arguments
- Applicant
- The applicant contended that it was the owner of the 155 calves delivered to the Bennie van Niekerk Boerdery Trust under an instalment agreement as defined in the National Credit Act. The applicant argued that the calves were marked with specific ear indentations and that the conditions in the feedlot necessitated urgent intervention. The applicant relied on a veterinarian's report to support claims of poor conditions.
- Respondent
- The respondents disputed the applicant's ownership and the identification of the calves, arguing that the evidence was inconsistent and insufficient. They pointed out discrepancies in the applicant's descriptions of the identification marks and noted that the invoice did not specify identification. The respondents also argued that the matter was not urgent, as the conditions in the feedlot were adequate and the applicant had not provided the veterinarian's report when requested.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Insolvency Act 24 of 1936; National Credit Act 34 of 2005
A litigant seeking relief under section 84 of the Insolvency Act must prove ownership of the movable property as at the date of sequestration and that the property was delivered under an instalment agreement as defined in the National Credit Act.
- 02
Van der Merwe: Sakereg, 2nd Edition, p. 47
In cases involving fungible goods such as cattle, sufficient identification must be provided to establish ownership.
- 03
Chetty v Naidoo 1974 (3) SA 13 (A) at 20C-D
The burden of proof in vindicatory claims rests on the owner to show, on a balance of probabilities, that he is the owner and that the respondents are in possession of the property.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the applicant failed to establish clear and consistent identification of the 155 calves allegedly delivered to the Bennie van Niekerk Boerdery Trust. The evidence regarding identification marks was contradictory and insufficient, and the invoice did not specify the relevant identification. The applicant also failed to provide the veterinarian's report when requested, undermining the urgency of the matter. The court held that there was no basis for urgent relief under section 84 of the Insolvency Act, and that the matter should be resolved after a proper insolvency inquiry. Accordingly, the application was dismissed with costs, including wasted costs and costs related to the respondents' counter-application for authorization to oppose.
Obiter and limits
- The court noted that the conduct of the applicant, while questionable, did not warrant a punitive costs order.
- The court emphasized that a proper insolvency inquiry would place the provisional curators in a better position to make a decision regarding the ownership and return of the cattle.
Court disposition
Application dismissed with costs, including wasted costs and costs of the counter-application.
- The application is dismissed with costs.
- Costs include the wasted costs of 12 April 2012 and the costs of the counter-application by the provisional curators for authorization to oppose.
Source and reliance status
Free State High Court, Bloemfontein
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Free State High Court, Bloemfontein
Judgment
VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer: 1438/2012
In die saak tussen:-
HUMAN
BOERDERY BK ..........................................................Applikant
en
RE SMITH N.O. .............................................................1ste Respondent
B ST CLAIR COOPER N.O. ..........................................2de Respondent
T V MATSEPE N.O. .......................................................3de Respondent
S M RAMPOPORP N.O. ................................................4de Respondent
(in hulle hoedanighede as voorlopige kurators
van die insolvente boedel
BENNIE VAN NIEKERK BOERDERY TRUST)
ABSA BANK ..................................................................5de Respondent
FARMSECURE LIVESTOCK (EDMS) BPK ..................6de Respondent
AANGEHOOR OP: 20 APRIL 2012
_____________
UITSPRAAK DEUR: HANCKE, WND RP
GELEWER OP: 26 APRIL 2012
[1] Die applikant doen huidiglik aansoek om ‘n bevel ingevolge artikel 84 gelees met artikel 83 van die Insolvensiewet, Nr. 24 van 1936, teen die voorlopige kurators in die insolvente boedel van Bennie van Niekerk Boerdery Trust vir die lewering van 155 kalwers. Die aansoek was aanvanklik ter rolle geplaas vir 12 April 2012 waarna Molemela R dit uitgestel het na 20 April 2012 ten einde die respondente ‘n geleentheid te gee om funderende eedsverklarings te liasseer.
[2] Mnr. Zietsman, namens die eerste tot vierde respondente, asook Mnr. De Bruin, namens die vyfde respondent, het twee aspekte in geskil geplaas, naamlik eerstens eiendomsreg en identifikasie van die kalwers, en tweedens, die dringendheid van die aangeleentheid.
[3] Wat eersgenoemde betref, moet ‘n litigant, ten einde te kan slaag met ‘n aansoek ingevolge artikel 84 van die Insolvensiewet bewys dat hy die eienaar van die roerende saak was soos op datum van sekwestrasie en dat daardie roerende bates gelewer was aan die Bennie van Niekerk Boerdery Trust ingevolge ‘n transaksie bekend as ‘n “afbetalingsooreenkoms” soos bedoel in paragrawe (a), (b) en (c)(i) van die definisie van “instalment agreement” soos uiteengesit in artikel 1 van die Nasionale Kredietwet, Wet 34 van 2005.
[4] In die geval van ‘n vervangbare saak soos beeste in hierdie geval, moet die nodige identifikasie aangetoon word waardeur die eiendomsreg bevestig kan word. Van der Merwe: Sakereg, 2de Uitgawe, p. 47.
[5] Waar die skuldoorsaak van ‘n vindikatoriese aard is, is die bewyslas op die eienaar om op ‘n oorwig van waarskynlikhede aan te toon dat hy die eienaar is van die saak en die respondente in besit daarvan is. CHETTY v NAIDOO 1974 (3) SA 13 (A) te 20 C – D.
[6] Die houding van die voorlopige kurators is dat daar tot dusver slegs die bewering van eiendomsreg van die applikant was, tesame met ‘n faktuur waarin die inskripsie per pen aangebring is, wat soos volg lees:
“Hierdie diere bly die eiendom van Human Boerdery BK tot volledige betaling plaasvind.”
Die faktuur self dui egter geen identifikasie aan ten aansien van die betrokke 155 kalwers nie.
[7] In die huidige saak is die identifikasie van die betrokke diere van kardinale belang is. Dit is belangrik om daarop te let dat die applikant beweer dat sy beeste
“... have triangular shaped indentations on the top and the side of the left of the cattle’s ear”
[8] Op 15 Maart 2012, d.w.s. nog voordat die voorlopige kurators op die toneel was, het Mnr. Nico Gutter namens die applikant teenoor amptenare van Absa Bank aangedui dat daar ‘n keep is aan die onderkant van die regteroor asook dat daar twee kepe is aan die regteroor.
[9] In ‘n verdere verklaring wat saam met die repliek geliasseer is van prokureur Kotze ten einde die verskil te verduidelik, meld hy dat hy met Mnr. Gutter gekonsulteer het en dat daar ‘n misverstand tussen hom en die advokaat wat die verklaring opgestel het, ontstaan het.
[10] Insiggewend is dat in die opponerende verklaring die voorlopige kurators daarop wys dat die applikant glad nie met hierdie aspek handel in repliek nie en so ook nie die advokaat wie na bewering die prokureur misverstaan het nie. Wat meer is, is dat die applikant, in ‘n eedsverklaring wat afgelê is op 27 Maart 2012 die identifikasie soos volg beskryf:
“Al die beslote korporasie se kalwers wat gelewer is, is gemerk met ‘n knip in die oor.”
[11] In die repliek wat deur die applikant geliasseer is, word daar glad nie gehandel met die laaste beskrywing hierbo na verwys nie. So ook bevestig die applikant nie in sy repliek bewerings wat Mnr. Gutter vir prokureur Kotze meegedeel het nie. Dieselfde geld ook ten aansien van die misverstand tussen Mnr. Kotze en die advokaat.
[12] Dit blyk verder dat die vervoerkontrakteur, Mnr. De Beer, toe hy vir Mev. Gutter om identifikasiemerke gevra het, sy te kenne gegee het dat daar geen identifikasiemerke van die kalwers bestaan nie.
[13] Daar is ook ‘n verwysing na oranje oorplaatjies, welke oorplaatjies egter aangebring is deur Absa nadat Mnr. Gutter op 15 Maart 2012 teenoor Absa sekere uitwysings gemaak het. Hierdie oorplaatjies was nooit deel van die identifikasiemerke van die applikant se beeste soos deur die applikant aan die trust gelewer nie.
[14] Na aanleiding van die voormelde probleme het Mnre. Matsepes Ingelyf, synde die prokureur van die kurators, op 3 April 2012 ‘n skrywe gerig aan die applikant se prokureurs waar daar onder andere die volgende vermeld word:
“Die skrywer hiervan bevestig dat daar baie onduidelikhede is, en is die kurators in hierdie stadium slegs in ‘n posisie om die feite hierin te beoordeel sodra ons die getuienis van alle relevante partye hierin ontvang en getoets het.
Die skrywer hiervan bevestig dat gegewe hierdie omstandighede ons aanbeveling aan krediteure is dat ‘n ondervraging gehou moet word, inteendeel ons het reeds ‘n datum met die Meester van die Hooggeregshof gereël, vir die hou van sodanige ondervraging op 2 - 3 Mei 2012.
Dit blyk egter in hierdie stadium dat die enigste manier waarop die kurators sinvol ‘n beslissing kan maak in hierdie aangeleentheid is ten einde alle partye in hierdie verband behoorlik te ondervra ingevolge die bepalings van artikel 152 van die Insolvensiewet, Wet 24 van 1936 soos gewysig.”
[15] Verder wat die dringendheid betref, steun die applikant daarop dat die omstandighede waaronder die beeste in die voerkraal aangehou word, veel te wense oorlaat. In die stukke is daar ‘n verwysing na ‘n verslag van Dr. Albertyn, wat ‘n inspeksie uitgevoer het na aanleiding van prokureur Kotze se versoek daartoe op 4 April 2012.
[16] In hierdie verband is die volgende gedeeltes van ‘n skrywe gedateer 5 April 2012 van Mnre. Symington & De Kok gerig aan Mnre. Piet Kotze en Vennote van belang:
“1. Ons verwys na die bogemelde asook die telefoniese gesprek tussen Mnr. Carshagen en Mnr. Piet Kotze op 5 April 2012.
2. Na aanleiding van ons telefoniese gesprek sal ons dit waardeer indien u vir ons kan voorsien met ‘n verslag van die veearts, wat namens u kliënt die voerkraal in die bogemelde boedel besoek het.
3. Soos u bewus is, is dit Donderdagmiddag 15h00 hier voor die paasnaweek en sal ons graag stappe wil neem indien dit blyk dat optrede vanaf die voorlopige kurators geverg word ten aansien van die beeste in die voerkraal.
4. Ons kan net meld dat daar volgens die voorlopige kurators behoorlik na die beeste omgesien word en is dieselfde personeel wat die voorlopige sekwestrasiedatum in beheer was, steeds in beheer.”
[17] Ondanks die versoek om ‘n verslag van die veearts aan die kurators beskikbaar te stel, het die applikant egter verkies om daarna, sonder verskaffing van die verslag op daardie stadium, die huidige aansoek te rig. In elk geval blyk dit dat die bewerings van Dr. Albertyn in verskeie opsigte weerspreek word deur die getuienis van die voerkraalbestuurder, Mnr. Du Toit.
[18] Na my mening bestaan daar in die omstandighede geen grondslag om op ‘n dringende basis die hof te nader om ‘n bevinding te maak ten aansien van die vraag of die applikant geregtig is op teruggawe van die beeste ingevolge artikel 84 van die Insolvensiewet nie. Dieselfde geld ook wat die regsgeldigheid al dan nie, van die vyfde respondent se aansprake betref. Nadat ‘n behoorlike insolvensie-ondervraging gehou is, behoort die voorlopige kurators in ‘n beter posisie te wees ten einde self hierdie beslissing te neem, waarna die applikant, as hy nie tevrede is daarmee nie, die hof kan nader vir gepaste regshulp.
[19] In die lig van die voorgaande is ek van mening dat daar nie ‘n behoorlike saak uitgemaak is vir die verlening van die aangevraagde regshulp op die gronde waarop gesteun is in die stukke nie. Mnr. De Bruin, namens die vyfde respondent, het ook ‘n argument voorgehou ten opsigte van die moontlike gebrekkige aard en omvang van die getuienis ten einde eiendomsreg te bewys. In die lig van die slotsom waartoe ek kom, is dit nie nodig om met hierdie argumente te handel nie.
[20] Wat koste betref, alhoewel daar sprake is van verwytbare optrede aan die kant van die applikant, is ek van mening dat dit nie van sodanige aard is dat dit ‘n bestraffende kostebevel regverdig nie. Die kostebevel moet dus getakseer word op ‘n party-en-party skaal. Daar bestaan geen rede dat die koste van die aansoek op 12 April 2012 wat oorgestaan het, asook die koste vir die loods van die teenaansoek deur die voorlopige kurators ten einde magtiging te verkry in terme van artikel 18(3) van die Insolvensiewet ten einde hierdie aansoek te opponeer, ook nie deel sal wees van die kostebevel nie.
[21] Bygevolg word die aansoek van die hand gewys met koste, welke koste sal insluit die verkwiste koste van 12 April 2012 asook die koste verbonde aan die loods van die teenaansoek deur die voorlopige kurators.
______
S.P.B. HANCKE, WND RP
Namens die applikant: Adv. A.J.R. van Rhyn SC
Bygestaan deur:
Adv. S. Tsangarakis
In opdrag van:
Steyn Meyer Ingelyf
BLOEMFONTEIN
Namens die eerste tot vierde
respondente: Adv. Paul Zietsman SC
Saffy & Assosiate
Namens die vyfde respondent: Adv. J.P. de Bruin SC
Symington & De Kok
/sp
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.