Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

Human v Smith (CA & R 27/01) [2002] ZANCHC 18 (24 May 2002)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The appellate court found that the magistrate made material errors in the calculation of damages, specifically in the conversion of kilograms to tons and the conversion of wet grapes to raisins. The court held that the evidence regarding the conversion rate was based on the plaintiff's own experience and was uncontested by the defendant, thus not constituting inadmissible hearsay. The evidence regarding the price per ton, although hearsay, was admitted in the interests of justice as it was uncontested and no prejudice was shown. The court recalculated the damages based on the average yield over three years, the affected area, and the agreed price per ton, resulting in a reduced award. The court further held that interest should run from the date of service of summons at the statutory rate and adjusted the costs order to reflect the reduced award, granting costs of appeal to the appellant.

Court disposition

Appeal upheld in part; damages award reduced; costs order amended.

Orders

  • The magistrate's order is set aside and replaced with judgment in favour of the plaintiff in the amount of R18,210.20.
  • The defendant is ordered to pay interest on the aforesaid amount at 15.5% per annum from the date of service of summons.
  • The defendant is ordered to pay the plaintiff's costs in the court a quo.
  • The plaintiff is ordered to pay the defendant's costs of appeal.

02

Material facts

Parties

Willem Jacobus Wynand Human

Appellant Counsel: FWA Danzfuss

Cornelius Alwyn Smith

Respondent Counsel: JG Van Niekerk

Amounts and remedies

  • Damages Awarded: ZAR 18,210.2
  • Interest Rate Per Annum: ZAR 15.5

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Appeal / Appeal From Magistrate's Court

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that the magistrate made material errors in the calculation of damages, including incorrect conversion of kilograms to tons and failing to properly convert wet grapes to raisins. The appellant further contended that hearsay evidence was improperly admitted regarding the conversion rate and price per ton, and that the plaintiff failed to present sufficient evidence to prove his claim. The appellant also challenged the magistrate's failure to account for production costs and the location of the affected vineyard area.
Respondent
The respondent conceded certain factual errors by the magistrate but maintained that the evidence, including his own experience and supporting documentation, was sufficient to prove the quantum of damages. The respondent argued that the hearsay evidence regarding the conversion rate and price per ton was either based on personal experience or uncontested, and that the interests of justice warranted its admission. The respondent accepted that interest should run from the date of service of summons and that costs should be adjusted in light of the reduced award.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    R v Dhlumayo and Another 1948 (2) SA 677 (A)

    An appellate court may disregard the factual findings of the lower court and make its own findings where material errors are present.

  2. 02

    Section 3 of the Law of Evidence Amendment Act 45 of 1988

    Hearsay evidence is generally inadmissible unless the interests of justice require its admission, considering factors such as the nature of the proceedings, the evidence, and any prejudice to the parties.

  3. 03

    Esso Standard SA (Pty) Ltd v Katz 1981 (1) SA 964 (A)

    Where damages cannot be calculated with precision due to insufficient evidence, the court must do the best it can with the available material, even if this involves estimation.

  4. 04

    Sentrachem Bpk v Wenhold 1995 (4) SA 312 (A)

    A plaintiff is not required to prove every conceivable aspect of damages where the basic claim is established and uncontested points are not raised.

  5. 05

    Section 2(A)(1), 2(A)(2)(a), and 4 of the Prescribed Rate of Interest Act 55 of 1975

    Interest on unliquidated damages is payable from the date of service of summons or demand, at the statutory rate.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The appellate court found that the magistrate made material errors in the calculation of damages, specifically in the conversion of kilograms to tons and the conversion of wet grapes to raisins. The court held that the evidence regarding the conversion rate was based on the plaintiff's own experience and was uncontested by the defendant, thus not constituting inadmissible hearsay. The evidence regarding the price per ton, although hearsay, was admitted in the interests of justice as it was uncontested and no prejudice was shown. The court recalculated the damages based on the average yield over three years, the affected area, and the agreed price per ton, resulting in a reduced award. The court further held that interest should run from the date of service of summons at the statutory rate and adjusted the costs order to reflect the reduced award, granting costs of appeal to the appellant.

Obiter and limits

  • The court noted that where parties do not contest evidence at trial, it may be unfair to exclude such evidence on appeal, especially where the interests of justice require its admission.
  • The court emphasized that plaintiffs in civil matters are not required to prove every subordinate aspect of their damages where the basic claim is established and uncontested.
  • The court cautioned against the deliberate withholding of available evidence by parties in the hope of a more favorable damages calculation by the court.

Court disposition

Appeal upheld in part; damages award reduced; costs order amended.

  • The magistrate's order is set aside and replaced with judgment in favour of the plaintiff in the amount of R18,210.20.
  • The defendant is ordered to pay interest on the aforesaid amount at 15.5% per annum from the date of service of summons.
  • The defendant is ordered to pay the plaintiff's costs in the court a quo.
  • The plaintiff is ordered to pay the defendant's costs of appeal.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2002] ZANCHC 18

Verslagwaardig: Ja / Nee

Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee

Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(Noord-Kaapse Afdeling)

Saakno: CA & R 27/01

Datum verhoor: 2002-05-20

Datum gelewer: 2002-05-24

In die appél van:

WILLEM

JACOBUS WYNAND HUMAN APPELLANT

versus

CORNELIUS

ALWYN SMITH RESPONDENT

Coram:

MAJIEDT R et

LACOCK

R

UITSPRAAK OP APPéL

MAJIEDT R:

Die Appellant (wat die Verweerder in die hof a quo was) kom in hoër beroep teen die bevel van die landdros waarvolgens vonnis teen hom verleen is ten gunste van die Respondent (wat Eiser in die hof a quo was) in die bedrag van R19 521.60. Gerieflikheidshalwe sal ek na die partye hierin verwys soos hulle in die hof a quo was.

Daar is terselfdertyd ook ‘n aansoek deur die Verweerder vir kondonasie van die laat indiening van die oorkonde in die verrigtinge.

Aangesien hierdie aansoek nie opponeer was nie en daar prima facie gegronde redes bestaan vir die versuim, het ons die aansoek toegestaan.

Die Eiser se eis het voortgespruit uit die feit dat die Verweerder onregmatiglik en nalatiglik ‘n sekere gifstof op ‘n gedeelte van die Eiser se wingerd laat beland het wat daartoe aanleiding gegee het dat die Eiser nie hierdie wingerd kon lewer vir verbruik deur die wynkelder nie. Eiser en Verweerder was op daardie stadium druiweboere wat aangrensend tot mekaar in die Groblershoop-distrik geboer het. In die landdroshof het die Verweerder aanspreeklikheid aanvaar om die Eiser te vergoed vir sodanige skade as wat hy mag bewys.

Ter bewys van sy eis het die Eiser self getuig asook ene D Botha, ‘n taksateur, wat as deskundige deur die Eiser geroep is. Die Eiser is na Botha se getuienis teruggeroep om verdere getuienis af te lê op aansoek van die Verweerder se prokureur. Namens die Verweerder het hyself getuig asook ene Pieter van Wyk.

Op appél voor ons het Mnr Danzfuss namens die Verweerder op verskeie gronde die landdros se bevindinge aangeval. Na sy submissie het die Eiser versuim om voldoende getuienis voor die landdros te plaas en behoort die landdros absolusie van die instansie te gelas het teen hom.

Ek handel ter aanvang met daardie aspekte waarop Mnr Van Niekerk, wat namens die Eiser op appél voor ons verskyn het, toegegee het die landdros gefouteer het.

Ten eerste het die landdros foutiewelik die massa in kilogram na ton omgeskakel as synde 100 kilogram in ‘n ton instede van 1000 kilogram in ‘n ton.

Verder het die landdros bloot die tonnemaat van rosyne op die Eiser se state wat hy ingehandig het by die verhoor tesame met die nat druiwe se tonnemaat in aanmerking geneem. Hierdie is natuurlik nie korrek nie en moes daar uiteraard ‘n omskakeling gewees het in tonnemaat vanaf nat druiwe na rosyne. Daar is voor die landdros getuienis gelei dat vier ton nat druiwe een ton rosyne lewer. Hierdie laasvermelde getuienis is ook ‘n bron van dispuut tussen die partye op appél.

Mnr Danzfuss het aangevoer dat die landdros gefouteer het deur hoorsê getuienis toe te laat. Die belangrikste aspekte waaroor daar volgens Mnr Danzfuss se submissie, hoorsê getuienis gelei is, is die volgende:

Die Eiser se getuienis dat hy vier ton nat druiwe moes produseer om een ton rosyntjies te kry; en

Die deskundige, Botha, se getuienis dat hy die bedrag van R830/ton vir nat druiwe verkry het van ‘n amptenaar van die wynkelder.

Uit die aard van die saak is hierdie twee aspekte wesenlik tot die berekening van Eiser se bedrag van skadevergoeding. ‘n Hof van Appél is geregtig om ‘n hof a quo se feitebevindinge te ignoreer en sy eie feitebevindinge en afleidings te maak, waar die hof a quo opsigtelike en wesenlike verkeerde feitebevindinge gemaak het.

Sien: R v Dhlumayo and Another 1948 (2) SA 677 (A) te 705 – 706.

Op dié basis dus is hierdie Hof geoorloof om die korrekte berekeninge te maak wat betref die omskakeling van kilogramme na ton op appél. Is hierdie Hof egter geoorloof om hoorsê getuienis (indien getuienis wel op hoorsê gegrond is) toe te laat? Mnr Danzfuss het ons na verskeie beslissings verwys as steun vir sy submissie dat die hoorsê getuienis uitgesluit behoort te gewees het.

Die eerste vraag wat ontstaan is of die getuienis wel kwalifiseer as hoorsê getuienis. Ek is van mening dat die eerste aspek, te wete die getuienis dat vier ton druiwe een ton rosyne daarstel, nie op hoorsê gebaseer is nie. Die Eiser se aanvanklike getuienis in hoof was baie duidelik gebaseer op eie ervaring en daarvolgens moes hy vier ton nat druiwe produseer om een ton rosyntjies te verkry. Hy het weliswaar in kruisondervraging aangedui dat dit algemeen aanvaarbaar is dat vier ton nat druiwe een ton rosyne produseer. Hierdie stelling van hom is egter nooit betwis of aangeval deur Verweerder se prokureur nie.

Verder is dit insiggewend dat toe die Verweerder getuig het, hy nooit hierdie getuienis in geskil geplaas het nie of getuienis tot die teendeel aangebied het nie. Selfs al is die deskundige getuie Botha se getuienis oor dieselfde aspek gebaseer op inligting verkry vanaf ‘n ander bron ( die SAD), is ek die mening toegedaan dat die Eiser se getuienis daaromtrent gebaseer is op sy eie ervaring. Selfs al is ek verkeerd met my voormelde bevinding, dan is dit wat ek hieronder sê in par. 8 mutatis mutandis ook van toepassing op hierdie geval.

Wat die tweede aspek betref, naamlik die bedrag per ton, is dit weliswaar net Botha wat daaroor getuig het op grond van inligting wat hy verkry het van ‘n werknemer van die wynkelder. Ook hierdie getuienis is nooit betwis òf in kruisondervraging òf in getuienis deur die Verweerder of sy getuie nie. Mnr Danzfuss het aangevoer dat, selfs waar geen beswaar gemaak is teen die aanbieding van die getuienis in die hof a quo nie, ‘n hof nie ontoelaatbare getuienis in aanmerking mag neem nie. Vir hierdie submissie het hy op ‘n aantal beslissings gesteun, o.a. ook op President of the RSA v South African Rugby Football Union 2000 (1) SA 1 op 53 E. Die ander beslissings waarna hy verwys is beslis voor 1988 toe die Wysigingswet op Bewysreg op die wetboek geplaas is. Ek sal aanstons na hierdie betrokke wet verwys.

Wat die voormelde gewysde van President of the RSA v South African Rugby Football Union aanbetref, moet in aanmerking geneem word dat daardie beslissing daarop berus dat dit deurgaans die appellant se saak daar was dat die getuienis ontoelaatbaar was. Vir daardie rede het die Grondwetlike Hof dan ook beslis dat die appellante se versuim om teen die beweringe beswaar te maak as synde ontoelaatbare hoorsê getuienis nie ‘n geïmpliseerde erkenning daarstel nie.

9.1 Artikel 3 van die Wysigingswet op die Bewysreg, 45 van 1988 lees as volg:

“3 Hoorsê-getuienis

(1) Behoudens die bepalings van enige ander wet, word hoorsê-getuienis nie by strafregtelike of siviele verrigtinge as getuienis toegelaat nie, tensy-

(a) elke party teen wie die getuienis aangevoer staan te word tot die toelating daarvan as getuienis by die verrigtinge toestem;

(b) ....................

(c) die hof, met inagneming van-

(i) die aard van die verrigtinge;

(ii) die aard van die getuienis;

(iii) die doel waarvoor die getuienis aangebied word;

(iv) die getuieniswaarde van die getuienis;

(v) die rede waarom die getuienis nie afgelê word deur die persoon van wie se geloofwaardigheid die getuieniswaarde van daardie getuienis afhang nie;

(vi) enige benadeling wat die toelating van daardie getuienis vir 'n party mag inhou; en

(vii) enige ander faktor wat na die hof se oordeel in aanmerking geneem behoort te word,

van oordeel is dat daardie getuienis in die belang van geregtigheid toegelaat behoort te word.”

Die aanwending van hierdie betrokke artikel is breedvoerig bespreek deur Navsa AR in Makhathini v Road Accident Fund 2002 [1] All SA 413 (A) te 423 – 425. Deur toepassing van Navsa AR se voormelde benadering bespreek ek vervolgens nou die gewraakte getuienis aan die hand van die riglyne neergelê in die betrokke artikel.

Ek neem in ag dat hierdie getuienis gelei is tydens ‘n siviele verhoor waartydens beide partye deur baie ervare prokureurs

verteenwoordig was. Ek neem verder in ag dat die getuienis klaarblyklik aangebied was as ‘n wesenlike element ter bewys van die Eiser se bedrag van skadevergoeding. Verder let ek daarop dat die hoorsê mededelings afkomstig was van ‘n amptenaar van die wynkelder, wat uiteraard self eerstehands breedvoerige kennis daaroor sou hê. Dit blyk nie op die oorkonde waarom die amptenaar van die wynkelder nie geroep is om getuienis te lewer nie, maar aanvaar ek dat dit bloot ‘n nalate was van die eiser se prokureur.

Wat benadeling aanbetref is daar niks op die oorkonde wat benadeling aan die Verweerder suggereer nie. Mnr Danzfuss het ook nie gepoog om sodanige benadeling aan te toon teen die Verweerder sou die getuienis toegelaat word nie.

9.4 ‘n Faktor wat vir my die deurslag gee, is die feit dat daar nooit beswaar aangeteken was deur die Verweerder se prokureur teen die aangebode getuienis nie. Verder het die Verweerder self ook nie enigiets tot die teendeel getuig of Botha se getuienis daaroor aangeval of gekritiseer nie. Na my mening is dit duidelik dat, as hierdie getuienis uitgesluit sou word, daar kwalik ‘n herberekening op appél gedoen sou kon word ten einde die Eiser se skade te bepaal. Die partye is ad idem dat die Eiser skade gely het a.g.v. die Verweerder se nalatige en onregmatige optrede. Dit sal vir die Eiser ontsettend moeilik wees om op hierdie stadium nou sy eis te moet bewys indien hierdie Hof absolusie van die instansie toestaan, wat dalk die noodwendige gevolg sou wees indien hierdie voormelde hoorsê getuienis nie toegelaat word nie.

Vir dié redes is ek die mening toegedaan dat die getuienis oor die bedrag wat per ton uitbetaal is, wel toegelaat behoort te word, sodat die belange van geregtigheid gedien kan word.

Mnr Danzfuss het ook die landdros se uitspraak gekritiseer omrede hy nie voorsiening gemaak het vir die Eiser se koste om sy oes te produseer nie. Verder het hy ook daarop gewys dat daar getuienis was dat die suidelike deel van die Eiser se landerye baie beter geproduseer het as die noordelike deel en dat daar geen getuienis op rekord is wat aandui waar die geaffekteerde area geleë was nie. Hierdie is weliswaar geldige kritiek, maar is ek die mening toegedaan dat hierdie Hof tot die beste van sy vermoë ‘n herberekening behoort te doen van Eiser se skade aan die hand van die beskikbare materiaal voor hom.

Sien in dié verband: Esso Standard SA (Pty) Ltd v Katz 1981 (1) SA 964 (A) te 970 A-B per Diemont AR:

“........that the Court doing the best it can with insufficient material may have to form conclusions on matters on which there is no evidence and to make allowance for contingencies even to the extent of making a pure guess.”

Sien verder ook: Caxton Ltd and Others v Reeva Forman (Pty) Ltd and Another [1990] ZASCA 47; 1990 (3) SA 547 (A) te 573 I;

Hushon SA (Pty) Ltd v Pictech (Pty) Ltd and Others 1997 (4) SA 399 (HHA) te 412 G-H.

Mnr Danzfuss het aangevoer dat ons nie die benadering van die voormelde gewysdes behoort te volg nie, aangesien die Eiser versuim het om alle redelike stappe aan te wend om die nodige getuienis voor die hof a quo te plaas ten einde sy eis op ‘n oorwig van waarskynlikhede te bewys. Dit is inderdaad korrek dat daar sò ‘n voorbehoud gekoppel word aan hierdie benadering. In Mkwanazi v Van der Merwe and Another 1970 (1) SA 609 (A) te 632 B-D verduidelik Van Winsen Wn AR die bestaansrede vir hierdie voorbehoud as volg:

“Die rede vir so 'n voorbehoud is dan ook ooglopend. Word 'n hof onder 'n verpligting gestel om te poog om op die grondslag van onvolledige getuienis 'n berekening van skade te maak in die geval waar daar inderdaad afdoende of dan wel vollediger getuienis van skade beskikbaar is, kan dit ex post facto blyk dat die hof se berekenings nie met die werklikhede strook nie en 'n onreg kan maklik die een of die ander van die partye aangedoen word. Word die weerhouding van beskikbare getuienis ten opsigte van skade eenmaal deur die howe op dié wyse geoorloof kan dit maklik gebeur dat 'n party doelbewus getuienis weerhou in die hoop dat die hof se skadeberekening meer in sy guns sal uitval as wat die geval sou gewees het, indien hy die beskikbare getuienis wel voor die hof geplaas het. Die alreeds moeilike taak wat op 'n hof berus in verband met skadebepaling sou daardeur oneindig moeiliker gemaak kon word, en die faktore wat meewerk tot die skep van onsekerheid by sodanige bepaling sou vermenigvuldig word.”

Ek is egter van mening dat daar nie, wat die onderhawige geval aanbetref, meriete in Mnr Danzfuss se submissie is nie. Die Eiser het, onmiddellik na die voorval, moeite gedoen om ‘n taksateur, Botha, se deskundige hulp in te roep om sy skade te probeer kwantifiseer. Hy kon tog nie op daardie stadium voorsien het dat Botha so ‘n powere getuie sou wees dat sy prokureur aan die einde van die dag glad nie op sy getuienis kon steun nie. Die Eiser het self berekeninge gedoen, state tydens die verhoor ingedien en na die beste van sy vermoë aan die hof a quo voorgehou die wyse van sy berekeninge en slotsom waartoe sy berekeninge hom gebring het. In Sentrachem Bpk v Wenhold 1995 (4) SA 312 (A) het dit ook gegaan oor die bewys van oesverlies as skade waar ‘n stof die oeste aangetas het. Op 327 B-F bevind FH Grosskopf AR as volg:

“Na my oordeel het die eiser sy basiese eis van oesverlies bewys, en kon dit nie van hom verwag word om ook elke denkbare of selfs ondenkbare ondergeskikte aspek wat nooit in geskil geplaas was, te bewys nie. In strafsake geld die beginsel dat die Staat, op wie die bewyslas deurgaans rus, nie verplig is om elke denkbare punt waarop 'n beskuldigde moontlik sou kon steun, by voorbaat te weerlê nie. (In R v Mlambo 1957 (4) SA 727 (A) het Malan AR soos volg op 738A opgemerk: 'In my opinion, there is no obligation upon the Crown to close every avenue of escape which may be said to be open to an accused.' Dit was 'n minderheidsuitspraak wat later met goedkeuring aangehaal is in S v Rama 1966 (2) SA 395 (A) op 401A-C; en S v Sauls and Others 1981 (3) SA 172 (A) op 182G-H.) Na my mening geld hierdie beginsel a fortiori in die geval van 'n siviele geding.”

Ek vereenselwig my respekvol met hierdie benadering van die geleerde Appélregter.

In die omstandighede dus is ek die mening toegedaan dat die mees sinvolle en gepaste modus operandi ten einde die Eiser se skade te bepaal, wel dié is soos wat die landdros gevolg het, met die voorbehoud dat sy verkeerde feitebevindinge en aannames gekorrigeer moet word. Daarvolgens word die Eiser se gemiddelde oes oor drie jaar (1995, 1996 en 1997) bepaal in terme van ton per hektaar. Dit word dan vermenigvuldig met die totaal hektaar geaffekteerde land (1,5 hektaar) en met die bedrag waarde van ‘n ton nat druiwe (R830.00 per ton).

Derhalwe word op die aangebode getuienis die volgende feitebevindinge gemaak ter berekening van die Eiser se skade:

Totale tonnemaat nat druiwe vir 1995: 74 ton op 7 hektaar wingerd, met ‘n gemiddelde opbrengs van 10,57 ton per hektaar.

Totale tonnemaat nat druiwe vir 1996: 106 ton op 7 hektaar, met ‘n gemiddelde opbrengs van 15,14 ton per hektaar

Totale tonnemaat nat druiwe vir 1997: 191 ton op 10.5 hektaar, met ‘n gemiddelde opbrengs van 18,19 ton per hektaar.

Dit beteken dus dat die gemiddelde opbrengs vir ‘n periode van drie jaar vanaf 1995 tot 1997 14,63 ton per hektaar is en die Eiser se verlies ‘n totaal van 21,94 ton was. As die waarde van ‘n ton nat druiwe as R830.00 aanvaar word, dan is die Eiser se skade die bedrag van R18 210.20

Die voormelde berekeninge berus op die volgende aannames en/of feitebevindinge:

Die partye het ooreengekom tydens die verhoor dat die druiwe verbou is gedurende 1995 en 1996 op 7 hektaar grond en in 1997 op ‘n bykomende 5 hektaar grond wat in totaal 12 hektaar daarstel. Van die voormelde 1997-syfer moet natuurlik die 1,5 hektaar grond wat deur die gif besmet is afgetrek word, sodat die 1997 oes inderdaad op 10,5 hektaar verbou is.

Hierdie ooreenkoms bind uiteraard hierdie Hof wanneer die herberekening gedoen moet word.

Die Eiser se getuienis dat vier ton nat druiwe een ton rosyne oplewer word aanvaar.

Die druiwe wat aan ene Mnr Kossatz gelewer is gedurende 1997 is heeltemal buite rekening gelaat.

Die berekening is gedoen oor Eiser se gemiddelde oes oor drie jaar vanaf 1995 tot 1997, omdat daar ook boekstawing daarvoor is, te wete Eiser se state. Ek verkies dié benadering bo dié soos voorgestel deur Mnr Danzfuss, naamlik dat die buurman, Van Wyk, se getuienis hieroor inaggeneem moet word. Van Wyk het die grond by die Eiser oorgekoop na die voorval en sy getuienis het gehandel oor die druiwe wat hy op die grond geoes het vanaf 1998 tot 2000. Hy het egter geen stawende dokumentasie voorgelê vir die syfers wat hy voorgehou het in sy getuienis nie.

Uit hoofde van die voorafgaande dus is ek tevrede dat, op die aangebode getuienis en met die korrigering van die landdros se verkeerde feitebevindinge hierdie Hof na die beste van sy vermoë die Eiser se skade kan bepaal op R18 210.20.

Die volgende vraag wat ontstaan is die kwessie van rente. Hierdie is ‘n ongelikwideerde eis en is die Eiser geregtig op rente vanaf die datum van betekening van sy dagvaarding of aanmaning, welke datum ookal vroeër is. Eiser se reg op rente spruit voort uit die bepalings vervat in art 2(A)(1) saamgelees met art 2(A)(2)(a) en art 4 van Wet 55 van 1975. Mnr Van Niekerk het namens die Eiser toegegee dat die aanmaning soos vervat in die stukke nie voldoen aan die omskrywing soos vervat in die voormelde Wet nie. Vervolgens is die Eiser dus geregtig op rente teen die statutêr voorgeskrewe koers vanaf die datum van betekening van sy dagvaarding.

Wat koste aanbetref het Mnr Van Niekerk heeltemal tereg toegegee dat, aangesien die Verweerder op appél daarin geslaag het om die bedrag wat die landdros toegeken het as vonnis te verminder, die Verweerder geregtig sal wees op die koste van appél.

Ek reik vervolgens die volgende bevel uit:

Die landdros se bevel word tersyde gestel en vervang met die volgende:

Daar word vonnis verleen ten gunste van die Eiser in die bedrag van R18 210.20;

Die Verweerder word gelas om rente te betaal op die voormelde bedrag teen 15.5% per jaar vanaf die datum van betekening van die dagvaarding op hom;

Die Verweerder word gelas om die Eiser se koste te betaal.

Die Eiser word gelas om die Verweerder se koste van die appél te betaal.

___

SA

MAJIEDT

REGTER

Ek stem saam:

HJ

LACOCK

NAMENS APPELLANT: ADV FWA DANZFUSS I.O.V. DUNCAN & ROTHMAN

NAMENS RESPONDENT: ADV JG VAN NIEKERK I.O.V. HAARHOFFS ING

DATUM VAN VERHOOR: 2002-05-20

DATUM VAN UITSPRAAK:

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

R v Dhlumayo and Another 1948 (2) SA 677 (A)

Case cited

President of the RSA v South African Rugby Football Union 2000 (1) SA 1

Case cited

Makhathini v Road Accident Fund 2002 [1] All SA 413 (A)

Case cited

Esso Standard SA (Pty) Ltd v Katz 1981 (1) SA 964 (A)

Case cited

Caxton Ltd and Others v Reeva Forman (Pty) Ltd and Another [1990] ZASCA 47; 1990 (3) SA 547 (A)

Case cited

Hushon SA (Pty) Ltd v Pictech (Pty) Ltd and Others 1997 (4) SA 399 (HHA)

Case cited

Mkwanazi v Van der Merwe and Another 1970 (1) SA 609 (A)

Case cited

Sentrachem Bpk v Wenhold 1995 (4) SA 312 (A)

Case cited

R v Mlambo 1957 (4) SA 727 (A)

Case cited

S v Rama 1966 (2) SA 395 (A)

Case cited

S v Sauls and Others 1981 (3) SA 172 (A)

Case cited

Law of Evidence Amendment Act 45 of 1988

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Prescribed Rate of Interest Act 55 of 1975

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.