Imperial Bank Ltd v Gerber NO and Another (24430/09) [2010] ZAWCHC 583 (29 November 2010)
- Citation
- [2010] ZAWCHC 583
- Status
- Ruling
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Panel
- Cleaver R
- Case number
- 24430/09
More details
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Panel
- Cleaver R
- Case number
- 24430/09
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that none of the grounds advanced by the respondents constituted valid legal reasons to grant leave to appeal. The delays in approval affecting the loan agreement did not render the contract unenforceable, as they were not the fault of the applicant. The argument that the original contract ceased to be valid due to delay was rejected as a mere restatement of the first point. The confusion between the initial summons and the sequestration application did not affect the finding that the trust was unable to pay its debts. The court held that the applicant was entitled to proceed by way of application for liquidation and that the respondents failed to demonstrate that another court would reasonably reach a different conclusion. Accordingly, the application for leave to appeal was dismissed with costs.
Court disposition
Application for leave to appeal dismissed with costs.
Orders
- The application for leave to appeal is dismissed with costs.
02
Material facts
Parties
Imperial Bank Ltd
ApplicantEaton Stephanus Gerber
RespondentClaire Denise Gerber
Respondent03
Procedural history
Posture
Leave to Appeal / Application for Leave to Appeal Following Final Liquidation Order
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the applicant is entitled to leave to appeal against the final liquidation order.
- 02
Whether delays in approval affecting the loan agreement render the contract unenforceable.
- 03
Whether the original contract ceased to be valid due to delays.
- 04
Whether the applicant abused its rights by seeking liquidation instead of pursuing its claim in action proceedings.
Party arguments
- Applicant
- The applicant opposed the leave to appeal, maintaining that the delays in approval were not attributable to its conduct and did not affect the enforceability of the contract. The applicant argued that the trust was unable to pay its debts and that the liquidation order was justified. The applicant asserted its right to proceed by way of application and not action, given the circumstances.
- Respondent
- The respondents, represented by Mr Gerber, argued that the loan agreement's payment date was delayed due to approvals outside both parties' control, rendering the obligation to pay unenforceable. They contended that the original contract was no longer valid due to the delay, and that the applicant abused its rights by seeking liquidation because it could not enforce its claim in action proceedings. They further argued that the matter would be better ventilated in open court with witnesses.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Imperial Bank Ltd v Gerber NO and Another (24430/09) [2010] ZAWCHC 583
Delays in approval not attributable to the applicant do not render the contract unenforceable.
- 02
Imperial Bank Ltd v Gerber NO and Another (24430/09) [2010] ZAWCHC 583
A party is entitled to proceed by way of application for liquidation if the debtor is unable to pay its debts, regardless of the existence of property that may satisfy the claim.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that none of the grounds advanced by the respondents constituted valid legal reasons to grant leave to appeal. The delays in approval affecting the loan agreement did not render the contract unenforceable, as they were not the fault of the applicant. The argument that the original contract ceased to be valid due to delay was rejected as a mere restatement of the first point. The confusion between the initial summons and the sequestration application did not affect the finding that the trust was unable to pay its debts. The court held that the applicant was entitled to proceed by way of application for liquidation and that the respondents failed to demonstrate that another court would reasonably reach a different conclusion. Accordingly, the application for leave to appeal was dismissed with costs.
Obiter and limits
- The court noted that aspects raised by the respondents were not relevant to the liquidation proceedings but were mentioned to support their argument that the matter would be better resolved in open court.
- The court reiterated that the applicant was justified in bringing the application in the manner chosen and that the respondents did not show that another court would likely reach a different decision.
Court disposition
Application for leave to appeal dismissed with costs.
- The application for leave to appeal is dismissed with costs.
Source and reliance status
Western Cape High Court, Cape Town
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Western Cape High Court, Cape Town
Ruling
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAK NO: 24430/2009
DATUM: 29 NOVEMBER 2010
In die saak tussen:
IMPERIAL
BANK BEPERK …............................................................................Applikant
en
EATON
STEPHANUS GERBER ….................................................1 ste Respondent
CLAIRE
DENISE GERBER …..........................................................2de Respondent
(TRUSTEES OF THE PEPPERWOOD ESTATE TRUST)
UITSPRAAK CLEAVER, R: Hierdie is 'n aansoek teen die trustees van die Pepperwood Estate Trust vir verlof om te appelleer teen die uitspraak en bevindings wat ek op 2 November gemaak het, as gevolg waarvan 'n finale likwidasiebevel teen die trust gegee is. Weereens het mnr Gerber, een van die trustees, die aansoek voorgedra. Vier punte word genoem: Die eerste het gegaan oor die betaaldatum kragtens die leningsooreenkoms: daar word beweer dat alhoewel die leningsooreenkoms bepaal dat die voile bedrag ses maande na
registrasie van die dekkingsverband betaalbaar sou wees, hierdie betaaldatum toe deur goedkeurings wat buite beheer van beide partye was, vertraag was, met die gevolg dat die verpligting om ses maande na registrasie van die verband te betaal, nie meer uitvoerbaar was nie. Dit mag wees dat die vertragings en enigiets anders die oorsaak was dat die trust nie kon betaal nie, maar dit volg nie dat dit daarom gese kan word dat die kontrak nie uitvoerbaar was nie. In kort die betoog is nie Vi regsgrond wat teen die applikant opgewerp kan word nie, want dit was nie die applikant se skuld dat die goedkeurings waarna verwys word, vertraag was nie. Die tweede punt wat genoem is, is dat die oorspronklike kontrak het nie meer bly geld het nie as gevolg van die vertraging. Nou, dit is maar dieselfde as die eerste punt maar net op 'n ander manier gestel. My siening daarvan is dieselfde. Weereens kan hierdie punt nie teen die applikant uitgebring word nie. Die derde grond toon 'n verwarring aan die kant van die trustees tussen wat in die aanvanklike dagvaarding gese is en wat in die aansoek om sekwestrasie verskyn. Dit mag wees dat daar tydens die summiere vonnis aansoek gevind was dat die betaaldatum nie deeglik genoeg uitgespel was nie, maar wat in die sekwestrasie-aansoek voorkom, is die betoog en ook die bewerings namens die applikant dat die trust nie in staat is om sy skulde te betaal
nie. Daar is ook geen twyfel dat sonder enige verdere verandering van die reelings tussen die applikant en die trust die trust nie in staat sal wees om enige verdere gedeelte van hierdie skuld te betaal nie. Weereens moet ek ongelukkig tot die slotsom kom dat die punte wat namens die trustees genoem word, nie regsgronde is om aan te dui dat die applikant verkeerd te werk gegaan het nie. Die vierde punt is dat ek op een of ander wyse 'n kontrak uit die partye se verhouding geskep het deur my verwysing in die opsomming van wat gebeur het, na die volgende: "The trust having failed to repayment the amount advanced to it under the bond within the time stipulated, summons was issued by die applicant as plaintiff against the trustees as indicated in paragraph 3 above." Al wat ek daar gedoen het, was om 'n opsomming te gee van die rede vir die uitreiking van hierdie stukke. Laastens word betoog, soos ook voorheen voor my betoog is, dat applikant sy regte misbruik het deur aansoek te doen vir sekwestrasie omdat hy nie sy eis in die aksie kon afdwing nie. Na my mening het ek hierdie aspek behandel in die uitspraak en ek het deeglik besin daaroor, want ek was bewus van die feit dat ons hier te doen het met 'n respondent wat eiendom besit, die waarde daarvan miskien genoegsaam sal wees om enige eis te betaal, maar wat volgens die stukke nie in staat is om te betaal nie. Ander aspekte wat
in die applikant se aansoek genoem word, is, soos mnr Gerber ook tereg toegegee het, aspekte wat nie betrekking op die likwidasiesaak het nie, maar weereens genoem is ter stawing van sy betoe dat die saak veel beter in 'n ope hof uitgepluis sou kon word. Hy het natuurlik in gedagte 'n hof waar beide partye getuies sou kon roep. Die Applikant was egter, na my mening, geregtig om die aansoek te bring in die manier waarop hy dit gedoen het en in die omstandighede is ek tevrede dat die respondente vandag nie vir my aangedui het dat 'n ander Hof redelik moontlik tot 'n ander beslissing sal kom nie. In die omstandighede word die aansoek vir verlof om teen die uitspraak te appelleer VAN DIE HAND GEWYS MET KOSTE. CLEAVER,
R
UITSPRAAK
CLEAVER, R:
Hierdie is 'n aansoek teen die trustees van die Pepperwood Estate Trust vir verlof om te appelleer teen die uitspraak en bevindings wat ek op 2 November gemaak het, as gevolg waarvan 'n finale likwidasiebevel teen die trust gegee is.
Weereens het mnr Gerber, een van die trustees, die aansoek voorgedra. Vier punte word genoem: Die eerste het gegaan oor die betaaldatum kragtens die leningsooreenkoms: daar word beweer dat alhoewel die leningsooreenkoms bepaal dat die voile bedrag ses maande na
registrasie van die dekkingsverband betaalbaar sou wees, hierdie betaaldatum toe deur goedkeurings wat buite beheer van beide partye was, vertraag was, met die gevolg dat die verpligting om ses maande na registrasie van die verband te betaal, nie meer uitvoerbaar was nie. Dit mag wees dat die vertragings en enigiets anders die oorsaak was dat die trust nie kon betaal nie, maar dit volg nie dat dit daarom gese kan word dat die kontrak nie uitvoerbaar was nie. In kort die betoog is nie Vi regsgrond wat teen die applikant opgewerp kan word nie, want dit was nie die applikant se skuld dat die goedkeurings waarna verwys word, vertraag was nie.
Die tweede punt wat genoem is, is dat die oorspronklike kontrak het nie meer bly geld het nie as gevolg van die vertraging. Nou, dit is maar dieselfde as die eerste punt maar net op 'n ander manier gestel. My siening daarvan is dieselfde. Weereens kan hierdie punt nie teen die applikant uitgebring word nie.
Die derde grond toon 'n verwarring aan die kant van die trustees tussen wat in die aanvanklike dagvaarding gese is en wat in die aansoek om sekwestrasie verskyn. Dit mag wees dat daar tydens die summiere vonnis aansoek gevind was dat die betaaldatum nie deeglik genoeg uitgespel was nie, maar wat in die sekwestrasie-aansoek voorkom, is die betoog en ook die bewerings namens die applikant dat die trust nie in staat is om sy skulde te betaal nie. Daar is ook geen twyfel dat sonder enige verdere verandering van die reelings tussen die applikant en die trust die trust nie in staat sal wees om enige verdere gedeelte van hierdie skuld te betaal nie. Weereens moet ek ongelukkig tot die slotsom kom dat die punte wat namens die trustees genoem word, nie regsgronde is om aan te dui dat die applikant verkeerd te werk gegaan het nie.
Die vierde punt is dat ek op een of ander wyse 'n kontrak uit die partye se verhouding geskep het deur my verwysing in die opsomming van wat gebeur het, na die volgende:
"The trust having failed to repayment the amount advanced to it under the bond within the time stipulated, summons was issued by die applicant as plaintiff against the trustees as indicated in paragraph 3 above."
Al wat ek daar gedoen het, was om 'n opsomming te gee van die rede vir die uitreiking van hierdie stukke.
Laastens word betoog, soos ook voorheen voor my betoog is, dat applikant sy regte misbruik het deur aansoek te doen vir sekwestrasie omdat hy nie sy eis in die aksie kon afdwing nie. Na my mening het ek hierdie aspek behandel in die uitspraak en ek het deeglik besin daaroor, want ek was bewus van die feit dat ons hier te doen het met 'n respondent wat eiendom besit, die waarde daarvan miskien genoegsaam sal wees om enige eis te betaal, maar wat volgens die stukke nie in staat is om te betaal nie.
Ander aspekte wat in die applikant se aansoek genoem word, is, soos mnr Gerber ook tereg toegegee het, aspekte wat nie betrekking op die likwidasiesaak het nie, maar weereens genoem is ter stawing van sy betoe dat die saak veel beter in 'n ope hof uitgepluis sou kon word. Hy het natuurlik in gedagte 'n hof waar beide partye getuies sou kon roep. Die Applikant was egter, na my mening, geregtig om die aansoek te bring in die manier waarop hy dit gedoen het en in die omstandighede is ek tevrede dat die respondente vandag nie vir my aangedui het dat 'n ander Hof redelik moontlik tot 'n ander beslissing sal kom nie.
In die omstandighede word die aansoek vir verlof om teen die uitspraak te appelleer VAN DIE HAND GEWYS MET KOSTE.
CLEAVER, R
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.