Inyanga Trading 472 (Edms) BPK and Others v kruger NO and Others (38444/08) [2010] ZAGPPHC 273 (25 June 2010)
- Citation
- [2010] ZAGPPHC 273
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- North Gauteng High Court, Pretoria
- Panel
- F G Preller
- Case number
- 38444/08
More details
- Court
- North Gauteng High Court, Pretoria
- Panel
- F G Preller
- Case number
- 38444/08
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the sale of the farm was properly authorized by the creditors and conducted in good faith. The sale price was supported by independent valuations and reflected the probable market value, considering the circumstances and limitations on the property. There was no evidence of fraud or procedural irregularity. The applicants, as creditors and outsiders to the sale contract, could not claim greater rights than the contracting parties. Their remedy, if any, would be a subsequent claim for damages against the curators, not the setting aside of a bona fide sale. The application for an interdict was therefore dismissed.
Court disposition
Application dismissed with costs.
Orders
- The application is dismissed with costs.
- No attorney and client costs are allowed for the drafting of the replying affidavit.
02
Material facts
Parties
Inyanga Trading 472 (Edms) BPK
ApplicantCarl Buchner Vos NO
ApplicantCornelius Johannes Vos NO
ApplicantCarl Buchner Vos
ApplicantCornelius Johannes Vos
ApplicantPaul Daniel Kruger NO
RespondentSimone Liezl Mogardie NO
RespondentG J Ehlers Boerdery (Edms) BPK
RespondentDie Registrateur van Aktes
RespondentAmounts and remedies
- Landbank Claim Proved at Second Creditors' Meeting: ZAR 3,607,382.81
- First Applicant's Purchase of Firstrand Bank Claim: ZAR 624,000
- Initial Rejected Offer for Farm (nov 2006): ZAR 1,800,000
- First Failed Sale Contract (mar 2008): ZAR 2,400,000
- Final Sale Price to Third Respondent (jul 2008): ZAR 3,600,000
- Total Sale Price Including Commission and VAT: ZAR 3,907,800
- Applicant's Valuation of Farm (aug 2008): ZAR 8,300,000
- Respondents' Valuations of Farm: ZAR 3,900,000
- Respondents' Valuations of Farm (alternative): ZAR 4,300,000
03
Procedural history
Posture
Urgent Application / First Instance Judgment
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the sale of the farm by the curators to the third respondent should be interdicted pending the outcome of an intended action to set aside the sale contract.
- 02
Whether the sale was conducted in accordance with the interests of creditors and the insolvent estate.
- 03
Whether the sale price reflected the true market value of the property.
- 04
Whether the applicants are entitled to relief based on alleged irregularities in the sale process.
Party arguments
- Applicant
- The applicants argued that the sale of the farm was conducted without consulting the first applicant, a creditor, and that the sale was not in the best interests of creditors. They contended that the property was sold below market value and that the curators were not properly authorized to sell at such a price. They sought an interdict to prevent transfer pending an action to set aside the sale contract.
- Respondent
- The respondents maintained that the sale was properly authorized by the creditors at a meeting, that the sale price was in line with independent valuations, and that the applicants had previously failed to purchase the property at a lower price. They argued that there was no fraud or irregularity in the sale process and that the applicants, as outsiders to the contract, had no greater rights than the parties to the sale.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Kruger v Symington, 1958(2) SA 128 (O)
A court will only intervene in a sale by a curator if the sale was fraudulent or if prescribed formalities were not followed.
- 02
Kruger v Symington, 1958(2) SA 128 (O)
Even a sale below market value is not invalid if both parties are satisfied and the creditors have authorized the sale.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the sale of the farm was properly authorized by the creditors and conducted in good faith. The sale price was supported by independent valuations and reflected the probable market value, considering the circumstances and limitations on the property. There was no evidence of fraud or procedural irregularity. The applicants, as creditors and outsiders to the sale contract, could not claim greater rights than the contracting parties. Their remedy, if any, would be a subsequent claim for damages against the curators, not the setting aside of a bona fide sale. The application for an interdict was therefore dismissed.
Obiter and limits
- Legal practitioners are expected to present their clients' cases in clear and correct language; poor drafting reflects disrespect for the court and fails the client.
- The client should not be held liable for costs arising from substandard legal work by their representatives.
Court disposition
Application dismissed with costs.
- The application is dismissed with costs.
- No attorney and client costs are allowed for the drafting of the replying affidavit.
Source and reliance status
North Gauteng High Court, Pretoria
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
North Gauteng High Court, Pretoria
Judgment
NEE
RAPPORTEERBAAR
IN DIE HOOGGEREEGSHOF VAN SUID-lFRIKA
(Transvaalse Provinsiale Afdeling)
SAAK NO. 3 8444/08
DATUM:25/06/2010
In die saak tussen:
INYANGA TRADING 472 (EDMS) BPK............................................................ Eerste applikant
CARL
BUCHNER VOS N O.............................................................................Tweede applikant
CORNELIUS
JOHANNES VOS N O................................................................. Derde applikant
CARL
BUCHNER VOS..................................................................................... Vierde applikant
CORNELIUS
JOHANNES VOS..........................................................................Vyfde applikant
en
PAUL
DANIEL KRUGER N O........................................................................ Eerste respondent
SIMONE
LIEZL MOGARDIE N O.................................................................Tweede respondent
G J EHLERS BOERDERY (EDMS) BPK..................................................... Derde respondent
DIE
REGISTRATEUR VAN AKTES............................................................... Vierde respondent
UITSPRAAK
PRELLER R :
Die eerste applikant is 'n privaat maatskappy wat in hierdie aansoek verteenwoordig word deur ene Magda Vos, wat vermoedelik die enigste direkteur en aandeelhouer van die maatskappy is -sy is nie duidelik daaroor nie. Die tweede applikant is haar man, wat saam met die derde applikant die trustees van die Wilnette Familietrust was voordat dit gesekwestreer is. Hulle is in hulle persoonlike hoedanighede die vierde en vyfde applikante. Die egpaar se familieverbintenis met die vyfde applikant word nie vermeld nie. Die eerste twee respondente is die kuratore van die gesekwestreerde trust, en die derde respondent is die koper wat 'n plaas van die trust in sekwestrasie gekoop het van die eerste twee respondente. Die vierde respondent is net ampshalwe gevoeg as 'n party.
Die doel van die aansoek is om die eerste twee respondente te verbied om die plaas aan die derde respondent oor te dra hangende afhandeling van 'n aksie wat die eerste applikant beoog om in te stel vir die tersydestelling van die koopkontrak. Die gronde waarop dit beoog word om die transaksie aan te veg word nie in die verklaring vermeld nie en 'n mens moet dit maar raai van die applikante se bewering omtrent wat die inhoud van aanhangsel "M" tot die vestigende verklaring sou wees. Dit is 'n brief gedateer 21 Julie 2008 van die eerste applikant se prokureur van rekord. In die verklaring word beweer dat onder andere die volgende blyk uit die brief:
1. Die eiendom is verkoop sonder dat met die eerste applikant. wat 'n skuldeiser is, gekonsulteer is;
2. Die verkoping is nie in die belang van skuldeisers nie;
3.Die waarde van die plaas is minstens R 4 500 000.
Nie een van hierdie bewerings word egter in die brief gemaak nie.
Die tersaaklike feite van die saak is verstrengel in 'n massa irrelevanthede maar die volgende blyk wel uit die verklarings:
Die trust is op 28 Julie 2006 finaal gesekwestreer, en nadat die eerste applikant se aanbod aan die eerste twee respondente in November 2006 om die plaas aan te koop teen R 1 800 000 geweier is, het dieselfde partye in Maart 2008 'n koopkontrak ten opsigte van die plaas gesluit teen 'n koopprys van R 2 400 000. Die kuratore het opgetree kragtens 'n magtiging aan hulle verleen op die tweede vergadering van skuldeisers wat gehou is op 5 Oktober 2007. Dit het gebeur nadat die eerste applikant se prokureurs onderhandelings gevocr het met die Landbank, wat die houer van die eerste vier verbande oor die eindom is. Hy het die bank oorreed om hulle eis te skik op "n veel kleiner bedrag en het in die proses gewys op verskeie faktore wat die waarde van die eiendom verlaag, onder andere dat die spilpunte op die plaas nie aan die trust behoort nie, dat die waterregte aan 'n ongenoemde buitestaander behoort en dat 'n bejaarde egpaar met geen ander heenkome nie'n bewoningsreg op die plaas het. Die Landbank het op die tweede vergadering "n eis teen die boedel bewys vir "n bedrag van R 3 607 382.81. Die eerste applikant het Firstrand Bank Bpk se eis van R624 000 gekoop en het aldus 'n skuldeiser geword.
Die koopkontak het verval omdat die kopers nie in staat was om die nodige waarborge vir betaling van die koopprys te lewer nie.
Op 18 Julie 2008 het die kuratore die plaas aan die derde respondent verkoop teen R 3 600 000 netto. Hierbenewens moes hy nog 7.5 % agentekommissie plus AVB daarop betaal, wat die totale koopprys op R 3 907 800 te staan gebring het. Kort daarna het die kuratore
waardasies van die eiendom verkry van onderskcidelik R 3 900 000 en R 4 300 000. Die applikante heg daarenteen "n waardasie gedateer 4 Augustus 2008 by hulle aansoek aan waarvolgens die waarde van die plaas R 8 300 000 is. Al die waardasies is blykbaar gemaak op die foutiewe veronderstelling dat sowel die spilpunte op die plaas as die waterregte behoort aan die trust in sekwestrasie.
Die punt van dit alles is dat daar sedert die finale sekwestrasiebevel reeds feitlik twee jaar verloop het voordat die koop met die derde respondent gesluit is; intussen het die eerste applikant onderhandel met die Landbank en pogings aangewend om die plaas te koop; die eerste en mislukte koopkontrak wat tussen 'n gewillige koper en verkoper gesluit is, was vir 'n koopprys R 2 400 000; die twee waardasies wat die eerste twee respondente verkry het is in dieselfde orde as die prys waarteen die plaas nou verkoop is en daar is geen ander aanduiding van 'n aanbod of waardasie wat naby kom aan die bedrag van die applikante se waardasie nie. Ek meen dat op die waarskynlikhede die prys waarteen die plaas verkoop is, nie ver is van die ware markwaarde daarvan nie.
Die regsposisie van toepassing op hierdie feitestel is volledig en gesaghebbend oorweeg deur Botha R (soos hy toe nog was) in Kruger v. Symington, 1958(2) SA 128 (O). Ek is deur die advokate ook verwys na verskeie ander beslissings, maar soos ek hulle lees is geen wesenlike afbreuk gedoen aan die beginsels in Kruger nie. Dit kom daarop neer dat 'n hof alleen sal inmeng met 'n verkoping deur 'n kurator indien die verkoping bedrieglik was of indien daar nie aan die voorgeskrewe formaliteite van so 'n verkoping voldoen is nie. Mnr Cilliers het namens die applikante betoog dat die magtiging om die eindom te verkoop so gelees moet word dat die skuldeisers en die insolvent se beste belange steeds gedien word en dat ;n verkoping teen minder as die markwaarde 'n ongemagtigde een sal wees en dus onderhewig aan tersydestelling deur die hof. Hierdie interpretasie is egter lynreg in stryd met die uitspraak van Botha R dat selfs 'n verkoping teen minder as die markwaarde steeds nie ongeldig is nie. Dit moet onthou word dat beide partye tot die kontrak tevrede is met die terme daarvan en dat die skuldeisers dit gemagtig het. Met hulle besluit sal die hof in die afwesigheid van bedrog of "n ander onreelmatigheid nie inmeng nie. selfs as die verkoping onder die ware markwaarde is. Nie een van die partye sou die koopkontrak kon kanselleer nie. en die applikante as buitestaanders kan nie
meer regte he as die partye tot die kontrak nie. Die applikante as skuldeisers en ook weens die terugvallende belang wat hulle in die insolvente boedel het. se belange sou wel geraak word as die eiendom verkoop sou word teen minder as die markwaarde, maar hulle remedie is om agterna 'n skadevergoedingseis teen die kuratore in te stel indien hulle so geadviseer sou word. Aan 'n verkoping tc goeder trou kan hulle in hierdie stadium niks doen nie. Dit beteken na my mening die einde van die applikante se aansoek.
Ongelukkig vind ek dit nodig om iets te se omtrent die inhoud van die repliserende verklaring wat namens die applikante afgele is.
Prokureures sowel as advokate moet as deel van die akademiese kwalifikasie wat vereis word vir toelating tot hulle professie, op
universiteitsvlak slaag in 'n kursus in Engels. Dit is verder 'n regspraktisyn se werk om sy klient se saak in korrekte en duidelike
taal in pleitstukke en verklarings uiteen te sit. Die opsteller van die betrokke verklaring moes 'n toegelate regspraktisyn gewees het met die nodige akademiese kwalifikasies. Teen die tyd wat 'n gemiddelde Afrikaanssprekende leerling die laerskool verlaat weet hy minstens wat in Engels die verskil is tussen "is" en "are". Dit is maar een van die talle foute wat by herhaling in die verklaring voorkom en ek kan nie glo dat 'n praktiserende prokureur of advokaat nie van beter weet nie. Die verkeerde taalgebruik kan dus alleen opsetlik wees of anders weens growwe nalatigheid. Beide dui op blatante disrespek vir die hof voor wie hierdie stukke gcplaas word en die klient het duidelik nie van sy verteenwoordigers gekry waarop hy geregtig is nie, naamlik behoorlike professionele diens. Ek dink nie die klient behoort aanspreeklik gehou te word vir die koste van werk van hierdie swak gehalte nie.
Ek maak gevolglik die volgende bevel:
1. Die aansoek word van die hand gewys met koste.
2. Geen koste word soos tussen prokureur en klient toegelaat vir die opstel van die repliserende verklaring nie.
F
G PRELLER
REGTER
VAN DIE HOOGGEREGSHOF
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.