Janse Van Rensburg v Muller (9/94) [1995] ZASCA 136; 1996 (2) SA 557 (SCA); [1996] 1 All SA 353 (A); (23 November 1995)
- Citation
- [1995] ZASCA 136
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Joubert, Smalberger, Steyn, Harms, Van Coller
- Case number
- 9/94
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Joubert, Smalberger, Steyn, Harms, Van Coller
- Case number
- 9/94
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal held that section 82(1) of the Insolvency Act does not preclude the cession of a claim where the majority of creditors, in both value and number, have ratified the trustees' decision not to pursue litigation and to cede the claim to the insolvent's spouse. The court found that the statutory requirement for sale must be interpreted in light of the nature of the asset and the practical circumstances. In this case, the creditors were unwilling to incur the costs and risks of litigation and saw no practical benefit in retaining the claim. The cession was effected with the consent of the insolvent and did not prejudice the creditors, as the largest creditor (the Receiver of Revenue) did not object. The court concluded that the cession was valid and not contrary to public policy, as it was a bona fide exercise of the creditors' powers in the administration of the insolvent estate.
Court disposition
Appeal dismissed with costs.
Orders
- The appeal is dismissed with costs.
02
Material facts
Parties
J G Janse Van Rensburg
Appellant Counsel: Adv FourieE M Muller
RespondentAmounts and remedies
- Proven Claims at First Creditors' Meeting: ZAR 1,338,550.71
- Assets Realized From Insolvent Estate: ZAR 993,000
- Proven Claims at Second Creditors' Meeting: ZAR 2,616,000
- Shortfall in Insolvent Estate: ZAR 1,523,000
- Preferent Claim by Receiver of Revenue: ZAR 653,000
- Damages Claimed by Mrs Muller: ZAR 992,500
03
Procedural history
Posture
Civil Appeal / Appeal Against the Finding of Validity of Cession in the Court a Quo
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the cession of the claim for damages by the trustees to the insolvent's spouse was valid under the Insolvency Act and common law.
- 02
Whether the creditors had the legal authority to ratify the cession of the claim without consideration.
- 03
Whether the cession was contrary to public policy.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that section 82(1) of the Insolvency Act 24 of 1936 is peremptory in requiring the sale of all assets of the insolvent estate, and that the creditors lacked the legal power to cede the claim for damages to Mrs Muller without consideration. The cession was said to be in conflict with the statutory requirement for sale and thus invalid. The appellant also invoked public policy, contending that the transaction undermined the interests of creditors and the proper administration of insolvent estates.
- Respondent
- The respondent maintained that the Insolvency Act does not codify the common law of insolvency but modifies it, and that the trustees acted with the ratification of the majority of creditors in ceding the claim. The respondent argued that, given the circumstances—where creditors refused to pursue litigation or incur further costs—the cession was a practical and lawful solution, consistent with both statutory and common law principles. The respondent further contended that the cession was not against public policy, as it was done with the consent of the insolvent and did not prejudice the creditors.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Insolvency Act 24 of 1936, s 82(1)
Section 82(1) of the Insolvency Act requires the sale of all assets of the insolvent estate as instructed by creditors, unless otherwise provided.
- 02
Voet 42.7.7 and 42.3.8
The common law principle is that curators must realize the assets of the insolvent for the benefit of creditors, but the method of realization depends on the nature of the asset.
- 03
Fairlie v Raubenheimer 1935 AD 135
Creditors are masters of the realization process and may instruct the curator to abandon or cede claims if it serves the interests of the estate.
- 04
Fey NO and Whiteford NO v Serfontein and Another 1993 (2) SA 605 (A)
The cession of a claim by trustees, ratified by the majority of creditors and with the consent of the insolvent, is valid if the claim holds no practical value for the estate and the creditors refuse to pursue it.
- 05
Paruk and Others v Parker, Wood & Co Ltd 1917 AD 163
Actions by trustees and creditors must be bona fide and in the interests of the insolvent estate.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal held that section 82(1) of the Insolvency Act does not preclude the cession of a claim where the majority of creditors, in both value and number, have ratified the trustees' decision not to pursue litigation and to cede the claim to the insolvent's spouse. The court found that the statutory requirement for sale must be interpreted in light of the nature of the asset and the practical circumstances. In this case, the creditors were unwilling to incur the costs and risks of litigation and saw no practical benefit in retaining the claim. The cession was effected with the consent of the insolvent and did not prejudice the creditors, as the largest creditor (the Receiver of Revenue) did not object. The court concluded that the cession was valid and not contrary to public policy, as it was a bona fide exercise of the creditors' powers in the administration of the insolvent estate.
Obiter and limits
- The court noted that the Insolvency Act is not a complete codification of insolvency law and must be read together with common law principles unless expressly altered.
- The court observed that the practical realization of assets may require flexibility, especially where the asset is a claim of uncertain value and the creditors refuse to pursue it.
- The court remarked that the interests of both creditors and the insolvent are served by allowing the cession in circumstances where the asset holds no practical value for the estate.
Court disposition
Appeal dismissed with costs.
- The appeal is dismissed with costs.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
Saak nommer: 9/94 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPëLAFDELING
In die saak tussen:
J G JANSE VAN RENSBURG Appellant
en
E M MULLER Respondent
Coram: JOUBERT, SMALBERGER, STEYN, HARMS ARR et
VAN COLLER Wnd ARVerhoordatum: 2 November 1995
Datum van lewering: 23 November l995
UITSPRAAK
JOVBERT AR:
Op 29 Januarie 1990 het ene Odendaal 'n veldbrand op die appellant
("Van Rensburg") se plaas Snipfontein in die distrik Albertinia laat ontstaan.
Die wind het die veldbrand aangedryf na die nabygeleë plaas Schoemanshoek2 wat aan E A Muller ("die insolvent") behoort het en waarop aansienlike skade
deur die veldbrand aangerig is.Op 28 Maart 1991 is die boedel van die insolvent deur die Provinsiale Afdeling van die Kaap die Goeie Hoop voorlopig gesekwestreer. Mnre van Zyí en Coetzee is as voorlopige mede-trustees aangestel. Coetzee het op 17 April 1991 'n omsendskrywe aan alle bekende skuldeisers gerig waarin melding gemaak is van 'n moontlike skadevergoedingseis wat die insolvente boedel weens die skade deur die veldbrand berokken mag hê. "Die sukses van gemelde eis hang af van verskeie aspekte en ek sal eers op 'n latere stadium sinvol kan kommentaar lewer oor die sukses al dan nie van hierdie eis." Die finale sekwestrasie van die insolvente boedel het op 25 April 1991 plaasgevind. Die twee voorlopige mede-trustees is as mede-trustees aangestel.
Op 19 Junie 1991 is die eerste vergadering van skuldeisers gehou by welke geleentheid vyf eise ten bedrae van Rl 338 550-71 bewys is. 'n Omsendbrief is op 18 September 1991 aan alle bekende skuldeisers deur mede-trustee Coetzee gerig waarin melding gemaak is van mnr Wesley Vos, 'n3 regsverteenwoordiger, se regsadvies dat díe kanse van sukses van 'n siviele
aksie vir skadevergoeding teen Van Rensburg redelik goed is. "ín die lig van
die feit dat hierdie regstappe uiteraard sal gepaard gaan met kostes welke kostes
deur die insolvente boedel gedra sal moet word, sal ek dit op prys stel indien
u skriftelik kan bevestig of daar voortgegaan moet word met hierdie aksie, al
dan nie."
Daarop volg 'n verdere omsendbrief van 4 Desember 1991 waarin mede-trustee Coetzee bevestig "dat die meerderheid van skuldeisers geweier het om toestemming aan my te verleen om voort te gaan met die aangeleentheid, veral ook nou in die lig van die feit dat die Prokureur Generaal geweier het om mnr Van Rensburg krimineel aan te kla." Hy bevestig dan dat hy nie met die aangeleentheid voortgaan nie. Hy sluit soos volg af: "Dit blyk egter dat mev Muller (die insolvent se eggenote) bereid is om op haar eie koste voort te gaan met die aangeleentheid en ek gaan dus voort om die 'eis' aan haar te sedeer."
Op 23 Januarie 1992 ís die tweede vergadering van skuldeisers gehou waar mede-trustee Coetzee se verslag kragtens art 81(1) van die Insolvensíewet4 24 van 1936 aan die skuldeisers voorgelê is. Daaruit blyk dit dat die bates
van die insolvente boedel reeds te gelde gemaak is en R993 000 opgelewerhet terwyl die bewese skulde R2 616 000-00 bedra het. Daar was gevolglik 'ntekort van Rl 523 000-00. In 'n nota word na die skadevergoedingseis teenVan Rensburg soos volg verwys: "Ek het die aangeleentheid deeglik ondersoeken die bevindinge omtrent moontlike sukses aan alle skuldeisers voorgeíê. Die
meerderheid van skuldeisers in waarde en in getal het mv ondubbelsinnig
opdrag gegee om nie voort te gaan met die eis nie en die aangeleentheid is dus
daar gelaat." (My onderstreping). Volgens die resolusies wat op die
vergadering geneem is, is die verslag aanvaar en ratifíseer (para 11). Insgelyks
is alle optredes van die mede-trustees tot datum aanvaar en ratifiseer (para 1).
Die volgende wye magtiging is in para 2 aan die mede-trustees verleen:
"2 Dat die Kurator/s hiermee gemagtig word om enige uitstaande debiteure wat aan die boedel verskuldig is te vorder en vir hierdie doel om enige van die debiete te verkoop of te laat vaar vir enige bedrag en op terme en voorwaardes soos hy/hulle in sy/hulle eie diskresie mag goed dink of om die eise te laat vaar in sy/hulle eie dískresie wat hy/hulle mag dink oninvorderbaar mag wees of om regsaksie in te stel en/of prokureurs en/of advokaat in verband daarmee aan te stel vir die invordering van sodanige skuld, en om voort te gaan tot finaliteit of
5
bekragtiging van enige sulke regsaksies wat ingestel is of om dit te laat vaar ter enige tyd wat hy/hulle in sy/hulle eie diskresie mag goed dink, alíe regskostes so aangegaan om koste in die sekwestrasieproses te wees." Blykbaar het die mede-trustees as sedente na afloop van die tweede
vergadering op dieselfde dag 'n akte van sessie met mev Muller as sessionarisaangegaan. Die aanhef van die sessie bepaal die volgende:
"NADEMAALdie SEDENTE 'n skadevergoedingseis het teen J G
JANSE VAN RENSBURG
uit hoofde van 'n veldbrand wat die insolvent se plaas grotendeels vemietig het,
welke brand volgens bewering sy oorsprong gehad het op die plaaseiendom van
Van Rensburg
EN NADEMAAL
die SESSIONARIS, wie ook die solvente eggenote is van die insolvent, begerig
is om voort te gaan met regsstappe teen gemelde Van Rensburg
die meerderheid skuldeisers in die insolvente boedel van E A MULLER nie
bereid was om die mede-kurators te magtíg en opdrag te gee om in litigasie
teen die gemelde Van Rensburg betrokke te raak nie
alle skuldeisers in die insolvente boedel van E A Muller stilswyend toegestem
het dat die beweerde eis aan die SESSIONARIS sedeer mag word . "
Daarbenewens het klousule 1 soos volg gelui:
"SESSIE
Die SEDENTE sedeer en dra hiermee oor aan die SESSIONARIS al hul regte,
titel en belang in en tot die eis waama in die aanhef hiervan verwys word, oor."
6
Volledigheidshalwe moet vermeld word dat die Ontvanger van Inkomste 'npreferente eis van ongeveer R653 000-00 teen die insolvente boedel gehad het.Hy sou ongetwyfeld gebaat het by 'n suksesvolle verhaal van 'n skadevergoedingseis teen Van Rensburg. Desnietemin het hy nie aangedring op 'n sessie van die skadevergoedingseis aan hom nie. Hy het ook nie beswaar teen die sessie aan mev Muller geopper nie.
As sessionaris het mev Muller op 1 Desember 1992 in die Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop 'n aksie teen Van Rensburg vir die betaling van R992 500-00 skadevergoeding weens die brandskade ingestel. In sy verweerskrif het Van Rensburg aanspreeklikheid ontken. Hy het ook die geldigheid van die beweerde sessie tussen die mede-trustees en mev Muller in geskil geplaas.
Volgens paragraaf 3.3 van die minuut van die voor-verhoor samespreking in terme van Reël 37(1) van Eenvormige Hooggeregshof Reëls het Van Rensburg op 19 Oktober 1993 erken dat "die skuldeisers tydens die Tweede Statutêre Vergadering van Skuldeisers gehou te Albertinia op 237 Januarie 1992, die besluit van die mede-kuratore om die eis aan die Eiseres te
sedeer, geratifiseer het."
By die aanvang van die verhoor op 19 Oktober 1993 in die Hof a quo
was daar drie geskilpunte tussen die partye, naamlik:
1 Of die ontstaan en verspreiding van die veïdbrand aan ene Odendaal se nalatigheid te wyte was.
2 Of Van Rensburg middellik aanspreeklik vir Odendaal se nalatigheid is. 3 Of die sessie regsgeldig is.
Die Hof a quo het aldrie geskilpunte bevestigend beslis. By díe aanvang van die verhoor het die partye versoek dat die quantum van die skadevergoeding oorstaan vir afsonderlike beregting nadat vermelde geskilpunte besleg is. Verlof is aan Van Rensburg verleen om in hoër beroep na hierdie Hof te kom slegs teen die bevinding dat die sessie geldig is.
Adv Fourie. namens Van Rensburg, het hom in hierdie Hof beroep op art 82(1) van die Insolvensiewet 24 van 1936 ("Wet 24 van 1936") waarvan die relevante bepalings soos volg lui:
8
"Behoudens die bepalings van artikels drie-en-tagtig en negentig, moet die kurator van 'n insolvente boedel sodra hy daartoe gemagtig word op die tweede byeenkoms van die skuldeisers van daardie boedel, al die goedere in daardie boedel verkoop en wel op die wyse en voorwaardes wat die skuldeisers mag voorskrywe: . . . Met dien verstande dat, as die skuldeisers voor die finale sluiting van die tweede vergadering van skuldeisers van daardie boedel geen instruksies gegee het nie, die kurator die goedere by openbare veiling of openbare inskrywing moet verkoop: . . ." (My onderstreping)
Die bepalings van artikels drie-en-tagtig en negentig is irrelevant vir doeleindesvan adv Fourie se betoog. Sy betoog beklemtoon die feit dat die relevante
bepalings van art 82(1) gebiedend is vir soverre dit vereis dat daar 'n verkoopvan die insolvent se goedere moet plaasvind en dat die skuldeisers nie regtens
die bevoegdheid gehad het om te besluit om die vorderingsreg teen Van
Rensburg aan mev Muller te vervreem by wyse van die sessie daarvan sonder
teenwaarde. Die betrokke besluit is strydig met die bepaling van art 82(1) en
derhalwe is die sessie ongeldig. Hy het voorts 'n beroep op die openbare
belang (public policy) gedoen.
Wet 24 van 1936 is nie 'n kodifikasie van ons gemeenregtelike
insolvensiereg nie. Dit is gebaseer op laasgenoemde met modifikasies. Dit
9
volg dat ons gemeenregtelike insolvensiereg in samehang met die voorskrifte
van Wet 24 van 1936 toegepas moet word tensy dit die gemeenregtelike insolvensiereg wysig, verander of onversoenbaar daarmee is. Raadpleeg Fairlie v Raubenheimer 1935 AD 135 op p146 oor Wet 32 van 1916 die voorganger van Wet 24 van 1936, Fey NO and Whiteford NO v Serfontein and Another 1993 (2) SA 605 (A) op 613 B-I, Millman NO v Twiggs and Another [1995] ZASCA 62; 1995 (3) SA 674 (A) op p679 H - 680 B.
Van oudsher was 'n skuldenaar wat sy skulde nie kon vereffen nie se voorland in die Romeinse reg gevangesetting en lyfstraf gepaard met bestraffing van infamia. Die Lex Julia wat deur Julius Caesar of Keiser Augustus uitgevaardig is, het dit egter moontlik gemaak vir 'n skuldenaar om sy boedel aan sy skuldeiser of skuldeisers oor te gee (cessio bonorum) Sodoende het hy gevangesetting, lyfstraf en infamia vrygespring maar nie aanspreeklikheid vir sy onbetaalde skulde nie. Inst 4.6.40, Cod 2.12.14, D42.3.4. Die skuldeisers kon 'n curator aanstel om die boedelbates te gelde te maak. Cod 42.7.5. As die skuldenaar later bates verkry het, kon sy skuldeisers dít ook aanwend om10 aan hul skuldeise te voldoen. Buckland, A Text-Book of Roman Law, 2e
uitgawe, p645.
Die cessio bonorum van die Romeinse reg is in die Romeins-Hollandse
reg as die basis van vrywillige boedeïoorgawe deur 'n insolvente skuldenaar
oorgeneem. Volgens Van der Linden (1756-1835) in sy Verhandeling over de
Judicieele Practykcq. 1829, Eerste Deel Boek 2 Hoofstuk 31 para 1 het die
resepsie tussen 1462 en 1531 plaasgevind. Art 228 van d'Instructie van den
Hove van Hollandt, Zeelandt ende Vriesland. 20 Aug. 1531, 2 GPB op p758
bepaal:
Item, alle Mandementen van Cessien sullen inhouden onder ander de clausule omme te komen sien stellen Curateur van den goeden van den cedent, de welcke de handelinge ende administratie van den goeden hebben sal, tot anders by den Hove geordineert zy.
Raadpleeg Wessels, History of the Roman-Dutch Law. 1908, p661-673 en dr
William de Villiers, Die Ou-Hollandse Insolvensiereg en die Eerste Vaste
Insolvensiereg van de Kaap de Goede Hoop, proefskrif Leiden 1923, hoofstuk
4 p54-67. Die vernaamste Hollandse juriste het aandag geskenk aan cessio
bonorum. Ons stel veral belang ín die tegeldemaking van die insolvent se
11
bates. Die uitgangspunt was dat die insolvent eienaar of reghebbende van sybates bly totdat hulle deur die curator in opdrag van die skuldeisers verkoopword. Die effek van cessio bonorum was egter dat dit díe insolvent diebeskikkingsbevoegdheid en beheer oor sy bates ontneem het. Voortaan is dit
sy skuídeisers wat sy bates beheer en administreer deur middel van die curatorwat hulle aanwys. Hulle gee die curator instruksies hoe en wanneer die bates
in likwidasie van die hand gesit moet word.
Menochius (1532-1607) het die regspraktyk om die insolvent se bates
publiek te verkoop aan die hoogste bieder verkondig in sy De Arbitrariis
Judicum Ouaestionibus et Causis. (1605), lib 2 Centuria Secunda Casus 189
num 19, soos volg:
Praxis autem cessionis est, ut cessione facta a debitore secundum vel iuris communis, vel statuti despositionem, curator detur bonis cessis, et illius auctoritate hastae subjiciantur, plusque offeranti vendantur . . .
Síen ook Wassenaer, Pracktyck Judicieel. 1746, deel cap 18 para 37.
Die publieke verkoping waarna Menochius loc cit verwys, is 'n
regspraktyk en nie 'n Wet van Mede en Perse nie. Daar is twee passasies van
12
Voet (1647-1713) wat relevant is ten opsigte van die tegeldemaking van dieinsolvent se bates. In 42.7.7 stel hy die algemene beginsel (vertaal deur Gane) soos volg: "It seems at any rate that we may broadly lay down that curators assigned for goods can and ought to seize all property of embarrassed debtors, administer it and sell it for as high a price as they can." (My onderstreping). Ook in 42.3.8 handel Voet met die verkoop van die insolvent se bates, soos vertaal deur Gane, op die volgende wyse: "The effect of surrender on the side of the creditors is that they can and ought to sell off all goods which have accrued under the surrender, after a curator of the goods has been assigned for that purpose. They are not to be allowed to keep back surrendered goods for themselves in right of ownership and to split them among themselves. Nay they can only safeguard themselves from loss by the remedy of selling, in so far as the nature of the goods allows, so that they cannot acquire the ownership of such property for themselves even by right of prescription. It is one thing to surrender goods and another thing to give one's property to creditors in payment Cod 7.71.4, Cod 7.72.6 together with D42.7.5." (My onderstreping).
13
Die woorde "in so far as the nature of the goods allows" dien as vertaling vanVoet se Latynse woorde: quatenus substantia patitur. In Cape of Good Hope Bank v Mellé 10 SC 280 op p289 het Hoofregter DE VILLIERS na die Romeins-Hollandsereg in hierdie verband soos volg verwys: ". . .and where the debtor had made a cessio bonorum, the Dutch Law did not permit any secured creditor to sell the things pledged, but conferred the right to possess and sell them on the curator bonis appointed to administer the estate (Voet 42.7.7, and Voet 42.3.8)."
Die doel van die tegeldemaking van die insolvent se bates is om die belange van die skuldeisers sowel as die belange van die insolvent te dien. Daarom geskied dit deur die curator op instruksies van die skuldeisers. Laasgenoemde word daardeur verhinder om eiehandig die bates onder hulself te verdeel of toe te eien. Andersyds word die belange van die insolvent ook beskerm aangesien hy op die oorskot van die opbrengs, nadat die vorderinge van die skuldeisers betaal is, geregtig is (Voet 42.3.9). Die skuldeisers moet bona fide en in belang van die insolvente boedel optree. Paruk and Others v14 Parker. Wood & Cn Ltd 1917 AD 163 op p168.
Wat betref die submissies van adv Fourie is dit wel so dat art 82(1)
verorden dat al die bates van die boedel verkoop moet word "en wel op diewyse en voorwaardes wat die skuldeisers mag voorskrywe ..." In dieonderhawige geval is E A Muller se boedel hopeloos insolvent met 'n tekortvan Rl 523 000-00 wat dit gebiedend maak dat 'n verkoping van al die
boedelbates moet geskied. Dit is egter nie die finale antwoord wat dievorderingsreg teen Van Rensburg vir skadevergoeding weens die veldbrandbetref nie. Voet 42.3.8 bevat 'n belangrike vereiste naamlik "in so far as the
nature of the goods allows" (quatenus substantia patitur). Dit is denkbaar dat
die publieke verkoop van bederfbare produkte praktiese probleme vir 'n
spoedige tegeldemaking mag oplewer. Die betrokke vorderingsreg het
oênskynlik 'n groot intrinsieke waarde waarvan die bedrag skadevergoeding wat
mev Muller van Van Rensburg eis 'n aanduiding is. Desnieteenstaande het die
Ontvanger van Inkomste as die grootste skuldeiser in waarde geen belang gestel
om die sessie van die skadevergoedingseis te bekom nie. Wat meer is, hy het15 geen beswaar teen die sessie aan mev Mulier geopper nie. Die meerderheidvan skuldeisers in waarde en getal was nie bereid om die mede-trustees opdragte gee om die skadevergoedingseis teen Van Rensburg in te stel nie. Hulle wou
nie in litigasie met Van Rensburg betrokke raak nie. Hulle wou ook nie die
finansiering en risiko van die litigasie op hulle neem nie. Andersyds wou hulle
ook nie die skadevergoedingseis te gelde maak nie. Dit sou addisionele
onkoste van advertensies en verkoping meebring. "In so far as the nature of
the goods allows" het die skuldeisers in die besondere omstandighede van die
onderhawige geval die besluit van die mede-trustees om die
skadevergoedingseis aan mev Muller te sedeer, geratifiseer soos Van Rensburg
in para 3.3 van die voor-verhoor samespreking se minuut erken het. Dit is
duidelik dat die skuldeisers in die onderhawige geval nie die risiko van die
skadevergoedingseis wou aandurf nie. Die skadevergoedingseis het vir die
skuldeisers geen praktiese betekenis en nut gehad nie. Hulle ís regtens
meesters van die tegeldemaking van die insolvente boedel se bates. Hulle
optrede was geoorloofd. Die sessie het geskied met instemming van die
16
insolvent. Dit volg na my oordeel dat die sessie geldig is en geensins in stryd
met die openbare belang is nie. Die appèl word afgewys met koste.
C.P. JOUBERT APPèLREGTER STEM SAAM SMALBERGER AR STEYN AR HARMS AR VAN COLLER Wnd AR
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.