Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

Janse Van Rensburg v Prokureursorde van die Vrystaat (3607/2013 , 4935/2013) [2014] ZAFSHC 52 (17 April 2014)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that Ms Gouws, the principal, had in substance practised for her own account for the requisite period, managing her own files and earning commission, and was competent to supervise the applicant. The respondent had registered the articles without objection, and the applicant had completed her term and passed all examinations. The court held that the statutory purpose was achieved and that denying admission would be unfair. The articles were valid, and the applicant was entitled to admission as an attorney, subject to the issuance of the required certificate by the respondent.

Court disposition

Application granted. The applicant is declared to have substantially complied with the Attorneys Act and is entitled to admission as an attorney, subject to certification.

Orders

  • It is declared that the applicant has substantially complied with the provisions of the Attorneys Act 53 of 1979 and is entitled to be admitted as an attorney of this Court.
  • The application is postponed sine die for the issuance of the certificate contemplated in section 16(a) of Act 53 of 1979.
  • No order as to costs.

02

Material facts

Parties

Juanita Janse Van Rensburg

Applicant Counsel: Adv. S. J. Reinders

Die Prokureursorde van die Vrystaat

Respondent Counsel: Adv. P.C.F van Rooyen SC

03

Procedural history

  1. Posture

    Review Application / Application for Declaratory Relief and Admission as Attorney

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicant contended that she had substantially complied with the requirements of the Attorneys Act, as her principal, Ms Gouws, had been practising as an attorney for nearly five years and had managed her own files and earned commission. The applicant argued that the respondent had registered her articles and raised no objection at the time, and that she had completed her full term and passed all required examinations. She submitted that denying her admission would be unfair given her compliance and the principal's competence.
Respondent
The respondent argued that the articles of clerkship were null and void because Ms Gouws had not practised for three years on her own account as required by section 3(1) of the Attorneys Act at the time the contract was signed. The respondent relied on the mandatory wording of the statute and cited case law supporting strict compliance. The respondent maintained that the applicant's contract was invalid and that she would need to restart her training and retake all examinations.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Maharaj and Others v Rampersad 1964 (4) SA 638 (A)

    Substantial compliance with statutory requirements may suffice if the object of the statute is achieved, even if strict compliance is lacking.

  2. 02

    Ex parte Mothuloe (Law Society, Transvaal, intervening) 1996 (4) SA 1131 (T)

    The purpose of the Attorneys Act is to ensure that candidate attorneys receive proper training under a suitably qualified principal before admission.

  3. 03

    Law Society of the Northern Provinces v Mahon 2011 (2) SA 441 (SCA)

    A contract for articles of clerkship is not void if the principal is not strictly qualified, provided the Law Society accepts the service as valid.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that Ms Gouws, the principal, had in substance practised for her own account for the requisite period, managing her own files and earning commission, and was competent to supervise the applicant. The respondent had registered the articles without objection, and the applicant had completed her term and passed all examinations. The court held that the statutory purpose was achieved and that denying admission would be unfair. The articles were valid, and the applicant was entitled to admission as an attorney, subject to the issuance of the required certificate by the respondent.

Obiter and limits

  • Each case must be decided on its own facts; the circumstances here are exceptional and unlikely to recur.
  • The applicant did nothing wrong and should not be penalized for technical statutory interpretation issues.

Court disposition

Application granted. The applicant is declared to have substantially complied with the Attorneys Act and is entitled to admission as an attorney, subject to certification.

  • It is declared that the applicant has substantially complied with the provisions of the Attorneys Act 53 of 1979 and is entitled to be admitted as an attorney of this Court.
  • The application is postponed sine die for the issuance of the certificate contemplated in section 16(a) of Act 53 of 1979.
  • No order as to costs.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2014] ZAFSHC 52

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

Saaknommer: 3607/2013

4935/2013

In die aansoek van:-

JUANITA

JANSE VAN RENSBURG ….........................................................................Applikant

en

DIE

PROKUREURSORDE VAN DIE VRYSTAAT ….............................................Respondent

CORAM: ERASMUS, Wn RP et KRUGER, R

UITSPRAAK DEUR: KRUGER,

R

AANGEHOOR OP: 14 APRIL 2014

GELEWER OP: 17 APRIL 2014

[1] Die applikant wil graag toegelaat word as prokureur. Die respondent se probleem is dat die persoon met wie sy op 12 Mei 2011 haar leerkontrak gesluit het, skynbaar nie op daardie datum reeds vir drie jaar vir eie rekening of as vennoot in ‘n prokureursfirma gepraktiseer het nie, soos bedoel in artikel 3(1)(i)(i) van die Wet op Prokureurs 53 van 1979 (die Wet). Die applikant se aansoek om toelating (Saak 3607/2013) is op 19 September 2013 van die rol verwyder. In aansoek 4935/2013 vra die applikant vir ‘n verklarende bevel dat haar voormelde leerkontrak geag word ‘n leerkontrak te wees soos in die Wet bedoel. Die respondent het ‘n opponering geliasseer saam met ‘n kennisgewing ingevolge Hofreël 6(5)(d)(iii) dat hy regspunte wil opper. Daardie regspunte is vervat in Mnr Van Rooyen, wat vir die respondent verskyn, se betooghoofde.

[2] Artikel 3(1) van die Wet bepaal:

“’n Kandidaat-prokureur word onder leerkontrak in diens geneem of gehou slegs deur iemand wat die beroep van prokureur beoefen –

(a) Vir eie rekening; of

(b) as vennoot in ‘n prokureursfirma; of

...,

(i)(i) wat, indien hy of sy ‘n prokureur is wat aldus vir eie rekening of as vennoot in ‘n prokureursfirma ... praktiseer ... vir ‘n tydperk van drie jaar ... aldus gepraktiseer het of in diens was

...”.

[3] In haar aanvanklike aansoek om toelating as prokureur sê die applikant die volgende:

“9.6 Nadat ek my voorgeskrewe eksamens geslaag het en dus myself bekwaam het om toegelaat te word as prokureur van die Agbare Hof, en in die voorbereiding van my aansoek daarvoor, is dit vasgestel dat my leerkontrak met my prinsipaal nie aan die bepalings van Artikel 3 van die Wet voldoen nie, aangesien sy op daardie stadium nie reeds vir drie jaar vir eie rekening gepraktiseer het nie.”

Die aangeleentheid is toe met die respondent opgeneem, wat van mening was dat ‘n nuwe leerkontrak aangegaan en geregisteer moes word en dat die applikant dan by die hof aansoek moet doen dat die applikant se onreëlmatige diens onder die eerste leerkontrak reëlmatig verklaar word. Die applikant sê die respondent het nie beswaar teen sodanige reëling gehad nie. Die applikant sê in haar toelatingsaansoek saak 3607/2013 dat sy nie ‘n nuwe leerkontrak wou aangaan nie omdat haar dienstydperk onder haar leerkontrak op 13 Mei 2013 verstryk het, bykans ‘n maand na sy die brief van die respondent ontvang het. Sy het die laaste maand van haar leerkontrak voltooi en uitvoering daaraan gegee. Hoewel dit uit saak 4935/2013 blyk dat applikant op 17 September 2013 ‘n leerkontrak met Mnr Pieter Schuurman aangegaan het, steun Mnr Reinders nie daaop nie en laat ons dit buite rekening vir doeleindes van hierdie uitspraak.

[4] Die applikant sê dat sy reeds sedert 1 Julie 2012 onder toesig en leiding van Mnr Schuurman, ‘n prokureur soos bedoel in artikel 3(1) van die Wet, diens verrig het. Sy het dus die respondent versoek om haar toe te laat om vir ‘n addisiondele

verdere periode tot 1 Julie 2014 diens onder Mnr Schuurman te verrig. Dit sou beteken dat sy vir ‘n volle twee jaar tydperk onder toesig en leiding van Mnr Schuurman diens in terme van die leerkontrak verrig het. Die respondent was nie bereid om toe te stem tot ‘n bevel dat applikant se dusdanige langer diens in orde sou wees vir toelating nie.

[5] Die feitelike situasie van Me Gouws, die prokureur met wie applikant op 12 Mei 2011 haar leerkontrak aangegaan het, is soos volg:

(1) Vanaf Januarie 2005 tot Februarie 2006: kandidaatprokureur by Hill, McHardy & Herbst.

(2) Sy is op 2 Maart 2006 as prokureur die hierdie hof toegelaat en praktiseer sedert daardie datum as prokureur by Hill, McHardy & Herbst Ingelyf.

(3) Op 13 Maart 2006 het die Griffier van hierdie hof ‘n sertifikaat uitgereik waarin gesertifiseer word dat sy verskyningsbevoegdheid het in hierdie afdeling van die Hoë Hof.

(4) Op 1 Maart 2011 is sy as direkteur van Hill, McHardy & Herbst Ingelyf aangestel.

(5) Ten alle tye sedert haar toelating as prokureur in 2006, en reeds voor haar aanstelling as direkteur van Hill, McHardy & Herbst Ingelyf, het sy haar eie kantoor bestuur en alle administrasie in verband daarmee hanteer en behartig.

(6) Gedurende die tydperk wat sy as professionele assistent by Hill, McHardy & Herbst Ingelyf gepraktiseer het, voordat sy as direkteur aangestel is, het Me Gouws nie slegs ‘n vaste salaris ontvang nie, maar ook kommissie ten opsigte van die sake en aangeleenthede wat sy hanteer het. Sy het dus haar eie kantoor bestuur, asook haar eie lêers en sake behartig, waarop sy kommissie verdien het.

(7) Tydens die aangaan van die leerkontrak tussen applikant en Me Gouws op 12 Mei 2011 het Me Gouws reeds vir bykans vyf jaar as prokureur gepraktiseer waar sy haar eie lêers en sake behartig het en kommissie verdien het op die werk wat sy gedoen het.

[6] Die vraag is nou of Me Gouws voldoen het aan die vereistes van artikel 3(1) van die Wet op 12 Mei 2011 toe sy die leerkontrak

geteken het. Sy was nie ‘n vennoot nie, dus kwalifiseer sy nie onder artikel 3(1)(b) nie. Het sy vir eie rekening

gepraktiseer? Met die eerste oogopslag verwys artikel 3(1)(a) na ‘n eenmansfirma. In Estate Agents Board v Swart and Others 1999 (1) SA 1097 (T) te 1105C–D bespreek die hof die frase “on his own account” met verwysing na die Wet op Eiendomsagentskapsaangeleenthede 112 van 1976 en sê Ngoepe R dat daardie frase vir hom beteken iemand wat alleen as die eienaar as eiendomsagent praktiseer. Daar is egter geen rede, veral in die hedendaagse besigheidswêreld, waarom ‘n prokureur, wat saam met ander prokureurs in dieselfde firma of kantoor werk, nie vir eie rekening kan werk nie.

[7] Dis belangrik om daarop te let dat daar geen bewering of insinuasie is dat Me Gouws iets onbehoorliks gedoen het nie. Die feit dat sy die leerkontrak aangegaan het dui daarop dat sy en die ander senior prokureurs in die welbekende firma van Hill, McHardy & Herbst Ingelyf onder die indruk was dat sy by magte was om die leerkontrak aan te gaan. Daar is baie min, indien enige,

prokureurs wat nie weet dat slegs prokureurs wat vir drie jaar lank hul eie praktyk behartig het, by magte is om ‘n leerkontrak aan te gaan nie.

[8] Hierdie is nie ‘n kondonasie aansoek nie, soos Mnr Van Rooyen aantoon. Kondonasie is nie ter sprake nie. Met verwysing na Law Society of the Northern Provinces v Mahon 2011 (2) SA 441 (HHA) par [19] wys hy daarop dat die wesenlike vraag is of hier ‘n geldige kontrak is. In Ex parte Singer; Law Society, Transvaal, Intervening 1984 (2) SA 757 (A) was die applikant op die rol van advokate toe die leerkontrak aangegaan is, en was die leerkontrak dus nietig. Mnr Van Rooyen steun op die ongerapporteerde saak van Ex parte Dale Barratt, Transvaalse Provinsiale Afdeling Saak 7049/08, 6 Junie 2008. In daardie saak het die prinsipaal reeds drie leerklerke gehad toe hy die applikant se leerkontrak wou laat registreer, en die respondent het geweier om die applikant se leerkontrak te registreer. Die applikant het die hof gevra om te verklaar dat die tydperk wat sy vir die prinsipaal gewerk het terwyl hy meer as drie leerklerke gehad het, as reëlmatig aangemerk word. Die hof was nie bereid om dit te doen nie, want dit was nie ‘n geldige kontrak nie. Die bedoeling van die Wet is dat die prinsipaal voldoende tyd en aandag aan ‘n leerklerk moet spandeer, en drie leerklerke is te veel.

[9] Die Respondent se saak is dat in die huidige geval die leerkontrak nietig is omdat Me Gouws nie reeds vir drie jaar vir haar eie rekening gepraktiseer het op die datum toe sy die leerkontrak aangegaan het nie. Die vraag voor hierdie hof is of, op die feite, bevind kan word dat Me Gouws op 12 Mei 2011 reeds vir drie jaar vir haar eie rekening gepraktiseer het.

[10] Mnr Reinders wys daarop dat artikel 3 ‘n beletsel teen die prinsipaal daarstel. Die opskrif van artikel 3 is “Wie

kandidaat-prokureurs in diens kan neem”. Artikel 10(2) bepaal dat diens wat deur ‘n kandidaat-prokureur verrig is vir ‘n gediskwalifiseerde prinsipaal deur die prokureursorde aanvaar kan word as geldig vir doeleindes van die Wet. Dit dui daarop dat die kontrak waaronder daardie diens gelewer is, nie nietig is nie. Die applikant het niks verkeerd gedoen nie.

[11] In sy aanvullende betooghoofde sê Mnr Van Rooyen dat die bepalings van artikel 3 gebiedend is. Hy beklemtoon die gebruik van die woord “slegs” in artikel 3(1) se inleidende gedeelte (hierbo aangehaal).

[12] In Maharaj and Others v Rampersad 1964 (4) SA 638 (A) het waarnemende appèlregter Van Winsen met ‘n wetsbepaling gewerk wat, net soos artikel 3(1) gebiedend is. Dit gaan daar oor goedkeurings vir padvervoer. Die geleerde appèlregter vind dat daar gevalle kan wees waar die hof beslis dat, hoewel die posisie nie identies is met wat dit behoort te wees, is die wetsvereiste nagekom (646D-E). Hy sê (te 646C-E):

“The enquiry, I suggest, is not so much whether there has been “exact” “adequate” or “substantial” compliance with this injunction but rather whether there has been compliance therewith. This enquiry postulates an application of the injunction to the facts and a resultant comparison between what the position is and what, according to the requirements of the injunction, it ought to be. It is quite conceivable that a Court might hold that, even though the position as it is is not identical with what it ought to be, the injunction has nevertheless been complied with. In deciding whether there has been a compliance with the injunction the object sought to be achieved by the injunction and the question of whether this object has been achieved are of importance.”

[13] Die doel van die Wet op Prokureurs is dat leerklerke behoorlike onderrig ontvang en slegs as prokureurs tot die professie toegelaat

word nadat hulle volledige lering ontvang het en die nodige eksamens afgelê het en geskikte en bevoegde persone is. In Ex parte Mothuloe (Law Society, Transvaal, intervening) 1996 (4) SA 1131 (T) op 1138D-E spreek Van Dijkhorst R hom uit ten gunste van die tendens dat wetsuitleg wegbeweeg vanaf die streng wettiese na die vraag oor wat die wese van die bepalings is met inagneming van die feite van die betrokke geval. Die bedoeling van die wetgewer is dat toegang tot die prokureursberoep streng beheer word by wyse van sekere minimum standaarde in die openbare belang (1138F-G). Die wetsbepaling moet op die feite toegepas word. Volgens die feite in die huidige saak het Me Gouws baie

ervaring gehad voor sy die leerkontrak geteken het, en sy het op daardie stadium reeds vir nagenoeg vyf jaar haar eie praktyk behartig. Kennelik het niemand in die bestuur van die firma getwyfel dat sy die leerkontrak kon aangaan nie, anders sou hulle

haar gekeer het, en reëlings getref het dat een van die direkteure die leerkontrak teken.

[14] Mnr van Rooyen sê met verwysing na Mahon se saak, par [30], dat die subjektiewe posisie van die applikant nie ‘n rol moet speel by beslissing van hierdie aansoek nie. Mnr Reinders wys daarop dat in Mahon se saak die eerste drie maande kontrak tussen die partye ‘n proef-kontrak was. Dit was nie by die orde geregistreer nie. Daar was in Mahon geen behoorlik-voltooide kontrak nie. Hier wel.

[15] Voordat applikant toegelaat kan word as prokureur moet die respondent ‘n sertifikaat bedoel in artikel 16(a) van die Wet uitreik wat bevestig dat die applikant ‘n geskikte en gepaste persoon is om as prokureur toegelaat te word. Sodanige sertifikaat is nog nie uitgereik nie.

[16] Die applikant se leerkontrak is deur die repondent geregistreer soos bedoel in artikel 5 van die Wet. Dis in teenstelling met die feite in Barratt se saak, waarop Mnr Van Rooyen steun, waar die respondent geweier het om die leerkontrak te registreer omdat daar reeds drie leerklerke by die prinsipaal was. Geen beswaar is in die huidige geval deur die respondent geopper toe applikant die leerkontrak wou registreer nie. Die applikant het haar volle termyn van twee jaar as leerklerk gedien en al die nodige ondervinding opgedoen en eksamens afgelê en geslaag. Dis nie in geskil dat sy ‘n geskikte persoon is om as prokureur toegelaat te word nie. Nou sê die respondent die leerkontrak was nietig. Sy moet nou van voor af begin. Volgens Mnr van Rooyen sal sy alle eksamens moet oordoen.

[17] Kyk mens na die bedoeling van die Wet, naamlik dat applikant by ‘n behoorlik toegeruste persoon moet leer, wat sy of haar eie praktyk hanteer, is daaraan voldoen. In hierdie saak, waar die applikant niks verkeerd gedoen het nie, en haar prinsipaal behoorlik bekwaam was, moontlik nie volgens ‘n streng uitleg van die Wet nie, sou dit onbillik wees om die applikant toegang tot die beroep te weier in die lig van die omstandighede van hierdie saak.

[18] Me Gouws was op die stadium toe sy die leerkontrak geteken het ‘n prokureur wat reeds vir drie jaar vir haar eie rekening gepraktiseer het soos bedoel in artikel 3(1)(a). Ek verloor nie die bepalings van artikel 41(1), wat bepaal dat ‘n praktisyn wat vir eie rekening praktiseer in besit moet wees van ‘n getrouheidsfondssertifikaat, uit die oog nie. Omdat Me Gouws vanaf 1 Maart 2011 ‘n direkteur van die firma was, sou sy ‘n getrouheidsfondssertifikaat gehad het toe sy die leerkontrak op 11 Mei 2011 onderteken het. Artikel 3(1)(a) moet vir doeleindes van die huidige aansoek geïnterpreteer word sodat dit nie meer vereis as die tipe praktyk vir eie rekening wat Me Gouws bedryf het nie. Die leerkontrak wat sy op 12 Mei 2011 met die applikant gesluit het was geldig en in ooreenstemming met die vereistes van artikel 3(1) van die Wet.

[19] Mnr van Rooyen sê ons moet waak teen die skep van ‘n presedent. Elke saak word op sy eie feite beslis. Die feite van hierdie aansoek is so ongewoon dat dit moeilik is om te dink dat ‘n soortgelyke saak sal opduik.

[20] ‘n Bevel moet uitgereik word ooreenkomstig die konsepbevel vervat in die Aanvullende Praktyksnota van applikant se advokaat:-

BEVEL

1. Die word verklaar dat die applikant wesenlik voldoen het aan die bepalings van die Wet op Prokureurs 53 van 1979 en dat sy daarop

geregtig is om as prokureur van hierdie Hof toegelaat te word.

2. Die aansoek word sine die uitgestel vir die uitreiking van ‘n sertifikaat bedoel in artikel 16(a) van Wet 53 van 1979.

3. Geen kostebevel word gemaak nie.

______

A. KRUGER, R

Ek stem saam.

______

N.C. ERASMUS, Wn RP

Namens Applikant: Adv. S. J. Reinders

In opdrag van:

Hill McHardy & Herbst

BLOEMFONTEIN

Namens Respondent: Adv. P.C.F van Rooyen SC

In opdrag van:

Phatshoane Henney Ing.

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Estate Agents Board v Swart and Others 1999 (1) SA 1097 (T)

Case cited

Law Society of the Northern Provinces v Mahon 2011 (2) SA 441 (SCA)

Case cited

Ex parte Singer; Law Society, Transvaal, Intervening 1984 (2) SA 757 (A)

Case cited

Ex parte Dale Barratt, Transvaalse Provinsiale Afdeling Saak 7049/08, 6 Junie 2008

Case cited

Maharaj and Others v Rampersad 1964 (4) SA 638 (A)

Case cited

Ex parte Mothuloe (Law Society, Transvaal, intervening) 1996 (4) SA 1131 (T)

Case cited

Attorneys Act 53 of 1979

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.