Download PDF

South Africa Judgment

Northern Cape High Court, Kimberley

JDG Trading (Edms) Beperk v Louw and Another (48/2006) [2006] ZANCHC 80 (10 February 2006)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the agreement between the applicant and the first respondent, although styled as a loan agreement, was in substance a credit agreement intended to facilitate the purchase of furniture. The court agreed with the magistrate that the transaction fell under the Credit Agreements Act, which is designed to protect consumers. The magistrate's refusal to grant judgment was a final order, and the appropriate remedy for the applicant was to appeal, not to seek declaratory relief from the High Court. The court expressed serious doubts about the validity and enforceability of such simulated loan agreements, which attempt to circumvent statutory consumer protections. Accordingly, the application was dismissed.

Court disposition

Application dismissed.

Orders

  • The applicant's application is dismissed.

02

Material facts

Parties

JDG Trading (Edms) Beperk

Applicant Counsel: Adv MH Wessels

Sylvia Meisiekind Louw

Respondent

Magistrate for the District of Kimberley

Respondent

Amounts and remedies

  • Monthly Payment Offered by First Respondent: ZAR 200

03

Procedural history

  1. Posture

    Declaratory Application / First Instance Judgment

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicant contended that the agreement with the first respondent was a valid loan agreement, enforceable between the parties, and sought a declaratory order to that effect. The applicant argued that the magistrate did not issue a final order and that the High Court could grant declaratory relief. The applicant further submitted that the written consent by the first respondent entitled the applicant to judgment and a salary attachment order under section 58 of the Magistrates' Courts Act.
Respondent
The first respondent did not oppose the application. The second respondent (the magistrate) provided written reasons for refusing judgment, stating that the transaction was in substance a credit agreement governed by the Credit Agreements Act, and therefore judgment under section 58 of the Magistrates' Courts Act could not be granted.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Credit Agreements Act 75 of 1980

    A court may refuse to grant judgment when the transaction is governed by the Credit Agreements Act, which aims to protect credit consumers.

  2. 02

    Section 83(d) Magistrates' Courts Act 32 of 1944

    Where a magistrate issues a final order refusing judgment, such order is subject to appeal.

  3. 03

    Maize Board v Jackson 2005(6) SA 592 (SCA) at 596 E-F

    Parties may not disguise the true nature of their transaction to circumvent statutory protections; the court must ascertain the real substance of the agreement.

  4. 04

    Michau v Maize Board 2003(6) SA 459 (SCA) at 463

    The burden of proof lies on the party alleging that a contract is simulated and of a different nature than its ostensible form.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the agreement between the applicant and the first respondent, although styled as a loan agreement, was in substance a credit agreement intended to facilitate the purchase of furniture. The court agreed with the magistrate that the transaction fell under the Credit Agreements Act, which is designed to protect consumers. The magistrate's refusal to grant judgment was a final order, and the appropriate remedy for the applicant was to appeal, not to seek declaratory relief from the High Court. The court expressed serious doubts about the validity and enforceability of such simulated loan agreements, which attempt to circumvent statutory consumer protections. Accordingly, the application was dismissed.

Obiter and limits

  • The practice of disguising credit agreements as loan agreements to obtain salary attachment orders is questionable and has not been judicially tested in the High Court divisions.
  • General allegations about the prevalence of such agreements in the furniture industry and other provinces are irrelevant and inadmissible.
  • The primary purpose of the Credit Agreements Act is to protect consumers, and attempts to evade its provisions undermine its objectives.

Court disposition

Application dismissed.

  • The applicant's application is dismissed.

Source and reliance status

Northern Cape High Court, Kimberley

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Northern Cape High Court, Kimberley

Judgment

[2006] ZANCHC 80

Verslagwaardig: Ja / Nee

Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee

Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(Noord-Kaapse Afdeling)

Saaknommer: 48\2006

Datum Verhoor: 2006\02\03

Datum Gelewer: 2006\02\10

In die saak van:

JDG TRADING (EDMS) BEPERK APPLIKANT

versus

SYLVIA

MEISIEKIND LOUW EERSTE RESPONDENT

LANDDROS

VIR DIE DISTRIK TWEEDE RESPONDENTVAN KIMBERLEY

Coram:

MAJIEDT

R

UITSPRAAK

MAJIEDT R:

Die applikant nader hierdie Hof vir ‘n verklarende bevel dat die ooreenkoms gesluit tussen die applikant en die eerste respondent, waarvolgens die applikant aan die eerste respondent geld geleen en voorgeskiet het, ‘n leningsooreenkoms is en verder dat hierdie leningsooreenkoms ‘n regsgeldige ooreenkoms is wat afdwingbaar is tussen die applikant en die eerste respondent. Die applikant vra ook dat vonnis verleen word in sy guns teen die eerste respondent in ooreenstemming met die skriftelike toestemming wat die eerste respondent onderteken het ingevolge die bepalings vervat in artikel 58 van die Wet op Landdroshowe, 32/1944 (“die Wet”) . Die applikant vra verder dat ‘n besoldigingsbeslagbevel ingevolge eerste respondent se skriftelike onderneming daartoe in terme van artikel 58 soos gelees met artikel 65A van die Wet uitgereik word. Laastens versoek die applikant koste van die

aansoek indien dit geopponeer word. Die aansoek was nie bestry deur enige van die respondente nie, alhoewel die tweede respondent volledige skriftelike redes verskaf het ingevolge Landdroshofreël 51.

2.1 Die applikant dryf handel as ‘n meubelhandelaar sub nom Joshua Doore, onder andere in Kimberley. Die eerste respondent het sekere meubels aangekoop by die applikant. Daar is toe ‘n ooreenkoms, Aanhangsel “A” tot die funderende eedsverklaring in hierdie aansoek, tussen die partye gesluit, welke ooreenkoms as ‘n “Loan Agreement” bestempel word in die kopstuk daarvan.

2.2 Die leningsbedrag stem presies ooreen met die aankoopprys van die meubels wat deur die eerste respondent aangekoop is. Die leningsooreenkoms maak verder voorsiening vir vasgestelde maandelikse terugbetalings op die lening. Wat verder opvallend is, is dat klousule 7 van die leningsooreenkoms voorsiening maak daarvoor dat die meubels wat aangekoop is deur die eerste respondent onderhewig is aan ‘n pand ten gunste van die applikant, welke pand klaarblyklik dien as sekuriteit vir die eerste respondent se verpligtinge ingevolge die leningsooreenkoms.

2.3 Die eerste respondent het versuim om haar verpligtinge ingevolge die voormelde leningsooreenkoms na te kom en het sy toegestem tot vonnis ingevolge die bepalings vervat in artikel 58 van die Wet. Hierdie skriftelike toestemming is Aanhangsel “B” tot die funderende eedsverklaring. Daarvolgens stem die eerste respondent nie net toe tot vonnis in ‘n bepaalde bedrag nie, maar sy maak ook ‘n aanbod van betaling daarvan in die bedrag van R200.00 per maand. Van belang verder is dat die eerste respondent ook daarin toestem tot ‘n besoldingingsbeslagbevel.

2.4 Die tweede respondent het daarna ‘n aansoek vir vonnis op grond van die voormelde skriftelike toestemming wat eerste respondent onderteken het, geweier en het, soos ek alreeds gemeld het, volledige skriftelike redes vir sodanige weiering verskaf.

Die kern van die landdros se redes kom daarop neer dat sy die transaksie tussen die applikant en eerste respondent beskou het as ‘n kredietooreenkoms wat onder die Wet op Kredietooreenkomste (75/1980) ressorteer en dat sy gevolglik nie ‘n vonnis in terme artikel 58 van die Wet kon toestaan nie.

4.1 Ek het ter aanvang van die verrigtinge by Mnr. Wessels, wat namens die applikant verskyn, verneem of hierdie nie ‘n geval was waar die landdros ‘n finale bevel uitgereik het en dat daar gevolglik geappelleer moes word nie. Mnr. Wessels het aan die hand gedoen dat die landdros inderdaad nie die verlening van vonnis geweier het nie en nie ‘n finale bevel gemaak het nie. In dié verband het hy verwys na die volgende passasie in die landdros se voormelde skriftelike redes:

“Ad paragraaf (c)Die hof het nie ‘n Besoldigingsbeslagbevel aansoek aangehoor of geweier nie. “

Op grond van die voormelde passasie submitteer Mnr. Wessels dat die verrigtinge a quo nie vatbaar is vir appél nie, omrede daar inderdaad nie ‘n finale bevel uitgereik is nie.

4.2 Ek is van mening dat hierdie submissie heeltemal misplaas is. Net vroeër in die skriftelike redes verskyn die volgende:

“…….het die hof bevind dat die hof nie oor die magtiging beskik om aan die eiser se versoek tot vonnis te voldoen nie. Hierop is vonnis geweier in terme van Reël 12(7)(e) van die Wet op Landdroshowe.” (My eie beklemtoning).

Volgens die bepalings vervat in die voormelde Reël 12(7)(e) mag ‘n hof, wanneer ‘n versoek vir vonnis deur die Klerk van die Hof na hom verwys word, weier om vonnis te verleen. Hierdie is tog na my mening aanduidend daarvan dat die landdros inderdaad ‘n finale bevel uitgereik het, naamlik ‘n weiering van die versoek tot vonnis.

4.3 Dit is verder natuurlik ook insiggewend dat die landdros (op versoek van die applikant) skriftelike redes ingevolge die bepalings vervat in Landdroshofreël 51 verskaf het. Dit is ook verder aanduidend daarvan dat die applikant, ten minste by dáárdie geleentheid toe redes versoek is, die mening toegedaan was dat ‘n finale bevel uitgereik was en dat ‘n appél die aangewese weg is om te volg.

4.4 Artikel 83(d) van die Wet bepaal dat enige bevel wat die effek het van ‘n finale vonnis die onderwerp van ‘n appél mag vorm. Wanneer die landdros se skriftelike redes noukeurig nagegaan word, meer bepaald die motivering vir haar bevindinge, is daar by my absoluut geen twyfel nie dat die landdros inderdaad ‘n finale bevel uitgereik het tot dien effekte dat die versoek tot vonnis geweier word. Gevolglik is ek die mening toegedaan dat hierdie finale bevel van die landdros inderdaad op appél moes geneem gewees het, indien die applikant daaroor beswaard was.

Mnr. Wessels het verder aan die hand gedoen dat selfs al is die landdros se bevinding vatbaar vir ‘n appél, hierdie Hof steeds in sy diskresie ‘n verklarende bevel kan oorweeg soos wat dit aangevra is deur die applikant hierin. In dié verband het hy verwys na die volgende gesag:

Shell’s Annandale Farm (Pty) Ltd v Commissioner, South African Revenue Service 2000(3) SA 564 (C) te 570 – 571;

Herbstein & Van Winsen: The Civil Practice of the Supreme Court of South Africa, 4de uitgawe, te 1053 – 1061;

National Educare Forum v Commissioner, South African Revenue Service 2002(3) SA 111 (TkHC) te 127 G – 128 D.

Ek is die mening toegedaan dat die voormelde gewysdes onderskeibaar van die onderhawige saak is op die feite en op die reg. Dit kom naamlik algemeen voor dat verklarende bevele aangevra en uitgereik word in veral belastingsake soos wat in die voormelde twee gewysdes die geval is. Dit is dan nou ook reeds gevestigde reg dat ‘n geregshof ‘n verklarende bevel kan oorweeg en uitreik waar geen belastingaanslag nog gemaak is nie. Ek kon egter geen gerapporteerde uitspraak vind, en Mnr. Wessels het ook na geen sodanige gesag verwys nie, tot die effek dat waar ‘n finale bevel appelleerbaar is, ‘n litigant steeds kan verkies om desnieteenstaande ‘n Hof te nader vir ‘n verklarende bevel. Ook die gedeelte aangehaal uit Herbstein & Van Winsen, supra, bevat geen sodanige gesag nie. In elk geval is ek die mening toegedaan dat hierdie ‘n diskresionêre aangeleentheid is en is ek in die uitoefening van my diskresie oortuig daarvan dat ‘n appél na hierdie Hof die gepaste prosedure is.

Gevolglik en uit hoofde van die voormelde redes is ek die mening toegedaan dat hierdie aansoek ondeurdag is en dat die aangevraagde regshulp nie toegestaan kan word nie.

7.1 Ek ag dit nodig om enkele opmerkings te maak hierin aangaande die ware aard van die transaksie tussen die partye.

7.2 Ek is dit eens met die landdros dat hierdie sogenaamde leningsooreenkoms tussen die applikant en die eerste respondent eintlik maar ‘n kwalik verbloemde kredietooreenkoms is. Daar is in die stukke gewag daarvan gemaak dat hierdie tipe leningsooreenkomste algemeen voorkom in die meubelbedryf op ‘n landwye basis. Daar is ook, vreemd genoeg, heeltemal ontersaaklik melding daarvan gemaak dat besoldigingsbeslagbevele algemeen in die Vrystaat toegestaan word uit hoofde van hierdie tipe leningsooreenkomste. Daar is selfs verder gegaan deur op ontoelaatbare wyse gebruik te maak van hoorsêgetuienis om aan te dui dat dié praktyk ook in ander provinsies suksesvol gevolg word. Al hierdie beweringe is ontersaaklik en geheel en al onvanpas. Sover ek weet is hierdie betrokke praktyk, naamlik die sluit van ‘n gesimuleerde leningsooreenkoms wat inderdaad maar ‘n kredietooreenkoms is, wat ten doel het die verkryging van besoldigingsbeslagbevele, nog nooit werklik getoets in enige afdeling van die Hooggeregshof nie.

7.3 Die Wet op Kredietooreenkomste se primêre oogmerk is om kredietopnemers/ verbruikers te beskerm. Dit is weliswaar korrek soos wat Mnr. Wessels aan die hand gedoen het, naamlik dat ‘n party wat aanvoer dat ‘n bepaalde ooreenkoms gesimuleerd is en inderwaarheid ‘n ander aard het, die bewyslas dra om sodanige bewering te bewys (sien ondermeer Michau v Maize Board 2003(6) SA 459 (SCA) te 463 (par. 4). Aan die ander kant weer is dit gevestigde reg dat partye nie geoorloof is om die ware aard van hulle transaksie te verberg nie. In so ‘n geval:

“The true enquiry … is to establish whether the real nature and the implementation of these particular contracts is consistent with their ostensible form. In pursuit of that enquiry, one must strive to ascertain, from all of the relevant circumstances, the actual meaning of the contracting parties. It therefore becomes necessary to examine in greater detail the agreements in question and the manner in which they were implemented.”

per Ponnan AR in Maize Board v Jackson 2005(6) SA 592 (SCA) te 596 E-F (par. 8).

7.4 Die oogmerk met die gesimuleerde kontrak in die onderhawige geval is na my mening duidelik, naamlik om aan die kredietgewer onder die skyn van ‘n leningsooreenkoms die voordeel te bied om ‘n besoldigingsbeslagbevel te bekom, wat hy andersins nie sou kon kry by ‘n gewone kredietooreenkoms nie. Op sodanige wyse word die primêre oogmerk van die Wet op Kredietooreenkomste soos hierbo vermeld, blatant omseil en onkundige kredietopnemers word van die voormelde Wet se beskerming ontneem.

7.5 Ter samevatting volstaan ek daarmee om my ernstige bedenkinge uit te spreek aangaande die regsgeldigheid en afdwingbaarheid van hierdie sogenaamde “leningsooreenkoms”, aanhangsel “A”.

8. Die applikant se aansoek word afgewys.

____

SA MAJIEDT

REGTER

ADVOKATE NAMENS APPLIKANT : ADV MH WESSELS

IN OPDRAG VAN : ANDRE POTGIETER PROKUREURS

DATUM VAN VERHOOR : 2006\02\03

DATUM VAN UITSPRAAK : 2006\02\10

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Maize Board v Jackson 2005(6) SA 592 (SCA)

Case cited

Michau v Maize Board 2003(6) SA 459 (SCA)

Case cited

Shell's Annandale Farm (Pty) Ltd v Commissioner, South African Revenue Service 2000(3) SA 564 (C)

Case cited

National Educare Forum v Commissioner, South African Revenue Service 2002(3) SA 111 (TkHC)

Case cited

Magistrates' Courts Act 32 of 1944

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Credit Agreements Act 75 of 1980

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.