Download PDF

South Africa Judgment

Western Cape High Court, Cape Town

Jephtus v S (A165/2010) [2010] ZAWCHC 516 (29 October 2010)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The appeal court found that the evidence of the two State witnesses was credible and consistent, establishing that the appellant participated in the attempted robbery with aggravating circumstances. The appellant's version was rejected as not reasonably possibly true. The trial court correctly acquitted the appellant on the charge of murder due to lack of proof of common purpose. However, regarding sentence, the appeal court held that the trial court overemphasized the seriousness of the offence at the expense of other relevant factors, including the appellant's personal circumstances and the fact that only an attempt was proven. The sentence imposed differed materially from what the appeal court would have imposed, justifying interference. The conviction was upheld, but the sentence was reduced to eighteen months' direct imprisonment.

Court disposition

Appeal against conviction dismissed; appeal against sentence upheld.

Orders

  • The appeal against the conviction is dismissed.
  • The appeal against the sentence succeeds.
  • The sentence imposed by the trial court is set aside and replaced with a sentence of eighteen (18) months' direct imprisonment.

02

Material facts

Parties

Elton Jephtus

Appellant

The State

Respondent

Amounts and remedies

  • Appellant's Weekly Earnings: ZAR 500
  • Appellant's Age at Sentencing: 29
  • Appellant's Child's Age at Sentencing: 6
  • Original Sentence (months): 48
  • Substituted Sentence (months): 18

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that he was not present at the scene during the commission of the offence and challenged the credibility of the State witnesses. He further contended that the sentence imposed was unduly harsh and failed to consider his personal circumstances and mitigating factors.
Respondent
The State maintained that both eyewitnesses were credible and their evidence established the appellant's involvement in the attempted robbery. The State argued that the sentence reflected the seriousness of the offence and was within the discretion of the trial court.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Mthethwa 1972 (3) SA 766 (A)

    In criminal cases, the burden of proof rests on the State to prove the accused's guilt beyond reasonable doubt. The accused is entitled to acquittal if his version is reasonably possibly true.

  2. 02

    S v Rabie 1975 (4) SA 855 (A)

    An appeal court will only interfere with a sentence if the trial court misdirected itself or the sentence is disturbingly inappropriate.

  3. 03

    S v McCoulagh 2000 (1) SACR 542 (WLD)

    The principles applicable to the granting of bail pending appeal require consideration of whether continued detention is justified where there is a reasonable prospect that the sentence may be set aside on appeal.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The appeal court found that the evidence of the two State witnesses was credible and consistent, establishing that the appellant participated in the attempted robbery with aggravating circumstances. The appellant's version was rejected as not reasonably possibly true. The trial court correctly acquitted the appellant on the charge of murder due to lack of proof of common purpose. However, regarding sentence, the appeal court held that the trial court overemphasized the seriousness of the offence at the expense of other relevant factors, including the appellant's personal circumstances and the fact that only an attempt was proven. The sentence imposed differed materially from what the appeal court would have imposed, justifying interference. The conviction was upheld, but the sentence was reduced to eighteen months' direct imprisonment.

Obiter and limits

  • The appeal court noted that magistrates should, even where the accused is represented, consider whether continued detention pending appeal is justified and proactively address bail matters to prevent unnecessary serving of sentences where there is a reasonable prospect of success on appeal.
  • The court emphasized that sentencing discretion must balance the seriousness of the offence with the accused's personal circumstances and other mitigating factors.

Court disposition

Appeal against conviction dismissed; appeal against sentence upheld.

  • The appeal against the conviction is dismissed.
  • The appeal against the sentence succeeds.
  • The sentence imposed by the trial court is set aside and replaced with a sentence of eighteen (18) months' direct imprisonment.

Source and reliance status

Western Cape High Court, Cape Town

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Western Cape High Court, Cape Town

Judgment

[2010] ZAWCHC 516

IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)

SAAK NO: A165/2010

DATUM: 29 OKTOBER 2010

In die saak tussen:

ELTON

JEPHTUS …..............................................................................Appellant

en

DIE

STAAT …....................................................................................Respondent

UITSPRAAK

VAN NIEKERK. WnR:

Die appellant het saam met sy medebeskuldigde (hierna beskuldigde 1 genoem) in die Streekhof te Paarl tereggestaan op aanklagtes van moord en roof met verswarende omstandighede. In kort is hulle ten laste gele dat hulle gedurende die aand van 2 Desember 2007 die dood van Edward Samson veroorsaak het deur horn met 'n mes of skerp voorwerp te steek en die gemelde Edward Samson aangerand het en toe met geweld Yi bottel wyn van horn geneem het. Die verswarende omstandighede is gelee in die teenwoordigheid van "n mes.

Beide was regsverteenwoordig en was die bevinding, na aanhoor van die getuienis, as volg: Beskuldigde 1 was skuldig bevind aan moord en poging tot roof met verswarende omstandighede en die appellant onskuldig aan moord maar skuldig aan poging tot roof met verswarende

omstandighede. Die appellant is op 1 Junie 2009 gevonnis tot vier jaar direkte gevangenisstraf. Verlof tot appel is verleen aan die appellant teen beide die skuldigbevinding en vonnis en is die onderhawige appel dus teen beide.

Die Staat het twee getuies by name Samantha Jacobs en Daniel Johannes aangebied terwyl beskuldigde 1 en die appellant getuig het. Geen getuies is deur die appellante geroep nie. Daar word kortliks verwys na die gebeure van die betrokke aand. Ek wil net hier meld dat beide die twee staatsgetuies op daardie stadium in verhouding met mekaar gestaan het.

Samantha Jacobs getuig dat sy en haar kerel Daniel die aand op die hoek gesit het op die hoek van Japie McClaystraat en Rocky Mafekengstraat toe sy die oorledene opgemerk het waar hy met "n bottel wyn in sy hand in Rocky Mafekengstraat in hulle rigting aangestap gekom het. Sy het opgemerk dat beide beskuldigde 1 en appellant die oorledene nader en daar h stryery was oor die wyn. Die appellant het die oorledene van agter gegryp en het beskuldigde 1 die oorledene gesteek. Sy kan nie se hoeveel maal beskuldigde 1 die oorledene gesteek het nie. Na die aanval het die oorledene na die woning van Andre Meisie gehardloop en het beskuldigde 1 en die appellant die hasepad gekies.

Daniel staaf die getuienis van Samantha Jacobs in wesenlike opsigte. Hy bevestig dat hy en Samantha die aand op die hoek gestaan het en dat hulle opgemerk het dat die oorledene in hulle rigting aan beweeg kom. Die oorledene het 'n bottel wyn in sy hand gehad. Beskuldigde 1 en appellant het probeer om die wyn af te vat, waarop beskuldigde 1 die oorledene voor die bors gegryp het en, soos hulle gestoei het, het die bottel wyn geval en gebreek.

Beskuldigde 1 het die oorledene gesteek en appellant het die oorledene van agter vasgehou. Hy kon ook nie se hoeveel maal beskuldigde 1 die oorledene gesteek het nie.

Beide staatsgetuies ontken ook ten sterkste dat hulle die betrokke aand gedrink het. Beide staatsgetuies is ook aan deurtastende

kruisondervraging onderwerp veral wat betref die beligting en identifikasie. Die rede waarom die getuies onderwerp is aan deurtastende kruisondervraging wat betref die beligting en identifikasie is duister aangesien beide beskuldigde 1 en appellant tydens getuienis erken dat hulle die aand, weliswaar nie gelyktydig nie, wel op die toneel teenwoordig was.

Die getuienis ten opsigte van beskuldigde 1 dat die oorledene die aggressor was en hy homself teen die ongevraagde aanval van die

oorledene verdedig het. Die getuienis van die appellant dat hy nie op die toneel was nie tydens die voorval.

Dit is Yi fundamentele beginsel van ons strafreg dat in Yi kriminele saak die onus op die Staat rus om die skuld van die beskuldigde bo redelike twyfel te bewys en dat hierdie onus deurgaans op die Staat rus. Die beskuldigde is egter geregtig op sy vryspraak indien die weergawe van die beskuldigde natuurlik moontlik waar is. Die benadering wat Yi hof van appel moet volg betreffende beoordeling van feitelike bevindings van 'n verhoorhof is gesaghebbend neergele.

Ek is tevrede dat beide die twee staatsgetuies in alle opsigte eerlike getuies was; dat hulle getuienis in alle opsigte as bevredig

aangemerk kan word. Hier moet in gedagte gehou word dat die oorledene 'n goeie vriend was van mnr Jaars en dat mnr Jaars "n guide geleentheid gehad het om sy getuienis aan te pas sodat dit meer nadelig vir beskuldigde 1 en die appellant kon wees.

Dit is nie vir my nodig om te handel met die getuienis van beskuldigde 1. Wat betref die getuienis van appellant en gemeet aan die getuienis van die staatsgetuies is ek van oordeel dat die weergawe van die appellant nie redelik moontlik waar is nie en dat dit as vals verwerp kan word. Indien daar gelet word op die getuienis van die twee staatsgetuies, is dit duidelik dat beskuldigde 1 en die appellant die betrokke aand die oorledene van die bottel wyn wou beroof. Alhoewel daar nie direkte getuienis mag wees van die onderlinge gesprek of 'n voorafgaande afspraak, is dit duidelik dat die enigste afleiding wat die getuienis regverdig, is dat beskuldigde 1 en die appellant die oorledene wou beroof van die bottel wyn. Beide kon egter nie daarin slaag om die bottel wyn af te neem nie aangesien dit in die proses gebreek het. Die hoogwatermerk is dus dat die appellant slegs skuldig bevind kan word aan poging tot roof met verswarende omstandighede. Heeltemal tereg het die Hof a quo bevind dat gemeenskaplike opset nie bewys is wat betref die aanklag van moord en is appellant dus korrek vrygespreek op die aanklag.

Ek is dus onder die omstandighede van oordeel dat die Hof a quo geen mistasting begaan het in sy bevinding dat die staatsgetuies as geloofwaardige getuies aangemerk moet word nie en voorts dat die Hof a quo geen mistasting begaan het deur te bevind dat die appellant horn skuldig gemaak het aan "n poging tot roof met verswarende omstandighede nie.

Die oogmerk van die straf is welbekend en gaan dit nie hier herhaal word nie. Voorts is dit geykte reg dat strafmeting by uitstek "n saak van goeddunke is by die Verhoorhof en is dit ook geykte reg dat die hof van appel se bevoegdheid om in te gryp baie beperk is.

Die misdryf waaraan die appellant, alhoewel net poging, skuldig bevind is, is 'n ernstige misdryf maar daar moet gewaak word om die erns van die misdryf oor te beklemtoon wat betref die ander faktore wat in ag geneem moet word by strafoplegging.

Ek is van oordeel dat die geleerde landdros in die onderhawige geval misgetas het deur die erns van die misdryf oor te beklemtoon ten koste van die ander faktore by strafoplegging. Voorts is ek ook van oordeel dat die vonnis opgele so wesentlik verskil van 'n vonnis wat hierdie Hof sou ople dat dit hierdie Hof vrystaan om met die vonnis in te meng.

Die persoonlike omstandighede van die appellant was as volg:

Hy was ten tye van vonnisoplegging 29 jaar oud. Hy het op skool slegs st.6 geslaag. Alhoewel ongetroud is hy die vader van 'n kind wat ten tye van die vonnisoplegging ses jaar oud was. Hy het gewerk by "n elektriese maatskappy waar hy R500 per week verdien het en het hy die geld ook aangewend vir onderhoud vir die minderjarige kind.

By die oorweging van 'n gepaste vonnis, is ek gedagtig aan die vorige veroordeling van die appellant vir 'n soortgelyke misdaad. Daar word ook in gedagte gehou dat die appellant vir drie maande in die gevangenis was voor hy op borg vrygelaat is.

Verlof om te appelleer teen beide die skuldigbevinding en vonnis is verleen op 2 Desember 2009. Nieteenstaande die feit dat verlof tot appel ook teen vonnis verleen is, blyk dit ex facie uit die rekord dat daar geen versoek was om die vasstel van borg of verlenging van die appellant se borg hangende die afhandeling van appel.

Die appellant was regsverteenwoordig tydens die aansoek om verlof en sou ek verwag dat 'n aansoek om die vasstelling of verlenging van borg hangende die afhandeling van die appel sou geloods gewees het deur die regsverteenwoordiger na die toestaan vir verlof. Hoekom dit nie gedoen is nie, is nie duidelik uit die rekord nie.

Die beginsels van toepassing by verlening van borg is bespreek in S v McCoulaqh 2000(1) SASV 542 (WLD) en is dit nie nodig om in die onderhawige die beginsels te formuleer nie. Ek wil egter net 'n opmerking maak dat die landdros wat die aansoek om appel aanhoor en verlof toestaan om te appelleer teen die vonnis en waar die appellant onverdedig is uit eie beweging moet beoordeel of die verdere aanhouding van appellant geregverdig is hangende die aanhoor en afhandeling van appel. Die plig selfs waar die appellant regsverteenwoordiging geniet en die regsverteenwoordiger versuim om 'n aansoek te loods vir die vasstelling van borg hangende die aanhoor en die afhandeling van appel. Bogenoemde sal verhoed dat die appellant gevangenisstraf

uitdien in gevalle waar daar 'n redelike vooruitsigte bestaan dat die vonnis van direkte gevangenisstraf in sy geheel op appel tersyde gestel mag word.

Soos reeds hierbo aangetoon is ek van oordeel dat die Hof a quo misgetas deur die erns van die misdryf oor te beklemtoon en die vonnis so wesenlik verskil van 'n vonnis wat hierdie Hof sou ople dat dit die Hof vrystaan om die vonnis opnuut te oorweeg.

In die lig van voorafgaande is ek van oordeel dat die volgende bevel gemaak moet word:

Die appel teen die skuldigbevinding word van die hand gewys, die appel teen die vonnis slaag en word die vonnis vervang met een van AGTIEN (18) MAANDE DIREKTE GEVANGENISSTRAF.

VAN NIEKERK, WnR

LE GRANGE, R: Ek stem saam, dit word so gelas.

LE GRANGE, R

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Mthethwa 1972 (3) SA 766 (A)

Case cited

S v Rabie 1975 (4) SA 855 (A)

Case cited

S v McCoulagh 2000 (1) SACR 542 (WLD)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.