J.J.J v S.P.J (612/2010) [2010] ZANCHC 39 (3 September 2010)
- Citation
- [2010] ZANCHC 39
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Olivier R
- Case number
- 612/2010
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Olivier R
- Case number
- 612/2010
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court held that it does not have jurisdiction to entertain the applicant's Rule 43 application because neither party was domiciled or ordinarily resident in the jurisdiction at the time the divorce summons was issued or served. The applicant's claims of residence and domicile were found to be factually incorrect and unsupported by the evidence. The applicant had not made out a prima facie case for interim relief, as she could not establish jurisdiction in the main divorce action. The court further found that the issue of jurisdiction could be raised at any stage, even mero motu, and that the existence of a pending divorce action does not preclude a challenge to jurisdiction in an interim application. Costs were awarded against the applicant, with the advocate's fees limited to those of a middle-junior counsel as per local guidelines.
Court disposition
Application dismissed with costs.
Orders
- The application is dismissed with costs.
- The limitation on advocate's fees in Rule 43(7) does not apply, but fees are restricted to those of a middle-junior advocate as per the guidelines of the Northern Cape Bar.
02
Material facts
Parties
J J J
Applicant Counsel: Adv S ErasmusS P J
Respondent Counsel: Adv B Knoetze, SC03
Procedural history
Posture
Urgent Application / Rule 43 Interim Maintenance and Costs Application Pending Divorce Action
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the court has jurisdiction to hear the Rule 43 application pending the divorce action.
- 02
Whether the applicant or respondent was domiciled or ordinarily resident in the court's jurisdiction at the relevant time.
- 03
Whether the applicant made out a prima facie case for interim maintenance and contribution to costs.
- 04
Whether costs should be awarded and if so, on what scale.
Party arguments
- Applicant
- The applicant argued that the only jurisdictional question at this stage is whether there is a pending divorce action. The respondent has not yet filed a plea or raised a special plea of jurisdiction in the divorce action, and any jurisdictional challenge should be decided in the main divorce proceedings, not in the interim application. The applicant sought interim maintenance for herself and her minor child, as well as a contribution to legal costs, pending finalization of the divorce.
- Respondent
- The respondent, represented by Adv Knoetze SC, argued in limine that the court lacks jurisdiction to hear the application, as neither party was domiciled or ordinarily resident in the court's jurisdiction at the relevant time. The respondent contended that the applicant was not resident in the jurisdiction when the summons was issued or served, and that the applicant's claims regarding residence and domicile were factually incorrect. The respondent also submitted that the application was not urgent and that costs should be awarded against the applicant.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Cusa v Tao Ying Metal Industries and Others [2008] ZACC 15; 2009 (2) SA 204 (CC) para [68]
A court may raise the issue of jurisdiction mero motu if justified on the papers.
- 02
Matthysen v Matthysen 1960 (1) SA 175 (O)
Interim relief under Rule 43 is dependent on the existence of a valid pending divorce action; only the court with jurisdiction over the divorce may grant such relief.
- 03
Section 2(1) Divorce Act 70 of 1979
Jurisdiction in divorce matters is determined by domicile or ordinary residence at the time the action is instituted.
- 04
Section 1(2) Domicile Act 3 of 1992
A person acquires a domicile of choice by lawful presence and intention to settle indefinitely.
- 05
Mills Starwell Finance (Pty) Ltd 1981 (3) SA 84 (N)
The decisive moment for jurisdiction is when summons is served.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court held that it does not have jurisdiction to entertain the applicant's Rule 43 application because neither party was domiciled or ordinarily resident in the jurisdiction at the time the divorce summons was issued or served. The applicant's claims of residence and domicile were found to be factually incorrect and unsupported by the evidence. The applicant had not made out a prima facie case for interim relief, as she could not establish jurisdiction in the main divorce action. The court further found that the issue of jurisdiction could be raised at any stage, even mero motu, and that the existence of a pending divorce action does not preclude a challenge to jurisdiction in an interim application. Costs were awarded against the applicant, with the advocate's fees limited to those of a middle-junior counsel as per local guidelines.
Obiter and limits
- The court noted that the dispute did not warrant the engagement of a senior advocate, and costs should be limited accordingly.
- The mere existence of a pending divorce action does not prevent a party from raising lack of jurisdiction in an interim application.
- The applicant was made aware of the jurisdictional problem by correspondence from the respondent's attorney but chose to proceed regardless.
Court disposition
Application dismissed with costs.
- The application is dismissed with costs.
- The limitation on advocate's fees in Rule 43(7) does not apply, but fees are restricted to those of a middle-junior advocate as per the guidelines of the Northern Cape Bar.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Hoë Hof, Kimberley)
Saak No: 612/2010
Saak Aangehoor: 27/08/2010
Datum gelewer: 03/09/2010
In die saak tussen:
J J J .................................................................................Applikant
en
S P J ...............................................................................Respondent
Coram Olivier R
UITSPRAAK
Olivier R:
Die applikant, me J J J, is die eiseres in ʼn aksie waarin sy die respondent, mnr S P J, gedagvaar het om ʼn egskeidingsbevel en verwante regshulp. In die onderhawige aansoek ingevolge Eenvormige Hofreël 43 vorder die applikant, hangende die finalisering van die egskeidingsgeding, onderhoud vir haarself en vir die enigste van hul kinders wat nog minderjarig is, asook ʼn bydrae tot haar regskoste.
By die aanhoor van die aansoek het mnr Knoetze SC, die advokaat vir die respondent, in limine onder andere geargumenteer dat hierdie Hof nie oor die jurisdiksie beskik om die aansoek te bereg nie.
Me Erasmus, die advokaat vir die applikant, het egter aan die hand gedoen dat die enigste jurisdiksionele vraag op hierdie stadium behoort te wees of hier ʼn hangende egskeidingsgeding is, dat die respondent nog nie eers ʼn verweerskrif geliasseer het nie (en dus nog nie in die egskeidingsgeding ʼn spesiale pleit rakende jurisdiksie geneem het nie) en dat die vraag na die Hof se jurisdiksie in die egskeidingsgeding in daardie geding besleg moet word, en nie in hierdie aansoek nie. Ek kan nie met me Erasmus saamstem nie.
Die kwessie van jurisdiksie is iets wat ʼn Hof selfs mero motu kan opper indien dit op die stukke geregverdig sou wees1. Me Erasmus se argument sou beteken dat ʼn Hof, selfs al sou dit op die pleitstukke al duidelik blyk dat die Hof nie jurisdiksie het in ʼn bepaalde egskeidingsgeding nie, verplig sou wees om ‘n tussentydse aansoek soos hierdie te bereg. Dit terwyl die hele bestaan van ʼn aansoek soos hierdie in wese gegrond is op, en afhanklik is van, die hoofgeding.
In Matthysen v Matthysen2 is dieselfde argument geopper as wat me Erasmus nou opper in is, met verwysing na heelwat ander gesag, beslis:
“Alhoewel die onderhawige aansoek ʼn tussentydse aansoek is, is die regshulp wat die applikante aanvra gegrond op die bestaan van die huwelik tussen die partye. Indien die Hof geen jurisdiksie sou hê om die egskeiding aan te hoor nie, sou die Hof na my mening ook geen jurisdiksie hê om die tussentydse aansoek wat gegrond is op die huwelik tussen die partye, aan te hoor nie.” (bladsy 178B)
“Alleenlik die Hof wat jurisdiksie het om die egskeidingsgeding aan te hoor kan na my mening die onderhawige aansoek beslis.” (bladsy 179A)
Hier is ook geen saak uitgemaak vir so ‘n graad van dringendheid as wat moontlik ‘n afwyking van dié benadering sou kon regverdig het nie3. Die stukke in die aansoek was ook al teen die einde van April 2010 gefinaliseer. Wat die minderjarige kind betref, word sy in Maart 2011 meerderjarig, onderhou die respondent haar in elk geval nog sedert die verwydering tussen hom en die applikant ten volle, en het hy onderneem om so voort te gaan.
Selfs al sou die applikant se vorderings in die aansoek gesien word as eise ad pecuniam solvendam, sou daar ook geen ander grond (as dié wat geld ten aansien van egskeidingsgedinge) wees waarop die Hof jurisdiksie sou hê ten aansien van sodanige eise nie. Die respondent is duidelik nie in die regsgebied van hierdie Hof woonagtig nie. Daar sou dus ook nie op hierdie basis van die algemene benadering wat in Matthysen bevestig is, afgewyk kon word nie4.
Daar is egter ook ‘n ander hoek waaruit hierna gekyk kan word. Die applikant in ‘n aansoek om ‘n bydrae tot regskoste moet op die stukke darem ‘n prima facie saak in die egskeidingsgeding hê5. As dit nou reeds blyk dat die applikant, op dié stukke, nie in die geding daarin kan slaag om te bewys dat die Hof in die geding jurisdiksie gaan hê nie, sal daar in elk geval ook nie aan dié vereiste voldoen wees nie.
Die vraag is dan of die Hof op die stukke, soos dit tans daaruitsien, in die egskeidingsgeding jurisdiksie kan hê. Artikel 2(1) van die Wet op Egskeiding6 bepaal dat ‘n Hof in ‘n egskeidingsgeding jurisdiksie sal hê indien enige van of albei die partye:
“(a) op die datum waarop die geding ingestel word, in die regsgebied van die hof gedomisilieer is; of
(b) op daardie datum gewoonlik in die regsgebied van die hof woonagtig is en vir ‘n tydperk van minstens een jaar onmiddellik voor daardie datum gewoonlik in die Republiek woonagtig was.”
Die bepalende oomblik vir die doeleindes van jurisdiksie is wanneer die dagvaarding beteken word7. Dit blyk uit die hoflêer in die egskeidingsaksie dat die dagvaarding op 4 Desember 2009 uitgereik is en op 19 Januarie 2010 beteken is.
Die applikant het in haar dagvaarding die beweringe gemaak:
dat sy “woonagtig” was te Upington; en
dat sy gedomisilieerd was binne die regsgebied van die Gariep Rondgaande Plaaslike Afdeling (die aksie is later na hierdie Hof oorgeplaas).
Sy het nie beweer dat sy “gewoonlik” in die betrokke regsgebied woonagtig was en dat sy vir “minstens een jaar onmiddellik voor daardie datum gewoonlik in die Republiek woonagtig was” nie.
Dit blyk nou ook duidelik dat sy nie met eerlikheid sulke beweringe sou kon gemaak het nie.
Die applikant het in haar verklaring, wat op 23 Februarie 2010 beëdig is, self verklaar dat permanente verblyfreg in die Republiek van Suid-Afrika eers in Desember 2009 aan haar toegestaan is. Bloot hierop genome sou sy dus beswaarlik voor daardie datum wettiglik vir minstens een jaar in die Republiek woonagtig kon gewees het.
Die respondent maak dit in sy antwoordende verklaring nog duideliker. Dit blyk daaruit:
dat hy en die applikant tot Oktober 2009 nog saamgewoon het op ‘n plaas in Namibië;
dat die respondent die applikant toe self op 4 Desember 2009 te Upington besorg het nadat sy hom meegedeel het dat sy van voorneme was om saam met ene Taljaard te Parys te gaan woon; en
dat die applikant op daardie selfde dag saam met Taljaard na Parys vertrek het.
Die applikant het nooit gepoog om op enige wyse met hierdie beweringe van die respondent te handel nie8. Dit is dan ook nie verbasend nie.
In betoog is toegegee dat sy tans in ‘n saamleefverhouding met mnr Taljaard woon te Parys. Van die balie af is ek meegedeel dat sy dit uit desperaatheid gedoen het. Dit is natuurlik nie ‘n bewering onder eed nie. Wat dit sou beteken, is ook duister.
In die omstandighede moet dit dan aanvaar word dat die respondent se bewering dat die applikant reeds vanaf 4 of 5 Desember 2009
in ‘n saamleefverhouding met Taljaard te Parys woon, korrek is.
Die bewering van die applikant in haar verklaring dat sy ten tye van die aflê daarvan woonagtig was te Waterstraat 1, Groblershoop, en dat sy op daardie stadium bloot by vriende te Parys “gekuier” het, is duidelik onwaar. Die applikant se broer, mnr Beukes, het in ‘n stawende verklaring (vir die respondent) bevestig dat die adres te Groblershoop sy adres is en dat die applikant “nog nooit” daar woonagtig was nie. Daar is nooit gevra vir die deurhaling van die betrokke verklaring of beweringe nie.
Dit blyk dus duidelik dat die applikant nie teen 19 Januarie 2010 “gewoonlik” in hierdie Hof se regsgebied (wat insluit dié van die Gariep Rondgaande Plaaslike Afdeling) woonagtig was nie, en ook dat sy beslis nie vir ‘n jaar onmiddellik voorafgaande daardie datum gewoonlik in die Republiek woonagtig was nie.
Dit is so dat die applikant verklaar dat sy en die respondent reeds in Oktober 2009 uitmekaar is en dit is blykbaar haar saak dat sy toe in die woonstel te Upington (by die adres vermeld in die dagvaarding) gaan woon het en dat sy, voordat sy op 4 Desember 2009 deur die respondent besorg is te Upington, net vir ‘n week op die plaas in Namibië gaan kuier het.
Die respondent se bewering hieraangaande is natuurlik ietwat anders. Volgens hom het hy die woonstel te Upington slegs vanaf 11 Oktober 2009 tot 30 November 2009 gehuur sodat die applikant daar kon gaan bly om een van hulle ander kinders te gaan help met haar matriekeindeksamen.
Daar is dus oënskynlik ‘n dispuut oor waarom die applikant die betrokke periode van ongeveer 1½ maande in Upington gewoon het. Dit maak egter nie veel van ‘n verskil vir doeleindes van die toets in artikel 2 (1)(b) van die Wet op Egskeiding nie. Selfs op haar eie weergawe sou die applikant dan steeds nie ten tye van die uitreik of betekening van die dagvaarding “gewoonlik” in die betrokke regsgebied woonagtig gewees het nie, en beslis ook nie vir minstens ‘n jaar voor dit in die Republiek gewoon het nie.
Dit beteken dat die Hof in die egskeidingsgeding nie op sterkte van die bepalings van subartikel (1)(b)9 jurisdiksie sal hê op die stukke soos dit tans staan nie.
Die applikant kon duidelik ook op die bepalende stadium nie gedomisilieerd gewees het in die betrokke regsgebied, of selfs binne die groter regsgebied van hierdie Hof nie.
Ingevolge artikel 1 (2) van die Wet op Domisilie10 kan ‘n persoon ‘n domisilie van keuse verkry “wanneer hy wettig op ‘n bepaalde plek aanwesig is en die bedoeling het om hom vir ‘n onbepaalde tydperk daar te vestig.”11
Die applikant sê self dat sy, toe die respondent haar op 4 Desember 2009 te Upington besorg het, “geen heenkome” daar gehad het nie. Volgens die applikant was dit die posisie omdat die respondent die huur van die woonstel beëindig het. Volgens die respondent was die huur van die woonstel, soos reeds gemeld, in elk geval net tydelik en was die applikant se verklaarde voorneme om dadelik saam met Taljaard na Parys te vertrek en daar te gaan woon.
Alhoewel die applikant op 4 Desember 200912 te Upington “aanwesig” mag gewees het, kon sy onmoontlik onder die omstandighede op daardie stadium die bedoeling gehad het om haar “vir ‘n onbepaalde tydperk daar te vestig”. Nog minder kon dit dan natuurlik die geval gewees het toe die dagvaarding beteken is op die respondent.
Dit volg dus dat, op die stukke soos dit tans daaruitsien, hierdie Hof nie in die egskeidingsgeding jurisdiksie kan hê nie en gevolglik nie die applikant se tussentydse aansoek kan/behoort te bereg nie.
Omdat ek van oordeel is dat die blote feit dat daar ‘n hangende egskeidingsgeding mag wees, nie noodwendig afbreuk doen aan ‘n party se reg om die afwesigheid van jurisdiksie in ‘n aansoek soos hierdie op te werp nie13, is dit onnodig om veel te sê oor mnr Knoetze se submissie dat geargumenteer sou kon word dat daar in hierdie geval geen so ‘n hangende egskeidingsgeding is nie. Hy het, met verwysing na die bepalings van Reël 3 (1) van die hofreëls vir Rondgaande Howe en die beslissing Vermeulen v Vermeulen; Buffel v Buffel14, daarop gewys:
dat die dagvaarding uitgereik is deur die klerk van die Landdroshof te Upington;
dat dit uit die dagvaarding en besonderhede van vordering duidelik blyk dat die respondent (verweerder) nie in die distrik van daardie Hof woonagtig was nie; en
dat daar geen bewering gemaak is dat die skuldoorsaak binne daardie landdrosdistrik ontstaan het nie.
Op die huidige beweringe sou die Gariep Rondgaande Plaaslike Afdeling van hierdie Hof nie die jurisdiksie gehad het om die aksie te bereg nie.
Inteendeel, die klerk van die Hof te Upington sou nie die bevoegdheid gehad het om in die eerste plek die dagvaarding uit te reik nie. Of so ‘n dagvaarding sou kon gelei het tot die instel van ‘n geldige egskeidingsgeding, en nie dalk ‘n nulliteit sou gewees het nie, hoef nie nou beslis te word nie15. Die afwesigheid van jurisdiksie bring in elk geval effektiewelik ‘n einde aan die applikant se aansoek.
Om dieselfde rede is dit ook nie nodig om oorweging te verleen aan die vraag of die applikant, in die lig van haar saamleefverhouding met mnr Taljaard, geregtig sou wees om onderhoud vir haarself te vorder nie16.
Mnr Knoetze het aan die hand gedoen dat hierdie ‘n uitsonderlike geval is en dat die advokate nie gebonde gehou behoort te word aan die normale beperkings wat betref hulle fooie nie17.
Onderworpe aan wat hieronder volg, meen ek dat hy gelyk het. Hierdie is nie die normale geval waar daar beweringe is rakende bates, laste, inkomste en uitgawes nie. Dit het hier inderdaad gegaan oor regsvrae18. Dit het ook nie bloot gegaan oor jurisdiksie nie, maar verder ook oor die vraag of die kwessie van jurisdiksie in die egskeidingsgeding ‘n invloed behoort te hê in ‘n aansoek soos hierdie.
Aan die ander kant is ek egter van oordeel dat die geskilpunte hier nie van sodanige graad van ingewikkeldheid was dat die dienste van ‘n senior advokaat geregverdig was nie. Ek meen dus dat daar ‘n beperking geplaas behoort te word op die mate waartoe daar hier van die voorgeskrewe fooie vir advokate afgewyk kan word.
Dit blyk uit ‘n skrywe aangeheg by die verklaring van die respondent asof die respondent se prokureur so lank terug as op 30 Maart 2010 (per faksskrywe) al die applikant se prokureurs bedag gemaak het op die probleem met jurisdiksie. Me Erasmus het betoog dat die inhoud van dié skrywe ontoelaatbaar is as synde irrelevant en hoorsê.
Na my oordeel sou die inhoud van die betrokke skrywe uiters relevant wees ten aansien van koste. Die rig en versending daarvan is egter inderdaad nie onder eed bevestig nie.
Ek meen egter dat die skrywe (of dan afskrif daarvan) duidelik nie aangeheg is om die feitelike inhoud daarvan as die waarheid voor te hou nie19.
Die belang, en duidelike doel, van die betrokke skrywe is om die geadresseerde te waarsku dat die outeur meen dat daar ‘n probleem met jurisdiksie is. Dit blyk bloot op sigwaarde en moes, selfs al sou die applikant wou betwis het dat dit gerig of ontvang is, laatstens dan by liassering van die antwoordende verklaring hierin aan die applikant so geblyk het.
Anders gestel, die getuieniswaarde van die skrywe hang, in elk geval sover dit die kwessie van koste betref, na my oordeel nie af van die geloofwaardigheid van die outeur van die skrywe nie20.
Die blote aanheg van ‘n afskrif van die dokument (wat voorgee so ‘n skrywe te wees) by die antwoordende verklaring, wat al op 30 April 2010 geliasseer is, moes dus al die applikant bedag gemaak het op dié probleem, en op die respondent se houding hieraangaande. Die applikant het verkies om desondanks voort te gaan met die aansoek op 27 Augustus 2010.
Teen hierdie agtergrond sou dit geen sin maak om die koste van hierdie aansoek deel te maak van die koste in die geding nie. Dit sou inderdaad na my oordeel onbillik wees teenoor die respondent. Sou die applikant in die egskeidingsgeding tog op die een of ander manier, en met ander feite as hier beskikbaar, jurisdiksie kon bewys, sal die feit bly dat sy versuim het om selfs so ‘n prima facie saak uit te maak in hierdie aansoek. Sou sy nie daarin slaag nie, en haar aksie moes terugtrek of die aksie afgewys word weens die afwesigheid van jurisdiksie, sou daar steeds geen sin in gewees het om hierdie koste te laat wag tot dan nie.
Ek maak dus die volgende bevele:
Die aansoek word afgewys met koste.
Wat advokaatsfooie betref, sal die beperking neergelê in die Eenvormige Hofreël 43 (7) nie geld nie, maar sal dit steeds
beperk wees tot die fooie van ‘n middel-junior advokaat, asof in ‘n gewone bestrede aansoek en ooreenkomstig die riglyne van die Noord-Kaap Vereniging van Advokate.
_____
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms Applikant: Adv S Erasmus
In opdrag van: Haarhoffs Ing, Kimberley
Nms Respondent: Adv B Knoetze, SC
In opdrag van: Van de Wall & Vennote, Kimberley
1Cusa v Tao Ying Metal Industries and Others [2008] ZACC 15; 2009 (2) SA 204 (CC) para [68]; Coin Security Group (Pty) Ltd v Smit NO and Others [1992] ZASCA 55; 1992 (3) SA 333 (A); Viljoen v Federated Trust Ltd 1971 (1) SA 750 (O) op 760-761
2 1960 (1) SA 175 (O)
3Green v Green 1987 (3) SA 131 (SECLD)
4Massey v Massey 1968 (2) SA 199 (T) op 202B-203D; Glen v Glen 1971 (3) SA 238 (R) op 239B-H
5The South African Law of Husband and Wife, Hahlo, 5de uitgawe, bl 426; Erasmus: Superior Court Practice, Farlam et al, B1-315
670 van 1979
7Mills Starwell Finance (Pty) Ltd 1981 (3) SA 84 (N)
8Eenvormige Hofreël 43 (5)
9van artikel 2 van die Wet op Egskeiding
103 van 1992
11Chinatex Oriental Trading Co v Erskine 1998 (4) SA 1087 (C) op 1094A-C
12“toevallig” dieselfde datum as waarop die dagvaarding uitgereik is
13Matthysen v Matthysen, supra
14 1989 (2) SA 771 (NK)
15Vergelyk Noord-Kaap Lewendehawe Koöp Bpk v Lombaard 1988 (4) SA 810 (NK), maar vergelyk ook Chasen v Ritter 1992 (4) SA 323 (SE)
16SP v HP 2009 (5) SA 223 (O) paras [9] en [10]
17Eenvormige Hofreël 43 (7)
18Massey v Massey, supra, op 206D-E; Gunston v Gunston 1976 (3) SA 179 (W) op 182F-G; Muhlmann v Muhlmann 1984 (1) SA 413 (W) op 419G
19Sien die gemeenregtelike definisie van hoorsê-getuienis in De Wet v De Wet 1924 CPD 341 op 343
20artikel 3 (4) van die Wysigingswet op die Bewysreg, 45 van 1988
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.