Johaar and Another v S (652/08) [2009] ZASCA 46; 2010 (1) SACR 23 (SCA) ; [2009] 3 All SA 520 (SCA) (21 May 2009)
- Citation
- [2009] ZASCA 46
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Cloete, Snyders, Griesel
- Case number
- 652/08
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Cloete, Snyders, Griesel
- Case number
- 652/08
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal held that the regional magistrate had properly considered all relevant factors in sentencing, including the seriousness and multiplicity of the offences, the personal circumstances of each appellant, and their expressions of remorse. The magistrate had mitigated the cumulative effect of the sentences by ordering substantial concurrency and by imposing sentences below the statutory minimums where justified. The court found no material misdirection or shockingly inappropriate sentence that would warrant interference. The sentences, though severe, were proportionate to the gravity and frequency of the offences, and the interests of society demanded a strong deterrent response. The appeal was accordingly dismissed.
Court disposition
Both appeals are dismissed.
Orders
- Both appeals are dismissed.
02
Material facts
Parties
Wayne Johaar
Appellant Counsel: M CalitzGlenneal October
Appellant Counsel: M CalitzThe State
Respondent Counsel: W TarantalAmounts and remedies
- Effective Sentence for First Appellant: ZAR 30
- Effective Sentence for Second Appellant: ZAR 16
- Amount Robbed From American Swiss (caledon): ZAR 3,000
- Amount Robbed From Glenville Hill Bj's Restaurant: ZAR 1,280
- Amount Robbed From Albertinia Filling Station: ZAR 4,500
- Amount Robbed From Mosselbaai Filling Station: ZAR 2,239
- Value of Stolen Phone Cards (mosselbaai): ZAR 1,068
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Sentence From the Cape High Court, Sitting as an Appeal Court From the Regional Court.
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the cumulative effect of the sentences imposed on the appellants is so excessive as to warrant interference on appeal.
- 02
Whether the sentencing court properly considered the proportionality of the sentences and the personal circumstances of the appellants.
- 03
Whether the minimum sentence legislation was correctly applied and whether substantial and compelling circumstances justified deviation.
- 04
Whether prospects of rehabilitation were adequately considered.
Party arguments
- Applicant
- The appellants argued that the cumulative effect of the sentences imposed was shockingly inappropriate and excessively harsh. They contended that the regional magistrate erred by using the minimum sentence legislation as a starting point, rather than focusing on proportionality as required by precedent. They further submitted that mitigating factors, including their expressions of remorse and personal circumstances, were not given sufficient weight, and that the sentences failed to account for their prospects of rehabilitation.
- Respondent
- The respondent maintained that the sentences imposed were appropriate given the seriousness and multiplicity of the offences. It was argued that the regional magistrate had properly considered all relevant factors, including the appellants' personal circumstances and expressions of remorse. The respondent submitted that the cumulative effect of the sentences was mitigated by the concurrent running of several sentences and that the minimum sentence legislation was correctly applied with due regard to substantial and compelling circumstances.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Thomas Principles of Sentencing 2ed (1979) p 56; S v Mpofu 1985 (4) SA 322 (ZH) at 324G–J.
When sentencing for multiple offences, the court must consider the totality of the criminal behaviour and determine an appropriate sentence for all offences collectively.
- 02
S v Pieters 1987 (3) SA 717 (A) at 734G–I.
Interference with sentence on appeal is only justified where the sentencing court has committed a material misdirection or the sentence is disturbingly inappropriate.
- 03
Criminal Law Amendment Act 105 of 1997; S v Vilakazi [2008] ZASCA 87; [2008] 4 All SA 396.
Minimum sentence legislation requires courts to impose prescribed minimum sentences unless substantial and compelling circumstances justify a lesser sentence.
- 04
S v Mhlakaza 1997 (1) SA 515 (SCA) at 519d–e.
In cases of serious violent crime, the objectives of retribution and deterrence may outweigh those of rehabilitation.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal held that the regional magistrate had properly considered all relevant factors in sentencing, including the seriousness and multiplicity of the offences, the personal circumstances of each appellant, and their expressions of remorse. The magistrate had mitigated the cumulative effect of the sentences by ordering substantial concurrency and by imposing sentences below the statutory minimums where justified. The court found no material misdirection or shockingly inappropriate sentence that would warrant interference. The sentences, though severe, were proportionate to the gravity and frequency of the offences, and the interests of society demanded a strong deterrent response. The appeal was accordingly dismissed.
Obiter and limits
- The court noted that sentences of more than 25 years' imprisonment, though previously uncommon, are not inherently disproportionate in cases involving multiple serious offences.
- The sentencing court's efforts to mitigate the cumulative effect of the sentences through concurrency and suspension were commended as appropriate.
- The court observed that the appellants' repeated opportunities for rehabilitation had not been taken, justifying a lengthy period of removal from society.
Court disposition
Both appeals are dismissed.
- Both appeals are dismissed.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
DIE HOOGSTE HOF VAN APPéL
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
UITSPRAAK
Saaknommer: 652/08
In die saak tussen:
WAYNE JOHAAR EERSTE APPELLANT
GLENNEAL OCTOBER TWEEDE APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
Neutral citation: Johaar v Die Staat (652/2008) [2009] ZASCA 46 (21 Mei 2009)
Coram: Cloete, Snyders ARR en Griesel Wnde AR
Verhoor: 6 Mei 2009
Gelewer: 21 Mei 2009
Opsomming: Vonnis â menseroof en veelvuldige aanklagte van roof met verswarende omstandighede â eerste appellant gevonnis tot effektiewe termyn van 30 jaar gevangenisstraf en tweede appellant tot 16 jaar gevangenisstraf â of kumulatiewe effek van die opgelegde vonnisse
buitensporig is.
BEVEL
Op appél vanaf: Kaapstadse Hooggeregshof (Le Grange R en Samela Wnde R), sittende as ân hof van appèl teen ân uitspraak van die streekhof:
Bevel:
âBeide appèlle word van die hand gewys.â
GRIESEL Wnde AR (Cloete en Snyders ARR stem saam):
Inleiding
[1] Beide appellante het onsuksesvol geappelleer na die Kaapstadse Hooggeregshof (Le Grange R en Samela Wn R) teen die vonnisse aan hulle opgelê in die streekhof te Kaapstad ten opsigte van ân verskeidenheid van misdade. Met verlof van die hof a quo kom die appellante tans in hoër beroep na hierdie Hof teen die opgelegde vonnisse.
[2] Die twee appellante het oorspronklik, as beskuldigdes 2 en 3 onderskeidelik, saam met ân derde mede-beskuldigde (die eertydse beskuldigde 1) in die streekhof tereg gestaan op die volgende aanklagte:1
1. menseroof;
2. roof met verswarende omstandighede;
3. gebruik van ân motorvoertuig sonder die eienaar se toestemming;
4. roof met verswarende omstandighede;
5. roof met verswarende omstandighede (slegs beskuldige 2);
6. roof met verswarende omstandighede (motorvoertuig);
7. huisbraak met die opset om te steel en diefstal (slegs beskuldige 2);
8. roof met verswarende omstandighede (slegs beskuldige 2);
9. roof met verswarende omstandighede (slegs beskuldige 2);
10. roof met verswarende omstandighede (slegs beskuldige 2);
11/12. onwettige besit van ân vuurwapen en ammunisie (slegs beskuldige 2);
13. roekelose bestuur (slegs beskuldige 2).
[3] Beskuldigde 2 het op al dertien aanklagte skuldig gepleit terwyl beskuldigde 3 op aanklagte 1, 2, 3, 4 en 6 skuldig gepleit het. Skriftelike verklarings ingevolge art 112(2) van die Strafproseswet is namens die beskuldigdes ingehandig en hulle is behoorlik skuldig bevind soos aangekla op grond van die bewerings vervat in hul verklarings. Na bewys van sekere vorige veroordelings teen beskuldigde 2 en na verkryging van proefbeampteverslae ten opsigte van beide appellante is hulle soos volg gevonnis:
Beskuldigde 2:
Aanklag 1: 10 jaar gevangenisstraf
Aanklagte 2, 4, 5, 8, 9 en 10: elke aanklag 5 jaar gevangenisstraf
Aanklag 3: 12 maande gevangenisstraf in geheel opgeskort
Aanklag 6: 12 jaar gevangenisstraf
Aanklag 7: 3 jaar gevangenisstraf
Aanklagte 11 & 12 (saam geneem): 3 jaar gevangenisstraf
Aanklag 13 (roekelose bestuur): gewaarsku en ontslaan
Beskuldigde 3:
Aanklag 1: 8 jaar gevangenisstraf
Aanklagte 2 en 4: elke aanklag 4 jaar gevangenisstraf
Aanklag 6: 10 jaar gevangenisstraf. 2
[4] In die geval van beskuldigde 2 kom dit neer op ân totaal van 58 jaar gevangenisstraf, maar ten einde die kumulatiewe effek van die vonnisse te versag, het die streeklanddros gelas âdat 28 jaar van hierdie vonnis samelopend uitgedien sal wordâ; met ander woorde ân effektiewe vonnis van 30 jaar gevangenisstraf. In die geval van beskuldigde 3 het die hof gelas dat 10 jaar van die totaal van 26 jaar samelopend uitgedien word, dus ân effektiewe vonnis van 16 jaar.
[5] Die vraag vir beregting is of die kumulatiewe effek van hierdie vonnisse so buitensporig is dat hierdie Hof geregtig is om op appèl
daarmee in te meng.
Feitelike agtergrond
[6] Die getuienis rondom die agtergrond tot die gebeure is effens karig en is slegs op die beskuldigdes se verklarings ingevolge art 112(2) gebaseer. Daaruit blyk dit dat die reeks misdade gepleeg is gedurende die periode tussen 25 en 29 Junie 2001 en op verskillende plekke tussen Kaapstad en Mosselbaai. Die eerste reeks misdade het op 25 Junie 2001 in Zonnebloem in Kaapstad begin toe beskuldigdes 2 en 3 vir die klaer, mnr Adam Donnely, met ân vuurwapen gedreig het en hom gedwing het om sy Ford Fiesta motorkar aan hulle te oorhandig en saam met hulle te ry. Hulle het ook geld van hom geëis, waarop hy R60 kontant aan die appellante oorhandig het (aanklagte 1â3).
[7] By ân Engen vulstasie aan die N2 het die appellante by ân Quickstop-winkel ingegaan, die winkelassistente met ân vuurwapen gedreig en hulle gedwing om R200 kontant, een pakkie sigarette en vuurhoutjies te oorhandig (aanklag 4). Daarvandaan het hulle Mosselbaai toe gery (waar beskuldigde 3 skynbaar vandaan kom). Hulle het by ân sekere huis daar aangeklop en âân tyd lank daar deurgebringâ. Later het hulle daar aan die slaap geraak en nadat hulle wakker geword het, het die appellante âpille gekoop en daar dit gerookâ. Daarvandaan het hulle teruggery Kaap toe. Donnely was steeds saam met hulle en het in ân sekere stadium self die motor bestuur tot by Caledon, waar beskuldigde 2 die plaaslike tak van American Swiss beroof het van R3 000 deur die winkelassistente met die vuurwapen te dreig (aanklag 5). By ân onbekende bestemming het die appellante uitgeklim en die klaer se R60 aan hom teruggegee, saam met ân verdere bedrag van R50, met die opdrag dat hy niemand moes vertel van sy ondervinding nie. (Vermoedelik het die beskuldigdes ook in daardie stadium sy motor aan hom teruggegee, alhoewel dit nie uitdruklik so in die verklarings vermeld word nie.)
[8] Ongeveer twee dae later, op 28 Junie 2001, toe die appellante terug was in die Kaap en nadat beskuldigde 1 ook by hulle aangesluit het, het die drie van hulle in Vredehoek âin die rondte geloopâ toe hulle Me Michelle Churchill opmerk waar sy met haar GTS Golf by haar motorhuis intrek.
Beskuldigde 2 het haar in haar motorhuis met ân vuurwapen gedreig terwyl beskuldigdes 1 en 3 haar van die sleutels van haar motor sowel as ân handsak met R1 000 kontant en ân selfoon beroof het (aanklag 6).
[9] Met die gesteelde voertuig het die drie beskuldigdes weer die pad gevat Mosselbaai toe. Op Riviersonderend het hulle stilgehou en het beskuldigdes 1 en 2 by die besigheidsperseel van Glenville Hill BJâs Restaurant ingebreek en ân geldlaai bevattende ongeveer R1 280 kontant gesteel (aanklag 7).
[10] Later, by ân vulstasie in Albertinia, het beskuldigde 2 weer eens die betrokke winkelassistente met ân vuurwapen gedreig en hulle beroof van kontant ter waarde van ongeveer R4 500 (aanklag 9).
[11] Op dieselfde dag het beskuldigde 2 op sy eie ân verdere vulstasie te Mosselbaai beroof van R2 239 kontant en telefoonkaarte ter waarde van R1 068 (aanklag 8). (Beskuldigdes 1 en 3 het by ân huis in Mosselbaai agtergebly.) Daarvandaan het beskuldigde 2 ân sportwinkel in Mosselbaai besoek, waar hy die winkelassistent met die vuurwapen gedreig en van drie paar skoene beroof het (aanklag 10). Toe die beskuldigde die winkel verlaat, het ân sekuriteitsbeampte alarm gemaak, wat daartoe gelei het dat die polisie ontbied is. Beskuldigde 2 het probeer om van die polisie weg te jaag en het hom in die proses skuldig gemaak aan roekelose bestuur (aanklag 13). Hy is egter uiteindelik deur die polisie aangekeer en gearresteer. Hy was op daardie stadium in onwettige besit van ân .38-rewolwer en een rondte ammunisie (aanklagte 11 en 12).
[12] Soos reeds genoem, het al drie beskuldigdes by die aanvang van die verhoor skuldig gepleit op die onderskeie aanklagte wat op elk van hulle betrekking het. Al drie het ook onder eed berou uitgespreek oor hul optrede en het die klaers (in dié se
afwesigheid) om vergifnis gevra.
Bespreking
[13] Die benadering op appèl ten opsigte van vonnis is welbekend en hoef nie hierin herhaal te word nie. Namens die appellante is die opgelegde vonnisse oor ân wye front aangeveg. Daar is onder andere aangevoer dat die streeklanddros misgetas het deur die minimum vonniswetgewing as beginpunt te gebruik, eerder as om aandag te skenk aan die proporsionaliteit van die onderskeie vonnisse, soos deur hierdie Hof vereis is in Vilakazi v S.3 Volgens my oordeel steek daar niks in hierdie betoog nie. Die streeklanddros het inderdaad verwys na die toepaslike bepalings van
die minimum vonniswetgewing, maar het bevind dat daar wel wesenlike en dwingende omstandighede aanwesig was wat die oplegging van vonnisse minder as die voorgeskrewe minimum regverdig. Sy het daarop voortgegaan en vonnisse opgelê wat veel minder is as die voorgeskrewe vonnisse. Ek is derhalwe tevrede dat geen mistasting in hierdie opsig deur die streeklanddros begaan is nie.
[14] Wat die individuele aanklagte aanbetref, was dit veral die vonnisse opgelê ten opsigte van die aanklag van menseroof â 10 jaar en 8 jaar gevangenisstraf onderskeidelik â wat namens die appellante gekritiseer is. Weens my siening van die saak as geheel is dit egter nie nodig om ân finale mening hieroor uit te spreek nie. Selfs indien die appellante ten opsigte van die vonnis op hierdie aanklag gelyk gegee sou word, sou dit myns insiens geen verskil maak aan die uiteindelike vonnis nie. Waar ân veelvuldigheid van misdade bestraf moet word, moet die hof ag slaan op die totaliteit van die betrokke misdadige optrede en sigself afvra wat die gepaste vonnis is vir al die misdade gesamentlik.4 Waar die vonnis ten opsigte van aanklag 1 dus moontlik gekritiseer mag word dat dit te swaar is, is die vonnisse op ander aanklagte (bv die aanklagte van roof met verswarende omstandighede), aan die ander kant, op die oog af aan die ligte kant. Ook wat aanklag 13 aanbetref, is dit die eerste keer waarvan ek weet dat ân beskuldigde weens roekelose bestuur van ân motorvoertuig op ân openbare pad met slegs ân waarskuwing en ontslag daarvan afkom.
[15] Die enigste vraag wat dus oorbly, is of daar so ân treffende onderskeid is tussen die effektiewe vonnisse opgelê deur die streekhof en die vonnisse wat hierdie Hof sou opgelê het dat inmenging geregverdig is. In hierdie verband is namens die appellante betoog dat die streekhof nie die kumulatiewe effek van die vonnisse behoorlik in ag geneem het nie met die gevolg, aldus die betoog, dat âdie vonnis skokkend onvanpas en buitensporig swaar isâ. Voorts is betoog dat ân hele reeks versagtende faktore, hoewel genoem deur die streeklanddros, nie genoegsame gewig verleen is by vonnisoplegging nie.
[16] Ek stem nie met hierdie betoë saam nie. Dit blyk uit die uitspraak oor vonnis dat die streeklanddros sorgvuldige oorweging geskenk het aan al die tersaaklike faktore, insluitend die persoonlike omstandighede van elke beskuldigde, sowel as die feit dat al drie berou getoon het. Verder is dit opvallend dat die streeklanddros by vonnisoplegging doelbewus daarna gestreef het om deur middel van ân verskeidenheid meganismes die kumulatiewe effek van die vonnisse te versag. Nie alleen het sy gelas dat ân groot gedeelte van die totale vonnisse samelopend uitgedien moet word nie; sommige aanklagte is saam geneem vir doeleindes van vonnis (aanklagte 11 en 12); vonnis ten opsigte van een van die aanklagte is in geheel opgeskort (aanklag 3); beskuldigde 2 is op een van die aanklagte gewaarsku en ontslaan (aanklag 13); vonnisse is opgelê â veral ten opsigte van die roofaanklagte â wat veel ligter is as wat elke individuele misdaad normaalweg sou verdien (aanklagte 2, 4, 5, 8, 9 en 10).
[17] Waar dit voorheen, tot ongeveer die vroeë 1990âs, ongewoon was vir ons howe om vonnisse van meer as 25 jaar gevangenisstraf op te lê, was daar niks om dit te belet nie.5 Sedertdien â veral sedert inwerkingtreding van die minimum-vonnis-wetgewing ingevolge Wet 105 van 1997 â het daardie tendens verander. In sigself kan ân vonnis van 30 jaar gevangenisstraf dus nie as buitensporig of steurend onvanpas bestempel word nie. Die vraag is bloot of dit wel ân gepaste vonnis in die huidige saak is. In hierdie verband hou ek in gedagte â
â. . . dat die bepaling van ân spesifieke tydperk van gevangenisstraf in ân gegewe geval nie volgens enige eksakte, objektief-geldende maatstaf kan geskied nie, en dat daar dikwels ân area van onsekerheid kan bestaan waarbinne menings oor die gepaste termyn van gevangenisstraf geldiglik kan verskil; in so ân geval, selfs al sou hierdie Hof meen dat hy ân heelwat ligter vonnis sou opgelê het, sou hy nogtans nie ingryp nie, omdat die nodige oortuiging sou ontbreek dat die Verhoorregter nie redelikerwyse die vonnis kon opgelê het waarop hy besluit het nie.â 6
[18] Die hof a quo het opgemerk dat die opgelegde vonnisse weliswaar âaan die swaar kantâ is, maar ânie buite verhouding tot die aard en erns van die misdrywe, die belange van die gemeenskap en die appellante se persoonlike omstandighede nieâ. Waar die onderhawige vonnisse tot dusver deur drie ervare vonnisopleggers as gepas beskou is, is dit ân faktor wat myns insiens nie geïgnoreer behoort te word nie.
[19] Wat die aard en erns van die onderhawige misdade aanbetref, het die hof a quo verklaar dat die appellante âsoos twee rampokkers te werk gegaan het met die pleging van hierdie misdryweâ. Geen kritiek kan myns insiens teen hierdie beskrywing of teen die hof se algemene benadering geopper word nie. Die misdade waaraan die beskuldigdes skuldig bevind is, is klaarblyklik ernstig. Wat gewapende roof van motorvoertuie aanbetref, het hierdie hof in S v Khambule 7 onder andere die volgende gesê:
âIn gevalle van ân gewapende roof van ân motorvoertuig, met die voor die hand liggende gevaar van ontvoering, ernstige aanranding en moord op die bestuurder en insittendes, kan die howe nie anders as om swaar strawwe op te lê nie. Die pleeg van hierdie misdaad het so alledaags geword, veral in en om ons groot stede, dat onskuldige mans en vrouens met beklemming op die pad gaan en die ergste vrees. Die brutale optrede van rowers doen ons land enorme skade aan en gooi ân donker skaduwee oor die vertroue
van ons gemeenskap in polisiëring, vervolging en regspleging.â
[20] Verder moet in gedagte gehou word dat die misdade waaraan die appellante skuldig bevind is nie eenmalige gebeurtenisse was wat by ân enkele geleentheid op die ingewing van die oomblik gepleeg is nie; dit was ân hele reeks misdade wat oor ân periode van vier of vyf dae gepleeg is. Beskuldigde 2 het ruiterlik teenoor die proefbeampte erken dat hy die leidende rol gespeel het in die beplanning en uitvoering van die reeks misdade. Hy en sy mede-beskuldigdes het oorgenoeg geleentheid gehad om tot besinning te kom en hul misdadige optrede te staak, maar hulle het desnieteenstaande voortgegaan om verdere misdade te pleeg. Dit was slegs die tydige tussenkoms van die polisie in Mosselbaai waardeur die reeks rooftogte beëindig is.
[21] Namens die appellante is ook betoog dat die verhoorhof misgetas het deur nie hul vooruitsigte op rehabilitasie in ag te neem nie. In die eerste plek is ek nie oortuig dat die verhoorhof wel hierdie aspek oor die hoof gesien het nie. Die blote feit dat dit nie uitdruklik in die uitspraak vermeld word nie beteken nie dat dit nie in aanmerking geneem is nie. In ieder geval moet die oogmerk van rehabilitasie in die geval van ernstige misdade soos hierdie dikwels terugstaan vir oogmerke soos afskrikking en vergelding.8 Soos dit gestel is in S v Mhlakaza:9
âGiven the current levels of violence and serious crimes in this country, it seems proper that, in sentencing especially such crimes, the emphasis should be on retribution and deterrence. . . . Retribution may even be decisive.â
[22] Wat betref beskuldigde 2 se persoonlike omstandighede, was hy ten tyde van die pleging van die misdade 23 jaar oud, ongetroud en werkloos. Op daardie stadium het hy egter alreeds die volgende rekord opgebou:
Hy is op 4 Februarie 1998 gevonnis tot 18 maande korrektiewe toesig sowel as 288 uur gemeenskapsdiens op twee aanklagte van huisbraak en twee aanklagte van diefstal.
Minder as ses maande later pleeg hy weer diefstal, waarvoor hy op 21 April 1999 gevonnis is tot ân boete van R600 of 60 dae gevangenisstraf.
Intussen, en slegs ân maand na die vorige diefstal, pleeg die beskuldigde weer huisbraak met die opset om te steel en diefstal, waarvoor hy op 12 November 1998 gevonnis word tot 18 maande gevangenisstraf. Beide laasgenoemde misdade is dus gepleeg terwyl hy veronderstel was om onder korrektiewe toesig te wees.
Hy is op 22 Junie 1999 op parooltoesig vrygelaat tot 10 Julie 2000. Minder as ân jaar na verstryking van sy parool pleeg die beskuldigde die huidige reeks misdade.
[23] Uit hierdie geskiedenis, sowel as sy gedrag tydens die reeks misdade tans onder bespreking, is die afleiding onafwendbaar dat die appellant min respek toon vir die regte van ander en die waardes van ân ordelike gemeenskap. Die geleenthede wat die howe hom in die verlede gebied het om homself te rehabiliteer het hy nie benut nie. Die moontlikheid van herhaling van sy misdadige gedrag is dus sterk en ten einde dit te voorkom, is dit noodsaaklik dat hy vir ân lang tyd uit die gemeenskap verwyder word.
[24] Wat beskuldigde 3 se posisie aanbetref, is hy weliswaar ouer as beskuldigde 2 (27 jaar), maar het hy ân mindere rol as beskuldigde 2 gespeel en is hy ook aan minder aanklagte skuldig bevind. Daarbenewens het hy, anders as beskuldigde 2, geen vorige veroordelings nie. Daarvoor het die streekhof hom egter volle krediet gegee deur hom te vonnis tot ongeveer die helfte van die effektiewe vonnis van beskuldigde 2. Indien in gedagte gehou word dat die voorgeskrewe vonnis vir een aanklag van roof met verswarende omstandighede normaalweg 15 jaar gevangenisstraf is vir ân eerste oortreder, het beskuldigde 3 â wat op drie aanklagte van roof met verswarende omstandighede sowel as menseroof skuldig bevind is â myns insiens geen rede om te kla oor die âafslagâ wat hy op die totaliteit van die misdade ontvang het nie.
Gevolgtrekking
[25] In al die omstandighede is ek van oordeel dat daar geen gronde is om met die opgelegde vonnisse in te meng nie. Beide appèlle word gevolglik van die hand gewys.
________
B M GRIESEL
WNDE APPèlrEGTER
VERSKYNINGS:
NMS APPELLANTE: M Calitz
In opdrag van
Regshulpkantoor
Kaapstad
Bloemfontein
NMS RESPONDENT: W Tarantal
Direkteur van Openbare Vervolgings
1 Geriefshalwe verwys ek hierin na die onderskeie beskuldigdes ooreenkomstig hul beskrywing in die streekhof.
2 Die eertydse beskuldigde 1 is op aanklagte 6 en 7 skuldig bevind en gevonnis tot altesaam 17 jaar gevangenisstraf.
3 [[2008] ZASCA 87; 2008] 4 All SA 396 (HHA) para 18.
4 â(T)he court must look at the totality of the criminal behaviour and ask itself what is the appropriate sentence for all the offencesâ. (Thomas Principles of Sentencing 2ed (1979) p 56, met goedkeuring aangehaal in S v Mpofu 1985 (4) SA 322 (ZH) op 324GâJ.)
5 S v Nkosi 1993 (1) SASV 709 (A) op 717aâc en die sake daarin aangehaal.
6 S v Pieters 1987 (3) SA 717 (A) op 734GâI.
7 2001 (1) SASV 501 (HHA) para 24. Sien ook art 51(1), saamgelees met Deel II van Bylaag 2 van die Strafregwysigingswet 105 van 1997.
8 S v Mungati 1992 (1) SASV 550 (A); Vilakazi v S [2008] ZASCA 87; [2008] 4 All SA 396; Mokoena v S [2009] ZASCA 14 para 11.
9 1997 (1) SA 515 (HHA) op 519dâe.
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.