Download PDF

South Africa Judgment

Western Cape High Court, Cape Town

Johnson v S (A88/10) [2010] ZAWCHC 51 (23 March 2010)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The appellate court found that the trial court misdirected itself by attributing sole responsibility for the accident to the appellant and by inferring that his flight from the scene was exclusively due to intoxication. The evidence indicated that the minibus driver was at least contributorily negligent, having driven with an excessive blood alcohol concentration and without a valid permit, and failed to take reasonable precautions to avoid the collision. The appellant's personal circumstances, including his status as a first offender, stable employment, and family responsibilities, weighed against direct imprisonment. The court held that corrective supervision was the appropriate sentence, as the interests of justice did not require the appellant's removal from society.

Court disposition

Appeal against sentence upheld; sentences of imprisonment set aside and replaced with corrective supervision.

Orders

  • The sentences of 3 years' imprisonment for culpable homicide and 6 months' imprisonment for failure to render assistance are set aside.
  • The appellant is sentenced to 3 years' corrective supervision in terms of section 276(1)(h) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977, subject to specified conditions.
  • The appellant is placed under house arrest at Sterlingstraat 16, Caledon, with limited exceptions for work, religious attendance, and community service.
  • The appellant must perform at least 16 hours of community service per month at Caledon Hospital during the period of supervision.
  • The matter is referred back to the trial court for implementation of the sentence.
  • The appellant's driver's licence is suspended for 4 years from 5 March 2009.
  • The appellant is declared unfit to possess a firearm.

02

Material facts

Parties

Zachary Johnson

Appellant

The State

Respondent

Amounts and remedies

  • Fine Imposed on Minibus Driver: ZAR 3,000
  • Minibus Driver's Blood Alcohol Concentration (g/100ml): 0.22
  • Legal Limit for Professional Driver (g/100ml): 0.02
  • Community Service Hours Per Month: 16
  • Duration of Corrective Supervision (years): 3
  • Driver's Licence Suspension (years): 4

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that the trial court misdirected itself by finding him solely responsible for the accident and by inferring that he fled the scene solely because he was intoxicated. He contended that the trial court failed to properly consider the contributory negligence of the minibus driver, his own personal circumstances, and the appropriateness of corrective supervision as a sentence.
Respondent
The respondent conceded that the sentences imposed were severe but maintained that the appellant's conduct warranted a custodial sentence. The respondent argued that the trial court correctly found the appellant's flight from the scene indicative of guilt and that the seriousness of the offences justified the sentences imposed.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v De Jager & Another, 1965 (2) SA 616 (A) at 692A-B

    An appellate court will only interfere with a sentence if there has been a misdirection by the trial court or if the sentence is so severe that no reasonable court would have imposed it.

  2. 02

    S v R, 1993 (1) SACR 209 (A) at 221g-i

    The reformative aspect of punishment does not necessarily require incarceration; corrective supervision distinguishes between offenders who must be removed from society and those who need not be.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The appellate court found that the trial court misdirected itself by attributing sole responsibility for the accident to the appellant and by inferring that his flight from the scene was exclusively due to intoxication. The evidence indicated that the minibus driver was at least contributorily negligent, having driven with an excessive blood alcohol concentration and without a valid permit, and failed to take reasonable precautions to avoid the collision. The appellant's personal circumstances, including his status as a first offender, stable employment, and family responsibilities, weighed against direct imprisonment. The court held that corrective supervision was the appropriate sentence, as the interests of justice did not require the appellant's removal from society.

Obiter and limits

  • The tragic loss of a young child's life in the accident should not overshadow the need for balanced consideration of all relevant sentencing factors.
  • The disadvantages of imprisonment for both the offender and the broader community are well established and do not require further elaboration.
  • The conduct of the minibus driver, including driving under the influence and without a valid permit, was highly irresponsible and contributed to the accident.

Court disposition

Appeal against sentence upheld; sentences of imprisonment set aside and replaced with corrective supervision.

  • The sentences of 3 years' imprisonment for culpable homicide and 6 months' imprisonment for failure to render assistance are set aside.
  • The appellant is sentenced to 3 years' corrective supervision in terms of section 276(1)(h) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977, subject to specified conditions.
  • The appellant is placed under house arrest at Sterlingstraat 16, Caledon, with limited exceptions for work, religious attendance, and community service.
  • The appellant must perform at least 16 hours of community service per month at Caledon Hospital during the period of supervision.
  • The matter is referred back to the trial court for implementation of the sentence.
  • The appellant's driver's licence is suspended for 4 years from 5 March 2009.
  • The appellant is declared unfit to possess a firearm.

Source and reliance status

Western Cape High Court, Cape Town

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Western Cape High Court, Cape Town

Judgment

[2010] ZAWCHC 51

IN DIE HOe HOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOe HOF, KAAPSTAD)

SAAKNR: A88/10

In die appel van

ZACHARY

JOHNSON APPELLANT

en

DIE

STAAT RESPONDENT

UITSPRAAK GELEWER OP 23 MAART 2010

BARNARD, WnR

1. Die Appellant is in die verhoorhof skuldig bevind aan twee aanklagte naamlik strafbare manslag en oortreding van artikel 61(1)(c) van Wet 93 van 1996 (versuim om hulp te verleen na 'n ongeluk).

2. Die Appellant is op die strafbare manslag gevonnis tot 3 jaar gevangenisstraf en weens oortreding van die voormelde artikel gevonnis tot 6 maande gevangenisstraf.

3. Met verlof van die verhoorhof appelleer die Appellant teen die vonnisse opgele ten opsigte van die twee skuldigbevindings.

4. Die skuldigbevindings spruit voort uit 'n botsing op die openbare pad tussen Bredasdorp en Struisbaai op 18 November 2006 tussen 'n minibus wat bestuur is deur Stanley Williams (Beskuldigde 1 in die verhoofhof) en 'n motorvoertuig wat bestuur is deur die Appellant.

Tydens die verhoor het passasiers van die minibus en die wat in die Appellant se voertuig was, getuig. Die getuienis van polisiebeamptes

wat op die ongelukstoneel teenwoordig was asook mediese getuienis van Drs. Bosch en Barnard is aangebied. Mnr Williams het ook getuig en die Appellant het geen getuienis afgele nie. Geen ander getuies is namens die verdediging geroep nie.

5. Kortliks is die omstandighede van die ongeluk dat die minibus vanaf Struisbaai op pad was na Robertson in die rigting van Bredasdorp en dat die Appellant op pad was na Struisbaai vanaf Bredasdorp. Dit blyk nie duidelik uit die getuienis hoeveel passasiers in die Appellant se voertuig was nie, maar dat dit wil voorkom asof daar buiten vir die Appellant 4 of 5 volwassenes en nog 'n klein kind was. Buiten vir die bestuurder van die minibus wil dit voorkom asof daar 15 passasiers en 4 jong kinders in die minibus was.

6. Alhoewel die passasiers in die Appellant se voertuig getuig dat hy korrek bestuur het, getuig passasiers in die minibus dat die

Appellant se voertuig reeds voor die ongeluk in die baan van die minibus beweeg het en toe weer terugbeweeg het na sy baan. Dit blyk dan dat die Appellant se voertuig weer uit sy baan beweeg het toe die minibus langs sy voertuig was en dat die Appellant se voertuig met die regter voorwiel van die minibus gebots het waarna die minibus 3 keer gerol het en weer op sy wiele te lande gekom het. Die Appellant se voertuig het ook omgeslaan en het op die linkerkant daarvan tot stilstand gekom.

7. Verskeie van die passasiers in die minibus het beserings opgedoen. Daar was ernstige beserings en 'n 2-jarige dogtertjie is oorlede as gevolg van beserings wat sy opgedoen het in die ongeluk. Die passasiers in die Appellant se voertuig het geringe of geen beserings

opgedoen nie. Dit blyk voorts dat die Appellant na die ongeluk weggehardloop het en homself op 'n latere stadium vrywillig aan die polisie oorgegee het.

8. In die verhoorhof is Mnr. Williams (die bestuurder van die minibus) aangekla van dronkbestuur, in die alternatief dat hy 'n voertuig

bestuur het terwyl die konsentrasie alkohol in sy bloed meer as 0,05 gram per 100 ml bloed was te wete 0,22 gram per 100 ml bloed en verder dat hy die voertuig bestuur het sonder magtiging of ooreenkomstig die voorwaardes van 'n lisensie wat ingevolge Wet 93

van 1996 uitgereik is. Die mediese getuienis was dat die konsentrasie alkohol in die bloed van Mnr Williams inderdaad 0,22 gram per 100 ml bloed was. Dit het voorts geblyk dat die permit wat Mnr. Williams sou magtig om passasiers vir vergoeding te vervoer, die sogenaamde "PDP", verval het voor die ongeluk plaasgevind het. Hy het wel 'n geldige rybewys gehad. Mnr. Williams is skuldig bevind daaraan dat hy die minibus bestuur het terwyl sy alkohol-konsentrasie bo die toelaatbare limiet was en onskuldig bevind aan die verdere klagte met betrekking tot die lisensie en gevonnis tot 'n boete van R3,000.00 of 12 maande gevangenisstraf.

9. By oorweging van appel teen vonnis is dit geykte beginsel dat die hof van appel slegs sal inmeng met die vonnis van die verhoorhof indien daar 'n mistasting deur die verhoorhof begaan is, of die vonnis opgele deur die verhoorhof so swaar is dat geen redelike hof die vonnis sou opgele het nie, d.w.s. dat die vonnis opgele deur die verhoorhof skokkend onvanpas is. (Sien in die verband S v De Jager & Another, 1965 (2) SA 616 (A) op 692A-B en S v Pillay, 1977 (4) SA 531 (A).

10. Die verhoorhof het bevind dat Appellant uitsluitlik die ongeluk veroorsaak het. Verder se die verhoorlanddros tydens vonnisoplegging

dat die enigste redelike afleiding wat gemaak kan word uit die feit dat die Appellant van die ongelukstoneel weggehardloop het, was dat Appellant geweet het dat hy gedrink was en vir daardie rede van die toneel weggehardloop het. Hierdie faktore het swaar geweeg by die verhoorlanddros tydens vonnisoplegging.

11. Na oorweging van die getuienis is ek van mening dat die verhoorlanddros 'n mistasting begaan het deur hierdie bevindinge te

maak. Daar is verskeie faktore wat daarop dui dat die bestuurder van die minibus minstens bydraend nalatig was. Hierdie faktore sluit onder andere die volgende in:

11.1. Mnr. Williams tree op as 'n professionele bestuurder terwyl die alkohol-konsentrasie van sy bloed 0,22 ml gram per 100 ml bloed is. Dit is aansienlik hoer as die toelaatbare limiet vir 'n professionele bestuurder naamlik 0.02 ml gram per 100 ml bloed;

11.2. hy tree verder op as 'n professionele bestuurder terwyl hy nie in besit is van 'n geldige permit wat horn magtig om as sulks op te tree nie; en

11.3. ten spyte daarvan dat die Appellant se voertuig reeds voor die ongeluk uit sy baan in die baan van die minibus terug na sy eie baan beweeg, verminder Mnr. Williams nie spoed of hou nie 'n behoorlike uitkyk nie en neem geen voorkomende stappe soos om sy ligte te flits of die toeter te blaas nie.

12. Voorts is die getuienis dat die jong dogtertjie wat oorlede is op haar ouma se skoot gesit het reg langs die glydeur van die minibus. Dit is uiters onverantwoordelik om toe te laat dat so 'n jong kind nie vasgegordel of beveilig is in die voertuig nie.

13. Alhoewel daar getuienis is dat die Appellant die vorige aand gedrink het, getuig een van die passasiers in sy voertuig dat die Appellant nie 'n groot hoeveelheid alkohol gedrink het nie. 'n Ander passasier is baie duidelik daaroor dat sy nie in die voertuig sou geklim het as Appellant dronk was nie. Alhoewel dit moontlik is dat Appellant van die toneel weggehardloop het omdat hy gedrink was, is dit na my mening nie korrek om te se dat dit die enigste afleiding is wat gemaak kan word uit die feite nie. 'n Motorongeluk en in besonder 'n ongeluk soos hierdie, is dramaties en dit is nie onbekend dat mense vreemd optree in 'n geskokte toestand nie. Die getuienis is voorts dat die Appellant 'n diabeet is en dit is nie onmoontlik dat hierdie siekte-toestand 'n invloed op sy optrede kon gehad het nie.

14. Die voorafgaande be'mvloed geensins die blaamwaardigheid van die Appellant nie. Appellant is tereg skuldigbevind aan ernstige

oortredings, maar het die mistasting na my mening 'n invloed op die vonnis. In die onderhawige geval het die bevindinge 'n belangrike rol gespeel in die vonnis wat die verhoorlanddros opgele het en direk daartoe aanleiding gegee het dat 'n swaar vonnis opgele is. Tydens betoog het Advokaat namens die Respondent dan ook tereg toegegee dat die vonnis 'n swaar vonnis is.

15. By oorweging van vonnis moet daarteen gewaak word dat die sterk emosies wat opgewek word deur die feit dat 'n jong kind haar lewe verloor het as gevolg van die botsing en die feit dat die Appellant van die toneel weggehardloop het sonder om hulp te verleen,

veroorsaak dat die ander faktore wat in ag geneem moet word, nie na behore oorweeg word nie. Appellant is 47 jaar oud en 'n eerste

oortreder. Appellant het 'n permanente werk, is getroud en het 3 afhanklikes waarvan die jongste 2 jaar oud is.

16. Die misdrywe waaraan die Appellant skuldig bevind is, is ernstig en sonder twyfel strafwaardig. In S v R, 1993 (1) SACR 209 (A) op 221g-i is daarop gewys dat die wetgewer met die instel van korrektiewe toesig as 'n vonnis duidelik onderskei het tussen 2 soorte misdadigers

naamlik die wat deur gevangenissetting van die gemeenskap afgesonder moet word en die wat nie uit die gemeenskap verwyder hoef te word nie. Daar word verder daarop gewys dat die hervormende aspek van straf nie noodwendig deur opsluiting bereik word nie. Die nadele van gevangenisstraf vir beide prisonier en die bree gemeenskap is alom bekend en behoef geen verdere toeligting nie.

17. Die vraag is of the Appellant 'n persoon is wat uit die gemeenskap verwyder moet word? Ten spyte van die ernstige gevolge van die botsing is ek van mening dat die optrede van die Appellant, sy persoonlike omstandighede en ook die belange van die gemeenskap nie vereis dat hy uit die gemeenskap verwyder moet word nie.

18. Die verhoorlanddros het korrektiewe toesig as vonnis oorweeg, maar verwerp hoofsaaklik weens die bevinding dat die Appellant die uitsluitlike oorsaak van die ongeluk was en die gevolgtrekking dat die Appellant die toneel verlaat het omdat hy gedrink was. Weens die redes hierbo uiteengesit is ek van mening hierdie 'n mistasting is wat 'n invloed gehad het op die vonnis opgele deur die verhoorhof.

19. In die omstandighede is dit na my mening, nie gepas om die Appellant uit die gemeenskap te verwyder nie en dat korrektiewe toesig in die omstandighede die gepaste vonnis is. Die persoonlike omstandighede van die Appellant en in besonder die effek en invloed wat direkte gevangenisstraf op sy afhanklikes en die gemeenskap sal he is faktore wat swaar weeg ten gunse daarvan om die Appellant die geleentheid te gun om sy lewe te verander sonder om horn uit die samelewing te verwyder. Die ernstige gevolge van die Appellant se optrede bevestig weereens dat voertuie met respek en omsigtigheid hanteer moet word en dat oortreders swaar strawwe kan verwag.

20. In die omstandighede sou ek die appel handhaaf en die vonnis van 3 jaar gevangenisstraf op die strafbare manslagklagte en die 6 maande gevangenisstraf op die oortreding van artikel 61(1)(c) van Wet 93 van 1996 tersyde stel. Vir doeleindes van vonnis sou ek die oortredings saamneem en die Appellant vonnis tot 3 jaar korrektiewe toesig ingevolge artikel 276 (1) (h) van die Strafproseswet, 51 van 1977 onderworpe aan die volgende voorwaardes:

20.1. die Appellant is vir die voile tydperk van die korrektiewe toesig onder huisares te Sterlingstraat 16, Caledon. Appellant mag vir die tydperk van die korrektiewe toesig die bovermelde adres slegs verlaat om -

20.1.1. sy werk te Suid-Afrikaanse Brouery te Caledon te verrig;

20.1.2. godsdienstige byeenkomste by te woon; en

20.1.3. gemeenskapsdiens soos hieronder uiteengesit te verrig.

Die Appellant moet vir die tydperk van die korrektiewe toesig gemeenskapsdiens van ten minste 16 uur per maand verrig by die Caledon Hospitaal.

Die saak word terugverwys na die verhoorhof vir inwerkingstelling van die vonnis.

21.0. Die verhoorlanddros het verder gelas dat die Appellant se bestuurderslisensie vir 'n tydperk van vier jaar opgeskort word vanaf 5 Maart 2009. Voorts het die verhoorlanddros bevind dat Appellant onbevoeg is om 'n vuurwapen te besit. Ek sou die voormelde bevele bevestig.

J. M. BARNARD, WnR

Ek stem saam. Die appel teen die vonnisse word gehandhaaf en die Appellant word gevonnis tot 3 jaar korrektiewe toesig onderworpe aan die gemelde voorwaardes. Die saak word na verhoorhof terugverwys om die vonnis in werking te stel.

Appellant se bestuurderslisensie word vir 4 jaar opgeskort vanaf 5 Maart 2009 en Appellant is onbevoeg om 'n vuurwapen te besit.

R. ALLIE, R

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v De Jager & Another, 1965 (2) SA 616 (A)

Case cited

S v Pillay, 1977 (4) SA 531 (A)

Case cited

S v R, 1993 (1) SACR 209 (A)

Case cited

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

National Road Traffic Act 93 of 1996

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.