Download PDF

South Africa Judgment

Western Cape High Court, Cape Town

Johnson v S (A146/2015) [2015] ZAWCHC 84 (8 June 2015)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The appeal court found that the trial court overemphasized the seriousness of the offence and the interests of the community, while failing to adequately consider the appellant's personal circumstances and the principle of individualization in sentencing. There was no evidence that the appellant was involved in gang activities while on parole, and his breach was limited to failing to notify his parole officer of a change of address. The delay in bringing the appellant to trial constituted a violation of his right to a speedy trial. The court held that the two-year sentence should run concurrently with the sentence the appellant was already serving, and should be backdated to the original date of sentencing.

Court disposition

Appeal against sentence upheld. Sentence amended to run concurrently with existing sentence and backdated.

Orders

  • The appeal succeeds in respect of sentence.
  • The sentence of two years' imprisonment is substituted with two years' imprisonment to be served concurrently with the sentence the appellant is currently serving, in terms of section 280 of the Criminal Procedure Act 51 of 1977.
  • The sentence is backdated to the original date of sentencing.

02

Material facts

Parties

Keno Johnson

Appellant

The State

Respondent

Amounts and remedies

  • Original Sentence Imposed for Parole Breach (years): 2

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that the trial court failed to give adequate consideration to his personal circumstances, including the lengthy period he spent awaiting trial, and did not properly account for the cumulative effect of the additional two-year sentence. It was submitted that the trial court overemphasized the seriousness of the offence and the interests of the community, while neglecting rehabilitation and individualization of sentence.
Respondent
The respondent contended that the appellant's breach of parole conditions was serious and justified the imposition of a direct imprisonment sentence. The respondent argued that the trial court correctly considered the interests of the community and the gravity of the offence, and that the sentence imposed was appropriate under the circumstances.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Rabie 1975 (4) SA 855 (A)

    An appeal court will only interfere with a sentence if the trial court committed a misdirection or imposed a sentence so severe that no reasonable court would have done so.

  2. 02

    S v Zinn 1969 (2) SA 537 (A)

    Sentencing must balance the interests of society, the seriousness of the offence, and the personal circumstances of the offender, with a measure of mercy where appropriate.

  3. 03

    Criminal Procedure Act 51 of 1977

    Section 280 of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 allows for sentences to be ordered to run concurrently.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The appeal court found that the trial court overemphasized the seriousness of the offence and the interests of the community, while failing to adequately consider the appellant's personal circumstances and the principle of individualization in sentencing. There was no evidence that the appellant was involved in gang activities while on parole, and his breach was limited to failing to notify his parole officer of a change of address. The delay in bringing the appellant to trial constituted a violation of his right to a speedy trial. The court held that the two-year sentence should run concurrently with the sentence the appellant was already serving, and should be backdated to the original date of sentencing.

Obiter and limits

  • The delay of more than a year between the appellant's arrest for parole breach and his appearance in court was unacceptable and amounted to a violation of his right to a speedy trial.
  • The fact that the appellant had begun serving the remainder of his sentence for the original offence did not justify the delay in prosecuting the parole breach.
  • The trial court should have confined its consideration to the facts and circumstances of the current offence, rather than relying on assumptions about the appellant's past conduct.

Court disposition

Appeal against sentence upheld. Sentence amended to run concurrently with existing sentence and backdated.

  • The appeal succeeds in respect of sentence.
  • The sentence of two years' imprisonment is substituted with two years' imprisonment to be served concurrently with the sentence the appellant is currently serving, in terms of section 280 of the Criminal Procedure Act 51 of 1977.
  • The sentence is backdated to the original date of sentencing.

Source and reliance status

Western Cape High Court, Cape Town

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Western Cape High Court, Cape Town

Judgment

[2015] ZAWCHC 84

IN DIE HOOGGEREGSHOF

VAN SUID AFRIKA

(WES-KAAP HOOGGEREGSHOF, KAAPSTAD)

Saak No: A146/2015

DATE: 08 JUNE 2015

In die saak tussen:

KENO JOHNSON.....................................................................................................................Appellant

En

DIE STAAT.............................................................................................................................Respondent

UITSPRAAK GELEWER OP 08 JUNIE 2015

RILEY, WnR

[1] Die appellant was in die streekhof te Bellville skuldig bevind aan ‘n aanklag van ‘n oortreding van Artikel 117(e) van die Wet op Korrektiewe Dienste No. 111 van 1998 te wete dat hy gedurende die periode 18 September 2011 tot 12 Desember 2012 te 70 Tulbagh Singel, Belhar, terwyl hy onderworpe is aan gemeenskapskorreksies, gedros het en daardeur monitering vermy het.

[2] Appellant is op 5 Februarie 2014 gevonnis tot ‘n termyn van twee jaar direkte gevangenisstraf en kom nou in hoër beroep met verlof van hierdie hof, slegs teen vonnis.

[3] Daar is in hierdie hof onder andere namens die appellant aangevoer dat die verhoorhof misgetas het by die oplegging van ‘n gepaste vonnis deur nie genoeg gewig te heg aan die persoonlike omstandighede van die appellant nie; deur nie in ag te neem dat die appellant vir meer as veertien maande verhoor afwagtend was nie, en dat die verhoorhof versuim het om die kumulatiewe effek van die addisionele twee jaar gevangenisstraf wat opgelê, is in ag te neem.

[4] Dit word nou algemeen aanvaar dat ‘n Hof van Appèl slegs met die vonnis van die verhoorhof sal inmeng indien daar ‘n mistasting deur die verhoorhof begaan is, of as die vonnis opgelê deur die verhoorhof so swaar is dat geen redelike hof die vonnis sou opgelê het nie.

[5] Dit is ook geykte reg dat by die oorweging van vonnis dat dit belangrik is dat die vonnisoplegger by die strewe na ‘n gebalanseerde vonnis, ‘n straf moet oplê wat gepas is vir die oortreder en die misdaad wat hy/sy gepleeg het. Die vonnis moet ook billik of regverdig wees in die oë van die gemeenskap en moet daar ‘n mate van genade wees afhangende van die omstandighede.

[6] Die misdryf waaraan die appellant skuldig bevind is, maak voorsiening vir die oplegging van ‘n boete of met opsluiting vir ‘n tydperk van hoogstens tien jaar of met sodanige opsluiting sonder die keuse van ‘n boete, of met beide sodanige boete en sodanige opsluiting.

[7] Dit is gemene saak dat appellant op 3 Desember 1997 skuldig bevind is aan moord en besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en onderskeidelik gevonnis is tot twee en twintig jaar en drie jaar gevangenisstraf wat saamlopend uitgedien moes word. Appellant is op 29 Oktober 2010 vrygelaat op parool tot 21 Maart 2021. As voorwaarde van sy vrylating op parool moes appellant hom onderwerp aan gemeenskapskorreksies wat insluit dat hy onder andere, gemeenskapsdiens moes verrig en dat hy nie van adres kan verander sonder toestemming van sy paroolbeampte nie. Volgens die aanvaarde getuienis het die appellant van adres verander sonder die toestemming van sy paroolbeampte en kon hy derhalwe nie gemonitor word nie. Daar is ook getuienis dat hy nie die gemeenskapsdiens komponent van sy gemeenskapskorreksie program nagekom het nie alhoewel die getuienis ten opsigte van laasgenoemde egter karig is. Dit is verder gemenesaak dat appellant op 12 Desember 2012 weer in die gevangenis opgeneem is om die res van die 3475 dae gevangenisstraf op die moord saak uit te dien as gevolg van die verbreking van sy parool voorwaardes.

[8] Ek wil uit die staanspoor my misnoë uitspreek oor die feit dat daar meer as ‘n jaar verloop het vandat appellant vir paroolbreuk gearresteer is totdat hy op die aanklag voor die hof gebring is en die saak teen hom afgehandel is. Dit is onverklaarbaar waarom die appellant eers op 23 September 2013 voor die hof gebring is op die aanklag en dat die saak eers op 5 Februarie 2014 afgehandel is, as die appellant reeds op 12 Desember 2012 vir paroolbreuk gearresteer is. Na my mening is die toedrag van sake totaal onaanvaarbaar en kom dit neer op ‘n skending van die appellant se reg tot ‘n spoedige verhoor. Na my mening

maak dit nie ‘n verskil dat appellant reeds begin het om die res van sy vonnis uit te dien nie en is dit ‘n faktoor wat die verhoorlanddros nie behoorlik in ag geneem het toe sy oorweging aan ‘n gepaste vonnis gegee het in die saak nie.

[9] In haar uitspraak oor vonnis, verklaar die landdros onder andere as volg:

“Ek is ingelig vandag dat u nie behoort aan ‘n bende nie. Wat vreemd is, is dat u oorlede tweeling broer, soos wat uself getuig het, betrokke was by bende aktiwiteite en dat uself ook getuig het dat u en u familie gevrees het ook vir u lewe. Daar was ook iets wat u tydens kruisondervraging genoem het rondom Pagad. Daar is nie verder daaroor uitgebrei nie. Hoe dit ook al sy, ons almal weet wie ‘Pagad’ is en ons almal weet wie ‘Geweld’ is, as ons met hierdie tipe sake

te doen het, en dit voorspel net probleme.

So wat vir my duidelik na vore gekom het Mnr Johnson, is dat u in verkeerde kringe beweeg en as ek kyk na die laaste oortreding, die een waarvoor u op parool was, daar is nie uitgebrei nie. U kan vir my sê as ek verkeerd is. Ek lei af die moord wapen wat u gebruik het, was ‘n vuurwapen, want u is ook op daardie masnommer skuldig bevind aan besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en besit van ammunisie …’

en verder

‘Ek wil aansluit by die betoog van die Staatsaanklaer dat u een van daardie persone is wat nie daardie kans gegun moet word nie, dat u reeds bewys het met die eerste oortreding waar u op parool uit was, dat u moord gepleeg het terwyl u op parool uit was, dat u nooit hierdie kans, gegun moes gewees het nie.’

[10] Dit is heel duidelik dat by die beoordeling van ‘n gepaste vonnis dat die verhoorlanddros beinvloed is deur die feit dat na haar mening:

1. die appellant hom met bende bedrywighede geassosieer het terwyl hy op parool was;

2. dat hy ‘n ongelisensieerde vuurwapen gebruik het by die pleeg van die moord waarop hy op parool vrygelaat is; en

3. die appellant nooit op parool vrygelaat moes gewees het nie, aangesien hy op ‘n vorige geleentheid op parool vrygelaat is toe die moord gepleeg is.

[11] Daar is geen getuienis dat die appellant hom met bendebedrywighede betrek het terwyl hy op parool was nie. Die getuienis wys eerder daarop dat na appellant se broer deur bendes doodgeskiet is, omdat hy getuienis sou aflê teen bendes, dat appellant en sy familie gevrees het dat appellant ook deur bendes vermoor sou word. Dit was juis om die rede dat appellant onder invloed van sy familie besluit het om die adres waar hy woonagtig was, te verlaat om uit die area te kom waar sy lewe klaarblykbaar in gevaar was.

[12] Alle aanduidings is dat appellant ‘n stabiele leefswyse handhaaf het terwyl hy op parool was, dat hy gewerk het as ‘n motorwerktuigkunde by Porter BMW en dat hy ‘n minderjarige kind van drie (3) jaar oud gehad het. Dit blyk ook dat hy ‘n verhouding met een van sy meisies beëindig het omdat sy onstabiel opgetree het en dat hy bang was dat sy probleme in sy lewe sou veroorsaak wat ‘n negatiewe uitwerking op sy parool sou het. Alle aanduidings is dat appellant nie meer met bendes betrokke was nie en dat hy besig was om sy lewe te verander. Daar is geen getuienis dat terwyl hy op parool vrygelaat is dat hy betrokke was by die pleeg van misdaad nie en of dat hy aan enige misdade skuldig bevind is nie. Dit blyk dat die appellant se enigste fout was dat hy nie sy paroolbeampte laat weet het van sy adres verandering nie.

[13] Die landdros het verder uit die oog verloor dat die verhoorhof wat die appellant skuldig bevind het aan moord en die vonnis van twee en twintig (22) jaar opgelê het, seer sekerlik die omstandighede waaronder daardie moord gepleeg is in ag moes geneem het, toe hy daarvoor gevonnis was.

[14] Dit moet ook so wees dat die Parool Raad oorweging gegee het aan die appellant se vorige veroordelings toe daar besluit is of appellant in die moord saak op parool vrygelaat moes word al dan nie. In elk geval is daar geen getuienis voor die hof geplaas oor die omstandighede van die moord en die redes waarom die vonnis opgelê is nie. Nog minder is daar faktore voor die verhoorlanddros geplaas oor die redes waarom appellant op parool vrygelaat is nie. Die verhoorlanddros het myns insiens misgetas deur haar nie te beperk tot die feite en omstandighede van die huidige misdaad waaraan appellant hom skuldig gemaak het.

[15] Dit is verder duidelik dat die verhoorlanddros die belange van die gemeenskap en die aard en erns van die misdryf oorbeklemtoon het en die belangrike komponente van rehabilitasie en individualisering van vonnis, nagelaat het. Dit is korrek dat die gemeenskap verwag dat ernstige misdaad gestraf sal word, maar word dit ook verwag dat strafversagtende omstandighede in ag geneem moet word en dat die beskuldigde se besondere posisie deeglike oorweging verdien.

[16] Ek is gevolglik van mening dat die verhoorlanddros misgetas het deur die belange van die gemeenskap asook die erns van die misdaad te oorbeklemtoon. Na my mening is dit nie een van die mees ernstige gevalle van paroolbreuk nie. Die feit dat appellant hom skuldig gemaak het aan paroolbreuk sal sonder twyfel sy kanse om in die toekoms weer op parool vrygelaat te word negatief beinvloed. Ek is derhalwe nie oortuig dat inageneem al die omstandighede van hierdie saak, dat die termyn van twee (2) jaar direkte gevangenisstraf wat opgelê is, ‘n redelike en gebalanseerde vonnis is nie. Ek is tevrede dat in die omstandighede van hierdie saak dit gepas is dat die twee (2) jaar gevangenisstraf wat opgelê is samelopend uitgedien moet word met die vonnis wat die appellant huidiglik uitdien.

[17] Derhalwe stel ek die volgende bevel voor:

(a) Die appèl slaag ten opsigte van vonnis.

(b) Die vonnis van twee (2) jaar gevangenisstraf word vervang met die volgende vonnis:

(i) Twee (2) jaar gevangenisstraf. Ingevolge die bepalings van Artikel 280 van die Strafproseswet 51 van 1977 word gelas dat die vonnis van twee (2) jaar samelopend uitgedien word met die vonnis wat die appellant huidiglik uitdien.

(ii) Die vonnis word terugdateer na die oorspronklike datum van vonnisoplegging.

Ek stem saam en dit word so beveel.

NDITA, R

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Rabie 1975 (4) SA 855 (A)

Case cited

S v Zinn 1969 (2) SA 537 (A)

Case cited

Correctional Services Act 111 of 1998

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Criminal Procedure Act 51 of 1977

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.