Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

Kahn v Volschenk (189/84) [1986] ZASCA 34; [1986] 2 All SA 300 (A) (26 March 1986)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The Supreme Court of Appeal held that, according to the development of Roman-Dutch law and the authoritative decision of the Hooge Raad in 1777, the owner of negotiable government bonds payable to bearer cannot vindicate them from a bona fide purchaser for value. This rule promotes commercial certainty and the negotiability of such instruments. The appellant was found to be a bona fide holder, having purchased the bonds without knowledge or suspicion of their theft and having taken reasonable steps to verify their authenticity. The respondent's rei vindicatio was therefore not available against the appellant, and the appeal succeeded.

Court disposition

Appeal upheld. The application is granted with costs, including costs of two counsel. The respondent is ordered to pay the costs of the application for leave to appeal. The order of the court a quo is set aside and replaced.

Orders

  • The appeal succeeds with costs, including costs of two counsel.
  • The respondent is ordered to pay the costs of the application for leave to appeal.
  • The order of the court a quo is replaced with: 'The application is granted with costs and the second respondent is ordered to deliver the Bonds to the applicant.'

02

Material facts

Parties

Stanley Bernard Kahn

Appellant

Isak Johannes Volschenk

Respondent

Amounts and remedies

  • Value of Bonds: ZAR 15,000
  • Purchase Price Paid by Appellant: ZAR 12,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Appeal / Appeal From Declaratory Application

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that he purchased the 30 defence bonus bonds in good faith from Volschenk junior, who presented himself as the legitimate owner. The bonds were negotiable instruments payable to bearer, and there was no indication they were stolen. The appellant took reasonable steps to verify their authenticity, including consulting a bank manager and contacting the bonus bond office. He contended that as a bona fide purchaser for value, he was entitled to retain the bonds and that the respondent's rei vindicatio should not succeed against him.
Respondent
The respondent maintained that he was the rightful owner of the bonds, which had been stolen from his residence during his absence. He argued that, under Roman-Dutch law, an owner may vindicate property from any possessor, including a bona fide purchaser, unless specific statutory exceptions apply. The respondent asserted that the bonds remained his property and that the appellant, regardless of good faith, must return them.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    de Groot 2.3.4 et 5; Voet 6.1.7

    Under Roman-Dutch law, an owner may generally vindicate movable property from any possessor, including a bona fide purchaser, unless statutory or recognized exceptions apply.

  2. 02

    Hooge Raad decision of 15 April 1777; Lybrechts, Redenerend Vertoog over 't Notaris Ampt, 2e deel 6e druk, 1780, hoofdstuk 33 nr. 3

    The vindication of negotiable instruments payable to bearer is limited; a bona fide holder for value is protected and the owner cannot vindicate such instruments from him.

  3. 03

    Woodhead, Plant & Co v Gunn (1894) 11 SC 4

    The test for bona fides in the acquisition of negotiable instruments is subjective and depends on the absence of knowledge or suspicion of theft.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The Supreme Court of Appeal held that, according to the development of Roman-Dutch law and the authoritative decision of the Hooge Raad in 1777, the owner of negotiable government bonds payable to bearer cannot vindicate them from a bona fide purchaser for value. This rule promotes commercial certainty and the negotiability of such instruments. The appellant was found to be a bona fide holder, having purchased the bonds without knowledge or suspicion of their theft and having taken reasonable steps to verify their authenticity. The respondent's rei vindicatio was therefore not available against the appellant, and the appeal succeeded.

Obiter and limits

  • The judgment notes that the limitation on vindication of negotiable instruments payable to bearer is essential for the facilitation of commercial transactions and the protection of bona fide holders.
  • The court observed that the subjective test for bona fides does not require the purchaser to investigate beyond reasonable suspicion unless circumstances warrant it.

Court disposition

Appeal upheld. The application is granted with costs, including costs of two counsel. The respondent is ordered to pay the costs of the application for leave to appeal. The order of the court a quo is set aside and replaced.

  • The appeal succeeds with costs, including costs of two counsel.
  • The respondent is ordered to pay the costs of the application for leave to appeal.
  • The order of the court a quo is replaced with: 'The application is granted with costs and the second respondent is ordered to deliver the Bonds to the applicant.'

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1986] ZASCA 34

Saaknommer: 189/84

WHN

STANLEY BERNARD KAHN Appellant

en

ISAK JOHANNES VOLSCHENK Respondent

JOUBERT, AR.IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKAAPPÉLAFDELING

In die saak tussen:

STANLEY BERNARD KAHN Appellanten

Coram : JOUBERT, TRENGOVE, BOTHA, VAN HEERDEN ARR et GALGUT Wn AR

Datum van Verhoor: 10 Maart 1986Datum van Uitspraak: 26 Maart 1986

U_I_T_S_P_R_A_A_KJOUBERT, AR :

/Die

2

Die appellant het as applikant 'n aansoekin die Kaap die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling teen dierespondent as eerste respondent en die klerk van dielanddroshof te Bellville as tweede respondent aanhangiggemaak vir 'n verklarende bevel dat hy geregtig is op dieteruggawe van 30 verdedigingsbonusobligasies wat in die. besit van die tweede respondent was. Laasgenoemde hetnie die aansoek bestry nie. Die eerste respondenthet wel die aansoek bestry op die grondslag dat dieverdedigingsbonusobligasies aan hom behoort en dat hyop hul oorhandiging deur die tweede respondent geregtigis. Op 23 Mei 1984 het MARAIS Wn R, met wie BAKER Rsaamgestem het, die appellant se aansoek afgewys met

/koste

3

koste en gelas dat die tweede respondent die ver=dedigingsbonusobligasies aan die eerste respondentmoes oorhandig. Op 25 Mei 1984 het die hof a quoverlof aan die appellant verleen om teen sy uitspraak

in hoër beroep na hierdie Hof te kom terwyl die koste

van die aansoek om verlof om na hierdie Hof te appelleer

vir beslissing deur hierdie Hof voorbehou is.

Die Bellville Poskantoor het op 20 November1981 30 verdedigingsbonusobligasies kragtens die Skatkis -en Ouditwet 66 van 1975 en die voorwaardes gepubliseerin Staatskoerant 5693 by Goewermentskennisgewing 1409van 26 Augustus 1977 aan die respondent uitgereik. Die

/voorwaardes

4

voorwaardes is van tyd tot tyd gewysig en vervang.Die relevante voorwaardes is gepubliseer in Staats=koerant 6871 by Goewermentskennisgewing 372 van 29Februarie 1980. Elkeen van hierdie verdedigings=bonusobligasies het 100 eenhede, 'n gesigswaarde vanR500 en 'n reeks van 100 nommers. Hulle is vir 'nonbepaalde termyn uitgereik maar hulle is te enigertyd na verloop van 1 jaar vanaf hul datum van uitreikingaflosbaar by enige poskantoor wat poswisselbesigheiddoen behoudens sekere uitsonderingsgevalle wat nie virdoeleindes van hierdie appèl ter sake is nie. Bowen=dien is hulle as toonderdokumente uitgereik deurdat

/hulle

5

hulle uitdruklik vermeld om aan toonder betaalbaarte wees. Hul verhandelbaarheid en oordraagbaarheidas toonderdokumente kan egter opgehef word deur GedeelteA op hul keersye in te vul. Gedeelte A lui soos volg:

"Hierdie obligasie kan omskep word in 'n NIE-VERHANDELBARE en NIE-OORDRAAGBARE dokument deur hierdie GEDEELTE A in te vul.

NAAM VAN BESITTER IDENTITEITS NO "

Dit was gemene saak dat die respondent nie Gedeelte A opdie keersye van sy verdedigingsbonusobligasies ingevul

het nie en dat hulle derhalwe toonderdokumente was solank

hulle in sy besit was. Deurdat hulle nie aan die

Wisselwet 34 van 1964 se omskrywings van 'n wissel (art 2

(1)), 'n tjek (art l (xi)) en 'n promesse (art 87 (1))

/voldoen

6

voldoen nie was dit verder gemene saak dat hierdie Wetse voorskrifte nie ten opsigte van hulle geld nie endat die gemene reg op hulle van toepassing is.

Volgens die onbetwiste feite was dierespondent wat te Bellville woonagtig was vanaf 17Januarie 1982 tot 19 Februarie 1982 op 'n sake-besoekin Johannesburg. Tydens sy afwesigheid is daar bysy woning ingebreek en is sy 30 verdedigingsbonus=obligasies gesteel. Dit het hy ontdek by sy terug=keer op 19 Februarie 1982. Hy het die inbraak endiefstal by die polisie aangemeld. Die polisie hetop 23 April 1982 beslag gelê op die 30 verdedigings=bonusobligasies wat in die besit van die appellant was.

/Op

7

OP 15 Junie 1982 is Volschenk jnr, die respondent seseun, aan die inbraak en diefstal in die streekhof teParow skuldig bevind. Die appellant beweer dat hyop Vrydag 22 Januarie en Maandag 25 Januarie 1982 die30 verdedigingsbonusobligasies as toonderdokumente virR12 000 van Volschenk jnr bona fide gekoop het en dathy derhalwe geregtig is op hul teruggawe deur die tweederespondent. Ek sal straks handel met die appellantse getuienis oor die omstandighede waaronder en die wysewaarop hy die 30 verdedigingsbonusobligasies vanVolschenk jnr gekoop het en besit daarvan verkry het.

/Soos

8

Soos vermeld, beroep die respondent homop sy eiendomsreg in sy aanspraak op teruggawe aan homvan die 30 verdedigingsbonusobligasies. Die eerstevraag wat ontstaan, is of 'n eienaar van staatsobligasiesbetaalbaar aan toonder, soos die 30 verdedigingsbonus=obligasies in die onderhawige geval, hulle met syrei vindicatio kan vindiseer van 'n bona fide koperwat hulle van 'n dief of mala fide besitter bekom het.

Die uitgangspunt van die Romeinse reg was dat'n eienaar met 'n rei vindicatio sy saak in die algemeenkon opeis van wie ook al wat in besit of beheer daarvan was.

9

Die verweerder word tot restitusie van die saak ver=oordeel tensy hy met sukses een of ander eksepsie konteenwerp, soos bv. exceptio rei venditae ac traditae,exceptio rei judicatae, exceptio praescriptionis D 6.1.9,D 21.3.1 pr of tensy hy hom met sukses op 'n jus retentioniskon beroep. Die algemene opeisbaarheid van 'n saak metdie eienaar se rei vindicatio word uitgedruk deur dieadagium: ubi rem meam invenio ibi v.indico, D 44.7.25 pr,Cod. 3.32.23. Hierdie Romeinsregtelike grondbeginselis deur die Romeins-Hollandse reg oorgeneem sodat 'neienaar sy saak in die algemeen kon vindiseer van wieook al in besit of beheer daarvan is sonder om 'n bonafide koper daarvan vir sy koopprys te vergoed. Kyk:

/de Groot

10

de Groot (1583-1645) 2.3.4 et 5; A Matthaeus (1601-1654)Paroemia Septima nr 17; Wassenaar (1589-1664) PractyckJudisieel, cap 9 nr 4; Van Leeuwen (1626-1682) R.H.R.2.7.4, C.F. 1.2.11.3; Huber, H.R. 2.32.14; Voet(1647-1713) 4.3.3, 6.1.7 et 22; Schorer (1717-1800) adGr 2.3.5; Van Zurck, Codex Batavus, s.v. goederennr 1; Van der Keessel (1738-1816) ad Gr 1.9.10 et2.3.5. Daar was sekere erkende uitsonderingsgevallewat hoofsaaklik van die inheemse Germaanse of Hollandsereg afkomstig was waar 'n eienaar nie sy saak kon vindiseernie bv. waar dit op 'n vrye markt verkoop is. Waar 'neienaar sy roerende saak aan iemand toevertrou om ditvir hom in bewaring te hou of waar hy dit aan iemand

/leen

11

leen en die vertroueling of lener sou dit verkoop ofin pand gee, het die Germaanse reg die beginsel "Jymoet jou vertroue soek waar jy dit gelaat het" gehand=haaf sodat die eienaar nie sy roerende saak van diebona fide koper of die pandhouer kon vindiseer sonderom die koopprys of die pandskuld, na gelang die geval,te betaal nie. Hierdie beginsel van die Germaansereg steek sy kop uit by Groenewegen (1616-1652) adInst 4.1.16 nr 3 en Van Leeuwen R.H.R. 4.13.4. DogVan Leeuwen C.F. 1.4.7.15 betwis tereg die korrektheidhiervan as geldende reg vir Provinsie Holland en Wes-Friesland.

/In

12

In die 17e en 18e eeu het die StateGeneraal, die State (wetgewers) van die Provinsies,die stede en selfs die Nederlandse Oos- Indiese Kompanjieop groot skaal as skuldenaars geld van die publiek geleendeur staats- of owerheidsobligasies aan hul skuldeisersuit te reik. Hierdie openbare obligasies is bekend indie regsliteratuur as nomina publica, obligatien op 'tlands, obligatien, rente-brieven, actiones, cautiones.Hulle was meestal toonderdokumente vir 'n onbetaaldetermyn wat aan toonder dezes briefs betaalbaar was

sonder vermelding van die skuldeiser of eienaar se naam.Rente was op die obligasieskuld jaarliks by die skuldenaarse rekenkamer (comptoir) of kantore teen voorlegging vandie openbare obligasie aan die toonder daarvan betaalbaar.

In die praktyk het dit dikwels gebeur dat die eienaar

sy openbare obligasie aan 'n familielid, vriend of agent

oorhandig om die rente vir hom in te vorder wanneer dit

betaalbaar word. 'n Probleem het ontstaan indien die

toevertroude persoon egter sonder magtiging en kennisvan die eienaar dit aan 'n bona fide koper verkoop of ditaan 'n bona fide pandhouer as sekuriteit vir 'n geld=

lening gee. Waar dit gebeur het, het veral twee begin=

sels van die Romeinse reg aanvanklik baie stremmend op dieoordraagbaarheid . en verhandelbaarheid van openbare obligasiesingewerk, naamlik: Nemo plus juris in alium transferrepotest quam ipse haberet (D 50.17.54) en Id, quodnostrum est, sine facto nostro ad alium transferre nonpotest (D 50.17.11). Daarbenewens was die vraag

/of 14

of die ëienaar van 'n openbare obligasie betaalbaar aantoonder se rei vindicatio ingeperk moes word of nie.

In Provinsie Seeland het die State vanSeeland as wetgewer in sy Placaat van 31 Mei 1679 (3G.P.B. 598-599) verorden dat eienaars van staats=obligasies deur Provinsie Seeland uitgereik moes toesienaan wie hulle hul toonderobligasies toevertrou wantindien die vertroueling die toonderobligasies sou ver=vreem aan 'n bona fide koper of pandhouer kon dieeienaars hul toonderobligasies alleen vindiseer van diebona fide koper of pandhouer deur die koopprys of

/pandskuld

15

pandskuld aan laasgenoemde te betaal. Deur dieAmpliatie van 25 September 1695 (4 G.P.B. 1055) hetdie State van Seeland hierdie verordening uitgebreit.o.v. alle openbare obligasies betaalbaar aan toonderwat uitgereik is „ten laste van eenige Steden, Colle=gien, Societyten of andere Corpora, binne dese Provinsiegehoorende."

Die reg wat in Provinsie Holland en Wes-Friesland gegeld het, is vir ons van besondere belangomdat dit in Suid-Afrika as die Romeins-Hollandse reggeld. Soos ek reeds vermeld het, is die Romeins=regtelike grondbeginsel oorgeneem sodat 'n eienaar sysaak in die algemeen kon vindiseer van wie ook al in

/besit

15 (a)

besit daarvan was sonder om 'n bona fide besitter virwaarde te vergoed vir die koopprys of die pandskuld nagelang van die geval. Die erkende uitsonderingsge=valle hierop wat van die inheemse of Hollandse regafkomstig was, het nie op staatsobllgasies betaalbaaraan toonder betrekking gehad nie. Die State aswetgewer van die Provinsie Holland en Wes-Friesland het,anders as in Provinsie Seeland, nie ingegryp om dievindikasie van openbare toonderobligasies in te perkwaar hulle deur 'n vertroueling of tussenganger van dieeienaar aan 'n bona fide koper of pandhouer vervreemis nie. Sodanige inperking kon in die afwesigheidvan wetgewing slegs deur die Hollandse regsgeleerdes

/en

15(b)

en/of die Hollandse regspraak as 'n ontwikkeling vandie reg bewerkstellig word.

Die bydrae van die Hollandse regsgeleerdesin hierdie verband was niksbeduidend. Baie van hulle,soos o.a. Voet (1647-1713), het die aangeleentheidglad nie behandel nie. Groenewegen ad Ins 4.1.16nr 3 wou met 'n beroep op die Costume van Antwerpen tit58 art 5 en Neostadius se Decisien 85 die eienaar serei vindicatio t.o.v. enige saak van hom wat hy aan'n vertroueling toevertrou het, beperk waar die vertrouelingdit aan 'n bona fide koper of pandhouer vervreem het.Van Leeuwen C.F. 1.4.7.15 het hierdie standpunt vanGroenewegen betwis en daarop gewys dat die Costume van

/Antwerpen ...

15(c)

Antwerpen geen eksterritoriale werking gehad het nie.

In C.F. 1.4.7.17 wys Van Leeuwen verder daarop dat

Neostadius se Decisien 85 ook nie vir Groenewegen onder=

steun nie. Wat vir ons van belang is, is dat vanLeeuwen voortgaan om te verwys na 'n beslissing van dieHooge Raad van April 1652 met betrekking tot die hand=hawing van 'n eienaar van 'n staatsobligasie se reivindicatio teen 'n bona fide pandhouer. VolgensBarber 6 MacFadyen se vertaling stel hy dit soosvolg:

"But the contrary was decided by the sameSupreme Senate of Holland, among othermatters, in the month of April, 1652,confirming the judgment of the Provincial

/Court

15(d)

Court, in the case of Johan Van Leeuwen, magistrateof the town of Leiden, as Curator appointed in theestate of Jan Wiingaert the elder, against Catharinavan Toorn-vlied, widow of Dirck Leqertsz van Campen;in which case, when a certain Geertruida Buys, atrader at Leyden, had been entrusted by the saidJohannis van Wijngaerden, at that time living atMaestricht, with the duty of collecting, in thename of the province of Holland, certain annualrents, accruing to it from the Station at Leyden,and for that purpose the principal bonds had beendelivered to the said Geertruida, she, pretendingthat they belonged to her in her own right, pledgedthem to the said Theodorus van Campen for a certainsum of florins, paid to her; not long after thiswas done, she surrendered her estate, and the casewas left to be fought out between the true owner ofthe bonds, Johannis de Wijngaerden, and Theodorusvan Campen, the pledge creditor; the former con=tending that the act of the said Geertruida, beingoutside her mandate, could not in the least prejudicethe true owner of the bonds, the latter that he hadcontracted with the producer of the same bona fide,,and for good consideration. The Senate declaredthe said bonds freed from the burden of the pledge,as being created over another's property, reserving

/to

15(e)

to the said Theodorus van Campen only the rightof bringing an action against the said Geertruida."

Van der Keessel ad Gr. 2.3.5. verwys ook nahierdie belangrike beslissing van die Hooge Raad.

Die Hooge Raad was die hoogste tribunaal vanProvinsie Holland en Wes-Friesland asook van ProvinsieSeeland. Wat Provinsie Holland en Wes-Friesland betref,kan ons na aanleiding van die beslissing van die HoogeRaad van April 1652 wat 'n beslissing van die Hof vanHolland bevestig het, met veiligheid aflei dat daargedurende die 17e eeu in Provinsie Holland en Wes-Friesland geen perke op 'n eienaar van 'n staatsobligasiese rei vindicatio was nie om dit te vindiseer van wie ook alin besit daarvan was. Vanselfsprekend kon hy dit van

/'n 15(f)

'n dief of 'n ander mala fide besitter vindiseer maarhy kon dit ook vindiseer van 'n bona fide besitter sonderom laasgenoemde vir die koopprys of pandskuld, na gelangdie geval, te vergoed.

Op 18 Maart 1661 het die State van Hollanden Wes-Friesland 'n Ordonnansie uitgereik (2 G.P.B. 2639)waarin daar gewaarsku is dat daar voortaan geen „arresten"(geregtelike beslaglegging) op staatsobligasies by die„ontfangers" (belastinggaarders) van rekenkamers(comptoiren) gedoen kon word nie. Daar is geenonderskeid tussen staatsobligasies betaalbaar aantoonder en staatsobligasies betaalbaar aan order gemaak nie.

15(g)

Op 25 Februarie 1683 kry ons 'n Resolusie (4 G.P.B. 451)waarvolgens die State van Holland en Wes-Friesland 'nwysiging aanbring ten aansien van die "Waerschouwinge"van 18 Maart 1661 wat andersins bly geld. Die wysiginghet geskied na aanleiding van „veele Requesten, waerby verscheyden Persoonen klaagden, dat haer Administra=teurs of Voogden, of andere ongequalificeerde Luydenhare Obligatien of Rentebrieven, staende of loopendeten laste van haer Ed. Groot Mog. Comptoiren, metonrecht ende ter quader trouwen hadden verkocht,veralieneert of verassigneert aen Persoonen, soobinnen als buyten dese Provincie, versoeckende ten dieneynde Mandament, uyt krachte van dewelcke de voorsz

/Rentebrieven

15 (h)

Rentebrieven ende Obligatien, onder de respectiveOntfangers mochten werden genomen in arrest, om daerdoor Jurisdictie te fonderen, en deselve alsoo wederommachtigh te werden, doch dat deselve medebekendt washaer Ed. Groot Mog. Resolutie van date den achttiendenMaert sestien hondert een en sestigh, waerby gelasten vast-gesteldt was, dat de voorsz respective Ontfangersgeen Arresten op Obligatien of Rente-brieven, noch oockde Interessen van de selve, ten haren Comptoire staende,souden vermogen aen te nemen; dat sy oock meenden dathaer Ed. Groot Mog. ihtententie niet en was geweest, oml

yemandt die zijn eygen Obligatien of Rente-brieven

ontstolen, of ter'guader trouwe verduystert en ontvreemt

waren, te belotten de voorschreve sijne eygene Obligatien,/Rente-brieven,

15(i)

Rente-brieven, ofte Penningen daer inne begrepen, tearresteren, Jurisdictie te fonderen, en de Houdersvan dien, in cas van reivindicatie te convenieren, maerdat de voorsz Waerschouwinge alleenlijck reflecteerdeop saecken daer den Crediteur de Obligatien of Rente-brieven, en Interessen van dien, van sijnen Debiteursoude mogen trachten te arresteren, om daer aen sijnepersonele of particuliere schuldt te konnen verhalen - - - "

(My onderstreping).Die klaers se beswaar teen die Ordonnansie van 18 Maart

1661 was dat dit die eienaars wie se staatsobligasies

deur administrateurs, voogde of ander onbevoegde personevervreem is, verhinder het om deur geregtelike beslag=

legging jurisdiksie te vestig en hul staatsobligasies

terug te kry (om daer door Jurisdictie te fonderen,

/ en 15(j)

en dezelve alsoo wederom machtigh te werden). Dieklaers het ook beweer dat dit nooit die wetgewer sebedoeling was om die eienaars van staatsobligasies watgesteel is of ter kwade trou vervreem is, te belet omgeregtelike beslaglegging te doen ten einde jurisdiksie- te vestig en hul staatsobligasies van die houers daarvante vindiseer nie. Die wetgewer het die gevraagde ver=ligting aan die klaers verleen wat 'n verandering ofwysiging van die Ordonnasie van 18 Maart 1661 was watandersins bly geld het, naamlik :

„Waer gedelibereert zijnde, is goedt gevondenen verstaen, dat eenige Administrateurs,Vooghden ofte andere ongequalificeerdePersoonen, Obligatien of Rente-brieven,

/staende 15(k)

staende of loopende ten laste van haer

Ed. Groot Mog. Comptoiren, met onrecht

of ter quader trouwe hebbende verkocht,

veralieneert of verassigneert, by Man=

dament van den gemelden Hove, of by beveelen van den Gerechten inde respective Steden, arresten sullen mogen werden verleendt , ten sulcken effecte, dat door die voorsz arresten en j urisdictie vanden Rechter, door welckers bevel de voorsz

arresten zijn verleent, sal werden gefondeert,

en de voorsz reivindicatie mogen werden geintroduceert , des dat aflossinge op de Comptoiren van't Gemeene Landt werdende gedaen, de respective Ontfangers de aflos= singe van de voorsz Obligatien, niet tegen= staende de voorsz arresten sullen vermogen te doen, sonder dat syluyden, of het Gemeene Landt daer over aenspraeckelijck sullen zijn, of eenige schade of nadeel daerby sullen hebben te lijden of te dragen - - - " (My onderstreping).

Van der Keessel ad Gr. 2.3.5 (soos deur Gonin vertaal)laat hom soos volg uit oor hierdie Resolusie van 25

Februarie 1683 :

/" Dit

15(1)

„Dit blyk verder duidelik uit die resolusievan 25 Februarie 1683 dat die State vanHolland dieselfde standpunt goedgekeurhet en van oordeel was dat die reivindicatio van skuldbriewe van Hollandwat deur ongemagtigdes aan 'n derdeoorgedra is, in die reg van Hollanderkenning verkry het; hierdeur het hullein hierdie opsig 'n vroeëre bepaling gewysig(Resolusie van 18 Maart 1661 (Gr. Pl. B 2p. 2639)) en toegelaat dat daar op sulkeskuldbriewe met die oog op 'n rei vindicatioby die openbare ontvangers (belastinggaarders)geregtelik beslag gelê kan word."

Die eerste deel van hierdie passasie is miskien vatbaar

vir die kritiek dat Van der Keessel meer in die Resolusie

van 25 Februarie 1683 lees as wat daarin vermeld word.

Die wetgewer het die geregtelike beslaglegging op staats=

obligasies by die rekenkamers van die belastinggaarders

/gemagtig

15 (m)

gemagtig sodat die eienaars van staatsobligasies wat

deur administrateurs, voogde of ander onbevoegde persone

ter kwade trou vervreem is jurisdiksie kon vestig en hul

rei vindicatio kon instel. Daardeur het die wetgewerhom geensins ingelaat met die substantiewe reg om teverorden in welke gevalle 'n rei vindicatio ingestel konword nie. Die wetgewer het ook nie sy goedkeuringverleen aan welke gevalle 'n rei vindicatio ingestel konword nie.

In die 18e eeu het Hollandse skrywers soosBoel in sy aantekeninge op Loenius se Decisien &Observatien, casus 50; Van den Berg, Nederlands Advysboek,

2e deel cons. 68 en Lybrechts (1758), RedenerendVertoog over 't Notaris Ampt, 2e deel 6e druk, 1780,

/hoofstuk 15(n)hoofstuk 33 nr. 3 presies dieselfde verkondig oor dievindikasie van staatsobligasies. Lybrechts steldit soos volg:

„Is by Sententie, zo van den Hove, HogenRade in Holland, mitsgaders by den Raad vanStaten Generaal geconfirmeert; dat Obligatienop 't Land, schoon aan Toonder houdende,vindicatie of wedereigening subject zyn,te weten; als de Houders daar aan ter quadertrouwe gekomen zyn, of dat de Voogden deronmondigen Pupillen, Obligatien, zonderconsent van den Rechter, hebben veraliëneertof vervreemd."

In die lig van die beslissing van die Hooge Raad in April1652 sou dit meer korrek gewees het om te beweer hetdat daar geen perke op 'n eienaar van 'n openbare toonder=obligasie was om dit van wie ook al te vindiseer nie.Van der Keessel ad Gr. 2.3.5 het hom tereg op die suiwerRomeinsregtelike standpunt gestel. Hy verkondig, soos

/deur.....

15 (o)

deur Gonin vertaal, die volgende:

„Uit dieselfde beginsels sou ek opmaak dathierdie rei vindicatio volgens die beginselsvan die reg van Holland allesins van toepassingis in die geval van daardie openbare skuldbriewevan Holland wat niemand se naam op hulle dra nie,of wat uitdruklik iedereen wat dit vertoon (,dieToonder') as skuldeiser erken, en ook in die ge=val van daardie buitelandse openbare skuldbriewewat teenswoordig die meeste voorkom en wat geennaam van 'n skuldeiser dra nie (,obligatien inblanco'); want indien hulle deur 'n lasnemer,voog of kurator of 'n ander sonder die bevoegdheidom te vervreem, verkoop of verpand sou word, kanook hulle sonder terugbetaling van die koopsomvan enige besitter teruggevorder word; dit blyknie alleen uit die argument van die genoemdegewysde en van die resolusie van die State nie,maar ook uit die reg wat, soos ons aangetoon het,op alle roerende sake van toepassing is. En disgeen beswaar dat daardie skuldbriewe op Toonderhierdie byskrif skynbaar juis aan die bedoelingdank dat hulle nie d.m.v. rei vindicatio op=vorderbaar moet wees nie; want dit wil my voorkomasof daar 'n ander rede daarvoor bestaan t.w. datdie openbare ontvangers (aan wie daar voorheendeur die skuldeisers kennis gegee kon word dat

/betaling

15(p)

betaling moes geskied) vry van aanspreeklikheidsou wees, indien hulle aan enige toonder vansodanige skuldbriewe op die betaaltyd sou betaalhet; dit word ook deur die feit bevestig datdie State van Holland by geleentheid 'n skuldaangegaan het met skuldbewyse wat nie aan reivindicatio onderhewig sou wees nie (,obligatienvrij van reclame') terwyl hulle juis daardeuraangedui het dat ander skuldbriewe wat nie opdaardie voorwaarde tot stand gekom het niestellig d.m.v. rei vindicatio gevorder kanword."

Dit is van belang om na te gaan hoe die Hooge Raad, as

die hoogste tribunaal van Provinsie Holland en Wes-

Friesland asook van Provinsie Seeland, en die Hollandse

regsgeleerdes die probleem opgelos het. In hierdieopsig het VAN BYNKERSHOEK, die beroemde Hollandse regteren regsgeleerde, wat vanaf 1704 Raadsheer en vanaf 1724

President van die Hooge Raad tot sy dood in 1743 was 'n

enorme bydrae gelewer.

16

In 1 Observationes Tumultuariae 1222het ons die geval waar Sempronia 'n openbare obligasievir 1500 floryne van die State Generaal gehad het wat syaan haar aanverwant Maevius by wie sy ingewoon het, oor=handig het om die rente daarop vir haar te in. ToeMaevius in armoede verval, het hy die obligasie aan Titiusverkoop aan wie dit op 23 Maart 1711 oorhandig is.Maevius sterf insolvent. Sempronia vindiseer haarobligasie van Titius. Sy verklaar onder eed dat dieobligasie met haar geld bekom is en dat dit sonder haarwete en wil aan Titius oorgedra is. Die Hof vanHolland veroordeel Titius om die obligasie met rente vanaflitis contestatio aan Sempronia terug te besorg. Titiusappelleer na die Hooge Raad. Een van die vrae wat

/geopper ......

17

geopper is, is of daar ruimte vir 'n rei vindicatio iswaar obligasies „stonden op een naam of aan toonder."Anders as voorheen word obligasies tans so uitgereik.Dergelike obligasies kan tereg van 'n dief of 'n besitterter kwade trou gevindiseer word. Die vraag is egterof dit van 'n bona fide besitter uit hoofde van koop,soos Titius, gevindiseer kan word. Al die Raadsherebehalwe VAN BYNKERSHOEK was van mening dat in ProvinsieHolland alle obligasies „op een open naam of anders"altyd gevindiseer kon word nadat eiendomsreg bewys is.VAN BYNKERSHOEK het dit ontken en die minderheidsopvattinggehuldig dat die vindikasie regtens nie gehandhaaf konword nie. Want hier is die obligasie tereg oorgedra

/deur

18

deur die persoon wat skuldeiser is en die skuldeiser isdie toonder en niemand anders nie (nam ecce recte ceditcautione, qui creditor est, creditor autem est denthoonder, neque alius). Die State Generaal het beloweom aan hom te betaal en hulle betaal ook tereg aan homterwyl hy tereg volgens sy eie reg oordra. Die ses=sionaris het geen plig om te ondersoek of die oordraerm.b.t. die State Generaal die werklike skuldeiser

(verus creditor) is nie. Hy kan ook nie weet wie indie eerste plek geld aan die State Generaal geleen hetnie aangesien sy naam immers weggelaat is. Hierdiesoort obligasies is soos in Frankryk billets paiableau porteur. Dit maak nie saak of die oordraer skuldeiservan die State Generaal m.b.t. Sempronia is nie indien hy

/dit 19

dit m.b.t. die skuldenaar is. Dit is

voldoende vir die sessionaris. Die plig van die

skuldenaar is om aan hom te betaal en aan niemand anders

nie. (Ordines ei promittunt se soluturos, et ei quoque

recte solvunt, qua propter et is recte jure suo cedit.Cessionaris nihil habet, quod quaerat, an qui cedit,

respectu Ordinum sit verus creditor, neque ipse potest

scire, quis primo pecuniam crediderit Ordinibus, omissoquippe nomine. Esse huiusmodi cautiones ut in Galliabillets paiable au porteur. Nec referre, an qui cedit,

creditor sit Ordinum respectu Semproniae, si enim sitrespectu debitoris. Sufficere id cessionario. Debitorisquippe esse solvere, nec cujusquam alterius). VolgensVAN BYNKERSHOEK is die reg anders indien die obligasie

/die 20

die naam van 'n bepaalde persoon as skuldeiser bevat„of aan den wettigen houder of toonder" gerig is. Wantdan is dit die plig van die sessionaris om behoorlikondersoek in te stel of die sedent 'n erfgenaam van dieeerste skuldeiser is, en of die obligasie op 'n anderwyse aan die sedent toekom, d.i. „of den transportantis wettigen houder of toonder," soseer dat daardieobligasie regtens aan hom toekom. Die meerderheids=beslissing van die Hooge Raad op 20 Maart 1716 was omdie uitspraak van die Hof van Holland te bevestig.

In 1 Observationes Tumultuariae 1694 wasdie feite kortliks soos volg. Titius wat twee obligasiesvan die State van Holland by die rekenkamer te Dordrecht

/gekoop 21

gekoop het, het hulle aan sy broer Maevius wat te

Dordrecht gewoon het, oorhandig sodat hy die jaarlikse

rente daarop kon in en dit aan Titius te Haarlem stuur.

Maevius wat in armoede verval het, het geld van Sempronius

geleen en hierdie obligasies aan hom in pand gegee. By

sy dood was Maevius se boedel insolvent. Titius het die

obligasies in die hof van Schepenen te Dordrecht van

Sempronius gevindiseer. Nadat die eed aan Titius

opgelê is dat dit sy obligasies was waaroor die geskil

gaan en dat hy hulle vir geen ander doel aan sy broerMaevius oorhandig het as om die rente te in nie, hetdie hof van Schepenen op 27 September 1714 ten gunste

van Titius uitspraak gegee. Die Hof van Holland het

/egter .... 22

egter in hoër beroep op 30 Julie 1717 teen Titius beslis.Titius het toe na die Hooge Raad geappelleer. Dieeerste vraag was of Titius sy eiendomsreg bewys het endie Hooge Raad was van oordeel dat Titius dit behoorlikbewys het. Dog 'n ander vraag het die Hooge Raad besiggehou, naamlik of 'n rei vindicatio ontvanklik is, „tenrespecte van obligatiën, die op een open naam waren,of op thoonder deses, of op N N, gelijk dese twee waren,en of den houder van sodanige olbigatiën niet kondisponeren by verkoping of verpanding." Die HoogeRaad het hom immers vroeër met hierdie vraag besig gehou,

soos vermeld in no 1222, in welke geval ten gunste vandie rei vindicatio beslis is terwyl VAN BYNKERSHOEK

/alleen

23

alleen afgewyk het. En so het die Hooge Raad nou ook

beslis. Al die Raadshere, behalwe VAN BYNKERSHOEKen 'n ander Raadsheer, het ten gunste van die uitspraakvan die hof van Schepenen te Dordrecht beslis wat op

12 Desember 1720 bevestig is. VAN BYNKERSHOEK sluitdan soos volg af: „Behalwe vir daardie oorwegings watek in no 1222 aangevoer het, verklaar ek nou ,dat immerseen houder van een wisselbrief, in blanco geëndosseert,daarvan eigenaar was, en dat men alle daarvoor hield,selfs in cas subject, dat men met een transport in blancoden eigendom kon verifieren'. Ek is ook nie daarvanbewus dat die reg tussen twee privaat persone anders isas tussen 'n privaat persoon en die Staat nie. Dog teen'n diepingewortelde opvatting redeneer 'n mens tevergeefs."

(My vertaling).

/Dog 24

Dog VAN BYNKERSHOEK se stryd teen dievindikasie van openbare toonderobligasies van 'n bonafide koper of pandhouer was nie tevergeefs nie. Ditblyk uit die ommekeer wat die Hooge Raad gemaak het soosbeskryf deur PAUW in 3 Observationes Tumultuariae Novae1383 wat soos volg lui:

Curatores Societatis Eoae in stationeAmstelodamensi 8 Maj. 1759 duabus expositiscautionibus professi se debere Mettae Kanaeaut latori literarum (of toonder dezes) bisquater mille florenos. Has cautiones JacobusMettae filius et heres, qui habitabat in pagoOudbeijerlandensi, Amstelodami deposuit apudamicum quemdam suum ut annuas earum usurasexigeret. Amicus ille ad angustias, ut videtur,redactus, a Titio pecuniam mutuam sumit, proqueea pigneri ponit eas cautiones. Cum Jacobusobiisset diem supremum, tutores quos dederatliberis suis, edocti cautiones istas esse penesTitium, eas ab ipso vindicant apud judicesAmstelodamenses. Ait ibi Titius paratum se

/eas

25

eas tutoribus expromere modo sibi restituant pecuniampro qua eae pignori erant positae, et 31 Mart. 1774secumdum eum pronunciant illi judices, et ex appella-tione Curia 8 Jul.

1775. Appellatum est ad SenatumSupremum et sic quaesitum num earum cautionum nominevindicatio competeret, etiam non restituta pecuniapro qua fuerant oppigneratae. Unus Senator idaffirmabat; has enim cautiones insciente domino dolomalo a depositario alienatas,dominoque tum ex jureRomano tum patrio integrum esse res suas vindicarea quocumque possessore, etiam non restituto posses-sori pretio, Grot. Introd. lib. 2 c.3 S 11.Ceteri vero omnes negabant, et recte, si quid judico,ei jurisprudentiae locum esse in eiusmodi cautionibusde quibus hic agebatur. Si enim ita concepta cautio,ut etiam solvi possit possessori, den toonder, isqui cautionem possidet pro vero creditore habetur,etiamsi non probet de cessione sibi facta; verusenim creditor, ex ipsa cautionis formula, percessionem delegationemque in possessorem transtulissevidetur omne jus obligationis, et sic respectu tertiiqui in bona fide versatur possessor ille pro verocreditore habendus, adeo ut tuto ab eo emi et pignoriaccipi possint ejusmodi cautioness. Nec est quid hicobjicias ex D. 50, 17, 11 id quod nostrum est sinefacto nostro ad alium transferri non posse; ubi enimverus creditor consentit cautionem ita concipi,

/reapse

26

reapse mentem suam arguit, velle se, etiamsi delegitime facta cessione non constet, jus crediti inpossessorem transire. Sane si forte quid indeincommodi emergat, est quod sibi imputet creditor,qui maluit ita cautionem exponi quo facilius et sinesumtu suo eam in alium posset transferre; emtorivero aut creditori pigneratitio qui in bona fideversantur nihil quidquam potest imputari. Sednolo haec latius persequi; quidquid enim hujus estargumenti prolixe excussit Bijnkershoek., tum inQuaest, jur. priv. 1. 2 c. 11, tum praecipue, etquod magis accommodatum est ad speciem praesentem,in Observ. Tum. t. 5 n. 1222 et tom. 7 n. 1694.Igitur 15 Apr. 1777 probatae fuerunt prioressententiae.

My vertaling daarvan is soos volg:

„Die Bestuurders van die Nederlandse Oos-IndieseKompanjie te Amsterdam het op 8 Mei 1759 in tweeuitgereikte obligasies verklaar dat hulle aan MettaKana of toonder dezes twee maal 4 000 floryneverskuldig is. Jacobus, die seun en erfgenaamvan Metta wat in Oudbeijerland woonagtig was, hethierdie twee obligasies te Amsterdam by 'n vriend

/gedeponeer

27

gedeponeer om die jaarlikse rente daarop te in.Toe daardie vriend in armoede verval het, soosdit blyk, het hy geld van Titius geleen en daarvoorhierdie obligasies in pand gegee. Toe Jacobus sterf,het die voogde wat hy vir sy kinders benoem het,verneem dat daardie obligasies by Titius is. Hullehet die obligasies van hom in die hof van Schepenente Amsterdam gevindiseer. Titius het verklaar dathy bereid was om hulle aan die voogde te laat toekommits hulle aan hom die geldsom betaal waarvoor hulleverpand is. Op 31 Maart 1774 het die hof vanSchepenen ten gunste van Titius beslis en so ook dieHof van Holland in hoër beroep op 8 Julie 1775.Daar is na die Hooge Raad geappelleer. Die vraagwas of op grond van daardie obligasies 'n reivindicatio ontvanklik is selfs sonder om dieskuld waarvoor hulle verpand is te betaal. EenRaadsheer het dit bevestig want hierdie obligasieswas sonder die medewete van die eienaar bedrieglikdeur die depositarius vervreem en die eienaar konvolgens die Romeinse reg sowel as die vaderlandse regsy sake ongeskonde vindiseer van watter besitter ookal selfs sonder om aan die besitter die koopprys tevergoed (de Groot 2.3.11). Die ander Raadsherehet egter tereg ( soos ek dit oordeel) ontkendat daardie regswetenskap plek het in daardie soort

/obligasies

28

obligasies waaroor dit hier handel. Want indiendie obligasie so bewoord is sodat betaal kan wordaan die besitter, den toonder, word hy wat dieobligasie besit as die werklike skuldeiser (veruscreditor) beskou ofskoon hy nie die sessie bewyswat aan hom gemaak is nie. Want die werklikeskuldeiser (verus creditor) volgens die formulevan die obligasie self word beskou om deur sessieen delegasie al die reg van die obligasie aan diebesitter oor te gedra het en dus m.b.t. 'n derdewat ter goeie trou is, moet daardie besitter aswerklike skuldeiser beskou word sodat derglikeobligasies in veiligheid van hom gekoop kan wordof in pand ontvang kan word. D 50.17.11 kan niehierteen teengewerp word nie nl. dat dit wat onss'n is sonder ons handeling nie aan 'n ander oorge=dra kan word nie. Want waar die werklike skuld=eiser ingestem het dat 'n obligasie so bewoordword dit inderdaad sy bedoeling bewys dat hy wil datdie reg van skuldeiser op die besitter oorgaan of =skoon dit nie vasstaan dat 'n wettige sessie gedoenis nie. gekerlik indien enige verlies daaruitsou opduik, moet dit die skuldeiser toegerekenword wat gewil het dat die obligasie op so 'n wyseopgestel word dat hy dit makliker en sonder sy

29

koste aan 'n ander persoon oorgedra kan word.Aan die werklike koper of die pandskuldeiserwat ter goeie trou is, kan niks toegerekenword nie. Dog ek wil hierdie aangeleentheidnie verder voer nie. Want elke moontlikheidvan hierdie argument het Van Bynkershoek vol=ledig ondersoek nie alleen in sy QuaestionesJuris Privati lib. 2 cap. 11 nie maar ookin Observationes Tumultuariae nrs 1222en 1694. Daarom is die vorige uitsprakeop 15 April 1777 deur die Hooge Raadgoedgekeur."

Uit die voorgaande blyk dit dat die Romeins-Hollandse reg aan die einde van die 18e eeu as gevolg vandie beslissing van die Hooge Raad op 15 April 1777 homop die standpunt gestel het dat die vindikasie van open=bare toonderdokumente beperk is en nie ontvanklikteen 'n bona fide houer vir waarde is nie. Hierdie

/standpunt

29 (a)

standpunt begunstig en bevorder die handelsverkeer

sodat die moeilikheid om nate gaan wie die eienaarvan 'n openbare toonderobligasie is wat iemand te goeietrou koop of in pand neem uitgeskakel word. Ditvergemaklik die oordraagbaarheid en verhandelbaarheidvan openbare toonderobligasies. Hierdie standpuntsluit ook aan by

/die

30die gevolgtrekking waartoe die Kaapse hof in Woodhead,Plant & Co v Gunn, (1894) 11. S.C. 4 geraak het.Met die oog op die voorgaande is dit nie nodig om op dieratio decidendi van DE VILLIERS HR in te gaan nie.Ek gaan nou daartoe oor om vas te stel ofdie appellant 'n bona fide houer van die 30 verdedigings=bonusobligasies is of nie. Om dit te kan doen, moetdaar gelet word op die omstandighede waaronder hy houerdaarvan geword het.

Die appellant het in Kaapstad o.a. "aBonus Bond checking service which deals with findingprizes for clients" as 'n besigheid beoefen. Hy koop

/ook .... 31

ook op 'n klein skaal uitgereikte verdedigingsbonus=obligasies teen 'n korting. Na aanleiding van 'nadvertensie van sy besigheid het Volschenk jnr homin sy kantoor op Vrydag 22 Januarie 1982 besoek met diedoel om die 30 verdedigingsbonusobligasies met 'n totalegesigswaarde van Rl5 000 vir R12 000 te verkoop. Ditwas die eerste keer dat iemand met soveel verdedigings=bonusobligasies met so 'n groot gesigswaarde na dieappellant gekom het om hulle te verkoop. Volschenkjnr was 'n vreemdeling vir hom. Volschenk jnrwas 'n jongman, goedgekleed en welgemanierd. Daarwas niks omtrent Volschenk jnr wat die appellant seagterdog gewek het nie. Hy het dit dan ook nie

/nodig

32

nodig geag om Volschenk jnr se adres of sy werksadreste verneem nie. Hy het Volschenk jnr ook nie gevrahoe hy die verdedigingsbonusobligasies bekom het nie.Dit het nooit by hom opgekom om Volschenk jnr te vra ofdie verdedigingsbonusobligasies gesteel was nie. Hyhet ook nie die polisie gebel nie. Ek mag tussen hakiesmeld dat dit nïks sou opgelewer het nie omdat die diefstaltoe nog nie deur die respondent ontdek en aangemeld is nie.Die appellant het wel vir Volschenk jnr gevra waarom hydie verdedigingsbonusobligasies van die hand wou sit.Volschenk jnr se antwoord was dat hy die geld nodig gehad heten dat hy beter met die geld kon doen. Die appellant

/het

33

het Volschenk jnr gevra om hom na Barclays Bank te ver=gesel. Hy het 'n paar van die verdedigingsbonusobligasiesvan Volschenk jnr geneem wat in die gang gewag het terwyldie appellant die bankbestuurder ene Bricknell gaan spreekhet. Hy het die paar verdedigingsbonusobligasies aan Bricknellgetoon wat hulle teen die lig gehou het en vasgestel hetdat hulle watermerke gehad het en nie vervals was nie.Hulle was ook verhandelbaar en oordraagbaar omdat GedeelteA op hul keersye blanko was. Volgens Bricknell kondie appellant hulle koop. Die appellant het nievir Bricknell meegedeel hoeveel verdedigingsbonusobligasiesVolschenk jnr aangebied het om te verkoop nie. Hy het geen=sins met Bricknell die moontlikheid of hulle dalk gesteel is,

/bespreek

34

bespreek nie. Dit was eers nadat hy en Volsckenk jnrweg is van Barclays Bank dat hy die moontlikheid oorweeghet dat die verdedigingsbonusobligasies dalk gesteelmag wees. Dit het hom genoop om ene Reinders, diebestuurder van die bonusobligasie-kantoor in Pretoriate telefoneer en te verneem of daar enige verslag vangesteelde verdedigingsbonusobligasies wat deur BellvillePoskantoor uitgereik is, ontvang is. Die antwoord wasnegatief. Die appellant het toe aan Volschenk jnr'n tjek vir R4 000 getrek op Jenanne Farm (Pty) Ltd. (waarin hy 'n belargehad het) Rl 000 in kontant oorhandig. volschenk jnr het die30 verdedigingsbonusobligasies by die appellant gelaatwat hom 'n ontvangsbewys daarvoor gegee het. Maandag

/25 Januarie

35

25 Januarie 1982 het Volschenk jnr sy opwagting bydie appellant se kantoor gemaak. Die appellant hettoe twee tjeks van R4 500 en R2 500 getrek op JenanneFarm (Pty) Ltd aan hom oorhandig en hom versoek omdie tjek van R4 500 tot Vrydag terug te hou.Die toets of die appellant bona fide ofmala fide was toe hy die verdedigingsbonusobligasiesvan Volschenk jnr gekoop het, is subjektief en nieobjektief nie. Dit is vir doeleindes van hierdieuitspraak nie nodig om uit te maak of daar 'n bewyslasop die appellant rus om aan te toon dat hy bona fidewas en of daar 'n bewyslas op die respondent is om aante toon dat die appellant mala fide was nie. Daar

/is

36

is geen getuienis dat die appellant inderdaad geweet

het dat die verdedigingsbonusobligasies gesteel is nie.

Die omstandighede waaronder hy hulle gekoop het, was

sodanig dat hy nie eens suspisie gehad het dat hulle

dalk gesteel is nie. Hy het slegs die teoretiese moontlikheid

oorweeg dat hulle dalk gesteel mag wees. Hierdiemoontlikheid was wat die appellant betref uit die weggeruim nadat hy Reinders getelefoneer het. Na myoordeel word die bona fides van die appellant by diekoop van die verdedigingsbonusobligasies duidelik op'n oorwig van waarskynlikhede daargestel. Dit volg datdie appèl slaag.

37 - 54Die volgende bevele word verleen:

1. Die appèl slaag met koste wat die koste van twee advokate insluit.

2. Die respondent word gelas om die koste van die aansoek om verlof om te appelleer, te betaal.

3. Die bevel van die hof a quo word deur dievolgende bevel gewysig en vervang :

"The application is granted with costs andthe second respondent is ordered to deliverthe Bonds to the applicant."

C. P. JOUBERT AR.

TRENGOVE AR)

BOTHA AR)

Stem saam.VAN HEERDEN AR)

GALGUT Wn AR)

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Woodhead, Plant & Co v Gunn (1894) 11 SC 4

Case cited

Treasury and Audit Act 66 of 1975

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.