KLK Landbou Bpk v Ru-Dev Farming (Edms) Bpk and Ander (1893/2009) [2010] ZANCHC 12 (19 March 2010)
- Citation
- [2010] ZANCHC 12
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Lacock, R
- Case number
- 1893/2009
More details
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Panel
- Lacock, R
- Case number
- 1893/2009
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the applicant had, on a balance of probabilities, positively identified 50 calves as those sold under the three relevant invoices, based on credible testimony and photographic evidence from its agents. The identification was not arbitrary, and the evidence of the applicant's witnesses was preferred over the respondents' contradictory and unreliable assertions. The remaining 17 calves could not be reliably identified and were ordered to be released from attachment. The respondents' estoppel defence was rejected as it was not supported by the facts or pressed in argument. Costs were awarded against the respondents in accordance with the degree of opposition and the outcome.
Court disposition
Rule nisi confirmed in respect of 50 identified calves; balance of 17 calves released from attachment; costs awarded against respondents.
Orders
- The applicant is authorised to retain possession of the 50 calves identified in photos 1 to 50 of annexure R16 for safekeeping pending final determination of the action instituted under case number 09/2010.
- The applicant is prohibited from dealing with the said calves other than for their care until final determination of the action.
- The first respondent is ordered to pay the costs of the application and any costs related to attachment and transport of the calves on an attorney and client scale, except as otherwise ordered.
- The second respondent is ordered to pay the applicant's costs incurred due to opposition of the application.
02
Material facts
Parties
KLK Landbou Beperk
Applicant Counsel: Adv. N. SnellenburgRu-Dev Farming (Edms) Bpk
RespondentFarmsecure Livestock (Edms) Bpk
Respondent Counsel: Adv. J. PretoriusAmounts and remedies
- Number of Calves Identified and Retained: 50
- Number of Calves Released From Attachment: 17
03
Procedural history
Posture
Urgent Application / Application for Confirmation of Rule Nisi
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the applicant proved on a balance of probabilities that the calves seized were those sold under the three specified invoices.
- 02
Whether the applicant is entitled to confirmation of the rule nisi in respect of the identified calves.
- 03
Whether the respondents' estoppel defence is sustainable.
Party arguments
- Applicant
- The applicant argued that it remained the owner of the calves sold under the three invoices until the purchase price was paid, as per the express terms of the sale agreements. The applicant contended that it was possible to identify the relevant calves, relying on the testimony and identification by its agents, supported by photographic evidence. The applicant denied that the selection of calves was arbitrary and maintained that the respondents' estoppel defence was unfounded.
- Respondent
- The second respondent opposed the application, arguing that the applicant failed to prove that the seized calves were those sold under the three invoices. It claimed the calves were arbitrarily identified and that the mixing of livestock made positive identification impossible. The respondent also raised estoppel, alleging the applicant created the impression that the first respondent was the owner and could sell the calves without reservation of rights.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Sale agreements between applicant and first respondent
Ownership of goods sold remains with the seller until the purchase price is paid, if expressly agreed.
- 02
Plascon-Evans Paints v Van Riebeeck Paints, [1984] ZASCA 51; 1984 (3) SA 623 (A)
In motion proceedings, factual disputes are resolved on the version of the respondent unless the applicant's version is undisputed or inherently credible.
- 03
General principles of estoppel
Estoppel cannot operate where the facts do not support the creation of a misleading impression by the applicant.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the applicant had, on a balance of probabilities, positively identified 50 calves as those sold under the three relevant invoices, based on credible testimony and photographic evidence from its agents. The identification was not arbitrary, and the evidence of the applicant's witnesses was preferred over the respondents' contradictory and unreliable assertions. The remaining 17 calves could not be reliably identified and were ordered to be released from attachment. The respondents' estoppel defence was rejected as it was not supported by the facts or pressed in argument. Costs were awarded against the respondents in accordance with the degree of opposition and the outcome.
Obiter and limits
- The court noted that the initial mixing of livestock complicated identification but that the grouping by weight and the involvement of knowledgeable agents facilitated reliable identification of the majority of the calves.
- The court remarked that the respondents' denial of the sale and agency was manifestly false and required no further discussion.
Court disposition
Rule nisi confirmed in respect of 50 identified calves; balance of 17 calves released from attachment; costs awarded against respondents.
- The applicant is authorised to retain possession of the 50 calves identified in photos 1 to 50 of annexure R16 for safekeeping pending final determination of the action instituted under case number 09/2010.
- The applicant is prohibited from dealing with the said calves other than for their care until final determination of the action.
- The first respondent is ordered to pay the costs of the application and any costs related to attachment and transport of the calves on an attorney and client scale, except as otherwise ordered.
- The second respondent is ordered to pay the applicant's costs incurred due to opposition of the application.
Source and reliance status
Northern Cape High Court, Kimberley
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Northern Cape High Court, Kimberley
Judgment
IN DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY
Saakno: / Case number: 1893 / 2009
Datum verhoor: / Date heard: 05 / 03 / 2010
Datum gelewer: / Date delivered: 19 / 03 / 2010
In die saak tussen:
KLK LANDBOU BEPERK Applikant
en
RU-DEV FARMING (EDMS) BPK Eerste Respondent
FARMSECURE LIVESTOCK (EDMS) BPK Tweede Respondent
Coram: Lacock, R
UITSPRAAK
Lacock, R
Op 30 Oktober 2009 het Majiedt, R, die volgende bevel na aanleiding van ‘n dringende aansoek geloods deur die Applikant, uitgereik:-
“1. Dat ‘n bevel nisi uitgereik word, keerbaar Vrydag 4 Desember 2009, om 10h00 wat die Respondent oproep om redes, indien enige, aan te voer waarom die volgende bevele nie finaal verleen moet word nie:
Dat die Respondent gelas word om sonder versuim die Applikant se bees gelewer onder faktuurnommers 23853 (aanhangsel “C”), 23877 (aanhangsel “F”) en 23750 (aanhangsel “G”) aan die Balju van die Hof te oorhandig vir bewaring hangende die afhandeling van die siviele aksie na verwys in paragraaf 3 hieronder;
Dat die Balju gemagtig en gelas word om beslag te lê op die bees wat gelewer is onder faktuur 23853 (aanhangsel “C”), faktuur 23877 (aanhangsel “F”) en faktuur 23750 (aanhangsel “G”) na verwys in paragraaf 2.1 hierbo, waar hy dit ookal mag vind en aan die Applikant te oorhandig vir veilige bewaring tot en met afhandeling van die siviele aksie na verwys in paragraaf 3, infra;
Dat die Applikant verbied word om met die bees wat aldus aan dit oorhandig word deur die Balju te handel tot en met afhandeling van die siviele aksie in die vooruitsig gestel in paragraaf 3 infra;
Dat die Respondent die koste van hierdie aansoek tesame met enige koste verbandhoudend met beslaglegging deur die Balju en vervoer van die bees betaal en wel op ‘n skaal soos tussen prokureur en kliënt.
Dat die bevele uiteengesit in paragrawe 1.1, 1.2 en 1.3 geld as bevel nisi met onmiddellike interim effek.
Dat Applikant gelas word om binne 30 dae na afhandeling van hierdie aansoek ‘n aksie uit te reik teen die Respondent vir betaling van die bees en verwante of alternatiewe regshulp by ontstentenis waarvan hierdie bevel sal verval.”
Na verlening van die bevel, het die Tweede Respondent, Farmsecure Livestock (Edms) Bpk, aansoek gedoen om as Tweede Respondent gevoeg te word tot die geding, is hierdie aansoek by ooreenkoms tussen die partye toegestaan op 18 Desember 2009, is op dieselfde datum spertydperke neergelê vir die liassering van verdere eedsverklarings, en is die keerdatum van die bevel verleng tot 5 Maart 2010.
Op 5 Maart 2010 het die aansoek vir die bekragtiging van die bevel nisi voor my gedien en is die aansoek slegs deur die Tweede Respondent opponeer.
AGTERGROND
Die feitelike omstandighede hieronder vermeld is grootliks gemeensaak tussen die partye en word andersinds, in soverre in geskil geplaas, aanvaar vir doeleindes van die beregting van die aansoek op die Plascon-Evans beginsels (sien Plascon-Evans Paints v Van Riebeeck Paints, [1984] ZASCA 51; 1984 (3) SA 623 (A) op 634 E tot I).
Die Applikant doen onder andere sake as koper en verkoper van lewende hawe, en waaronder beeste.
Op 19 Augustus 2009 het die Eerste Respondent drie kalwers met ‘n gemiddelde massa van 210 kg van die Applikant aangekoop en soos gereflekteer op faktuurnommer 23853; op 26 Augustus 2009 vyftien kalwers met ‘n gemiddelde gewig van 238.73 kg asook 42 kalwers met ‘n gemiddelde gewig van 236.17 kg en soos gereflekteer op faktuurnommer 23877; en op 28 Augustus 2009 27 kalwers met ‘n gemiddelde gewig van 259.26 kg en soos gereflekteer op faktuurnommer 23750. Hierdie is die drie fakture waarna verwys word in die bevel nisi (“die drie fakture”).
Benewens die voorgaande het die Eerste Respondent ook op 27 Julie 2009 en 19 Augustus 2009 48, 17 en 11 kalwers vanaf die Applikant aangekoop met ‘n gemiddelde massa van 238.69 kg, 196.41 kg en 246.73 kg, kragtens faktuurnommers 22999, 23854 en 23855 onderskeidelik.
Dit was ‘n uitdruklike term van elk van die koopooreenkomste gesluit tussen die Applikant en die Eerste Respondent dat eiendomsreg op die kalwers aldus verkoop, nie op die Eerste Respondent sal oorgaan nie, maar in die Applikant gesetel bly totdat die koopprys van die kalwers aan die Applikant betaal is.
Die Eerste Respondent het slegs ‘n gedeelte van die koopprys van die kalwers aldus aangekoop aan die Applikant betaal. Die Applikant het hierdie gelde aangewend as betaling van die fakture vermeld in paragraaf 2.3 hierbo.
Die Eerste Respondent het al die kalwers deur hom aangekoop vanaf die Applikant, aan die Tweede Respondent verkoop en gelewer voordat die koopprys van die kalwers kragtens die drie fakture aan die Applikant betaal was. Trouens, die koopprys van daardie kalwers is steeds nie betaal nie. Vandaar die loods van die dringende aansoek en die verlening van die bevel nisi.
Na die verlening van die bevel nisi het die Applikant aanvanklik beslag gelê op al die kalwers aan die Eerste Respondent verkoop, maar, en nadat besef is dat die bevel slegs die beslaglegging magtig van die kalwers wat kragtens die drie fakture verkoop is, is al die kalwers behalwe 67 wat na bewering verkoop is kragtens die drie fakture, aan die Tweede Respondent terug gelewer.
DIE GESKIL
Dit is nie in geskil dat die Applikant steeds die eienaar is van daardie kalwers wat kragtens die drie fakture verkoop is nie, en ook nie dat hy geregtig is op die bekragtiging van die bevel nisi ten aansien van daardie diere nie. Wat in wese in geskil is, is dat die Applikant nie op ‘n oorwig van waarskynlikhede aangetoon het dat die kalwers waarop beslag gelê is, daardie kalwers is wat kragtens die drie fakture verkoop is nie.
In sy funderende stukke het die Applikant beweer dat dit geen probleem sou wees om die kalwers verkoop kragtens die drie fakture te identifiseer nie, aangesien die Eerste Respondent – soos hy verplig was om te doen kragtens die skriftelike terme van die koopooreenkoms gesluit met die Applikant – die diere afsonderlik moes aanhou totdat die koopprys daarvan betaal is. Die Eerste Respondent het, soos dit geblyk het na die verlening van die bevel nisi, nie aan hierdie voorwaarde voldoen nie, en het hierdie kalwers vermeng geraak met ‘n groot aantal ander kalwers wat die Eerste Respondent ook aan die Tweede Respondent verkoop het. Dit het tot gevolg gehad dat die verteenwoordigers van die Applikant die kalwers verkoop kragtens die drie fakture moes identifiseer tussen ‘n groot aantal ander diere.
Die Tweede Respondent beweer dat die kalwers waarop uiteindelik beslag gelê is, arbitrêr “geïdentifiseer” is, en dus nie noodwendig kalwers verteenwoordig wat kragtens die drie fakture verkoop is nie.
BESPREKING
Vir sy voormelde verweer steun die Tweede Respondent op die volgende beweringe vervat in die opponerende eedsverklarings:
“46.
Op die dag van die beslaglegging was Farmsecure se genoemde beamptes teenwoordig. Die Balju was nie teenwoordig tydens die identifisering en oplaai van die 167 beeste nie. De Klerk was teenwoordig, tesame met ongeveer drie persone wat namens KLK die beeste sou verwyder en vervoer.
47.
Daar is aan De Klerk uitgewys dat die vee almal vermeng het en dat hulle Farmsecure se merk het. De Klerk het toe beweer dat dit sy eie beeste is wat Ru-Dev aangekoop het en dat die betrokke vee ‘n plaatjie met die letters “PDK” op het.
48.
De Klerk en die beamptes het toe tussen al die vee deurbeweeg en 167 beeste uitgekeer, sommige met plaatjies “PDK” en ander met “P”. Daar is egter geen wyse waarop die 167 beeste met die beeste in Aanhangsels “C”, “F” en “G” verbind kon word nie. Soos vermeld, het Ru-Dev ongeveer 500 na 600 beeste direk by De Klerk aangekoop, welke aan Farmsecure herverkoop is. De Klerk het bloot lukraak 167 beeste uitgeken, terwyl daar nog baie ander met soortgelyke plaatjies agtergebly het. Dit is aanduidend daarvan dat die beeste op Aanhangsels “C”, “F” en “G” nie meer identifiseerbaar is nie.”
“39.
Voorgaande onvermoë om die beeste te kon identifiseer, het duidelik na die toetrede van Farmsecure as tweede respondent geblyk: KLK het naamlik ingestem dat die surplus beeste waarop te veel beslaggelê is, aan Farmsecure vrygestel word. Farmsecure se Von Hechten Haarhoff (Aanhangsel “FT18”) het die beslaggelegde beeste wat deur Beefmaster gehou en versorg is, geïnspekteer. Daar is gepoog om die surplus 76 beeste te identifiseer, aan die hand van Farmsecure se brandmerk. Dit het geblyk problematies te wees en nadat ongeveer 50 beeste geïdentifiseer is, is ongeveer 15 uitgeken as twyfelagtig. Die probleem is dat die Farmsecure brandmerk soms vloei en/of met tyd vervaag en/of deur winterpels toegegroei word. Al die beeste by Beefmaster is egter uit die besit van Farmsecure verwyder, met die beslaglegging. Daar is toe ooreengekom dat die 76 surplus beeste arbitrêr uit die 4 groepe beeste gehaal word. (Die beeste is in 4 gewigsgroepe deur Beefmaster gehou).
40.
Dit is onmoontlik om die beeste wat ingevolge Aanhangsels “C”, “F” en “G” verkoop en gelewer is, te identifiseer.”
Die Applikant het as volg op hierdie bewerings gereageer:-
“52.
Ek verwys die Hof met eerbied na aanhangsel “R16” synde ‘n dokument bestaande uit foto’s en beskrywing van die applikant se bees.
53.
Foto’s 1 tot 3 identifiseer drie kalwers ten opsigte van faktuur 23853 en welke gekoop is by Nemex Farming, Daniëlskuil. Die diere is deur Sarel Venter, die koper/agent persoonlik uitgeken. Ek verwys na die stawende beëdigde verklaring van Sarel Venter ter stawing van die voormelde en welke ek hierby aanheg en merk “R17”. Foto’s 28 tot en met 50 identifiseer 31 van die 57 kalwers aangekoop per faktuurnommer 23877 en welke insgelyks uitgeken is deur Sarel Venter. Dié was sy eie diere en ken hy hierdie bees soos die palm van sy hand. Vir doeleindes van liassering van die verklaring word rekenaargeproduseerde uitdrukke, derhalwe nie kleurfoto’s nie, aangeheg. Ek sal toesien dat behoorlik kleurfoto’s beskikbaar is ten tyde van die aanhoor van hierdie aansoek. Die bees gereflekteer deur foto 4 tot en met 27 is uitgeken deur mnr De Klerk, wie daagliks handeldryf en werk met bees, welke bevestig dat hierdie bees gelewer is onder faktuurnommer 23750 en faktuurnommer 23877.”
Uit die stukke blyk dit duidelik dat mnr. De Klerk, na wie verwys is, die agent was wat namens die Applikant die kalwers aan die Eerste Respondent verkoop het. Voorts is dit gemeensaak dat van die kalwers deur die Applikant vanaf Mnr. De Klerk aangekoop is, en daarna aan die Eerste Respondent verkoop is. Dit kan vervolgens aanvaar word dat mnr. De Klerk in staat sou wees om van die kalwers aldus verkoop, te identifiseer. Dieselfde geld ook ten aansien van mnr. Venter. Daar is myns insiens geen rede om die identifikasie gemaak deur hierdie twee persone en soos hierbo beskryf, te bevraagteken nie.
Wat aan hul getuienis aansienlik stukrag verleen is eerstens die feit dat die kalwers aanvanklik in gewigsgroepe verkoop is, en daarna ook aangehou is in afsonderlike krale volgens gewig. Dit sou die herleiding na die drie fakture aansienlik vergemaklik. Tweedens blyk dit dat hierdie persone nie al die kalwers waarop die drie fakture betrekking het, kon identifiseer nie. Daardie kalwers wat hulle wel positief met die drie fakture kon verbind, is dié soos na verwys op ‘n aantal foto’s, en verteenwoordig slegs 50 van die 87 kalwers wat kragtens die drie fakture verkoop is. Hierdie gedraging van mnre. Venter en De Klerk is myns insiens aanduidend daarvan dat hulle nie lukraak of arbitrêr kalwers uitgesoek en geïdentifiseer het nie, maar inderdaad positief en betroubaar die 50 kalwers wat wel geïdentifiseer is, kon identifiseer.
Teenoor hierdie getuienis van hierdie twee here staan die beweringe namens die Tweede Respondent wat op minstens twee aspekte duidelik leuenagtig is. Eerstens is beweer dat daardie kalwers wat deur die Tweede Respondent van die Eerste Respondent aangekoop is, sy (die Tweede Respondent s’n) brandmerk op het. Dit het geblyk nie die geval te wees nie. Nietemin het ek vir doeleindes van hierdie aansoek aanvaar dat die Tweede Respondent wel die kalwers vanaf die Eerste Respondent aangekoop het. Tweedens het die Tweede Respondent, en gerugsteun deur die Eerste Respondent, ontken dat die Applikant die tersaaklike kalwers aan die Eerste Respondent verkoop het, en dat mnr. De Klerk as agent van die Applikant gehandel het. Hierdie beweringe is so ooglopend vals dat dit geen verdere bespreking verg nie.
Uit hoofde van die voorgaande is ek tevrede dat die Applikant op ‘n oorwig van waarskynlikhede daardie kalwers op foto’s 1 tot en met 50 (in totaal 50 kalwers) in Bylae “R16” tot die Repliserende Eedsverklaring positief kon identifiseer as van die kalwers wat kragtens die drie fakture aan die Eerste Respondent verkoop is. Ten aansien van hierdie kalwers is die Applikant dus geregtig op die bekragtiging van die bevel nisi.
Wat betref die balans van die 67 kalwers tans onder beslag, dit wil sê daardie kalwers op foto’s 51 tot en met 67 van Bylae “R16”, meen ek dat Adv. Pretorius namens die Tweede Respondent gelyk gegee moet word. Na my mening, en ten spyte daarvan dat deponent Barnard namens die Applikant beweer het dat ook daardie kalwers positief geïdentifiseer is, staaf mnre. Venter en De Klerk geensins hierdie bewering op dieselfde oortuigende wyse waarop hulle die ander 50 kalwer geïdentifiseer het nie. Hierdie balans van 17 kalwers moet dus van beslaglegging vrygestel word.
Volledigheidshalwe is dit nodig om aan te merk dat die Tweede Respondent ook gesteun het op estoppel as verweer. Daar is beweer dat die Applikant teenoor die Tweede Respondent die skyn verwek het dat die Eerste Respondent eienaar van die kalwers geword het en dat laasgenoemde dit aan die Tweede Respondent kon verkoop en lewer sonder voorbehoud van regte. Derhalwe, aldus die argument, was die Applikant estop om die kalwers in die besit van die Tweede Respondent op te vorder. Afgesien daarvan dat Adv. Pretorius nie in argument op hierdie verweer gesteun het nie, blyk dit uit die stukke ondubbelsinnig duidelik dat daar geen meriete in hierdie verweer is nie.
KOSTE
Die partye is dit eens dat, indien die bevel nisi bekragtig word, of substantief bekragtig word, soos hierbo uiteengesit, die Tweede Respondent gelas behoort te word om die koste van die opponering van die aansoek te betaal.
Bygevolg word die volgende bevel hierin uitgereik:-
1. DIE BEVEL NISI HIERIN VERLEEN OP 30 OKTOBER 2009 WORD AS VOLG BEKRAGTIG:
DIE APPLIKANT WORD GEMAGTIG OM DAARDIE BEESTE WAT VOORKOM OP FOTO’S 1 TOT EN MET 50 VAN AANHANGSEL “R16” TOT
DIE REPLISERENDE EEDSVERKLARING EN WAAROP REEDS BESLAG GELÊ IS KRAGTENS DIE BEVEL NISI, IN SY BESIT TE HOU VIR VEILIGE
BEWARING TOT EN MET DIE
FINALE BEREGTING VAN DIE AKSIE INGESTEL DEUR DIE APPLIKANT TEEN DIE
EERSTE RESPONDENT ONDER SAAKNOMMER 09/2010.
DIE APPLIKANT WORD BELET OM MET DIE BEESTE VERMELD IN PARAGRAAF 1.1 HIERVAN TE HANDEL ANDERS DAN OM DIT TE VERSORG, TOT EN MET
DIE FINALE BEREGTING VAN DIE VOORMELDE AKSIE.
BEHALWE SOOS GELAS IN PARAGRAAF 2 VAN HIERDIE BEVEL, WORD DIE EERSTE RESPONDENT GELAS
OM DIE KOSTE VAN DIE AANSOEK TESAME MET
ENIGE KOSTE VERBANDHOUDEND
MET DIE BESLAGLEGGING DEUR DIE BALJU EN VERVOER VAN DIE BEESTE WAAROP BESLAG GELÊ IS, TE BETAAL OP ‘N SKAAL SOOS TUSSEN PROKUREUR EN KLIËNT.
2. DIE TWEEDE
RESPONDENT WORD GELAS OM DIE KOSTE VAN DIE APPLIKANT TEWEEGGEBRING DEUR DIE OPPONERING VAN DIE AANSOEK TE BETAAL.
___
Lacock, R
REGTER
Namens Applikant : Adv. N. Snellenburg i.o.v. Duncan & Rothman
Namens 2de Respondent: Adv. J. Pretorius i.o.v. Elliott, Maris, Wilmans & Hay.
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.