Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

Kommissaris: Suid Afrikaanse Inkomstediens and Another (96/2001) [2002] ZAFSHC 4 (13 June 2002)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the respondents, after selling their business, did not merely retain investments passively but took active steps to pursue new business opportunities. They retained and renewed wholesale licences, made loans for expansion, maintained a staffed office, and engaged in negotiations and planning for future ventures. These activities constituted the carrying on of a trade as defined in the Income Tax Act. Therefore, the respondents were entitled to set off the assessed loss from the previous year against the income earned in 1996. The appeal was dismissed with costs.

Court disposition

Appeal dismissed with costs.

Orders

  • The appeal is dismissed with costs.

02

Material facts

Parties

Kommissaris: Suid-Afrikaanse Inkomstediens

Appellant Counsel: W.H. Olivier, SC

MEGS Investments (Edms) Beperk

Respondent Counsel: A.J. Lewis

SNKH Investments (Edms) Beperk

Respondent Counsel: A.J. Lewis

Amounts and remedies

  • Total Sale Price of Business: ZAR 21,000,000
  • Loan Amount to Namibian Companies: ZAR 9,000,000
  • Investment Amount at Volkskas: ZAR 6,000,000
  • Interest Income Earned: ZAR 2,500,000
  • Expenses Incurred: ZAR 276,490

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Appeal / Appeal From the Income Tax Court for the Orange Free State

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that the respondents, after selling their business as a going concern and changing their names, did not carry on any trade during the 1996 tax year. Therefore, they were not entitled to set off the assessed loss from the previous year against the interest income earned in 1996. The appellant relied on section 20 of the Income Tax Act, which requires the taxpayer to have carried on a trade in the relevant year to claim the loss. The appellant contended that mere retention of assets and passive investment activities do not amount to the carrying on of a trade.
Respondent
The respondents contended that, despite the sale of their business, they continued to carry on trade during the 1996 tax year. They maintained active steps to pursue new business opportunities, retained and renewed wholesale liquor and weapon licences, made loans to Namibian companies for expansion into Angola and North Africa, and earned interest income from investments. The respondents argued that these activities, including ongoing negotiations and business planning, constituted the carrying on of a trade as defined in the Income Tax Act, entitling them to set off the assessed loss against the 1996 income.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Income Tax Act 58 of 1962, section 20

    Section 20(1)(a) of the Income Tax Act 58 of 1962 prohibits a taxpayer who did not carry on a trade in the assessment year from carrying forward an assessed loss from the previous year for set-off.

  2. 02

    Income Tax Act 58 of 1962, section 1

    The definition of 'trade' in section 1 of the Income Tax Act is broad and includes any profession, business, undertaking, or venture, and should be interpreted widely.

  3. 03

    BURGESS v CIR [1993] ZASCA 88; 1993 (4) SA 161 (A) at 181I-182E

    The carrying on of a trade requires an active step, more than mere retention of investments; actual business activity or endeavour is necessary.

  4. 04

    ROBIN CONSOLIDATED INDUSTRIES LTD v CIR [1997] ZASCA 12; 1997 (3) SA 654 (HHA) at 662C-D

    Even a single transaction can constitute trade if it involves risk and the object of making a profit.

  5. 05

    De Koker, Silke on South African Income Tax Vol.2 (2001 annotated) para 8.127

    It is not essential that a company carry on trade for the whole year; any period of trading during the year suffices.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the respondents, after selling their business, did not merely retain investments passively but took active steps to pursue new business opportunities. They retained and renewed wholesale licences, made loans for expansion, maintained a staffed office, and engaged in negotiations and planning for future ventures. These activities constituted the carrying on of a trade as defined in the Income Tax Act. Therefore, the respondents were entitled to set off the assessed loss from the previous year against the income earned in 1996. The appeal was dismissed with costs.

Obiter and limits

  • The mere intention to carry out business activity is insufficient; there must be actual endeavour or active steps.
  • The definition of 'trade' is not exhaustive and should be interpreted to include a wide range of profitable activities.
  • Retention of investments alone does not imply the continuance of trade; there must be income-producing or intended income-producing activity.

Court disposition

Appeal dismissed with costs.

  • The appeal is dismissed with costs.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2002] ZAFSHC 4

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Appèlnommer: 96/2001

In die appèl tussen:

KOMMISSARIS: SUID-AFRIKAANSE APPELLANT

INKOMSTEDIENS

en

MEGS INVESTMENTS (EDMS) BEPERK Eerste Respondent

SNKH INVESTMENTS (EDMS) BEPERK Tweede Respondent

CORAM: HANCKE, CILLIé, RR et SIBEKO, WnR.

AANGEHOOR OP: 10 JUNIE 2002

UITSPRAAK DEUR: HANCKE,

R

GELEWER OP: 13 JUNIE 2002

Hierdie appèl is gerig teen ‘n beslissing van die Inkomstebelastinghof vir die Oranje-Vrystaat (Gyanda, WnR en twee lede) wat respondente se appèl gehandhaaf het en appellant gelas het om die vasgestelde verlies vir die 1995-belastingjaar in vergelyking te bring met die 1996-jaar se aldus verkreë inkomste..

Die bevinding is in wese daarop gebaseer dat die respondente ‘n belasbare inkomste gedurende 1996 gekry het uit die beoefening van ‘n bedryf gedurende daardie jaar ten opsigte waarvan die balans van die vasgestelde verlies in die vorige jaar gely, oorgebring en in vergelyking gebring moet word met die inkomste verkry gedurende 1996. Dit is wenslik om kortliks na die aanloop tot die huidige geskil te verwys. Respondente het aanvanklik onder die name van Sentrakoop Handelaars Beperk en Megasave (Edms) Beperk, waarvan die een ‘n filiaal van die ander was, vir groothandelaars en kleinhandelaars, ‘n stelsel bedryf waarvolgens die handelaars moes aansoek doen om as lede van die onderskeie maatskappye goedgekeur te word. Daarna kon hulle deur middel van ‘n goedgekeurde lys verskaffers hulle goedere aankoop en sou respondente die totaal van alle aankope deur sy lede namens hulle vereffen in ruil vir ‘n spesiale korting wat deur die verskaffer toegestaan is. Respondente het dan die totale bedrag van aankope vereffen namens hulle lede, en dit dan teruggevorder van die lede. ‘n Spesiale korting is deur die maatskappy toegestaan aan die lede, welke korting kleiner was as dié een wat deur die verskaffers aan respondente verleen is. Respondente het nie self die handelsvoorraad hanteer nie, maar slegs die vereffening van die totale rekenings van die verskaffers. ‘n Wins is

verdien uit die netto korting ontvang deur die maatskappye. Gedurende November 1995 is die besigheid van respondente as ‘n lopende saak verkoop aan Shoprite-Checkers (Edms) Beperk vir ‘n totale bedrag van R21-miljoen, waarvan ongeveer R17-miljoen na Sentrakoop (die houer maatskappy) en ongeveer R4-miljoen na Megasave gegaan het. Daarna is die maatskappye se name verander na dié van die huidige respondente. ‘n Bedrag van ongeveer R9-miljoen is in die vorm van lenings aan maatskappye in Namibië verskaf met die oog op groothandelverspreiding in Angola en Noord-Afrika, welke aktiwiteit nie enige inkomste opgelewer het gedurende 1996 nie. ‘n Belegging van meer as R6-miljoen is by die destydse Volkskas gedoen, wat ‘n rente-inkomste opgelewer het en het respondente gesamentlik ongeveer R2,5-miljoen aan rente uit beleggings ontvang. Respondente het ook die bestaande groothandel dranklisensie asook die groothandel wapenlisensie behou. Die huidige geskil tussen die partye handel oor die vraag of respondente, ná die verkoping van hulle besigheid en ná ‘n naamsverandering, besigheid beoefen het gedurende die 1996-belastingjaar, wat hulle geregtig sou maak op die in vergelyking bring van die vasgestelde verlies van die vorige jaar met die rente-inkomste verkry in 1996. Die verrekening van ‘n vasgestelde verlies word beheer deur die toepaslike bepalings van artikel 20 van

die Inkomstebelastingwet 58 van 1962, wat destyds soos volg gelui het: “(1) Ten einde die belasbare inkomste deur ‘n persoon verkry uit die beoefening van ‘n bedryf in die Republiek vas te stel, word teen die aldus verkreë inkomste van die persoon in vergelyking gebring - (a) enige balans van ‘n vasgestelde verlies deur die belastingpligtige in ‘n vorige jaar gely wat van die vorige jaar van aanslag oorgebring is: met dien verstande dat - (i) ..... (ii) die balans van die vasgestelde verlies verminder word met die bedrag of waarde van enige voordeel deur ‘n persoon ontvang of aan hom toegeval ten gevolge van ‘n konsessie verleen deur of ‘n vergelyk getref met sy skuldeisers waarvolgens sy skulde aan hulle verminder of gedelg is mits sodanige skulde in die gewone loop van die bedryf ontstaan het; (b) ‘n vasgestelde verlies deur die belastingpligtige gedurende dieselfde jaar van aanslag gely by die beoefening in die Republiek van enige ander bedryf, hetsy alleen of ‘n vennootskap met andere, anders dan as lid van ‘n maatskappy waarvan die kapitaal in aandele verdeel is. (2) By die toepassing van hierdie artikel beteken “vasgestelde verlies” ‘n bedrag waarmee die aftrekkings ingevolge artikels 11 tot en met 19 toelaatbaar, die inkomste te bowe gegaan het ten opsigte waarvan hulle aldus toelaatbaar is, of, as die samehang aldus vereis, ‘n vasgestelde

verlies soos ingevolge die bepalings van artikel 30 vasstel.” Huidiglik lui hierdie artikel ietwat anders. Die begrip “bedryf” word soos volg in artikel 1 van Wet 58 van 1962 omskryf: “Ook elke professie, handelsaak, besigheid, diens, beroep, vak of onderneming, met inbegrip van die verhuur van goed en die gebruik of die verleen van toestemming tot die gebruik van ‘n patent soos die Wet op Patente, 1978 (Wet Nr. 57 van 1978), omskryf, of ‘n model soos in die Wet op Modelle, 1993 (Wet Nr. 195 van 1993), omskryf, of ‘n outeursreg soos in die Wet op Outeursreg, 1978 (Wet Nr. 98 van 1978) omskryf, of van enige ander goed wat van derglike aard is.” Die effek van artikel 20(1)(a) van gemelde Wet is om te verhoed dat ‘n belastingpligtige wat in die aanslagjaar nie ‘n bedryf beoefen het nie, enige balans van ‘n vasgestelde verlies in die voorafgaande jaar kan oordra vir verrekening. SA BAZAARS (PTY) lTD v CIR 1952 (4) SA 505 (A) te 510H. De Koker, Silke on South African Income Tax Vol.2 (2001 geannoteerd) para 8.127 en die gesag aldaar na verwys. Dit is duidelik dat die omskrywing van “bedryf” ‘n wye uitleg geniet, en nie noodwendig uitputtend is nie. In ROBIN CONSOLIDATED INDUSTRIES LTD v CIR [1997] ZASCA 12; 1997 (3) SA 654 (HHA) verklaar Schutz, AR op 662C-D die volgende: “Reference is made to the wideness of the definition of the word ‘trade’ in s

1 of the Act and the consequent recognition by the Courts that it should be given a wide interpretation. Further, that it is possible for even a single transaction to constitute trade.” In BURGESS v CIR [1993] ZASCA 88; 1993 (4) SA 161 (A) word op 181I - 182 E die volgende verklaar: “It is well-established that the definition of trade, which I have quoted above, should be given a wide interpretation. In ITC 770 (1954) 19 SATC 216 at 217, Dowling J said, dealing with the similar definition of ‘trade’ in Act 31 of 1941, that it was “obviously intended to embrace every profitable activity and ... I think should be given the widest possible interpretation”. In the present case the appellant argued that its participation in the Fenton scheme amounted to a ‘venture’, which is included in the definition of ‘trade’. In ITC 368 (1939) 9 SATC 211 at 212, ‘venture’ is defined as “a transaction in which a person risks something with the object of making a profit”. .... The word ‘onderneming’, which corresponds to ‘venture’ in the English text, seems in general somewhat wider although it is capable of bearing the same meaning.” Dit is ook van belang om daarop te let dat “.... the carrying on of a trade involves an ‘active step’, something more than a watching over existing investments that are not income producing and are not intended or expected

to be so. The mere retention of investments, even if acquired when a trade was carried on, did not imply a continuance of trade.” (De Koker, a.w.Vol.1 para 7.2). Wat die tydperk betref hoef dit nie vir ‘n volle jaar te wees nie. “It is not essential that a company have carried on a trade during the whole of the year, and any period of trading during the year will suffice.” (De Koker, a.w.Vol.2 para 8.127). Die vraag of die respondente besigheid bedryf het soos bedoel in artikel 20 van gemelde Wet is ‘n feitevraag en moet beoordeel word na gelang van die omstandighede van elke saak. BURGESS v CIR (supra) te 182G-H In hierdie verband is die Hof aangewese op die getuienis van die enigste getuie, mnr. Grobbelaar, die besturende direkteur van

Sentrakoop Handelaars Beperk en Megasave (Edms) Beperk, asook dokumentêre bewyse. Dit blyk volgens die getuienis dat, tydens die verkoping aan Shoprite-Checkers, verskeie bates van die respondente nie verkoop is nie, wat insluit die groothandel dranklisensie, die groothandel wapenlisensie, rekenaartoerusting en meubels. Alhoewel aktiwiteite drasties afgeskaal is na die verkoping, blyk daar nie ‘n bedoeling te wees om die aktiwititeite van die respondente te staak nie. Volgens Grobbelaar het die bestuur van die respondente voortgegaan met die bedryf van die respondente se besighede, tot daardie mate wat dit nie deur die verkoopooreenkoms verbied was nie. Hulle eerste stap was die ondersoek na moontlikhede wat ontgin kan word met die groothandel dranklisensie. Die doel was om hardeware en voedsel vanaf Suid-Afrika te verskaf na Namibië, Angola en elders in Noord-Afrika. Vir hierdie doel het die bestuur beoog om bergingsfasiliteite in Gobabis te bekom. Om gevolg te gee aan hierdie plan is daar onderhandel met die regering van Namibië en met Bowring. Ongeveer R9-miljoen is geleen aan drie maatskappye om in hierdie besigheid aan te wend. Dit blyk dat die bestuur volgens ‘n bepaalde plan opgetree het en dat verskeie onderhandelinge met verskeie instansies en persone gevoer is. Die bedoeling was om leweransierskontrakte en voorraad in Suid-Afrika te kry en dan produkte uit te

voer. Plaaslike ontginning van die respondente se groothandel dranklisensie was deel van hulle beplanning en is hierdie lisensie nie alleen behou nie, maar ook hernu. In kruisverhoor verklaar Grobbelaar, onder andere, die volgende: “ Watse vorm het hierdie ondersoek aangeneem? -- Onderhandelinge, samesprekings, party vertroulike samesprekings, party openlike samesprekings, geskrewe voorleggings, kontrakte ondersoek, dit was in sommige gevalle redelik ver gevorder en daar was - ek weet nie of dit toepasbaar is nie - daar was ook op ‘n stadium ‘n gevoel om die beheer van die Sentra-organisasie weer op indirekte wyse te bekom. Dit was vertroulike samesprekings, maar dit is gedoen deur om die minderhede daar uit te koop en om daardie pad te vat om weer daardie arm in die hande te kry op daardie wyse.” Dit blyk verder dat respondente ‘n kantoor in Bloemfontein aangehou het wat beman is deur ‘n sekretaris wat aanvanklik die oorgansproses hanteer het, maar later aangehou is vir die doel om nuwe moontlikhede te ondersoek. Verder is waardevermindering ten opsigte van die rekenaartoerusting en meubels toegelaat is. Die aktiwiteite wat ondersoek is, het ook gepaard gegaan met reiskoste. Grobbelaar verklaar ook in sy getuienis dat hulle ‘n persoon aangestel het by name ene mnr. Khoury, wat besighede in Kroonstad besit wat ‘n groothandelaar is, wat hierdie aspek van

hulle voorgenome besigheid ondersoek het. Wat hulle aktiwiteite ten opsigte van die drankhandel betref, het hulle onderhandelinge gevoer met al die groot drankhandelgroepe, onder andere, Gilbey’s, Stellenbosch Farmers’ Winery, Edward Schnell en is daar onderhandelinge gevoer om te kyk om van hierdie persone se verspreidingsnetwerke te gebruik en hulle produkte te bekom. Die verdere getuienis van Grobbelaar, wat nie betwis is nie, was dat hulle altyd betrokke by finansiering van toerusting,en uit die aard van Sentra en Megasave se bedrywe, was hulle betrokke by hierdie aksies en het hulle amper die rol van ‘n finansieringsbank gespeel. Hierdie aktiwiteit is behartig deur mnr. Danie Heyns wat by Shoprite bedank het en aktief vir die respondente in hierdie verband opgetree het. Op ‘n vraag in kruisverhoor of daar enige personeel oorgebly het, antwoord Grobbelaar soos volg: “ -- Ons het, noem dit maar nie-aktiewe direkteure en aktiewe direkteure en wat inderdaad toe gebeur het is die nie-aktiewe direkteure het toe aktiewe personeellede geword eintlik en die sekretaris het oorgebly, sekretaris/rekenmeester het ons behoue gebly.” Wat die balans van die koopprys van die besighede in beleggings betref, is dit so belê dat dit op kort kennisgewing beskikbaar was om aangewend te word in die respondente se besigheid. Om hierdie doel te verwesenlik, het hulle ‘n beter

opbrengsprys gegee. Dit blyk ook dat uitgawes van R276 490,00 aangegaan is, welke uitgawes insluit huurgelde, regskoste, salarisse, reiskoste, telefoon- en posgelde. Alhoewel dit aansienlik minder is as die vorige jaar, pas dit in by Grobbelaar se getuienis dat hulle aktiwiteite aansienlik afgeskaal is. DE BEERS HOLDINGS (PTY) LTD v COMMISSIONER FOR INLAND REVENUE 1986 (1) SA 1 (A) te 36H-J. Uit die voorgaande blyk dit dat respondente nie alleen die bedoeling gehad het om voort te gaan met hulle besigheid nie, maar ook aktiewe stappe dienooreenkomstig geneem het, soos hieronder in die vooruitsig gestel: “ ... the mere intention to carry out some business activity or a particular transaction is insufficient to amount to the carrying on of a trade - there has to be an actual endeavour so to do. That there must at least be such an active step is trite ... The carrying on of a trade involves an active step - something far more than merely watching over existing investments which are not, and are not intended to be, income producing during the year in question.” (ITC 1476, 52 IBS 141 te 148) Die huidige saak is ook onderskeibaar van COMMISSIONER FOR SARS v CONTOUR ENGINEERING (PTY) LTD 1999 (E) 61 SATC 447 soos blyk uit die volgende aanhaling op 456: “It is clearly correct that a venture must be viewed as a whole and that it may straddle more than one tax year. There is,

however, a vast difference between the mere laying of plans for the respondent’s future, on the one hand, and the commencement of preparatory activities for a future venture, on the other, as was contemplated in the aforegoing passage from Robin’s case. At least some activity is required. In my view the mere laying of plans cannot constitute the carrying on of a trade as envisaged in s 1 of the Act in the absence of some positive act aimed at promoting the said plans.” In die lig van die aktiwiteite hierbo na verwys, is ek van mening dat die respondente se optrede neerkom op die beoefening van ‘n bedryf soos bedoel in artikel 20 van gemelde Wet gedurende 1996. Mnr. Lewis, namens die respondente, het daarop gewys dat die respondente rente verdien het gedurende 1994 en 1995 en dat hy as geldskieter opgetree het. Volgens hierdie betoog is die rente-inkomste wat verdien is deur die respondente as gevolg van die belegging by Volkskas (later Absa) ‘n bedryf soos bedoel in gemelde artikel. In die lig van die slotsom waartoe gekom is, is dit nie nodig om ‘n mening oor hierdie betoog uit te spreek nie. Gevolglik word die appèl van die hand gewys met koste. S.P.B. HANCKE, R EK STEM SAAM: C.B. CILLIé, R EK STEM SAAM: L.T. SIBEKO, WnR. Namens Appellant: Adv. W.H. Olivier, SC i.o.v. Staatsprokureur Namens Respondente: Adv. A.J. Lewis i.o.v. Symington & De Kok /scd

Die bevinding is in wese daarop gebaseer dat die respondente ‘n belasbare inkomste gedurende 1996 gekry het uit die beoefening van ‘n bedryf gedurende daardie jaar ten opsigte waarvan die balans van die vasgestelde verlies in die vorige jaar gely, oorgebring en in vergelyking gebring moet word met die inkomste verkry gedurende 1996.

Dit is wenslik om kortliks na die aanloop tot die huidige geskil te verwys. Respondente het aanvanklik onder die name van Sentrakoop Handelaars Beperk en Megasave (Edms) Beperk, waarvan die een ‘n filiaal van die ander was, vir groothandelaars en kleinhandelaars, ‘n stelsel bedryf waarvolgens die handelaars moes aansoek doen om as lede van die onderskeie maatskappye goedgekeur te word. Daarna kon hulle deur middel van ‘n goedgekeurde lys verskaffers hulle goedere aankoop en sou respondente die totaal van alle aankope deur sy lede namens hulle vereffen in ruil vir ‘n spesiale korting wat deur die verskaffer toegestaan is. Respondente het dan die totale bedrag van aankope vereffen namens hulle lede, en dit dan teruggevorder van die lede. ‘n Spesiale korting is deur die maatskappy toegestaan aan die lede, welke korting kleiner was as dié een wat deur die verskaffers aan respondente verleen is. Respondente het nie self die handelsvoorraad hanteer nie, maar slegs die vereffening van die totale rekenings van die verskaffers. ‘n Wins is verdien uit die netto korting ontvang deur die maatskappye.

Gedurende November 1995 is die besigheid van respondente as ‘n lopende saak verkoop aan Shoprite-Checkers (Edms) Beperk vir ‘n totale bedrag van R21-miljoen, waarvan ongeveer R17-miljoen na Sentrakoop (die houer maatskappy) en ongeveer R4-miljoen na Megasave gegaan het. Daarna is die maatskappye se name verander na dié van die huidige respondente. ‘n Bedrag van ongeveer R9-miljoen is in die vorm van lenings aan maatskappye in Namibië verskaf met die oog op groothandelverspreiding in Angola en Noord-Afrika, welke aktiwiteit nie enige inkomste opgelewer het gedurende 1996 nie. ‘n Belegging van meer as R6-miljoen is by die destydse Volkskas gedoen, wat ‘n rente-inkomste opgelewer het en het respondente gesamentlik ongeveer R2,5-miljoen aan rente uit beleggings ontvang. Respondente het ook die bestaande groothandel dranklisensie asook die groothandel wapenlisensie behou.

Die huidige geskil tussen die partye handel oor die vraag of respondente, ná die verkoping van hulle besigheid en ná ‘n naamsverandering, besigheid beoefen het gedurende die 1996-belastingjaar, wat hulle geregtig sou maak op die in vergelyking bring van die vasgestelde verlies van die vorige jaar met die rente-inkomste verkry in 1996.

Die verrekening van ‘n vasgestelde verlies word beheer deur die toepaslike bepalings van artikel 20 van die Inkomstebelastingwet 58 van 1962, wat destyds soos volg gelui het:

“(1) Ten einde die belasbare inkomste deur ‘n persoon verkry uit die beoefening van ‘n bedryf in die Republiek vas te stel, word teen die aldus verkreë inkomste van die persoon in vergelyking gebring -

(a) enige balans van ‘n vasgestelde verlies deur die belastingpligtige in ‘n vorige jaar gely wat van die vorige jaar van aanslag oorgebring is: met dien verstande dat -

(i) .....

(ii) die balans van die vasgestelde verlies verminder word met die bedrag of waarde van enige voordeel deur ‘n persoon ontvang of aan hom toegeval ten gevolge van ‘n konsessie verleen deur of ‘n vergelyk getref met sy skuldeisers waarvolgens sy skulde aan hulle verminder of gedelg is mits sodanige skulde in die gewone loop van die bedryf ontstaan het;

(b) ‘n vasgestelde verlies deur die belastingpligtige gedurende dieselfde jaar van aanslag gely by die beoefening in die Republiek van enige ander bedryf, hetsy alleen of ‘n vennootskap met andere, anders dan as lid van ‘n maatskappy waarvan die kapitaal in aandele verdeel is.

(2) By die toepassing van hierdie artikel beteken “vasgestelde verlies” ‘n bedrag waarmee die aftrekkings ingevolge artikels 11 tot en met 19 toelaatbaar, die inkomste te bowe gegaan het ten opsigte waarvan hulle aldus toelaatbaar is, of, as die samehang aldus vereis, ‘n vasgestelde verlies soos ingevolge die bepalings van artikel 30 vasstel.”

Huidiglik lui hierdie artikel ietwat anders.

Die begrip “bedryf” word soos volg in artikel 1 van Wet 58 van 1962 omskryf:

“Ook elke professie, handelsaak, besigheid, diens, beroep, vak of onderneming, met inbegrip van die verhuur van goed en die gebruik of die verleen van toestemming tot die gebruik van ‘n patent soos die Wet op Patente, 1978 (Wet Nr. 57 van 1978), omskryf, of ‘n model soos in die Wet op Modelle, 1993 (Wet Nr. 195 van 1993), omskryf, of ‘n outeursreg soos in die Wet op Outeursreg, 1978 (Wet Nr. 98 van 1978) omskryf, of van enige ander goed wat van derglike aard is.”

Die effek van artikel 20(1)(a) van gemelde Wet is om te verhoed dat ‘n belastingpligtige wat in die aanslagjaar nie ‘n bedryf beoefen het nie, enige balans van ‘n vasgestelde verlies in die voorafgaande jaar kan oordra vir verrekening. SA BAZAARS (PTY) lTD v CIR 1952 (4) SA 505 (A) te 510H. De Koker, Silke on South African Income Tax Vol.2 (2001 geannoteerd) para 8.127 en die gesag aldaar na verwys.

Dit is duidelik dat die omskrywing van “bedryf” ‘n wye uitleg geniet, en nie noodwendig uitputtend is nie. In ROBIN CONSOLIDATED INDUSTRIES LTD v CIR [1997] ZASCA 12; 1997 (3) SA 654 (HHA) verklaar Schutz, AR op 662C-D die volgende:

“Reference is made to the wideness of the definition of the word ‘trade’ in s 1 of the Act and the consequent recognition by the Courts that it should be given a wide interpretation. Further, that it is possible for even a single transaction to constitute trade.”

In BURGESS v CIR [1993] ZASCA 88; 1993 (4) SA 161 (A) word op 181I - 182 E die volgende verklaar:

“It is well-established that the definition of trade, which I have quoted above, should be given a wide interpretation. In ITC 770 (1954) 19 SATC 216 at 217, Dowling J said, dealing with the similar definition of ‘trade’ in Act 31 of 1941, that it was

“obviously intended to embrace every profitable activity and ... I think should be given the widest possible interpretation”.

In the present case the appellant argued that its participation in the Fenton scheme amounted to a ‘venture’, which is included in the definition of ‘trade’. In ITC 368 (1939) 9 SATC 211 at 212, ‘venture’ is defined as

“a transaction in which a person risks something with the object of making a profit”. ....

The word ‘onderneming’, which corresponds to ‘venture’ in the English text, seems in general somewhat wider although it is capable of bearing the same meaning.”

Dit is ook van belang om daarop te let dat

“.... the carrying on of a trade involves an ‘active step’, something more than a watching over existing investments that are not income producing and are not intended or expected to be so. The mere retention of investments, even if acquired when a trade was carried on, did not imply a continuance of trade.”

(De Koker, a.w.Vol.1 para 7.2).

Wat die tydperk betref hoef dit nie vir ‘n volle jaar te wees nie.

“It is not essential that a company have carried on a trade during the whole of the year, and any period of trading during the year will suffice.”

(De Koker, a.w.Vol.2 para 8.127).

Die vraag of die respondente besigheid bedryf het soos bedoel in artikel 20 van gemelde Wet is ‘n feitevraag en moet beoordeel word na gelang van die omstandighede van elke saak. BURGESS v CIR (supra) te 182G-H

In hierdie verband is die Hof aangewese op die getuienis van die enigste getuie, mnr. Grobbelaar, die besturende direkteur van

Sentrakoop Handelaars Beperk en Megasave (Edms) Beperk, asook dokumentêre bewyse. Dit blyk volgens die getuienis dat, tydens die verkoping aan Shoprite-Checkers, verskeie bates van die respondente nie verkoop is nie, wat insluit die groothandel dranklisensie, die groothandel wapenlisensie, rekenaartoerusting en meubels. Alhoewel aktiwiteite drasties afgeskaal is na die verkoping, blyk daar nie ‘n bedoeling te wees om die aktiwititeite van die respondente te staak nie. Volgens Grobbelaar het die bestuur van die respondente voortgegaan met die bedryf van die respondente se besighede, tot daardie mate wat dit nie deur die verkoopooreenkoms verbied was nie. Hulle eerste stap was die ondersoek na moontlikhede wat ontgin kan word met die groothandel dranklisensie. Die doel was om hardeware en voedsel vanaf Suid-Afrika te verskaf na Namibië, Angola en elders in Noord-Afrika. Vir hierdie doel het die bestuur beoog om bergingsfasiliteite in Gobabis te bekom. Om gevolg te gee aan hierdie plan is daar onderhandel met die regering van Namibië en met Bowring. Ongeveer R9-miljoen is geleen aan drie maatskappye om in hierdie besigheid aan te wend. Dit blyk dat die bestuur volgens ‘n bepaalde plan opgetree het en dat verskeie onderhandelinge met verskeie instansies en persone gevoer is. Die bedoeling was om leweransierskontrakte en voorraad in Suid-Afrika te kry en dan produkte uit te voer. Plaaslike ontginning van die respondente se groothandel dranklisensie was deel van hulle beplanning en is hierdie lisensie nie alleen behou nie, maar ook hernu.

In kruisverhoor verklaar Grobbelaar, onder andere, die volgende:

“ Watse vorm het hierdie ondersoek aangeneem? -- Onderhandelinge, samesprekings, party vertroulike samesprekings, party openlike samesprekings, geskrewe voorleggings, kontrakte ondersoek, dit was in sommige gevalle redelik ver gevorder en daar was - ek weet nie of dit toepasbaar is nie - daar was ook op ‘n stadium ‘n gevoel om die beheer van die Sentra-organisasie weer op indirekte wyse te bekom. Dit was vertroulike samesprekings, maar dit is gedoen deur om die minderhede daar uit te koop en om daardie pad te vat om weer daardie arm in die hande te kry op daardie wyse.”

Dit blyk verder dat respondente ‘n kantoor in Bloemfontein aangehou het wat beman is deur ‘n sekretaris wat aanvanklik die oorgansproses hanteer het, maar later aangehou is vir die doel om nuwe moontlikhede te ondersoek. Verder is waardevermindering ten opsigte van die rekenaartoerusting en meubels toegelaat is. Die aktiwiteite wat ondersoek is, het ook gepaard gegaan met reiskoste. Grobbelaar verklaar ook in sy getuienis dat hulle ‘n persoon aangestel het by name ene mnr. Khoury, wat besighede in Kroonstad besit wat ‘n groothandelaar is, wat hierdie aspek van hulle voorgenome besigheid ondersoek het.

Wat hulle aktiwiteite ten opsigte van die drankhandel betref, het hulle onderhandelinge gevoer met al die groot drankhandelgroepe, onder andere, Gilbey’s, Stellenbosch Farmers’ Winery, Edward Schnell en is daar onderhandelinge gevoer om te kyk om van hierdie persone se verspreidingsnetwerke te gebruik en hulle produkte te bekom.

Die verdere getuienis van Grobbelaar, wat nie betwis is nie, was dat hulle altyd betrokke by finansiering van toerusting,en uit die aard van Sentra en Megasave se bedrywe, was hulle betrokke by hierdie aksies en het hulle amper die rol van ‘n finansieringsbank gespeel. Hierdie aktiwiteit is behartig deur mnr. Danie Heyns wat by Shoprite bedank het en aktief vir die respondente in hierdie verband opgetree het. Op ‘n vraag in kruisverhoor of daar enige personeel oorgebly het, antwoord Grobbelaar soos volg:

“ -- Ons het, noem dit maar nie-aktiewe direkteure en aktiewe direkteure en wat inderdaad toe gebeur het is die nie-aktiewe direkteure het toe aktiewe personeellede geword eintlik en die sekretaris het oorgebly, sekretaris/rekenmeester het ons behoue gebly.”

Wat die balans van die koopprys van die besighede in beleggings betref, is dit so belê dat dit op kort kennisgewing beskikbaar was om aangewend te word in die respondente se besigheid. Om hierdie doel te verwesenlik, het hulle ‘n beter opbrengsprys gegee. Dit blyk ook dat uitgawes van R276 490,00 aangegaan is, welke uitgawes insluit huurgelde, regskoste, salarisse, reiskoste, telefoon- en posgelde. Alhoewel dit aansienlik minder is as die vorige jaar, pas dit in by Grobbelaar se getuienis dat hulle aktiwiteite aansienlik afgeskaal is. DE BEERS HOLDINGS (PTY) LTD v COMMISSIONER FOR INLAND REVENUE 1986 (1) SA 1 (A) te 36H-J.

Uit die voorgaande blyk dit dat respondente nie alleen die bedoeling gehad het om voort te gaan met hulle besigheid nie, maar ook aktiewe stappe dienooreenkomstig geneem het, soos hieronder in die vooruitsig gestel:

“ ... the mere intention to carry out some business activity or a particular transaction is insufficient to amount to the carrying on of a trade - there has to be an actual endeavour so to do. That there must at least be such an active step is trite ... The carrying on of a trade involves an active step - something far more than merely watching over existing investments which are not, and are not intended to be, income producing during the year in question.”

(ITC 1476, 52 IBS 141 te 148)

Die huidige saak is ook onderskeibaar van COMMISSIONER FOR SARS v CONTOUR ENGINEERING (PTY) LTD 1999 (E) 61 SATC 447 soos blyk uit die volgende aanhaling op 456:

“It is clearly correct that a venture must be viewed as a whole and that it may straddle more than one tax year. There is, however, a vast difference between the mere laying of plans for the respondent’s future, on the one hand, and the commencement of preparatory activities for a future venture, on the other, as was contemplated in the aforegoing passage from Robin’s case. At least some activity is required. In my view the mere laying of plans cannot constitute the carrying on of a trade as envisaged in s 1 of the Act in the absence of some positive act aimed at promoting the said plans.”

In die lig van die aktiwiteite hierbo na verwys, is ek van mening dat die respondente se optrede neerkom op die beoefening van ‘n bedryf soos bedoel in artikel 20 van gemelde Wet gedurende 1996.

Mnr. Lewis, namens die respondente, het daarop gewys dat die respondente rente verdien het gedurende 1994 en 1995 en dat hy as geldskieter opgetree het. Volgens hierdie betoog is die rente-inkomste wat verdien is deur die respondente as gevolg van die belegging by Volkskas (later Absa) ‘n bedryf soos bedoel in gemelde artikel. In die lig van die slotsom waartoe gekom is, is dit nie nodig om ‘n mening oor hierdie betoog uit te spreek nie.

Gevolglik word die appèl van die hand gewys met koste.

S.P.B. HANCKE, R

EK STEM SAAM:

C.B. CILLIé, R

L.T. SIBEKO, WnR.

Namens Appellant: Adv. W.H. Olivier, SC

i.o.v.

Staatsprokureur

Namens Respondente: Adv. A.J. Lewis

Symington & De Kok

/scd

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

SA Bazaars (Pty) Ltd v CIR 1952 (4) SA 505 (A) at 510H

Case cited

Robin Consolidated Industries Ltd v CIR [1997] ZASCA 12; 1997 (3) SA 654 (HHA) at 662C-D

Case cited

Burgess v CIR [1993] ZASCA 88; 1993 (4) SA 161 (A) at 181I-182E

Case cited

ITC 770 (1954) 19 SATC 216 at 217

Case cited

ITC 368 (1939) 9 SATC 211 at 212

Case cited

De Beers Holdings (Pty) Ltd v Commissioner for Inland Revenue 1986 (1) SA 1 (A) at 36H-J

Case cited

Commissioner for SARS v Contour Engineering (Pty) Ltd 1999 (E) 61 SATC 447

Case cited

ITC 1476, 52 IBS 141 at 148

Case cited

Income Tax Act 58 of 1962

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Wet op Patente, 1978 (Act No. 57 of 1978)

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Wet op Modelle, 1993 (Act No. 195 of 1993)

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Wet op Outeursreg, 1978 (Act No. 98 of 1978)

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.