Krapohl v Oranje Kooperasie Bpk. (625/88) [1990] ZASCA 53; 1990 (3) SA 848 (AD); [1990] 2 All SA 366 (A) (29 May 1990)
- Citation
- [1990] ZASCA 53
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Nienaber, Hoexter, Grosskopf, Eksteen, Friedman
- Case number
- 625/88
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Nienaber, Hoexter, Grosskopf, Eksteen, Friedman
- Case number
- 625/88
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The Supreme Court of Appeal held that the statutory pledge created by section 173 of the Cooperatives Act did not prevent the transfer of ownership of the wheat from Theron to the appellant and subsequently to the respondent. The cooperative was not the owner of the wheat but merely held a real right of security. The contract between Theron and the appellant, even if void due to statutory prohibition, did not prevent the transfer of ownership under South African law, which recognizes an abstract system of transfer. The sale between the appellant and the respondent was valid, and the payment made by the respondent was not without legal cause. The respondent was therefore not entitled to recover the purchase price from the appellant. The appeal succeeded, and the order of the trial court was set aside and replaced with judgment for the appellant with costs.
Court disposition
Appeal upheld; trial court order set aside and replaced with judgment for the appellant with costs.
Orders
- The appeal is upheld with costs.
- The order of the trial court is set aside and replaced with judgment for the appellant with costs.
02
Material facts
Parties
F E Krapohl
AppellantOranje Kooperasie Beperk
RespondentAmounts and remedies
- Purchase Price Paid by Respondent to Appellant: ZAR 5,781.66
- Amount Retained by Appellant for Services: ZAR 3,000
- Amount Repaid by Appellant to Theron: ZAR 2,700
03
Procedural history
Posture
Civil Appeal / Appeal From Trial Court Judgment
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the statutory pledge under section 173 of the Cooperatives Act precluded the transfer of ownership of the wheat from Theron to the appellant and subsequently to the respondent.
- 02
Whether the contract between Theron and the appellant was void due to statutory prohibition and whether this affected the validity of the subsequent sale to the respondent.
- 03
Whether the respondent was entitled to recover the purchase price paid to the appellant on grounds of condictio indebiti or condictio sine causa.
Party arguments
- Applicant
- The respondent argued that, due to the statutory pledge created by section 173 of the Cooperatives Act, it was legally impossible for the wheat to be sold by Theron to the appellant and then to the respondent. The respondent claimed that the contract between Theron and the appellant was void as it contravened section 173(1)(e), which prohibits the member from disposing of the pledged products except through the cooperative. Consequently, the respondent asserted that the payment made to the appellant was without legal cause and should be recoverable under the condictio indebiti or condictio sine causa.
- Respondent
- The appellant contended that the statutory pledge did not prevent the transfer of ownership of the wheat, as the cooperative only acquired a pledge and not ownership. The appellant argued that the contract between Theron and the appellant, even if void, did not prevent the transfer of ownership under South African law, which recognizes an abstract system of transfer. The appellant maintained that the sale between the appellant and the respondent was valid and that the payment was not made without legal cause.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Cooperatives Act 91 of 1981, section 173
A statutory pledge under section 173 of the Cooperatives Act does not confer ownership on the cooperative but only a real right of security.
- 02
Commissioner of Customs and Excise v Randles, Brothers and Hudson Ltd 1941 AD 369
Ownership may pass under South African law even if the underlying contract is void, provided there is mutual intention to transfer ownership.
- 03
National Bank of South Africa v Cohen's Trustee 1911 AD 235
A pledgee is not the owner of the pledged property and may acquire ownership through sale, resulting in confusio and extinction of the pledge.
- 04
Heenop v Magaliesbergse Koringkooperasie Bpk 1962 (4) SA 97 (T)
The statutory prohibition in section 173(1)(e) applies only to the member who produced the product and does not invalidate subsequent sales by third parties.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The Supreme Court of Appeal held that the statutory pledge created by section 173 of the Cooperatives Act did not prevent the transfer of ownership of the wheat from Theron to the appellant and subsequently to the respondent. The cooperative was not the owner of the wheat but merely held a real right of security. The contract between Theron and the appellant, even if void due to statutory prohibition, did not prevent the transfer of ownership under South African law, which recognizes an abstract system of transfer. The sale between the appellant and the respondent was valid, and the payment made by the respondent was not without legal cause. The respondent was therefore not entitled to recover the purchase price from the appellant. The appeal succeeded, and the order of the trial court was set aside and replaced with judgment for the appellant with costs.
Obiter and limits
- The statutory fiction in section 173 is intended to facilitate the creation of a pledge without physical delivery, not to prevent actual delivery or transfer of ownership.
- The cooperative's loss of security is due to the inherent weakness of a pledge without possession, not to any defect in the sale transaction.
- A pledgee may acquire ownership of the pledged property, resulting in confusio and extinction of the pledge.
Court disposition
Appeal upheld; trial court order set aside and replaced with judgment for the appellant with costs.
- The appeal is upheld with costs.
- The order of the trial court is set aside and replaced with judgment for the appellant with costs.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
CG SAAKNOMMER: 625/88
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPelAFDELING)
In die saak van:F E KRAPOHL AppellantenORANJE KOoPERASIE BEPERK Respondent
CORAM : HOEXTER, E M GROSSKOPF, EKSTEEN ARR, FRIEDMAN et NIENABER
WARR
AANGEHOOR: 17 MEI 1990
GELEWER: 29 MEI 1990
UITSPRAAK NIENABER WAR
2
Dis 'n ou vraag, in nuwe gedaante, wie van twee niksvermoedende partye, dié keer die appellant of die respondent, die gelag moet betaal vir die skelmstreke van 'n derde, hier ene Theron.Die appellant was die verweerder en die respondent die suksesvolle eiser in 'n geding wat in die Noord-Kaapse Afdeling by wyse van 'n gestelde saak gevoer, en as ORANJE KOOPERASIE BEPERK v KRAPOHL 1988 (3) SA 763 (NKA) gerapporteer is. Gerieflikheidshalwe word steeds na die partye as die eiser en die verweerder verwys.Die verweerder en Theron was beide lede van die eiser, 'n primêre landboukooperasie wat behoorlik kragtens die bepalings van die Kooperasiewet, wet 91 van 1981 ("die wet") geregistreer was. Die eiser het aan Theron 'n hoeveelheid misstowwe en/of plantmateriaal en/of landboumiddels (soos in die wet bedoel word) verskaf. Daarvoor het Theron die eiser meer as R6 500,00 geskuld. Al die misstowwe, plantmateriaal en landboumiddels is
3
deur Theron vir die aanplant van koring op sy plaasaangewend. Op grond daarvan het 'n statutêre pandreg oordie koring kragtens artikel 173 van die wet in die eisergevestig. Die tersaaklike gedeelte van hierdie artikellui soos volg:
"173. Sekerheid vir produksiekrediet en lenings deur kooperasies aan lede verskaf. (1) Solank 'n bedrag deur 'n lid aan 'n primêre landboukooperasie ... verskuldig is ten opsigte van ... misstowwe, plantmateriaal, landboumiddels, ... of ten opsigte van geld deur die kooperasie aan hom vir produksiedoeleindes voorgeskiet -
(a) berus die eiendomsreg op die verskafte ... misstowwe, plantmateriaal, landboumiddels, ... by die kooperasie ondanks die lewering daarvan aan daardie lid;
(b) ... (c) word -
(i) alle landbouprodukte van 'n klas waarmee die kooperasie in die gewone loop van sake handel; en
(ii) alle landbouprodukte waarvan die landbouprodukte in sub-paragraaf (i) bedoel, verkry is of word; en
(iii)
waarvan daardie lid op die datum waarop die skuld ontstaan het die eienaar is of wat na daardie datum deur hom geproduseer of verkry
4
word, geag aan die kooperasie verpand te wees so volkome en werkdadiglik asof daardie produkte aan die kooperasie gelewer is;
(d) ...
(e) mag daardie lid ... nie bedoelde produkte van die hand sit nie en mag niemand . . . daardie produkte anders as van die kooperasie verkry nie behalwe deur bemiddeling van die kooperasie of kragtens 'n permit deur die kooperasie uitgereik op die voorwaardes wat hy bepaal."
Voorts bepaal artikel 177:
"177. Misdrywe (1) Iemand wat -
(a) h bepaling van subartikel (1)(e) van artikel 173 oortree;
(b) ... (c) ... (d) ... is aan 'n misdryf skuldig. (2) Indien iemand kragtens subartikel (1)(a) aangekla word dat hy landbouprodukte wat geag word aan h kooperasie verpand te wees, verkry het anders as van of deur bemiddeling van die kooperasie of kragtens h permit deur die kooperasie uitgereik, is dit 'n verweer as hy bewys dat toe hy daardie produkte verkry het hy nie geweet het, en geen rede gehad het om te vermoed, dat dit produkte is wat geag word aan 'n kooperasie verpand te wees nie." Gedurende November 1985 word die koring op
5
Theron se plaas afgeoes. Die verweerder is Therondaarmee behulpsaam. Paragraaf 7 van die gestelde saak
lui soos volg:
"Op of ongeveer 20 November 1985 het gemelde Theron 18,7 ton van die voormelde koring aan die verweerder gelewer vir waarde synde as vergoeding vir dienste gelewer deur die verweerder aan Theron te wete die stroopkoste van koring."
Van die bestaan van die eiser se pandreg, so is
daar ooreengekom, was die verweerder totaal onbewus. Op
sy beurt verkoop en lewer die verweerder die 18,7 tonkoring "in die gewone loop van sake" aan die eiserwaarvoor hy R5 781,66 betaal word. Paragraaf 10 van diegestelde saak gaan dan voort:
"Na ontvangs van die bedrag van R5 781 ,66 het die verweerder die bedrag werklik deur Theron aan hom verskuldig naamlik ongeveer R3 000,00 behou en die balans van ongeveer R2 700,00 aan Theron terugbetaal."
(Die frase "die bedrag werklik deur Theron aan
hom verskuldig" is ietwat kripties. Op sy minste skep
6
dit die indruk dat die verweerder se werklike vergoeding vir sy dienste nie soseer die oorname van 18,7 ton van die koring was nie maar 'n bedrag van "ongeveer" R3 000,00 - en dat die verweerder, deur die koring aan die eiser te verkoop, dus eintlik namens Theron opgetree het. Vir doeleindes van die huidige geding moet die beskrywing waarop die partye in paragraaf 7 van die gestelde saak ooreengekom het, egter aanvaar word, nl., dat die verweerder die 18,7 ton koring "vir waarde synde as vergoeding vir dienste gelewer" van Theron oorgeneem het.)Wat die eiser, nes die verweerder, op dié stadium volgens die gestelde saak nooit besef het nie, is dat hy kragtens artikel 173 'n statutêre pandreg oor die betrokke koring geniet het. Toe hy later agterkom dat hy koring gekoop het waarop hy na regte eerste aanspraak gehad het en wat hy ter delging van Theron se skuld kon aangewend het, het hy teen die verweerder aksie ingestel
7
vir terugbetaling van die R5 781,66 wat hy vroeër aan die
verweerder betaal het.
Die eis vir terugbetaling is aanvanklik op
verskillende grondslae gefundeer maar is uiteindelik tot'n enkel eisoorsaak gereduseer. Dit is soos volg in dieeiser se gewysigde besonderhede van vordering
geformuleer, 'n formulering wat deur paragraaf 11 van die
gestelde saak by die gestelde saak self ingelyf is:
"9. As gevolg van die feit dat eiser reeds 'n pandreg ingevolge artikel 173 van die gemelde wet ten opsigte van die koring gevestig het, kon hy dit regtens nie koop nie en het geen kontrak tussen die partye tot stand gekom nie.
10. Eiser het die bedrag van R5 781 ,66 aan verweerder oorbetaal ter betaling van die voormelde koring.
11. In die vooropstelling het daar geen eisoorsaak of causa vir die oorbetaling van die gemelde koring deur eiser aan verweerder bestaan nie, en is eiser gevolglik geregtig op terugbetaling van gemelde bedrag."
Die verhoorhof gee die eiser gelyk. Vandaar
die huidige appèl waarvoor verlof van hierdie Hof self
verkry is.
8
In die loop van die gerapporteerde uitspraak
verklaar die verhoorhof (op 768A-B):
"Om die bespreking van die regsposisie af te sluit, wys ek daarop dat die pandgewer eienaar van die saak is, terwyl die pandhouer slegs die regte verkry wat die pandreg ten aansien van besit ten opsigte van die skuld aan hom verleen. (Vergelyk die uitspraak van DE VILLIERS HR in NATIONAL BANK OF SOUTH AFRICA v COHEN'S TRUSTEE 1911 AD 235 op 242 en 243.) En hier moet volledigheidshalwe bygevoeg word dat die eiser se pandreg versterk word deur die bepalings deur die Wetgewer in die Wet."
As die eiser, toe die koring hom aangebied is,
die ware toedrag van sake besef het, sou hy sy pandregdadelik teenoor die verweerder kon afdwing; in so 'ngeval sou die eiser besit van die koring van dieverweerder kon opeis sonder om enigiets daarvoor tebetaal. "Gevolglik", so beslis die hof op 768 G-H,
"het die eiser 'n bedrag van R5 781,66 aan dieverweerder betaal, wat die eiser, sonder datbeide die eiser en die verweerder dit besefhet, nie regtens nodig gehad het om te betaal
nie.
In bovermelde omstandighede is die eiser dus namy mening geregtig op terugbetaling van die9
bedrag van R5 781,66, wat hy aan die verweerder betaal het".
Uit hierdie passasie is dit, met eerbied, nie
duidelik wat die ratio vir die gevolgtrekking presies wasnie. In 'n verdere ongerapporteerde uitspraak, waartydensdie verhoorhof 'n aansoek om verlof om te appelleergeweier het, het die geleerde regter egter verder op syvorige uitspraak voortborduur. Hy verklaar:
"Indien die Hof tot die gevolgtrekking geraak het dat daar 'n bindende ooreenkoms tussen die partye tot stand gekom het, sou die Hof seer sekerlik nie beveel het dat die verweerder die geld wat die eiser aan die verweerder betaal het aan hom moes terugbetaal nie."
Voorts:
"Dit is miskien gepas om by te voeg dat dit uit die feite duidelik blyk dat daar nooit enige konsensus tussen die partye was oor waaroor hulle nou eintlik ooreenkom nie."
En:
"Regtens had die eiser 'n pandreg wat bepaal dat die koring 'word geag aan die kooperasie verpand te wees so volkome en werkdadiglik asof daardie produkte aan die Kooperasie gelewer
10
is.' (Ek kursiveer.) Na my mening is die uitdrukking so volkome en werkdadiglik asof daardie produkte aan die Kooperasie gelewer is , 'n uitdrukking wat sterk bewoord is. Vir my beteken om te lewer niks anders nie as om in besit te stel en waar die koring regtens geag word om gelewer te wees, is daar niks wat die verweerder regtens aan die eiser kan lewer nie."
Hierdie gedagtegang, so kom dit my voor,
weerspieël twee gronde waarop die koop tussen die eiseren die verweerder denkbaar aanvegbaar sou wees nl.:
(1) afwesigheid van consensus; en (2) onmoontlikheid van prestasie deur die verweerder.
Wat die eerste van hierdie gronde betref is dit nie duidelik waarop die hof sy terloopse stelling grond dat daar geen consensus tussen die partye was nie. Die eiser en die verweerder was dit immers oor sowel die merx as die prys met mekaar eens. As daar by die eiser enige sprake van dwaling was, was dit 'n dwaling in die
11
beweegrede en nie 'n dwaling wat op die prestasie of dieteenprestasie as sodanig geslaan en dus consensusuitgesluit het nie. (Vgl DE WET EN YEATS, KONTRAKTEREGEN HANDELSREG, vierde uitgawe, 7-8; 24.) Nerens in diegestelde saak is daar enigiets wat hierdie aanval op dieregsgeldigheid van die koop tussen die verweerder en dieeiser regverdig nie. Gevolglik moet dit buite rekeninggelaat word.
Die tweede grond is ook nie oortuigend nie.
Dat koring kragtens artikel 173 "geag word" aan die eiserverpand te wees "asof daardie produkte aan die kooperasiegelewer is" terwyl dit bes moontlik nog op die boer selande staan, is kennelik 'n fiksie. In MEYER v.SENTRAALWESTELIKE KOoPERATIEWE MAATSKAPPY 1943 OPD 93 te 109 isgesê:
"In considering then between what persons and for what purposes the statutory fiction is to be resorted to, the whole Act and the language employed in the section must be analysed."
12
Doen mens dit, dan is die wetgewende oogmerk met die artikel duidelik: om enersyds van 'n voorafgaande verbintenisskeppende ooreenkoms vir die skepping van dié soort pandreg af te sien, en om fisiese lewering vir die totstandkoming (en besit vir die voortbestaan) van sodanige pandreg andersyds onnodig te maak. Lewering (anders as by wyse van constitutum possessorium) is gemeenregtelik 'n voorvereiste vir die vestiging van pandreg. (VAN DER MERWE, SAKEREG, tweede uitgawe, 655; VASCO DRY CLEANERS v TWYCROSS 1979 (1) SA 603 (A) te 611H-612D). Sodanige lewering is vanselfsprekend ondoenlik wanneer die oes nog op die land of reeds stilletjies deur die boer afgeoes is sonder dat die kooperasie daarvan weet. Wat die wetgewer klaarblyklik beoog het, was om die gemeenregtelike model van pand met 'n fiksie aan te pas ten einde aan 'n kooperasie beter (al is dit nie maksimale) beskerming te verleen vir solank as wat die tersaaklike skuld van 'n lid vir betaling van
13
goedere wat hy by die produksie van die oes gebruik het, nog nie gedelg is nie. (Vgl MEYER v SENTRAAL-WESTELIKE KOoPERATIEWE MAATSKAPPY, supra, 103-4; 107-8; STATE ADVANCES RECOVERIES OFFICE v THERON 1949 (1) SA 903 (O) te 911; EDWARDS v VAN ZYL 1951 (2) SA 93 (K) te 99G; HEENOP v MAGALIESBERGSE KORINGKOoPERASIE BEPERK 1962 (4) SA 97 (T) te 101; VAN ZYL v BURGER EN ANDERE 1965 (3) SA 221 (O) te 226-227.) Daarmee het die fiksie sy funksie vervul - om die regsfiguur van pand aan te wend in omstandighede waar dit gemeenregtelik vanweë nie-lewering nie sou deug nie. Die fiksie, volgens die bewoording van artikel 173, is bloot dat geag word dat 'n pand ondanks nie-lewering ontstaan het; dit is nie dat lewering vir alle doeleindes hoegenaamd regtens geag word reeds aan die eiser plaas te gevind het en aldus nie meer aan of deur iemand anders kan geskied nie. Volgens die artikel moet die posisie beoordeel word asof lewering wat in werklikheid nie plaasgevind het nie, wel geskied het;
14
dit is nie bedoel om lewering wat in werklikheid wel plaasgevind het, te ignoreer of te probeer verydel nie. Waar sodanige lewering van die oes wel plaasgevind het, hetsy deur 'n lid aan 'n derde, hetsy deur so 'n derde aan 'n vierde, (al was dit ook in stryd met sowel die gefingeerde pandreg as artikel 173(1)(e)) bly daardie lewering ondanks die fiksie dus as 'n onomstootlike feit staan.In die onderhawige geval het lewering fisies plaasgevind, eerstens deur Theron aan die verweerder, en tweedens deur die verweerder aan die eiser. Sodanige lewering was nie onmoontlik slegs omdat die goedere geag word aan die eiser se pandreg onderhewig te wees nie. Die koop kan dus nie nietig wees omdat dit vir die verweerder kwansuis onmoontlik was om die merx te lewer nie - as dit is wat die verhoorhof in gedagte gehad het.Die eiser se statutêre pandreg belet ook nie die oordrag van eiendomsreg in die pandsaak nie. Die
15
pandhouer is nie eienaar van die pandsaak nie. Hy geniet slegs 'n jus in re aliena daarop (Voet 20.1.1; 20.3.3; NATIONAL BANK OF SOUTH AFRICA v COHEN'S TRUSTEE 1911 AD 235 te 242; MILNE NO EN DU PREEZ NO v DANA SHOE AND GLOVE FACTORY (PTY) LTD AND ANOTHER 1957 (3) SA 16 (W) te 20H-21A). Om pandhouer met eienaar te vereenselwig en op grond daarvan te redeneer dat die koop nietig is omdat niemand sy eie saak kan koop nie (CAWCUTT v TEPERSON AND SAACKS 1916 CPD 406 te 409; SOUTH AFRICAN PERMANENT BUILDING SOCIETY v LEVY 1959 (1) SA 228 (T) te 230), sou om daardie rede ook verkeerd wees. Regtens is dit nie onmoontlik vir 'n pandhouer om die pandsaak te koop nie: so iets is trouens aan ons reg welbekend. (Vgl WILLE, MORTGAGE AND PLEDGE IN SOUTH AFRICA, derde uitgawe, 245-6.) Sodra eiendomsreg aan so 'n pandhouer oorgedra word, tree confusio in (WILLE, op cit. 183) en vergaan die pandreg sonder meer.
Geeneen van die gronde waarop die uitspraak dus
16
oënskynlik berus, oortuig nie.Inderdaad het die advokaat vir die eiser dan ook nie op sodanige gronde probeer steun nie. Wat hy wel aangevoer het, was iets heel anders.Sy eerste argument, as ek dit reg het, lui soos volg:
(1) Artikel 173(1)(e) verbied die betrokke lid om die tersaaklike produkte van die hand te sit solank gelde nog ten opsigte daarvan aan die kooperasie verskuldig is. Dit bepaal voorts dat niemand daardie produkte op 'n ander wyse as via die kooperasie mag verkry hie. (2) Die ooreenkoms tussen Theron en die verweerder was gevolglik ongeoorloof en as sodanig nietig, 'n gevolgtrekking wat deur die strafbepaling van artikel 177(1)(a) van die wet versterk word. (3) Omdat die ooreenkoms tussen Theron en die verweerder aldus nietig was, volg dit verder,
17
so is betoog,
(a) dat Theron geen regte aan die verweerder kan oordra nie; (b) dat eiendomsreg in die koring in Theron bly setel het en nooit op die verweerder oorgegaan het nie; (c) dat die verweerder gevolglik nie die eiendomsreg in die koring aan die eiser kon oordra nie; (d) dat die koop tussen die verweerdër en die eiser ook nietig was; (e) dat betaling deur die eiser aan die verweerder derhalwe sonder enige regsgrond geskied het en as sodanig in werklikheid onverskuldig was; en (f) dat aan al die vereistes vir 'n beroep op 6f die condictio indebiti óf die condictio sine causa voldoen is; en
18
(g) dat die eiser se terugvorderingsreg derhalwe moes slaag. Die uitgangspunt in (1) is korrek, maar die stappe van die argument wat daarop volg is myns insiens almal in meerdere of mindere mate aanvegbaar. So byvoorbeeld is dit omstrede of die ooreenkoms tussen Theron en die verweerder in die lig van die bepalings van die wet as geheel en artikel 177(2) in die besonder, werklik ongeoorloof en ongeldig was. Maar dit is nie 'n vraag wat tans besleg hoef te word nie, en ek spreek my doelbewus nie daaroor uit nie. Argumentsonthalwe is ek bereid om in die eiser se guns te aanvaar dat sodanige ooreenkoms wel ongeoorloof en dus nietig was.Dat dié ooreenkoms nietig was, beteken egter nie dat Theron geen regte, en in die besonder geen eiendomsreg in die pandsaak, aan die verweerder kon oordra nie.
Anders as wat met misstowwe, plantmateriaal en19
landboumiddels die geval is (waar eiendomsreg kragtens artikel 173(1)(a) ondanks lewering aan die lid ten gunste van die kooperasie voorbehou word), verkry die kooperasie slegs 'n statutêre pandreg oor die geproduseerde landbouprodukte. Die artikel maak die kooperasie nie eienaar van die produkte nie. Sodanige pandreg, soos tereg deur die verweerder se advokaat betoog is, verleen aan die kooperasie ook geen sterker regte as dié van 'n gewone gemeenregtelike pandhouer nie. (Vgl EDWARDS v VAN ZYL, supra, te 99G.) Eiendomsreg in die geproduseerde landbouprodukte setel steeds in die lid wat dit produseer. (Dat dit so is, word trouens implisiet in artikel 173(1)(c) erken.)Artikel 173(1)(e) verbied nie die oordrag van eiendomsreg deur die lid nie maar hoogstens die regshandeling waardeur hy poog om die gewraakte produkte van die hand te sit.
'n Regsgeldige ooreenkoms word volgens ons reg,
20
wat 'n abstrakte stelsel vir eiendomsoorgang erken, nie vir die oorgang van eiendomsreg geverg nie. (Vgl VAN DER MERWE, op cit. 302-314; COMMISSIONER OF CUSTOMS AND EXCISE v RANDLES, BROTHERS AND HUDSON LTD 1941 AD 369; TRUST BANK VAN AFRIKA BEPERK v WESTERN BANK BEPERK EN ANDERE NNO 1978 (4) SA 281 (A) te 302; AIR-KEL (EIENDOMS) BEPERK h/a MERKEL MOTORS v BODENSTEIN EN 'n ANDER 1980 (3) SA 917 (A) te 923-4). Wat wel geverg word, is die wedersydse bedoeling van die partye om eiendomsreg oor te dra. (Die gestelde saak meld nie uitdruklik dat dit hul bedoeling was nie; maar vir sover dit nie pertinent uitgesluit is nie, kan mens aanvaar dat dit gewoonweg wel die geval sou wees dat beide partye, Theron en die verweerder, die bedoeling gehad het dat eiendomsreg in die koring op die verweerder sou oorgaan.) Die blote ongeldigheid van die ooreenkoms tussen hulle sou dus nie, anders as wat die eiser se advokaat betoog het, die oorgang van eiendomsreg belet nie.
21
Waar die verweerder aldus eienaar geword het, sou dit gevolglik nie vir hom onmoontlik gewees het om eiendomsreg, op sy beurt, aan die eiser oor te dra nie.Sub-artikel 173(1)(e) het voorts nie op die verkoping van die koring deur die verweerder aan die eiser betrekking nie. In die eerste plaas verbied die artikel slegs 'n verkoping deur "daardie lid", (HEENOP v MAGALIESBERGSE KORINGKOoPERASIE BPK, supra, te 102) en dit slaan klaarblyklik op die lid wat die produk produseer - wat nie die verweerder was nie; en in die tweede plaas verbied die artikel klaarblyklik nie die eiser, as 'n kooperasie, om die produk self te koop nie. Anders as wat met die ooreenkoms tussen Theron en die verweerder gesteld was, was die koop tussen die verweerder en die eiser dus nie op grond van hierdie artikel ongeldig nie.En as dit so is, kan daar nie gesê word dat die betaling van die koopsom deur die eiser aan die
22
verweerder onverskuldig en sonder oorsaak was wat die eiser denkbaar op terugbetaling kragtens een of ander van die erkende verrykingsaksies geregtig sou maak nie.As die eiser, na sluiting van die koopkontrak maar voor lewering, besef het dat die aangebode koring aan sy pandreg onderhewig was, sou hy op die koring beslag kon lê op grond daarvan dat sy pandreg aan hom 'n eerste en 'n sterker aanspraak op die pandsaak gee. (Vgl STATE ADVANCES RECOVERIES OFFICE v THERON, supra, te 911; EDWARDS v VAN ZYL, supra, 99; VAN ZYL v BURGER EN ANDERE, supra, 226, 228.) So 'n beslaglegging sou effektiewe lewering van die koring deur die verweerder aan die eiser verhinder het; en dan sou die eiser vanselfsprekend kon geweier het om die koopsom te betaal. Maar dit is sovêr as wat dit gaan. Pandreg verleen aan die pandhouer 'n aanspraak op beslaglegging van die pandsaak maar dit maak die pandhouer nie sonder meer op die opbrengs van die pandsaak geregtig indien die saak
23
anders as by wyse van eksekusie op sy aandrang verkoop word nie. (Die gestelde saak laat geen ruimte vir die eiser om hom op die actio ad exhibendum te beroep nie, aangesien daar geen sprake van enige mala fides aan die verweerder se kant was nie.)Met die oorgang van die eiendomsreg op die kooperasie het sy pandreg in ieder geval deur confusio verval. Die eiser behou nietemin sy vorderingsreg teen Theron. Wat hy kwyt is, is sy sekuriteit - en dit is te wyte aan die inherente swakheid van dié soort sekerheid wat, anders as in die gemene reg, 'n pandreg sonder besit is.Maar selfs al het eiendomsreg nie op die eiser oorgegaan nie, sou dit die koop tussen die partye opsigself nie verydel en die eiser op terugbetaling geregtig gemaak het nie. Lewering het geskied; al waarvoor die verweerder, as verkoper, nog moes instaan, was 'n moontlike uitwinning. (Vgl LOUIS BOTHA MOTORS v
24
JAMES & SLABBERT MOTORS (PTY) LTD 1983 (3) SA 793 (A).) Van 'n aksie vir skadevergoeding op dié grondslag was daar in die gestelde saak egter geen sprake nie.Dieselfde onmiddellike beswaar tref ook die tweede argument wat die eiser se advokaat geopper het (met verwysing na DICKINSON MOTORS (PTY) LTD v OBERHOLZER 1952 (1) SA 443 (A) te 450), naamlik dat die ooreenkoms tussen die partye op grond van 'n sogenaamde gemeenskaplike dwaling "nietig" sou wees, wat die eiser dan op terugbetaling van die koopsom geregtig sou maak. (Vgl FOURIE v CDMO HOMES (PTY) LTD 1982 (1) SA 21 (A) te 28C.) Die beweerde gemeenskaplike dwaling sou dan wees dat die koop geskoei was op die lees dat daar geen pandreg oor die koring gestrek het nie. Dat albei partye afsonderlik onder die waan verkeer het dat die eiser nie 'n pandreg oor die betrokke koring geniet het nie, beteken egter nie dat die ooreenkoms bewustelik op daardie grondslag aangegaan is nie. Van so iets meld die
25
gestelde saak niks nie. Gevolglik is dit nie nodig om aan dié argument verdere aandag te bestee nie.Kortom, die eiser se statutêre pandreg het nie verhinder dat die verweerder die betrokke koring regsgeldiglik aan die eiser kon verkoop nie; dit het nie verhinder dat die verweerder die eiendomsreg daarin aan die eiser kon oordra nie; en dit het die eiser ook nie qua pandhouer 'n aanspraak op die opbrengs van 'n verkoping van die pandsaak verleen nie. Geen causa vir terugbetaling van die koopsom blyk uit die gestelde saak nie.Die vraag wat aan die hof a quo gestel is, moes dus ten gunste van die verweerder besleg gewees het. Waar daar tussen die partye op al die tersaaklike feite ooreengekom is, en daardie feite geen eisoorsaak openbaar nie, moes die hof a quo vonnis ten gunste van die verweerder gegee het. Die appèl slaag met koste. Die bevel van die hof a quo word verander na vonnis vir die
26
verweerder met koste.
P M NIENABER
HOEXTER AR)E M GROSSKOPF AR)EKSTEEN AR)FRIEDMAN WAR)
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.