Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

Krisptrade 11 (Edms) Beperk v X-Pressnet (Edms) Beperk en 'n Ander (2304/2004) [2005] ZAFSHC 53 (2 June 2005)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the plaintiff failed to prove, on a balance of probabilities, that the parties reached consensus that the rental fee was R35,000 per month per vehicle. The evidence indicated that the defendants understood the fee to apply to all four vehicles collectively, and the documentation was ambiguous. The conduct of the parties, the competitive nature of the fee compared to other rental agreements, and the immediate return of the vehicles upon dispute supported the defendants' version. The absence of consensus on the essential term meant no binding contract on the terms alleged by the plaintiff.

Court disposition

Plaintiff's claim dismissed with costs.

Orders

  • The plaintiff's claim is dismissed with costs.

02

Material facts

Parties

Krisptrade 11 (Edms) Beperk

Plaintiff Counsel: Adv S J Reinders

X-Pressnet (Edms) Beperk

Defendant Counsel: Adv C A Human

Hendrik Schalk Bergh

Defendant Counsel: Adv C A Human

Amounts and remedies

  • Claimed Rental Amount: ZAR 278,724.52
  • Monthly Rental Fee (disputed): ZAR 35,000
  • Credit Facility Applied for: ZAR 150,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Trial / Judgment

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The plaintiff argued that the agreement was for the rental of four Nissan trucks at R35,000 per month per vehicle, based on a written quotation and subsequent correspondence. The plaintiff relied on the written documentation and the fact that the quotation was accepted in writing, asserting that the rental fee applied to each vehicle individually.
Respondent
The defendants contended that the rental fee of R35,000 per month was for all four vehicles collectively, not per vehicle. They argued that the documentation and communications indicated this understanding, and that the fee was competitive compared to other rental agreements. The defendants denied the existence of a written agreement specifying R35,000 per vehicle and maintained that there was no consensus on such terms.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    SKJELBREDS REDERI A/S AND OTHERS v HARTLESS (PTY) LTD 1982 (2) SA 710 (A)

    The party alleging the existence of a contract bears the burden of proving consensus on the essential terms.

  2. 02

    NAMIBIAN MINERALS CORPORATION LTD v BENGUELA CONCESSIONS LTD [1996] ZASCA 140; 1997 (2) SA 548 (A)

    Ambiguity in contract terms does not render the contract void for vagueness; extrinsic evidence and legal interpretation may be used to determine the correct meaning.

  3. 03

    Digesta 19-2-52; Wessels, Law of Contract in South Africa, Second Edition, Volume 1, paragraphs 165–171

    If parties are not ad idem on a material term, no contract is formed.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the plaintiff failed to prove, on a balance of probabilities, that the parties reached consensus that the rental fee was R35,000 per month per vehicle. The evidence indicated that the defendants understood the fee to apply to all four vehicles collectively, and the documentation was ambiguous. The conduct of the parties, the competitive nature of the fee compared to other rental agreements, and the immediate return of the vehicles upon dispute supported the defendants' version. The absence of consensus on the essential term meant no binding contract on the terms alleged by the plaintiff.

Obiter and limits

  • The court noted that ambiguity in contract terms should be resolved by reference to extrinsic evidence and the conduct of the parties.
  • The court observed that a rental fee of R35,000 per month per vehicle would have been commercially unreasonable under the circumstances.

Court disposition

Plaintiff's claim dismissed with costs.

  • The plaintiff's claim is dismissed with costs.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2005] ZAFSHC 53

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Saak Nr. : 2304/2004

In die saak tussen:

KRISPTRADE 11 (EDMS) BEPERK Eiser

en

X-PRESSNET (EDMS) BEPERK 1ste Verweerder

HENDRIK SCHALK BERGH 2de Verweerder

_____________

CORAM: BECKLEY

R

AANGEHOOR OP: 7, 10, 18 MEI 2005

UITSPRAAK: BECKLEY

R

GELEWER OP: 2 JUNIE 2005

[1] In hierdie aangeleentheid vorder die eiser van verweerder betaling van die bedrag van R278 724,52 uit hoofde van ‘n ooreenkoms ingevolge waarvan die eiser aan die verweerder vier Nissan vragmotors verhuur het. Die geskil wentel om die vraag of die huurgelde van R35 000,00 per maand ten opsigte van elk van die vragmotors beloop het en of die R35 000,00 ten opsigte van al vier voormelde vragmotors was.

[2] Die enigste getuie namens die eiser was ene Coertze, wie se getuienis tot die effek was dat hy en Bergh, die tweede verweerder asook ‘n direkteur van die verweerder, ‘n gesprek wat deur Coertze geïnisieer is, gehad het rakende die huur van toebak Nissan 8 ton vragmotors op ‘n maandelikse basis. Die gesprek is opgevolg deur ‘n kwotasie wat hy aan die verweerder gerig het op 26 Februarie 2003, waarvan die relevante passasie as volg lees:

“Quotation for hiring of vechiles (sic)

Herewith the quotation as discussed.

8 ton enclosed R35 000.00

20 000 km free

R1.80 excess kilometer rate

R1750.00 Insurance”

[3] ‘n Aantal telefoongesprekke het gevolg nadat die kwotasie ontvang is. Volgens Coertze het Bergh teruggeskakel en gevra hoeveel vragmotors beskikbaar was, waarna hy meegedeel is dat vier vragmotors beskikbaar was. Daar het klaarblyklik verdere onderhandelings tussen die partye daarop gevolg, waarna ‘n skrywe in Maart 2003 deur Coertze gestuur is aan die kantore van die verweerder te Johannesburg vir die aandag van Mnr Bill Wimpey. Die relevante passasie van dié betrokke skrywe lees as volg:

“Herewith the documentation that needs to be completed in regard to the vehicles to be hired from Krisptrade.

.......... We refer to our letter dated 26 February 2003 stipulating the pricing structure. This letter together with the aforementioned letter and other documentation send (sic) to you, will constitute the agreement...........”

[4] Kort nadat voormelde skrywe na Johannesburg gefaks is, het die tweede verweerder navraag gedoen telefonies met betrekking tot wanneer die voertuie beskikbaar sou wees, waarop hy meegedeel is dat sekere dokumente nog nie onderteken is nie. Daarop het die tweede verweerder op 19 Maart 2003 in Coertze se kantoor die uitstaande dokumente onderteken, te wete ‘n borgakte sowel as ‘n aansoek om kredietfasiliteite ten bedrae van R150 000,00. Op 28 Maart 2003 was Coertze, tesame met twee ander werknemers by die kantore van die eiser, waar die vier voertuie afgehaal is. By dieselfde geleentheid het tweede verweerder ‘n dokument getiteld “Agreement.Invoice.Delivery note” onderteken, ten opsigte van elk van die vragmotors, asook dokumente wat beskryf is as “Vehicle Damage Checklist” asook ‘n “Check Sheet”. Dit is nie ‘n geskil dat onder andere die maandelikse huurgeld van R35 000,00 per maand per voertuig nie ingevul is op die voormelde dokumente toe die tweede verweerder dit onderteken het nie. Coertze se getuienis was dat hy die betrokke dokumente voltooi het, insluitende die invul van die maandelikse huur van R35 000,00 sowel as die bedrag van R1,80 per kilometer in sy kantoor nadat tweede verweerder reeds die dokumente onderteken het.

[5] Nadat die rekeningstate ten opsigte van die eerste maand se huur van die vier vragmotors deur die verweerder by hulle hoofkantoor ontvang is, het tweede verweerder vir Coertze geskakel en hom meegedeel dat die verweerder verkeerdelik gedebiteer is, aangesien hulle vir R35 000,00 huurgeld plus BTW ten opsigte van elk van die voertuie gedebiteer is, terwyl die huurgelde van R35 000,00 plus BTW betaalbaar was ten opsigte van al vier voertuie. Coertze het daarop voorgestel dat die vier voertuie aan die eiser terugbesorg word, wat inderdaad gebeur het gedurende Mei 2003.

[6] Tydens Coertze se getuienis onder kruisondervraging blyk dit dat die vier betrokke vragmotors die enigste voertuie was wat beskikbaar was om verhuur te word. Ondanks sy getuienis dat die betrokke vragmotors voorheen en na kansellasie van die huurooreenkoms aan ‘n filiaalmaatskappy verhuur is, het hy erken dat, tydens die antwoorde wat verskaf is op ‘n kennisgewing ingevolge Hofreël 35(3) hy onder eed bevestig het dat geen skriftelike huurkontrakte of ander ooreenkomste bestaan vir die tydperk voor of na die beëindiging van die betrokke huurooreenkoms nie.

[7] Die tweede verweerder het, nadat die eiser se saak gesluit is, ten behoewe van die verweerders getuig. Sy getuienis was dat hy ‘n direkteur van die eerste verweerder was, en het getuig dat Coertze hom gedurende Februarie 2003 geskakel het en gevra of hy belangstel om vragmotors te huur, aangesien hy, Coertze, sy besigheid wil afskaal. Na aanleiding van die gesprek het Coertze voormelde faks gedateer 26 Februarie aan hom deurgestuur. Aangesien dit tydens die gesprek rakende die huur van die vragmotors duidelik gemaak is dat die eerste verweerder belangstel om vier vragmotors te huur, het hy Coertze geskakel, wat hom meegedeel het dat die bedrag van R35 000,00 huurgeld per maand van al vier vragmotors was. Toe hy die faks ontvang en dit nie duidelik blyk dat die R35 000,00 plus BTW ten opsigte van al vier vragmotors is nie, het hy Coertze geskakel om sekerheid te verkry. Coertze het te kenne gegee dat dit ‘n administratiewe fout is, waarop hy, die tweede verweerder, die syfers “4X” in sy eie handskrif aangebring het op die kwotasie, waarna hy die kwotasie deurgefaks het na hul hoofkantoor vir kennisname van ene Bill Wimpey, met ‘n aantekening op die faks wat aan Wimpey gestuur is wat as volg lees:

“Bill compare with what we have and let us know please.”

Die tweede verweerder het te kenne gegee dat hy van oordeel was dat die betrokke huurgelde mededingend was en ‘n gunstige huurtarief was, aangesien die huurgeld 20 000 kilometer vir die vier voertuie, dit wil sê 5 000 kilometer per maand per voertuig ingesluit het, wat ‘n verbetering was op die 3 500 gratis kilometers waarop hulle geregtig was in terme van ‘n ooreenkoms vir soortgelyke vragmotors met Kempston Truck Hire.

[8] Tweede verweerder het voorts bevestig dat hy teenwoordig was op 28 Maart 2003 toe die vier vragmotors in ontvangs geneem is nadat die voormelde dokumentasie onderteken is. Hy het beaam dat die “Delivery Note” geen huurgeld aangedui het nie. Ondanks die feit dat hy afskrifte ontvang het van die “Vehicle Damage Check List” sowel as die “Check Sheet”, het hy nie afskrifte ontvang van die “Agreement.Invoice.Delivery Note” ten opsigte van enige van die voertuie nie. Voorts was sy getuienis dat die reëling was dat die ooreenkomste ‘n aanvang sou neem op 1 April 2003 en dat die vier vragmotors na Johannesburg geneem is om aldaar deur die eerste verweerder gebruik te word.

[9] Ongeveer 10 Mei 2003 het hy vanaf die hoof-uitvoerende beampte van die eerste verweerder verneem dat die eerste verweerder verkeerdelik gedebiteer is teen R35 000,00 per maand per vragmotor. Toe hy Coertze daaromtrent skakel, was laasgenoemde se houding dat hy in besit was van ‘n kontrak tot daardie effek, waarop hy, die tweede verweerder, vir Coertze meegedeel het dat hy die vragmotors onmiddellik terugstuur, wat inderdaad gebeur het.

[10] Tydens kruisondervraging het hy aangedui dat die behoefte aan ‘n besondere vragmotor ‘n belangrike faktor is en dat, afhangende die behoefte, R35 000,00 per maand per voertuig nie ondenkbaar is nie. Later het hy daarop uitgebrei deur te getuig dat sodanige huurgeld gepas sou wees waarin die huurder van so ‘n vragmotor deurlopend daarmee vervoer doen byvoorbeeld tussen Johannesburg en Kaapstad, maar dit allermins was wat hy beoog het toe hy en Coertze die terme van die huurooreenkoms bespreek het.

[11] Dit, dan, was die getuienis wat aangebied was.

[12] Die vraag wat beslis moet word, is of die eiser op ‘n oorwig van waarskynlikhede aangetoon het dat die partye ooreengekom het dat die huurgelde R35 000,00 per maand per voertuig sal beloop. Ten einde dit te bewys, steun die eiser op die voormelde kwotasie en die feit dat die kwotasie op 14 Maart 2003 skriftelik aanvaar is. Daarteenoor ontken die verweerder in die pleitstukke die bestaan van ‘n geskrewe ooreenkoms. Die bewyslas rus derhalwe op die eiser om die ooreenkoms te bewys waarop hy steun. Die feit dat hy steun op ‘n geskrewe ooreenkoms, raak nie die bewyslas nie. Vergelyk die benadering van Rabie AR, soos hy destyds was, in SKJELBREDS REDERI A/S AND OTHERS v HARTLESS (PTY) LTD 1982 (2) SA 710 (A):

“The true position as to the question of onus was that the respondent bore the overall burden of showing that it is possessed of rights which entitled it to claim the attachment order: that overall onus remained on it throughout. However, since the respondent is armed with a written agreement which appeared on the face of it to confer such rights on it, the appellants bore the burden (‘weerlegginglas’) of rebutting that prima facie case.”

[13] Dit moet in gedagte gehou word dat die ooreenkoms waarop die eiser steun, dubbelsinnig is in die sin dat dit nie uitdruklik bepaal dat die bedrag van R35 000,00 betrekking het op een of vier voertuie nie. Rakende die wyse waarop ‘n dubbelsinnige of vae ooreenkoms benader moet word, som E M Grosskopf, AR, dit as volg op in NAMIBIAN MINERALS CORPORATION LTD v BENGUELA CONCESSIONS LTD [1996] ZASCA 140; 1997 (2) SA 548 (A) te 557E:

“One must distinguish between vagueness and ambiguity. If a contract can be interpreted to have two or more reasonable meanings, this would not by itself render the contract void for vagueness. The correct meaning can be determined by the use of extrinsic evidence or the process of legal interpretation.”

[14] Die getuienis rakende die terme van die ooreenkoms dui na my mening oorweldigend daarop dat die verweerder se weergawe die meer waarskynlike is, naamlik, dat die huurgeld R35 000,00 per maand plus BTW beloop het vir al vier voertuie. Die faktore wat my tot daardie gevolgtrekking noop, is die volgende:

(a) Dit blyk uit die dokumentasie wat voltooi is m.b.t. tot die kilometer afstand wat elk van die vier voertuie afgelê het gedurende die periode 23 Maart tot 28 April, d.w.s vir ‘n tydperk van 22 werksdae, dat die kilometers onderskeidelik 4 124, 5 888, 5 096 en 3 101 kilometer onderskeidelik was dus 18 209 in totaal. Voormelde kilometer afstand wat afgelê is binne die betrokke maand, is na my mening aanduidend daarvan dat die tweede verweerder bona fide onder die indruk was dat die gratis kilometers 20 000 per maand ten opsigte van al vier voertuie was, en beslis nie 20 000 gratis kilometers per maand per voertuig nie.

(b) Die inligting wat tweede verweerder deurgestuur het na sy kantore te Johannesburg, was dat die R35 000,00 plus BTW die huurgeld beloop het vir al vier vragmotors. Hy vra dan vir Wimpey om was te stel hoe daardie tariewe vergelyk met die ander soortgelyke vragmotors wat deur die eerste verweerder gehuur word, en kry dan terugvoering dat dit voorkom asof dit ‘n goeie tarief is. Inaggenome dat die verweerder op daardie stadium vanaf Kempston Truck Hire identiese voertuie gehuur het teen R10 248,00 per maand met 3 500 gratis kilometers per maand per voertuig, was die aanbod van die eiser van R8 750,00 per maand per voertuig en 5 000 gratis kilometers per maand beslis mededingend. Die huurgeld, soos die eiser beweer, van R35 000,00 per maand per voertuig, selfs met 20 000 gratis kilometers per maand, is totaal buite verhouding. Dit staaf die tweede verweerder se getuienis dat, indien hy geweet het dat die vragmotors se huurgelde R35 000,00 per maand per vragmotor beloop, dit sou neerkom op finansiële selfmoord om ‘n tussen ooreenkoms te sluit tot daardie effek.

(c) Die bedrag van R35 000,00 per maand per voertuig is totaal buite verhouding met die kwotasie van Kempston Truck Hire gedurende 29 Oktober 2002, vir die huur van “single axle truck tractor with pantech trailor” teen R35 900,00 per maand. Die tweede verweerder het daarop gewys dat die betrokke voertuig hier ter sprake ‘n reuse voertuig was wat bestaan uit ‘n aparte meganiese perd sowel as ‘n leunwa.

(d) Die tweede verweerder was deurgaans onder die indruk dat die huurgeld vir vier vragmotors was. Dit moet in gedagte gehou word dat dit gemeensaak is dat die huurgeld nie ingevul was op die afleweringsnotas toe hy die vragmotors in besit geneem het nie. Onmiddellik nadat die eerste rekening ontvang word en dit blyk dat die huurgeld R35 000,00 per maand per vragmotor beloop, het hy met Coertze in verbinding getree.

(e) Dit is moeilik om Coertze se optrede te verstaan nadat hy die oproep ontvang het vanaf die tweede verweerder dat die eerste verweerder met die verkeerde bedrae gedebiteer is t.o.v. huurgelde vir die vier vragmotors, naamlik dat hy dadelik instem dat die vragmotors teruggelewer kan word aan die eiser. Behalwe en benewens die getuienis van die tweede verweerder dat Coertze se houding was dat hy ‘n ooreenkoms gehad het op skrif tot die effek dat die huurgeld R35 000,00 per maand per voertuig beloop, is daar geen sprake daarvan dat hy gepoog het om die eerste verweerder aanspreeklik te hou vir die betaling van huurgelde teen R35 000,00 per maand per voertuig vir die oorblywende 11 maande nie, inaggenome dat die voertuie vir ‘n periode van 12 maande verhuur is.

[15] In die omstandighede meen ek dat dit nouliks gesê kan word dat die partye ad idem was rakende die huurgelde per voertuig per maand en dat daar sekerlik nie konsensus was dat die huurgelde R35 000,00 per maand per voertuig beloop het, soos die eiser beweer nie. Vergelyk in die verband

Digesta 19-2-52:

“If I let you lands for 10, but you think you are hiring for 5, there is no contract.” (De Zulueta vertaling)

Vergelyk ook die voorbeelde uiteengesit in Wessels, Law of Contract in South Africa, Tweede Uitgawe Volume 1 paragrawe 165 – 171.

[16] In die omstandighede is die bevinding onafwendbaar dat die eiser hom nie van sy bewyslas gekwyt het om aan te toon dat die partye ad idem was en dat daar konsensus bereik is dat die huurgeld R35 000,00 per maand per voertuig beloop het nie. Dit volg derhalwe dat die eiser se vordering nie kan slaag nie.

[17] Derhalwe word die eiser se vordering afgewys met koste.

___

A.P. BECKLEY, R

Namens die eiser: Adv S J Reinders

In opdrag van:

Symington & De Kok

BLOEMFONTEIN

Namens die verweerders: Adv C A Human

In opdrag van:

Bezuidenhouts & Milton Earle Ingelyf

/sp

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

SKJELBREDS REDERI A/S AND OTHERS v HARTLESS (PTY) LTD 1982 (2) SA 710 (A)

Case cited

NAMIBIAN MINERALS CORPORATION LTD v BENGUELA CONCESSIONS LTD [1996] ZASCA 140; 1997 (2) SA 548 (A)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.