Land- en Landboubank van Suid-Afrika v Groenewaldt and Others (1184/02) [2003] ZANCHC 29 (7 March 2003)
The court found that the plaintiff cannot claim further payment under the special notarial bond, as only 178 of the 400 merino rams were recovered and the proceeds already paid to the plaintiff. However, the statutory security created by section 34 of the repealed Land Bank Act remained valid during the two-year...
Source-derived case information.
- Citation
- [2003] ZANCHC 29
- Parties
- Plaintiff: Land- en Landboubank van Suid-Afrika; Defendant: Stephen James Groenewaldt N.O.; Defendant: Marthinus Christoffel Botha N.O.; Defendant: Meester van die Hooggeregshof
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 1184/02
- Procedural Posture
- Civil Trial / Exception to Particulars of Claim
- Outcome
- Exception dismissed; leave granted to amend particulars of claim.
- Judges
- Majiedt R
- Legal Topics
- Preferent Claims in Insolvency, Statutory Security Rights, Exception to Particulars of Claim, Constitutional Invalidity, Amendment of Pleadings
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Land- en Landboubank van Suid-Afrika
Plaintiff
Stephen James Groenewaldt N.O.
Defendant
Marthinus Christoffel Botha N.O.
Defendant
Meester van die Hooggeregshof
Defendant
Procedural Posture
Civil Trial / Exception to Particulars of Claim
Legal Issues
- 1 Whether the plaintiff is entitled to a further payment from the insolvent estate under the special notarial bond, given that only 178 of the 400 merino rams were recovered and the proceeds already paid to the plaintiff.
- 2 Whether the plaintiff enjoys a preferent claim in the insolvent estate under section 34 of the repealed Land Bank Act, despite its constitutional invalidity.
Ratio Decidendi
The court found that the plaintiff cannot claim further payment under the special notarial bond, as only 178 of the 400 merino rams were recovered and the proceeds already paid to the plaintiff. However, the statutory security created by section 34 of the repealed Land Bank Act remained valid during the two-year suspension of the invalidity order by the Constitutional Court, and the new Act preserved rights lawfully acquired under the repealed Act. The exception that the particulars of claim disclosed no cause of action was dismissed, but the court held that the particulars were vague and confusing, as the plaintiff pleaded two separate and independent causes of action as if they were...
Court Disposition
Exception dismissed; leave granted to amend particulars of claim.
Orders
- The defendants' exception that the plaintiff's particulars of claim disclose no cause of action is dismissed.
- The plaintiff is granted leave to amend its particulars of claim within 15 days from the date of this order to properly formulate the causes of action.
Full Case Text
Judgment text and source record
59 paragraphs
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: 1184/02
Datum Verhoor: 2003-02-28
Datum Gelewer: 2003-03-07
In die saak van:
Land- en Landboubank van Suid-Afrika Eiser
versus
Stephen James Groenewaldt N.O. 1 ste Verweerder
Marthinus Christoffel Botha N.O. 2 de Verweerder
Meester van die Hooggeregshof 3 de Verweerder
Coram: MAJIEDT R
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Die verweerders teken eksepsie aan teen die eiser se dagvaarding dat dit geen eisoorsaak openbaar nie.
Die eiser nader in sy dagvaarding hierdie Hof vir ân verklarende bevel :-
dat dit uit hoofde van ân spesiale notariële verband saamgelees met artikel 34 van die nou herroepe Landbankwet (Wet 13 van 1944, hierna verwys as die âLandbankwetâ), ân preferente eis het en geregtig is op die totale oorskot van die boedel van die insolvent tot die geheel van die omvang van die eiser se eis teen die insolvent ten tyde van insolvensie;
dat die kurators gelas word om die likwidasie en distribusierekening in die boedel van die insolvent reg te stel sodat die regsposisie hierinvantevore uiteengesit in paragraaf (a) weergegee word.
Die agtergrondfeite wat die eiser se voormelde eis onderlê kan as volg opgesom word:
3.1 Die eiser het aan die insolvent, ene Victor Halman Kock (hierna verwys as âdie insolventâ), ân voorskot verskaf ingevolge die bepalings vervat in art. 34 van die Landbankwet ten bedrae van R52787.70.
3.2 Op 16 Maart 1996 is ân spesiale notariële verband kragtens die Wet op Sekerheidstelling deur middel van Roerende Goed van 1993 deur die Landbank geregistreer oor sekere roerende bates van die insolvent, te wete 400 merino hamels. Die voormelde spesiale notariële verband is geregistreer ter versekering van die voorskot vermeld in 3.1 hierbo.
3.3 Op 8 Desember 1999 is die insolvent gesekwestreer deur hierdie hof en is die eerste en tweede verweerders as gesamentlike kuratore aangestel om die insolvent se boedel te beredder.
3.4 Ten tyde van die voormelde insolvensie van die insolvent was hy aan die eiser die bedrag van R81 513.21 tesame met rente daarop teen 17% per jaar maandeliks gekapitaliseer vanaf 31 Desember 2000 verskuldig.
3.5 Op 17 Januarie 2001 het die eiser die tweede verweerder skriftelik in kennis gestel van die voormelde eis teen die insolvente boedel sowel as van die bestaan van die spesiale notariële verband oor die 400 hamels.
3.6 Die eerste en tweede verweerders het ân likwidasie en distribusierekening opgestel in die insolvente boedel, maar het nie daarin voorsiening gemaak daarvoor dat die eiser ân preferente eis het oor die totale vrye oorskot van die boedel vir die totaal van eiser se eis teen die insolvent nie.
3.7 Dit is die eiser se saak dat hy uit hoofde van die spesiale notariële verband voormeld saamgelees met art. 34 van die Landbankwet ân preferente eis het ten opsigte van die totale vrye oorskot van die boedel van die insolvent tot die volle bedrag deur die insolvent aan die eiser verskuldig ten tyde van die insolvensie.
3.8 Dit is gemeensaak hierin dat die kurators (eerste en tweede verweerders) slegs 178 van die merino hamels kon opspoor en dat die opbrengs daarvan, nadat ân verkoping gehou is, aan die eiser oorbetaal is. Dit is nie duidelik op die stukke wat die balans van die verskuldigde bedrag beloop nadat die voormelde oorbetaling aan die eiser gemaak is nie.
Wat dus primêr beregting hierin verg is die volgende aspekte:
4.1 Of die eiser enigsins geregtig is op verdere betalings van die eerste en tweede verweerders uit hoofde van die spesiale notariële verband, gegewe die feit dat slegs 178 merino hamels opgespoor is, die opbrengs waarvan alreeds oorbetaal is aan die eiser; en
4.2 Of die eiser uit hoofde van die bepalings van art 34 van die Landbankwet ân preferente eis geniet in die insolvente boedel.
Dit is gerieflik om eers te handel met die eerste aspek ten aansien van die spesiale notariële verband. Meneer Botha, wat namens die eiser verskyn, het in sy betoog uiteindelik toegegee dat aangesien die spesiale notariële verband pertinent van toepassing gemaak is op 400 merino hamels en daar slegs 178 daarvan opgespoor kon word deur die eerste en tweede verweerders, die opbrengs waarvan alreeds oorbetaal is aan die eiser, laasgenoemde geen verdere eis kan hê uit hoofde van die spesiale notariële verband nie. Ek meen dat hierdie ân juiste toegewing is en is dit gevolglik nie nodig om enigsins verder daarmee te handel nie, behalwe om te bevind dat die verweerders se eksepsie tot dié beperkte mate meriete het.
Al wat oorbly vir beregting hierin is die kwessie van art. 34 van die Landbankwet. Dit is gemeensaak tussen die partye dat, op die stadium toe die tweede verweerder in kennis gestel is van die eiser se eis teen die boedel, d.w.s. op 17 Januarie 2001, en ook op die stadium toe die likwidasie en distribusierekening opgestel is vir die insolvente boedel, die bepalings van onder andere art. 34 van die Landbankwet ongrondwetlik verklaar is deur die Grondwetlike Hof, maar die inwerkingtreding daarvan is opgeskort vir ân tydperk van twee jaar vanaf 9 Junie 2000 tot 8 Junie 2002.
In First National Bank of South Africa Ltd v Land and Agricultural Bank of South Africa and others; Sheard v Land and Agricultural Bank of South Africa and another 2000(3) SA 626 (CC) het hierdie ongrondwetlikverklaring en opskorting plaasgevind. In die voormelde gewysde het Mokgoro R in navolging van haar beslissing in die aangeleentheid van Chief Lesapo v North West Agricultural Bank and another 2000(1) SA 409 (CC) bevind dat art. 34 van die Landbankwet ongrondwetlik is, aangesien dit inbreuk maak op die grondwetlike reg van toegang tot ân geregshof om ân geskil te besleg (art. 34 van die Grondwet). Van belang in die First National Bank-uitspraak is die bevinding dat dit nie onredelik sal wees in die lig van die openbare belang nie dat die Landbank se bestaande statutêre sekuriteit uit hoofde van die bepalings van art. 34(5) saamgelees met art. 34(3)(b) behoue bly deur die bevel van ongeldigverklaring op te skort vir twee jaar â sien paragraaf 11, bladsy 631 F â 632 B van die uitspraak.
Die effek van die voormelde uitspraak is derhalwe dat vir die twee jaar van opskorting die Landbank se statutêre sekuriteit steeds van krag bly. Die rede daarvoor is, soos voorgehou deur Mokgoro R, om die Bank se belange te beskerm aangesien art. 34 primêr aangewend is om onkredietwaardige of minder kredietwaardige boere van ongesekureerde lenings te voorsien. Deur nie dié statutêre sekuriteit te behou nie, sou die Bank noodwendig sy rentekoerse drasties moes verhoog of toekomstige aansoeke vir art. 34 voorskotte net eenvoudig voor die voet van die hand moes wys.
Sien verder in hierdie verband: Jazbhay âSales in Execution Sans Recourse to Courtâ, De Rebus September 2000 te 43.;
C.G. van der Merwe & J.M. Pienaar âSecurity in terms of Land Bank Provisionsâ, Annual Survey of South African Law, 2000, te 392.
Janse van Rensburg N.O. v Land & Landboubank [2003] 1 All SA 223 (T) te 232 a-d.
Meneer Titus, wat namens die verweerders verskyn, het aangevoer dat die eiser hom nie op dié bepalings kan herroep nie omdat die betrokke art. 34 juis ongrondwetlik verklaar is deur die Grondwetlike Hof. Hierdie argument verloor natuurlik buite die oog dat die ongeldigverklaring juis opgeskort is vir twee jaar ten einde die Landbank se statutêre sekuriteit in plek te hou. ân Verdere aspek wat in ag geneem moet word, is dat art. 52 van die nuwe wet wat die Landbankwet herroep het, naamlik die Wet op die Land- en Landbou-ontwikkelingsbank, No. 15 van 2002, pertinent in art. 52(1) bepaal as volg:
âEnigiets wat wettiglik gedoen is ingevolge die Landbankwet, 1944 (Wet 13 van 1944), hou aan om geldig te wees en om volledig van krag te wees ten spyte van die herroeping van daardie Wet deur artikel 50 en enige regulasies uitgevaardig ingevolge daardie Wet bly van krag totdat dit ingevolge artikel 46 van hierdie Wet herroep word.â
(Ek moet hier uitwys dat die verwysing na artikel 50 verkeerd is â dit moet artikel 53 wees. Die Engelse teks is deur die Staatspresident onderteken en bevat die korrekte bepaling).
Uit hoofde van die voorafgaande is ek dus tevrede dat daar geen meriete is in die eksepsie dat die eiser se dagvaarding nie ân eisoorsaak openbaar nie. Wat egter wel vasstaan en wat uiteindelik tot ân mate aldus toegegee is deur mnr. Botha, is dat die dagvaarding se besonderhede van vordering beswaarlik ân model van elegansie en van duidelikheid is. Ek meen dat die besonderhede van eiser se eis so onduidelik gepleit is dat dit tot ân groot mate vaag en verwarrend voorkom. Soos blyk uit die voormelde bespreking is die eiser se eis eintlik op twee aparte en onafhanklike eisoorsake gebaseer (die vraag of daar meriete in albei steek word vir die oomblik buite rekening gelaat), naamlik eerstens ân vordering ingevolge ân spesiale notariële verband en tweedens ân vordering uit hoofde van die statutêre sekuriteit geskep in art. 34 van die nou herroepe Landbankwet. Beide van hierdie eise, indien dit regtens gefundeerd is, kom natuurlik daarop neer dat die eiser ân preferente eis sou hê teen die insolvent en sy boedel. Soos dit op die pleitstukke staan egter, pleit die eiser dit asof die twee met mekaar saamhang (vergelyk paragraaf 12 van die dagvaarding sowel as smeekbede 1 daarvan). Verder meen ek dat die eiser duidelik moes pleit dat hy steun op art. 34 se bepalings wat van krag gebly het ten spyte van die ongeldigverklaring daarvan deur die Grondwetlike Hof.
Hierdie voormelde is aspekte wat ek meen reggestel behoort te word en is die eiser se dagvaarding na my mening vaag en verwarrend. Ek is van voorneme om die eiser geleentheid te bied om die pleitstuk se tekortkominge reg te stel. Ek meen dat dit behoort te geskied aangesien die verweerders potensieel benadeel kan word indien dit nie reggestel word nie.
Sien in hierdie verband: Levitan v New Haven Holiday Enterprises CC 1991(2) SA 297 (C) te 298 A.
Wat koste aanbetref is dit duidelik dat die verweerders onsuksesvol was in hul eksepsie. Daarmee saam egter moet in ag geneem word dat die eiser se dagvaarding vaag en verwarrend gepleit is en meen ek dat om dié redes daar geen kostebevel uitgereik behoort te word nie.
Gevolglik reik ek die volgende bevel uit:
Die verweerders se eksepsie dat die eiser se dagvaarding nie ân eisoorsaak openbaar nie, word afgewys.
Die eiser word verlof verleen om binne 15 (vyftien) dae vanaf datum van hierdie bevel sy besonderhede van vordering te wysig deur die eisoorsake behoorlik te formuleer.
___________
SA MAJIEDT
REGTER
ADVOKAAT NAMENS EISER : ADV CH BOTHA
ADVOKAAT NAMENS VERWEERDER : MNR B TITUS
PROKUREUR NAMENS EISER : ENGELSMAN, BENADE & VD WALT
PROKUREUR NAMENS VERWEERDER : VAN WYK PROKUREURS
DATUM VAN VERHOOR : 28 Februarie 2003
DATUM VAN UITSPRAAK : 7 Maart 2003