Land & Landbou Ontwikkelingsbank van SA h/a Die Landbank v Van Der Merwe en 'n Ander (18328/02) [2007] ZAGPHC 143 (3 August 2007)
The court found that the first defendant was not a shareholder or director of Waterval at the time he signed the suretyships, despite his belief to the contrary. The acts of signing suretyships were not performed in the ordinary course of his business or profession as a farm manager, and thus the exemption in...
Source-derived case information.
- Citation
- [2007] ZAGPHC 143
- Parties
- Plaintiff: Land & Landbou Ontwikkelingsbank van S.A. h/a Die Landbank; Defendant: L. Van Der Merwe; Defendant: C. Van Der Merwe
- Court
- High Courts - Gauteng
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 18328/02
- Procedural Posture
- Civil Trial / Judgment
- Outcome
- Plaintiff's claim dismissed with costs.
- Judges
- B R Du Plessis
- Legal Topics
- Marital Property Regime, Suretyship, Invalidity of Contract, Written Consent Requirement
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Land & Landbou Ontwikkelingsbank van S.A. h/a Die Landbank
Plaintiff
L. Van Der Merwe
Defendant
C. Van Der Merwe
Defendant
Procedural Posture
Civil Trial / Judgment
Legal Issues
- 1 Whether the suretyship signed by the first defendant without the written consent of his spouse is valid under section 15(2)(h) of the Matrimonial Property Act.
- 2 Whether the first defendant acted in the ordinary course of his business or profession when signing the suretyship, thereby exempting the transaction from the written consent requirement under section 15(6).
- 3 Whether estoppel or section 214 of the Companies Act could validate the suretyship despite non-compliance with statutory requirements.
Ratio Decidendi
The court found that the first defendant was not a shareholder or director of Waterval at the time he signed the suretyships, despite his belief to the contrary. The acts of signing suretyships were not performed in the ordinary course of his business or profession as a farm manager, and thus the exemption in section 15(6) of the Matrimonial Property Act did not apply. The lack of written consent from his spouse rendered the suretyships void under section 15(2)(h). Estoppel could not cure the invalidity, nor could section 214 of the Companies Act, as the first defendant was not in fact a director. The plaintiff failed to prove that the requirements of section 15(9)(a) were met....
Court Disposition
Plaintiff's claim dismissed with costs.
Orders
- The plaintiff's claim is dismissed with costs.
Full Case Text
Judgment text and source record
243 paragraphs
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING
Saaknommer: 18328/02 Datum aangehoor: 31/05/2007
Datum van uitspraak: 03/08/2007
ONRAPORTEERBAAR
In die saak tussen:
Land- & Landbou Ontwikkelingsbank van S.A.
h/a Die landbank
EISER
en
L. Van Der Merwe
1ste VERWEERDER
C. Van Der Merwe
2de VERWEERDER
UITSPRAAK
DU PLESSIS R:
Die eiser het op 22 Julie 1998 twee ooreenkomste met Waterval
Boerdery (Edms) Bpk ("Waterval") aangegaan. Ingevolge elkeen van die
ooreenkomste het die eiser aan Waterval 'n bedrag geld geleen. Op dieselfde
datum het die eerste verweerder twee borgaktes onderteken ingevolge waarvan
hy voorgegee het om homself te verbind as borg en medehoofskuldenaar vir
2
Waterval se verpligtinge ingevolge elkeen van die gemelde ooreenkomste. Die
eerste verweerder is binne gemeenskap van goed met die tweede verweerderes
getroud.
Die derde verweerder, wat binne gemeenskap van goed met die vierde
verweerderes getroud was, het hom ook as borg vir Waterval se verpligtinge
verbind. Omdat Waterval versuim het om sy verpligtinge ingevolge elkeen van
die ooreenkomste na te kom, het die eiser die verweerders vir terugbetaling van
die lenings aangespreek.
Die derde verweerder is oorlede en die eiser het nie met die aksie teen
ham en die vierde verweerderes voortgegaan nie. Hierdie uitspraak hande! dus
slegs met die geding tussen die eiser aan die een kant en die eerste en tweede
verweerders aan die anderkant.
Dit is gemeensaak dat Waterval, wat intussen gelikwideer is, nog R444
641.11 aan die eiser verskuldig is. Trouens, die enigste oorblywende geskilpunt
tussen die partye is of die eerste verweerder, toe hy die twee borgstellings
geteken het, in die gewone loop van sy besigheid of bedryf opgetree het. Hierdie
geskilpunt spruit voort uit die bepalings van artikel 15 van die Wet op
Huweliksgoedere, 88 van 1984 (die Wet) wat ek vervolgens behandel.
3
Artikel 15(2)(h) van die Wet bepaal dat 'n gade wat binne gemeenskap
van goed getroud is, "mag nie sonder die skriftelike toestemming van die ander
gade ... hom as borg verbind nie." Dit is gemeensaak dat die tweede
verweerderes nie sodanige skriftelike toestemming gegee het nie. 'n Borgstelling
wat teenstrydig met artikel 15(2)(h) gegee is, is nietig (Amalgamated Banks of
SA Bpk v Lydenburg Passasiersdienste Bk en Andere 1995 (3) SA 314 (T)).
Artikel 15(6) van die Wet bepaal egter:
"Die bepalings van paragrawe (b), (c), ( f), (g) en (h) van subartikel (2) is
nie van toepassing nie waar 'n handeling in daardie paragrawe beoog
deur 'n gade in die gewone loop van sy beroep, bedryf of besigheid verrig
word."
!n sy besonderhede van vordering beweer die eiser dat die eerste verweerder,
toe hy die borgstellings geteken het, "in die gewone loop van sy besigheid of
bedryf opgetree het". Die verweerders ontken dit.
Die partye het by ooreenkoms 'n bundel dokumente, Bewysstuk A,
ingehandig. Nadat die bundel opgehandig is, is ek meegedeel wat die uitstaande
balans is en dat die enigste geskilpunt die een is waarna ek verwys het. Die
eiser het toe sy saak gesluit. Slegs die eerste verweerder het getuienis afgelê.
Die tweede verweerderes het haar saak gesluit sonder om getuienis aan te bied.
Die eerste verweerder wat, soos sy gade, nie regsverteenwoordig was
nie, het sy getuienis aan die hand van 'n skriftelike voorlegging, Bewysstuk B,
4
afgelê. Teen hierdie ongewone prosedure het mnr Vermeulen namens die eiser
nie beswaar gehad nie. Hy was die eerste verweerder trouens van hulp deur self
die dokument in die oorkonde in te lees en die eerste verweerder het dit daarna
bevestig. Die hof is aan mnr Vermeulen dank verskuldig vir sy hulp in hierdie
verband.
Die eerste verweerder het getuig dat hy van 1992 af vir Waterval as
plaasbestuurder gewerk het. Die persoon in beheer van die maatskappy was
wyle die derde verweerder (Sakata). Voor 1992 het die eerste verweerder vir 'n
ander maatskappy in dieselfde stal gewerk. Teen die einde van die negentigs
het Sakata, as gevolg van die eerste verweerder se lang verbintenis met die
maatskappy, aangebied om 50% van die aande!e in die maatskappy aan die
eerste verweerder oor te dra. Die aanbod was voorts dat die eerste verweerder
'n direkteur van die maatskappy sou word. Die eerste verweerder het die
aanbod aanvaar.
Alhoewel hy nooit van die maatskappy se ouditeur skriftelike bewys van sy
aandeelhouding en direkteurskap gekry het nie, het die eerste verweerder
Sakota se woord daarvoor aanvaar. Die eerste verweerder se funksie was
deurgaans om die plaas te bestuur. As aankope gemaak moes word, het hy dit
aan Sakota gemotiveer, en die het dan die nodige finansiële reëlings getref. Die
eerste verweerder het nie by die finansies van die maatskappy betrokke geraak
nie, en het trouens nie insae daarin gehad nie.
5
Die maatskappy, wat saaiboerdery bedryf het, het die finansiering van die
eiser nodig gehad vir oes insetkoste en vir spilpunt besproeiing. Sakota het op
daardie stadium vir die eerste verweerder gesê dat as hy (eerste verweerder) nie
"by die Landbank teken nie", dit die voortsetting van die boerdery in die gedrang
sou bring. Die eerste verweerder is toe saam met Sakota Landbank toe waar hy
verskeie dokumente ter verkryging van die lening geteken het, insluitende die
borgaktes. Op daardie stadium was die eerste verweerder onder die indruk dat
hy 'n aandeelhouer en direkteur van Waterval is. Uit die dokumente wat hy
geteken het, blyk dit duidelik dat die eerste verweerder só gedink het en dit ook
s6 aan die eiser voorgestel het.
Kort nadat die lenings toegestaan is, is Sakota oorlede. Sy seun, wat die
eksekuteur in die boedel was, het, sonder om die eerste verweerder daarin te
ken, die maatskappy in likwidasie geplaas. Dit is nie preseis duidelik wanneer
nie, maar later, teen omtrent 2000, het die eerste verweerder uitgevind dat geen
aandele ooit aan hom oorgedra is nie, en dat hy nooit as direkteur van Waterval
aangestel is nie.
Mnr Vermeulen het, tereg na my oordeel, nie aangevoer dat die eerste
verweerder nie geglo kan word nie. Dit staan vas dat geen aandele
oordragvorms geteken is om aandele aan die eerste verweerder oor te dra nie,
dat geen aandelesertifikaat aan hom uitgereik is nie en dat hy nooit in die
6
maatskappy se rekords as aandeelhouer aangetoon is nie. Dit staan voorts vas
dat hy nooit as direkteur van die maatskappy aangestel is nie. Dit staan ook vas
dat, toe hy die borgstelling geteken het, hy werklik gedink het hy is 'n
aandeelhouer en 'n direkteur van Waterval. Ter verkryging van die lenings het
die eerste verweerder verskeie dokumente geteken waarop hy voorgegee het dat
hy 'n aandeelhouer en direkteur van Waterval is. Daardeur het hy, onskuldig,
aan die eiser voorgegee dat hy 'n aandeelhouer en direkteur van die maatskappy
is.
Mnr Vermeulen met verwysing na Botha v Fick [1994] ZASCA 184; 1995 (2) SA 750 (A)
betoog dat, deur Sakota se aanbod te aanvaar, het die eerste verweerder 'n
aandeelhouer van Waterval geword ten spyte daarvan dat formaliteite em hom
aandeelhouer te maak nie uitgevoer is nie. Dit blyk uit die gemelde beslissing
dat 'n aandeel in 'n maatskappy uit 'n versameling van vorderingsregte teen die
maatskappy bestaan. As sodanig word 'n aandeel by wyse van sessie van een
houer na die volgende oorgedra. Sessie is 'n oordragsooreenkoms waaruit die
bedoeling van die sedent om die vorderingsreg oor te dra en die van die
sessionaris om die reghebbende te word, blyk. Vir 'n geldige sessie moet daar 'n
iusta causa wees. Die iusta causa kan 'n verbintenisskeppende ooreenkoms
wees wat met die sessie kan saamval of dit vooraf kan gaan (742A tot C). Vir 'n
geldige sessie van die vorderingsregte waaruit 'n aandeel in 'n maatskappy
bestaan, is 'n blote sessie-ooreenkoms voldoende. Lewering van 'n
aandelesertifikaat, die lewering van 'n getekende aandeleoordragvorm en 'n
7
aantekening in die maatskappy se rekords is nie voorvereistes vir 'n geldige
sessie nie (bl 78F tot I).
Die beslissing in Botha v Fick help die eiser egter na my oordeel nie. In
die eerste plek is daar geen getuienis dat Sakota inderdaad in staat was om 50%
van die aandele in Waterval aan die eerste verweerder oor te dra nie. Tweedens
is daar geen getuienis dat die twee partye inderdaad bedoel het dat hulle
verbintenisskeppende ooreenkoms terselfdertyd 'n oordragsooreenkoms daar
moet stel nie. Inteendeel, uit die eerste verweerder se getuienis kan afgelei word
dat ten minste hy verwag het dat die aandele eers syne sou word as hy as
sodanig in die maatskappy se rekords geregistreer is. Derdens het Sakota se
seun, na sy vader se dood, klaarblyklik ook nie gemeen dat die eerste
verweerder 'n aandeelhouer in Waterval is nie. Kortom, alhoewel Sakota en die
eerste verweerder se verbintenisskeppende ooreenkoms terselfdertyd 'n
oordragsooreenkoms sou kon bevat, is daar nie getuienis dat dit gebeur het nie.
Ek kom dus tot die gevolgtrekking dat die eerste verweerder inderdaad nie 'n
aandeelhouer van Waterval was nie.
In 'n repliek tot die eerste verweerder se pleit voer die eiser aan dat die
eerste verweerder, vanweë artikel 214 van die Maatskappyewet, 61 van 1973,
wel geldiglik as direkteur van Waterval gehandel het. Soos ek mnr Vermeulen
verstaan het, het hy nie daarop gesteun nie en ek behandel die punt dus net
kortliks. Artikel 214 bepaal:
8
"Die handelinge van 'n direkteur van 'n maatskappy is geldig
nieteenstaande 'n gebrek wat agterna in sy aanstelling of kwalifikasie
ontdek word."
Die eerste verweerder was nie 'n direkteur in wie se aanstelling of kwalifikasie
daar 'n gebrek was nie: hy was glad nie 'n direkteur nie. Bowendien handel
artikel 214 met die geldigheid van handelinge wat namens die maatskappy verrig
word. Hierdie saak handel nie met 'n handeling wat die eerste verweerder
namens die maatskappy verrig het nie maar met die feitevraag of hy 'n direkteur
was toe hy in sy persoonlike hoedanigheid borg geteken het.
In die repliek het die eiser ook aangevoer dat die eerste verweerder estop
is om te beweer dat hy nie 'n aandeelhouer en direkteur van Waterval was nie.
Ek het nie verstaan dat mnr Vermeulen met oortuiging op estoppel gesteun het
nie. Vir drie redes kan 'n beroep op estoppel nie in hierdie geval slaag nie.
Eerstens, die eiser se beroep op estoppel kan hoogstens die effek hê dat die
eerste verweerder verhoed word om hom daarop te beroep dat hy inderdaad nie
'n direkteur en aandeelhouer van Waterval was nie. Estoppel kan nie die effek
hê om die eerste verweerder se wanvoorstelling waar te maak nie. Anders
gestel, die eerste verweerder was nie 'n direkteur en aandeelhouer van Waterval
nie, en estoppel kan daaraan niks verander nie. Teenoor die tweede
verweerderes kan die eiser dus nie aanvoer dat die eerste verweerder inderdaad
'n aandeelhouer en direkteur van Waterval was en s6 estoppel as skuldoorsaak
teen die verweerders se gemeenskaplike boedel aanwend nie (Vgl. LAWSA, vol.
9
9 paragraaf 652). Tweedens, ek het reeds daarop gewys dat 'n borgstelling wat
strydig met art. 15(2)(h) aangegaan is, nietig is. Die eiser kan nie met 'n beroep
op estoppel lewe in 'n ongeldige borgstelling blaas nie (Vgl. LAWSA, vol. 9 para.
674). Derdens, alhoewel daar nie heeltemal sekerheid in ons reg is nie, meen ek
dat die eiser in hierdie geval vir 'n geslaagde beroep op estoppel moes bewys
het dat die eerste verweerder se waanvoorstelling nalatig was (IPF Nominees
(Pty) Ltd v Nedcor Bank Ltd 2002 (5) SA 101 (W) op 1221 tot 123A. Vgl. egter
ook LAWSA, vol. 9 para. 666). Dit het die eiser nie bewys nie.
Die vraag is dus of die eerste verweerder, wat te goeder trou gemeen het
hy is 'n aandeelhouer en direkteur van Waterval, in die gewone loop van sy
besigheid of bedryf opgetree het toe hy die borgstelling geteken het. In
Amalgamated Banks of SA Bpk v De Goede en 'n Ander 1997 (4) SA 66
(HHA) ("die ABSA-saak") het die Hoogste Hof van Appel die bepalings van
artikels 15(2)(h) en 15(6) van die Wet oorweeg. In die meerderheidsuitspraak
het FH Grosskopf AR eerstens oorweeg of die betrokke handelinge (om borg te
stel) in die loop van die borge se beroep, bedryf of besigheid verrig is. Nadat
bevind is dat die borge in daardie saak in die loop van hulle besigheid opgetree
het, het die geleerde regter tweedens oorweeg of die handeling in die gewone
loop van daardie besigheid verrig is. Daar is bevind dat die hof die vraag of 'n
handeling in die gewone loop van besigheid verrig is, objektief moet benader en
moet besluit of die handeling een is wat besigheidsmense normaalweg in die
omstandighede sal verrig (bl. 771 tot 780).
10
Toe hy die borgstelling geteken het, was die eerste verweerder se beroep
of bedryf die van plaasbestuurder. Dit is nie normaalweg deel van 'n
plaasbestuurder se beroep of bedryf om vir sy werkgewer se verpligtinge borg te
teken nie. Mnr Vermeulen het, tereg na my mening, nie betoog dat die eerste
verweerder in die gewone loop van sy bedryf gehandel het toe hy die borgstelling
geteken het nie.
In die ABSA-saak (supra) het twee lede van 'n beslote korporasie borg
gestaan vir bedryfskulde van die korporasie. Die betrokke lede het
minderheidsbelange gehou en het nie daadwerklik aan die korporasie se bestuur
deelgeneem nie. Hulle het elkeen 'n ander voltydse beroep gehad. Die
meerderheid van die hof het bevind dat hulle in die gewone loop van hulle
besigheid borg gestaan het. Dit is so, was die redenasie, omdat die lede regtens
op gelyke voet met die ander lede aan die bestuur van die korporasie kon
deelneem en omdat hulle deur middel van die korporasie besigheid gedryf het al
het hulle ander beroepe beoefen.
Ek aanvaar, gegrond op die redes vir die Absa beslissing, dat dit deel van
die besigheid van 'n 50% aandeelhouer en direkteur van 'n privaatmaatskappy is
om berg te staan vir die maatskappy se bedryfskulde. Ek aanvaar voorts dat só
'n direkteur en aandeelhouer in die gewone loop van sy besigheid optree
wanneer hy so borg staan. Waar, soos in hierdie geval, die borg dink hy is 'n
11
direkteur en 50% aandeelhouer maar dit nie is nie, het hy geen werklike belang
by die maatskappy se besigheid nie. Hy het geen reg om in die maatskappy se
wins te deel nie en hy kan nie aan die bestuur daarvan deelneem nie. Dit is nie
deel van so 'n persoon se besigheid om vir die maatskappy se skuld borg te
staan nie. Objektief beskou tree so 'n persoon nie in die gewone loop van sy
besigheid op as hy borg staan vir 'n maatskappy waarin hy in werklikheid geen
belang het 3nie.
Artikel 15(9)(a) van die Wet bepaal:
"Wanneer 'n gade in stryd met die bepalings van subartikel (2) of (3) van
hierdie artikel... 'n transaksie met 'n persoon aangaan en ... die persoon
nie wee! en redelikerwys kan weet dat die transaksie in stryd met daardie
bepalings ... aangegaan word nie, word daar geag dat die betrokke
transaksie aangegaan is met die toestemming wat ingevolge genoemde
subartikel (2) of (3) vereis word,,, ."
Die eiser het nie in die pleitstukke of in betoog aangevoer dat artikel 15(9)(a) op
die feite van hierdie saak van toe passing is nie. Volledigheidshalwe wys ek
daarop dat daar geen getuienis is dat die eiser nie geweet het of redelikerwys
kon geweet het dat die eerste verweerder in stryd met artikel 15(2)(h) handel nie.
Gevolglik is die borgakte wat die eerste verweerder vir die skulde van
Waterval geteken het nietig en onafdwingbaar.
12
Die eiser se eis word van die hand gewys met koste.
B. R. DU PLESSIS
Regter van die Hooggeregshof
Eiser se Prokureur: Stroh Coetzee / Hugo van Heerder 0123626506
Verweerder se Prokureur: In Persoon