Links v S (A218/12) [2012] ZAWCHC 334 (19 October 2012)
- Citation
- [2012] ZAWCHC 334
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Panel
- Gamble, Traverso
- Case number
- A218/12
More details
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Panel
- Gamble, Traverso
- Case number
- A218/12
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the appellant, given his extensive experience as a second-hand car dealer, should have taken reasonable steps to verify the legitimacy of the vehicle and its documentation. The discrepancies in the registration and VIN numbers, the lack of credible information about the seller, and the suspicious circumstances surrounding the vehicle's acquisition rendered the appellant's version improbable. The court held that the appellant must have foreseen the possibility that the vehicle was stolen and reconciled himself to that risk, thus satisfying the requirements for dolus eventualis. The conviction for theft was therefore upheld. However, the court found that the sentence imposed by the trial court was unduly harsh given the appellant's personal circumstances, lack of prior convictions, and the fact that the vehicle was returned to the complainant. The sentence was substituted with a wholly suspended term of imprisonment.
Court disposition
Appeal against conviction dismissed; appeal against sentence upheld.
Orders
- The appeal against conviction is dismissed and the conviction is confirmed.
- The appeal against sentence succeeds. The sentence imposed by the trial court is set aside and replaced with five years' imprisonment, wholly suspended for five years on condition that the accused is not convicted of theft, receiving stolen property knowing it to be stolen, or contravention of sections 36 or 37 of the General Law Amendment Act 62 of 1955 during the period of suspension.
02
Material facts
Parties
Bernard Links
AppellantThe State
RespondentAmounts and remedies
- Amount Paid for Vehicle: ZAR 6,500
- Amount Already Paid: ZAR 4,000
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant was correctly convicted of motor vehicle theft.
- 02
Whether the sentence imposed by the trial court was appropriate given the circumstances.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that he purchased the vehicle in good faith from an individual named Andries, paid a substantial amount towards the purchase, and was unaware that the vehicle was stolen. He maintained that he acted bona fide and had no reason to suspect the vehicle was stolen, relying on his experience as a second-hand car dealer and the documentation provided at the time of purchase.
- Respondent
- The State contended that the appellant's version was improbable given his experience in the motor trade, the discrepancies in the vehicle's documentation, the lack of credible details about the seller, and the suspicious circumstances surrounding the vehicle's condition and acquisition. The State argued that the appellant must have foreseen the possibility that the vehicle was stolen and reconciled himself to that risk, satisfying the requirements for dolus eventualis.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Cassiem 2001 (1) SASV 489 SCA
Dolus eventualis is established where the accused foresees the possibility that his conduct may constitute a crime and reconciles himself with that possibility.
- 02
S v Cassiem 2001 (1) SASV 489 SCA
Theft is a continuing crime, and possession of stolen property remains unlawful until returned to the rightful owner.
- 03
General sentencing principles
A court may interfere with sentence if it is unduly severe or inappropriate in the circumstances.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the appellant, given his extensive experience as a second-hand car dealer, should have taken reasonable steps to verify the legitimacy of the vehicle and its documentation. The discrepancies in the registration and VIN numbers, the lack of credible information about the seller, and the suspicious circumstances surrounding the vehicle's acquisition rendered the appellant's version improbable. The court held that the appellant must have foreseen the possibility that the vehicle was stolen and reconciled himself to that risk, thus satisfying the requirements for dolus eventualis. The conviction for theft was therefore upheld. However, the court found that the sentence imposed by the trial court was unduly harsh given the appellant's personal circumstances, lack of prior convictions, and the fact that the vehicle was returned to the complainant. The sentence was substituted with a wholly suspended term of imprisonment.
Obiter and limits
- The court noted that theft is a prevalent and serious crime in its jurisdiction, but each case must be assessed on its own facts.
- The appellant's loss of the money paid for the vehicle was considered a mitigating factor in sentencing.
Court disposition
Appeal against conviction dismissed; appeal against sentence upheld.
- The appeal against conviction is dismissed and the conviction is confirmed.
- The appeal against sentence succeeds. The sentence imposed by the trial court is set aside and replaced with five years' imprisonment, wholly suspended for five years on condition that the accused is not convicted of theft, receiving stolen property knowing it to be stolen, or contravention of sections 36 or 37 of the General Law Amendment Act 62 of 1955 during the period of suspension.
Source and reliance status
Western Cape High Court, Cape Town
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Western Cape High Court, Cape Town
Judgment
IN DIE HOOGGE REGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: A218/12
DATUM: 19 OKTOBER 2012
In die saak tussen:
BERNARD
LINKS ...............................................................................................Appellant
en
DIE STAAT ........................................................................................................Respondent
UITSPRAAK
GAMBLE, R
Die appellant het in die Streekhof te Bellville verskyn op ’n klagte van motordiefstal deurdat hy, op 2 April 2011 te Durbanweg, Bellville ’n Fiat Uno met registrasienommer CA608160, die eiendom van Mnr Gerhard van Zyl Wiese, gesteel het, Hy het onskuIdig gepfeit en is deur ’n prokureur bygestaan.
Die appellant is op 21 November 2011 skuldig bevind aan motordiefstal en is gevonnis ingevolge Artikel 276(1 )(i) van die Strafproseswet tot vyf jaar gevangenisstraf waarvan twee jaar opgeskort is vir drie jaar. Die appellant kom nou in hoer beroep teen beide skuldigbevinding en vonnis. Die feite van die saak is redeIik eenvoudig en hoef nie in groot besonderheid uiteengesit te word nie.
Mnr Wiese het op 2 April 2011 besiuit om sy tweedehandse wit Fiat Uno te verkoop en dit geneem na ’n motorhawe in Durbanweg Betlvil'le. Hy het die motor daar gelos en die sleutel aan ’n verkoopsman besorg. Die voertuig was buite op die werf van die besigheid tentoongestel saam met sowat 50 ander motors. Ongeveer twee of drie dae daarna het mnr Wiese self ’n koper gekry vir sy motor wat hy toe gaan haal het by die motorhawe. Met sy. aankoms al daar het die verkoopsman die sleutel vir horn gegee en hy is toe na buite om met die motor weg te ry. Hy vind toe tot sy verbasing dat die motor nie meer daar is nie en dat dit kiaarblykiik gesteel is. :
Die motor het ’n sogenaamde “Tracker" toestel gehad en die voertuig opsporingsmaatskappy is in kennisgestel. Vyf dae later is die voertuig opgespoor deur die “Tracker” toeste! en is die BlitspatroMie in kennis gestel dat die voertuig op die appellant se werf te Ravensmead staan. Ek merk terioops op dat Ravensmead nie te ver vanaf Beliville gelee is nie.
Toe die polisie by die appellant se perseel opdaag is hulie deur sy vrou meegedeel dat die voertuig aan haar man behoort en dat hy dit onlangs gekoop het, maar net ’n dag of twee vantevore. Kort daarna het die appellant by die perseel opgedaag nadat sy vrou horn ontbied het en is hierdie fejte aan die polisie bevestig.
Die polisie het die appellant gevra vir die voertuig se lisensie dokumente, asook besonderhede aangaande die verkoper. Die lisensie
dokumente wat hy toe vorendag gebring het is in die naam van ene How a rd H a! d r e N at us en is v e r g ese Ivan ’n afskrif van laasgenoemde se identiteitsdokument. Die appellant kon glo nie enige bewyse aan die polisie toon met betrekking tot die verkoper nie, en veral met betrekking tot sy kontaknommer en/of adres nie.
Adjudant-offisier Ackermann van die Biitspatrollie het bietjie speurwerk op die toneel gedoen en bevind dat die registrasienommer op die nommerplaat verskil het van die op die lisensieskyfie op die voorruit van die voertuig. Hy het ook bevind dat die voertuig se VIN nommer (die sogenaamde “vehicle identification number”) op die registrasie dokument nie ooreengestem het met die op die Fiat se enjin self nie. Aangesien die appellant nie ’n adres of telefoonnommer van die beweerde verkoper kon verstrek nie, en gegee die agterdog rondom die VIN nommer en die registrasienommer is h'y. daareri dan gearresteer op’n klagte van motordiefstal.
Voor die hof a quo het die appellant getuig dat hy die voertuig die vorige dag by ene Andries gekoop het. Hy beweer dat. .-hy;..': R6 500 daarvoor betaal het en reeds R4 000 afbetaal het aan Andries. Die verkoop was bevestig met gelyktydige inskrywing tot dien effekte in die appellant se dagboek op 6 April 2011 wat deur horn en Andries onderteken is. Daaruit blyk 'dit\-_dat:; Andries se van Koopman is alhoewel die appellant gese het dat hy nie geweet het wat die verkoper se van was nie.
Die kern van die appellant se verweer was dat hy nie geweet het dat die motor gesteel was nie, en verder dat hy dit bona fide by Andries gekoop. - het op die veronderstelling dat laasgenoemde die reg gehad het om ontslae te raak van die motor. Die kwessie is of daardie weergawe redelik moontiik waar was al dan nie.
Die appellant het getuig dat hy vir omtrent 15 jaar al handel in tweedehandse voertuie. Hy het gese hy is lid van die SITT, n groep “informal traders” soos hy dit genoem het, Wat voertuie koop en verkoop vanaf’n stuk grond in Stikland, wat glo aan 'n trust behoort. Elke handelaar huur ’n stukkie grond by die trust en verkoop voertuie daar. Oor die jare heen was die appellant a! betrokke by die verkoop van minstens 150 voertuie.
Die integriteit van die appellant se verweer moet na my mening beoordeel word aan die hand van sy ondervinding. ’n Redelike tweedehandse motorhandelaar in daardie omstandighede sal seker maak dat die voertuig wat hy koop op so ’n perseel vir herverkoop nie gesteel is nie. Hy sal basiese stappe neem o.m toe te sien dat die enjin en die VIN nommers van die voertuig ooreenstem met die besonderhede op die lisensiedokumente, en die lisensieskyf. Dit is immers die eerste ding wat Ackermann gedoen het in hierdie saak.
Die getuienis van Ackermann was ook dat die sleutel van die Fiat nie die oorspronklike fabrieksleutel was nie: dit was eerder ’n sleutel wat na bewering gelyk het na ’n slot se sleutel. So ’n toestand van sake sou by enige normale motorhandelaar onmiddellik agterdog geskep het, en dan is daar die feit dat daar ’n probleem was met die Fiat se battery en die aansitter, (die sogenaamde “starter”). Dit sou ook agterdog by iemand laat setel as so ’n voertuig gestoot moes word om hom aan die gang te kry. Oor die identiteit en verdere besonderhede van “Andries” was die appellant besonder vaag. Hy kon geen van, adres of telefoonnommer aan die polisie verstrek nie. Die verduideliking was dat mense nie vir hom kan bel nie, maar dat hy (dit is Andries) vir jou sal bel as jy ’n boodskap vir hom los.
Laastens was daar die getuienis van mnr Wiese dat daar binne ’n paar dae reeds opknapwerk op die Fiat gedoen is. Sy sitp!ekoortreksels was verwyder, hy is gedeeltelik oorgeverf, ’n kieiner battery was daar ingesit en die sonskerms was reeds afgehaal. Hierdie feite dui aan dat iemand graag die voertuig wou laat vermom het en vinnig weer wou verkoop.
Die streeklanddros het 'n baie deeglike uitspraak gelewer waarin sy vollediglik gehandel het. met die toets met betrekking tot omstandigheidsgetuienis. Ek kan nie enige fout vind met haar beoordeling van die saak nie. Na my mening het die streeklanddros tereg bevind dat die appellant se weergawe nie redelik moontiik waar was nie, en dat hy wel op een of ander stadium moes besef het dat die voertuig. gesteel was. Daar is weliswaar nie bewys dat die appellant self die voertuig te Durbanweg by die motorhawe perseel verwyder het nie. Die waarskynlikhede is eerder dat die appellant inderdaad die voertuig by iemand anders bekom het, wel wetende dat dit gesteelde eiendom was.
In hierdie opsigte meen ek dat die appellant se skuldvorm dolus eventualis was eerder as dolus directus, met ander woorde dat dit redelikerwys van hom verwag kon word om te voorsien dat die motorvoertuig gesteel was en dat hy homself met daardie moontlikheid vereenselwig het. Dit is geykte reg dat diefstal ’n sogenaamde “voortdurende” misdaad is, met ander woorde dat die Fiat Uno gesteel gebly het totdat dit aan mnr Wiese terugbesorg was. (Sien S v Cassiem 20Q1 (1) SASV 489 SC A.)
Die appellant is derhalwe korrek skuldig bevind aan diefstal en EK SOU DIE SKULDIGBEVINDING BEKRAGTIG.
Wat vonnis aanbetref is ek van mening dat die opgelegde vonnis onredelike swaar was, dat dit in elk geval nie juis sin maak nie, en dat daarmee ingemeng behoort te word.
Die appellant is ’n getroude man van 46 jaar, en het ’n skoon rekord. Sy skuldvorm was dolus eventualis en sy aandadigheid aan die steel van die Fiat is, soos in Engels gese word “accessorial”. Daardie feite regverdig na my mening ’n ten voile opgeskorte vonnis nieteenstaande die feit dat die misdaad ernstig is en vrylik voorkom in hierdie Hof se gebied. Die klaer het ook sy voertuig teruggekry en die bedrag wat die appellant reeds aan Andries betaal het verloor hy nou in die omstandighede.
Ek sou derhalwe die volgende bevel maak:
1.
DIE
APPEL TEEN SKULDIGBEVINDING WORD
AFGEWYS en die skuldigbevinding word bekragtig.
2. DIE APPEL TEEN VONNIS SLAAG. Die vonnis deur die streeklanddros opgele word tersyde gestel en vervang met die volgende vonnis, 5 (VYF) JAAR GEVANGENISSTRAF VIR 5 (VYF) JAAR PPGESKORT op voorwaarde dat die beskuldigde gedurende die tydperk van opskorting nie skuldig bevind word aan die misdade van diefstal, die ontvangs van gesteelde goedere, wetende dat dit gesteel is, of ’n oortreding van Artikels 36 of 37 van die Algemene Regswysigingswet
nommer 62 van 1955 nie.
GAMBLE, J
Ek stem saam, en dit word so beveel
TRAVERSO, ARP
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.