Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

Lipitsi and Another v Brown (05/2005) [2006] ZAFSHC 38 (12 October 2006)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found the respondent's version of events credible and supported by physical evidence and police testimony. The applicant's witness, Khara, was found unreliable and his account inconsistent with the scene and evidence. The respondent was alone, confronted by two individuals at night in rough terrain, and faced an imminent threat from the deceased, who was armed with a knobkerrie. The respondent's use of force was not excessive given the circumstances, and he acted in self-defence as a reasonable person would have done. The requirements for justified self-defence were met: there was an imminent threat, the response was proportionate, and the respondent did not exceed what was necessary to avert the attack. Accordingly, the claim against the respondent was dismissed with costs.

Court disposition

Claim dismissed with costs.

Orders

  • The applicants' claim is dismissed with costs.

02

Material facts

Parties

Keneuwe Gilda Lipitsi

Applicant Counsel: Adv. Z. Eloff

Keneuwe Gilda Lipitsi (on behalf of Dorcas Matseabata Lipitsi and Itumeleng Michael Lipitsi)

Applicant Counsel: Adv. Z. Eloff

Wilfred Henry Brown

Respondent Counsel: Adv. L. Le R. Pohl

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Trial / Merits Hearing on Wrongfulness and Fault (delictual Liability)

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicants alleged that the respondent wrongfully and negligently killed the deceased. They disputed the respondent's claim of self-defence, arguing that the respondent's actions were excessive and not justified under the circumstances. The applicants relied on the testimony of Mosiuwa John Khara, who denied any involvement in sheep theft and denied that the deceased was armed or posed a threat. They contended that the respondent should have acted with greater restraint and that the use of lethal force was unwarranted.
Respondent
The respondent testified that he was a farmer plagued by epidemic sheep thefts and was patrolling his property at night with night vision equipment. He observed two individuals, including the deceased, stealing sheep. When confronted, one person fled and the deceased advanced towards the respondent in a threatening manner, armed with a knobkerrie. Fearing for his safety and unable to retreat due to terrain constraints, the respondent fired a single shot from the hip, resulting in the deceased's death. He argued that his actions were justified self-defence under the circumstances, given the imminent threat and lack of alternatives.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Ntuli 1975 (1) SA 429 (A)

    The test for justified self-defence is objective: would a reasonable person in the respondent's position have acted similarly?

  2. 02

    S v Motlhabane 1995 (1) SACR 584 (T)

    There must be a reasonable relationship between the seriousness and extent of the attack and the defensive act; proportionality of weapons is not required.

  3. 03

    R v Patel 1959 (3) SA 121 (A)

    A defender must not exceed what is necessary in the circumstances to ward off the attack; precise proportionality is not required.

  4. 04

    S v Ngubane 1985 (3) SA 677 (A)

    Events must not be judged ex post facto from an armchair; allowance must be made for split-second decisions under stress.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found the respondent's version of events credible and supported by physical evidence and police testimony. The applicant's witness, Khara, was found unreliable and his account inconsistent with the scene and evidence. The respondent was alone, confronted by two individuals at night in rough terrain, and faced an imminent threat from the deceased, who was armed with a knobkerrie. The respondent's use of force was not excessive given the circumstances, and he acted in self-defence as a reasonable person would have done. The requirements for justified self-defence were met: there was an imminent threat, the response was proportionate, and the respondent did not exceed what was necessary to avert the attack. Accordingly, the claim against the respondent was dismissed with costs.

Obiter and limits

  • The fact that the deceased was armed with a knobkerrie and the respondent with a firearm is not decisive; a knobkerrie in skilled hands can be as dangerous as a firearm.
  • It is not unusual for criminals caught in the act to use violence to escape, and the respondent could not be expected to fire a warning shot given the short distance and urgency.
  • The terrain and darkness limited the respondent's ability to retreat, and the rapid sequence of events precluded a more measured response.

Court disposition

Claim dismissed with costs.

  • The applicants' claim is dismissed with costs.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2006] ZAFSHC 38

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)Saak Nr. : 05/2005In die saak tussen:KENEUWE GILDA LIPITSI1ste EiseresKENEUWE GILDA LIPITSI2de Eiseres(ten behoewe van DORCAS MATSEABATALIPITSI en ITUMELENG MICHAEL LIPITSI)enWILFRED HENRY BROWNVerweerder___________UITSPRAAK:CILLIé, R___________AANGEHOOR OP:9, 10 & 12 MEI 2006___________GELEWER OP:12 OKTOBER 2006___________Tydens ‘n aanvullende Reël 37 samespreking het die partye ooreengekom dat die hof versoek sal word om aanvanklik slegs die volgende te bereg:“2.1 Onregmatigheid al dan nie van die verweerder. Dit sluit in die kwessie van noodweer. Paragraaf 10 van die Besonderhede van Vordering teenoor paragraaf 5 van die Verweerskrif.2.2 Skuld indien toepaslik van die verweerder. Paragraaf 10 van die Besonderhede van Vordering teenoor paragraaf 5 van die Verweerskrif.”Ter uitvoering hiervan is gevolglik by die aanvang van die verrigtinge gelas dat alle ander geskilpunte oorstaan vir latere beregting soos voorsien in Hofreël 33(4).Die “onregmatigheid” en “skuld” wat as die tans tersaaklike geskilpunte hierbo uitgelig is verwys na eiser se bewering in paragraaf 10 van die Besonderhede van Eis dat die verweerder die

oorledene “onregmatiglik” en “nalatiglik” gedood het en die verweerder se pleit daarop dat hy die oorlede in noodweer gedood het. In die repliek steun eisers in die alternatief daarop dat verweerder die perke van noodweer oorskry het.Alhoewel die eiseres begin het met die aanbied van getuienis was die partye dit eens dat die verweerder die las dra om die ge-opperde verweer van noodweer te bewys. Ek oorweeg die saak op daardie basis.Dit is doenlik om voordat met die getuienis gehandel word te meld dat die partye by ooreenkoms ‘n kaart, Bewysstuk “A”, en ‘n foto bundel, Bewysstuk “B” aan die hof voorgelê het. Bewysstuk “A” dui die ligging en grense van die plase ter sprake in hierdie saak en waarna weldra verwys sal word redelik duidelik aan. Bewysstuk “B” is foto’s wat net na die voorval deur die polisie van die toneel geneem was. Hierbenewens het die verweerder tydens sy getuienis ‘n plan, Bewysstuk “D”, deur homself geteken ingehandig. Dit dui die kampdrade van sy plaas en die area waar die voorval volgens hom plaasgevind het aan. Ten einde verwarring uit te skakel moet gemeld word dat Bewysstuk “D” nie op die gebruiklike wyse geteken is sodat noord aan die bokant is nie. Op Bewysstuk “D” is suid aan die bokant. Dit beteken dat ten einde Bewysstuk “A” en Bewysstuk “D” met mekaar te pas Bewysstuk “D” omgedraai moet word

sodat die onderkant bo is.Die eiser het slegs die getuienis van ene Mosiuwa John Khara aangebied. Volgens hom woon hy al jare in die Yoxford trust gebied naby Thaba Nchu. Hierdie nedersetting en omringende plaas is duidelik aangedui op Bewysstuk “A”. Die dag van die voorval het hy en die oorledene skemeraand beeste kraal toe gaan keer en daarna geloop om meel op ‘n ander plaas te gaan haal. Hulle vat toe kortpad oor die plaas Willow Park van ene Lekhola. Terwyl hulle langs die grensdraad met die plaas The Spring loop skyn ‘n skerp lig skielik op hulle. Hulle skrik en stop. ‘n Skoot gaan af en die oorledene val. Die getuie gaan sit langs die oorledene. Hy is deurmekaar, besef die oorledene is getref en bly daar lê tot die polisie opdaag en hom aansê om op te staan. Hy ontken dat hulle enigsins besig was om skape te steel op The Springs. Insgelyks ontken hy dat die oorledene ‘n wapen, besonderlik ‘n knopkierie, by hom gehad het. Hy is later aangekla van veediefstal, skuldig bevind en gevonnis tot 3 jaar gevangenisstraf waarvan 2 jaar opgeskort was.Die verweerder self getuig dat hy al jare op die plaas The Springs boer. Skaapdiefstalle in daardie omgewing is epidemies. Sy lammerooie het die dag van die voorval in die kamp gemerk C op Bewysstuk “D” geloop. Hy is lid van die kommando en uitgereik met nagsigtoerusting. Die aand van die voorval doen hy patrollie.

Hy merk twee persone loop in kamp D. Hy parkeer sy bakkie langs die pad soos aangedui op Bewysstuk “D” en hou die persone dop deur die nagsigapparaat. Hy bewapen homself met ‘n vuurwapen en ‘n flits en beweeg na punt F op Bewysstuk “D”. Vandaar merk hy later twee persone afbeweeg langs die draad van kamp C in die rigting van die plek gemerk Gate 2 soos op Bewysstuk “D”. Hy sien iets beweeg voor hulle. By Hek 2 sien hy een persoon klim deur die draad en skape word onderdeur die draad aangegee. Die skape en een persoon is toe in die gang van die pad. Die tweede persoon klim toe ook deur die draad. Hy hoor ‘n geritsel by die draad aan die ander kant van die pad. Hy skakel sy flits aan en rig dit op die persoon regs voor hom. Dié val plat. Toe merk hy die ander persoon in ‘n gebukkende posisie in sy rigting kom. Hy skree stop-stop maar die persoon reageer nie. Hy glo hy word aangeval en vuur een skoot vanuit sy heup. Die persoon val toe. Hy beweeg nader en sien bloed by die persoon. Hy vind die ander persoon lê doodstil plat op die grond langs die pad. Skape loop vasgemaak aan mekaar in die pad. Hy ontbied die polisie en bure. Die toneel bly net so tot die polisie arriveer. Toe sien hy die knopkierie by die oorledene. Hy maak uitwysings aan die polisie soos weergegee op die fotoplan in Bewysstuk “B”. Hy voel hy het geen ander opsie gehad as om te skiet nie.

Hy het nie toe geweet die oorledene is reeds anderkant die draad nie. Hy was ook bekommerd oor die ander persoon wat uit sy sig verdwyn het se voornemens. ‘n Ankerdraad op die toneel het ook sy beweeglikheid op die toneel aan bande gelê omdat hy daaroor kon struikel. Alles het baie vinnig plaasgevind.Kaptein Van Tonder, die stasiebevelvoerder van die Polisie op Dewetsdorp, getuig dat hy na die toneel ontbied was. Hy reël met PKRS dat ‘n fotograaf na die toneel gestuur word. Hy tref die oorledene reeds dood aan. Langs hom lê die knopkierie soos weergegee op Bewysstuk “B”, foto 4. In oorledene se sak vind hy ‘n horlosie en ‘n draadtang. Die ander persoon op die toneel was die getuie Khara. Hy wou nie sy naam verstrek of enigiets praat nie en is gearresteer. Die verweerder was in ‘n erg geskokte toestand en het verduidelik dat hy die persoon wou arresteer toe storm die oorledene op hom af. Daar was drie skape wat aan mekaar vasgemaak was op die toneel. Verweerder het gesê dit is sy skape. Daar was skaapwol aan die drade.Nieteenstaande Me. Eloff vir die eisers se betoog tot die teendeel is dit duidelik dat die getuie Khara se weergawe van wat plaasgevind het nie die waarheid kan wees nie. Hy plaas die toneel op ‘n heel ander plek as waar dit deur die polisie aangetref word. Die aanwesigheid van die skape op die toneel is onversoenbaar met sy weergawe. So ook

die knopkierie. Selfs die posisie van die oorledene naamlik aan die ander kant van die draad as waar hyself lê rym nie met sy weergawe nie. As sy weergawe waar is sou dit beteken dat die toneel verskuif moes wees vanaf die grensdraad tussen Willow Park en The Springs en hersaamgestel moes word waar dit uiteindelik fotografeer was. Dit is onrealisties om dit enigsins as ‘n waarskynlikheid te aanvaar. Dit alles noodsaak die gevolgtrekking dat die getuie Khara homself en die oorledene valslik probeer verontskuldig. Daar kan nie enige peil getrek word op die weergawe van Khara aangaande wat sou plaasgevind het nie.Die verweerder se getuienis was op ‘n oortuigende en logiese wyse afgelê. Die toneel soos aangetref deur Kaptein Van Tonder staaf die verweerder. Daar kan geen wesentlik kritiek wat geloofwaardigheid betref teen sy getuienis ingebring word nie. Die vroeëre skriftelike verklarings van die getuies vir doeleindes van ander verrigtinge, dit is Bewysstukke “C”, “E” en dit wat glo deur getuie Khara en verweerder tydens die geregtelike doodsondersoek gesê sou gewees het werp nie werklik ‘n ander lig op hierdie gevolgtrekking wat bereik is nie. Ek benader gevolglik die vraag of die verweerder op sy eie weergawe nie in noodweer opgetree het nie of die perke daarvan oorskry het met die volgende enkele tersaaklike in gedagte (ek is bewus van al die beginsels ter

sprake by noodweer en is nie voornemens om met almal daarvan te handel nie):1. Die toets vir geregverdigde noodweer is op objektief, dit wil sê sou die redelike persoon in die posisie van die verweerder ook so opgetree het.2. Daar moet ‘n redelike verhouding wees tussen die erns en omvang van die beweerde aanval en die verdedigingshandeling. Dit beteken egter nie dat die wapens eweredig moes wees nie.3. Die slagoffer moet nie verder gaan as wat in die omstandighede nodig is om die aanval af te weer nie. Presiese eweredigheid word egter nie vereis nie.4. Die gebeure moet nieex post factoast ware vanuit ‘n leunstoel beoordeel word nie. Dit moet in ag geneem word dat die slagoffer dalk in breekdele van sekondes besluite moes neem en optree.Teen hierdie agtergrond meen ek dat die volgende aangestip moet word:1. Dat die oorledene met ‘n knopkierie en die verweerder met ‘n vuurwapen gewapen was is nie van deurslaggewende belang nie. ‘n Knopkierie in ‘n geoefende hand kan net soveel skade as ‘n vuurwapen aanrig.2. Die verweerder was alleen terwyl die “ander kant” twee persone was.3. Dit was donker op die toneel en die terrein rof en ongelyk met ‘n ankerdraad wat beweeglikheid beperk.4. Die oënskynlike belangrikheid daarvan dat die verweerder en die oorledene aan verskillende kante van die gangdraad was verloor betekenis as in gedagte gehou word dat die verweerder

hiervan onbewus was en daar geen getuienis is wat aandui dat die oorledene hiervan bewus was nie.5. Die gebeure het baie vinnig en in gespanne omstandighede plaasgevind. Daar was nie tyd vir beredeneerde evaluering van die situasie vir verweerder nie.6. Dit is nie ongewoon dat booswigte wat op heterdaad betrap word geweld gebruik om te ontvlug nie.7. Die afstand tussen die verweerder en die oorledene was so kort dat dit onredelik sou wees om te verwag dat verweerder eers ‘n waarskuwingskoot moes vuur.8. Dat die skoot vanaf die heup gevuur was maak plasing daarvan moeilik en dit sou onredelik wees om te verwag dat die skoot op ‘n minder kwesbare plek gevuur moes gewees het.Die gevolgtrekking wat ek bereik het is dat die verweerder in geregverdigde noodweer opgetree het.Bygevolg word die eisers se eis afgewys met koste.____C.B. CILLIé, RNamens die Eisers: Adv. Z. EloffIn opdrag van:Vorster & VennoteBLOEMFONTEINNamens die Verweerder: Adv. L. Le R. PohlIn opdrag van:Honey ProkureursBLOEMFONTEIN/em

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Saak Nr. : 05/2005

In die saak tussen:

KENEUWE GILDA LIPITSI1ste Eiseres

KENEUWE

GILDA LIPITSI

KENEUWE GILDA LIPITSI2de Eiseres

(ten behoewe van DORCAS MATSEABATA

LIPITSI en ITUMELENG MICHAEL LIPITSI)

en

WILFRED HENRY BROWNVerweerder

WILFRED

HENRY BROWN

_____________

UITSPRAAK:CILLIé, R

UITSPRAAK:

AANGEHOOR OP:9, 10 & 12 MEI 2006

AANGEHOOR OP:

GELEWER OP:12 OKTOBER 2006

GELEWER OP:

Tydens ‘n aanvullende Reël 37 samespreking het die partye ooreengekom dat die hof versoek sal word om aanvanklik slegs die volgende te bereg:

“2.1 Onregmatigheid al dan nie van die verweerder. Dit sluit in die kwessie van noodweer. Paragraaf 10 van die Besonderhede van Vordering teenoor paragraaf 5 van die Verweerskrif.

2.1 Onregmatigheid al dan nie van die verweerder. Dit sluit in die kwessie van noodweer. Paragraaf 10 van die Besonderhede van Vordering teenoor paragraaf 5 van die Verweerskrif.

2.2 Skuld indien toepaslik van die verweerder. Paragraaf 10 van die Besonderhede van Vordering teenoor paragraaf 5 van die Verweerskrif.”

Ter uitvoering hiervan is gevolglik by die aanvang van die verrigtinge gelas dat alle ander geskilpunte oorstaan vir latere beregting soos voorsien in Hofreël 33(4).

Die “onregmatigheid” en “skuld” wat as die tans tersaaklike geskilpunte hierbo uitgelig is verwys na eiser se bewering in paragraaf 10 van die Besonderhede van Eis dat die verweerder die oorledene “onregmatiglik” en “nalatiglik” gedood het en die verweerder se pleit daarop dat hy die oorlede in noodweer gedood het. In die repliek steun eisers in die alternatief daarop dat verweerder die perke van noodweer oorskry het.

Alhoewel die eiseres begin het met die aanbied van getuienis was die partye dit eens dat die verweerder die las dra om die ge-opperde verweer van noodweer te bewys. Ek oorweeg die saak op daardie basis.

Dit is doenlik om voordat met die getuienis gehandel word te meld dat die partye by ooreenkoms ‘n kaart, Bewysstuk “A”, en ‘n foto bundel, Bewysstuk “B” aan die hof voorgelê het. Bewysstuk “A” dui die ligging en grense van die plase ter sprake in hierdie saak en waarna weldra verwys sal word redelik duidelik aan. Bewysstuk “B” is foto’s wat net na die voorval deur die polisie van die toneel geneem was. Hierbenewens het die verweerder tydens sy getuienis ‘n plan, Bewysstuk “D”, deur homself geteken ingehandig. Dit dui die kampdrade van sy plaas en die area waar die voorval volgens hom plaasgevind het aan. Ten einde verwarring uit te skakel moet gemeld word dat Bewysstuk “D” nie op die gebruiklike wyse geteken is sodat noord aan die bokant is nie. Op Bewysstuk “D” is suid aan die bokant. Dit beteken dat ten einde Bewysstuk “A” en Bewysstuk “D” met mekaar te pas Bewysstuk “D” omgedraai moet word sodat die onderkant bo is.

Die eiser het slegs die getuienis van ene Mosiuwa John Khara aangebied. Volgens hom woon hy al jare in die Yoxford trust gebied naby Thaba Nchu. Hierdie nedersetting en omringende plaas is duidelik aangedui op Bewysstuk “A”. Die dag van die voorval het hy en die oorledene skemeraand beeste kraal toe gaan keer en daarna geloop om meel op ‘n ander plaas te gaan haal. Hulle vat toe kortpad oor die plaas Willow Park van ene Lekhola. Terwyl hulle langs die grensdraad met die plaas The Spring loop skyn ‘n skerp lig skielik op hulle. Hulle skrik en stop. ‘n Skoot gaan af en die oorledene val. Die getuie gaan sit langs die oorledene. Hy is deurmekaar, besef die oorledene is getref en bly daar lê tot die polisie opdaag en hom aansê om op te staan. Hy ontken dat hulle enigsins besig was om skape te steel op The Springs. Insgelyks ontken hy dat die oorledene ‘n wapen, besonderlik ‘n knopkierie, by hom gehad het. Hy is later aangekla van veediefstal, skuldig bevind en gevonnis tot 3 jaar gevangenisstraf waarvan 2 jaar opgeskort was.

Die verweerder self getuig dat hy al jare op die plaas The Springs boer. Skaapdiefstalle in daardie omgewing is epidemies. Sy lammerooie het die dag van die voorval in die kamp gemerk C op Bewysstuk “D” geloop. Hy is lid van die kommando en uitgereik met nagsigtoerusting. Die aand van die voorval doen hy patrollie. Hy merk twee persone loop in kamp D. Hy parkeer sy bakkie langs die pad soos aangedui op Bewysstuk “D” en hou die persone dop deur die nagsigapparaat. Hy bewapen homself met ‘n vuurwapen en ‘n flits en beweeg na punt F op Bewysstuk “D”. Vandaar merk hy later twee persone afbeweeg langs die draad van kamp C in die rigting van die plek gemerk Gate 2 soos op Bewysstuk “D”. Hy sien iets beweeg voor hulle. By Hek 2 sien hy een persoon klim deur die draad en skape word onderdeur die draad aangegee. Die skape en een persoon is toe in die gang van die pad. Die tweede persoon klim toe ook deur die draad. Hy hoor ‘n geritsel by die draad aan die ander kant van die pad. Hy skakel sy flits aan en rig dit op die persoon regs voor hom. Dié val plat. Toe merk hy die ander persoon in ‘n gebukkende posisie in sy rigting kom. Hy skree stop-stop maar die persoon reageer nie. Hy glo hy word aangeval en vuur een skoot vanuit sy heup. Die persoon val toe. Hy beweeg nader en sien bloed by die persoon. Hy vind die ander persoon lê doodstil plat op die grond langs die

pad. Skape loop vasgemaak aan mekaar in die pad. Hy ontbied die polisie en bure. Die toneel bly net so tot die polisie arriveer. Toe sien hy die knopkierie by die oorledene. Hy maak uitwysings aan die polisie soos weergegee op die fotoplan in Bewysstuk “B”. Hy voel hy het geen ander opsie gehad as om te skiet nie. Hy het nie toe geweet die oorledene is reeds anderkant die draad nie. Hy was ook bekommerd oor die ander persoon wat uit sy sig verdwyn het se voornemens. ‘n Ankerdraad op die toneel het ook sy beweeglikheid op die toneel aan bande gelê omdat hy daaroor kon struikel. Alles het baie vinnig plaasgevind.

Kaptein Van Tonder, die stasiebevelvoerder van die Polisie op Dewetsdorp, getuig dat hy na die toneel ontbied was. Hy reël met PKRS dat ‘n fotograaf na die toneel gestuur word. Hy tref die oorledene reeds dood aan. Langs hom lê die knopkierie soos weergegee op Bewysstuk “B”, foto 4. In oorledene se sak vind hy ‘n horlosie en ‘n draadtang. Die ander persoon op die toneel was die getuie Khara. Hy wou nie sy naam verstrek of enigiets praat nie en is gearresteer. Die verweerder was in ‘n erg geskokte toestand en het verduidelik dat hy die persoon wou arresteer toe storm die oorledene op hom af. Daar was drie skape wat aan mekaar vasgemaak was op die toneel. Verweerder het gesê dit is sy skape. Daar was skaapwol aan die drade.

Nieteenstaande Me. Eloff vir die eisers se betoog tot die teendeel is dit duidelik dat die getuie Khara se weergawe van wat plaasgevind het nie die waarheid kan wees nie. Hy plaas die toneel op ‘n heel ander plek as waar dit deur die polisie aangetref word. Die aanwesigheid van die skape op die toneel is onversoenbaar met sy weergawe. So ook die knopkierie. Selfs die posisie van die oorledene naamlik aan die ander kant van die draad as waar hyself lê rym nie met sy weergawe nie. As sy weergawe waar is sou dit beteken dat die toneel verskuif moes wees vanaf die grensdraad tussen Willow Park en The Springs en hersaamgestel moes word waar dit uiteindelik fotografeer was. Dit is onrealisties om dit enigsins as ‘n waarskynlikheid te aanvaar. Dit alles noodsaak die gevolgtrekking dat die getuie Khara homself en die oorledene valslik probeer verontskuldig. Daar kan nie enige peil getrek word op die weergawe van Khara aangaande wat sou plaasgevind het nie.

Die verweerder se getuienis was op ‘n oortuigende en logiese wyse afgelê. Die toneel soos aangetref deur Kaptein Van Tonder staaf die verweerder. Daar kan geen wesentlik kritiek wat geloofwaardigheid betref teen sy getuienis ingebring word nie. Die vroeëre skriftelike verklarings van die getuies vir doeleindes van ander verrigtinge, dit is Bewysstukke “C”, “E” en dit wat glo deur getuie Khara en verweerder tydens die geregtelike doodsondersoek gesê sou gewees het werp nie werklik ‘n ander lig op hierdie gevolgtrekking wat bereik is nie. Ek benader gevolglik die vraag of die verweerder op sy eie weergawe nie in noodweer opgetree het nie of die perke daarvan oorskry het met die volgende enkele tersaaklike in gedagte (ek is bewus van al die beginsels ter sprake by noodweer en is nie voornemens om met almal daarvan te handel nie):

1. Die toets vir geregverdigde noodweer is op objektief, dit wil sê sou die redelike persoon in die posisie van die verweerder ook so opgetree het.

2. Daar moet ‘n redelike verhouding wees tussen die erns en omvang van die beweerde aanval en die verdedigingshandeling. Dit beteken egter nie dat die wapens eweredig moes wees nie.

3. Die slagoffer moet nie verder gaan as wat in die omstandighede nodig is om die aanval af te weer nie. Presiese eweredigheid word egter nie vereis nie.

4. Die gebeure moet nieex post factoast ware vanuit ‘n leunstoel beoordeel word nie. Dit moet in ag geneem word dat die slagoffer dalk in breekdele van sekondes besluite moes neem en optree.

ex post facto

Teen hierdie agtergrond meen ek dat die volgende aangestip moet word:

1. Dat die oorledene met ‘n knopkierie en die verweerder met ‘n vuurwapen gewapen was is nie van deurslaggewende belang nie. ‘n Knopkierie in ‘n geoefende hand kan net soveel skade as ‘n vuurwapen aanrig.

2. Die verweerder was alleen terwyl die “ander kant” twee persone was.

3. Dit was donker op die toneel en die terrein rof en ongelyk met ‘n ankerdraad wat beweeglikheid beperk.

4. Die oënskynlike belangrikheid daarvan dat die verweerder en die oorledene aan verskillende kante van die gangdraad was verloor betekenis as in gedagte gehou word dat die verweerder hiervan onbewus was en daar geen getuienis is wat aandui dat die oorledene hiervan bewus was nie.

5. Die gebeure het baie vinnig en in gespanne omstandighede plaasgevind. Daar was nie tyd vir beredeneerde evaluering van die situasie vir verweerder nie.

6. Dit is nie ongewoon dat booswigte wat op heterdaad betrap word geweld gebruik om te ontvlug nie.

7. Die afstand tussen die verweerder en die oorledene was so kort dat dit onredelik sou wees om te verwag dat verweerder eers ‘n waarskuwingskoot moes vuur.

8. Dat die skoot vanaf die heup gevuur was maak plasing daarvan moeilik en dit sou onredelik wees om te verwag dat die skoot op ‘n minder kwesbare plek gevuur moes gewees het.

Die gevolgtrekking wat ek bereik het is dat die verweerder in geregverdigde noodweer opgetree het.

Bygevolg word die eisers se eis afgewys met koste.

____

C.B. CILLIé, R

Namens die Eisers: Adv. Z. Eloff

In opdrag van:

Vorster & Vennote

BLOEMFONTEIN

Namens die Verweerder: Adv. L. Le R. Pohl

Honey Prokureurs

/em

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Ntuli 1975 (1) SA 429 (A)

Case cited

S v Motlhabane 1995 (1) SACR 584 (T)

Case cited

R v Patel 1959 (3) SA 121 (A)

Case cited

S v Ngubane 1985 (3) SA 677 (A)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.