Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society Ltd. (1/86) [1986] ZASCA 1 (25 February 1986)
- Citation
- [1986] ZASCA 1
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Jansen, Kotzé, Trengove, Hefer, Boshoff
- Case number
- 1/86
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Jansen, Kotzé, Trengove, Hefer, Boshoff
- Case number
- 1/86
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The majority held that the exclusion clause in the insurance policy should be interpreted in accordance with the ordinary meaning of its words, but not so broadly as to produce absurd results that would defeat the purpose of accident insurance. The clause should not exclude coverage for all criminal offences, including trivial statutory violations, unless there is a causal connection between the violation and the accident. The intention of the parties was to exclude coverage only where the violation of criminal law materially affected the risk and was causally linked to the insured event. On the facts, the insured's conduct constituted statutory traffic offences that were the immediate cause of the accident and death, thus falling within the exclusion. The appeal was dismissed, upholding the trial court's decision that the insurer was not liable under the policy.
Court disposition
Appeal dismissed with costs, including costs of two counsel.
Orders
- The appeal is dismissed with costs, including the costs of two advocates.
02
Material facts
Parties
Marthinus Johannes Lourens NO
Appellant Counsel: DoctorColonial Mutual Life Assurance Society Ltd
Respondent Counsel: GriesselAmounts and remedies
- Insured Sum Claimed: ZAR 30,000
03
Procedural history
Posture
Civil Appeal / Appeal From the Cape Provincial Division
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Does the exclusion clause in the insurance policy apply to statutory traffic offences as 'violation of criminal law'?
- 02
Is a causal connection required between the insured's violation and the accident for the exclusion to operate?
- 03
Should the exclusion clause be interpreted restrictively to avoid absurd results?
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the exclusion clause should not apply to statutory traffic offences or criminal violations arising from motor vehicle operation, and alternatively, only intentional violations should be included under 'criminal law'. He contended that a literal interpretation would lead to absurd results, such as forfeiture of coverage for trivial offences unrelated to the accident, which would defeat the purpose of accident insurance. The appellant relied on the reasonable expectations of the insured and the need to avoid interpretations that nullify the insurance's purpose.
- Respondent
- The respondent maintained that the words 'violation of criminal law' are clear and unambiguous, and should be given their ordinary meaning, encompassing all criminal offences, including statutory traffic violations. The respondent argued that the exclusion applies whenever the insured violates the criminal law at the time of the accident, regardless of the nature or seriousness of the offence, and that the court should not rewrite the contract for reasons of fairness.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Scottish Union & National Insurance Co Ltd v Native Recruiting Corporation Ltd 1934 AD 458
The intention of the parties must be gathered from the language of the contract itself, and if clear, effect must be given to the ordinary meaning of the words used.
- 02
Gravenor v Dunswart Iron Works 1929 AD 299
If the ordinary meaning of contract words leads to absurdity or inconsistency, the court may modify the words just enough to avoid such results.
- 03
Price and another v Incorporated General Insurances Ltd 1983 (1) SA 311 (A)
Insurance contracts are interpreted contra proferentem, and the assured should be favoured where ambiguity exists.
- 04
Burton and Co v English and Co (1883) 12 QBD 218
Exclusion clauses should not be extended beyond what is fairly necessary, and the insurer must make clear what risks are excluded.
- 05
American Jurisprudence 2nd ed vol 44 para 1241
A causal connection between the unlawful act and the injury or death is required for the exclusion to apply.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The majority held that the exclusion clause in the insurance policy should be interpreted in accordance with the ordinary meaning of its words, but not so broadly as to produce absurd results that would defeat the purpose of accident insurance. The clause should not exclude coverage for all criminal offences, including trivial statutory violations, unless there is a causal connection between the violation and the accident. The intention of the parties was to exclude coverage only where the violation of criminal law materially affected the risk and was causally linked to the insured event. On the facts, the insured's conduct constituted statutory traffic offences that were the immediate cause of the accident and death, thus falling within the exclusion. The appeal was dismissed, upholding the trial court's decision that the insurer was not liable under the policy.
Obiter and limits
- The use of the word 'whilst' or 'terwyl' in exclusion clauses has a temporal meaning and does not necessarily require a causal connection, but courts may require such a connection to avoid unreasonable results.
- Insurance policies should not be interpreted to exclude coverage for minor or unrelated offences, as this would undermine the reasonable expectations of the insured.
- Where the wording of an exclusion is ambiguous or overly broad, the contra proferentem rule requires that ambiguities be resolved in favour of the insured.
Court disposition
Appeal dismissed with costs, including costs of two counsel.
- The appeal is dismissed with costs, including the costs of two advocates.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPÊLAFDELING)In die saak tussen:MARTHINUS JOHANNÉS LOURENS NO Appellant
en
COLONIAL MUTUAL LIFE ASSURANCE Respondent
SOCIETY LTD
Coram: Jansen, Kotzé, Trengove, Hefer et Boshoff, ARRVerhoordatum: 10 September 1985Leweringsdatum: 25 Februarie 1986
UITSPRAAKBOSHOFF AR
Hierdie/
1.
Hierdie appèl gaan oor die vertolking entoepassing van 'n uitsonderingsvoorwaarde ten opsigtevan bykomende ongevallevoordele in 'n lewensversekerings-fpolis.
Johannes J Vorster het op 1 Junie 1980 diepolis uitgeneem by die respondentmaatskappy en is op
16 Junie 1981, terwyl die polis nog van krag was,oorlede in 'n motorbotsing op die openbare pad tussenHeidelberg en Nigel, Transvaal. Nadat die respondentaanspreeklikheid ingevolge die polis gerepudieer het,het die eksekuteur in Vorster se boedel, nou dieappellant, 'n aksie in die Kaap die Goeie Hoop Provin-siale Afdeling ingestel vir die versekerde bedrag vanR30 000. Die verhoorhof het die respondent se verweer
wat/
wat gebaseer was op die voornoemde uitsonderings-
voorwaarde gehandhaaf en die appellant se eis van
die hand gewys met koste.
Die soort ongeval waarby 'n ongevalle-voordeel onder die polis betaalbaar is, word asvolg omskryf:
"Liggaamlike besering van die versekerde lewe veroorsaak alleenlik en regstreeks deur 'n ge- weldadige, uitwendige en sigbare ongeluk wat plaasvind na die aanvang van hierdie voordele welke besering regstreeks en los van alle ander oorsake binne neëntig dae na die datum waarop die liggaamlike besering opgedoen is, lei tot 1. dood of 2 of 7 " (die gevolge genoem in 2 tot en met 7 verwys na verskillende soorte ongeskiktheid wat nie nou tersake is nie)
Dit is gemene saak tussen die partye dat
ons in hierdie saak te doen het met 'n ongeval wat
aan/
3.
aan hierdie omskrywing voldoen. Die uitsonderingsvoorwaarde wat ter sake is verskynas volg in die polis:
"Voorwaardes 1. Uitsonderings en beperking van risiko
(i) Hierdie voordele omvat of dek nie be-sering of dood nie wat uitsluitlik ofgedeeltelik, regstreeks of onregstreeksveroorsaak is:
(d) têrwyl die versekerde lewe die straf-reg oortree behoudens en behalweenige optrede wat 'n oortreding is slegsomdat dit 'n skending uitmaak van diereëls met betrekking tot die diens-voorwaardes van die versekerde lewe.
"
4. Hierdie klousule l(i)(d) in die uitson-
deringsvoorwaarde is deur die verhoorhof toegepas
op die volgende stel feite. Die voornoemde Vorster, die versekerde leweonder die polis, het op die betrokke dag met syCortina-bakkie van oos na wes gery op die Nigel naHeidelberg-pad. Die pad gaan deur 'n duik en in dieduik gaan dit onder 'n brug deur. In die duik isdie totale breedte van die teeroppervlakte van diepad ongeveer 8 meter. Die pad dra verkeer in beiderigtings en daar is 'n sperstreep wat die twee rybanein die middel verdeel. 'n Sekere Setshanga het 'nmeganiese perd en sleepwa bestuur vanaf Heidelbergna Nigel, dit wil sê in die rigting van wes na oos.
sy/
5. Sy sleepwa was swaar gelaai met 'n vrag van 25 ton.
Hy het op sy korrekte kant van die pad gery en toe
hy die duikweg onderdeur die brug nader het 'n
Mercedes Benz meganiese perd en sleepwa van voor af
aangekom, dit wil sê vanaf Nigel in 'n rigting vanoos na wes. Die Cortina-bakkie het ook van voor afaangekom en langs die Mercedes-voertuig gery. DieCortina-bakkie was op sy verkeerde kant van die pad.Setshanga het die remme van sy voertuig aangeslaanen effens links geswenk maar voordat hy kon stilhouhet die Cortina-bakkie kop-aan-kop met sy voertuiggebots in die middel van Setshanga se korrekte kantvan die pad. Hy kon nie met sy voertuig skerp swaainie aangesien dit die gevolg kon hê dat die perd en
die/ 4.
die sleepwa opvou. Die bestuurder van die Mercedes- voertuig het nie na die botsing stilgehou nie.Vanaf die punt van botsing strek die sperstreep vir5 km oos en vir 1 km wes. Die botsing het teen 'nhoogte uit die duik uit plaasgevind waar Vorster seuitsig vir aankomende verkeer versper was.
Die verhoorhof het bevind en dit word nie bestry nie dat Vorster die strafreg oortree het indie volgende opsigte. Hy het (a) art 109(4) vandie Padverkeerordonnansie van Transvaal (Ordonnansie21 van 1966) oortree deur op 'n openbare pad die Mer-cedes-voertuig wat in dieselfde rigting gegaan hetverby te steek toe hy die kruin van 'n bult genaderhet waar sy uitsig vir aankomende verkeer so beperk
was/
7. was dat sy verbysteek 'n gevaar vir sulke aankomende
verkeer was; (b) art 109 (6) oortree deur op 'n
openbare pad toe hy op die punt gestaan het om
f'
die naderende voertuig van Setshanga verby te steekaan sy verkeerde kant van die pad te ry en sodanige aankomende voertuig in gevaar te stel; (c) art 138(1)oortree deur die Cortina-bakkie op 'n openbare padroekeloos of nalatig te bestuur. (Die woord roekeloossluit hier ook in opsetlike en moedswillige verontag-saming van die veiligheid van persone of eiendom; kykart 138(2)); (d) art 139 oortree deur op 'n openbare pad'n voertuig te bestuur sonder redelike inagneming vanander padgebruikers. (e) regulasie 166 gelees metregulasie 182 van die Padverkeersregulasies oortree
deur aan die regterkant van die sperstreep te ry terwyl
dit/
8. dit onveilig was om dit te doen. Namens die appellant is in die verhoorhof betoog dat die polis beperkend uitgelê moet word om nie oortredings van die Padverkeerordonnansie ofkriminele oortredings wat spruit uit die bestuurvan 'n motorvoertuig in te sluit nie, en alternatiewe-lik, om alleenlik opsetlike oortredings onder diebegrip "strafreg" in te sluit. Die verhoorhof het hierdie betoog verwerp enbeslis dat die woorde "strafreg oortree" hulle gewonealledaagse betekenis gegee moet word en dat daar on-voldoende rede bestaan om die woorde te beperk tot sekere kriminele oortredings soos byvoorbeeld opsetlikeoortredings. Die verhoorhof het gevolglik tot die
slotsom/
9. slotsom gekom dat Vorster se optrede neergekom het
op oortreding van die strafreg in die sin waarin
die woorde in klousule 1 (i)(d) gebruik word en
dat die appellant nie 'n verhaal onder die polis het
nie.
Die appellant kom nou in hoër beroep teen
hierdie vertolking van klousule l(i)(d) en die toe-passing daarvan op die feite van hierdie geval.
Mnr Doctor, namens die appellant, betoog in hoof-
saak dat die woorde "strafreg oortree" in die verbandwaarin hulle gebruik word, nie hulle gewone en alle-daagse betekenis kan hê nie want dit gee aan klousulel(i)(d) 'n gevolg wat so absurd en onbestaanbaar is dat ditdie hele doel van die versekering onder die polis verydel.
Volgens/
10.Volgens hom bring so 'n betekenis van die woorde
mee dat waar 'n versekerde in 'n ongeluk omkom of ongeskik
raak terwyl hy die strafreg oortree hy sy dekking onder
die polis verbeur ongeag die tersaaklikheid, aard of
omvang van die oortreding. Hy lig sy betoog toe met
die volgende voorbeelde: waar 'n versekerde sterf of
ongeskiktheid opdoen as gevolg van beserings veroor-
saak in 'n ongeluk wat gebeur het terwyl die versekerde
in stryd met die strafreg in gebreke gebly het om sytelevisielisensie te betaal of verkeerd geparkeer hetof deelgeneem het aan 'n onwettige staking verloor hy
sy voordele onder sy polis; waar 'n versekerde in strydmet die strafreg 'n ongeoorloofde aantal krewe agter insy motorkar se bak vervoer of vleis vanuit een beheerde
gebied/
11.
gebied na 'n ander beheerde gebied in sy motorkar
vervoer en hy raak betrokke in 'n botsing met 'n
dronk bestuurder word hy nie gedek onder sy polis
nie.Volgens mnr Doctor moet hierdie absurdegevolg vermy word deur 'n beperkende vertolking opdie woorde "strafreg oortree" te plaas. Wat die ver-tolking moet wees, kan volgens hom vasgestel worddeur na die rede waarom so 'n polis uitgeneem word,tekyk. Hy gee in oorweging dat hierdie soort polis bydie gewone man wat dit uitneem die indruk skepdat hy gedek sal wees, afgesien van enige ander soortdekking wat deur die polis verskaf word,indien hy in 'nmotorbotsing betrokke sou raak. Om hierdie oogmerk
nie/
12. nie deur onsinnighede te laat verydel nie moet diewoorde "strafreg oortree" dus vertolk word dat die woord "strafreg" nie verkeersoortredings en diewoord "oortree" nie nalatige oortredings insluitnie. Dit word ook aan die hand gedoen dat die woorde beperk moet word om slegs na gemeenregtelikemisdade te verwys.
Inderdaad steun hierdie betoog geheel enal op die teenwoordigheid en die gebruik van die voeg-woord "terwyl" in klousule l(i)(d). Volgens mnr Doctordui dit op 'n tydsduur. Hy verwys na klousule l(i)(g)waar die woord "terwyl" ook gebruik word en onteenseg-
lik dui op 'n tydsduur. Die uitsonderingsvoorwaarde gelddaar "terwyl die versekerde lewe buite die grens is van
die/ 13. die Republiek van Suid-Afrika." Hy verwys ookna die ander klousules naamlik l(i)(a),(b),(c),(e) en (f) waar die uitsonderingsvoorwaarde geld wanneer die dood of ongeskiktheid "deur" die om-standighede daarin genoem veroorsaak word. Diewoord "deur" word daar gebruik om 'n oorsaaklikeverband tussen die beserings en die omstandighedewat in die klousules genoem word aan te toon. MnrGriessel, namens die respondent, daarenteen argu-menteer dat die woorde "terwyl die versekerde lewedie strafreg oortree" duidelik en ondubbelsinnig isen dat aan hulle hulle gewone, alledaagse en letterlikebetekenis gegee moet word. Hy gee toe dat die woord"terwyl" 'n tyd en nie 'n oorsaaklike betekenisinhoud
het/
14.het nie maar volgens hom maak dit nie saak dat so
'n uitleg in sekere omstandighede tot 'n absurditeitmag lei nie want gevolg moet gegee word aan die
duidelike en ondubbelsinnige bepalings van die kon-trak wat deur die partye aangegaan is. Dit is niedie funksie van die hof om met die uitleg van 'n kon-trak, die kontrak te herskrywe of te verander slegsomdat dit billik sou wees om dit te doen nie. Dieongevallevoordele is ten opsigte van ongevalle watnie tot motorongelukke beperk is nie en volgens mnrGriessel kan dit dus nie betoog word nie dat die ver-tolking van die betrokke woorde volgens hulle gewoneen alledaagse betekenis sal lei tot 'n gevolg wat so
sinneloos is dat dit die hele doel van die versekering
onder/....
15. onder die polis sal verydel nie.
Aangesien ons nou hier te doen hetmet die vertolking van 'n polis is dit nie onvan-pas nie om as vertrekpunt kortliks te let op diebeginsels wat hier van toepassing is. Omdat onste doen het met 'n kontrak geld die gewone reëlsvan uitleg wat by kontrakte geld. In die saakScottish Union & National Insurance Co Ltdv Native Recruiting Corporation Ltd 1934 AD 458op bladsye 465 tot 466 wys Hoofregter Wesselsdaarop dat die hof, met die uitleg van 'nkontrak, moet vasstel wat die partye tot diekontrak beoog het en daarteen moet waak om in die
proses/ 16. proses van uitleg nie self 'n kontrak vir die partye
te maak nie. Die Hoofregter verklaar voorts as volg:
"We must gather the intention of the parties from the language of the contract itself, and if that language is clear, we must give effect to what the parties themselves have said; and we must presume that they knew the meaning of the words they used. It has been repeated- ly decided in our Courts that in construing every kind of written contract the Court must give effect to the grammatical and ordinary meaning of the words used therein. In ascer- taining this meaning, we must give to the words used by the parties their plain, ordinary and popular meaning, unless it appears clearly from the context that both the parties inten- ded them to bear a different meaning. If, therefore, there is no ambiguity in the words of the contract, there is no room for a more reasonable interpretation than the words them- selves convey. If, however, the ordinary sense of the words necessarily leads to some absurdity or to some repugnance or inconsistency with the rest of the contract, then a Court may modify the words just so much as to avoid that absurdity
or/
17. or inconsistency but no more."
In die saak van Gravenor v Dunswart Iron
Works 1929 AD 299 op bladsy 303 stel Stratford AR
die beginsel as volg:
"A primary rule of construction is that
words are to be given their ordinary and natural meaning. But the qualification to that rule is equally well established, namely, that if to give words their ordinary meaning would lead to an absurdity or to something which, from the instrument as a whole it can clearly be gathered the parties could not have intended, then a Court of Law is justified in departing from the literal meaning of words so as to give effect to the trueintention of the parties."
Die polis wat vertolk moet word is 'n lewens-polis met ongevallevoordele. Die risiko waarteen indie ongevallevoordele-gedeelte daarvan verseker wordis die moontlikheid van dood of ongeskiktheid weens
18/
18. beserings veroorsaak deur 'n ongeval. Omdat dit nodig
is om uit die betekenis van die woorde in die konteks
waarin hulle gebruik is die bedoeling van die partye
vas te stel, moet daar eers gekyk word waaroor dit
alles gaan wanneer 'n polis uitgeneem word.
In die Versekeringsreg is die woord "ongeval"
moeilik om te definieer en word dit in sy gewone en
alledaagse betekenis gebruik om 'n toevallige ongesogte. ongeluk of 'n teenspoedige gebeurtenis wat nie verwag
of beoog word nie,aan te dui: Gordon and Getz, The
South African Law of Insurance, 3de uitgawe bladsye
450, 478 -479; Mac Gillivray & Parkington, On Insurance
Law, 7de uitgawe bladsy 735 par 1761 en 1762;
Colinvaux, The Law of Insurance 5de uitgawe bladsy 3
par/
19. par 1 - 01; Ivamy, Personal Accident, Life and other
Insurances, 2de uitgawe bladsy 14. 'n Ongeval in
hierdie sin is die gevaar (peril) wat prognosties
gesien die moontlikheid van nadeel wat algemeen be-kend staan as risiko inhou. Spesifieke versekerings-kontrakte berus normaalweg op 'n behoorlike deurdagteprognose. Die grootte van die premie neem toe metdie omvang van die risikodekking. 'n Spesifieke risikokan alleen bevredigend beraam word as die gevaar watdaarmee saamhang in ag geneem word. Vir die intredeal dan nie van 'n gevaar is op hulle beurt verskillendeomstandighede relevant en hulle kan van uiteenlopendeaard wees. Identifisering van hierdie omstandighededien om die kontraktante in staat te stel om die
presiese/
20.
presiese omvang van die gewenste risikodekking
te beraam. Die beraming kan afgerond word met
behulp van kwalifikasies oor tyd en plek asook
deur beperking van die omvang van die versekeraar
se prestasie. Die inperking en kwalifisering van'n besondere risiko kom gewoonlik tot uitdrukking
in die risiko-omskrywende en uitsluitende bedinge
in die betrokke versekeringskontrak: kyk DieJuridiese Versekeringsbegrip met besondere verwysingna die risiko, van S W J van der Merwe, bladsye283 tot 285.
Omdat ongevalle wat moontlike nadeel kaninhou in soveel vorms kan voorkom,het die partye in die onderhawige polis die soort ongeval ten opsigte
waarvan/
21.
waarvan die versekeraar die risiko van die
versekerde oorneem spesifiek omskryf. Die ge-
deelte wat op die oomblik ter sake is, is liggaam-
like besering veroorsaak alleenlik en regstreeks
deur 'n geweldadige, uitwendige en sigbare ongelukwelke besering regstreeks en los van alle anderoorsake binne neëntig dae na die datum waarop die
liggaamlike besering opgedoen is, lei tot doodof die een of ander vorm van ongeskiktheid wat inparagrawe 2 tot 7 genoem word. Nadat die partye al-dus die gebeure of ongeval ten opsigte waarvan dieversekeraar dekking bied en dus die risiko oorneemomskryf het, het die partye ooreengekom op voorwaardes.
In klousule 1 word daar verwys na uitson-
derings/
22.en beperking op risiko. Dit kan alleen betrekkinghê op die omskrewe ongeval en die beserings watdaardeur veroorsaak word want anders sou die uit-sonderings en beperking nie nodig wees nie. Dieklousule lui as volg:
"Hierdie voordele omvat of dek nie besering of dood nie wat uitsluitlik of gedeeltelik, regstreeks of onregstreeks veroorsaak is", en dan volg paragrawe (a) (b) (c) (d) (e) (f) en (g). Paragrawe (d) en (g) lui as volg:
"(d) terwyl die versekerde lewe die strafreg oortree behoudens en behalwe enige opr trede wat 'n oortreding is slegs omdat dit 'n skending uitmaak van die reëls met betrekking tot die diensvoorwaardes van die versekerde lewe;
(g) terwyl die versekerde lewe buite die grens
is van die Republiek van Suid-Afrika (inslui- tend enige Staat wat onafhanklik is van sodanige Republiek waar sodanige Staat onmiddellik voor onafhanklikheid 'n deel
van/.....
23.
van díe Republiek vorm of gevorm het), Suidwes-Afrika, Rhodesië, Zambië, Malawi, Lesotho, Botswana, Swaziland, Australië, Nieu-Zeeland, Fiji en Europa behalwe terwyl die versekerde lewe langs direkte roete, behalwe te pad, reis tussen enige twee van die voornoemde lande." Die hoofgedeelte van die klousule verwys nie
direk na die omskrewe ongeval of enige ander gebeurteniswat die beserings of dood veroorsaak nie. In paragraaf
(g) is daar ook nie enige verwysing na so iets nie. Inparagraaf (d) is die posisie dieselfde as die woorde
"terwyl die versekerde lewe die strafreg oortree"vertolkword as 'n gebeurtenis wat slegs deur tyd verbind worden nie betrekking het op die veroorsaking van die beseringof dood nie.
Die/
24.
Die voegwoord "terwyl" beteken "gedurendedie tyd dat, solank, onverwyl": Kernwoordeboek vanAfrikaans, van de Villiers, Smuts en Eksteen, sv"terwyl" en H A T van Odendal, Schoonees, Swanepoel,du Toit en Booysen, sv "terwyl". Die woord het 'n tyds-betekenisinhoud en die gebruik daarvan in paragrawe (d)en (g) dui op 'n tydsbestek of tydsduur. Soos reeds hier-bo gemeld kan risikodekking met kwalifikasies oor tyd en
plek/
25. plek afgerond word en dit is wat die partye klaar-
blyklik in paragraaf (g) gedoen het.
In paragraaf (d) is die tydsbestek of tyds-
duur terwyl die versekerde lewe die strafreg oortree.
Dit is nie duidelik wat die doel van die uitsluiting
in die laaste gedeelte van paragraaf (d) is nie.Volgens die dekbrief tot die polis is die voorstel enverklaring, persoonlike verklaring en bykomende ver-klarings, indien enige, wat deur die versekerde tenopsigte van die polis ingedien is, tesame met die polisdie algehele poliskontrak. In die voorstel en per-soonlike verklaring van die versekerde antwoord hy vraewat die versekeraar beantwoord wil hê en wat belangrikeinligting behels in verband met gevaarsomstandighede
en/
26.
en risiko-omstandighede wat die versekeraar moetweet om hom in staat te stel om die nodige dekkingonder die polis en die premie te bepaal. Hierdie stukke is nie voor die hof geplaas nie en mag miskienbetrekking hê of lig werp op die uitsluitsel en dierede waarom dit in die polis verskyn. In die saakvan Nathan N 0 v Ocean Accident & Guarantee CorporationLtd 1959(1) SA 65 (N) op bladsye 72 - 73 was inligtingwat so in die voorstel en persoonlike verklaring aan dieversekeraar verstrek was deurslaggewend vir die be-slissing van die hof ten aansien van 'n besondere gedeeltevan die saak. Die hof het bevind dat die inligting watso verskaf was die versekeraar in staat gestel het omdie risiko te beraam en om ook van die ander bepalings
van die/
27. van die polis vas te stel. Hoe dit ook al mag wees,soos die uitsluitsel in die paragraaf voorkom is ditmoeilik met die inligting tot ons beskikking om dit
te begryp of om enige iets daarvan te maak. Indien dit enige iets mag aandui, mag dit 'n geringe aandui-ding wees van die draagwydte van die woord "strafregoortree". Strafreg is "die gedeelte van die publieke reg wat aangee watter feite strafbaar is en watterstrawwe daarop toegepas moet word": HAT sv strafreg.Volgens die Kernwoordeboek van Afrikaans, sv strafreg,is dit "wetsbepalings wat strawwe vir oortredings voor-skryf, kriminele reg."
28.
Dle gebruik van die woord "terwyl" in uit-
sonderingsvoorwaardes in polisse is nog nie in ons
howe oorweeg nie. In Engeland in die saak van Louden v British Merchants Insurance Co Ltd 1961(1) All E R
705 (QB) het die hof die geleentheid gehad om 'n uit-
sonderingsvoorwaarde wat in 'n private motorvoertuig-polis voorgekom het, te vertolk. Die voorwaarde hetdie versekeraar se aanspreeklikheid uitgesluit tenopsigte van liggaamlike besering "sustained whilst underthe influence of intoxicating liquor." Al wat die hofin verband met "whilst" gesê het was die volgende:
"There remains the question of the constructionin its context of the word "whilst". In myjudgment, it has a temporal meaning, and I amunable to read into the exemption clause anyrequirement of a causal connection between the
bodily/ \
29.
bodily injury sustained and the state ofbeing under the influence of intoxicatingliquor."
In Australië in die saak van Absalom v United ,
Insurance Co Ltd 1932 V L R 494 was aanspreeklikheid
uitgesluit ten opsigte van:
"injuries sustained while the insured isby intoxicating liquors, narcotic drugs,etc rendered less capable of taking careof himself or by or while performing anyunlawful act."
Die hof het beslis dat die woord "while" hier"a temporal and not a causal connotation" het.
In Kanada in die saak van Givens v BaloiseMarine Insurance Co Ltd (1959) 17 D L R (2d) 7 moesdie appèlhof die woorde "from the insured's use ofintoxicating liquor or narcotics or while the insured
is/
30. is under the influence thereof or affected thereby"
in 'n uitsonderingsvoorwaarde vertolk. Die meerder-
heid van die hof het beslis dat die woord "or" hier
disjunktief gebruik word en dat die laaste gedeelte
as losstaande vertolk moet word; dat "while""during
the period of time" beteken en dat dit 'n algemenepraktyk is om die werking van 'n polis op te skort ter-wyl die versekerde 'n sekere gedragslyn volg of gedurende'n bepaalde tyd soos byvoorbeeld terwyl die versekerdeonder die invloed van sterk drank of 'n verdowingsmiddelis. In sulke gevalle waar die taal wat in die polisgebruik word duidelik is, is dit nie nodig om 'n oor-
saaklike verband tussen die bedwelming en die ongeval,besering of dood te bewys nie.
In 'n/
31. In 'n latere saak in die appèlhof van Kanada,
naamlik, Astro Tire & Rubber Co of Canada Ltd v Western
Assurance Co (1979) 97 D L R (3d) 515 het die hof te
doen gehad met 'n uitsonderingsvoorwaarde wat gelui
het: "While the person insured is under the influenceof intoxicants, narcotics or anaesthetics."
Net soos in die onderhawige geval met klousule
1(i)(d) is dit voorafgegaan met die woorde "caused direct-ly or indirectly, wholly or in part." Die meerderheid vandie hof het beslis dat die woord "cause" volgens sy primêrebetekenis oorganklik is en inhou dat iemand of iets 'n ge-volg meebring of bewerkstellig. In die konteks dui dit
op 'n noodsaaklike verband tussen die toestand van onder
die invloed van drank
wees/
32.wees en die ongeval. Die hof het te kenne gegee dat
die bewoording en samestelling van die gehele uit-
sonderingsvoorwaarde in die laasgenoemde saak anders , .was en daardie saak dus onderskeibaar is. In al hierdie sake waarna verwys is,het die howe in wese hulle grootliks bepaal tot 'n letterkneg-telike vertolking van die betrokke uitsonderingsvoor-waardes.Hoe dit ook al sy, die feit bly staan datindien die woorde in klousule l(i)(d) hulle gewone enalledaagse betekenis gegee word, "terwyl" 'n tydbetekenis-inhoud het en dui op 'n tydsduur. Soos reeds aangetoondeur mnr Doctor gee dit aan klousule l(i)(d) 'n betekeniswat lei tot 'n gevolg wat absurd, onbestaanbaar en teen-
strydig/
33. strydig is. Soos ons reeds gesien het is die hof
in so 'n geval geregverdig om die letterlike betekenis
van die woorde wat gebruik word te wysig om gevolg
te gee aan die bedoeling van die partye. Nnr Doctor
het in oorweging gegee dat 'n beperkende vertolking
aan die woorde "strafreg oortree" gegee 'word. Indiendit aanvaar word, soos mnr Doctor betoog het, en myns
insiens moet dit as juis aanvaar word, dat volgens diegewone en alledaagse betekenis van die woorde die uit-
sonderingsvoorwaarde geld wanneer die strafreg oortreeword ongeag die tersaaklikheid, aard en omvang van dieoortreding, dan gaan dit nie veel verskil maak om ver-keersoortredings of nalatige oortredings uit te sluitnie of om die woorde "strafreg oortree" tot gemeenregte-
like/
34.
like misdade te beperk nie. Bowendien is daar niks
in die polis wat enige aanduiding gee dat die partye
so iets kon bedoel het nie.
Die wesenlike probleem waarmee ons dus te
kampe het is om 'n vertolking van die klousule te vind, wat die gewraakte gevolge uitskakel en tog die be-
doeling van die partye weergee. Dit kan gedoen word
deur vas te stel wat die partye in gedagte gehad het
toe hulle op die betrokke uitsonderingsvoorwaarde be-
sluit het. Soos hierbo aangetoon,het hulle met die
aangaan van die polisooreenkoms gekontrakteer ten op-
sigte van die gevaar en die risikoverskuiwing. In
klousule 1 van die uitsonderingsvoorwaarde het hulle
gehandel met gevaarsomstandighede of risiko-omstandig-
hede, aangeleenthede wat die risiko kan affektêer. Dit
35. is dus redelik om aan te neem dat dit hulle bedoeling
was dat oortreding van die strafreg van so 'n aard en
omvang moet wees dat dit die risiko kan affekteer. Om
die risiko te kan affekteer moet daar gevolglik 'n
verband tussen die oortreding van die strafreg en die
dood of ongeskiktheid wees. In welke mate die verband 'n
besondere graad van oorsaaklikheid moet toon hoef nie in hierdie saakbeslis te word nie want dit is heel duidelik op die
feite van hierdie saak dat daar nie alleen 'n oorsaaklikeverband tussen die oortreding van die strafreg deur dieversekerde en die ongeval was nie maar dat die genoemdeoortreding ook die onmiddellike oorsaak van die ongevalwas wat gelei het tot die versekerde se dood.
Die posisie in die Verenigde State van Amerika
blyk/
36. blyk uit die saak van Travelers Protective Association
of America v Prinsen (1933) vol 219 U S 576 op bladsye
582 en 583, 'n saak waar die uitsonderingsvoorwaarde
die versekeraar se aanspreeklikheid uitgesluit het
"when a member is participating in the moving
or transportation of gunpowder, dynamite or otherexplosive substance or substances." Volgens regterCardozo is daar beslissings in howe van hoe gesagdat waar uitsonderings in polisse op 'n tydsduur berus'n oorsaaklike verband tussen die verbode vorme vangedrag en die besering of dood nie nodig is nie. Ter-wyl die verbode gedrag voortduur is die polis opgeskortasof dit nooit van krag was nie. Ander howe gee weervoorkeur aan die opvatting dat, om 'n opskorting van die
polis/......
37. polis te veroorsaak, daar 'n verergering van die gevaar
waaraan die besering of dood toegeskryf word moet wees.
Die geleerde Regter verklaar dan voorts op bladsy 583,: ,
"In that aspect the insurer might be liable if the
insured had fallen from the box while asleep or in-attentive, the dynamite caps remaining unexploded
in the truck. So, policies excluding liability whilethe assured is doing an act in violation of the lawhave been read as directed to acts that aggravatethe danger, with the result that liability is un-affected by violation of the Sunday laws or of lawsagainst profanity."
Die hof het uiteindelik tot die gevolg-
trekking gekom dat die polis opgeskort was deur die
verergering/ 38.v erergering van die gevaar toe die ongeval plaas-
gevind het.
Die posisie in die Amerikaanse reg word
die beste opgesom in American Jurisprudence tweede uitgawe
vol 44 bladsy 87 paragraaf 1241, waar daar verwys
word na beslissings in verskillende State wat be-
trekking het op die uitsonderingsvoorwaarde "While
he was violating the law" of "While he was engaged in
any violation of law." In 'n aantal sake was die stand-
punt ingeneem dat die besering of dood die gevolg van
die regsoortreding moes gewees het om die versekeraar
van aanspreeklikheid te onthef. In ander weer was die
standpunt op verskillende maniere gestel, naamlik dat
die vereiste van 'n oorsaaklike verband nagekom is as
die/ 39.
die regsoortreding die onmiddellike oorsaak, of dieoorsaak, of 'n spesifieke oorsaak van die versekerdese besering of dood was, of die gevolg of die direkteof natuurlike gevolg van die regsoortreding deur dieversekerde was. In American Law Reports, Annotated,vol 166 bladsye 1137 - 1139 word daar ook verwys nadie houding van die howe in die verskillende State.Dit blyk daaruit dat hulle almal 'n oorsaaklike verbandvereis by hierdie betrokke soort uitsonderingsvoorwaardeom aanspreeklikheid uit te sluit maar dat daar nie een-stemmigheid is oor welke mate 'n oorsaaklike verbandnodig is nie. Op bladsye 1137 - 1138, word daar verwysna 'n gewysde waarin die motivering vir die vereiste van'n oorsaaklike verband voorkom. Die standpunt van die
hof/
40. hof is as volg:
" it could not be supposed that the
insured in accepting an accident policy exempting the insurer from liability for injuries or death while being engaged in any unlawful or vicious act contemplated f as embraced therein injury or death while he should be engaged in an act which would not increase the risk, and between which and the injury or death there would be no causative connection; but that it must be presumed that he contemplated only acts by which the risk would be increased, and to the doing of which the injury or death could be attributed as a reasonable conse- quence".
Die hof gaan dan voort om hierdie standpunt
met 'n voorbeeld toe te lig.
"Many deaths from accidental causes of insured persons while engaged in unlawful acts may be supposed where there would be no reasonable ground for concluding that the insured, in accepting a policy containing such an excep- tion, contemplated the loss of the indemnity contracted for if his death should be so caused.
If/
41.
If such an insured person should be killed
by a tile blown from a house top while he
was unlawfully traveling on Sunday, or if
he should be accidentally shot while vio-
lating a law against profanity, or while
unlawfully engaged in seining, it could not
be claimed reasonably that such a death
was within the exception But the
parties make their contract, and such an
exception should not be refined away by
the Court to the extent of making adifferent contract for the parties. Areasonable conclusion as to the intentionof the parties should be sought While the unlawful act of the insuredmust tend, in the natural line of causation,to his death, in order to work a forfeiture,it is not necessary that the act should bethe direct cause, nor that the preciseconsequences which actually followed shouldhave been foreseen. It is enough if theact is unlawful in itself, and the conse-quences flowing from it are such as mighthave been reasonably expected to happen,for in such a case the ultimate result istraced back to the original, proximate cause."
42.
Hierdie verwysings toon dat van dieAmerikaanse howe ook 'n beperkende vertolking ge-bruik om die gewraakte gevolge wat moontlik is in'n uitsonderingsvoorwaarde soos die vervat inklousule l(i)(d), uit te skakel.Dit dien miskien hier gemeld te word datons in die onderhawige saak te doen het met die uitlêvan 'n kontrak in die lig van die reëls van ons eie reg en niegeskonde is deur die beskouings van die Engelse of Amerikaanse reg nie.Met die vereiste dat die oortreding van diestrafreg van so 'n aard en omvang moet wees dat dit dierisiko kan affekteer, word daar gevolg gegee aan diebedoeling van die partye en die gewone en alledaagsebetekenis van die woorde "strafreg oortree" word slegs
so/
43. so beperk dat dit die moontlikheid van die gewraakte
gevolg uitskakel.
Mnr Doctor het sy voorbeeld van wat in
die gedagtes van 'n persoon wat die polis uitneem
omgaan gebruik om so 'n beperkende betekenis aan die
woorde "strafreg oortree" te gee dat nalatigheid aandie kant van die versekerde nie daaronder val nie.
Indien daar bloot na die omskrywing van ongevalin die polis gekyk word dan is die versekerde ge-regtig bm te dink dat hy gedek word ten opsigte vanso 'n ongeval. Vanweë die betekenis en aard van 'nongeval in die versekeringsreg het nalatigheid aandie kant van die versekerde nie die gevolg dat diebetrokke voorval wat besering of dood veroorsaak
44.
nie meer 'n ongeval is nie: kyk Griessel N 0 vS A Myn en Algemene Assuransie (Edms) Bpk 1952 (4)S A 473 (T) op bladsy 477; Gordon and Getz (op.cit)bladsy 452; Marcel Beller Ltd v Hayden 1978(3)All ER 111 (QB) op bladsy 116. Dit is dus slegsdie betekenis en aard van die voorval ten opsigtewaarvan die polis uitgeneem word wat so 'n indrukkan skep. Die versekerde het egter ook in die polis-ooreenkoms uitdruklik ooreengekom ten opsigte vándie ui'tsonderingsvoorwaardes wat die aanspreeklik-heid van die versekeraar uitsluit waar die beseringof dood veroorsaak is terwyl die versekerde die strafregoortree. As daar dus 'n oorsaaklike verband tussen dieoortreding en die besering of dood is dan het die
versekerde/
45. versekerde geen verhaal onder die polis nie. Die
gewone en alledaagse betekenis van strafreg oortree
lewer geen probleme op nie. Indien die versekerde
se nalatige handeling dus sou neerkom op 'n oortreding
van die strafreg en dit 'n verband met die besering ofdood het dan het die versekerde geen verhaal nie. In-
dien sy nalatige handeling nie hieronder val nie dan
het hy nog sy dekking onder die polis ondanks sy nala-
tigheid. Daar is niks in die polis self wat dit nodig
maak om yan die gewone en alledaagse betekenis van die
woorde "strafreg oortree" af te wyk nie. Dit kan ook
nie met enige regverdiging betoog word dat versekering
onder die polis verydel word indien daar nie afgewyk
word van die gewone en alledaagse betekenis van die
betrokke/
46. betrokke woorde nie. In hierdie verband moet dit
beklemtoon word dat ons nie hier te doen het met' 'n motorversekeringspolis waarin aanspreeklikheid
van die versekerde verseker word nie. In sulke
gevalle is die groot oorweging van die versekerde
by die uitneem van die polis die gevaar van aanspreek-
likheid as gevolg van die versekerde se nalatigheid.
In ons howe was daar nog net een saak naam-
lik Niemand v African Life Assurance Society Ltd 1969 (3)
SA 259 (C) waarin ondersoek ingestel is na die beteke-
nis van die woorde " in violation of any law" in 'n
uitsonderingsvoorwaarde. Die hof het beslis dat vol-
gens hulle gewone en alledaagse betekenis hulle oor-
treding van 'n padverkeerordonnansie wat as volg lui
insluit/ 47. insluit:
"any person who drives a vehicle on a public road -
(a) recklessly or negligently (or)
(c) at a speed or in a manner which is
dangerous to the public shall
be guilty of an offence."
Dit was nie in daardie hof betoog dat so 'n ver- tolking die versekering onder die polis sal verydel
Die hof is verwys na sake soos Tinline vWhite Cross Insurance 1921 (3) K B 327 en James vBritish General Insurance Company Ltd 1927 (2) K B311 wat beide gehandel het met polisse waar spesifiekversekering verkry is teen aanspreeklikheid vir
besering/
48.
besering of skade as gevolg van 'n ongeluk wat ge- beur terwyl die versekerde sy motorkar bestuur.Daar was geen uitsonderingsvoorwaardes in diepolisse nie en aangesien die versekerde se han-deling wat die ongeval veroorsaak het, neergekomhet op 'n misdaad omdat hy 'n statutêre oortredinggepleeg het, het die versekeraar die standpuntingeneem dat dit teen die openbare belang souwees om hom toe te laat om onder die polis teverhaal en dus voordeel te trek uit sy misdaad.Hierdie sake en die ander waarna mnr Doctor ver-wys het, het hulle eie probleme gehad wat nieenigsins help om sy betoog te steun nie.
49.
Die appellant het die onderhawige polisaangegaan en toegestem tot al die bepalings en tensyuit die bepalings van die polis aangetoon kan worddat die partye nie die bedoeling gehad het om alleoortredings van die strafreg soos dit algemeen verstaanword in die uitsonderingsvoorwaarde in te sluitnie, moet gevolg gegee word aan die voorwaarde.
Onder al die omstandighede kan dit nie gesêword dat die verhoorhof se beslissing verkeerd was nie.
Die appèl word gevolglik van die hand gewysmet koste wat die koste van twee advokate insluit.
APPÉLREGTER
Trengove AR) stem saamHefer AR)MARTHINUS JOHANNES LOURENS N 0 AppellantenCOLONIAL MUTUAL LIFE ASSURANCE Respondent
SOCIETY LIMITED
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPÉLAPDELING)In die saak tussen:MARTHINUS JOHANNES LOURENS N O Appellant
SOCIETY LIMITEDCoram: Jansen, Kotzé, Trengove, Hefer et Boshoff, ARRVerhoor: 10 September 1985
Gelewer: 25 Februarie 1986
UITSPRAAKKotzé, AR :Hoewel ek die voordeel van insae in die uit-spraak van BOSHOFF A R gehad het, het ek nogtans tot
die /2
-2-
die teenoorgestelde slotsom gekom. Ek sal trag om dieredes vir my benadering bondig te stel.
Die basiese voordeel onder die polis bepaal datdie versekerde bedrag van R30 000,00 betaalbaar is waardie dood van die versekerde binne negentig dae ingetreehet na liggaamlike besering wat alleenlik en regstreeksveroorsaak is deur gewelddadige, uitwendige en sigbareongeluk. Dit was by die verhoor gemeensaak dat die ver-sekerde se dood aldus veroorsaak is. In die afwesigheidvan 'n paslike uitsonderingsvoorwaarde geld hierdie vormvan dekking selfs waar die betrokke ongeluk deur die ver-sekerde se eie nalatigheid veroorsaak is (vgl. Cornish vAccidental Insurance Co (1883) 23 Q B D 453 op 457).
Die /3-3-Die respondent beroep sigself wel op 'n uitsonder-ingsvoorwaarde (hierna "die uitsondering" genoem) watbepaal dat die voordele betaalbaar onder die polis niedood omvat of dek wat
"uitsluitlik of gedeeltelik, regstreeks of onreg- streeks veroorsaak is ... terwyl die Versekerde Lewe die strafreg oortree behoudens en behalwe enige optrede wat 'n oortreding is slegs omdat dit 'n skending uitmaak van die reëls met betrek- king tot die diensvoorwaardes van die Versekerde Lewe."
Die fundamentele, en by ooreenkoms enigste,vraag wat beantwoord moet word is of oortredings van die
Padverkeerordonnansie.../4
Padverkeerordonnansie of Padverkeerregulasies, oortredingsvan die strafreg soos bedoel deur die uitsondering uit-maak en derhalwe die respondent van aanspreeklikheidonthef.
Met betrekking tot die uitspraak van VIVIER Rin die Hof a quo - gerapporteer te 1984(2) S A 80 - isek dit eens met die mening en met die redes daarvoor{84 D-G) dat die woord "terwy1" in die uitsondering nie'n kousale verband vereis tussen die dood en die strafreg-telike oortreding maar slegs dat dit intree gedurendedie tyd dat die oortreding geskied. Maar, met eerbied,kan ek nie saamstem dat aan die woord "strafreg" sy "gewone,alledaagse betekenis" van "enige kriminele oortreding"
( emf ase /5-5-(emfase aangebring) geheg moet word nie (87 E-F). So'n vertolking het absurde konsekwensies tot gevolg. Ekvolstaan met slegs 'n paar treffende voorbeelde verstrekdeur die appellant se advokaat tydens sy betoog: waardie dood bv intree wanneer die versekerde te voet 'nstraat oorsteek en omgery word terwyl hy in gebreke ismet die betaling van sy televisielisensie of nadat dietyd op die parkeermeter waar sy voertuig staan reedsverstryk het of terwyl sy voertuig op 'n verbode plekkiegeparkeer staan of terwyl hy meer as die veroorloofdekrewe of oesters in sy besit het. Dit is ondenkbaardat dit die bedoeling van die partye tot die kontrak vanversekering kon gewees het dat die dekking in hierdie
omstandighede /6
-6- omstandighede uitgesluit word.
Wanneer letterlike uitleg van 'n uitsonderings-voorwaarde in 'n polis van versekering absurde konsekwensiestot gevolg sal hê, is dit die taak van die Hof om die ab-surditeite uit te skakel en so die juiste vertolkingte bepaal. Een van die redes waarom die howe so 'n be-nadering volg is dat die doel van uitsonderingsvoorwaar-des is om aanspreeklikheid te vermy of te beperk. In so'n geval, om die bewoording in 'n Engelse saak aan te haal,
"one must see if this stipulation ... is intro- duced by way of exception ... and if so, we must take care not to give it an extension beyond what is fairly necessary, because those
who /7
-7- who wish to introduce words in a contract in order to shield themselves ought to do so
in clear words." (Per BOWEN L J in Burtonand Co v English and Co (1883) 12 Q B D 218 op222).Hierdie benadering is gegrond op twee reëls nl die contraproferentem reël (verba chartarum fortius accipiunturcontra proferentem) en die reël dat die verassurreerdebegunstig behoort te word. In Price and another v In-corporated General Insurances Ltd , 1983(1) S A 311 (A)op 315G- 316B - waar die betekenis van 'n uitsonderings-voorwaarde in 'n polis dat "the company shall not be liablefor ... any item of jewellery ... unless such item is in
a /8-8-a locked safe while not being worn or used" ter sprakewas - stel WESSEL A R die posisie as volg:
"It was laid down by this Court in French Hair-
dressing Saloons Ltd v National Employers Mutual
General Insurance Association Ltd 1931 A D 60 at 65 that ' it is an accepted principle in in- terpreting insurance contracts that it is the duty of the insurer to make it clear what par- ticular risks he wishes to exclude'. In Kliptown Clothing Industries (Pty) Ltd v Marine and Trade Insurance Co of S A Ltd 1961(1) S A 103 (A) SCHREINER J A stated the following at 108B-C in regard to the interpretation of
insurance /9
-9- insurance contracts: 'I conclude therefore that the contraproferentem rule and the rule that the assuredshould be favoured ought to be taken into accountwherever there is a real and not a manufactureddifficulty in ascertaining the true interpreta-tion of the condition, whether that difficultyis apparent on the face of the policy or isonly made to appear when it is sought tp applythe condition to the facts.'In my opinion, the defendant has failed inits duty to make it clear what particularrisks it wished to exclude. I have already
pointed /10
-10- pointed out earlier in this iudgment that acci-
dental loss may conceivably occur while a ring
is being transferred from the finger to the safe
or vice versa. A iewel-encrusted gold cigarette-
lighter is used to light a cigarette. Doesthe condition in question mean that, each timeit has been used to light a cigarette, it mustforthwith be returned to a locked safe? Iconclude, therefore, that the contra proferentemrule and the rule that the assured should befavoured ought to be taken into account in ascer-taining the true interpretaion of the conditionin question."
Ek /11
-11-
Ek het hierbo aangedui dat, in die afwesigheidvan 'n geldige uitsondering, die basiese voordeel beoogdat die versekerde bedrag betaal sal word selfs waar diebetrokke ongeluk gewyt kan word aan die versekerde se eienalatigheid. In die geval van 'n polis van die aardwat hier te sprake is, kan aanvaar word dat die versekerdeo a vrywaring verlang teen sy eie onbesonne of nalatigeoptrede wat n ongeluk tot gevolg mag hê. Die uitlegvan die uitsondering en meegaande uitskakeling van ab-surditeite moet teen hierdie agtergrond geskied. Aldusbenader,is dit heeltemal duidelik dat, indien die uitsonder-ing enige kriminele oortreding behels, die gevolg - indie woorde van LORD GREEN M R in Woolfall and Rimmer, Ltd
v Moyle /12
-12-v Moyle (1942) 1 K B 66 (C A) op bl 72 , - sou wees"... to exclude from the scope of the indemnitywhich the policy purports to give a very largeand important class of case whioh in the bodyof the policy is expressed to fall within it."En dan volg 'n riglyn wat myns insiens, in 'n geval soos dieonderhawige,die billike is:
"It is true that the document must be read as a whole, and that wide and comprehensive words of obligation imposed on the underwriters in the body of the policy may be cut dowh by subsequent clauses in the document, but ... I consider that a policy of this kind is not to be approached
with /13
-13- with the idea that a large part of the benefit of the insurance, which any employers would pbviously wish to get, and which is at the outset given in wide terms, is to be eliminated by a 'condition' tucked away at the end of the policy in the context in which this condition is found ...". (Op 72-73)
My ampsbroer BOSHOPF aanvaar dat 'n wysigingvan die letterlike betekenis van die uitsondering onver-mydelik is en kom tot die besluit dat oortreding van diestrafreg op so 'n wyse uitgelê behoort te word dat dit slaanop 'n oortreding wat die risiko affekteer in die sin dat
daar /14 -14- daar 'n verband tussen die oortreding en die dood moet wees. So'n uitleg steun juis op 'n kousale verband van een of ander aardtussen die oortreding en die dood en weerspreek die woord "terwyl"wat nie ruimte laat vir die kousale element nie. Ditis in hoofsaak die rede waarom ek met eerbied nie met myampsbroeder se benadering kan saamgaan nie. Die vraagontstaan gevolglik wat die ware uitleg ("true interpre-tation") van die uitsondering is. In hul volledigebetoe het die advokate ons aandag gevestig op gesag inlande oorsee wat tot 'n mate te doen het met die soortprobleem wat hier te sprake is maar m i behoort gemeldegesag onderskei te word en bied dit nie hulp by die ver-tolking van die uitsondering nie. Aan die een kant is
daar /14(a)-14(a)-daar sake soos Louden v British Merchants InsuranceCompany Limited, Absalom v United Insurance CompanyLimited, Givens v Baloise Marine Insurance Co Limited,Astro Tire and Rubber Co of Canada Ltd v Western AssuranceCo en Travellers Protective Association of America vPrinsen (aangehaal deur BOSHOFF A R in sy uitspraak)wat betrekking het op omskrewe uitsonderings wat bvbeperk word tot beserings opgedoen terwyl die invloedvan drank, verdowingsmiddels ens geld of terwyl plofstowwe
vervoer word. Hierdie gevalle verskil van die onderKawige
een in soverre dat hulle nie naasteby die absurde konse-kwensies tot gevolg het wat die uitsondering kenmerk nie.Daarenteen is daar sake soos Crown Life Insurance Co v
Milligan /14 (b) -14(b)-Milligan en Robinson v L'Union St Joseph du Canada (aangehaaldeur VIVIER R op 86 bo-E). Die basis van onderskeidingin hierdie gevalle is dat ofskoon die relevante uitsonder-ingsbepalings wyd gestel is en 'n beperkende uitleg ontvanghet, die bewoording heeltemal verskil van die bewoordingvan die uitsondering. Dit is dus duidelik dat die wareuitleg van die uitsondering op sy besondere bewoordingen ooreenkomstig die beginsels neergelê in Burton en Pricese sake (supra) en gesag waarna in gemelde sake verwysword behoort te geskied. Die respondent het die bewoor-ding van die uitsondering bepaal en het deur gebruik temaak van die woord "strafreg", wat 'n wye betekenis het,sy plig versuim om op duidelike
wyse /15 wyse te omskryf hoe sy aanspreeklikheid beperk word. Ge-volglik vereis die contra proferentem reël en die reëldat die verassureerde begunstig behoort te word dat daar aan die woord strafreg nie 'n wye onbeperkte betekenisgegee word nie. Die uitdrukking "die strafreg oortree"behels in wye sin oortredings van die gemene reg sowelas die wettereg. In engere sin kan dit redelikerwys beperkword tot die gemene reg. Na my mening behoort aan gemeldeuitdrukking die betekenis gegee te word van "die gemeen-regtelike strafreg". Op hierdie manier word oortredings van diewettereg, wat talle beuselagtige oortredings behels sowel as talleabsurditeite uitgeskakel en wat dan getref word deur die uitsonderingis grotendeels ernstige oortredings. Hierdie uitleg strook met die
reëls /16 -16- reëls hierbo vermeld en verbied ook 'n verwatering van diebasiese voordeel deur beskerming te bied teen wat 'n ver-sekerde in die reël van 'n ongevalleversekeraar verwagnl sy eie onbesonne of nalatigc optrede.
Die uitsondering bevat 'n uitsondering van sy eie nl "behoudens en behalwe enige optrede wat 'n oortredingis slegs omdat dit 'n skending uitmaak van die reëls metbetrekking tot die diensvoorwaardes van die VersekerdeLewe." Die saakstukke bevat hocgcnaamd gcen aanduidinghoe hierdie deel van die uitsondering in verband gebringword met 'n oortreding van die strafreg nie. Die geleerdeRegter in die Hof a quo beskou hierdie bepaling as
" ... 'n aanduiding dat alle oortredings van
die /17 -17-die strafreg inbegrepe is" (87F-G). Na my mening is hierdie bepaling gans te vaag om so 'nafleiding te regverdig. Weens die vaagheid daarvan isdit byna betekenisloos en, na my mening, nie aanwendbaaras 'n middel om die onduidelikheid, waarvoor die respondentas opsteller van die polis verantwoordelik is, uit dieweg te ruim nie. Die geskiedkundige agtergrond van dieuitsondering blyk ook nie uit die saakstukke nie. Ditis moontlik dat dit sy oorsprong in die verre verledekon gehad het toe boetes en straf ("fine and punishment")kragtens die gemene reg aan werknemers wat hul verpligtingeversaak het,opgelê kon word. (Vgl Spencer v Gostelow, 1920 AD 617 op 640). Hierdie moontlikheid berus weliswaar
op /18
-18- op blote bespiegeling maar verdien nogtans vermeldingom nadruk te lê op die gevare verbonde aan die maakvan afleidings uit duistere en onduidelike bepalings van 'n polis van versekering.
My gevolgtrekking is dus dat die woord "strafreg"in die uitsondering 'n verwysing na die gemeenregtelikestrafreg is en gevolglik dat die oortredings wat die ver-sekerde volgens die bevinding van VIVIER R gepleeg het(83H-84A) nie deur die uitsondering behels word nie.Ek sou derhalwe die appèl handhaaf met koste en die bevelin die Hof a quo vervang met 'n bevel dat die verweerder(respondent) aan die eiser (appellant) 'n bedrag van R30 000,00tesame met rente ten bedrae van 11 per centum per annum
a /19
-19-a tempore morae tot op datum van betaling met gedingkostebetaal.
APPÉLREGTERJANSEN AR ) stem saam
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.