Matlare v S (441/2003) [2004] ZASCA 5 (11 March 2004)
- Citation
- [2004] ZASCA 5
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Scott, Brand, Lewis
- Case number
- 441/2003
More details
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Panel
- Scott, Brand, Lewis
- Case number
- 441/2003
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the appellant's version of events was so improbable, given the proven facts and the credible testimony of Inspector Oosthuizen, that it could not reasonably be true. The evidence established that the appellant was actively involved in the transaction involving counterfeit banknotes, including retrieving the bag and participating in negotiations. The trial court's rejection of the appellant's denial was justified. Regarding sentence, the court held that the seriousness of the offence, the substantial value of the counterfeit notes, and the potential harm to commercial transactions outweighed the appellant's personal circumstances. The sentence imposed was not shockingly inappropriate and did not warrant interference on appeal.
Court disposition
The appeal against conviction and sentence is dismissed.
Orders
- The appeal against both conviction and sentence is dismissed.
02
Material facts
Parties
Samuel Mawake Matlare
AppellantThe State
RespondentAmounts and remedies
- Number of Counterfeit R200 Notes: ZAR 5,570
- Negotiated Sale Price: ZAR 240,000
03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal From Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the appellant was correctly convicted under section 34(1)(b) of the South African Reserve Bank Act 90 of 1989 for offering counterfeit banknotes.
- 02
Whether the trial court was justified in rejecting the appellant's version of events.
- 03
Whether the sentence imposed was unduly harsh given the appellant's personal circumstances.
Party arguments
- Applicant
- The appellant denied any involvement in the offering of counterfeit banknotes, claiming he was merely present to assist his co-accused and was unaware of the contents of the bag. He argued that his presence at the scene was coincidental and that he did not participate in the transaction. He further contended that the sentence imposed was excessive, considering his status as a first offender, his stable employment history, and his responsibilities as a father of three minor children.
- Respondent
- The State relied on the testimony of Inspector Oosthuizen, who described the appellant's active involvement in the transaction, including retrieving the bag containing counterfeit notes and participating in negotiations. The State argued that the appellant's version was highly improbable given the evidence and circumstances, and that the seriousness of the offence justified the sentence imposed.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v M 2001 (1) SACR 85 (SCA)
The mere fact that portions of an accused's version are not directly contradicted by State witnesses does not mean those portions must be accepted as true by the court; they may be so improbable in light of proven facts that they cannot reasonably be true.
- 02
S v Malgas 2001 (1) SACR 469 (SCA)
Sentencing must balance the seriousness of the offence with the personal circumstances of the accused, but serious crimes involving substantial financial harm justify substantial sentences.
- 03
R v Dhlumayo 1948 (2) SA 677 (A)
Credibility findings by the trial court, especially where a witness's evidence is not challenged in cross-examination, are entitled to deference on appeal unless clearly wrong.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the appellant's version of events was so improbable, given the proven facts and the credible testimony of Inspector Oosthuizen, that it could not reasonably be true. The evidence established that the appellant was actively involved in the transaction involving counterfeit banknotes, including retrieving the bag and participating in negotiations. The trial court's rejection of the appellant's denial was justified. Regarding sentence, the court held that the seriousness of the offence, the substantial value of the counterfeit notes, and the potential harm to commercial transactions outweighed the appellant's personal circumstances. The sentence imposed was not shockingly inappropriate and did not warrant interference on appeal.
Obiter and limits
- The court noted that crimes involving counterfeit currency pose significant risks to the integrity of commercial transactions and justify stern punishment.
- The appellant's failure to immediately protest his innocence to the police was inconsistent with his claimed ignorance of the crime.
Court disposition
The appeal against conviction and sentence is dismissed.
- The appeal against both conviction and sentence is dismissed.
Source and reliance status
Supreme Court of Appeal
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Supreme Court of Appeal
Judgment
Last Updated: 11 August 2004
DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈLVAN SUID-AFRIKA
Saaknommer: 441/2003
In die saak tussen :SAMUEL MAWAKE MATLARE APPELLANTen
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM : SCOTT, BRAND en LEWIS ARR
DATUM : 2 MAART 2004
GELEWER : 11 MAART 2004
Opsomming: Oortreding van a 34(1)(b) van Wet 90 van 1989 – aanbieding van vervalste banknote – die appellant se verweer dat hy geen aandeel gehad het in die aanbieding van die vervalste note deur sy medebeskuldigde nie – tereg deur die verhoorhof verwerp._________
UITSPRAAK
_________
BRAND AR/BRAND AR:[1] Die appellant en sy medebeskuldigde ('beskuldigde 2') het in die streekhof te Bela Bela, destyds Warmbad, tereggestaan. Die aanklag teen hulle was dat hulle op 28 Oktober 1999, 5 570 vervalste R200-note 'aangebied het, wetende dat dit vervals is' en hulle sodoende aan 'n misdaad ingevolge a 34(1)(b) van die Wet op die Suid-Afrikaanse Reserwebank 90 van 1989, skuldig gemaak het. Beide die beskuldigdes het onskuldig gepleit. Aan die einde van die verhoor is hulle egter skuldig bevind soos aangekla en albei gevonnis tot twaalf jaar gevangenisstraf waarvan vier jaar voorwaardelik vir 'n tydperk van vyf jaar opgeskort is. Die appellant se appèl teen beide hierdie skuldigbevinding en vonnis na die Pretoriase Hooggeregshof is van die hand gewys. Daarna het die hof a quo (Motata R en Jooste Wn R), sonder enige opgaaf van redes, aan die appellant verlof verleen om hierdie verdere appèl, weer eens teen beide skuldigbevinding en vonnis, aan hierdie hof te rig.[2] Die appellant ontken nie dat die ten laste gelegde misdaad in sy teenwoordigheid gepleeg is nie. Sy weergawe is dat dit gepleeg is deur beskuldigde 2 en dat hy niks daarmee te doen gehad het nie. Die meriete van die appèl teen skuldigbevinding wentel uitsluitlik om die vraag of die verhoorhof se verwerping van die appellant se weergawe geregverdig was. Die Staat het slegs een getuie geroep, synde inspekteur
O Oosthuizen, wat indertyd aan die bedrogtak van die Suid-Afrikaanse Polisiediens verbonde was. In breë trekke kom Oosthuizen se getuienis daarop neer dat hy reeds aan die begin van 1999 inligting ontvang het van mense wat vervalste geld wil verkoop. Daarop het hy vir die voornemende verkopers 'n strik gestel deur dit rugbaar te maak dat hy in so 'n transaksie sou belangstel. 'n Paar dae later het ene Pieter, wat later geblyk het beskuldigde 2 te wees, in die strik getrap deur telefonies met Oosthuizen in verbinding te tree. Volgens Pieter, oftewel beskuldigde 2, wou hy vervalste note met 'n sigwaarde van om en by R1 miljoen 'verkoop'. Die note was egter nie by hom nie maar in besit van sy vriend Sam. Ten einde so 'n verkoopstransaksie te beklink het Oosthuizen verskeie afsprake met beskuldigde 2 gemaak. By elkeen van hierdie geleenthede het beskuldigde 2 egter sonder Sam en sonder die vervalste geld opgedaag. Gevolglik het geen transaksie by daardie geleentheid plaasgevind nie.[3] Op die ou end het Oosthuizen egter die ontmoeting met beskuldigde 2 gereël wat tot die arrestasie van hom en die appellant aanleiding gegee het. Volgens Oosthuizen het hy en beskuldigde 2 vooraf afgespreek dat die ontmoeting op die betrokke aand van 28 Oktober 1999 sou plaasvind op die parkeerterrein van 'n winkel in Bela Bela en dat beskuldigde 2 sou opdaag in 'n wit bakkie waarvan hy 'n volledige
beskrywing gegee het, onder meer, dat dit met 'n kappie en getinte ruite toegerus was. Ter nakoming van die afspraak het Oosthuizen toe die aand saam met twee ander polisiebeamptes op die afgesproke tyd en plek vir beskuldigde 2 en sy metgeselle ingewag. 'n Wit bakkie wat aan beskuldigde 2 se vooraf beskrywing voldoen het, het opgedaag. Daar was drie persone in die voertuig. Eers het slegs beskuldigde 2 uitgeklim. Oosthuizen het egter daarop aangedring dat die ander twee insittendes ook uitklim. Toe al drie buite was het Oosthuizen gevra waar die geld is. Hierop het beskuldigde 2 die appellant versoek om die sak geld voor uit die bakkie te gaan haal. Die appellant het aan die versoek voldoen en met 'n blou plastiese drasak te voorskyn gekom. Die sak is oopgemaak en die geld wat daarin was is aan die aanwesiges vertoon. By latere ondersoek het dit geblyk 5 570 vervalste R200-note te wees. Vervolgens het Oosthuizen en beskuldigde 2 onderhandel oor 'n prys. Tydens die onderhandelinge het beskuldigde 2 met die appellant gekommunikeer in 'n taal wat Oosthuizen nie verstaan het nie. Uiteindelik is daar toe op 'n 'koopprys' van R240 000 ooreengekom. Na sluiting van die ooreenkoms het Oosthuizen en sy kollegas hulle as polisiebeamptes geïdentifiseer en al drie insittendes van die bakkie gearresteer. Die appellant en beskuldigde 2 het egter daardie selfde aand nog vir die polisie gesê
dat die derde insittende, wat later geblyk het mnr M Ngwane te wees, slegs die voertuig bestuur het en dat hy met die hele saak niks te make gehad het nie. Gevolglik is die vervolging teen Ngwane nie voortgesit nie. In kruisverhoor namens die appellant is nie aan Oosthuizen gestel dat sy getuienis in enige opsig betwis word nie.[4] Die appellant se verweer was in wese 'n ontkenning dat hy hoegenaamd van die vervalste geld in die sak bewus was. Volgens sy getuienis het hy op die toneel van die misdaad beland omdat hy vir beskuldigde 2, vir wie hy ongeveer drie maande tevore ontmoet het, 'n guns wou bewys. Laat die namiddag van 28 Oktober 1999, so het die appellant verduidelik, het beskuldigde 2 hom in die dorp Northam genader vir 'n geleentheid na Bela Bela waar hy, beskuldigde 2, sy broer wou gaan sien. Die appellant kon nie aan die versoek voldoen nie omdat sy voertuig stukkend was. Tog wou hy graag vir beskuldigde 2 van hulp wees omdat dié hom vantevore uitgehelp het toe hy in die nood was. Toevallig het 'n ou bekende van die appellant, Ngwane, met sy wit bakkie op die toneel verskyn waarop die appellant hom genader het om vir beskuldigde 2 na Bela Bela te neem. Ngwane het ingestem op voorwaarde dat die appellant hulle vergesel aangesien beskuldigde 2 vir hom 'n totale vreemdeling was.[5] So het die drie van hulle toe na Bela Bela afgereis voor in Ngwane se wit bakkie. Die
appellant het gesien dat beskuldigde 2 'n blou plastiese drasak by hom het, maar hy het nie geweet wat in die sak was nie. In Bela Bela aangekom het beskuldigde 2 hulle na die parkeerterrein van 'n winkel beduie waar hy sy broer sou ontmoet. Daar het hulle, weer eens op beskuldigde 2 se aanwysing, langs die voertuig gestop waarin Oosthuizen en sy twee kollegas gery het. Beskuldigde 2 het met sy plastiese sak uit die voertuig geklim en met 'n man wat later geblyk het Oosthuizen te wees, gepraat. Hoewel hierdie gesprek in die appellant se teenwoordigheid plaasgevind het, kon hy nie sê waaroor hulle gepraat het nie. So het hy byvoorbeeld glad nie gehoor dat die bedrag van R240 000 genoem word nie. Op 'n stadium het hy wel in Setswana by beskuldigde 2 navraag gedoen waaroor die gesprek gaan waarop beskuldigde 2 geantwoord het dat Oosthuizen sê 'die geld wat hy vra is baie'. Hierdie antwoord, wat, sonder meer, onsinnig is, het die appellant nie verstaan nie. Hy het egter nie kans gehad om beskuldigde 2 verder uit te vra oor die betekenis daarvan nie omdat Oosthuizen en sy twee kollegas hulle op daardie stadium as polisiebeamptes geïdentifiseer het en vir appellant-hulle onder arres geplaas het. Volgens die appellant het hy geen idee gehad waarvoor hy gearresteer word nie. Van die vervalste geld in besit van beskuldigde 2 was hy geheel en al onbewus. Hoewel Oosthuizen se getuienis,
dat dit die appellant was wat die geld in die bakkie gaan haal het en dat die inhoud van die sak op die toneel vertoon is, nie in kruisverhoor betwis is nie, het die appellant dit in sy getuienis as onwaar ontken. Oor waarom hy hom nie die betrokke aand teenoor die polisie verontskuldig het nie was die appellant se verduideliking dat hy nie die geleentheid daartoe gehad het nie. Daarteenoor het die appellant erken dat hy en beskuldigde 2 wel vir Oosthuizen gesê het dat Ngwane bloot die bakkie bestuur het en met die hele saak niks te make gehad het nie. Die appellant het ook toegegee dat hy oor die algemeen as 'Sam' bekend staan.[6] Benewens die appellant self is Ngwane namens hom as getuie geroep. Hy het die appellant se weergawe in alle wesenlike opsigte ondersteun. Verdere getuienis namens die appellant het gehandel oor 'n brief wat na bewering deur beskuldigde 2 aan die appellant geskryf is welke bewering namens beskuldigde 2 ontken is. Hoewel daar tydens die verhoor van die brief heelwat gewag gemaak is, is dit in hierdie hof tereg namens die appellant toegegee dat die brief as onsaaklik buite rekening gelaat kan word.[7] Namens beskuldigde 2 is in kruisverhoor aan die appellant gestel dat hy die eintlike verkoper van die vervalste geld was terwyl beskuldigde 2 slegs as tussenganger opgetree het. Hoewel die staat gepoog het om op hierdie stellings te steun, het beskuldigde
2 nie getuig nie en moet hierdie stellings namens hom derhalwe by die beoordeling van die appellant se weergawe buite rekening gelaat word. [8] Die verhoorhof het Oosthuizen 'n geloofwaardige getuie bevind. In die lig daarvan het die hof beslis dat die appellant se weergawe nie redelik moontlik waar kon wees nie. Die hof a quo het hierdie bevinding sonder enige kenbare ontleding van die getuienis aanvaar. In hierdie hof is die geloofwaardigheidsbevinding ten gunste van Oosthuizen nie aangeveg nie. Desondanks is namens die appellant betoog dat 'n wesenlike gedeelte van die appellant se weergawe, soos gestaaf deur Ngwane, nie direk deur Oosthuizen betwis kon word nie en dat hierdie onbetwiste gedeeltes van die appellant se weergawe redelike twyfel oor sy betrokkenheid by die misdaad skep. [9] As 'n algemene reël beteken die blote feit dat gedeeltes van 'n beskuldigde persoon se weergawe nie direk deur die staatsgetuies betwis kan word nie, nie dat daardie gedeeltes sonder meer deur die hof as die waarheid aanvaar moet word nie. Dit mag wees dat daardie gedeeltes, in die lig van die bewese feite, so onwaarskynlik is dat dit nie redelik moontlik waar kan wees nie. Myns insiens is dit presies wat hier gebeur het. Omdat Oosthuizen se geloofwaardigheid bo verdenking staan, moet sy weergawe as deel van die bewese feite aanvaar word. Hiervolgens is dit deel van die bewese feite dat
beskuldigde 2 reeds ongeveer tien maande voor die voorval na sy meeloper verwys het as 'Sam' en dat hy reeds tydens die vooraf reëling van die betrokke ontmoeting, Ngwane se wit bakkie in besonderhede aan Oosthuizen beskryf het. Dit alles maak natuurlik die appellant se weergawe waarvolgens die teenwoordigheid van hom en Ngwane op die misdaadtoneel bloot toevallig was, hoogs onwaarskynlik. [10] Voorts is daar 'n hele aantal oorwegings voortspruitend uit Oosthuizen se beskrywing van wat op die misdaadtoneel gebeur het wat net nie te rym is met die appellant se bewerings van salige onskuld nie. In die eerste plek sou beskuldigde 2 dit nouliks waag om in teenwoordigheid van 'n onskuldige buitestaander 'n ernstige misdaad te pleeg, en om dan boonop hierdie onskuldige buitestaander te vra om die sak met vervalste note uit die voertuig te haal. Voorts is dit hoogs onwaarskynlik dat die appellant niks sou agterkom uit die trant van die onderhandelinge tussen Oosthuizen en beskuldigde 2 nie. Die mees ooglopende onwaarskynlikheid is egter dat die appellant, selfs toe 'n groot bedrag geld in die plastiese sak vertoon is, steeds nie sou agterkom dat alles nie pluis is nie. Hierdie ooglopende onwaarskynlikheid is dan ook klaarblyklik die voor-die-hand-liggende rede waarom die appellant in sy getuienis ontken het dat die geld op die toneel vertoon is, terwyl hierdie feit nou,
ooreenkomstig die toegewings namens die appellant, tesame met die res van Oosthuizen se getuienis, as 'n gegewe aanvaar moet word.[11] 'n Verdere kraak in die appellant se verhaal is die teenstrydigheid dat hy wel tyd gehad het om vir die polisie te sê dat Ngwane met die hele saak niks te doen het nie, maar terselfdertyd onvoldoende geleentheid gehad het om sy eie betrokkenheid teenoor die polisie te ontken. In al die omstandighede was die verhoorhof dus myns insiens korrek in sy beslissing dat die weergawe wat deur die appellant en Ngwane voor die hof geplaas is so onwaarskynlik is dat dit nie redelik moontlik waar kan wees nie. Hieruit volg dat die appèl teen die skuldigbevinding nie kan slaag nie.[12] Dit bring my by die appèl teen vonnis. In hierdie verband is die appellant se saak nie dat die verhoorhof enige wesenlike mistasting by vonnisoplegging begaan het nie. Die betoog namens hom was dat die opgelegde vonnis so buitensporig swaar is dat dit die afleiding regverdig dat die verhoorhof die erns van die misdaad ten koste van sy persoonlike omstandighede oorbeklemtoon het. Ek stem nie saam met hierdie betoog nie. Ooreenkomsig die besonderhede wat voor die verhoorhof geplaas is, was die appellant 'n 40-jarige eerste oortreder wat reeds 15 jaar by dieselfde werkgewer in diens was. Hy is ook die vader van drie minderjarige kinders wat deels van hom afhanklik is. Dit alles,
sê die verhoorhof in sy uitspraak, het hy by vonnisoplegging in ag geneem. Daarteenoor wys die hof, myns insiens, tereg daarop dat die misdaad waaraan die appellant skuldig bevind is, ernstig van aard is. Die sigwaarde van die vervalste banknote het 'n aansienlike bedrag verteenwoordig en dit behoef nouliks enige betoog dat misdade van hierdie aard tot groot skade in die handelsverkeer aanleiding kan gee. In al die omstandighede kan die appèl teen vonnis, myns insiens, ook nie slaag nie. [13] Die appèl teen die skuldigbevinding en vonnis word van die hand gewys.
......................F D J BRANDAPPÈLREGTER
Stem saam:Scott ARLewis AR
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.