Meyer v S (A264/2005) [2008] ZAWCHC 160 (7 March 2008)
- Citation
- [2008] ZAWCHC 160
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Panel
- Thring, de Swardt
- Case number
- A264/2005
More details
- Court
- Western Cape High Court, Cape Town
- Panel
- Thring, de Swardt
- Case number
- A264/2005
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The regional court lacked jurisdiction to sentence the appellant for the offences of rape and indecent assault where the victims were under 16 years of age, as these offences fall under Part I of Schedule 2 of the Criminal Law Amendment Act, No. 105 of 1997. Section 52(1) of the Act, as amended, requires the regional court to stop proceedings after conviction and refer the accused to the High Court for sentencing. The sentences imposed by the regional magistrate were ultra vires and null. The High Court, exercising its review powers under section 304(4) of the Criminal Procedure Act, No. 51 of 1977, set aside the sentences and issued the appropriate referral order.
Court disposition
Appeal struck from the roll; sentences set aside; matter referred to the High Court for sentencing.
Orders
- The appeal is struck from the roll.
- The sentences imposed by the regional court are set aside.
- The proceedings are stopped and the accused is referred to the High Court with jurisdiction for sentencing as contemplated in section 51(1) of the Criminal Law Amendment Act, No. 105 of 1997.
02
Material facts
Parties
Rashaad Meyer
AppellantThe State
Respondent03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the regional court had jurisdiction to sentence the appellant for offences listed under Part I of Schedule 2 of the Criminal Law Amendment Act, No. 105 of 1997.
- 02
Whether the sentences imposed by the regional court were valid.
- 03
Whether the High Court should exercise its review powers to set aside the sentences and issue the appropriate referral order.
Party arguments
- Applicant
- The appellant contended that the regional court lacked jurisdiction to sentence him for the offences, as the victims were all under 16 years of age and the crimes fell under Part I of Schedule 2 of the Criminal Law Amendment Act, No. 105 of 1997. He argued that the sentences imposed were ultra vires and should be set aside.
- Respondent
- The State maintained that the regional court was empowered to sentence the appellant and that the sentences imposed were lawful. The State opposed the appeal and sought confirmation of the sentences.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Criminal Law Amendment Act, No. 105 of 1997, section 52(1); Judicial Matters Amendment Act, No. 62 of 2000
A regional court has no discretion to sentence an accused for offences listed under Part I of Schedule 2 of the Criminal Law Amendment Act, No. 105 of 1997, where the victims are minors under 16 years of age. The court must refer the matter to the High Court for sentencing.
- 02
S v Liau 2005 (1) SACR 498 (T)
A regional magistrate who sentences in such circumstances acts ultra vires and the sentence is null and void.
- 03
Director of Public Prosecutions, Transvaal v Makwetsja 2004 (2) SACR 1 (T)
After conviction for such offences, the regional court is functus officio and must refer the accused for sentencing to the High Court.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The regional court lacked jurisdiction to sentence the appellant for the offences of rape and indecent assault where the victims were under 16 years of age, as these offences fall under Part I of Schedule 2 of the Criminal Law Amendment Act, No. 105 of 1997. Section 52(1) of the Act, as amended, requires the regional court to stop proceedings after conviction and refer the accused to the High Court for sentencing. The sentences imposed by the regional magistrate were ultra vires and null. The High Court, exercising its review powers under section 304(4) of the Criminal Procedure Act, No. 51 of 1977, set aside the sentences and issued the appropriate referral order.
Obiter and limits
- The High Court retains review powers to correct procedural irregularities where a lower court acts beyond its jurisdiction.
- The correct procedure in such cases is for the regional court to refer the matter to the High Court for sentencing immediately after conviction.
Court disposition
Appeal struck from the roll; sentences set aside; matter referred to the High Court for sentencing.
- The appeal is struck from the roll.
- The sentences imposed by the regional court are set aside.
- The proceedings are stopped and the accused is referred to the High Court with jurisdiction for sentencing as contemplated in section 51(1) of the Criminal Law Amendment Act, No. 105 of 1997.
Source and reliance status
Western Cape High Court, Cape Town
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
Western Cape High Court, Cape Town
Judgment
RAPFORTEERBAAR
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: A.264/05
DATUM: 7 MAART 2008
In die saak tussen:
RASHAAD MEYER Appellanten
DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK
THRING, R:
Aangesien die appellant in hierdie aangeleentheid blykbaar Afrikaanssprekend is, is ek van voornemens om die uitspraak in Afrikaans te lewer.
Die appellant het in die streekhof op vier aanktagte van verkragting en een aanklag van onsedelike aanranding voorgekom. Aan die einde van die verhoor is hy aan hierdie vyf aanklagte skuldig bevind, nieteenstaande sy pleit van onskuldig. Hy is egter aan 'n sesde aanklag van onsedelike aanranding onskuldtg bevind.
Die klaagsters in al die aanklagte waarop hy skuldig bevind is was vier jong dogters, atmal ver onder die ouderdom van 16 jaar ten tyde van die pleging van die betrokke misdade. Huile ouderdomme was destyds 5, 6, 8 en 13 jaar onderskeidelik. Twee van huile was die appellant se biologiese dogtersT die ander twee was die dogters van 'n vrou met wie die appellant destyds rn saamleefverhouding gehad net.
Op 22 Julie 2002 net die streeklanddros die volgende vonnis die appellant opgele: op die vier aanklagte van verkragting is hy tot
tien jaar gevangenisstraf op elke aanklag gevonnis; op die aanklag van onsedelike aanranding is hy tot ses jaar gevangenisstraf
gevonnis; die landdros het egter beveel dat 16 jaar van die totaie tydperk gevangenisstraf met die res moes saamloop. Effektiewelik dus is 'n vonnis in totaal van 30 jaar gevangenisstraf die appellant opgele.
Met verlof van die streeklanddros appelleer die appellant teen die vonnisse alleen. Ek is daarvan oortuig dat die appellant hoegenaamd
nie in die streekhof gevonnis behoort te gewees net nie, en dat 'n ernstige onreeimatigheid in hierdie verband plaasgevind het. Die feit dat die slagoffers in die vier aanklagte van verkragting almal dogters van onder die ouderdom van 16 jaar wasT het tot gevofg gehad dat hierdie misdade onder Deel I van Bylae 2 tot die Strafregwysigingswet, No. 105 van 1997, sorteer. Artikel 52(1) van die Wet, soos deur artikel 34(b) van die Wysigingswet op Regterlike Aangeleenthede, No. 62 van 2000 met mgang van 23 Maart 2001 vervang Es, lui in sy tersaaklike gedeeltes tans, en het ook op 22 Julie 2002, toe vonnis opgele is, soos volg getui:
"Indien 'n streekhof, na -
....
'n pleit van onskuldig,
'n beskuldigde skuldig bevind het aan n misdryf bedoel in
(i) Deel I van Bylae 2 ....
staak die hof die verrigtinge en verwys die beskuldigde vir vonnis soos beoog in artikel 51(1)... na Yi Hoe Hof wat regsbevoegdheid het."
Artikel 51(1) van die Wet bepaal dan soos volg:
'Ondanks enige ander wet maar behoudens sub-artikels (3) en (6) moet 'n Hoe Hof -
(a) ....
(b) indien die aangeleentheid kragtens artikel 52(1) na horn vir vonnis verwys is nadat die betrokke persoon skuldig bevtnd is aan 'n misdryf in Deel I van Bylae 2 bedoel,
die persoon tot lewenslange gevangenisstraf vonnis."
Die effek van hierdie bepalings is om die bevoegdheid van n streekhof om in sulke gevalle vonnis op te lef te verwyder enom dit in die Hooggeregshof uitsluitlik te setel. In
DIREKTEUR VAN OPENBARE VERVOLGINGS. TRANSVAAL v MAKWETSJA. 2004(2) SASV 1 (T) het BERTELSMAN, R op 1 Ob-c (para. [23]) gese dat -
"... hn streekhof geen diskresie meer het om te oordeel of die misdryf ten opsigte waarvan die beskuldigde skuEdig bevind is, wanneer die misdryf in Dee! I van die Tweede Bylae vermeld word, lewenslange gevangenisstraf regverdig (wat die regsbevoegdheid van 'n streekhof te bowe gaan) en of daar in die alternatief wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat 'n ligter vonnis gepas sou maak."
Op 10d (para. [24]) het die geieerde Regter bevind dat die streeklanddros na skuldigbevinding in so n geval functus officio is. Op 11e-f (para. [30]) het die geleerde Regter horn verder soos volg uitgelaat:
"Die agbare streekhoflanddros kon dus die beskuldigde nie self gevonnis het nieP maar moes die verrigtinge na skuldigbevinding gestaak het en die beskuldigde vir vonnis na die Hooggeregshof verwys het."
Hierdie was 'n besiissing van die Volbank van die Transvaal Provinsiale Afdeling van hierdie Hof. Die besiissing is ongeveer drie maande later in S v MAKHUBE, 2004(1) SASV 99 (T) gevolg. DE VELLIERS, R het in daardie saak op 101e-g die volgende gese:
âDit is duidelik dat die appellant deur die streekhof skuldtg bevind is aan n misdryf bedoel in Deel I van Bylae 2 van die Wet, naamlik
verkragting, waar die siagoffer 'n meisie onder die ouderdom van 16 jaar is.
Dit volg dan uit die bewoording van artikel 52(1) dat die streekhof na skuldigbevinding die verrigtinge moes gestaak het en die appellant vir vonnis moes verwys het soos beoog in art ike J 51{1) na 'n Hooggeregshof wat regsbevoegdhetd het. Oat dit die korrekte uitleg van artikel 52(1) is, word bevestig deur 'n onfangse
VoEbank-beslissing van hierdie Hof in Direkteur van Qpenbare Vervolginqs, Transvaal v Makwetsia saaknommer A391/2002 wat gedurende Maart 2003 geJewer is."
MAKWETSJA se saak is ook in S v LIAU, 2005(1) SASV 498 (T) gevolg. Daarin het DU PLESSIS, R bevind dat in sulke omstandighede 'n streeklanddros wat self vonnis ople ultra vires optree, en dat die vonnis wat hy so ople nietig is.
Op sterkte van hierdie beslissings en van die duidelike wetsbepalings waarna ek verwys het, kan daar myns insiens geen twyfel wees dat die vonnis wat die streeklanddros die appellant opgele het, ongeoorloof, ultra vires en onbevoeg was. Omdat hy nog me deur n bevoegde Hof gevonnis is nie, kan die appellant se appel nie deur hierdie Hof aangehoor word nie, en dit moet gevolglik van die rol geskrap word.
Hierdie Hof het egter hersieningsbevoegdheid ingevolge artikel 304(4) van die Strafproseswet, No. 51 van 1977. Daarkragtens kan die vonnis tersyde gestel word en kan hierdie Hof die bevel maak wat die streekhof behoort te gemaak het (LIAU se saak, supra op 503g-h).
Gevolglik is ek van voornemens om 'n soortgelyke bevel in hierdie geval te maak as die wat in LIAU se saak, supra gemaak is, naamlik die volgende:
1. Die appel word van die roi geskrap.
2. Die vonnis wat die streekhof opgele het wordter syde gestel en vervang met die volgende bevel: "Ingevolge artikel 52(1) van die Strafwysigingswet, No.105 van 1997, word die verrigtinge gestaak en word die beskuldigde na die Hooggeregshof wat regsbevoegdheid het vir vonnis verwys, soos beoog in artikel 51(1) van die gemelde Wet."
THRING,
R
DE SWARDT, WnR: Ek stem saam.
DE SWARDT, WnR
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.