Minister van Veiligheid & Sekuriteit v Delport N.O and Another (212/2002) [2003] ZANCHC 41 (15 September 2003)
The magistrate's order returning the seized vehicle to the second respondent was unlawful because possession of a vehicle with tampered engine and chassis numbers is prohibited under section 68(6)(b) of the National Road Traffic Act. The second respondent's possession would constitute an offence, and the reasons...
Source-derived case information.
- Citation
- [2003] ZANCHC 41
- Parties
- Applicant: Minister van Veiligheid & Sekuriteit; Respondent: William Mark Delport N.O.; Respondent: Yvonne Selemogo
- Court
- Northern Cape High Court, Kimberley
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 212/2002
- Procedural Posture
- Review Application / Judgment
- Outcome
- Application for review granted; magistrate's order set aside and replaced with forfeiture to the State.
- Judges
- RP Kgomo, R Majiedt
- Legal Topics
- Forfeiture of Property, Unlawful Possession, Review of Magistrate Order, National Road Traffic Act, Criminal Procedure Act
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Minister van Veiligheid & Sekuriteit
Applicant
William Mark Delport N.O.
Respondent
Yvonne Selemogo
Respondent
Procedural Posture
Review Application / Judgment
Legal Issues
- 1 Whether the magistrate's order returning the seized vehicle to the bona fide possessor was lawful.
- 2 Whether possession of a vehicle with tampered engine and chassis numbers constitutes unlawful possession under the National Road Traffic Act.
- 3 Whether the vehicle should be forfeited to the State under section 34 of the Criminal Procedure Act.
Ratio Decidendi
The magistrate's order returning the seized vehicle to the second respondent was unlawful because possession of a vehicle with tampered engine and chassis numbers is prohibited under section 68(6)(b) of the National Road Traffic Act. The second respondent's possession would constitute an offence, and the reasons advanced by the magistrate failed to consider the statutory prohibition. The relevant case law cited by the magistrate (Mdunge and Datnis Motors) was distinguishable and did not support his order. The correct application of section 34(1)(c) of the Criminal Procedure Act required forfeiture of the vehicle to the State, as no person could lawfully possess it. The court therefore set...
Court Disposition
Application for review granted; magistrate's order set aside and replaced with forfeiture to the State.
Orders
- The magistrate's order dated 4 March 2002 in case RCO 113/2000 is reviewed and set aside.
- It is substituted with an order declaring the white VW Golf Chico with registration number BFL 294 NC forfeited to the State.
Full Case Text
Judgment text and source record
83 paragraphs
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: 212/2002
Datum Verhoor: 2003/09/13
Datum Gelewer: 2003-09-15
In die saak van:
MINISTER VAN VEILIGHEID & SEKURITEIT APPLIKANT
versus
WILLIAM MARK DELPORT N.O. EERSTE RESPONDENT
YVONNE SELEMOGO TWEEDE RESPONDENT
Coram: KGOMO RP et MAJIEDT R
--- UITSPRAAK ---
MAJIEDT R:
Die applikant nader hierdie Hof vir die hersiening en tersydestelling van ân bevel van die 1ste respondent (ân streekhoflanddros) waarvolgens ân motorvoertuig waarop die polisie beslag gelê het, terug besorg moet word aan die persoon van wie hulle dit ontvang het (die bona fide-besitter), te wete die 2de respondent. Die applikant vra verder dat hierdie voormelde bevel vervang moet word met ân bevel dat die betrokke motorvoertuig aan die Staat verbeurd verklaar word.
Die 2de respondent het aanvanklik die aansoek bestry en het antwoordende stukke geliasseer, maar sy het nou haar opponering van die aansoek teruggetrek. Die 1ste respondent bestry nie die aansoek nie en berus hom by hierdie Hof se beslissing. Hy het egter redes geliasseer ter ondersteuning van sy bovermelde bevel, daarom is dit na my mening nodig om ân volledige uitspraak hierin te lewer.
3.1 Die polisie het op 30 Maart 2000 beslag gelê op ân wit VW Golf Chico motorvoertuig wat toe in die besit van die 2de respondent was.
3.2 Uitgebreide ondersoeke deur die polisie het aan die lig gebring dat dié betrokke motorvoertuig se enjin- en onderstelnommers vervals is. Die bepaalde nommers aangebring op die motorvoertuig behoort aan twee ander VW-motors. Die 2de respondent se registrasiedokumente ten aansien van die voormelde nommers van die enjin en onderstel van die motorvoertuig stem ooreen met die vervalste nommers op die voertuig aangebring.
3.3 Die persoon van wie die 2de respondent hierdie motorvoertuig aangekoop het, ene mnr. Cindi, ân handelaar in gebruikte motors, is van diefstal van die motorvoertuig aangekla in die Streekhof, by welke verhoor die 1ste respondent voorgesit het. Die 1ste respondent het ân aansoek om ontslag van mnr. Cindi ingevolge die bepalings vervat in art 174 van die Strafproseswet toegestaan na afloop van die Staatsaak. Hy het toe ook die bevel wat die onderwerp vorm van hierdie hersiening, gemaak.
Die feite hierinvantevore vermeld is nie betwis op die stukke nie. Die 2de respondent het haar aanvanklike opponering van die aansoek daarop geskoei dat sy nie bewus was daarvan dat die enjin- en onderstelnommers vervals was nie, dat sy ân bona fide-besitter van die motorvoertuig was en dat sy die koopprys al gedeeltelik vereffen het.
4. Die landdros se redes vir sy bevel kom grootliks daarop neer dat:
4.1 daar nooit tydens die strafverhoor deur die Staat getuienis aangebied is dat die betrokke motorvoertuig van ân bepaalde persoon gesteel was nie;
4.2 ân herboude motorvoertuig op die Staat se getuienis wel geregistreer kan word;
4.3 die beslissings in Mdunge v Minister of Police & another 1988(2) SA 809 (N) en in Minister van Wet en Orde v Datnis Motors (Midlands) 1989(1) SA 926 (A) sy bevel ondersteun.
5. Die tersaaklike wetsbepalings hierin is artikels 33 en 34 van die Strafproseswet. Artikel 33 lees as volg:
(1) Indien strafregtelike verrigtinge in verband met 'n in artikel 30 (c) bedoelde voorwerp ingestel word en so 'n voorwerp by die verhoor vir die doeleindes van bewyslewering of vir die doeleindes van 'n hofbevel nodig is, moet die polisiebeampte belas met die ondersoek, behoudens die bepalings van subartikel (2) van hierdie artikel, daardie voorwerp oorhandig aan die klerk van die hof waar bedoelde strafregtelike verrigtinge ingestel word.
(2) Indien dit weens die aard, omvang of waarde van die betrokke voorwerp ondoenlik of onwenslik is dat die voorwerp ooreenkomstig subartikel (1) aan die klerk van die hof oorhandig word, kan die klerk van die hof die polisiebeampte belas met die ondersoek aansê om die voorwerp in polisiebewaring of die ander bewaring wat ooreenkomstig artikel 30 (c) bepaal is, te hou.
(3)(a) Die klerk van die hof moet 'n voorwerp wat ingevolge subartikel (1) ontvang is in veilige bewaring plaas, waarby inbegrepe is die inbetaling van geld by 'n amptelike bankrekening indien sodanige geld nie by die verhoor vir die doeleindes van bewyslewering nodig is nie.
(b) Waar die betrokke verhoor voortgesit moet word in 'n ander hof as die hof waarvan bedoelde klerk die klerk van die hof is, moet bedoelde klerk van die hof-
(i) 'n voorwerp wat ingevolge subartikel (1) ontvang is, behalwe geld wat kragtens paragraaf (a) van hierdie subartikel by 'n bankrekening inbetaal is, aan die klerk van die hof of, na gelang van die geval, die griffier van die hof waarin die verhoor voortgesit moet word, oorplaas, en so 'n klerk of griffier van die hof plaas so 'n voorwerp in veilige bewaring;
(ii) in die geval van 'n voorwerp wat in polisiebewaring of in ander bewaring ooreenkomstig die bepalings van subartikel (2) gehou word of in die geval van geld wat ingevolge paragraaf (a) van hierdie subartikel by 'n bankrekening inbetaal is, die klerk of griffier van sodanige ander hof van die feit van sodanige bewaring of sodanige inbetaling, na gelang van die geval, in kennis stel.
Artikel 34 se bepalings lui:
(1) Die regter of regterlike amptenaar wat by strafregtelike verrigtinge voorsit, moet by beëindiging van daardie verrigtinge, maar behoudens die bepalings van hierdie Wet of 'n ander wet waarkragtens enigiets verbeur kan of moet word, 'n bevel gee dat 'n in artikel 33 bedoelde voorwerp-
(a) aan die persoon teruggegee word van wie dit in beslag geneem is, indien so 'n persoon daardie voorwerp wettiglik mag besit; of
(b) indien so 'n persoon nie op die voorwerp geregtig is of die voorwerp nie wettiglik mag besit nie, aan 'n ander persoon wat daarop geregtig is, teruggegee word, indien daardie persoon die voorwerp wettiglik mag besit; of
(c) indien geen persoon op die voorwerp geregtig is of indien geen persoon die voorwerp wettiglik mag besit nie of, indien die persoon wat daarop geregtig is, nie opgespoor kan word nie of onbekend is, aan die Staat verbeur word.
(2) Die hof kan, vir die doeleindes van 'n bevel ingevolge subartikel (1), die bykomende getuienis, hetsy by beëdigde verklaring of mondeling, aanhoor wat hy goedvind.
(3) Indien die betrokke regter of regterlike amptenaar nie by beëindiging van die betrokke verrigtinge 'n bevel ingevolge subartikel (1) gee nie, kan so 'n regter of regterlike amptenaar of, indien hy nie beskikbaar is nie, 'n ander regter of regterlike amptenaar van die betrokke hof, te eniger tyd na beëindiging van die verrigtinge so 'n bevel gee, en te dien einde die bykomende getuienis, hetsy by beëdigde verklaring of mondeling, aanhoor wat hy goedvind.
(4) 'n Bevel ingevolge subartikel (1) of (3) gegee, kan opgeskort word hangende 'n appèl of hersiening.
(5) Waar die hof 'n bevel ingevolge paragraaf (a) of (b) van subartikel (1) gee, is die bepalings van artikel 31 (2) mutatis mutandis van toepassing met betrekking tot iemand ten gunste van wie so 'n bevel gegee word.
(6) Indien die omstandighede dit vereis of indien die betrokke strafregtelike verrigtinge om enige rede nie afgehandel kan word nie, kan die betrokke regter of regterlike amptenaar 'n in paragraaf (a), (b) of (c) van subartikel (1) bedoelde bevel in enige stadium van die verrigtinge gee.
6. Die Mdunge-saak, supra, bied hoegenaamd nie steun vir die landdros se bevinding nie. In daardie saak het die applikant suksesvol aansoek gedoen vir teruggawe van die voertuig waarop beslag gelê is. Thirion R se ratio decidendi verskyn te 813 C-D:
âThe situation then is that Datnis Motors, the true owner of the Econobus, has failed to lay claim to it. It has failed to do so with full knowledge of the known facts and despite the fact that more than a year has passed since it was informed that the vehicle had been recovered.â
en te 813 H-I:
âTherefore, although, when the Econobus was seized from the applicant, he may not have had lawful possession of it, he may now lawfully possess it and therefore he is entitled to have it restored to him as the person from whom it was seized - all the requirements of s 31(1)(a) having been complied with.â
Die Mdunge-saak is gevolglik duidelik onderskeidbaar van die onderhawige geval wat beide die reg en die feite aanbetref.
6. In die Datnis Motors-saak, supra, het dit gegaan oor die toepassing van die bepalings vervat in art 31(1) van die Strafproseswet en die beskikking oor motorvoertuie waarop die polisie beslag gelê het en waar geen strafregtelike verrigtinge ingestel is nie. In casu is die bepalings van art. 34 van toepassing, maar die betrokke artikel se bepalings stem grootliks ooreen met dié van art. 31(1). Van Heerden AR lê in dié beslissing die volgende beginsel neer te 933 I-J:
âIn besonder is betoog dat indien 'n persoon 'n voorwerp soos 'n voertuig te goeie trou bekom, die polisie daarna ingevolge art 20 van die Wet daarop beslag lê en dit dan tot sy wete kom dat dit steeds 'n gesteelde voorwerp is, hy nie in wettige besit daarvan kan wees indien dit aan hom terugbesorg word nie.
Na my mening is hierdie betoog gegrondâ
Op 933 F-H verklaar die geleerde appélregter as volg:
âDit volg dus dat ooreenkomstig art 31(1) die voorwerp teruggegee moet word aan die persoon van wie dit in beslag geneem is tensy sy besit daarvan wederregtelik sal wees.
Gevalle waarin daardie persoon volgens 'n wetsbepaling nie die betrokke voorwerp mag besit nie, of dit nie mag doen sonder 'n vergunning, soos 'n permit, waaroor hy nie beskik nie, lewer geen probleme op nie. In sodanige gevalle sou sy besit van die voorwerp klaarblyklik wederregtelik wees indien dit aan hom teruggegee word. â
7. Artikel 68(6) van die Nasionale Padverkeerswet, 93 van 1996 bepaal as volg::
(6) Niemand mag-
(a) die enjin- of onderstelnommer van 'n motorvoertuig vervals, vervang, verander, ontsier, skend, iets daarby voeg of iets daarvan verwyder of op enige ander wyse daarmee peuter met die doel om te bedrieg nie; of
(b) sonder 'n wettige rede in besit wees nie van 'n motorvoertuig waarvan die enjin- of onderstelnommer vervals, vervang, verander, ontsier of geskend is, of waarby enige iets gevoeg is, of waarvan enigiets verwyder is of waarmee op enige ander wyse gepeuter is.
Ek is dit met Mnr. Botha, wat namens die applikant verskyn, eens dat art. 68(6) ân wetsbepaling daarstel soos bedoel deur Van Heerden AR in die aangehaalde passasie te 933 F-H, met die gevolg dat die 2de respondent se besit van die motorvoertuig ân onwettigheid daar sou stel.
Die Datnis Motors-saak bied dus eweneens geen steun vir die landdros se bevel nie.
8.1 Artikel 68(6)(b) van Wet 93 van 1996 bied verder ân deurslaggewende bykomende rede waarom die landdros se bevel regtens onontvanklik is. Dit staan onbetwis dat die betrokke motorvoertuig se enjin- en onderstelnommers vervals en/of vervang en/of verander is. Die 2de respondent kan gevolglik nie sonder âân wettige redeâ in besit wees van die motorvoertuig nie. Ek kon nie op regspraak afkom waar hierdie artikel en meer bepaald die begrip âwettige redeâ bespreek en/of beslis is nie. Die redes aangevoer deur die 2de respondent waarom die voertuig aan haar teruggegee moet word, en soos weergegee in par. 3.3 hierbo, kan na my mening nie aangemerk word as âân wettige redeâ nie. Nog minder kan die 1ste respondent se bevel hierin aangemerk word as âân wettige redeâ, soos wat die 2de respondent aanvanklik aangevoer het in haar antwoordende eedsverklaring. Sodanige âwettige redeâ slaan eerder op ân wettige rede waarom die betrokke voertuig se enjin- en onderstelnommers âvervals, vervang, verwyder, ontsier of geskend is, of waarby enigiets gevoeg is, of waarvan enigiets verwyder is of waarmee op enige ander wyse gepeuter isâ. Aan die einde van die dag is die vraag wat beantwoord moet word of die 2de respondent se besit van die betrokke motorvoertuig wederregtelik of strafregtelik onregmatig sal wees en of sodanige besit ân element van ân misdryf daar sal stel.
Sien Minister van Wet en Orde v Erasmus en ân ander 1992(3) SA 819 (A) te 825 A-D.
Na my mening is die antwoord op die voormelde vraag, gegewe die bepalings van art. 68(6)(b) ân klinkklare âjaâ.
8.2 Die ondersoekbeampte, Inspekteur Labuschagne, het getuienis gelewer dat in omstandighede waar ân voertuig wat as gesteel aangemeld is, teruggevind word en daar is met die onderstel- en enjinnommers gepeuter, word ân SAPVIN-nommer uitgereik aan sodanige voertuig.
Só ân geval soos voorgehou deur Inspekteur Labuschagne, kan myns insiens byvoorbeeld âân wettige redeâ soos bedoel in art 68(6)(b), daarstel.
8.3 Die Engelse teks van die betrokke wetsbepaling verwys na âwithout lawful causeâ. Hierdie frase is na my mening analoog aan âwithout lawul authorityâ en aan âwithout lawful excuseâ. In R v Lacey 1951(2) SA 48 (N) te 53 B is beslis dat âwithout lawful authorityâ beteken âunlawfulâ. In ân aantal beslissings van die destydse Suid-Rhodesiese howe is insgelyks beslis dat die woorde âwithout lawful excuseâ in die bepalings van die Law and Order (Maintenance) Act van 1960 (Suid-Rhodesië) beteken âunlawfulâ.
Sien: R v Madanhe 1963(3) SA 482 (S.R.) te 484 H â 485 H;
R v Muchina 1963(4) SA 201 (S.R.) te 203 A-B;
R v Jessie 1965(1) SA 325 (S.R., A.D.) te 327 A-C.
Hierdie voormelde uitleg soos aangewend in die aangehaalde sake ondersteun na my mening my siening dat âsonder ân wettige redeâ beteken ânie onwettig nieâ in artikel 68(6)(b).
9. Dit val ân mens dadelik op dat die 1ste respondent in sy redes hoegenaamd nie melding maak van die voormelde bepalings van art. 68(6) nie. Die afleiding is onafwendbaar dat hy glad nie daarop ag geslaan het nie, vandaar sy misplaaste beroep op die Mdunge- en Datnis Motors-sake, supra. Ek is verder die mening toegedaan dat Mnr. Botha korrek is in sy submissie dat dit nie nodig is by die toepassing van art. 68(6)(b) se bepalings dat ân applikant wat ân bevel aanvra kragtens die bepalings van art. 34(1)(c) van die Strafproseswet, hoef te bewys dat die betrokke motorvoertuig gesteel was of steeds is huidiglik nie.
Die blote teruggawe van die motorvoertuig aan die 2de respondent en die besitneming daarvan deur haar sou die 2de respondent aan ân misdryf skuldig maak ingevolge art. 68(6)(b) saamgelees met art. 89(1) en 89(6) van Wet 93 van 1996.
10. Gevolglik is die 1ste respondent se bevel hersienbaar en behoort dit tersyde gestel te word.
11. Ek sou die volgende bevel uitreik:
A. Die 1ste respondent se bevel verleen op 4 Maart 2002 in saak RCO 113/2000 en wat lees: âIn terme van artikel 34 van Wet 51 van 1977 dat die motorvoertuig waarop die polisie beslag gelê het, terugbesorg word aan die persoon waar hulle dit ontvang het (bona fide besitter)â word hersien en tersyde gestel en word vervang met die volgende bevel: âDie motorvoertuig, wit VW Golf Chico met registrasienommer BFL 294 NC word aan die Staat verbeurd verklaarâ.
B. Elke party betaal sy eie regskoste.
___________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek stem saam en dit word aldus gelas.
__________
FD KGOMO
REGTER-PRESIDENT