Minister van Veiligheid en Sekuriteit en Ander v Mphore (57/2011) [2011] ZAFSHC 176 (17 November 2011)
The court found that the applicants provided a reasonable explanation for the erroneous admission of vicarious liability for prosecutors' conduct, citing the National Prosecuting Authority Act 32 of 1998 and relevant case law. The court held that the Minister of Justice and Constitutional Development is not legally...
Source-derived case information.
- Citation
- [2011] ZAFSHC 176
- Parties
- Applicant: Minister van Veiligheid en Sekuriteit; Applicant: Minister van Grondwetlike Ontwikkeling en Justisie; Respondent: Adam Mahlomola Mphore
- Court
- Free State High Court, Bloemfontein
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 57/2011
- Procedural Posture
- Civil Application / Application to Amend Plea
- Outcome
- Leave to amend the plea is granted. The second applicant is ordered to pay the costs of the amendment and the application.
- Judges
- Kruger, R
- Legal Topics
- Amendment of Pleadings, Withdrawal of Admission, Vicarious Liability, Unlawful Detention
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Minister van Veiligheid en Sekuriteit
Applicant
Minister van Grondwetlike Ontwikkeling en Justisie
Applicant
Adam Mahlomola Mphore
Respondent
Procedural Posture
Civil Application / Application to Amend Plea
Legal Issues
- 1 Whether the applicants should be granted leave to amend their plea to withdraw an admission of vicarious liability for prosecutors' conduct.
- 2 Whether the withdrawal of the admission would cause irremediable prejudice to the respondent.
- 3 Whether the Minister of Justice and Constitutional Development is legally liable for the actions of prosecutors under current legislation.
Ratio Decidendi
The court found that the applicants provided a reasonable explanation for the erroneous admission of vicarious liability for prosecutors' conduct, citing the National Prosecuting Authority Act 32 of 1998 and relevant case law. The court held that the Minister of Justice and Constitutional Development is not legally liable for the actions of prosecutors, who are accountable to Parliament. The respondent had sufficient opportunity since August 2011 to join the correct party, and any potential prejudice was not irremediable. The court emphasized that it is inappropriate to bind the trial court to an incorrect legal position due to a mistaken admission. Accordingly, leave to amend the plea...
Court Disposition
Leave to amend the plea is granted. The second applicant is ordered to pay the costs of the amendment and the application.
Orders
- Leave is granted to the applicants to amend their plea dated 11 March 2011 in accordance with their notice of intention to amend filed on 15 August 2011.
- The second applicant is ordered to pay the costs of the amendment, including the costs of this application.
Full Case Text
Judgment text and source record
95 paragraphs
VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer: 57/2011
In die saak tussen:-
DIE MINISTER VAN VEILIGHEID EN
SEKURITEIT
.................................................1ste Verweerder/Applikant
DIE MINISTER VAN GRONDWETLIKE
ONTWIKKELING EN JUSTISIE ....................2de Verweerder/Applikant
en
ADAM MAHLOMOLA MPHORE .................................Eiser/Respondent
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR: KRUGER, R
AANGEHOOR OP: 10 NOVEMBER 2011
GELEWER OP: 17 NOVEMBER 2011
[1] Applikante wil hulle verweerskrif wysig deur ‘n erkenning terug te trek. In hul verweerskrif het applikante foutiewelik toegegee dat tweede verweerder, die Minister van Grondwetlike Ontwikkeling en Justisie, aanspreeklik is vir die optrede van aanklaers in die Distriks- en Streekhowe. Die applikante voer aan dat, nadat die verweerskrif geliasseer is, het dit onder hulle aandag gekom dat ingevolge die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag 32 van 1998, die tweede verweerder nie regtens aanspreeklik is vir die optrede van aanklaers nie.
[2] Eiser se dagvaarding is op 7 Januarie 2011 uitgereik teen die Minister van Veiligheid en Sekuriteit as eerste verweerder en die Minister van Grondwetlike Ontwikkeling en Justisie as tweede verweerder vir onregmatige aanhouding op 12 November 2008 wat volgens die besonderhede van eis veroorsaak is omdat die polisie of die aanklaer nie op 12 November 2008 onder die hof se aandag gebring het dat eiser ‘n geldige rede gehad het waarom hy nie op 13 Mei 2008 in die hof verskyn het ten opsigte waarvan ‘n lasbrief vir sy arres uitgereik is, omdat tydens die hofverrigtinge op 13 Mei 2008 en 12 November 2008 die polisiebeampte versuim het om noodsaaklike inligting aan die aanklaer oor te dra, alternatiewelik as hy dit wel oorgedra het, dat die aanklaer versuim het om die inligting onder die landdros se aandag te bring. In paragraaf 4.2 van die besonderhede van vordering beweer eiser dat tweede verweerder die Minister van Grondwetlike Ontwikkeling en Justisie verantwoordelik is vir die optrede van aanklaers:
“4.2 is die Tweede Verweerder verantwoordelik en/of aanspreeklik vir handelinge verrig en/of die versuim om handelinge te verrig van en/of deur personeel, insluitend beamptes in diens by die Virginia Landdroshof te die aanhoudingselle asook aanklaers in die Distriks- en Streekshowe, Virginia, en wie handel en/of optree in die diensbestek en/of in die uitvoering van hul diensverhouding met en/of teenoor die Tweede Verweerder.”
[3] Die verweerders se verweerskrif is op 11 Maart 2011 geliasseer. Daarin pleit hulle soos volg:
“3.2 Ad 4.2:
Behalwe om te ontken dat Tweede Verweerder verantwoordelik en/of aanspreeklik is vir die handelinge en/of versuim van polisiebeamptes by die hofselle van die Virginia Streekhof, word die res van die beweringe erken.”
[4] Op 15 Augustus 2011 gee verweerders ingevolge Reël 28 van die Eenvormige Hofreëls kennis van hul voorneme om hul verweerskrif te wysig. Die beoogde wysigings behels die invoeging van ‘n spesiale pleit van wanvoeging naamlik dat tweede verweerder verkeerdelik gevoeg is en die terugtrekking van die erkenning in die pleit op paragraaf 4.2 van die besonderhede van eis. Al die bewerings in paragraaf 4.2 word nou ontken met verwysing na die spesiale pleit.
[5] In sy betoogshoofde sit Mnr. Snellenburg, namens respondent, die tersaaklike tydperke van belang uiteen:
“12.1 Die Eiser het in terme van die bepalings van Artikel 4 van Wet 40 van 2002 aansoek gedoen vir kondonasie vir die nie-nakoming van die gemelde Statuut se bepalings met betrekking tot die gee van kennis voor dagvaarding soos uiteengesit in Artikel 3, welke verlof verleen is deur hierdie Hof op 21 Oktober 2010;
12.2 Die Eiser het nie onbeperkte fondse nie en word bygestaan op gebeurlikheidsbasis;
12.3 Die partye tot daardie aansoek was die huidige Eerste en Tweede Verweerders;
12.4 Daardie aansoek is nie opponeer deur die Verweerders nie en die tweede Verweerder het nooit die middellike aanspreeklikheid in die geval dat ‘n delik bewys word, in dispuut geplaas nie.
12.5 Die aksie teen die Verweerders is uitgereik in hierdie Hof op 7 Januarie 2011;
12.6 Die Verweerders se pleit [Verweerskrif] is liasseer op 11 Maart 2011;
12.7 Die kennisgewing van voorneme om te wysig is liasseer op 15 Augustus 2011;
12.8 Beswaar teen die voorgenome wysiging is gemaak op 25 Augustus 2011;
12.9 Die onderhawige aansoek is uitgereik op 7 September 2011;
13. Die Eiser moet nie benadeel word deur die wysiging sodat hy nie in dieselfde posisie geplaas kan word as waar hy was toe die pleit wat die Verweerders wil wysig liasseer is nie, met ander woorde soos op 11 Maart 2011.”
[6] Die eiser het die voorgenome wysiging geopponeer en die verweerders het op 7 September 2011 hierdie aansoek om wysiging geloods. Die tweede verweerder bied aan om die kostes te betaal tensy eiser dit onnodiglik opponeer. In die funderende eedsverklaring sê verweerder se deponent, hulle prokureur dat nadat die verweerskrif reeds geliasseer was, het dit tot haar kennis gekom dat aanklaers nie aan die Minister verantwoording doen nie, maar ingevolge artikel 35 van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag 32 van 1998, direk aan die parlement en dat die tweede verweerder (die Minister van Justisie) se jurisdiksie ten aansien van die vervolgingsgesag beperk is tot wat in artikel 33 van Wet 32 van 1998 omskryf word en dat die tweede verweerder nie verantwoordelik is vir die bevoegdhede, werksaamhede en pligte van die aanklaers waaroor eiser kla nie. Artikel 35(1) van Wet 32 van 1998 se Engelse (getekende) teks lees:
“(1) The prosecuting authority shall be accountable to Parliament in respect of its powers, functions and duties under this Act, including decisions regarding the institution of prosecutions.”
[7] In die antwoordende eedsverklaring sê die eiser dat voordat dagvaarding uitgereik is, hy verplig was om by hierdie hof kondonasie te verkry vir sy versuim om aan artikel 3(1) van Wet 40 van 2002 te voldoen. Die feite van sy eis was volledig uiteengesit in daardie kondonasie-aansoek. Die tweede verweerder het nooit die punt daar geneem dat hy nie middellik aanspreeklik is nie. Die eerste en tweede verweerders het geweier om eiser se nie-voldoening aan artikel 3(1) van Wet 40 van 2002 te kondoneer en hy moes hom gevolglik tot die hof wend. Die tweede verweerder het nie daardie kondonasie-verrigtinge geopponeer nie en daarna in die verweerskrif middellike aanspreeklikheid buite dispuut geplaas. Die eiser sê die wysiging sal tot gevolg hê dat hy ‘n ander staatsorgaan sal moet voeg en sê dan:
“14.
Uit die aard van die saak is geen Kennisgewing in terme van die bepalings van Artikel 3(1) van Wet 40 van 2002 versend aan sodanige Verweerder nie en is dit op hierdie stadium onseker of daar enigsins kondonasie aan die Eiser verleen sal word indien so ‘n aansoek nou gedoen sal word. Daardie aansoek gaan verdere koste implikasies inhou waarvoor die Eiser aanspreeklik sal wees, welke verhoed sou wees indien die Tweede Verweerder die middellike aanspreeklikheid op ‘n vroeë stadium ontken het.
15.
Daardie Wet vereis 30 (dertig) dae kennisgewingstydperk, onderwyl die eisoorsaak op 12 November 2011 sal verjaar en onderwyl die Eiser sonder teenkanting of teenstrubbeling van die Tweede Verweerder reeds aansoek gedoen het vir kondonasie om aan dit die nodige en reëlmatige kennisgewings te lewer, welke kondonasie verleen is deur die Agbare Hof, waarna
Tweede Verweerder soos vermeld die middellike aanspreeklikheid erken het.
16.
Verdere stappe hierin as gevolg van die Tweede Verweerder se erkenning het uit die aard van die saak koste implikasies vir die Eiser, welke geensins remedieer sal word indien die Kennisgewing van Wysiging soos wat dit van die Hof versoek word, bloot toegestaan word nie.
17.
Ek doen gevolglik met eerbied aan die hand dat die voorgestelde wysiging deur die Verweerders van hul Verweerskrif tot gevolg sal hê nadeel wat die remedieërbaar is nie, in welke omstandighede ek geadviseer is dat die Hof nie dan ‘n wysiging sal toestaan nie.”
[8] In die repliserende eedsverklaring sê die deponent dat die tweede verweerder nie beheer het oor die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings se “praktiese uiteensetting van die pligte van sy lede nie en is nie middellik aanspreeklik vir hulle optrede nie”. Sy sê die eiser se benadeling kon vermy gewees het “as hy self van die begin af die korrekte staatsinstansie aangespreek het”. Uit die erkenning wat sy in die verweerskrif gemaak het, wat sy nou sê was verkeerdelik gemaak, blyk dat die deponent self nie tot 15 Augustus 2011 geweet het wie die “korrekte staatsinstansie” is nie. Sy sê dat omdat eiser sedert 15 Augustus 2011 geweet het van die voorgenome wysiging om die erkenning van middellike aanspreeklikheid van die Minister terug te trek, het eiser dan 15 Augustus 2011 die geleentheid gehad om die “korrekte staatsinstansie” te voeg. Eiser kan dus net homself blameer as sy eis teen daardie “korrekte staatsinstansie” verjaar het.
[9] Me Murray, namens applikante, sê dat aanklaers onder die Nasionale Direktoraat van Openbare Vervolging resorteer ingevolge Wet 32 van 1998 en het die tweede verweerder geen middellike aanspreeklikheid vir aanklaers se optrede nie. Me Murray verwys na MINISTER FOR JUSTICE AND CONSTITUTIONAL DEVELOPMENT AND OTHERS v MOLEKO 2009 (2) SASV 585 (HHA) par. [18].
“[18] As far as the first appellant, the Minister for Justice and Constitutional Development, is concerned, the National Prosecuting Authority Act 32 of 1998 provides that the Minister exercises final responsibility over the National Prosecuting Authority established in terms of s 179
of the Constitution, but only in accordance with the provisions of that Act (s 33(1)). Thus, the National Director of Public Prosecutions (NDPP) must, at the request of the Minister, inter alia furnish her with information in respect of any matter dealt with by the NDPP or a DPP, and with reasons for any decision taken by a DPP, 'in the exercise of their powers, the carrying out of their duties
and the performance of their functions' (ss 33(2)(a) and (b)). Furthermore, the NDPP must furnish the Minister, at her request, with information regarding the prosecution policy and the policy
directives determined and issued by the NDPP (ss 33(2)(c) and (d)). However, the prosecuting authority is 'accountable to Parliament in respect of its powers, functions and duties under this Act, including decisions regarding the institution of prosecutions' (s 35(1)). It is therefore clear that the Minister (the first appellant) is not responsible for the decision to prosecute Mr Moleko and the appeal must also succeed as far as the first appellant is concerned.”
Daardie saak was een van kwaadwillige vervolging ingestel deur Mnr. Moleko, ‘n landdros te Engcobo in die Oos-Kaap, teen (1) die Minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, (2) die Direkteur van Openbare Vervolgings, en (3) die Minister van Veiligheid en Sekuriteit. Die verhoor in die Transkeise Hooggeregshof was beperk tot die meriete van die eis en die regter daar het beslis dat die eiser kwaadwillige vervolging bewys het en hy het die eerste en derde verweerders (die twee ministers) gelas om die koste te betaal. Die Hoogste Hof van Appèl bevind dat die eiser daarin geslaag het om animus injuriandi by die Direkteur van Openbare Vervolgings, die tweede verweerder, te bewys. Die appèl van die twee ministers slaag en die Direkteur van Openbare Vervolgings word aanspreeklik gehou vir kwaadwillige vervolging en moet alle koste betaal. Die Hoogste Hof
van Appèl vind dat die polisiebeampte op instruksie van die Direkteur van Openbare Vervolgings opgetree het (par. [17], en dat die Minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling (die eerste verweerder) nie besluit om te vervolg nie, maar die Direkteur van Openbare Vervolgings (par. [18]).
[10] Me Murray verwys ook na die uitspraak van Sutherland, WnR, in LABUSCHAGNE v MINISTER OF SAFETY AND SECURITY AND MINISTER OF JUSTICE AND CONSTITUTIONAL DEVELOPMENT, Suid-Gauteng Saaknr. 18769/2009, gelewer 11 April 2011, waar eise ingestel is vir onregmatige arres en aanhouding en kwaadwillige vervolging. Twee spesiale pleite is geopper. Die tweede spesiale pleit was dat die Minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling geen verantwoordelikheid het vir die beslissing om aan te kla al dan nie. Op bladsy 4 van die getikte uitspraak sê die geleerde regter:
“There are a number of indications which demonstrate, in my view convincingly, that the Minister of Justice cannot be sued for the actions which are perpetrated by the persons who constitute the personnel of the National Prosecuting Authority.”
Bl. 6:
“It is plain that in this last mentioned passage that it is an administrative role that the Department of Justice is assigned without any responsibility is respect of Prosecution decisions.”
Die geleerde regter bevind dat sedert die inwerkingtreding van Wet 32 van 1998 is die Minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling nie meer die korrekte verweerder om te dagvaar as kwaadwillige vervolging beweer word nie.
[11] ‘n Party kan ‘n erkenning terugtrek as daar ‘n redelike verduideliking is van die omstandighede waaronder die erkenning gemaak is (AMOD v SOUTH AFRICAN MUTUAL FIRE AND GENERAL INSURANCE CO LTD 1971 (2) SA 611 (N) te 614 H). Die feit dat die eiser sy saak teen ‘n verweerder sal verloor as die erkenning teruggetrek word, is nie op
sigself voldoende benadeling om die aansoek te weier nie. (SOUTH BRITISH INSURANCE CO LTD v GLISSON 1963 (1) SA 289 (D & CLD) te 294 B – C). Die hof kyk by oorweging van benadeling wat die moontlike verdere verloop van die litigasie sal wees (SOUTH BRITISH, supra, te 296 D). In die SOUTH BRITISH-saak, supra, sou die respondent moes besluit of hy estoppel wou opper, wat die geskilpunte tussen die partye aansienlik sou verbreed.
[12] Die beoogde wysiging moet ‘n beregbare punt opper - TRANS - DRAKENSBERG BANK LTD (UNDER JUDICIAL MANAGEMENT) v COMBINED ENGINEERING (PTY) LTD AND ANOTHER 1967 (3) SA 632 (D) te 641 A; CAXTON LTD AND OTHERS v REEVA FORMAN (PTY) LTD AND ANOTHER [1990] ZASCA 47; 1990 (3) SA 547 (A) te 566 B – C; CONSOL LTD t/a CONSOL GLASS v TWEE JONGE GEZELLEN (PTY) LTD AND ANOTHER (2) 2005 (6) SA 23 (K) par. [21] bespreek die begrip “triable issue”.
[13] “Benadeling” word in DEVONIA SHIPPING LTD v MV LUIS (YEOMAN SHIPPING CO LTD INTERVENING) 1994 (2) SA 363 (K) te 369 F – G beskryf as ‘n situasie waar die partye nie vir doeleindes van geregtigheid teruggeplaas kan word in die posisie waar hulle was toe die aansoek om wysiging gedoen is nie.
[14] Wat benadeling betref, sê Me Murray die aansoek om wysiging is op 15 Augustus 2011 geliasseer, vroeg genoeg om eiser voldoende geleentheid te gee om “die korrekte party” kennis te gee van sy voorneme om hom te voeg voor sy eis in November 2011 verjaar. Me Murray sê toestaan van die wysiging sal geen onherroeplike benadeling vir die eiser meebring nie.
[15] Me Murray voer aan dat die Hoogste Hof van Appèl bevind het in die MOLOTO-saak, (supra, par [18]) dat die tweede verweerder (die Minister) nie aanspreeklik is vir die optrede van aanklaers, soos wat eiser beweer nie. Tweede verweerder se erkenning van sodanige middellike aanspreeklikheid was ‘n fout wat die deponent namens applikant eers besef het nadat sy die verweerskrif geliasseer het. Me Murray sê die doel van die wysiging is om die ware geskil tussen die partye voor die hof te plaas.
[16] Mnr. Snellenburg hou vol dat die eiser die korrekte verweerders gesiteer het en dat die tweede verweerder se erkenning van middellike aanspreeklikheid korrek is. Die eerste vereiste waaraan applikant moet voldoen, is om ‘n behoorlike verduideliking aangaande die omstandighede waaronder die erkenning gedoen is, te gee. In J R JANISCH (PTY) LTD v W M SPILHAUS & CO (WP) (PTY) LTD 1992 (1) SA 167 (K) het die hof bevind dat die verduideliking wat vir die foutiewe erkenning gegee is so weinig besonderhede bevat, veral ook met die opdrag aan die advokaat wat die pleitstukke opgestel het en ook die rede waarom die fout eers op so ‘n laat stadium ontdek is, dat die hof dit geweier het (te 171 F – H). Die hof sê ook dat dit lyk of die erkenning doelbewus (“deliberately”) gemaak is. Die omstandighede rondom die versoek om wysiging moet ten volle verduidelik word, veral as dit op ‘n laat stadium gedoen word - BELLAIRS v HODNETT AND ANOTHER 1978 (1) SA 1109 (A) te 1150 E – 1151 A.
[17] “’n Triable issue” beteken:
“(a) 'n geskilpunt wat, indien dit aan die hand van die getuienis wat die applikant in sy aansoek in die vooruitsig stel, bewys A word,
lewensvatbaar of relevant sou wees; of
(b) 'n geskilpunt wat op die waarskynlikhede deur die getuienis wat aldus in die vooruitsig gestel word, bewys sou wees.”
(CIBA-GEIGY (PTY) LTD v LUSHOF FARMS (PTY) LTD EN 'N ANDER 2002 (2) SA 447 (HHA) te 463 A – B)
[18] ‘n Party word benadeel as hy nie in dieselfde posisie geplaas kan word waar hy was toe die pleitstuk wat die applikant wil wysig, geliasseer is - AFFORDABLE MEDICINES TRUST AND OTHERS v MINISTER OF HEALTH AND OTHERS [2005] ZACC 3; 2006 (3) SA 247 (KH) par. [9].
[19] Eiser se eis verjaar op 12 November 2011, twee dae na aanhoor van hierdie aansoek.
[20] Mnr. Snellenburg maak die punt dat blykens artikel 179(6) van die Grondwet bly die tweede verweerder uiteindelik verantwoordelik vir die vervolgingsgesag met verwysing na GLENISTER v PRESIDENT OF THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA AND OTHERS 2011 (3) SA 347 (KH) par. [142]. Artikel 33(1) van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag 32 van 1998 bepaal:
“33 Minister's final responsibility over prosecuting authority
(1) The Minister shall, for purposes of section 179 of the Constitution, this Act or any other law concerning the prosecuting authority, exercise final responsibility over the prosecuting authority in accordance with the provisions of this Act.”
[21] In litigasie beslis die hof ‘n saak op die pleitstukke, nie noodwendig op die ware feite nie. In die SOUTH BRITISH-saak, supra, sê Regter Miller op 297 A – E:
“Having regard to all the circumstances, I am not disposed to exercise my discretion in favour of the applicant; I think that to do so would result in an injustice to the respondent and would operate unfairly on him.
It is argued that it is undesirable for the Court to have to decide a case on facts which it is clear are not true. Of course it is undesirable; I recognise that that is something which should be avoided if it can reasonably be done. But I do not think it can or should be avoided if the price of its avoidance is to expose one of the parties to undue hardship, and to prejudice his rights, where he need never have been placed in any predicament at all if his opponent had not made a false admission which he sought to rectify at so late a stage that the other party's rights had already been affected. There is nothing remarkable in the Court's deciding a case on facts which, although deemed to be true for the purposes of the case, are known not to be true in reality. It is inherent in the principle of estoppel, for example, that the Court will decide a case as if a certain state of affairs existed even if it is clear that it does not in fact exist. It is also something that is implicit in the Court's power to refuse to allow a litigant to withdraw an admission made in the pleadings. It seems to me that the applicant should not be surprised that its unequivocal and long-standing admission that it was the insurer of the vehicle was taken seriously by the respondent, and that it should be even less surprised that it is held bound by that admission where its withdrawal at this late stage will serve to prejudice and embarrass the respondent and work to his disadvantage.
The application is dismissed with costs.”
(My onderstreping)
[22] Dit is verstaanbaar dat ‘n hof ‘n saak op ‘n verkeerde feitebasis kan beslis as dit in die pleitstukke of andersins so voor die hof geplaas word. Die posisie is egter anders met ‘n verkeerde regsbasis.
[23] Me Murray sê ‘n hof is nie gebonde deur ‘n verkeerde toegewing nie (MOLEKO, supra) par. [10]; PADDOCK MOTORS (PTY) LTD v IGESUND 1976 (3) SA 16 (A) te 23 E – F; MOSTERT NO v OLD MUTUAL LIFE ASSURANCE CO (SA) LTD 2001 (4) SA 159 (HHA) par. [44]. ‘n Hof is nie gebonde deur ‘n regsfout wat ‘n litigant maak nie (AMOD v SOUTH AFRICAN MUTUAL FIRE AND GENERAL INSURANCE CO LTD 1971 (2) SA 611 (N) te 616 D – E.) Met verwysing na BANK OF LISBON AND SOUTH AFRICA LTD v THE MASTER AND OTHERS 1987 (1) SA 276 (A) te 288 D – E sê Me Murray dat ‘n foutiewe siening van die regsposisie teruggetrek kan word. Die geleerde appèlregter verwys daar na voorsorgmaatreëls wat in PADDOCK MOTORS, supra, te 23 B – F genoem word, naamlik dat die punt volledig in die pleitstukke en betoog behandel word. Me Murray sê, met verwysing na PADDOCK MOTORS, supra, te 23 F – G dat dit ‘n onhoudbare situasie sou skep as die hof verhoed sou word om die regte beslissing op grond van die ware feite te maak bloot omdat ‘n party versuim het om ‘n regspunt te opper omdat hy ‘n regsfout begaan het.
[24] Die eiser se standpunt is dat hy die korrekte verweerder, naamlik die Minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling voor die hof gebring het. Sy standpunt is dat die Minister van Justisie aanspreeklik is vir die optrede van aanklaers. Moontlik bevind die verhoorhof dat hierdie houding van eiser korrek is. As die wysiging geweier word, word die verhoorhof gebind, en sal die verhoorhof verplig wees om, as hy bevind dat eiser sy saak bewys het, ‘n bevel te gee dat die Minister van Justisie aanspreeklik is teenoor eiser, selfs al sou die verhoorhof op die regspunt beslis dat die Minister nie regtens aanspreeklik is nie. Die eiser het sedert Augustus 2011 voldoende geleentheid gehad om die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings of ‘n ander verweerder te siteer, maar die eiser hou vol dat dit nie nodig was nie, want hy het die regte verweerder voor die hof. Dalk gee die verhoorhof die eiser gelyk, dalk nie. Dit is onvanpas om die verhoorhof te bind, soos wat ‘n weiering van die wysigingsaansoek sou meebring.
BEVEL:
1. Verlof word aan die verweerders toegestaan om hul verweerskrif gedateer 11 Maart 2011 te wysig ooreenkomstig hul kennisgewing van voorneme om te wysig geliasseer op 15 Augustus 2011.
2. Tweede verweerder word gelas om die koste van die wysigings insluitende hierdie aansoek, te betaal.
____________
KRUGER, R
Namens respondent/eiser: Adv. N. Snellenburg
In opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens applikante/verweerders: Adv. H. Murray
Staatsprokureur
/sp