Minister van Wet en Orde and Others v Dipper (721/91) [1993] ZASCA 78; 1993 (3) SA 591 (AD); [1993] 4 All SA 674 (AD) ; [1993] 2 All SA 433 (A) (28 May 1993)
The Supreme Court of Appeal held that section 60 of the Criminal Procedure Act entitles an accused in custody to apply for bail at any time, including before the expiry of the 48-hour period specified in section 50. The refusal by the police to bring the respondent before a magistrate for a bail application, despite...
Source-derived case information.
- Citation
- [1993] ZASCA 78
- Parties
- Appellant: Minister van Wet en Orde; Appellant: Stasiebevelvoerder, SAP, Worcester; Appellant: Speurder A/O Daniël Symington; Respondent: Edmund J Dipper
- Court
- Supreme Court of Appeal
- Jurisdiction
- South Africa
- Case Number
- 721/91
- Procedural Posture
- Civil Appeal / Appeal From Provincial Division After Magistrate's Court Judgment
- Outcome
- Appeal dismissed with costs.
- Judges
- Hoexter, Smalberger, Milne, Eksteen, Harms
- Legal Topics
- Unlawful Detention, Damages for Wrongful Arrest, Bail Application Rights, Interpretation of Criminal Procedure Act
Source-derived case record
Summary, issues, holding and outcome
More case intelligence is available
Unlock the full research layer for this judgment.
Parties
Minister van Wet en Orde
Appellant
Stasiebevelvoerder, SAP, Worcester
Appellant
Speurder A/O Daniël Symington
Appellant
Edmund J Dipper
Respondent
Procedural Posture
Civil Appeal / Appeal From Provincial Division After Magistrate's Court Judgment
Legal Issues
- 1 Whether a detainee is entitled to apply for bail before the expiry of 48 hours after arrest.
- 2 Whether refusal by police to bring the detainee before a magistrate for a bail application constitutes unlawful deprivation of liberty.
- 3 Interpretation of sections 50 and 60 of the Criminal Procedure Act regarding timing and entitlement to bail.
Ratio Decidendi
The Supreme Court of Appeal held that section 60 of the Criminal Procedure Act entitles an accused in custody to apply for bail at any time, including before the expiry of the 48-hour period specified in section 50. The refusal by the police to bring the respondent before a magistrate for a bail application, despite a request from his attorney and the magistrate's readiness to hear the application, constituted unlawful deprivation of liberty. The court endorsed the interpretation in Twayie and Another v Minister of Justice and Another, confirming that 'first appearance' includes voluntary appearances for bail applications. The appeal was dismissed, and the respondent's claim for damages...
Court Disposition
Appeal dismissed with costs.
Orders
- The appeal is dismissed with costs.
Full Case Text
Judgment text and source record
44 paragraphs
Saaknommer 721/91
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
DIE MINISTER VAN WET EN ORDE Eerste AppellantSTASIEBEVELVOERDER, SAP, WORCESTER Tweede AppellantSPEURDER A/O DANIëL SYMINGTON Derde Appellant
en
EDMUND J DIPPER Respondent
CORAM: HOEXTER, SMALBERGER, MILNE, EKSTEEN ARR et HARMS Wnd AR
VERHOOR: 18 Mei 1993 GELEWER: 28 Mei 1993
UITSPRAAK
HOEXTER, AR
2
HOEXTER AR,Dit is 'n siviele appèl. In die landdroshof te Worcester het die respondent teen die drie appellante 'n eis om skadevergoeding weens beweerde onregmatige vryheidsontneming ingestel. Die eis, wat deur die appellante bestry is, het geslaag, waarna die appellante sonder welslae teen die uitspraak van die landdros na die Kaap die Goele Hoop Provinsiale Afdeling geappelleer het. Met verlof van die hof a quo kom die appellante voor hierdie hof in hoër beroep.Die tersaaklike feite is eenvoudig. Vroeg die oggend van Vrydag 15 Julie 1988, en te Worcester, is die respondent sonder lasbrief op 'n aanklag van diefstal deur 'n lid van die Suid-Afrikaanse Polisie gearresteer en daarna na die plaaslike polisiekantoor geneem waar hy in die selle aangehou is. Om 13h00 op Saterdag 16 Julie 1988, d w s sowat 17 uur na sy inhegtenisneming, is die
3
respondent vrygelaat op waarskuwing dat hy op Maandag 18 Julie 1988 in die hof moet verskyn. By die daaropvolgende strafverhoor is die respondent onskuldig bevind.Die ondersoekbeampte in die diefstalsaak was die derde appellant. Om 20h00 op Vrydag 15 Julie 1988 het die respondent se prokureur die derde appellant versoek om vir doeleindes van h borgaansoek die respondent voor die plaaslike landdros te bring. Die landdros het gereed gestaan om die beoogde borgaansoek aan te hoor. Die derde appellant het geweier om aan hierdie versoek te voldoen. h Gelykluidende versoek wat aan die tweede appellant (die stasiebevelvoerder) gerig is, is insgelyks deur laasgenoemde geweier.In die loop van die verrigtinge in die verhoorhof is verskeie erkennings namens die appellante genotuleer as gevolg waarvan die geskilpunte by die geding
4
verskraal het. Ten besluite het daar as enigste twispunt in die hele geding 'n enkele regspunt vir beslissing oorgebly. Die respondent se versoek om 'n bórgaansoek aan die landdros te rig, is deur die respondent se prokureur gemaak en deur die tweede en derde appellante geweier voor die verstryking van 48 uur na die begin van die respondent se aanhouding in die polisieselle. Op appèl was dit gemene saak dat borg toegestaan sou gewees het. Die regsvraag waaroor die saak gaan, is of die respondent voor die verstryking van gemelde tydperk regtens op die verhoor van die borgaansoek voor die landdros aanspraak kon maak.Die partye is dit eens dat by beoordeling van die appèl die beslissing van die regsvraag lotsbepalend is. Namens die appellante word toegegee dat 'n bevestigende antwoord daarop beteken dat die respondent die wesenlike bestanddele van sy eisoorsaak bewys het, en
5
dat die appèl bygevolg afgewys moet word. Die appellante se advokaat het egter aangevoer dat voor afloop van gemelde tydperk van 48 uur die respondent regtens geen aanspraak daarop het om 'n borgaahsoek aan 'n laer hof te rig nie; en dat uit hoofde daarvan die respondent se eis teen die appellante mank gaan.Ter verskansing van die individu se reg op liggaamlike vryheid bevat die Strafproseswet nr 51 van 1977 ("die Wet") o a verskillende voorskrifte (a) wat verseker dat daar nie onnodige vryheidsontneming van die landsburger sal wees nie (sien hoof stuk 5); en (b) wat voorsiening maak vir borgverlening (sien hoofstuk 9) waarvolgens 'n beskuldigde wat in bewaring is voorwaardelik uit bewaring vrygelaat mag word. Ten opsigte van geringe oortredings maak art 59 voorsiening vir borgtog nog voor 'n beskuldigde se eerste verskyning in die laer hof, en wel deur vrylating deur 'n polisiebeampte met of bo die rang
6
van onderoffisier. Vrylating op borgtog deur 'n laer hofword deur die voorskrifte van art 60 bepaal.
Vir doeleindes van die onderhawige appèl is die
betrekkinghebbende bepalings van arts 50 en 60 dievolgende:-
"50(1) Iemand wat met of sonder lasbrief inhegtenis geneem is, word so goumoontlik na 'n polisiekantoor geneemof, in die geval van inhegtenisnemingmet 'n lasbrief, na 'n ander plek watuitdruklik in die lasbrief genoemword, en, as hy nie vrygelaat wordomrede geen aanklag teen hom ingebringgaan word nie, word hy aangehou vir 'ntydperk van hoogstens agt-en-veertiguur tensy hy voor 'n laer hof gebringword en sy verdere aanhouding vir diedoeleindes van sy verhoor deur die hofop 'n aanklag van enige misdryf gelasword of, indien so iemand nie vanweë 'nmisdryf in hegtenis geneem is nie, virdie doeleindes van beslissing oor dieoorsaak van sy inhegtenisneming: Metdien verstande
(2)
(3) Geen bepaling van hierdie artikel wordso uitgelê dat dit die bepalings van
7
hierdie Wet of 'n ander wet wysig waarkragtens iemand wat aangehou word, op borgtog of op waarskuwing of op 'n skriftelike kennisgewing om in die hof te verskyn, vrygelaat kan word nie."
"60(1) h Beskuldigde wat ten opsigte vanenige misdryf in bewaring is, kan bysy eerste verskyning in 'n laer hof ofin enige stadium na bedoeldeverskyning, 'n aansoek rig aan bedoeldehof of, indien die verrigting teen diebeskuldigde in 'n hoër hof hangende is,aan daardie hof, om ten opsigte vandaardie misdryf op borgtog vrygelaatte word "
Die betekenis van die woorde "by sy eerste verskyning in h laer hof" wat die bepalings van art 60 koppel aan die beskuldigde se reg om by h landdros borgtog aan te vra, het in Twayie en 'n Ander v Minister van Justisie en h Ander 1986(2) SA 101 (O), 'n beslissing van h voltallige Vrystaatse regbank, onder die loep gekom. Hieromtrent laat die hof hom by monde van regter Kotze (op 104J-105C) soos volg uit:-
"Hierdie woordkeuse was na my mening bloot net h8
ongelukkige een gewees om die gevalle genoem in art 59 (borgverlening deur offisiere en onder-offisiere in minder ernstige gevalle) te onderskei van al die ander gevalle wat in art 60 betrek word. Dit het met ander woorde nie bedoel om te bepaal dat vrywillige borgaansoeke (hetsy in die Hooggeregshof hetsy in die laerhof) nie voor die verpligte eerste verskyning in die laerhof gebring mag word nie en het ook nie bedoel om regsbevoegdheid te omskryf nie. Die woorde 'eerste verskyning' verwys dus nie net na die eerste verpligte verskyning ingevolge art 50 nie maar sluit ook h eerste verskyning op eie versoek in. Dit is nie alleen die meer ernstige misdade wat onder art 60 ressorteer nie maar ook die geringe art 59-gevalle waar polisie-offisiere nie borgtog wou verleen het nie. Dit sal dus onsinning wees om art 60 so uit te lê dat een beskúldigde voor sy verpligte eerste verskyning borgtog kan verkry terwyl h ander identiese beskuldigde, wat presies dieselfde misdaad gepleeg het, eers tot by sy eerste verpligte verskyning in die laerhof moet wag alvorens hy borgtog kan verkry."
Bostaande beskouing en uitleg van "eerste verskyning" indie samehang van hoofstuk 9 van die Wet tref my, meteerbied, as weloorwoë en oortuigend. Sien verder S v duPreez 1991(2) SASV 372 (Ck).
Die appellante se advokaat het egter aangevoer9
dat die bepalings van art 50(1 ) 'n betekenis dra wat onoorkomelik in die weg staan van die vertqlking wat die hof in die Twayie-saak aan art 60(1 ) geheg het. Met byhaling van hierdie hof se beslissing in Duncan v Minister of Law and Order 1986(2) SA 805 (A) is die volgende betoog aan ons voorgehou: Die feit dat aanhouding wat nie 48 uur oorskry ingevolge art 50(1) reëlmatig en regtens onaanvegbaar is, sou onbestaanbaar wees met die ontvanklikheid binne gemelde tydperk van 48 uur van enige borgaansoek soos by art 60(1) bedoel.Afgesien daarvan dat die gebiedende voorskrifte van die uitsonderingsbepalings in art 50(3) vervat die doodsklok vir die betoog lui, verwar hierdie argument regmatigheid van aanhouding met die oogmerk van borgverlening. Borgtog is 'n middel wat daarop gemik is om die inbreuk op 'n beskuldigde se vryheid, in 'n stadium wanneer hy nog nie veroordeel is nie, te minimaliseer.
10
In die onderhawige saak gaan dit hoegenaamd nie oor dieregmatigheid van die respondent se aanhouding nie. Indie Twayie-saak word die trefwydte van art 50(1) in dievolgende woorde (op 103I) raak saamgevat:-
"Artikel 50 handel met die maksimum tydperk wat voor verskyning verloop en nie met die minimum tyd wat voor h borgaansoek kan verloop nie. Dit het geensins ten doel om enige reëling ten aansien van borgverlening neer te lê nie."
By die Duncan-saak (supra), wat oor geldigheidsvereistesby inhegtenisneming kragtens art 40(1)(b) van die Wetgaan, is ook geen steun vir die appellante se betoog tevind nie.
Vir die grondige redes wat in sy deeglike
uitspraak aangestip word, meen ek dat die landdros se
bevinding korrek was.
11
Die appèl word met koste van die hand gewys.
G G HOEXTER AR SMALBERGER AR)MILNE AR )EKSTEEN AR )HARMS WnAR )