Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

Minister van Wet en Orde v Maseko (386/92) [1994] ZASCA 7 (15 March 1994)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The Supreme Court of Appeal held that the respondent had discharged the burden of proof on a balance of probabilities that he was unlawfully shot by a member of the South African Police in Lekhulenistraat at the relevant time. The trial court correctly applied the burden of proof and made credibility findings in favour of the respondent and his witnesses, whose evidence was consistent and corroborated by independent testimony. The appellant failed to provide any evidence of justification for the shooting and did not call the relevant police officers to testify. The forensic expert's evidence did not render the respondent's version impossible. The probabilities, based on the proven facts and credibility findings, favoured the respondent's account. The appeal was dismissed and the trial court's award of damages and costs was upheld.

Court disposition

Appeal dismissed with costs. Substitution of plaintiff granted; Ephraim Maseko replaced by Spencer Maseko as respondent.

Orders

  • The appeal is dismissed with costs.
  • The substitution of Ephraim Maseko by Spencer Maseko as plaintiff is granted.

02

Material facts

Parties

Minister van Wet en Orde

Appellant

Spencer Maseko

Respondent

Amounts and remedies

  • Damages Awarded: ZAR 176,112

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Appeal / Appeal From Decision of Transvaal Provincial Division

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant denied the respondent's factual allegations and alternatively argued that, if the respondent was shot by a member of the SAP on the stated date and place, such conduct was justified and not unlawful. The appellant contended that police officers fired at groups of rioters in the vicinity of the hostels in bona fide attempts to protect public safety and property and maintain law and order. The appellant further argued that the general probabilities favoured the version that the respondent was shot during the unrest near the hostels, not in Lekhulenistraat.
Respondent
The respondent maintained that he was unlawfully shot in the face by a member of the SAP while peacefully walking in Lekhulenistraat, resulting in permanent blindness. He relied on direct eyewitness testimony and the corroboration of a local lay priest who attended to him immediately after the incident. The respondent argued that the probabilities did not support the appellant's version and that there was no justification for the shooting at the time and place alleged.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Mabaso v Felix 1981 (3) SA 865 (A) at 874G-876F

    The burden of proof rests on the plaintiff to prove every allegation forming part of the cause of action; the defendant bears the burden to prove any justification such as self-defence or necessity.

  2. 02

    S v Francis 1991 (1) SA 198 (A) at 204d-e

    Findings of fact by a trial court are presumed correct in the absence of misdirection and will only be overturned in exceptional circumstances.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The Supreme Court of Appeal held that the respondent had discharged the burden of proof on a balance of probabilities that he was unlawfully shot by a member of the South African Police in Lekhulenistraat at the relevant time. The trial court correctly applied the burden of proof and made credibility findings in favour of the respondent and his witnesses, whose evidence was consistent and corroborated by independent testimony. The appellant failed to provide any evidence of justification for the shooting and did not call the relevant police officers to testify. The forensic expert's evidence did not render the respondent's version impossible. The probabilities, based on the proven facts and credibility findings, favoured the respondent's account. The appeal was dismissed and the trial court's award of damages and costs was upheld.

Obiter and limits

  • The court noted that the general unrest in KwaThema on the day in question did not justify indiscriminate police action against peaceful civilians.
  • The absence of testimony from the police officers involved created a material gap in the appellant's case.
  • The forensic evidence regarding the type of shotgun pellet used did not conclusively contradict the respondent's version.

Court disposition

Appeal dismissed with costs. Substitution of plaintiff granted; Ephraim Maseko replaced by Spencer Maseko as respondent.

  • The appeal is dismissed with costs.
  • The substitution of Ephraim Maseko by Spencer Maseko as plaintiff is granted.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1994] ZASCA 7

NIE VERSLAGWAARDIG NIESaaknommer 386/92/wlb

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

DIE MINISTER VAN WET EN ORDE AppellantenSPENCER MASEKO Respondent

CORAM: BOTHA, F H GROSSKOPF ARR et OLIVIER WND ARVERHOORDATUM: 1 Maart 1994 LEWERINGSDATUM: 15 Maart 1994

UITSPRAAK

OLIVIER WND AR/

2 OLIVIER WND AR

Hierdie is 'n appèl teen 'n beslissing van Botha R in die Transvaalse Provinsiale Afdeling waarin skadevergoeding en genoegdoening ten bedrae van R176 112,00 en gedingskoste aan die respondent toegeken is. Die nodige verlof om na hierdie Hof te appelleer is deur die verhoorregter verleen.In 'n neutedop saamgevat, berus respondent se saak daarop dat hy, toentertyd 'n 18-jarige seun, op 11 Mei 1985 om ongeveer 19:00 tot 19:30 en in Lekhulenistraat, KwaThema woongebied, Springs, op onregmatige wyse deur 'n lid van die Suid-Afrikaanse Polisie ("SAP") met 'n haelgeweer in die gesig geskiet is. Hy het as gevolg daarvan permanent die sig van beide oë verloor. Dit is aangevoer dat appellant middellik aanspreeklik is vir gemeide optrede van die lede van die SAP. In die verweerskrif het appellant eerstens respondent se feitelike bewerings ontken en in die alternatief aangevoer dat indien bevind sou word dat respondent op die genoemde

3 dag te KwaThema deur 'n lid van die SAP geskiet is,

sodanige optrede geregverdig en dus nie onregmatig was nie.

Appellant het gepleit dat daar op die betrokke dag en

ongeveer gedurende die tyd toe die respondent beseer is,

opstande en dade van brandstigting in KwaThema plaasgevind

hek en dat lede van die SAP in die omgewing van die

hostelle op groepe oproermakers met haelgewere gevuur het

terwyl hul bona fide gepoog het om die veiligheid van die

publiek en eiendom te beskerm en wet en orde te handhaaf.

Die implikasie is dat respondent in die omgewing van die

hostelle geskiet is. Die getuienis was dat die oproer by

die hosbelle om ongeveer 16:45 en weer om ongeveer 18:00

plaasgevind het.

Die kerneffek van die uitspraak van die hof a quo

was dab respondent op 'n oorwig van waarskynlikhede bewyshek dat hy, soos hy beweer het, been ongeveer 19:00 tot

19:30 in Lekhulenistraat deur 'n lid van die SAP geskietis. Ten opsigte van hierdie gebeure is geen regverdigingdeur die appellant aangevoer of bewys nie. Derhalwe het

4 respondent in sy eis geslaag.

Appellant het nooit gepoog om te bewys dat daar enige regverdiging bestaan vir die optrede van 'n lid van die SAP om respondent op die genoemde datum en tyd in Lekhulenistraat te verwond het nie. Die kernvraag in hierdie appèl is derhalwe slegs of die hof a quo tereg bevind het dat respondent hom van die bewyslas gekwyt het om sy weergawe van die tyd en plek van die verwonding en deur wie dit gedoen is, te bewys.Alvorens die meriete van die verhoorhof se feitebevinding onder die loep geneem word, is dit nodig om 'n opmerking te maak oor die kwessie van die bewyslas. Op grond van een of twee uitlatings van die verhoorregter, veral tydens die uitspraak waardeur verlof verleen is om na hierdie Hof te appelleer, het die advokaat vir appellant geargumenteer dat die verhoorhof ten onregte 'n bewyslas op die appellant geplaas het om te bewys dat respondent nie op die genoemde tyd en te Lekhulenistraat geskiet is nie. Tereg is aangevoer dat die bewyslas op respondent gerus het

5 om elke bewering wat deel van sy skuldoorsaak vorm, te

bewys; daar is slegs 'n bewyslas op appellant om 'n

regverdigingsgrond, soos noodweer of noodtoestand te bewys,

volgens Mabaso v Felix 1981(3) SA 865 (A) te 874G tot 876F.

'n Ontleding van die hoofuitspraak van die verhoorregter

toon egter aan dat hy wel die bewyslas korrek gehanteer

het, die gemelde uitlatings ten spyt.

Die beoordeling van die verhoorhof se bevindinge

op die feite moet geskied binne die raamwerk van die

toepaslike beginsels wat al dikwels deur hierdie Hof

beklemtoon is. Veral moet voor oë gehou word dat in die

afwesigheid van 'n wanvoorligting, dit vermoed word dat die

verhoorhof se bevindinge korrek is. Om sodanige bevindinge

te verander, moet die hof van appèl oortuig wees dat die

verhoorhof fouteer het - 'n redelike twyfel is niegenoegsaam nie. Dit is onlangs weer deur hierdie Hofbevestig dat gesien die voordele wat 'n verhoorhof het omdie getuies persoonlik waar te neem, aan te hoor en teevalueer, 'n feitebevinding, in die afwesigheid van 'n

6 wanvoorligting, slegs in uitsonderlike omstandighede

omvergewerp sal word. (S v Francis 1991(1) SASV 198 (A) te

204d-e.)

In die onderhawige appèl is nie aangevoer dat die verhoorregter 'n wanvoorligting begaan het nie. Inderdaad getuig die uitspraak van 'n noukeurige opsomming van die getuienis en 'n versigtige en volledige evaluering daarvan. Appellant moes derhalwe hierdie Hof oortuig dat die evaluering en gevolgtrekking van die verhoorhof duidelik onhoudbaar is.

Die uitspraak word teen hierdie agtergrond in oënskou geneem.Dit is onbetwis dat die algemene onlussituasie wat ons land teen die middel van 1985 geteister het, ook op die dag van respondent se beserings in KwaThema die toneel oorheers het. Die getuienis toon dat 31 gevalle van onluste daardie dag in KwaThema aangemeld is. Vroegmiddag was daar 'n skynbegrafnis waartydens die skare met gas verdryf is. Teen ongeveer 16:45 was daar 'n aanval van 'n

7 skare op die hostelle, waartydens die SAP skote op die

mense gevuur het. 'n Tweede aanval op die hostelle het

teen 18:00 plaasgevind. In die geledere van die

oproermakers was talle jeugdiges. Brandstigting en

klipgooiery het voorgekom, tot so 'n mate dat lede van die

SAP weer, met haelgewere, op die aanvallers moes skiet. In

die loop van die dag het lede van die veiligheidsmagte met

Casspirs rondbeweeg en was hul genoodsaak om kamoefleerdrag

te dra.

Dit is in hierdie situasie wat respondent hom

bevind het. Sy getuienis kom daarop neer dat hy en 'n

vriend, Vuzi (ook bekend as Owen) die genoemde begrafnisbygewoon het. Vandaar stap hulle na 'n ander vriend,

Zweli, se grootouers se huis. Op pad daarheen tref hullenog 'n ander maat, Mike, aan. Hulle vind Zweli by sygrootouers se huis. Hulle vertoef daar tot ongeveer 16:00waarna die viertal makkers na Zweli se ander grootouers sehuis in Mailestraat stap. Daar vertoef hulle tot ongeveer

18:00, waarna al vier weer saamstap in die rigting van die

8 respondent se ouerhuis. Hul roete sou hul deur Lekhuleni-

straat neem.

Om van Mailestraat na Lekhulenistraat te stap

duur ongeveer 50 tot 55 minute. Op die roete vanaf Maile-

straat na Lekhulenistraat lê die KwaThema hostelle aan die

linkerkant en ongeveer halfpad tussen die vertrekpunt en

die eindpunt. 'n Direkte roete sou die viertal stappers

nie baie ver van die hostelle nie verbyneem. Respondent

getuig dat hulle nie baie ver van die hostelle verbygeloop

het nie, toe hulle hoor dat mense sê die polisie kom. Die

viertal het egter geen onluste waargeneem nie en bevind

hulself teen ongeveer 19:30 in Lekhulenistraat, waar hulle

in 'n noordelike rigting stap. Respondent kom 'n ouer

familielid en vriend van hom, Andries Maseko, teë. Hullewissel 'n paar woorde en die viertal stap verder. Dit wasal redelik donker. Lekhulenistraat vorm 'n T-aansluitingmet Shabangustraab. Toe hulle ongeveer 30 meter van dieinterseksie was, sien respondent 'n geel SAP vangwa, mettwee insittendes en twee polisiemanne agterop, wat van oos

9 na wes in Shabangustraat beweeg. Die polisieman in die

passasiersitplek was gewapen met 'n geweer waarvan die loop

by die venster uitgesteek het. Toe die vangwa in die

interseksie kom, is drie skote afgevuur uit die voertuig en

is respondent in die gesig en bolyf getref. Hy het op die

grond geval en is, terwyl hy baie pyn verduur het en erg

gebloei het, na die huis van ene Nomakwe, regoor die plek

waar hy geskiet is in Lekhulenistraat, geneem. Nomakwe is

'n lekepriester. Vandaar het Mike en Andries met laas-

genoemde se motor hom na die Oosrandse Hospitaal geneem.

Namens appellant is aangevoer dat die algemene

waarskynlikhede teen respondent se weergawe spreek. Waarom

sou lede van die SAP op vier jeugdiges, wat vreedsaam in

die straat loop, skiet? Hoewel daar geen feitelike

getuienis was dat respondent gedurende die onluste omongeveer 18:00 by die hostel geskiet is nie, is namensappellant aangevoer dat die algemene waarskynlikhedesodanige afleiding begunstig en dat appellant se weergaweonaanvaarbaar is.

10 Namens respondent is daarenteen aangevoer dat die

algemene waarskynlikhede minstens ewe sterk teen appellant

se weergawe spreek. Is dit nou enigsins aanvaarbaar dat

respondent, swaar en pynlik verwond en verblind, vanaf die

hostelle na Lekhulenistraat sou stap - 'n looptyd onder

normale omstandighede van ongeveer 25 - 30 minute?Die direkte getuienis wat respondent se weergawe steun, is diê van respondent self, Andries Maseko, Mike Malaza en die genoemde Nomakwe. Malaza is 'n direkte ooggetuie; Maseko het in Lekhulenistraat met respondent gepraat 'n minuut of wat voor die voorval en hy het onmiddellik na die gebeure die erg beseerde respondent in Nomakwe se huis aangetref. Nomakwe, die lekepriester, het bevestig dat 'n bloeiende en erg beseerde respondent teen ongeveer 19:00 in sy huis ingebring is. Hy het nie geweerskote gehoor nie, maar is doof in die een oor.Respondent, Malaza en Maseko se getuienis is by die verhoor en weer op appêl gekritiseer oor onderlinge verskille. Die verhoorregter het dit alles in ag geneem

11

en, myns insiens, tereg bevind dat hul getuienis in hoofsaak ooreenstem en geloofwaardig is. Die getuienis van Nomakwe is van besondere belang want dit verleen sterk steun aan die afleiding dat die verwonding van respondent naby sy huis in Lekhulenistraat plaasgevind het. Die enigste kritiek wat teen Nomakwe ingebring was, is dat hy nie die geweerskote gehoor het nie. Sy verduideliking van doofheid is egter nooit as onwaar of ongeloofwaardig bewys nie. Sy getuienis is ook na noukeurige oorweging deur die verhoorhof as geloofwaardig aanvaar.Respondent se getuienis is ook onder verdenking geplaas deur die getuienis van Brown, 'n sielkundige wat juis vir respondent behandel het. Hy word deur respondent met agting bejeën. Volgens hom het respondent in Junie 1986 aan hom gesê dat hy deel was van 'n groep jeugdiges wat die onluste staan en aanskou het toe hy, as onskuldige toeskouer, deur die SAP raakgeskiet is. Brown sê dat hy respondent se huidige weergawe die eerste keer by die verhoor gehoor het. Respondent het ontken dat hy gemelde

12 mededelings aan Brown gemaak het. Die verhoorregter het

Brown se getuienis versigtig oorweeg en hom 'n

indrukwekkende getuie gevind. Nogtans het die regter

bevind dat hy nie as feit kan bevind dat respondent die

gewraakte mededelings aan Brown gemaak het nie. Die

moontlikheid van misverstand, 'n geheue-fout, beïnvloeding

deur besprekings met derdes en gebrekkige kommunikasie kan

nie uitgesluit word nie. Na my mening kan daar nie met die

verhoorregter se gevolgtrekking fout gevind word nie.

Appellant se advokaat kon nie oortuigende redes op appèl

aanvoer waarom die verhoorregter op hierdie aspek

gekorrigeer moet word nie.

'n Laaste aanmerkbare aanval op respondent se

weergawe is gebaseer op die getuienis van adjudant-offisierKloppers, 'n forensiese deskundige en ballistiese kenner.Die kern van sy getuienis is dat X-straal foto's wat van 'nhaelkorrel in respondent se arm geneem is, aantoon dat ditafkomstig is van 'n nr 1 haelpatroon. Op respondent se eieweergawe is hy op 'n afstand van ongeveer 36 meter geskiet.

13 Kloppers het aangevoer dat, op grond van toetse wat hy

uitgevoer het en die diepte van die penetrasie van die

genoemde haelkorrel in respondent se arm, dit onwaarskynlik

is dat hy op 'n afstand van 36 meter geskiet is. Dit is,

volgens hom, waarskynliker dat hy op 'n afstand van tussen

80 en 90 meter getref is.

Die verhoorregter het die getuienis van Kloppers

noukeurig oorweeg. Een van die oorwegings wat 'n rol

gespeel het by dié oorweging was die feit dat Kloppers nie

op wetenskaplike wyse die feit dat respondent redelike dik

klere aangehad het, verdiskonteer het nie. Nog 'n faktorwat 'n vraagteken skep, is dat daar geen werklike fisiese

toetse gedoen is om 'n korrelasie te bewys tussen diepenetrasie van haelkorrels in die vel van 'n vark en inleer, waarop Kloppers sy toetse gedoen het, teenoor dié van

'n menslike liggaam nie. 'n Verdere punt van kritiek teenKloppers se getuienis is dat daar geen bewys is dat dietoetse deur hom uitgevoer, met dieselfde soort wapen enammunisie as waarmee respondent geskiet is, gedoen is nie.

14 Tereg het die verhoorregter bevind dat Kloppers se

getuienis wel 'n waarskynlikheid opper, maar nie 'n

onmoontlikheid nie.Van appellant se kant is geen getuienis aangevoer dat dit onmoontlik was dat respondent teen ongeveer 19:30 op die betrokke aand in Lekhulenistraat deur lede van die SAP geskiet kon gewees het nie. Trouens, appellant se getuienis het juis aangetoon dat een geel polisievangwa soos deur respondent beskryf, te wete SAP 56672 B, uitgeteken is deur konstabel E Maseko wat dit gebruik het tot 22:00 op die betrokke dag. Hy was vergesel van sersant Modise. Nóg Maseko nóg Modise het getuig, wat ooglopend 'n leemte in appellant se saak gelaat het. Dit is selfs, volgens die polisierekords, moontlik dat ook 'n tweede polisie-vangwa daardie aand in KwaThema gebruik is.'n Laaste klein gewiggie wat in die skaal geplaas moet word, is dat volgens die polisierekords slegs nr 5 haelpatrone gedurende die onlusbeheer by die hostelle teen ongeveer 18:00 gebruik is. Dit is nie versoenbaar met die

15 nr 1 haelkorrel wat in respondent se arm gevind is nie.

Die waarskynlikhede, soos gebaseer op die bewese feite en die geloofwaardigheidsbevindinge van die verhoorregter, begunstig die respondent se weergawe. Die bevinding van die verhoorhof moet derhalwe gehandhaaf word.

Daar was geen appèl teen die toekenning van die reedsgenoemde bedrag nie.Toe die aksie ingestel is, was respondent 'n minderjarige. Sy vader, Ephraim Maseko, het as eiser opgetree. In die loop van die verhoor is kennis van plaasvervanging gegee. Die tersaaklike aansoek is op appèl gedoen en is nie geopponeer nie. Dit word toegestaan met die gevolg dat Ephraim Maseko as eiser vervang word deur die huidige respondent.

Die appèl word van die hand gewys met koste.

Waarnemende Appèregter

BOTHA AR ] ] STEM SAAM F H GROSSKOPF AR ]

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Mabaso v Felix 1981 (3) SA 865 (A)

Case cited

S v Francis 1991 (1) SA 198 (A)

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.