Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

Mnguni and Another v S (A82/2012) [2013] ZAFSHC 85 (30 May 2013)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The appellate court found that the trial court had properly considered all relevant sentencing options, including those under the Child Justice Act. The trial court took into account the appellants' ages at the time of sentencing, the gravity and violent nature of the offences, and the recommendations in the pre-sentence reports, which indicated a lack of remorse and recommended direct imprisonment. The court held that there was no misdirection or shockingly inappropriate sentence that would justify interference. The discretion to refer youth offenders to a child care centre under section 76 is not mandatory and must be exercised in light of the specific circumstances. In this case, the court found no sufficient justification to interfere with the trial court's discretion or to impose guidelines for future cases. The appeal was accordingly dismissed.

Court disposition

The appeal by both appellants is dismissed.

Orders

  • The appeal by both appellants against sentence is dismissed.
  • The sentences imposed by the trial court are confirmed.

02

Material facts

Parties

Seun Elias Mnguni

Appellant Counsel: P. W. Nel

Tsepo Nhlapo

Appellant Counsel: P. W. Nel

The State

Respondent Counsel: J.P. du P Botha

Amounts and remedies

  • Appellant 1 Age at Offence (years): 16.38
  • Appellant 2 Age at Offence (years): 17.88
  • Appellant 1 Sentence for Robbery (years): 8
  • Appellant 1 Sentence for Murder (years): 20
  • Appellant 1 Sentence for Rape (years): 15
  • Appellant 2 Sentence for Robbery (years): 8
  • Appellant 2 Sentence for Murder (years): 20
  • Appellant 2 Sentence for Rape (years): 15
  • Appellant 2 Sentence for Assault (months): 6

03

Procedural history

  1. Posture

    Criminal Appeal / Appeal Against Sentence

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
Counsel for the appellants argued that the effective sentence of 20 years' imprisonment was shockingly severe and inappropriate, suggesting that a more suitable sentence would be 18 years for appellant 1 and 18½ years for appellant 2. The main contention was that the trial court failed to exercise the sentencing option under section 76 of the Child Justice Act by not referring the appellants, at least for the initial period of detention, to a child care centre. It was submitted that the trial court did not adequately consider the statutory sentencing options and the requirements for youth offenders.
Respondent
Counsel for the respondent maintained that the trial court properly considered all relevant sentencing options, including those under section 76 of the Child Justice Act. The respondent argued that both pre-sentence reports indicated a lack of genuine remorse from the appellants, and that direct imprisonment was recommended. The respondent submitted that the sentences imposed were appropriate given the gravity and violent nature of the offences, and that there was no misdirection or shockingly inappropriate sentence justifying appellate interference.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    S v Rabie 1975 (4) SA 855 (A)

    The sentencing discretion of a trial court should only be interfered with on appeal if there is a material misdirection or the sentence is shockingly inappropriate.

  2. 02

    Child Justice Act 75 of 2008, section 76

    Section 76 of the Child Justice Act provides for the referral of child offenders to child care centres for compulsory residence, but such referral is discretionary and must be justified by the circumstances.

  3. 03

    Child Justice Act 75 of 2008, section 77

    Section 77 of the Child Justice Act determines that the age of the offender at the date of sentencing is decisive for the application of sentencing provisions for children.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The appellate court found that the trial court had properly considered all relevant sentencing options, including those under the Child Justice Act. The trial court took into account the appellants' ages at the time of sentencing, the gravity and violent nature of the offences, and the recommendations in the pre-sentence reports, which indicated a lack of remorse and recommended direct imprisonment. The court held that there was no misdirection or shockingly inappropriate sentence that would justify interference. The discretion to refer youth offenders to a child care centre under section 76 is not mandatory and must be exercised in light of the specific circumstances. In this case, the court found no sufficient justification to interfere with the trial court's discretion or to impose guidelines for future cases. The appeal was accordingly dismissed.

Obiter and limits

  • It is not possible or desirable to lay down general guidelines for the referral of youth offenders to child care centres under section 76 of the Child Justice Act, as each case must be determined on its own facts and circumstances.
  • Referring violent offenders to child care centres may be detrimental to other residents in such centres, and the interests of all parties must be considered.

Court disposition

The appeal by both appellants is dismissed.

  • The appeal by both appellants against sentence is dismissed.
  • The sentences imposed by the trial court are confirmed.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2013] ZAFSHC 85

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

Appèl nr.: A82/2012

In die appèl tussen:

SEUN

ELIAS MNGUNI ......................................................1ste Appellant

TSEPO

NHLAPO ...............................................................2de Appellant

en

DIE STAAT ...........................................................................Respondent

___________

CORAM: RAMPAI, WND RP et JORDAAN, R et LEKALE, R

_____________

UITSPRAAK: JORDAAN, R

AANGEHOOR OP: 20 MEI 2013

GELEWER OP: 30 MEI 2013

[1] Die appellante is in die rondgaande hof te Kroonstad skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede, moord en verkragting onderskeidelik. Appellant nommer 2 is ook skuldig bevind aan aanranding gewoon. Tydens pleging van die misdrywe was appellant nommer 1, 16 jaar en 4½ maande oud en appellant nommer 2, 17 jaar en 10½ maande oud by benadering. Uit hoofde daarvan het die hof derhalwe gesit as kinderhof in terme van die “Child Justice Act, nr 75 van 2008”.

[2] Die appellante is elk op aanklagtes 1, 2 en 4 soortgelyke vonnisse opgelê, naamlik op die roof met verswarende omstandighede 8 jaar gevangenisstraf, op die moord aanklag, 20 jaar gevangenisstraf en op die verkragtingsaanklag, 15 jaar gevangenisstraf. Appellant 2 is ook op die aanrandingsklagte 6 maande gevangenisstraf opgelê. Die verhoorhof het gelas dat die vonnisse van beide so uitgedien word dat hulle ‘n effektiewe termyn van gevangenisstraf van 20 jaar uitdien. In terme van artikel 84 van voormelde wet het hulle ‘n reg op appèl wat hulle uitgeoefen het slegs met betrekking tot vonnis.

[3] Hierdie appèl het derhalwe slegs te doen met die vonnisse opgelê aan die appellante.

[4] Tydens vonnisoplegging op 9 Maart 2012 was appellant 1 ongeveer 17 jaar oud en appellant 2 reeds 18½ jaar oud. In terme van artikel 77 van voormelde wet is die bepalings van die wet met betrekking tot die oplegging van vonnis van toepassing op persone wie tydens vonnis verrigtinge nog nie die ouderdom van 18 jaar bereik het nie. Meer in die besonder verwys artikel 77 van die wet uitdruklik na die datum van oplegging van vonnis as synde bepalend van die toepaslike ouderdom vir doeleindes van vonnis. Op daardie stadium was nog slegs appellant nommer 1 derhalwe onder die ouderdom van 18 jaar en ‘n kind terwyl appellant nommer 2 reeds volwasse ouderdom bereik het.

[5] Wat die pleging van die misdrywe betref blyk dit dat die appellante die betrokke gesin op ‘n plaas geval het, die man, ‘n middeljarige persoon, noodlottig beseer het en ook die oorledene se moeder, ‘n 84 jarige dame, beurtelings verkrag het. Daar is ook ‘n aantal items tydens die aanval geroof. Die aanrandingsklag het betrekking gehad op die oorledene se eggenote wie voor die verhoor reeds oorlede is.

[6] Alhoewel aanvanklik namens die appellante aangevoer is dat die effektiewe termyn van gevangenisstraf van 20 jaar skokkend hoog en onvanpas is en voorgestel is dat ‘n meer gepaste vonnis een van 18 jaar gevangenisstraf sou wees in geval van appellant nommer 1 en 18½ jaar in geval van appellant nommer 2, het Mnr Nel tydens argument tereg toegegee dat dit nie sodanig verskil van die effektiewe opgelegde vonnisse dat dit as ‘n wesenlike verskil aangemerk kan word wat bloot op grond daarvan inmenging regverdig nie.

[7] Mnr Nel het hoofsaaklik betoog dat die hof fouteer het deur nie die vonnisopsie vervat in artikel 76 van voormelde wet uit te oefen en die appellante ten minste vir die eerste gedeelte van die termyn van aanhouding te verwys na ‘n kindersorgsentrum soos bedoel in artikel 76 van die wet nie. Hy het betoog dat die verhoorhof fouteer het om nie te gelas dat die appellante in sodanige sentrum vir verpligtende aanhouding geplaas word vir ‘n tydperk waarna hulle weer voor die hof sou verskyn om te beslis oor hulle voortgesette aanhouding in ‘n gevangenis nie. Inderdaad is betoog dat die verhoorhof nie voldoende ag-geslaan het op die bepalings van voormelde wet met betrekking tot vonnisopsies en vonnisoplegging nie.

[8] Ten opsigte van beide appellante is voorvonnis verslae verkry en aan die hof voorgelê vir doeleindes van oorweging van vonnis. Ten opsigte van beide meld die proefbeampte verslae dat nie een van die twee werklike berou toon nie en dat sodanige berou, indien dit sou bestaan ‘n voorvereiste sou wees vir alternatiewe vorme van aanhouding buite die gevangenis. In die verslae word dan ook direkte gevangenisstraf aanbeveel.

[9] In sy uitspraak op vonnis het die verhoorhof inderdaad die alternatiewe opsies soos onder andere vervat in artikel 76 van die wet in oorweging geneem. Die verhoorhof het tot die gevolgtrekking gekom dat die aanhouding van appellante in ‘n kinder en jeugsorgsentrum nie ‘n gepaste vonnis is nie en dat die enigste gepaste vonnis direkte langtermyn gevangenisstraf is. Die argument dat die verhoorhof nie voldoende rekening gehou het by die bepalings van die wet by oplegging van vonnis nie kan derhalwe nie water hou nie en wys die uitspraak op die teendeel.

[10] Die appellante was welliswaar jeugdig tydens pleging van die misdrywe maar aan die ander kant was appellant 1 bykans 18 jaar oud tydens oplegging van vonnis en appellant 2 reeds meerderjarig. Hulle is skuldig bevind aan verskeie ernstige misdrywe wat met groot mate van geweld en geweldadige optrede gepaard gegaan het. Daar kan geen twyfel wees dat die misdrywe wat hulle gepleeg het ‘n langtermyn van gevangenisstraf vereis het nie. Weens hulle gebrek aan berou en insig in hul wandade sou dit myns insiens geen doel dien om hulle vir ‘n relatiewe kort gedeelte van die totale vereiste aanhoudingstydperk onder verpligte aanhouding in ‘n jeugsorgsentrum te laat aanhou nie. Inteendeel is ek van mening dat dit tot nadeel van ander aangehoudendes in sodanige sentra kan wees indien die appellante, synde geweldadige misdadigers, tesame met sodanige ander jeugdiges aangehou word en aan hulle blootgestel word.

[11] Die verhoorhof het met betrekking tot vonnis ‘n diskresie om ‘n gepaste vonnis in die omstandighede van ‘n saak op te lê en die magte van ‘n hof van appèl om daarmee in te meng is slegs beperk tot gevalle waar daar ‘n wanvoorligting begaan is of waar die vonnis so skokkend onvanpas is dat inmenging geregverdig word. Daar is reeds daarop gewys dat daar hoegenaamd nie gesê kan word dat die vonnisse skokkend onvanpas is nie en myns insiens is daar ook geen mistasting aangetoon wat deur die verhoorhof begaan sou wees nie. Al die relevante faktore met betrekking tot vonnisoplegging en vonnisopsies is behoorlik deur die verhoorhof in oorweging geneem en kan die verhoorhof se benadering nie fouteer word nie. Soos reeds gemeld was appellant nommer 2 tydens vonnisoplegging reeds meerderjarig en appellant nommer 1 enkele maande vanaf bereiking van die ouderdom van 18 jaar af. Waar dit duidelik is dat hulle vir ‘n wesenlike tyd in die gevangenis sal moet deurbring sou dit geen doel

dien om hulle vir ‘n relatiewe kort tydjie in ‘n jeugsorgsentrum te laat aanhou nie.

[12] Ons is deur Mnr Nel namens die appellante versoek om riglyne neer te lê met betrekking tot die vraag wanneer dit gepas sou wees om, by die vonnis van jeugdige misdadigers, sodanige jeugdiges in terme van artikel 76 van die wet te verwys vir verpligte aanhouding in ‘n jeugsorgsentrum. ‘n Gepaste vonnis vir jeugdige misdadigers, soos vir enige ander misdadiger, is iets wat afhang van die spesifieke omstandighede van elke saak sowel as die spesifieke omstandighede van die betrokke misdadiger. In hierdie verband het ‘n verhoorhof ‘n wye diskressie om na gelang van die omstandighede van elke geval ‘n gepaste vonnis te oorweeg. Ek meen nie dat dit moontlik of dienlik is om te poog om by wyse van riglyne ‘n algemene voorskrif daar te stel waardeur bes moontlik die diskresie van ‘n vehoorhof by vonnisoplegging aan bande gelê kan word nie. Inteendeel is ek van mening dat dit gevaarlik sou wees om sodanige riglyne in vacuo te probeer neerlê sonder verwysing na spesifieke omstandighede wat tans aan ons onbekend is. Ons kan derhalwe nie aan die versoek voldoen nie. Die verste wat gegaan kan word is om te bevind dat daar in die huidige saak en in die huidige omstandighede nie voldoende regverdiging is vir inmenging met die verhoorhof se diskresie by vonnisoplegging nie en daar onvoldoende gronde is om te bevind dat die verhoorhof inderdaad ‘n gedeelte van die vonnis ooreenkomstig artikel 76 moes oplê.

[13] Ek is derhalwe nie oortuig dat die appèl kan slaag nie maar van mening dat die appèl van beide appellante afgewys behoort te word.

____

F. JORDAAN, R

Ek stem saam.

______

L. J. LEKALE, R

Ek stem saam en die appèl van beide appellante word afgewys.

____

M. H. RAMPAI, WND RP

Namens die appellante: Adv. P. W. Nel

In opdrag van:

Regsentrum

BLOEMFONTEIN

Namens die respondent: Adv. J.P. du P Botha

Die Direkteur: Openbare Vervolgings

/eb

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

S v Rabie 1975 (4) SA 855 (A)

Case cited

Child Justice Act 75 of 2008

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.