Download PDF

South Africa Judgment

Free State High Court, Bloemfontein

Mokhuane v Mokhuane (464/2005) [2007] ZAFSHC 46 (7 June 2007)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the applicant failed to provide a reasonable explanation for his delay in bringing the rescission application, with an 11-month lapse being excessive and not adequately justified by the circumstances. The applicant did not demonstrate a bona fide defence to the forfeiture of benefits order, as his claims regarding contributions to the joint estate were vague and contradicted by the respondent's evidence. The applicant accepted the dissolution of the marriage, custody, and maintenance orders, and did not raise any substantial issue regarding access to the children. The court held that rescission of only part of the divorce order would be inappropriate and create complications. Given the lack of a bona fide defence and the unreasonable delay, condonation was refused and the application for rescission was dismissed with costs.

Court disposition

Application for rescission of the default divorce order dismissed with costs.

Orders

  • The applicant's application for rescission is dismissed.
  • The applicant is ordered to pay the costs of the application.

02

Material facts

Parties

Kgomogadi Jack Mokhuane

Applicant Counsel: Adv. P.D.P. Greyling

Ketlareng Emmah Mokhuane

Respondent Counsel: Adv. P.J.J. Zietsman

Amounts and remedies

  • Monthly Maintenance for Abigail: ZAR 600
  • Monthly Maintenance for Phumelo: ZAR 400

03

Procedural history

  1. Posture

    Review Application / Application for Rescission of Default Divorce Order

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicant contended that he did not defend the divorce action because he believed, based on the respondent's undertaking, that the proceedings would be cancelled. He argued that the delay in bringing the rescission application was due to circumstances beyond his control, including the death of his attorney and financial difficulties. He challenged the forfeiture of benefits order, claiming he contributed more to the joint estate than the respondent and that the respondent was not entitled to forfeiture. He did not contest the dissolution of the marriage, custody, or maintenance orders.
Respondent
The respondent argued that the applicant was in wilful default, having been repeatedly informed that the divorce would proceed and failing to defend due to his own negligence. She asserted that the application was not bona fide, lacked a bona fide defence, and was brought solely to delay finality. She maintained that the forfeiture order was justified due to the applicant's neglect of his family and failure to provide maintenance, and that the delay in bringing the application was unreasonable.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Rule 31(2)(b) of the Uniform Rules of Court

    A party against whom a default judgment has been granted may apply for rescission within 20 days, but condonation may be granted at the court's discretion if good cause is shown.

  2. 02

    UNITED PLANT HIRE (PTY) LTD v HILLS AND OTHERS 1976 (1) SA 717 (AD)

    The court exercises a wide discretion in granting condonation, considering the degree of non-compliance, reasons for the delay, the respondent's interest in finality, avoidance of unnecessary delay, nature of the relief sought, and prospects of success.

  3. 03

    GRANT v PLUMBERS (PTY) LTD 1949 (2) SA 470 (OPD)

    Rescission of a default judgment requires a reasonable explanation for the default, bona fide application, and a bona fide defence to the claim.

  4. 04

    SINGH v SINGH 1983 (1) SA 781 (K); Divorce Act 70 of 1979

    Forfeiture of patrimonial benefits in divorce is regulated by section 9 of the Divorce Act 70 of 1979; the spouse against whom forfeiture is ordered retains their own contributions to the joint estate or half, whichever is less.

  5. 05

    GEORGHIADES v JANSE VAN RENSBURG 2007 (3) SA 16 (K)

    Partial rescission of divorce orders is controversial and may create complications, especially where orders are interdependent.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the applicant failed to provide a reasonable explanation for his delay in bringing the rescission application, with an 11-month lapse being excessive and not adequately justified by the circumstances. The applicant did not demonstrate a bona fide defence to the forfeiture of benefits order, as his claims regarding contributions to the joint estate were vague and contradicted by the respondent's evidence. The applicant accepted the dissolution of the marriage, custody, and maintenance orders, and did not raise any substantial issue regarding access to the children. The court held that rescission of only part of the divorce order would be inappropriate and create complications. Given the lack of a bona fide defence and the unreasonable delay, condonation was refused and the application for rescission was dismissed with costs.

Obiter and limits

  • The court noted that partial rescission of divorce orders is problematic due to the interdependence of orders relating to property, custody, and maintenance.
  • The applicant's right of reasonable access to the minor children is not affected by the absence of an explicit provision in the divorce order, as such rights can be arranged between the parties.

Court disposition

Application for rescission of the default divorce order dismissed with costs.

  • The applicant's application for rescission is dismissed.
  • The applicant is ordered to pay the costs of the application.

Source and reliance status

Free State High Court, Bloemfontein

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Free State High Court, Bloemfontein

Judgment

[2007] ZAFSHC 46

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)

Saak Nr. : 464/2005

In die saak tussen:-

KGOMOGADI JACK MOKHUANE Applikant

en

KETLARENG EMMAH MOKHUANE Respondent

CORAM: VOGES,

WND R

AANGEHOOR OP: 24 MEI 2007

_____________

UITSPRAAK: VOGES,

WND R

GELEWER OP: 7 JUNIE 2007

[1] Die applikant doen aansoek om tersydestelling van ‘n egskeidingsbevel wat op 3 Maart 2005 by verstek toegestaan is, aangesien die applikant (toe die verweerder) nie verdediging aangeteken het nie. Daarmee saam word gevra vir verlof om die aksie te verdedig, koste van die aansoek, indien dit opponeer sou word, verdere/alternatiewe regshulp en kondonasie vir die laat indien van hierdie aansoek.

[2] Dit is gemene saak dat die applikant en die respondent op 27 Desember 1997 binne gemeenskap van goedere getroud is en dat twee minderjarige kinders uit hierdie huwelik gebore is.

[3] Op 7 Februarie 2005 is ‘n dagvaarding vir egskeiding op die applikant beteken. Hy en die respondent het op daardie stadium nog saam in die gemeenskaplike woning gewoon.

[4] Dit is die applikant se saak dat hy en die respondent daarna probeer versoen het en die respondent aan hom die onderneming gegee het dat sy die egskeidingsgeding sal “kanselleer”. Kort daarna (op 4 Maart 2005) het die respondent egter ‘n egskeidingsbevel aan die applikant oorhandig waaruit geblyk het dat die bevel inderdaad op 3 Maart 2005 toegestaan is met die volgende bevele:

“1. That the bonds of marriage subsisting between plaintiff and defendant be and are hereby dissolved

2. That the custody of the two minor children born of the marriage be awarded to the plaintiff

That the defendant pay maintenance for the minor children born of the marriage at the rate of R600,00 per month for Abigail and R400,00 per month for Phumelo

That the benefits of the marriage in community of property be forfeited.

That the defendant pays the costs of suit.”

Die applikant het daarop, op versoek van die respondent, die gemeenskaplike woning verlaat.

[5] Die volgende week het hy sy prokureur (Mnr Matsididi) gaan spreek met die doel om bogenoemde hofbevel tersyde gestel te kry. Samesprekings is ook met ‘n advokaat gevoer, wat adviseer het dat gepoog moet word om die aangeleenheid buite die hof te skik.

Die saak is in die hande van die applikant se prokureur gelaat, wat skrywes (onder andere op 25 April 2005) gerig het aan die respondent se regsverteenwoordigers met die oog op ‘n skikking.

[6] In Junie 2005 het die applikant egter verneem dat mnr Matsididi oorlede is. Hy het weer die advokaat geraadpleeg en is geadviseer om ‘n ander prokureur aan te stel, wat hy gedoen het.

[7] Pogings is toe aangewend om die betrokke lêer uit die kantoor van mnr Matsididi te bekom, waarna weer probeer is om ‘n skikking met die respondent te bereik. Uiteindelik, op 1 September 2005, is ‘n skrywe ontvang vanaf die respondent se regsverteenwoordigers dat hulle nie meer namens haar optree nie.

[8] Vanweë applikant se benarde finansiële posisie het sy prokureur daarop voortgegaan om self die stukke op te stel vir hierdie aansoek. Hierdie stukke is op 14 November 2005 aan die advokaat te Bloemfontein voorgelê en is die applikant se funderende verklaring op 19 Desember 2005 te Thaba Nchu onderteken.

[9] As gevolg van die vakansieseisoen, is die aansoek eers op 9 Februarie 2006 ingedien. Kennisgewing van opponering is op 2 Maart 2006 ontvang en applikant se repliserende stukke is op 23 April 2006 beteken en geliasseer, nadat ‘n ander advokaat weer eens gevind moes word vanweë applikant se gebrek aan fondse.

Pogings was daarna aangewend om die aangeleentheid op die rol te plaas, maar dit het telkens skipbreuk gely omdat die applikant nie kon betaal nie en nie fondse kon bekom nie.

[10] Hierdie aansoek is uiteindelik vir verhoor ter rolle geplaas op 1 Maart 2007 op welke dag Hattingh, R die volgende bevel gemaak het:

“1. Aansoek word sine die uitgestel.

2. Verlof word aan die applikant verleen om die kondonasie- aansoek aan te vul nie later as 15 dae gereken van vandag.

3. Respondent kan daarop repliseer nie later as 10 dae na ontvangs van die sukke vermeld in paragraaf 2.

4. Mnr Anton Roux moet b w v ‘n beëedigde verklaring aantoon watter bedrae op watter datums deur applikant aan hom oorbetaal is.

5. Koste staan oor.”

[11] Mnr Anton Roux, regsverteenwoordiger van die applikant, het die verklaring geliasseer en die saak is weer ter rolle geplaas vir aanhoring op 17 Mei 2007.

[12] Die respondent bevestig in haar opponerende stukke dat die applikant na ontvangs van die dagvaarding aan haar sou gesê het dat hulle daaroor moet praat, maar beweer dat sy daarna uitdruklik aan hom gesê het dat sy nie die egskeidingsgeding gaan laat vaar nie. ‘n Week later het sy die applikant geskakel om te verneem of hy verdediging aangeteken het, maar hy het gesê dat hy nie geld het vir ‘n prokureur nie en dat sy aansoek om ‘n lening nie goedgekeur is nie. Die applikant ontken dat so ‘n gesprek ooit plaasgevind het.

[13] Dit is die respondent se saak dat die applikant “in wilful default” was, dat hierdie aansoek nie bona fide is nie, hy geen bona fide verweer teen die aksie het nie en hy gevolglik nie geregtig is op die tersydestelling van die egskeidingsbevel nie.

[14] Hofreël 31(2)(b) bepaal dat ‘n party teen wie ‘n vonnis by verstek gegee is, binne 20 dae nadat so ‘n vonnis gegee is, by die hof aansoek kan doen om tersydestelling van daardie bevel. Applikant se aansoek is duidelik buite hierdie voorgeskrewe tyd gebring. Hy doen egter aansoek om kondonasie van hierdie versuim en beroep hom, in die alternatief, op sy gemeenregtelike reg tot tersydestelling van vonnis, welke aansoek nie onderhewig is aan vasgestelde tydperke nie.

[15] Dit word deur die applikant aangevoer dat die redes hierbo uiteengesit voldoende is om kondonasie te regverdig en aan te toon dat die aansoek binne ‘n redelike tyd gebring is.

[16] Wanneer besin word oor die toestaan van kondonasie al dan nie, beskik die hof oor ‘n wye diskresie en word onder andere gelet op die mate van nie-nakoming van reëls, die redes daarvoor, die respondent se belang in die finaliteit van die uitspraak, die voorkoming van onnodige vertraging in die administrasie van geregtigheid, die aard van die bevel wat aangevra word en die vooruitsigte van sukses: Harms: Civil Procedure in the Superior Courts, B- 182; UNITED PLANT HIRE (PTY) LTD v HILLS AND OTHERS 1976 (1) 717 (AD) te 720F-G.

[17] In DU PLOOY v ANWES MOTORS (EDMS) BPK 1983 (4) SA 212 (O) het Olivier Wnd R, soos hy toe was, uitvoerig gehandel met die algemene vereistes waaraan ‘n kondonasie-aansoek moet voldoen voor dit kan slaag. Op 217 A meld hy die volgende:

“In beginsel behoort daardie diskresie uitgeoefen te word ook met verwysing na die meriete van die saak globaal genome.”

[18] ‘n Vertraging van 11 maande lyk op die oog af na ‘n onredelike lang tyd. Die applikant gee redes vir die versuim om hierdie aansoek vroeër te bring en voer aan dat die tydsverloop gewyt kan word aan omstandighede buite sy beheer (die dood van sy eerste regsverteenwoordiger, versuim van respondent/haar prokureurs om te reageer op sy voorstelle), asook sy finansiële posisie.

[19] Aangesien die egskeiding reeds meer as twee jaar gelede plaasgevind het, sal tersydestelling van die bevel, soos deur die applikant versoek, uiteraard ingrypende gevolge hê en onsekerheid meebring t a v die status van die partye. Hierdie aangeleentheid verg dus spoedige en finale afhandeling.

[20] Oorweging van die meriete van die applikant se aansoek toon die volgende:

[21] ‘n Vonnis by verstek kan tersyde gestel word indien die applikant kan aantoon dat daar goeie/geregverdigde gronde (“good cause”) voor bestaan. Sien GROENEWALD v GRACIA (EDMS) BPK 1985 (3 ) SA 968 (TPA).

[22] Om met ‘n aansoek om tersydestelling te kan slaag, moet die applikant:

‘n Redelike verduideliking gee vir sy versuim en sy versuim moet nie opsetlik (‘wilful’) of grof nalatig wees nie.

Bona fide wees in sy aansoek en nie die aansoek bring met die doel om die eiser se eis te vertraag nie;

‘n Bona fide verweer teen die eiser se eis hê.

Sien GRANT v PLUMBERS (PTY) LTD 1949 (2) SA 470 (OPD) te 476.

[23] Die algemene beginsel by die oorweging van mosie-aansoeke is uiteengesit in PLASCON-EVANS PAINTS LTD v VAN RIEBEECK PAINTS (PTY) LTD [1984] ZASCA 51; 1984 (3) SA 623 (A) te 634 H – I:

“It is correct that, where in proceedings on notice of motion disputes of fact have arisen on the affidavits, a final order, whether it be an interdict or some other form of relief, may by granted if those facts averred in the applicant’s affidavits which have been admitted by the respondent, together with the facts alleged by the respondent, justify such an order”

[24] Die respondent voer aan dat die applikant se versuim om verdediging aan te teken opsetlik was.

Sy beweer dat sy hom etlike kere aangespreek het oor sy drinkgewoontes en verwaarlosing van sy gesin. Sy heg ook ‘n skrywe van haar prokureurs aan waarin hy gemaan word om sy verpligtinge na te kom of egskeidingsverrigtinge te wagte moet wees.

Nadat die dagvaarding op die applikant beteken is, het sy aan hom gesê dat sy voortgaan met die egskeiding. Gesprekke daaromtrent het op ‘n dooie punt uitgeloop en sy het uitdruklik aan hom gesê dat sy nie die geding gaan kanselleer nie. Sy het ook by meer as een geleentheid by die applikant navrae gedoen of hy van voorneme was om die aksie te verdedig al dan nie.

Tydens onderhoudsverrigtinge wat op 10 Junie 2005 (d w s drie maande na die egskeiding) teen die applikant aanhangig gemaak is weens sy versuim om onderhoud te betaal, is geensins melding gemaak van die applikant se voorneme om aansoek te doen om tersydestelling van die egskeidingsbevel nie.

[25] Die applikant se aansoek is eintlik net gerig teen die bevel dat hy die voordele van die huwelik binne gemeenskap van goedere verbeur.

Die applikant voer in sy stukke aan dat die respondent nie geregtig was op die verbeurdverklaringsbevel wat sy gekry het nie omdat:

Hy nie die oorsaak van die verbrokkeling van die huwelik was nie.

Die aard en omvang van die voordele wat die respondent geëis het nie voor die hof geplaas was nie

3. Die grondslag vir die eis nie voor die hof geplaas was nie.

Hy meer tot die boedel bygedra het as die respondent.

Die applikant is vaag oor presies wat sy bydrae tot die gemeenskaplike boedel was en hy gee geen spesifieke bedrae nie. Dit blyk wel uit sy stukke dat die respondent meer as hy verdien het, maar beweer hy dat hy steeds meer tot die boedel bygedra het as sy. Dit word pertinent deur die respondent betwis en was sy versuim om haar en die kinders behoorlik te onderhou juis een van die redes vir die egskeiding. Op hierdie stukke moet die respondent se weergawe aanvaar word.

[26] Die applikant gee egter toe dat die huwelik onherstelbaar verbrokkel het en wat bewaring en onderhoud van die kinders betref, opper hy ook geen beswaar nie.

[27] Daar is tans nie eenstemmigheid of vonnisse gedeeltelik tersyde gestel kan word nie. Sien KAVASES v SOUTH AFRICAN BANK OF ATHENS LTD 1980 (3) SA 394 (D) en ZEALAND v MILBOROUGH 1991 (4) SA 836 (SE) teenoor MAIA v TOTAL NAMIBIA (PTY) LTD 1991 (2) SA 188 (NHC) en SOS KINDERDORF INTERNATIONAL v EFFIE LENTIN ARCHITECTS 1993 (2) SA 481 (Nm).

Alhoewel dit in sekere gevalle wenslik mag wees, skep gedeeltelike tersydestelling van hofbevele bepaalde komplikasies. In egskeidingsgedinge veral, beinvloed onderlinge bevele mekaar. Vgl GEORGHIADES v JANSE VAN RENSBURG 2007 (3) SA 16 (k) par [16] by D - E

[28] Die verbeuring van vermoënsregtelike voordele van ‘n huwelik word gereël deur artikel 9 van die Wet op Egskeiding, 70 van 1979. Wanneer die voordeel van ‘n huwelik binne gemeenskap van goedere verbeur word beteken dit dat

“… the spouse against whom the order was given always received back his or her own contribution to the joint estate (where it was less than half) or one half (where it exceeded half), whichever was the smaller. It was not the policy to order a redistribution of capital and property so that one spouse lost his or her right to what he or she had contributed as a penalty or under any other guise.”

- Joubert: The Law of South Africa (2nd edition), Volume 16, par 90; SINGH v SINGH 1983 (1) SA 781 (K) te 790 C

[29] Indien applikant se bewering aanvaar word dat hy meer tot die gemeenskaplike boedel bygedra het as die respondent en verbeuring word teen hom beveel, kry hy helfte van die boedel. Dis dieselfde as wat sou gebeur as ‘n gewone gemeenregtelike verdelingsbevel toegestaan sou word. Dit is dan gevolglik nie nodig om die egskeidingsbevel ter syde te stel om dit te bewerkstellig nie.

Indien sy bydrae kleiner was (soos wat die respondent beweer en op hierdie stukke aanvaar moet word) verloor hy niks nie, want hy mag nog steeds neem wat hy ingebring het. Sien SINGH v SINGH, supra op 790 C-D

[30] Die feit dat die applikant se reg tot redelike toegang tot die minderjarige kinders nie in die egskeidingsbevel uitgespel is nie, is ook nie ‘n grond vir tersydestelling nie. Die ouer wat nie bewaring van die kinders het nie, is geregtig op redelike toegang tot die kinders en dit kan onderling gereël word. Uit die stukke blyk nie dat die applikant se toegangsregte ‘n probleem is nie en hy maak nie so ‘n saak uit nie.

[31] Uit bogenoemde is ek nie oortuig dat die applikant ‘n bona fide verweer teen die respondent se eis het wat hom geregtig sou maak op tersydestelling van die bevel nie. Die aansoek kan nie slaag nie. Dit, tesame met die onredelike lang tydsverloop vir die bring van hierdie aansoek, regverdig myns insiens nie die toestaan van kondonasie nie.

Bygevolg word die applikant se aansoek van die hand gewys met koste.

____

M. VOGES, WND R

Namens die appellant: Adv. P.D.P. Greyling

In opdrag van:

Moroka Prokureurs

BLOEMFONTEIN

Namens die respondent: Adv. P.J.J. Zietsman

Lovuis-Block Prokureurs

MV/sp

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

UNITED PLANT HIRE (PTY) LTD v HILLS AND OTHERS 1976 (1) SA 717 (AD)

Case cited

DU PLOOY v ANWES MOTORS (EDMS) BPK 1983 (4) SA 212 (O)

Case cited

GRANT v PLUMBERS (PTY) LTD 1949 (2) SA 470 (OPD)

Case cited

GROENEWALD v GRACIA (EDMS) BPK 1985 (3) SA 968 (TPA)

Case cited

PLASCON-EVANS PAINTS LTD v VAN RIEBEECK PAINTS (PTY) LTD [1984] ZASCA 51; 1984 (3) SA 623 (A)

Case cited

KAVASES v SOUTH AFRICAN BANK OF ATHENS LTD 1980 (3) SA 394 (D)

Case cited

ZEALAND v MILBOROUGH 1991 (4) SA 836 (SE)

Case cited

MAIA v TOTAL NAMIBIA (PTY) LTD 1991 (2) SA 188 (NHC)

Case cited

SOS KINDERDORF INTERNATIONAL v EFFIE LENTIN ARCHITECTS 1993 (2) SA 481 (Nm)

Case cited

GEORGHIADES v JANSE VAN RENSBURG 2007 (3) SA 16 (K)

Case cited

SINGH v SINGH 1983 (1) SA 781 (K)

Case cited

Divorce Act 70 of 1979

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Uniform Rules of Court

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.