Mokoena v Kraamwinkel NO (24220/2002) [2009] ZAGPPHC 130 (3 November 2009)
- Citation
- [2009] ZAGPPHC 130
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- North Gauteng High Court, Pretoria
- Panel
- C Botha
- Case number
- 24220/2002
More details
- Court
- North Gauteng High Court, Pretoria
- Panel
- C Botha
- Case number
- 24220/2002
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that the defendant failed to discharge the burden of proving that the plaintiff had knowledge of the identity of the person liable (Mr Kraamwinkel) and the facts giving rise to the debt before consulting her current attorney. The evidence did not establish that the plaintiff authorized Mr Kraamwinkel to act on her behalf or that she was aware of the payment to Zenovia Claims Consultants. The plaintiff was an unsophisticated and illiterate person, and her previous attorney, Mr Marais, misled her regarding the proper party to pursue. The court held that the defendant did not prove that prescription had commenced running before the plaintiff became aware of the relevant facts, and therefore the special plea of prescription could not succeed.
Court disposition
The special plea of prescription is dismissed with costs. The trial is postponed sine die.
Orders
- The special plea of prescription is dismissed with costs.
- The trial is postponed sine die.
02
Material facts
Parties
Mathabo Linah Mokoena
PlaintiffMartha Louisa Kraamwinkel N.O.
DefendantAmounts and remedies
- Settlement Amount: ZAR 51,500
- Amount Paid to Zenovia Claims Consultants: ZAR 46,350
- Attorney's Fees: ZAR 4,517.51
- VAT Deducted: ZAR 632.46
03
Procedural history
Posture
Civil Trial / Special Plea of Prescription Decided Before Merits
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the defendant proved that the plaintiff's claim had prescribed.
- 02
Whether the plaintiff had knowledge of the identity of the person liable and the facts giving rise to the debt.
- 03
Whether the plaintiff could reasonably have acquired such knowledge by exercising reasonable care.
Party arguments
- Applicant
- The plaintiff argued that she was never a party to the settlement and did not instruct Mr Kraamwinkel to act on her behalf. She denied receiving any account or payment and asserted that she was entitled to a statement of account and its debatement. She maintained that she only learned of the payment to Zenovia Claims Consultants from her current attorney and had no knowledge of the actions taken by Mr Kraamwinkel or Mr Stopforth. She denied signing any documents authorizing such actions.
- Respondent
- The defendant raised a special plea of prescription, contending that the plaintiff had knowledge of her claim and the identity of the liable party as early as 1996, based on correspondence and actions taken by her previous attorney, Mr Marais. The defendant relied on documentary evidence and testimony to show that the plaintiff was informed of the payment and had the opportunity to pursue her claim, thus the claim had prescribed by the time summons was served in 2002.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
Loubser, Extinctive Prescription 1996 at 105-106
Prescription begins to run when the creditor acquires knowledge of the identity of the debtor and the facts from which the debt arises, or could have acquired such knowledge by exercising reasonable care.
- 02
Brand v Williams 1988 (2) SA 908 (K)
The burden of proof in respect of prescription rests on the party raising the plea.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that the defendant failed to discharge the burden of proving that the plaintiff had knowledge of the identity of the person liable (Mr Kraamwinkel) and the facts giving rise to the debt before consulting her current attorney. The evidence did not establish that the plaintiff authorized Mr Kraamwinkel to act on her behalf or that she was aware of the payment to Zenovia Claims Consultants. The plaintiff was an unsophisticated and illiterate person, and her previous attorney, Mr Marais, misled her regarding the proper party to pursue. The court held that the defendant did not prove that prescription had commenced running before the plaintiff became aware of the relevant facts, and therefore the special plea of prescription could not succeed.
Obiter and limits
- The plaintiff's vulnerability as an unsophisticated and illiterate person made her an ideal target for unscrupulous claim handlers.
- The confusion and inconsistency in the signatures and documentation cast doubt on the authenticity of the plaintiff's alleged authorizations.
- The conduct of the plaintiff's previous attorney contributed to her lack of knowledge and misdirection regarding the proper party to pursue.
Court disposition
The special plea of prescription is dismissed with costs. The trial is postponed sine die.
- The special plea of prescription is dismissed with costs.
- The trial is postponed sine die.
Source and reliance status
North Gauteng High Court, Pretoria
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
North Gauteng High Court, Pretoria
Judgment
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD GAUTENG HOË HOF, PRETORIA)
DATUM: 03 NOVEMBER 2009
SAAK NO: 24220/2002
ONRAPORTEERBAAR
In die saak tussen:
MATHABO
LINAH MOKOENA EISERES
vs.
MARTHA LOUISA KRAAMWINKEL N.O VERWEERDER
_____________
UITSPRAAK
BOTHA R:
In hierdie aksie eis die eiseres lewering van `n staat van rekening en die debattering daarvan.
Haar eis is teen die eksekutrise van die boedel van haar voormalige prokureur, mnr J.C Kraamwinkel.
Die eiseres het `n sogenaamde derde party eis namens haarself en haar minderjarige kinders ingestel as gevolg van die dood van haar eggenoot in `n motorbotsing op 23 Maart 1991.
Sy beweer dat sy eers die prokureursfirma H.W Smith & Marais opdrag gegee het om die aksie in te stel. Later is sy meegedeel dat mnr Kraamwinkel
besig was om namens haar op te tree. Sy beweer voorts dat sy in Maart 2002 deur haar huidige prokureurs, mnre Bothma, Nothnagel & Röntgen, ontdek het dat haar eis geskik is vir `n bedrag van R51 500.00 en dat `n bedrag van R46 350.00 oorbetaal is aan Zenovia Claims Consultants.
Sy beweer dat sy nie `n party tot die skikking was nie en voer aan dat sy geregtig is op `n staat van rekening en die debattering daarvan.
Die verweerder het `n spesiale pleit van verjaring ge-opper. Op versoek van die partye het ek ingevolge Reël 33(4) gelas dat dit eerste en afsonderlik bereg word.
Die pleit van verjaring is op die volgende gegrond:
dat die dagvaarding op 10 September 2002 beteken is en
dat die eiser geag word kennis te gedra het van haar eis gedurende die tydperk van 19 November 1996 tot 19 November 1996, alternatiewelik op 23 Desember 1996.
Die veronderstelde kennis moet volgens die verweerder van die volgende afgelei word:
`n brief gedateer 23 Julie 1996 waarin H.W Smith & Marais in opdrag van die eiseres besonderhede van mnr Kraamwinkel gevra het van die bedrag ontvang en die persoon aan wie die betaling gemaak is;
`n brief gedateer 8 November 1996 waarin mnr Kraamwinkel H.W Smith & Marais meegedeel het dat betaling gemaak is aan `n eise konsultant, ene Stopforth, en dat hy betaling aan die eiseres moes laat geskied;
Dat Stopforth opgetree het ingevolge `n mandaat deur die eiseres aan hom verleen en
`n brief gedateer 20 Desember 1996 waarin mnr Kraamwinkel H.W Smith & Marais besonderhede gegee het van waar mnr Stopforth hom bevind.
Die verweerder het aanvaar dat die bewyslas op haar rus en mnr A.S Marais as getuie geroep. Hy het `n eenman praktyk in Vereeniging bedryf onder die naam W.H Smith & Marais.
Hy het getuig dat hy in opdrag van die eiseres `n derde party eis namens haar ingestel het maar opgehou het om haar te verteenwoordig toe dit geblyk het dat mnr Kraamwinkel ook `n eis namens haar ingestel het. Op 11 November 1994 het mnr Kraamwinkel hom `n tjek van R2 500.00 ter betaling van sy fooie gestuur (sien bewysstuk A116). Hy het sy lêer toe gesluit.
In Junie 1996 het die eiseres hom weer genader en gesê dat sy nog geen betaling ontvang het nie.
Op 23 Julie 1996 het hy `n brief aan mnr Kraamwinkel geskryf waarin hy hom ingelig het oor die eiseres se mededeling en hom gevra het wat aangaan. Sien bewysstuk A119(a).
Mnr Kraamwinkel het hom in `n skrywe gedateer 23 September 1996 meegedeel dat die saak in Oktober 1994 afgehandel is op die basis dat R51 500.00 aan sy kantoor uitbetaal is, R4 517.51 vir sy fooie en R632.46 vir BTW afgetrek is, en die balans van R46 350.00 oorbetaal is aan Zenovia Claim Consultants (Zenovia) wat hom opdrag gegee het. Sien A122. Hy het onderneem om verdere navraag te doen by mnr Stopforth van Zenovia. By `n later skrywe het mnr Kraamwinkel die deposito strokie gedateer 1 November 1994 aangeheg. Sien A125 en A113. Die deposito strokie wys dat `n tjek deur C Kraamwinkel Trust in die rekening van Zenovia gedeponeer is.
Hy het toe verskeie navrae oor die adres van mnr Stopforth gedoen en verskillende pogings aangewend om hom op te spoor. Hy het die eiseres ook aangeraai om `n klagte teen mnr Stopforth by die Suid Afrikaanse Polisie aanhangig te maak. Hy het dit as sy plig beskou om haar behulpsaam te wees. Hy het haar as sy kliënt beskou.
Die eiseres het hom by sy kantoor kom sien. Hy het ook op 19 November 1996 `n brief aan haar gestuur waarby hy `n afskrif van die deposito strokie wat hy van mnr Kraamwinkel ontvang het, aangeheg het. Sien B42.
B41 is `n afskrif van sy brief gedateer 19 November 1996. Daarop het iemand geskryf: “Ek het niks gekry. Gaan haal my geld by mnr Stopforth asseblief. Lina Mokoena”. Dit lyk na die eiseres se handtekening. Sy moes die brief aan hom gebring het of dit aan hom gepos het.
Die eiseres het nooit vir hom gesê dat mnr Stopforth of Zenovia nie geregtig was om betaling te ontvang nie. As die eiseres gesê het dat mnr Kraamwinkel nie geregtig was om betaling te ontvang nie sou hy haar aangeraai het om aksie teen hom in te stel.
Hy het verwys na `n brief wat hy op 15 Desember 1997 aan die Suid Afrikaanse Polisie te Fochville geskryf het. Hy het `n verklaring van die eiseres aangeheg en hulle versoek om aandag aan die klagte te skenk. Sien B38. Die verklaring is gedateer 13 Desember 1996 en verwys na die brief van mnr Kraamwinkel gedateer 6 November 1996. Sien B39.
In kruisverhoor het hy gesê dat die eiseres hom in sy kantoor besoek het. Sy het ook briewe geskryf.
Hy was bewus van wetgewing wat werwing en betaling aan werwers verbied.
Mnr Kraamwinkel het vir hom gesê dat hy die eis hanteer. Hy het eers na die inbetaling van Zenovia gehoor.
Hy het geweet dat daar `n prokureur Stopforth was. Hy het nie geweet dat hy van die rol geskrap was nie. Hy kan nie onthou of hy Hortors geraadpleeg het of by die Prokureurs Orde navraag gedoen het nie. Hy het aanvaar dat mnr Stopforth nie `n prokureur was nie. Ten tyde van sy navrae het hy dit agtergekom.
Dit is aan hom gestel dat die eiseres nie aan hom gesê het dat sy mnr Stopforth opdrag gegee het nie. Hy het saamgestem en bygevoeg dat as hy dit geweet het, sou hy haar `n vorm vir die beëindiging van Stopforth se mandaat laat teken het.
Hy was nie in staat om te bevestig dat dit nie die eiseres se handtekening was wat op A8 en A9 voorkom nie (die eisvorm en die volmag aan mnr Kraamwinkel).
Hy het bevestig dat ene Muko die eiseres na hom verwys het. Hy het ontken dat hy haar daarna nooit weer gesien het nie.
Dit is aan hom gestel dat daar nêrens in sy lêer `n beëdigde verklaring van die eiseres was nie. Hy het geantwoord dat dit op aanvraag later verskaf kon word.
Hy is verwys na `n dokument in sy lêer waarvolgens ene M.S Mofokeng as agent aangestel sou word. Hy is daarop gewys dat Mofokeng nie `n prokureur was nie. Hy is gevra of hy uitvoering aan die dokument sou gee. Hy het nee geantwoord en bygevoeg dat hy mnr Mofokeng weggejaag het.
Hy het bevestig dat die eiseres se voornaam gespel word LINAH (en nie LINA) nie.
Dit is aan hom gestel dat daar geen aantekening in sy lêer is dat die eiseres toestem dat mnr Kraamwinkel haar mag verteenwoordig nie. Hy het geantwoord dat dit stilswyend aanvaar is. Hy het aanvaar dat dit beter sou gewees het as daar so `n aantekening was.
Dit is aan hom gestel dat al wat hy gedoen het om die eiseres te help, was om haar te adviseer om `n aanklag by die polisie te lê. Hy het dit ontken. Hy was tevrede dat mnr Kraamwinkel die eiseres nie verneuk het nie.
Die eiseres het by hom die indruk geskep dat betaling aan mnr Stopforth moes geskied.
Hy is verwys na die spesiale prokurasie ten gunste van mnr Kraamwinkel. Sien A63. Hy het saamgestem dat dit nie vir mnr Kraamwinkel die reg gegee het om die geld aan iemand anders te betaal nie.
Hy is gevra hoekom hy stappe teen mnr Stopforth aan die gang gesit het terwyl daar `n verhaalsreg teen mnr Kraamwinkel was. Hy het geantwoord dat hy seker is dat hy dit met die eiseres sou bespreek het.
Hy is gevra of hy vir die eiseres gesê het dat haar eis na drie jaar sou verjaar. Hy het geantwoord dat hy dit in konsultasie sou gesê het.
Dit is aan hom gestel dat sy diagnose verkeerd was en dat hy `n eis by die Getrouheidswaarborgfonds moes aanbeveel het. Hy het geantwoord dat hy nie kan onthou dat hy so iets gesê het nie.
Hy is gevra of die eiseres ooit gesê het dat sy mnr Stopforth ken. Hy het geantwoord dat sover as wat hy kan onthou, het die eiseres mnr Stopforth aanvanklik nie gemeld nie.
In herondervraging het hy gesê dat die eiseres se instruksie aan hom was om teen mnr Stopforth voort te gaan. Sy het nie gedink dat mnr Stopforth nie geregtig was om die geld van mnr Kraamwinkel te ontvang nie. Hy het nie geweet of mnr Stopforth `n prokureur was nie.
Die verweerder se tweede en laaste getuie was sy prokureur, mnr Shevelile. Hy het verduidelik waar hy die verweerder se dokumentasie vandaan gekry het. Hy het ook die vernaamste dokumente in bewysstuk A bevestig. Hy het verduidelik dat hy probeer het om `n verklaring van mnr Kraamwinkel te kry maar dat hy vanweë sy siekte en uiteindelike oorlye nie daarin kon slaag nie.
`n Weergawe van hom is te vinde in `n brief aan die Suid Afrikaanse Polisie gedateer 15 Desember 1997. Sien A143 en 143(a).
Hy het saamgestem dat mnr Kraamwinkel geen geheim daarvan gemaak het dat hy sy opdrag van Pinnacle Claims Consultants gekry het nie.
Hy het saamgestem dat daar in die dokumentasie geen regverdiging was vir `n oorbetaling aan Zenovia nie.
Hy het aanvaar dat mnr Kraamwinkel `n vertrouensverhouding teenoor die eiseres gehad het en aan haar rekenskap moes lewer. Volgens die korrespondensie was daar rekenskap gegee ofskoon die uiteensetting van die dienste gelewer te kort skiet.
Die eiseres het haar ID dokument, A1, bevestig. Daarvolgens is haar naam Mathabo Linah Mokoena. Sy ken nie Engels of Afrikaans nie. Sy praat Sesotho maar kan dit nie lees of skryf nie. Sy kan haar naam teken en het dit in die hof op bewysstuk D geteken.
Sy het ontken dat enige dokument in die hofbundels wat voorgee deur haar geteken is, haar handtekening bevat.
Sy het ontken dat sy ooit op Brits was.
Sy is na Vereeniging met ene Moku na mnr Marais. Moku het gesê dat mnr Marais sy prokureur is en dat hy haar sou help.
Sy het nooit mnr Stopforth of mnr Kraamwinkel gesien nie. Sy is nooit gesê dat mnr Kraamwinkel haar prokureur sou wees nie.
Sy is nooit betaal nie. Sy het geen rekeningstaat ontvang nie.
Sy het ontken dat sy weer by mnr Marais was en dat hy gesê het sy `n klagte by die polisie moes aanhangig maak. Sy was nooit by die polisie nie.
Sy het ontken dat sy die verklaring gedateer 13 Desember 1996 (B39) afgelê het.
Sy is nooit vertel dat haar geld aan mnr Kraamwinkel betaal is nie. Sy is nooit vertel dat mnr Kraamwinkel mnr Stopforth betaal het nie.
Sy het Smith & Marais as haar prokureur beskou.
Die persoon wat haar vertel het dat haar geld aan mnr Stopforth betaal is, was haar huidige prokureur, mnr Röntgen.
Sy is verwys na bewysstuk E, `n dokument gedateer November 1992 wat voorgee `n volmag aan H.W Smith & Marais is en geteken te wees deur Lina Mokwena. Sy het ontken dat sy dit geteken het.
Sy het Moku nooit weer gesien na haar besoek aan mnr Marais nie.
Sy is verwys na verskillende dokumente wat voorgee om deur haar onderteken te wees. Sien A8, A9, A14 (`n beëdigde verklaring), A63, A76 (`n beëdigde verklaring). Sy het ontken dat sy hulle onderteken het.
Sy het ontken dat die handskrif op B41, gedateer 24 November 1996, hare was.
Sy het ontken dat sy mnr Kraamwinkel opdrag gegee het. Sy het ontken dat sy mnr Marais gemagtig het om mnr Kraamwinkel toe te laat om haar saak waar te neem.
Sy het ontken dat sy op B41 geskryf het dat mnr Marais haar geld van mnr Stopforth kon vorder.
Sy het bevestig dat daar afskrifte van haar en haar man se ID dokumente en hulle kinders as doop sertifikate in die dokumentasie was. Sy het die dokumente aan Moku gegee. Sy weet nie hoe mnr Stopforth dit in die hande gekry het nie.
Sy het ontken dat sy kennis dra van die navrae waarna mnr Marais verwys het in sy brief van 23 Julie 1996. Sien A119(a). Mnr Marais het sy navrae gerig sonder enige opdrag van haar.
Sy is verwys na mnr Marais se brief gedateer 19 November 1996. sien B42. Sy het bevestig dat haar posbus posbus 13476, Witsieshoek was.
Sy weet niks van die afskrif van die brief wat mnr Marais teruggebring het met `n inskripsie in haar naam nie. Sien B41.
Sy het ontken dat sy mnr Marais weer gesien het.
Sy weet niks van die pogings om mnr Stopforth op te spoor nie.
Sy weet ook niks van die brief gedateer 18 Maart 1993, waarin mnr Marais in haar naam vir sy werk bedank word. Sien C33 en 34.
Sy is nooit gevra om enige dokumente te teken nie.
Die rede hoekom sy nie teruggegaan het na mnr Marais om uit te vind wat met haar saak aangaan was dat sy nie geld gehad het nie. Sy het ook nie geweet waar mnr Marais was nie.
Sy het ontken dat sy enige korrespondensie ontvang het.
Dit, in breë trekke, som die getuienis op.
Daar is geen dispuut daaroor dat die verweerder verjaring moet bewys nie. Dit sluit in dat die verweerder moet bewys wanneer die eiseres kennis van die identiteit van die verweerder opgedoen het en van die feite waaruit die skuld ontstaan of van wanneer die eiseres sulke kennis kon opgedoen het deur die uitoefening van redelike sorg.
In wese was daar twee getuies van belang: Mnr Marais en die eiseres. Mnr Shevelile was `n uitstekende getuie maar sy getuienis affekteer nie eintlik die kwessie van verjaring nie.
Mnr Marais het as getuie die voordeel dat sy getuienis grootliks gestaaf word deur dokumentasie wat deur sy hande gegaan het. Ek het voorbehoude oor hom tot die mate waarby hy moontlik betrokke was by die wyse waarop daar met derde party eise gesmous word. So byvoorbeeld aanvaar hy goedsmoeds mnr Kraamwinkel se stelling dat sy opdraggewer Pinnicle Claims Consultants of mnr Stopforth was. Met daardie ingesteldheid stuur hy dan `n groot soektog na mnr Stopforth van stapel sonder om ooit aandag te gee aan die vraag of daar nie `n meer onmiddellike en trefbare teiken was in die persoon van mnr Kraamwinkel nie.
Ek betwyfel dan sy getuienis dat hy die kwessie van verjaring teen mnr Kraamwinkel met die eiseres bespreek het. Dit was `n nagedagte wat nooit as deel van sy hoofgetuienis aangewend is nie. Dit was ook eers in kruisverhoor dat hy te voorskyn gekom het met die getuienis dat die eiseres by hom die indruk gewek het dat betaling aan Zenovia of Stopforth kon geskied.
Andersins word sy getuienis dat die eiseres hom weer in 1996 besoek oorvloedig gestaaf deur sy korrespondensie met mnr Kraamwinkel en met die eiseres, asook sy pogings om mnr Stopforth op te spoor.
Daar kan geen rede gewees het vir hom om uit die bloute so op te tree nie. Die waarskynlikheid is dat `n besoek en `n navraag van die eiseres die oorsaak van dit alles was.
Die beste stawing vir sy weergawe is die brief, B42, wat hy op 19 November 1996 gestuur het na `n adres wat die eiseres erken het haar posadres was. Aangeheg aan die brief was die deposito strokie wat wys wat dat mnr Kraamwinkel gedoen het met die geld wat hy ontvang het. `n Afskrif van daardie brief het hy terug ontvang met `n aantekening gedateer 24 November 1996, wat oënskynlik deur of namens die eiseres daarop aangebring is.
Mnr Marais het teenoor mnr Kraamwinkel aangedui dat hy opdrag van sy kliënt wou ontvang. Op die afskrif van `n brief gedateer 25 Junie 1997 aan die eiseres, het hy `n aantekening gemaak dat hy dit met haar bespreek het.
Die eiseres is `n eenvoudige en ongesofistikeerde persoon. Sy is ongeletterd en ongelukkig `n ideale slagoffer vir gewetenlose mense wat met eise smous. Op die ou end is dat nie verbasend dat drie mense haar eis hanteer het nie.
Sy het al die handtekeninge wat voorgee hare is, betwis. Nie een van hulle stem ooreen met die handtekening wat sy baie tydsaam in die hof verskaf het nie. Sien bewysstuk D. Die betwiste handtekeninge is nie konsekwent nie. Sommige is in drukskrif, sommige in vloeiende skrif. Sommige spel haar naam as Lina Mokwena en ander as Linah Mokwena. Daar is nog variasies soos die spelling van haar eerste naam met of sonder `n hoofletter aan die begin. Daar is soveel verwarring en verskille dat die eiseres se ontkenning van haar beweerde handtekening nie verwerp kan word nie. Dit bly egter steeds eienaardig dat waar sy teenwoordig was by die aanvanklike besoek aan mnr Marais, en in staat was om `n handtekening uit te voer, sy nie gevra is om dit te doen nie.
Die eiseres se ontkenning dat sy mnr Marais weer in 1996 besoek het kan op die waarskynlikhede nie aanvaar word nie.
Die saak moet dus benader word op die grondslag dat sy wel in 1996 meegedeel is dat haar eis uitbetaal is en dat mnr Stopforth die betaling ontvang het.
Dit is al kennis wat na my mening aan die eiseres toegedig kan word. Al het sy die deposito strokie ontvang, en al was daar vermelding van die naam van mnr Kraamwinkel, is mnr Kraamwinkel nooit geïdentifiseer as die persoon wat teenoor haar moes verreken nie. Daar is geen bewys dat sy mnr Kraamwinkel opdrag gegee het om namens haar op te tree nie.
By die beoordeling van of die eiseres redelikerwys kon of moes geweet het dat mnr Kraamwinkel die persoon was teen wie sy `n eis kon instel, moet daar rekening gehou word met haar eienskappe. Sien Loubser, Extinctive Prescription 1996 op 105 en 106 en Brand v Williams 1988(2) SA 908 (K) daar aangehaal. Dan moet ook in ag geneem word dat die persoon wat sy geraadpleeg het, mnr Marais, haar op die verkeerde spoor gelei het deur die indruk te skep dat mnr Stopforth die persoon was van wie die geld verhaal moes word.
Onder die omstandighede is ek nie bereid om te aanvaar dat die verweerder bewys het dat die eiseres in 1996 kennis opgedoen het dat mnr Kraamwinkel die persoon was wat teenoor haar moes rekenskap gee nie.
Daar is geen getuienis dat die eiseres dit vroeër kon ontdek het as toe sy haar huidige prokureur gaan raadpleeg het nie.
Onder die omstandighede het die verweerder haar nie van haar bewyslas gekwyt nie.
Die volgende bevel word gemaak:
Die spesiale pleit van verjaring word met koste van die hand gewys.
Die verhoor word sine die uitgestel.
_____
C.
BOTHA
REGTER
VAN DIE HOOGGEREGSHOF
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.