Moolman v S (A362/2009) [2009] ZAGPPHC 367 (8 December 2009)
- Citation
- [2009] ZAGPPHC 367
- Status
- Judgment
- Jurisdiction
- South Africa
- Court
- North Gauteng High Court, Pretoria
- Panel
- R D Claasen, L Phatudi
- Case number
- A362/2009
More details
- Court
- North Gauteng High Court, Pretoria
- Panel
- R D Claasen, L Phatudi
- Case number
- A362/2009
On this page
Professional case brief
Research organized from the available case record
01
Holding and result
The court found that there was no reasonable basis for the magistrate to recuse herself, as the defense had explicitly stated there was no objection and no evidence of bias was apparent from the record. The magistrate properly evaluated the credibility of the witnesses, giving appropriate weight to the spontaneous and consistent testimony of the complainant's daughter, while finding the appellant's version unreliable due to significant contradictions with his mother's evidence. The medical evidence, although not entirely conclusive, supported the finding that at least some of the injuries were caused by a knife, and not solely by falling onto glass shards. The court held that the State proved its case beyond reasonable doubt and that the conviction for attempted murder was justified. Regarding sentence, the court found no basis to interfere, noting the appellant was a first offender and alcohol was involved, but the magistrate exercised proper discretion and the sentence was appropriate.
Court disposition
Appeal dismissed. Conviction and sentence confirmed.
Orders
- The appeal against conviction and sentence is dismissed.
- The conviction and sentence imposed by the trial court are confirmed.
02
Material facts
Parties
Kobus Moolman
AppellantThe State
Respondent03
Procedural history
Posture
Criminal Appeal / Appeal Against Conviction and Sentence
04
Questions and positions
Legal issues
- 01
Whether the magistrate should have recused herself due to prior involvement in the bail application.
- 02
Whether the magistrate properly evaluated the credibility of the State's witnesses and the appellant.
- 03
Whether the medical evidence supports the conviction for attempted murder.
- 04
Whether the sentence imposed was appropriate.
Party arguments
- Applicant
- The appellant argued that the magistrate should have recused herself because she handled the bail application and was exposed to prejudicial evidence, including photographs of the complainant. The appellant further contended that the magistrate failed to properly analyze the State witnesses' versions and did not find that the appellant's version was reasonably possibly true. The appellant also challenged the credibility findings and the medical evidence, suggesting that the injuries could have been caused by falling onto glass shards rather than by a knife.
- Respondent
- The respondent maintained that the magistrate acted impartially and that the defense had expressly indicated no objection to her presiding over the trial. The respondent argued that the medical evidence and the testimony of the complainant's daughter were credible and supported the conviction. The respondent further submitted that the sentence was appropriate given the seriousness of the offense and the circumstances.
05
Court’s reasoning
Legal principles
- 01
S v Basson 2007 (3) SA 582 (CC)
A judicial officer must recuse herself only where there is a reasonable apprehension of bias, not merely because she handled a prior bail application.
- 02
S v Chabalala 2003 (1) SACR 134 (SCA)
The credibility of witnesses is assessed by considering the consistency and spontaneity of their evidence, as well as corroboration by objective facts.
- 03
S v Sauls and Others 1981 (3) SA 172 (A)
Medical evidence must be weighed alongside all other evidence to determine whether injuries are consistent with the alleged method of infliction.
06
Ratio, limits and disposition
Ratio decidendi
The court found that there was no reasonable basis for the magistrate to recuse herself, as the defense had explicitly stated there was no objection and no evidence of bias was apparent from the record. The magistrate properly evaluated the credibility of the witnesses, giving appropriate weight to the spontaneous and consistent testimony of the complainant's daughter, while finding the appellant's version unreliable due to significant contradictions with his mother's evidence. The medical evidence, although not entirely conclusive, supported the finding that at least some of the injuries were caused by a knife, and not solely by falling onto glass shards. The court held that the State proved its case beyond reasonable doubt and that the conviction for attempted murder was justified. Regarding sentence, the court found no basis to interfere, noting the appellant was a first offender and alcohol was involved, but the magistrate exercised proper discretion and the sentence was appropriate.
Obiter and limits
- The absence of prior notice to the parties regarding the possibility of increasing the sentence does not warrant interference where the sentence imposed is within the discretion of the trial court.
- The presence of alcohol and the fact that the appellant is a first offender were properly considered in mitigation of sentence.
Court disposition
Appeal dismissed. Conviction and sentence confirmed.
- The appeal against conviction and sentence is dismissed.
- The conviction and sentence imposed by the trial court are confirmed.
Source and reliance status
North Gauteng High Court, Pretoria
This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.
Judgment reading view
Judgment text
The complete available source text.
North Gauteng High Court, Pretoria
Judgment
IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA
[REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA]
SAAKNOMMER: A 362/2009: 23.11.2009
DATE: 8 DECEMBER 2009
NOT REPORTABLE
In die saak tussen
KOBUS
MOOLMAN .....................................................................................................................Appellant
en
DIE
STAAT …............................................................................................................................Respondent
UITSPRAAK
1
Die Appellant het in die Streekhof te Benoni tereggestaan op 'n aanklag van poging tot moord en is skuldig bevind en is 5 jaar gevangenisstraf opgele. Die Appellant kom nou in hoer beroep teen die skuldigbevinding sowel as die vonnis.
2.
Die Appellant se regsverteenwoordiger het 2 hoofpunte geopper in kritiek teen die skuldigbevinding. Die eerste een is dat die Landdros haarself moes rekuseer van die verrigtinge omdat sy die borgaansoek ook hanteer het en tweedens dat die Landdros versuim het om die getuies van die Staat se weergawes na behore te ontleed en by gevolg nie bevind het nie dat die beskuldtgde/Appellant se weergawe redelik moontlik waar kan wees.
3.
By die aanvang van die verhoor en voordat die klaagster getuig het, het die Hof a quo pertinent aan die verdediging geste! dat sy reeds sekere getuienis aangehoor het met betrekking tot die meriete van die saak tydens 'n borgaansoek. Sy het spesifiek gevra of die verdediging enige beswaar het dat sy voortgaan met die verhoor. Die verdedigingsadvokaat. Mev Botha het duideiik gese en ek haal aan. “Nee Edelagbare ek het dit met my klient opgeneem. ons het nie 'n beswaar nie.' Die verdere beswaar teen die Landdros was dat daar sekere getuienis aangebied is by die borgaansoek wat gebots het met die getuienis in die verhoor. Daar mag sulke getuienis wees maar is eerstens baie vaag en tweedens was dit slegs die ondersoekbeampte wat in effek hoorse getuienis gegee het wat die getuies se verklarings sou behels. Onder daardie omstandighede is die botsings van geen wesenlike waarde nie te meer nog omdat die ondersoekbeampte seif nie by die verhoor getuig het nie. Wat my betref is daar niks in hierdie punt nie
4.
Daar is ook betoog dat die Landdros subjektief was omdat sy die borgaansoek gedoen het en blootgestel was aan foto's van die klaagster na die aanranding en dat sy dus subjektief beinvloed is. Ek kan geen sodanige tekens van subjektiwiteit en vooroordeel sien me. trouens die lees van die rekord maak ‘n goeie indruk in daardie verband op die Hof
5.
Wat betref die waarskyniikhede en geloofwaardighede het die Landdros sekere sterk bevindings gemaak. Sy het die hoofgetuie namens die Staat naamlik klaagster se dogter, Mej Kleynhans. as 'n baie goeie en objektiewe getuie bestempel .Dit is so dat daar gaan direkte getuienis is vanaf die Staat se kant oor presies hoe die klaagster aangerand is nie. Dit is gemeensaak dat daar 'n stryery was waar die klaagster by die Appellant se moeder se woning teenwoordig was. Die getuie. Kleynhans. het ook glase
hoor val en breek Dit is die Appellant se weergawe dat die klaagster geval het op die stukke glas en sodoende haar gesig
geskend het met die verskeie beserings Daar is ten minste 4 snye op haar gesig wat almal 4 tot 5 sentimeter lank is. Drie van die snye kom voor op haar voorkop. Die ander beserings is bokant haar neus, dan onder haar linker oog dan op haar lip van die onderkant van die lip tot teen die regter neusvieuel en dan een onder die onderste lip feitlik tot op die ken Daar blyk ook snye te wees aan die regterkant van haar mond soos inderdaad ook aangedui deur die dokter en die J88 mediese ondersoekvorm Sy het ook oppervlakkige snye gehad aan haar regterhand en skaafwonde op albei arms naby die elmboog. Daar was ook ‘n snywond aan die agterkant van haar kop en 'n skaafwond aan die linkerkant van haar nek. Daar was ook 'n snywond bo-op die neus en kleinerige steekwondjie ook aan die iinkeroog langs die neus en onder die wenkbrou van die linkeroog en nog een links van die linkeroog in 'n halfmaan
6.
Die dokter het getuig dat hy nie hierdie wonde kan versoen opgedoen deur in glasstukke te val nie. Hy het ges& die snye sou meer oneweredig gewees het terwyl 'n mes duidelik 'n reguit skerp wond maak. Hierdie wonde was dan ook almal skerp gesnyde wonde. Verder het hy ook getuig dat as sy met haar gesig in die glasstukke geval het. sou mens nie snye verwag op dieper liggende dele van haar gesig nie maar eerder aan die uitwendige en uitstekende dele soos byvoorbeeid haar neus of ken of voorkop, waar sy geval het. maar verseker nie ook onder die neus en onder die linkeroog me. Om daardie redes se hy kan hy nie glo dat dit veroorsaak kon gewees het deur die val in die glasstukke nie Daar is ongelukkig nie 'n foto of 'n beskrywing van hoe en waar die glasstukke geie het en oor hoe 'n groot area nie.
7.
Die dokter se getuienis soos gese was deurgaans dat eerstens 'n glas ‘n onewe rand maak terwyl n skerp mes 'n ewe of gelyke rand sou maak Verder het hy gese dat indien die persoon op glasskerwe op die grond val. sal daar veelvuldige besenngs wees Dit punt is egter dat indien gekyk word na foto 2. soos mgehandig by die verhoor en soos voorheen gemeld, is daar duidelik veelvuldige steekmerke Afgesien van die groot snywonde is daar ook klein wondjies soos gemeld bokant die linkeroog net onder die wenkbrou en ook nader na die neus toe asook die wond op die voorkant van die neus en op die regterhoek van die mond en lyk dit ook asof daar kleiner steekwondjies is bokant die regteroog Die wonde onder die lip is ook nie in 'n reguit lyn me maar reghoekig teenoor mekaar. Dit Is vir my moeilik om te verstaan hoedat n persoon tydens n struweling so baie steke sal toedien met ‘n mes in sulke verskillende posisies Op die oog af van die foto lyk dit vir my meer soos n persoon wat steekwonde opgedoen het vanwee gebreekte glas waarin sy geval het Dit slurt nie noodwendig messteke ook uit nie maar Indien daar bevind word dat daar wel glassteekwonde is en in die lig van die ontkennmg van die beskuldigde dat hy wel met ‘n mes gesteek het en sonder enige ander direkte getuienis is dit vir my moeilik om te s§ dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat hierdie wonde sleos met 'n mes toegedien is. Maar dit sluit nie n aanranding met 'n mes ook uit me Dar moet na al die getuienis gekyk word.
8.
Ten spyte van die voorgaande probleme van die mediese getuienis is daar een ander belangrike aspek wat aangeraak moet word Oit is die kwessie van geloofwaardigheid. veral tussen Me Kieynhans en die Appellant Soos vermeld het die Hof a quo baie waarde geheg aan Me Kieynhans se getuienis Aan die ander kant het hy die Appellant se getuienis verwerp veral vanwee sekere weersprekings tussen hom en sy moeder wat ook namens hom getuig het. By nalees van die oorkonde en veral die getuienis van die Appellant en sy moeder kom mens tot die indruk dat die twee persone amper oor twee verskillende gebeurtenisse praat, daar is soveel verskille tussen hulle. Om net ‘n paar voorbeelde te noem: Appellant s& die klaagster het sy ma gevloek. Mev Brown, die ma ontken dit. Appellant se hy het die klaagster gestamp - Mev Brown s£ dit het nie gebeur nie, sy het seif by haar, wat Mev Brown is. se huis mgehardloop en teen die yskas geval. Appellant s& die klaagster het uitgehardloop en hy het agterna gegaan om te kyk of sy reg is -Mev Brown s£ hy het glad nie uitgegaan nie Die Appellant se hy het saam met die klaagster by sy ma se huis gewag dat sy oopmaak - Mev Brown se sy was nie daar me. sy het eers mgehardloop nadat die Appellant reeds in die huis in is. Appellant het gese sy het sy moeder gevloek maar die moeder s6 sy het haar nie gevloek nie, maar die moeder se hy het gese “come tell my mother how
did you swear at her”. Appellant se dit het gereen en die vloer was nat - tydens kruisondervraging se Mev Brown dat dit inderdaad nie nat was nie. alhoewel sy vroeer se dit was nat, toe later verander sy dit dat nie nat was van die reen nie maar dat dit was nat vanweS die wyn wat uit kfaagster se glas geval het. Sy bevestig inderdaad dat die vloer droog was. Dan blyk dit ook uit in Mev Brown se getuiems dat die klaagster inderdaad twee maal met haar gesig in die glasstukke gevai het. terwyl daar tot op daardie stadium geen sprake daarvan was nie. maar slegs een maal. 'n Ander aspek wat uitgekom het is dat ten spyte van die kruisverhoor wat aan die klaagster en Me Kleynhans gestel is dat dit inderdaad die glas is wat haar gesig geskend het, blyk dit nou onder kruisverhoor van die Appellant en sy getuie dat hulle nie eers seker is dit was die glas nie. want nie een het dit behoorlik gesien nie. Dit was suiwer spekuiasie van hulle kant af
9.
In die lig van die voorgaande kan ek me anders nie as om met die Hof a quo saam te stem dat die Appellant se getuienis hoegenaamd nie aanvaarbaar is me. Aan die ander kant is daar sekere getuienis wat uitgekom het. veral Me Kleynhans se getuienis. wat so spontaan uitgekom het. dat mens me anders kan nie as om dit as geloofwaardig te aanvaar In kruisondervraging meld sy dat een van haar skerp messe uit haar kombuis weg is en dat sy inderdaad vir die Appellant se suster gevra het om dit by haar moeder te gaan kry Drt was vir haar duidelik dat die Appellant die betrokke aand met die messe gespeel het Oit is toe teruggesit in die houer maar die volgende dag toe sy opruim het sy opgemerk dat die een mes weg is. Interessant se sy ook dat as dft sou gereen het in die aand sou daar nie bloed voor die Appellant se ma se huis gele het nie en dat dit weggespoel sou gewees het. Die ander mteressante ding wat Me Kleynhans gemerk het. is dat die Appellant ‘n klein sny merkte aan sy hand gehad het en in die gesig - dit is egter nooit opgeklaar waar dit vandaan sou kom nie. Indie giet word op die skaafmerke. moes daar 'n struweling van ‘n aard gewees het.
10
Al hierdie faktore lei my tot die onvermydeiike gevolg dat die klaagster aileen in die Appellant se ma se huis beseer kon gewees het. dat alhoewel van die besenngs miskien deur glasstukke veroorsaak is. was daar verseker definitiewe snymerke soos deur die dokter getuig. Ten minste dne van die groot snymerke was, wat my aanbetref. bo redelike twyfel aangebring deur ‘n mes. In die omstandighede kan ek me foutvmd met die skuldigbevinding me.
11
Wat betref vonnis, is die enigste vraag eintlik of die vonnis nie te lig is nie.
Daar is nie vooraf kennis gegee in die verband aan die partye nie en veral in die lig van die feit dat Appellant ‘n eerste oortreder is. en dat drank betrokke was by die hele aangeleentheid. is ek nie die menmg toegedaan dat drt geregverdig is om op hierdie stadium in te meng met die vonnis nie. Origens is ek tevrede dat die Landdros n behoorlike diskresie uitgeoefen het en dat die vonnis in die omstandighede heel gepas is Ek stel dan voor dat die skuldigbevmding en vonnis bekragtig word.
Dit word so gelas.
R D CLAASEN
Regter van die Hooggeregshof
Ek stem saam
L. PHATUDI
Case-aware research
Ask AI about this case
The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.