Download PDF

South Africa Judgment

High Courts - Eastern Cape

Muller v Muller (3004/06) [2007] ZAECHC 42 (12 June 2007)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The court found that the applicant failed to prove adultery between the respondents, as the evidence was largely circumstantial, speculative, and based on hearsay. The specific incident alleged at the Formule 1 Hotel was not substantiated, and the applicant admitted under cross-examination that he did not know where or when adultery occurred. However, the court accepted that there was a strong friendship between the first and second respondent, which brought the applicant considerable unhappiness. The amended particulars of claim allowed for an alternative claim of unlawful and improper interference in the marriage. The court held that, on the evidence, there was a reasonable possibility that a court could find such interference contributed to the breakdown of the marriage. Therefore, the application for absolution from the instance was refused, and the matter was allowed to proceed to trial.

Court disposition

Application for absolution from the instance refused; costs to be costs in the cause.

Orders

  • The application for absolution from the instance is dismissed.
  • Costs of the application will be costs in the cause.
  • Legal representatives may approach the court to set a date for continuation of the trial.

02

Material facts

Parties

Stephanus Johannes Muller

Applicant Counsel: Adv P Mouton

Annemarie Muller (born Meyer)

Respondent Counsel: Mr Vlok

Andre van Niekerk

Respondent Counsel: Mr Vlok

Amounts and remedies

  • Claim for Contumelia: ZAR 125,000
  • Claim for Loss of Consortium: ZAR 125,000

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Procedure / Application for Absolution From the Instance After Plaintiff's Case

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The applicant alleged that the second respondent committed adultery with his former wife during the marriage, which led to the irretrievable breakdown of the marital relationship. He claimed damages for contumelia and for the loss of companionship, love, and consortium. The applicant relied on circumstantial evidence, including changes in his wife's behaviour, frequent communication between her and the second respondent, and admissions of an 'intimate relationship.' He argued that these facts, together with the emotional impact on him, justified the claim and warranted the matter proceeding to trial.
Respondent
The second respondent denied any adultery, admitting only to a friendship with the applicant's former wife. He specifically denied the alleged incident at the Formule 1 Hotel and asserted that their meetings were innocent and brief. The respondent argued that the applicant's evidence was speculative, based on suspicion and hearsay, and did not establish the elements of adultery or unlawful interference. He applied for absolution from the instance, contending that no reasonable court could find for the applicant on the evidence presented.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Myburgh v Kelly 1942 EDL 202 at 206

    In considering an application for absolution from the instance, the court must assess whether a reasonable court could find for the plaintiff on the evidence, assuming the plaintiff's evidence is true.

  2. 02

    Myburgh v Kelly 1942 EDL 202 at 206

    The court should not weigh competing inferences at this stage but must determine if any reasonable inference in favour of the plaintiff is possible.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The court found that the applicant failed to prove adultery between the respondents, as the evidence was largely circumstantial, speculative, and based on hearsay. The specific incident alleged at the Formule 1 Hotel was not substantiated, and the applicant admitted under cross-examination that he did not know where or when adultery occurred. However, the court accepted that there was a strong friendship between the first and second respondent, which brought the applicant considerable unhappiness. The amended particulars of claim allowed for an alternative claim of unlawful and improper interference in the marriage. The court held that, on the evidence, there was a reasonable possibility that a court could find such interference contributed to the breakdown of the marriage. Therefore, the application for absolution from the instance was refused, and the matter was allowed to proceed to trial.

Obiter and limits

  • The court expressed doubt that a reasonable person could find more than a strong suspicion of adultery on the evidence presented.
  • The court noted that the applicant's interpretation of 'intimate relationship' as adultery was not supported by direct evidence.
  • The court observed that the applicant's wife spent most of her time at home or with the children, limiting opportunities for adultery.

Court disposition

Application for absolution from the instance refused; costs to be costs in the cause.

  • The application for absolution from the instance is dismissed.
  • Costs of the application will be costs in the cause.
  • Legal representatives may approach the court to set a date for continuation of the trial.

Source and reliance status

High Courts - Eastern Cape

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

High Courts - Eastern Cape

Judgment

[2007] ZAECHC 42

FORM A

FILING SHEET FOR EASTERN CAPE

JUDGMENT

NOT REPORTABLE ECJ no: 161

PARTIES: STEPHANUS JOHANNES MULLER V ANNEMARIE MULLER + 1

REFERENCE NUMBERS -

Registrar: 3004/06

Magistrate:

High Court: SUIDOOS-KAAPSE

PLAASLIKE AFDELING

DATE DELIVERED: 12 June 2007

JUDGE(S):

JANSEN J

LEGAL REPRESENTATIVES -

Appearances:

for the State/Applicant(s)/Appellant(s): ADV

P MOUTON

for the accused/respondent(s): MR

VLOK

Instructing attorneys:

Applicant(s)/Appellant(s):

GOLDBERG & VICTOR INC

Respondent(s):

BROWN BRAUDE & VLOK

CASE INFORMATION -

Nature of proceedings :

Topic:

Keywords:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA NOT

REPORTABLE

(SUIDOOS-KAAPSE PLAASLIKE AFDELING)

Saakno.: 3004/06

Datum gelewer: 12 Junie 2007

In die saak tussen:

STEPHANUS

JOHANNES MULLER Eiser en

ANNEMARIE MULLER (gebore MEYER)

ANDRE

VAN NIEKERK Eerste Verweerder Tweede Verweerder

UITSPRAAK

JANSEN, R:

Die eiser was getroud met die eerste verweerder. Hierdie huwelik is op 16 Maart 2007 beëindig deur ’n bevel van hierdie Hof. Die eiser (Muller) se saak teen die tweede verweerder (Van Niekerk) is op daardie datum sine die uitgestel, aangesien dit nie gereed vir verhoor was nie.

Muller se eis teen Van Niekerk is gebaseer op beweerde owerspel wat sou plaasgevind het tussen Van Niekerk en die gewese vrou van Muller gedurende die huwelik, welke owerspel tot gevolg gehad het dat die huweliksverhouding tussen Muller en sy gewese vrou finaal verbrokkel het. Ten aansien van contumelia eis Muller ’n bedrag van R125,000.00 en verder die selfde bedrag as syne verlies van samesyn, liefde en consortium wat Muller verloor het.

Die relevante gedeeltes van Muller se eis, soos uiteengesit in die Besonderhede van Vordering lees soos volg:

“12. Op verskeie geleenthede gedurende die jaar 2004 en te Uitenhage en Port Elizabeth het die Eerste en Tweede Verweerders owerspel gepleeg.

13. Op of omtrent 16 Augustus 2006 het die Eerste Verweerderes weer owerspel gepleeg te die Formule 1 Hotel in Port Elizabeth en het die Verweerderes hierdie voorval aan die Eiser erken.

14. Gemelde owerspel is en word steeds gepleeg deur die Tweede Verweerder met die volle kennis van die bestaan van die huweliksverhouding tussen die Eiser en die Eerste Verweerderes.

15. As gevolg van die owerspel het die Eiser die samesyn, liefde en consortium van die Eerste Verweerders verloor en het die huweliksverhouding finaal verbrokkel.”

Nadat die getuienis van Muller aangehoor is, is die Besonderhede van Vordering gewysig deur die invoeging van paragraaf 13.1, wat soos volg lees:

“13.1 In die alternatief, dat die tweede verweerder vanaf ongeveer Mei 2004 op ’n onregmatige en onbehoorlike wyse in die huweliksverhouding ingemeng het, as gevolg waarvan die huweliksverhouding onherstelbaar verbrokkel het en ’n egskeiding op 16 Maart 2007 toegestaan is.”

Die Besonderhede van Vordering is verder gewysig, deurdat in paragraaf 15 na die woord ‘owerspel’ die volgende woorde ingevoeg is:

“in die alternatief, as gevolg van die bewerings in paragraaf 13.1 vervat”.

Van Niekerk het enige sprake van owerspel in sy pleit ontken. Hy het erken dat hy en die eerste verweerderes vriende was. Ten aansien van die bewerings van owerspel wat op 16 Augustus 2006 by die Formule 1 Hotel in Port Elizabeth sou plaasgevind het, het Van Niekerk erken dat hy en Muller se gewese vrou mekaar daar ontmoet het, dat hulle vyf tot tien minute in mekaar se teenwoordigheid deurgebring het, dat die eerste verweerderes hom meegedeel het dat Muller haar en hom verdink het van ’n buite egtelike verhouding, waarna die twee besluit het om hulle vriendskapsverhouding met mekaar te beëindig.

In sy saak het slegs Muller getuig. Nadat die saak namens die eiser gesluit is, het mnr Vlok namens Van Niekerk aansoek gedoen om absolusie van die instansie, met koste. Die aansoek is namens Muller deur mnr Mouton teengestaan.

Met die oorweging van ’n aansoek om absolusie van die instansie, moet die Hof “bear upon the evidence not his own but the judgment of a reasonable man. Renouncing for the time being any tendency to exercise a judgment of his own, he is bound to speculate on the conclusion at the which the reasonable man of his conception not should, but might, or could, arrive” (Myburgh v Kelly 1942 EDL 202 at 206). By beoordeling van die vraag moet verder in ag geneem word dat die veronderstelling is dat die eiser se getuienis die waarheid is. Dit word ook nie op hierdie stadium van ’n Hof verwag om verskillende moontlike afleidings teen mekaar op te weeg nie, maar om bloot te bepaal of een van die redelike afleidings wat uit die getuienis gemaak kan word, in die guns van die eiser sou wees.

Muller het getuig dat hy en sy vrou ’n baie gelukkige huwelik gehad het. Hulle het gewoonlik as ’n egpaar saam met hulle kinders dinge gedoen. Hy en sy vrou het dikwels saam uitgegaan en mekaar se geselskap geniet. Hulle het selfs saans saam gebad en sjampanje gedrink. Ongeveer April of Mei 2004 het Muller agter gekom dat sy vrou meer aandag aan haar self begin bestee. Sy het begin gewig verloor en het meer dikwels haar haarkapster besoek het en ook haar naels laat doen. Sy het ook mooier aangetrek as sy werk toe gegaan het. Van Niekerk het op daardie stadium ook werk vir Muller, wat in die konstruksie bedryf was, gedoen. Hierdie verandering deur sy vrou het Muller agterdogtig gemaak. Hy het gevolglik afdrukke van haar selfoon oproeprekord laat maak en agter gekom dat sy dikwels telefoniese kontak met Van Niekerk gehad het. Daar was skynbaar een dag waarop sy tot soveel as dertien oproepe en sms’e na sy telefoon gemaak het. Op daardie stadium was die Mullers en die Van Niekerks skynbaar huisvriende. Muller het Van Niekerk se vrou geskakel en sy het haar verbasing uitgespreek oor die baie telefoon gesprekke tussen Van Niekerk en Muller se vrou. Op die 12de Oktober 2004 het mev Muller se foon teen ongeveer 10 uur die aand gelui. Muller het agter gekom dat dit Van Niekerk was wat haar geskakel het. Hy het die telefoon gevat en met Van Niekerk gepraat. Laasgenoemde het hom

toe meegedeel dat hy en Muller se vrou slegs ’n praatverhouding het. Kort daarna is ’n vergadering tussen die Mullers en die Van Niekerks gehou. Dit was in Van Niekerk se huis. Daar het hy gesê dat hy nie mev Muller wil hê nie en belowe dat hy haar nie verder sal lastig val nie. Die dinge het egter nog bly knaag aan Muller en hy het een dag sy vrou geneem waar sy hom plekke sou uitgewys het waar sy en Van Niekerk mekaar ontmoet het. Tydens hierdie geleentheid het mev Muller aan Muller erken dat sy ’n “intieme” verhouding met Van Niekerk gehad het. Muller het hierdie erkenning geinterpreteer as ’n seksuele owerspelige verhouding. Tydens hierdie gesprekke het mev Muller ook vertel omtrent beloftes wat Van Niekerk sou gemaak het ten aansien van die Muller-kinders. Muller het dadelik weer Van Niekerk daaroor gekonfronteer maar laasgenoemde het beweer dat dit net praatjies was. Muller het Van Niekerk beskuldig daarvan dat hy beloftes maak ten aansien van die Muller kinders net om mev Muller in die bed te kry. Van Niekerk het dit ontken.

Muller en sy vrou het daarop vir sielkundige behandeling gegaan en dit het skynbaar ’n positiewe effek op hulle al twee gehad. Gedurende Julie 2006 het Muller egter weer ’n gedragsverandering by sy vrou opgemerk. Sy het haar weer uiterlik meer as normaalweg versier en afleiding in die gimnasium gaan soek. Muller het haar weer gekonfronteer. Sy het ontken dat daar enigsins enige iets fout was. Sy het daarop besluit om vir ’n week by vriende te gaan kuier. In die week het sy per sms hom laat weet dat sy nie meer lief vir hom was nie. Met haar terugkeer het hulle daaroor gepraat. Sy het die werksomstandighede van Muller blameer vir die situasie. Hy het haar spesifiek gevra of ’n derde party betrokke was, waarop sy ontkennend geantwoord het. Op ’n Sondagmiddag, waarskynlik 13 Augustus 2006, het mev Muller belowe dat sy weer sou probeer om die huweliksbootjie te red.

Muller was nog steeds nie tevrede nie en vol agterdag en het die Maandag begin rond bel. Hy het inligting gekry waarna hy weer Van Niekerk konfronteer het. Tydens die gesprek het Van Niekerk, volgens Muller, erken dat hy en mev Muller mekaar steeds bel en dat hulle lekker gesels. Hy het ook genoem dat sy ’n mooi vrou is. Hy het daarna ook weer sy vrou gekontak. As gevolg van daardie gesprekke het hy teen ses uur die agtermiddag weer vir Van Niekerk gebel en hom gevra waarom hy volhou om sy vrou te skakel. Volgens Muller het Van Niekerk toe aan hom gesê dat hy lief is vir Muller se vrou. Muller het daarop in sy motor gespring om Van Niekerk te gaan konfronteer by sy huis, maar met sy aankoms daar was Van Niekerk weg. Op 16 Augustus 2007 het Muller weer inligting gekry en verskeie oproepe gemaak om Van Niekerk en mev Muller op te spoor. Uiteindelik het hy telefoniese kontak met Van Niekerk gemaak. Hy het erken dat hy en mev Muller mekaar by die Formule 1 Hotel in Port Elizabeth ontmoet het maar dat hulle slegs die verhouding wat tussen hulle bestaan het bespreek het. Toe Muller later met sy vrou oor die ontmoeting gesels het, het sy histeries geraak. Hy het daarop haar na ’n sielkundige geneem en die volgende dag die egskeidingsaksie, asook die aksie teen Van Niekerk aanhangig gemaak.

Daar is verskeie gebreke in die eiser se saak. Hy het tydens kruisverhoor toegegee dat hy glad nie weet waar of wanneer sy gewese vrou en Van Niekerk owerspel gepleeg het nie. Die spesifieke bewering van owerspel op 16 Augustus 2006, by die Formule 1 Hotel in Port Elizabeth is ook nie bewys nie. Op Muller se eie weergawe het Van Niekerk dit ontken. Muller het ook geen getuienis aangebied dat sy gewese vrou hieroor ’n erkenning gemaak het, soos vervat in paragraaf 13 van sy Besonderhede van Vordering nie. Die hoogwatermerk in Muller se saak teen Van Niekerk is ’n beweerde erkenning deur mev Muller, wat hoorsê getuienis teen Van Niekerk is, dat daar ’n intieme verhouding tussen hulle was. Muller se interpretasie van ’n intieme verhouding is ’n owerspelige verhouding. Op Muller se getuienis was daar nie eintlik veel geleentheid vir Van Niekerk en sy vrou om owerspel te pleeg nie. Mev Muller het soggens in Muller se besigheid gewerk. Sy het die boeke daar gedoen tot ongeveer middagete. Daarna het sy in die kar geklim en die kinders by die skool gaan haal en die middae by die kinders deurgebring. Saans was sy by die huis. Sy was ook meeste naweke by die huis behalwe miskien een naweek per maand, wat Muller sou gaan jag het of moontlik aandag aan sy werk sou gee. Muller het ook geen bewering in sy getuienis gemaak dat sy sekslewe met sy vrou deur al hierdie tyd nadelig beinvloed is nie. Ek het my bedenkinge of ’n redelike man met die aanhoor van die getuienis van Muller ’n sterker bevinding sal kan maak as dat daar ’n sterk suspisie bestaan dat die partye owerspel gepleeg het.

Wat egter vas staan is dat op Muller se getuienis daar ten minste ’n sterk vriendskapsband bestaan het tussen mev Muller en Van Niekerk. Dit blyk dat beide van hulle ’n groot genot geput het uit hierdie verhouding. Hierdie verhouding het duidelik vir Muller tot groot ongelukkigheid gedryf. Na oorweging van alle faktore is ek tevrede dat daar ’n redelike moontlikheid bestaan dat ’n Hof tot die gevolgtrekking kan kom dat hierdie verhouding tussen mev Muller en Van Niekerk ’n onregmatige en ’n onbehoorlike verhouding was, soos genoem in die gewysigde paragraaf 13.1 van die Besonderhede van Vordering, wat bygedra het tot die onherstelbare verbrokkeling van die huwelik.

Op hierdie basis word die aansoek om absolusie van die instansie afgewys. Die koste hiervan sal koste in die geding wees. Die regsverteenwoordigers van die partye kan my nader vir die bepaling van ’n datum waarop die saak voortgesit kan word.

________

J C H JANSEN

REGTER

VAN DIE HOOGGEREGSHOF

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Myburgh v Kelly 1942 EDL 202

Case cited

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.