Download PDF

South Africa Judgment

Supreme Court of Appeal

Multilateral Motorvoertuigongelukkefonds v Van Wyk (269/97) [1998] ZASCA 110 (27 November 1998)

On this page

Professional case brief

Research organized from the available case record

Source document

01

Holding and result

The Supreme Court of Appeal held that the trial court was entitled to draw an adverse inference from the respondent's failure to testify, especially given his prior sworn statement describing the accident. The evidence of Bosman and Williams was irreconcilable, and the trial court correctly preferred Williams's version, finding both parties negligent. The respondent was found to have contributed to the accident by crossing the road at a dangerous time, and the trial court's apportionment of 60% negligence to the respondent was upheld. Regarding costs, the late Rule 34 offer did not justify interference with the trial court's discretion, as both parties acted unreasonably and the respondent had little time to consider the offer. Both the appeal and cross-appeal were dismissed, with each party to pay their own costs.

Court disposition

Both the appeal and cross-appeal are dismissed. Each party is to pay its own costs of appeal.

Orders

  • The appeal is dismissed.
  • The cross-appeal is dismissed.
  • Each party is to pay its own costs of appeal.

02

Material facts

Parties

Multilaterale Motorvoertuigongelukkefonds

Appellant

Jan Johannes Van Wyk

Respondent

03

Procedural history

  1. Posture

    Civil Appeal / Appeal Against Merits and Costs Orders

04

Questions and positions

Legal issues

Party arguments

Applicant
The appellant argued that the respondent failed to prove that the collision occurred as alleged and that the respondent was negligent in crossing the road in front of oncoming traffic. The appellant further contended that the costs order was incorrect given the late settlement offer under Rule 34.
Respondent
The respondent argued that the probabilities supported his version of the accident as corroborated by Bosman, and that he was not causally negligent. He also submitted that the costs order should not have been altered due to the timing and circumstances of the Rule 34 offer.

05

Court’s reasoning

  1. 01

    Rondalia Assurance Corporation of South Africa Ltd v Page and Others 1975 (1) SA 708 (A) at 720 C-D

    A court making a costs order exercises a discretion that must be applied fairly to both parties, and interference is only justified in cases of irregularity, misdirection, or absence of reasonable grounds.

  2. 02

    Omega Africa Plastics (Pty) Ltd v Swisstool Manufacturing Co (Pty) Ltd 1978 (4) SA 675 (A) at 679 B-C

    The effect of the spatium deliberandi under Rule 34(6) on costs remains subject to the trial court's overriding discretion, considering all circumstances, especially the timing and reasonableness of the parties' conduct.

06

Ratio, limits and disposition

Ratio decidendi

The Supreme Court of Appeal held that the trial court was entitled to draw an adverse inference from the respondent's failure to testify, especially given his prior sworn statement describing the accident. The evidence of Bosman and Williams was irreconcilable, and the trial court correctly preferred Williams's version, finding both parties negligent. The respondent was found to have contributed to the accident by crossing the road at a dangerous time, and the trial court's apportionment of 60% negligence to the respondent was upheld. Regarding costs, the late Rule 34 offer did not justify interference with the trial court's discretion, as both parties acted unreasonably and the respondent had little time to consider the offer. Both the appeal and cross-appeal were dismissed, with each party to pay their own costs.

Obiter and limits

  • The trial court was correct to reject the suggestion that the respondent was under the influence of alcohol at the time of the accident.
  • The respondent could have easily corroborated his version of the accident by calling the nurse who assisted him or the author of the accident report, but failed to do so.

Court disposition

Both the appeal and cross-appeal are dismissed. Each party is to pay its own costs of appeal.

  • The appeal is dismissed.
  • The cross-appeal is dismissed.
  • Each party is to pay its own costs of appeal.

Source and reliance status

Supreme Court of Appeal

This page organises the available record for research. Confirm quotations, current status, and subsequent treatment against the official source before relying on the case.

Judgment reading view

Judgment text

The complete available source text.

Source document

Supreme Court of Appeal

Judgment

[1998] ZASCA 110

Download original filesPDF formatRTF format

Download original files

PDF formatRTF format

PDF format

RTF format

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

THE SUPREME COURT OF APPEAL

OF SOUTH AFRICA

Saaknommer: 269/97 In die saak tussen :

MULTILATERALE MOTOR-

VOERTUIGONGELUKKEFONDS

Appellant

-en-

JAN JOHANNES

VAN WYK

Respondent

Coram:

Vivier, Scott ARR et Ngoepe Wnd AR.

Verhoor:

23 November 1998

Gelewer:

27 November 1998

UITSPRAAK

VIVIER _AR

2 VIVIER AR:

Op Oukersaand 24 Desember 1991 het die respondent ("die eiser")

emstige liggaamlike beserings opgedoen toe hy by die Gordonia-hospitaal

op Upington deur 'n kombi bestuur deur ene Williams, raakgery is. Die

eiser het daama 'n aksie teen die appellant ("die verweerder") ingevolge die

bepalings van die Multilaterale Motorvoertuigongelukkefbnds 93 van 1989

in die Transvaalse Provinsiale Afdeling ingestel vir vergoeding vir die skade

en verlies wat hy gely het as gevolg van sy beserings. By die aanvang van

die verhoor het Swart R gelas dat die vraag van die veroorsaking van die

botsing apart en vooraf beslis word en dat die vraag van die omvang van die

eiser se skade oorstaan vir latere beregting. Na getuienis en argument op

die eerste vraag aangehoor is, het Swart R beslis dat die verweerder

teenoor die eiser aanspreeklik is vir 40 persent van sy skade en dat die

3verweerder die koste in verband met die verkryging van hierdie bevel moet

verweerder die koste in verband met die verkryging van hierdie bevel moet

beaal. Die res van die geding is sine die uitgestel. Onmiddellik nadat

aal. Die res van die geding is sine die uitgestel. Onmiddellik nadat

die bevel gemaak is, het die verweerder 'n aanbod tot skikking ingevolge

Hofrel 34(1) om 40 persent van die eiser se skade te betaal, wat op 19

l 34(1) om 40 persent van die eiser se skade te betaal, wat op 19

November 1991 beteken is, tot die Verhoorhof se kennis gebring. In die

lig hiervan het Swart R sy vorige kostebevel vervang met 'n bevel, die

effek waarvan is dat verweerder aanspreeklik is vir koste tot 19 November

1991 en dat elke party daarna sy eie koste betaal. Hy het daarna aan die

verweerder verlof verleen om teen die kostebevel na hierdie Hof te appelleer

en verlof aan die eiser verleen om 'n teen-appl teen die bevel op die meriete

l teen die bevel op die meriete

terig.

Ek behandel eers die teen-appl. Die algemene toneel by die

l. Die algemene toneel by die

hospitaal blyk nit die fotos wat voor die Verhoorhof geplaas is. 'n

Betreklik smal geteerde toegangspad ("die toegangspad") van ongeveer 6

4meter breed, lei vanaf die hoofstraat na die hospitaal se geboue-kompleks

meter breed, lei vanaf die hoofstraat na die hospitaal se geboue-kompleks

en draai skerp na links ("die linksdraai") voor die geboue na 'n bre

geteerde terrein ("die terrein") agter die geboue, aan die regterkant waarvan

daar parkeerplek vir motors is wat nie afgemerk is nie, en aan die

linkerkant waarvan die pad met 'n sirkel tot reg voor die ingang van een van

die hospitaalsale loop.

Slegs twee getuies, wie se weergawes lynreg bots, het by die verhoor oor die meriete getuig, ene Bosman namens die eiser en Williams, die bestuurder van die kombi, namens die verweerder.

Bosman se getuienis kan as volg saamgevat word. Die betrokke aand het hy 'n vriend in die hospitaal besoek en kort na agtuur het hy by die bogemelde ingang uitgekom en daar vertoef om na 'n koor te luister wat besig was om voor die saal te sing. Hy het gesien dat die eiser, wat hy geken het, nhom by dieselfde uitgang uitkom en verby hom oor die terrein

hom by dieselfde uitgang uitkom en verby hom oor die terrein

5na die parkeerarea stap. Die kombi het met die toegangspad in die rigting

na die parkeerarea stap. Die kombi het met die toegangspad in die rigting

van die hospitaal teen 'n baie hospoed aangekom, om die linksdraai gegaan

spoed aangekom, om die linksdraai gegaan

en regs na die parkeerarea afgedraai. Die draai na regs het dit laat tol en

in die tolbeweging het die linker voorkant van die kombi die eiser se

regterdy getref en hom ongeveer 5 meter deur die lug geslinger tot teen 'n

heining waar hy bly lhet. Personeel van die hospitaal was feitlik

het. Personeel van die hospitaal was feitlik

onmiddellik op die toneel en het die eiser weggeneem. Die punt van

botsing deur Bosman uitgewys, was net na die linksdraai soos die kombi

gery het, en net regs van die toegangspad op die parkeerarea. Dit was

ongeveer 50 meter weg van waar hy gestaan het. By daardie punt is daar

geen sypaadjie, strepe of ander tekens om die grense van die pad of die

parkeerarea aan te dui nie. Volgens Bosman se onbetwisde getuienis was

die toneel goed verlig deur drie ligte wat op verskillende plekke in die

omgewing gebrand het.

6 Williams het getuig dat hy in opdrag van sy pa, wat 'n taxi-eienaar is,

die eiser vroer die betrokke aand in die kombi na die hospitaal geneem het.

r die betrokke aand in die kombi na die hospitaal geneem het.

Terwyl hy gewag het om die eiser weer terug te neem na sy huis het hy,

vergesel van twee vriende, dorp toe gery om koeldrank te koop. Teen

ongeveer tienuur die aand was hy met die toegangspad op pad terug na die

hospitaal om die eiser te gaan oplaai. Sy spoed was ongeveer 20 kpu.

Feitlik in die linksdraai het die eiser by 'n hek in 'n heining aan die

regterkant van die pad uitgekom, oor die pad geloop en af van die pad

beweeg aan Wilhams se linkerkant. Daar het die eiser skielik omgedraai

en terugbeweeg op die teervlak van die pad sodat hy reg voor Williams se

kombi beland het. Wihiams het getuig dat hy rem getrap en na regs

probeer swenk het, maar dat hy nie die botsing kon vermy nie. Die linker

voorkant van die kombi het die eiser getrefen die linker voorste spiel en die

l en die

voorruit van die kombi is gebreek. Waar die eiser gerrefis, het hy bly l.

.

7Een van Williams se passasiers het 'n verpleegster gaan roep om die eiser

Een van Williams se passasiers het 'n verpleegster gaan roep om die eiser

te kom help. Volgens Williams het hy die eiser vir die eerste keer gewaar

toe hy reeds in die pad op die regterkant van die pad was. Volgens hom

was die punt van botsing naby die linkerkantste rand van die teervlak van

die pad.

Soos ek reeds daarop gewys het, verskil die weergawes van Bosman en Wilhams lynreg en is dit onversoenbaar met mekaar. So plaas Bosman oa die botsing op die parkeerterrein regoor die ingang van die saal terwyl Williams sdat die botsing 'n hele ent daarvandaan op die toegangspad plaasgevind het.

dat die botsing 'n hele ent daarvandaan op die toegangspad plaasgevind het.

Die Hof a quo het bevind dat die eiser nie bewys het dat die botsing plaasgevind het soos deur Bosman getuig nie. Dit ten spyte van die Hof a quo se bevinding dat Bosman as getuie 'n beter indruk as Williams gemaak het en dat laasgenoemde se weergawe in sekere opsigte onwaarskynlik was,

8soos dat die eiser geen rede gehad het om hom by die hek te bevind wat

soos dat die eiser geen rede gehad het om hom by die hek te bevind wat

blykbaar na die tering-afdeling lei nie, en dat hy omgedraai en sonder rede

weer in die pad beland het. Die Verhoorhof het tereg Williams se

suggestie dat die eiser in die pad teruggestrompel het omdat hy onder die

invloed van drank was, verwerp.

Die Verhoorhof het 'n nadelige afleiding gemaak van die feit dat die

eiser nie getuig het nie. In hierdie verband het die eiser se advokaat

daarop gesteun dat dit uit die voorverhoor-samespreking en Bosman se

getuienis blyk dat die eiser na die botsing geshet dat hy niks van die

het dat hy niks van die

botsing onthou nie. Die Verhoorhofwys egter daarop dat dit gemeensaak

was dat die eiser op 4 Junie 1993 'n bedigde verklaring gemaak het waarin

digde verklaring gemaak het waarin

hy haarfyn beskryf het hoe die botsing plaasgevind het. m die

omstandighede van hierdie saak, waar dit gaan oor die aanvaarding van een

van twee redelik moontlike verklarings van 'n botsing, was die Verhoorhof,

9

na my mening, geregtig om 'n nadelige afleiding te maak van die eiser se versuim om te getuig. Hy was teenwoordig by die verhoor. Die Verhoorhof wys verder tereg daarop dat stawing vir Bosman se getuienis oor die punt van botsing geredelik maklik verskaf kon gewees het deur die verpleegster wat volgens hom die eiser by die ongelukstoneel bygestaan het sowel as deur die opsteller van die padverkeer-botsingsverslag en plan aan wie die punt van botsing nitgewys is. Hierdie dokumente is as deel van 'n bundel dokumente voor die Verhoorhof geplaas maar geen getuienis is ooit daaroor gelei nie.

Die Hof a quo het gevolglik die saak beoordeel op die weergawe van Wilhams en bevind dat beide die eiser en Williams nalatig was. Die eiser was nalatig omdat hy die pad reg voor aankomende verkeer gekruis het. Wilhams was nalatig deurdat hy geen ag op die eiser geslaan het nie met die gevolg dat toe die eiser, wat aanvaar kan word nie doelbewus teruggedraai

10 het nie maar waarskynlik gestruikel het ofsy balans verloor het, weer in die

pad beland, Williams nie die botsing kon vermy nie.

Op appl is namens die eiser betoog dat die oorwig van

l is namens die eiser betoog dat die oorwig van

waarskynlikhede daarop dui dat die botsing plaasgevind het op die plek en

wyse soos deur Bosman getuig. Ek stem nie saam nie. Bosman se

weergawe gaan self mank aan verskeie onwaarskynlikhede waarvan ek

enkeles noem. Dat Williams op so 'n smal pad en om so 'n skerp draai

(volgens die foto's geoordeel is dit feitlik 'n 90 grade draai) in die nabyheid

van heelwat mense wat ndie besoekure besig was om huiswaarts te keer,

die besoekure besig was om huiswaarts te keer,

so vinnig gery het soos deur Bosman getuig, vind ek onwaarskynlik. Verder

is sy beskrywing van Williams se draai wat in 'n tolbeweging ontaard het,

onoortuigend. Dat hierdie beweging die eiser 5 meter deur die lug

gestamp het en nog verder as die betonmuur hom nie gestuit het nie, soos

deur Bosman getuig, is nog meer onwaarskynlik.

Namens die eiser is voorts betoog dat hy op Williams se weergawe nie oorsaaklik nalatig was. Weereens kan ek nie saamstem nie. Die eiser het die pad oorgesteek op 'n stadium toe dit gevaarlik was om dit te doen weens die nabyheid van aankomende verkeer. Selfs al het hy weer in die pad beland omdat hy gestruikel of gegly het, was hy nalatig deurdat hy so-iets behoort te oorsien het en homself genoeg tyd moes gelaat het om uit die pad van aankomende verkeer te kom. Hy het dit nie gedoen nie en sodoende die botsing veroorsaak. Na my mening het die Verhoorhof tereg sy nalatigheid op 60 persent beoordeel.

Ek behandel vervolgens die appl teen die kostebevel. Ek het reeds genoem dat die aanbod tot skikking ingevolge Rel 34 (1) op Dinsdag 19 November 1991 op die eiser se prokureur beteken is. Die saak was vir verhoor ter rolle geplaas vir Maandag 25 November 1991 maar weens die nie-beskikbaarheid van 'n hof het die verhoor eers op Dinsdag 26 November

l teen die kostebevel. Ek het reeds genoem dat die aanbod tot skikking ingevolge Rel 34 (1) op Dinsdag 19 November 1991 op die eiser se prokureur beteken is. Die saak was vir verhoor ter rolle geplaas vir Maandag 25 November 1991 maar weens die nie-beskikbaarheid van 'n hof het die verhoor eers op Dinsdag 26 November

l 34 (1) op Dinsdag 19 November 1991 op die eiser se prokureur beteken is. Die saak was vir verhoor ter rolle geplaas vir Maandag 25 November 1991 maar weens die nie-beskikbaarheid van 'n hof het die verhoor eers op Dinsdag 26 November

12 1991 begin. Uitspraak is dieselfde dag gegee en de volgende dag, 27

e volgende dag, 27

November 1991, is die kostebevel gewysig soos reeds gemeld.

Die algemene rel is dat die hofwat 'n kostebevel maak, 'n diskresie het wat met inagneming van al die omstandighede van die besondere saak uitgeoefen moet word. Dit is wesenlik 'n kwessie van billikheid teenoor beide parrye. Met die uitoefening van die verhoorhof se diskresie kan slegs ingemeng word vanweonrelmatigheid of wanvoorligting of indien daar geen grond is waarop die kostebevel redelikerwys gemaak kon gewees het nie. Sien Rondalia Assurance Corporation of South Africa Ltd v Page and Others1975 (1) SA 708(A) op 720 C-D.

l is dat die hofwat 'n kostebevel maak, 'n diskresie het wat met inagneming van al die omstandighede van die besondere saak uitgeoefen moet word. Dit is wesenlik 'n kwessie van billikheid teenoor beide parrye. Met die uitoefening van die verhoorhof se diskresie kan slegs ingemeng word vanweonrelmatigheid of wanvoorligting of indien daar geen grond is waarop die kostebevel redelikerwys gemaak kon gewees het nie. Sien Rondalia Assurance Corporation of South Africa Ltd v Page and Others1975 (1) SA 708(A) op 720 C-D.

onrelmatigheid of wanvoorligting of indien daar geen grond is waarop die kostebevel redelikerwys gemaak kon gewees het nie. Sien Rondalia Assurance Corporation of South Africa Ltd v Page and Others1975 (1) SA 708(A) op 720 C-D.

lmatigheid of wanvoorligting of indien daar geen grond is waarop die kostebevel redelikerwys gemaak kon gewees het nie. Sien Rondalia Assurance Corporation of South Africa Ltd v Page and Others1975 (1) SA 708(A) op 720 C-D.

1975 (1) SA 708

Ingevolge Rel 34(6) het die eiser 'n spatium deliberandi van 15 dae, maar dit beteken nie dat hy teen die aangaan van alle koste gedurende daardie tyd beskerm word nie. Die spatium deliberandi se invloed op die kostebevel is steeds onderhewig aan die verhoorhof se oorheersende

l 34(6) het die eiser 'n spatium deliberandi van 15 dae, maar dit beteken nie dat hy teen die aangaan van alle koste gedurende daardie tyd beskerm word nie. Die spatium deliberandi se invloed op die kostebevel is steeds onderhewig aan die verhoorhof se oorheersende

13

diskresie oor koste en hang af van al die omstandighede van die besondere saak, veral die stadium waarop dit gemaak word en die redelikheid van die eiser se optrede daarna. Sien Omega Africa Plastics (Pty)Ltd v Swisstool Manufacturing Co (Pty)Ltd1978 (4) SA 675(A) op 679 B-C.

1978 (4) SA 675

Die aanbod is op 'n laat stadium gemaak. Selfs indien 'n faks-boodskap van die aanbod op Vrydag 15 November 1991 aan die eiser se prokureurs in ag geneem word (waarvan besonderhede nie voor die Hof a quo was nie en oor die geldigheid waarvan ek my nie utspreek nie) het dt die eiser nog steeds min tyd gelaat om die aanbod te oorweeg. Geen rede is aangevoer waarom die aanbod so laat gemaak is nie. Die verweerder het tog lank reeds oor die verklaring van sy enigste getuie, Williams, beskik. Ek het reeds daarop gewys dat, volgens die Verhoorhof, Bosman as getuie 'n beter indruk as Williams gemaak het. Die eiser kon dus nie sonder vertroue gewees het dat hy sy saak sou kon bewys nie. Op die beste vir die

tspreek nie) het dt die eiser nog steeds min tyd gelaat om die aanbod te oorweeg. Geen rede is aangevoer waarom die aanbod so laat gemaak is nie. Die verweerder het tog lank reeds oor die verklaring van sy enigste getuie, Williams, beskik. Ek het reeds daarop gewys dat, volgens die Verhoorhof, Bosman as getuie 'n beter indruk as Williams gemaak het. Die eiser kon dus nie sonder vertroue gewees het dat hy sy saak sou kon bewys nie. Op die beste vir die

t die eiser nog steeds min tyd gelaat om die aanbod te oorweeg. Geen rede is aangevoer waarom die aanbod so laat gemaak is nie. Die verweerder het tog lank reeds oor die verklaring van sy enigste getuie, Williams, beskik. Ek het reeds daarop gewys dat, volgens die Verhoorhof, Bosman as getuie 'n beter indruk as Williams gemaak het. Die eiser kon dus nie sonder vertroue gewees het dat hy sy saak sou kon bewys nie. Op die beste vir die

14

verweerder egter, was beide partye onredelik. In al die omstandighede is daar, na my mening, geen grond om met die Verhoorhof se uitoefening van sy diskresie in te meng nie.

Gevolglik word beide die appl en teenappl afgewys. Elke party betaal sy eie koste van appl.

l en teenappl afgewys. Elke party betaal sy eie koste van appl.

l afgewys. Elke party betaal sy eie koste van appl.

l.

W. VIVIER AR

Scott AR)

Ngoepe Wnd AR) Stem saam.

Source wording is retained. Consult the source document for its original formatting and pagination.

Authorities

Authorities used by the court

Cases, legislation, regulations, and constitutional provisions identified in the available record.

Rondalia Assurance Corporation of South Africa Ltd v Page and Others 1975 (1) SA 708 (A)

Case cited

Omega Africa Plastics (Pty) Ltd v Swisstool Manufacturing Co (Pty) Ltd 1978 (4) SA 675 (A)

Case cited

Multilaterale Motorvoertuigongelukkefonds 93 van 1989

Legislation

Legislation referenced in the available case record.

Case-aware research

Ask AI about this case

The judgment and available research above are public. New questions open in a separate private conversation grounded in this case.

About this LexChat collection

This page organizes the available case record for research. Verify quotations, current status, and subsequent treatment against the source document. Corrections can be reported to hello@esheria.ai.

Legal information, not legal advice. Research summaries do not replace the judgment.